Skip to main content

Die Matie - Gedenkuitgawe / Birthday Edition

Page 1

DieMATIE MAANDAG 22 AUGUSTUS 2016 | GR ATIS

VYF-EN-SEWENTIGSTE JAARGANG | GEDENKUITGAWE

Laat die fakkel brand Universiteit Stellenbosch se studentekoerant vier 75ste bestaansjaar

LEES BINNE WAAR KOM DIE WOORD MATIE VANDAAN?

2

DIE NUWE NEELSIE IS OP PAD

4

...EN VRA BELAGLIKE KOSPRYSE

6

DIE MATIE WORD VERBRAND

8

KAALNAELERS IN DIE BIB

9

DAAI SOEN IN DIE LAAN

11

MANS WIL IN VROUEKOSHUISE SLAAP

11

GELUKWENSE VAN HEINDE EN VER

14

DIE FAKKEL BRAND STEEDS Ná meer as sewe dekades loop Die Matie studentekoerant nog fier en regop. Skets: ELLEN AGNEW

T

oe Die Matie op 1 Augustus 1941 vir die eerste keer verskyn het, was dit op ’n Vrydag teen een pennie per eksemplaar. Vandag kry studente elke tweede Woensdag gratis hulle kampusnuus. Meer as sewe dekades ná die “forum vir studentemenings” se ontstaan, is Die Matie steeds die Stellenbosse studentestem. Die Matie se tour de force het langs die grootste, ge­skiedkundige gebeure beweeg: van die Nasionale Party se verkiesing in 1948,

Suid-Afrika se Republiekwording in 1961, Hendrik Verwoerd se moord in 1966, ons eerste demokratiese verkiesing in 1994, prinses Diana se dood in 1997 en die aanbreek van ’n nuwe mille­ nium in 2000. Noem dit, en Die Matie was daar. The paper played a vital role in watershed moments at Stellenbosch University. Like in the early 2000’s, when former editors wrote a letter to the minister of edu­ cation about orientation on campus. This led to the Human

Rights Commission visiting campus to assess the situation. Or when Die Matie decided to feature students from the Lesbigay student society’s attendance at Soen in die Laan on the front page in 2010, despite heavy backlash. Also the numerous times the paper confronted university management, SRC and residences when they failed in their task or disbehaved, at some points to the point where the paper was censored, stolen and even

burned on Rooiplein. Die Matie has always been fearless. Despite the consequen­ ces, the paper always sought press freedom, integrity and responsibility. Die pad tot hier was nie sonder struikelblokke nie, maar Die Matie het al telkemale bewys dat haar gees nie geknak kan word nie en keer op keer soos ’n feniks uit die as verrys. Daarom is dit ’n trotse prestasie om 75 goue jare te vier. Hiermee bring ons aan

al ons lesers en oudredaksielede ’n spesiale gedenk­ uitgawe wat ’n oorsig bied oor die koerant se roemryke geskiedenis, ons hoogteen laagtepunte. Dit wys vir ons een ding, hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde. Studente sal altyd studente wees – krities, kreatief, uitdagend en hoopvol om die wêreld te verander. Mag die fakkel se vlam nooit uitgedoof word nie. – Eugenie Gregan, Redakteur 2016


2

1941 – 1959 Ontstaan van die woord “Matie” Wanneer die woord “Matie” presies ontstaan het, kan nie met sekerheid gesê word nie. In een van die ou kwartaalblaaie van die Victoria-Kollege van 1913 lees ons dat die Stellenbossers die skeldnaam al as ’n erenaam beskou, net soos bv. die geval met die Geuse en Hugente was. Ons kan dus met veiligheid aanneem dat die naam voor die tyd bestaan het en in gebruik was. Daar bestaan verskil van mening oor die ontstaan van die naam. Sommige beweer dat dit van tamatie kom – omdat die Stellenbosse kleurbaadjie en jersie soos ’n tamatie sou lyk. Ander meen egter dat die Stellenbossers die naam gekry het omdat hy van die platteland gekom het – en spore hiervan in sy maniere openbaar het. Hy het sy maat as “matie” (verkleinwoord van maat) aangespreek en vandaar die toepassing van die skeldnaam wat platheid en onverfyndheid aangedui het. Die woord “Matie” is in hierdie konnotasie tot die uiterste uitgebuit en holrug gery. Maar vandag is dit ’n eer om die naam van Matie te dra, die naam wat Saterdag oor die lengte en breedte van die land met liefde en bewing genoem sal word! – Die Matie van 10 Mei 1946

Alhoewel klein en beskeie het ‘Die Matie’ selfs al gedurende die eerste jaar van sy bestaan, met sy positiewe beleid en hoë joernalistieke gehalte, ’n belangrike taak vervul” – 1942

Dat mans bykans onbeperkte vryheid geniet terwyl dames onder streng rëels staan, is ’n groot skande – 1950

DIE MATIE-REDAKSIE 1946 Agter: D. Carse, B. Engel, A. Calitz, E. Potgieter. Voor: M. van Tonder, G.J. Roux, P.J. Delport.


3

Groter vryheid vir damestudente bepleit ’n Hartroerende pleidooi dat dames groter vryheid in Universiteitskos­ huise moet geniet – dat selfs die stelsel van huismoeders by dames­ koshuise afgeskaf moet word – is gelewer toe die Debatsvereniging verlede Vrydagaand vergader het. Die vergadering het egter besluit dat die dames reeds genoeg vryheid geniet. Die vergadering, ’n spesiale debat vir dames, is bygewoon deur 27 mans en 13 dames. Al vier die sprekers was dames. Die here het egter met gesag aan die besprekings deelgeneem. Mej. Denise Neethling het die besprekinge ingelei. Sy het gesê dat aan Amerikaanse universiteite en skole die dames nie vasgekerker word nie. Aan die Universiteit van Oxford word dames ook nie gedwing om klasse by te woon nie. Die resultaat is dat die gehalte van die werk wat daar gelewer word, toeneem. Die persenta­ sie luies verminder.

1 DIE MATIE HET EEN PENNIE IN 1941 GEKOS DIE MATIE SE GEBOORTEPLEK In die uitgawe van 2 Augustus 1946 berig ons oor Pro EcclesiaDrukkery se ontstaan.

DIE AFRIKAANSE WONDERWERK Op 9 Augustus 1946 vra ons studentelesers hoe goed hulle Afrikaans werklik ken.

KLETS EN BREI Mej. Neethling het beweer dat dit in die mens se natuur is om te werk. Daar is dames wat hul tyd verspil deur te klets en te brei. Waarom moet ons dan mense tuis hou wat nie hul werk wil doen nie? Die swakkeling sal volgens spr. gouer bewys lewer dat sy uit ’n dameskoshuis moet trap as sy groter vryheid geniet. Voorts het spr. gewys op die min vryheid wat dames tans aan ons universiteitskoshuise geniet. Seniors kry slegs twee keer laat verlof per kwartaal. Daar is baie danse en funk­ sies waarheen dames graag wil gaan, maar die reëls laat dit nie toe nie. Dit veroorsaak eenvoudig ontduiking. Verder word studente vanweë strenge beperkinge verhoed om bv. vertonings van goeie, opvoedkundige rolprente te sien. Waarom, het spr. gevra, moet dames verlof vra as hulle naweke wil uitgaan? Die huismoeder of huiskomiteelid vra tog nooit waar­ heen die dame wil gaan nie. Die vraery is net ’n blote formaliteit. LAWAAI Mej. Una Lochner het die voorstel van groter vryheid teengestaan. ’n Mens moet geleidelik voorberei word om vry te wees, het sy gesê. Wat die dameskoshuise betref, weet die mans nie hoe die toestande is nie. Die dames geniet oorgenoeg vryhede bv. in verband met etes en telefoonbeant­ woording. Meer vryhede sal beteken dat dames hul studies sal verwaarloos, hulle ouers se sakke sal aantas en in die gange sal lawaai.

MATIE-REDAKTEURS Jan Vosloo (1954), Dreyer de Kock (1955), Jozua van der Lugt (1953 & 1956) en Con Botha (1952).

COETZENBURG Wat die morele aspek betref, reken mej. Lochner dat Coetzenburg meer besoek sal ontvang. Ten slotte het sy gesê dat die dames elke vryheid as ’n guns moet beskou. Mej. Marie Dames het die inleidster ondersteun. “Dat mans bykans onbeperkte vryheid geniet terwyl dames onder streng reëls staan, is ’n groot skande,” het sy gesê. Dit is ’n onlogiese toestand. Mans kry die geleentheid om verantwoorde­ likheidsin aan te leer, maar dames nie. Koshuisreëls is geen versekering teen wangedrag nie, het mej. Dames aan­ gevoer. Die teenstander is deur mej. Betsie Odendaal ondersteun. Mej. Odendaal het gesê dat wat persoon­ like vryheid betref, die Stellenbosse dames nie kan kla nie. As daar nie streng reëls in ’n dameskoshuis is nie, sal ’n chaotiese toestand ontstaan. EERSTEJAARS VERSTOM Toe die saak vir bespreking oopgestel is, was mej. Ina Rossouw eerste aan die woord. “Ons as eerstejaars se voete is byna onder ons uitgeslaan toe ons vind watter vryheid hier in dameskoshuise geniet word,” het sy die vergadering verseker. Mej. Laura Haddad het egter daarop aangedring dat ’n onderskeid tussen skool- en universiteitskos­ huise gemaak moet word. Toe was die eerste keer, mnr. Louis Stofberg, op die been. Hy het met ’n oplos­ sing voor die dag gekom: “Skaf af die huismoeders! Maak die primaria hoof in die koshuis! Ontwikkel ’n eie konstitusie, ’n eie tug!” Voorts het mej. Marianne Strauss gesê dat die huidige reëls aan hul doel beantwoord. Sowel die dames wat wil studeer as dié wat die lewe wil geniet, kry die geleentheid daarvoor. Mej. Strauss het gesê dat sy van ’n dame wat in haar eerste jaar 35 danse bygewoon het, weet. Mnr. Frank Vivier het gesê dat om goed toegerus te kan wees, ’n mens volle persoon­ like vryheid moet geniet. Mnr. Danie Malan het gesê dat volgens sy beskouing daar te min beperkinge op dames in Stellenbosch is. Toe daar tot stemming gekom is, het die vergader­ ing met 18 teen 15 stemme besluit dat dames nie groter vryheid behoort te geniet nie. Die verrigtinge is opgeluister met ’n vioolsolo deur mnr. Van Zyl Hough, begelei deur mej. Annetjie Krige. – Die Matie, 20 April 1950 (Naskrif: Die Matie gebruik glad nie meer die woord dames nie.)


4

1960 – 1969 1969

Ons sentrum kom! – Dr. Thom kondig grootste projek van byna ’n halfmiljoen aan – Waarin gaan die Sentrum alles voorsien? Volgens die voorlopige planne van die argitek, mnr. J.B. Collins, maak ons Studentesentrum voorsiening vir net mooi alles waarin daar nou so ’n nypende tekort op die Akker ondervind word. ’n Kafeteria vir nagenoeg ’n duisend persone word beplan, toegerus met ligte tafels en stoele wat in ’n oogwink in ’n danssaal omskep kan word, verder voorsien van ’n verhoog en kleedkamers, luidspreker- en rolprentgeriewe en ’n selfbedieningstoonbank met slotmasjiene. Verder word daar vir ’n kombuis en spens, openbare telefoongeriewe, verskeie ruskamers en motorhuise op die grondvloer voorsiening gemaak. KANTORE Die tweede en derde verdiepings sal in beslag geneem word deur die Raadsaal van die SR, ’n groot verskeidenheid van kantore vir

1961

Mini-ma(al)

Geen item het hierdie somerseisoen só pertinent tot die sentrum van belangstelling geraak as juis die Mini nie. Uit velerlui oorde is stemme van beswaar verneem. By hierdie koor wil ook Die Matie sy stem van ernstige veramaning byvoeg. Stellenbosch staan wat die Mini – en meer nog: wat sy sosiaal-sedelike lewe betref – op die kruispad. Die Matie is van mening dat daar openlik en met erns oor dié saak gepraat moet word, en loof daarom in sy volgende uitgawe R4 uit vir die beste bydrae in dié verband. “Die goue kalf word uitsluitlik aangetref in smerige, deurmekaar hole, gevul met skeepsladings dekadente vrugte en groente, onder die toesig van banale, kleinburgerlike immigrante, plebejers, afkomstig van iewers in die Iberiese skeireiland. Onder die skynbaar hipnotiese invloed van flitsende liggies en klingende klokkies dans, skop en swets die beoefenaar van die heksekultus terwyl sy oë uit sy kop peul in ’n soort perverse ekstase.” – Die Matie, 1960’s

al die SR-subkomitees, asook vir die PSO, CSV, Fokus en ander verenigings. Spelekamers met snoeker-, biljart- en tafeltennistafels word ook beplan. In die kelderverdieping word voorsiening gemaak vir stoorplek vir die SR-subkomitees en verenigings. BINNEPLEIN ’n Binneplein word beplan met bladwisselende bome sodat winterson en somerkoelte verkry kan word. ’n Buitelugkafee sal hier opgerig word, terwyl ’n klein orkesverhoog met bypassende geriewe beplan word. Kennisgewingborde sal hier aangebring word en geselskapshoekies deur die gebruik van gekartelde mure word beoog. ’n Deel sal in die Sentrum vir Universiteitspersoneel ingerig word, toegerus met ’n afsonderlike ingang. Hier sal veral voorsiening gemaak word vir ontvangs- en konferensielokale.

Frits Gaum, redakteur in 1965, het destyds ’n resensie geskryf van die skrywer André P. Brink se roman Orgie. Brink het in Die Matie kommentaar gelewer en dit het tot ’n taamlike driftige gesprek gelei. Hier is enkele uittreksels en opskrifte.


5

1970 – 1979 SR kom beloftes na – mosies oor dans, langbroeke en motors Net voor die SR-verkiesing verlede jaar het ’n groep kandidate sekere beloftes gemaak wat in pamfletvorm versprei is. Dit blyk nou volgens mosies op die laaste SR-vergadering dat daardie kandidate wat wel verkies is, besig is om uitvoering te gee aan hulle beloftes: - Studente kan nou deur middel van die Studentebelangekomitee klagtes indien oor enige akademiese sake waaroor daar ontevredenheid bestaan, bv. doseermetodes en die toekenning van punte. - Vraelyste sal versprei word waarin studente anoniem hulle menings kan lug oor hulle kursusse en veranderings aan die hand kan doen. - Daar gaan by die administrasie aansoek gedoen word dat die metode van inskrywings en registrasie verander kan word en wel in dié sin dat studente by hulle koshuise kan inskryf. DANS ’n Verdere mosie wat aangeneem is, versoek die administrasie om dans amptelik in die mans- sowel

as dameskoshuise toe te laat omdat dit onder meer aan die studente die geleentheid sal bied om meer sosiaal op die Akker self te wees. ’n Baie praktiese mosie is aangeneem dat die administrasie versoek word om dames toe te laat om langbroekpakke te dra. Die verbod sal egter nog steeds geld op die kampus en klasdrag sal bly soos voorheen. Slenterlangbroeke sal ook nie toegelaat word nie, maar slegs die baie modieuse langbroekpakke. Pieter le Roux het ’n mosie ingedien betreffende die aanhou van motors. Daar sal met die Administrasie onderhandel word om die verbod op sekere motors op te hef, maar onder sekere voorwaardes. So bv. dat slegs studente in hulle vierde studiejaar op die kampus mag parkeer. Ook dat studente vanaf hulle tweede jaar, indien hulle hul eerste jaar suksesvol afgelê het sonder enige hereksamens, motors mag aanhou, maar met skriftelike toestemming van hulle ouers. – Die Matie, 20 Maart 1979

w

Dit is eerder Die Matie se taak om die SR bewus te maak dat daar ’n ander faksie is wat hom deurgaans op sy tone hou.” – 1976

Die Matie is vanjaar 35 jaar oud.” – 1976

1975

Damesdrag: nuwe reël 1976

Hier volg ’n stukkie goeie nuus vir die modebewuste Matiemeisies: voortaan mag nie alleen langbroekpakke gedra word nie, maar inderdaad enige langbroek gedra word deur koshuisinwoners. Dit is die resultaat van ’n onlangse Raadsbesluit wat geneem is na aanleiding van ’n versoek van die SR in dié verband. Ongekwalifiseerd geld die reëling darem nie: slegs van Vrydagmiddag – Saterdagaand mag sowel langbroekpakke as langbroeke gedra word. In die week sal dames alleen toegelaat word om langbroekpakke aan te trek indien hulle na ’n formele geleentheid gaan en mits hulle die huismoeder se verlof daartoe het,

en langbroeke mag dan glad nie anders gedra word nie. Elke koshuis kan self besluit of hulle die nuwe reël gaan aanvaar, al dan nie. Na verneem word is Harmonie die enigste koshuis wat daarteen besluit het. In elk geval mag langbroeke nie na eetkamers of op die kampus gedra word nie. Intussen het die SR ook ’n verdere versoek tot administrasie gerig: dat alle reëls en regulasies wat op studente betrekking het, gekodifiseer word. Op die oomblik bestaan daar geen volledige “wetboek” waaruit ’n student kan vasstel watter reëls hom in ’n bepaalde geval bind nie en die SR het gevoel dit is onredelik. – Die Matie, 1 Mei 1970

SPESIALE UITGAWE IN 1973 Op 10 Augustus 1973 berig ons oor die eredoktorsgraad wat aan CJ Langenhoven, skrywer van “Die Stem” toegeken is. ’n Spesiale bylae het hom gehuldig.


6

1980 – 1989 Van brood en water alleen kan ’n mens nie leef Napoleon het gesê: “’n Soldaat marsjeer op sy maag.” Was hy ’n universiteitsprofessor, sou hy ongetwyfeld gesê het: “’n Student leer op sy maag.” Ons universiteitsower­hede het dit besef en vir ons die Langenhoven-studente­sentrum gegee met sy goedkoop etes. Of die etes nou werklik so goedkoop is, het ons gaan uitvind en tot ’n

paar ontstellende gevolgtrekkings gekom. Privaateetplek A se tariewe, vir twee maaltye per weeksdag is R140 per semester en vir een ete R85 per semester. Omdat sommige studente net middae en ander net saans daar eet, moet albei etes geskik wees as hoofmaaltye. Dit sluit in ’n bord kos, ’n bakkie nagereg en koffie, plus nog

soveel brood as wat ’n mens wil hê. Vir hierdie semester beteken dit dus R0,80 per ete. Eetplek B (wie se goeie etes bekend is op die kampus) vra R150 per semester vir twee etes per dag. Mense wat nie op vaste basis daar eet nie, betaal R1,20 vir ’n middagete en R1,00 vir ’n aandete. Die middagete behels ’n driegang-ete plus koffie, terwyl die

aandete uit ’n bord kos bestaan met melk of vrugte. Ons mening is dat albei privaateetplekke beter waarde vir geld bied as die Langenhovenstudentesentrum. Gesien in die lig daarvan dat die Neelsie nie op ’n winsbasis werk nie en boonop van owerheidsweë gesubsidieer word, laat dit ’n mens darem wonder… – Die Matie, 14 Maart 1980

Ons het by ’n paar mense wat privaatetes voorsien, gaan kers opsteek in verband met die kwaliteit en pryse van die kos en tot die gevolgtrekking gekom dat jy elders goedkoper kan eet. By Neelsie is die prys van ’n volledige maaltyd as volg:

95c

28c

28c

20c

EEN BORD SLAAI

EEN BAKKIE NAGEREG

EEN KOFFIE

EEN BORD KOS MET GROENTES

1986

1986 DIE MATIE REDAKSIE 1988 Agter: Johan Viljoen, Erika Jacobs, Jaco Strauss, Marliese Lochner, Daan Claassen, Christine Visser, Roelf Jansen, Madeleine Barnard, Dries Liebenberg (sportredakteur) en Lani Eloff. Voor: Gawie Botma, Cornis van der Lugt (aktuele redakteur), Pierre de Vos (assistanthoofredakteur), Daan Mostert (hoofredakteur), Tanja Hichert (interkampusredakteur), Armand Nel (hooffotograaf) en Annchen Nel (sosiale redakteur). Afwesig: Barrie Terblanche (nuusredakteur) en Mandy Carter (kunsredakteur).

1984

Die Matie beskou dit as van allergrootste belang dat die koerant juis sy lesers ook inlig van wat in die ander wêreld aangaan.” – 1989


7

Die Voëlvry-beweging het Afrikaanse kampusse in rep en roer gehad. Dit was tyd om te rock in jou taal. Die stadsvaders was egter nie te vinde vir hierdie malsheid nie, en die musiekkonserte is soms verbied – ook by die sogenaamde liberale Universiteit van Stellenbosch. Kerkorrel en kie het hulle nie daardeur laat afsit nie, en die konsert is by ‘n hotel buite die dorp gehou.

1980

1989

1986 1984

Omdat die Afrikaner nie meer sy politiek van sy taal kan skei nie, kan hierdie paranoia net in Afrikaans aangespreek word.” – 1989

1989


8

1990 – 1999 1990

Die Matie verbrand Ongeveer 250 studente het Vrydagmiddag ’n protesoptog gehou waartydens hulle hul misnoeë met Die Matie te kenne gegee het. Die optog wat op die Rooiplein begin het, het by Die Matie se kantoor geëindig waar die studente onder luide toejuiging eksemplare van die koerant verbrand het. Redaksielede is ook met eiers bestook. Die voorsitter van die primkomitee, Louis du Preez, het hierna namens die betogers hul griewe oor Die Matie aan die redakteur, Melissa Fourie, oorgedra. Mnr Du Preez, wat as spreekbuis van verskeie primarii opgetree het, het ook oor ’n luidspreker die klag voorgelees. Dit het ingesluit dat artikels in Die Matie “op leuens gebaseer” sou wees, dat Die Matie “nie meer die mondstuk van Stellenbosse studente is nie” en dat die koerant “eensydig” is en slegs “negatiewe berigte” publiseer. ’n Verdere aanklag was dat sekere van die artikels “godsslasterlik” is. Hoewel die betoging, volgens die krete van die deelnemers, gedeeltelik gemotiveer is deur die voorbladartikel “Doop gaan voort”, het mnr Du Preez later ontken dat die optog enigiets met die verwelkoming of oriëntering van eerstejaars te doen gehad het. “Ek distansieer myself ook ten volle van die verbranding van Die Matie,” het hy gesê. Betogers het onder andere “Hou doop” en “Die Matie sucks” geskree. Intussen het die SR hulle ook van die verbranding van Die Matie gedistansieer. Volgens die voorsitter van die SR, André van der Spuy, steun hulle die optog in die opsig dat dit beswaar aanteken teen die taalgebruik in Die Matie. Die rektor van die US, prof Mike de Vries, het ook die verbranding van Die Matie gekritiseer. “Ons keur nie die verbranding daarvan goed nie, ongeag die intensiteit van die emosies betrokke,” het hy gesê. – Die Matie, Februarie 1990

Daar is net een ding wat erger is as om oor gepraat te word, en dit is om nie oor gepraat te word nie. – SR ’93


9 1994

Die Maties is op hol oor klomp kaalnaelers

D

ie Maties is op hol en dít oor ’n klomp kaalnaelers. Talle studente was gister hewig ontsteld nadat hul studentekoerant, Die Matie, ’n foto van kaal mans geplaas het. Minstens twee koshuise het hul hele oplaag teruggestuur en ’n Christenvereniging het die afdanking van die redakteur geëis. “Die Matie maak ’n gekkeparadys van morele waardes op die kampus. Ons het ’n brief van absolute walging aan die redakteur gestuur en is uiters teleurgesteld oor die manier waarop hy te werk gegaan het,” het mnr. Pierre Venter, redakteur van Die Eiffel, Dagbreek se blad, gesê. Die foto, wat op bladsy twee geplaas is, is einde verlede jaar geneem toe drie studente kaal deur die biblioteek gehardloop het om

die einde van die eksamen te vier. Na verneem word, het die Dagbreek-Christenvereniging in ’n brief geëis dat die redakteur, mnr. Willem Kempen, afgedank word. Mnr. Wicus Pretorius, SR-lid vir media, het gister by navraag gesê Die Matie is vrydenkend, maar het nou te ver gegaan. “Die tradisionele ou vyeblaar sou vir seker die ding kon doen. Ek voel dit is beslis nie die beste manier om die eerste uitgawe aan eerstejaars bekend te stel nie,’’ het mnr. Pretorius gesê. Die rektor, prof. Andreas van Wyk, het gesê die plasing van die foto getuig van slegte smaak en oordeel deur die redaksie. Die redakteur kon nie vir kommentaar opgespoor word nie. – Die Burger, 11 Februarie 1994

Naakfoto in Matie: Redaksie kry ‘opgeskorte vonnis’ STELLENBOSCH. - ’n Opgeskorte “vonnis”, ’n ondersoek deur kundiges en belanghebbendes en moontlike tugoptrede teen individue is gister hier deur die universiteit bekend gemaak na aanleiding van ’n herrie rondom ’n foto van kaal mans in die studentekoerant Die Matie. Luidens ’n verklaring deur die afdeling openbare betrekkinge van die universiteit gaan dit oor klagtes wat betrekking het op “’n onwelvoeglike foto en artikels” in Die Matie, sowel as die feit dat ’n groot hoeveelheid kondome uitgedeel is saam met die betrokke uitgawe van Die Matie. Die “opgeskorte vonnis” behels die beëindiging van finansiering van Die Matie deur die universiteit, sowel as die verdere publikasie daarvan en die verdere funksionering van Die Matie se redaksie. Die inwerkingstelling hiervan word opgeskort op voorwaarde dat

Die Matie-redaksie sy onderneming uitvoer “om in die volgende uitgawe ’n duidelike, ooreengekome apologie ten opsigte van die inhoud van die vorige uitgawe op ’n prominente plek op sy voorblad te publiseer”. ’n Ander voorwaarde vir die opskorting is dat Die Matie se redaksie hulle nie weer skuldig maak aan ’n oortreding van die bestaande redaksionele kode of aan optrede wat die universiteit se goeie naam in die gedrang bring nie. ’n Komitee van kundiges en belanghebbendes sal onmiddellik aangestel word om die toekomstige rol, bedryf en finansiering van Die Matie en ’n nuwe gedragskode te ondersoek en aanbevelings te doen. Ten slotte oorweeg die universiteit moontlike tugoptrede ingevolge die Studentereglement teen lede van Die Matie-redaksie.

Meer as net hare op jou tande is nodig om die eindeksamen die hoof te kan bied. ’n Mens kan maar net jou kop skud oor die voorval waarin die baldadige studente laasjaar die biblioteek op horings geneem het.

1995 – Die Matie word gesensor

1995

1996

1994

Die Burger, 21 Februarie 1994

STELLENBOSCH IN THE NEW SOUTH AFRICA Sonia de Lange, a coloured

fourth year student, alleged that she and a group of friends were the victims of a racial attack in front of Wilgenhof, but Wilgenhof students denied that this was the case.

MADIBA VISITS STELLENBOSCH UNIVERSITY Former

president Nelson Mandela received an honorary doctorate from the University of Stellenbosch in 1996.

“Ek het geen twyfel dat hierdie noodlotsjaar vir SuidAfrika, hierdie jaar wat ’n nuwe begin is met nuwe uitdagings, vir die US en sy mense ’n goeie jaar sal wees nie.” – Prof. Andreas van Wyk, rektor en visekanselier (1994)


10

2000 – 2009 US rektor weier oop onderhoud

“Studente wat nie Afrikaans taalmagtig is nie, moet gratis taalklasse kan ontvang. Dosente van voorgraadse vakke sal die taal binne twee jaar met behulp van Afrikaanse klasse van die universiteit moet aanleer.” – 2002 “Die toename in Engels as onderrigtaal is wel ’n interes­sante fenomeen by baie Europese universiteite waar Engels nie die landstaal is nie.” – 2005

Die rektor het geweier dat Die Matie ’n oop onderhoud met hom voer. Deon Wiggett, Die Matie se nuusredakteur, het in November 1999 ’n onderhoud met prof Andreas van Wyk, die rektor, versoek. Ná die versoek om ’n onderhoud telkens herhaal is, is Die Matie op Donderdag 3 Februarie gevra om spesifieke vrae aan Van Wyk deur te stuur. Hoewel dit nie Die Matie se standaardpraktyk is nie, is dié lys spesifieke vrae op Dinsdag 8 Februarie deurgestuur: • Hoe sal die aanstellingsproses van die nuwe rektor verloop? • Wat is die belangrikste goed wat u in u termyn bereik het? • Wat sou u, terugskouend, anders gedoen het? • Hoe voel u oor kritiek teen u uit mediageledere? • Wat gaan u doen na u aftrede? • Dink u dat Die Matie te krities is oor die bestuur van die universiteit, en wat is u opinie oor Die Matie en sy rol op kampus? • Hoe is dinge (by die universiteit) verander in u termyn, en is daar vordering gemaak op gebiede soos openheid en demokratiese bestuur? • Waaraan dink u kan die rustige politieke aard van Stellenbosch kampus toegeskryf word, veral in vergelyking met ander (SuidAfrikaanse) universiteite? • Wat is u groter visie vir Stellenbosch – wat moet ons verteenwoordig of uitstraal? Van Wyk het Woensdag by monde van mnr Hans-Peter Bakker, die universiteit se kommunikasiehoof, gesê dié vrae is nie “spesifiek” genoeg nie. ’n Lys van gedetailleerde vrae is vereis. Die Matie sou nie toegelaat word om af te wyk nie. Van Wyk het voorts geweier om met Wiggett alleen te praat en was slegs bereid om met hom te praat in die teenwoordigheid van Die Matie se redakteur, Waldimar Pelser. Die Matie het besluit ’n onderhoud in omstandighede soos hierdie sou die koerant se integriteit ernstig ondermyn. “Dit is jammer dat die rektor, as hoof van ’n groot organisasie, so ontoeganklik is,” het Pelser gesê. “’n Onderhoud waarin ons oop gesprek sou kon voer oor wat vir studente voorlê in prof Van Wyk se laaste twee jaar was nie vir hom ’n opsie nie,” het Pelser gesê. “Die vraag is, wie sál dan toegelaat word om vrae te vra as studente sélf net onder sulke gedikteerde omstandighede met hom kan kommunikeer?” Hy het daarop gewys dat die beoogde vrae baie vooruitskouend was. “Ons het juis besluit om nie op die verlede te konsentreer nie. Daar is nuwe studente op kampus, en dis nodig om te weet wat jou rektor sê.” Die Matie het Van Wyk uitge­nooi om gasskrywer in die volgende uitgawe te wees. – Die Matie, 16 Februarie 2000


11

2010 – 2015 2013

Visiting hours to be standardised

Women must be able to receive male visitors with the same freedom as men receive female visitors in residences, demanded the Prim Committee (PK) in their recent review of the residence rules. According to the motion, the PK calls for “standardisation of all rules governing visitors to residences, regardless of the gender for which a specific residence caters.” “There is currently an apparent arbitrary difference in the freedom granted to ladies’ residences and that granted to men’s residences with regard to the rules that visitors must follow. The Prim Committee regards these and other more onerous rules as not only outdated but discriminatory.” Phillip van der Merwe, Vice Chairperson of the PK and head of the ad hoc committee that was responsible for the review, says that they are optimistic that these changes will be accepted by Pieter Kloppers, director: Student Communities, and implemented by women’s residences in the near future. “The women on the ad hoc committee only welcome the motion; it was suggested by them to begin with,” says Van der Merwe. Van der Merwe said that they do not believe allowing men in women’s residences will cause any safety problems, as this rule is currently enforced in co-ed residences and “one does not hear of such problems there”. The practical implementation of the motion will entail Article 6.1 of the residence rules, entitled “Rules for visitors in Women’s residences”, be struck out, and that article 6.2, “rules for visitors in men’s residences with only male residents or residences with male and female residents”, be amended to be in application to both men’s and women’s residences. This will allow all residents to receive three visitors from Monday

to Thursday and Sunday from 7:30 – 22:00, and on Fridays and Saturdays from 7:30 – 02:00, as is currently the rule in male and co-ed residences. However, it is an commonly known fact that most male residences do not inflict these visitor’s hours, basically giving women access to male residences at all times. The exception to the rule is Dagbreek, where residents are expected to pay a so-called “meisieboete”, or girl fine, when these visiting times are not adhered to. This rule was to be altered in the review, even though other rules that the PK considered “outdated and irrelevant” were struck out. With regard to this inconsistency, Van der Merwe said that the PK did not see changing it as a priority. Other recommended changes include the amendment of the parking rules to provide newly-implemented parking system, allowing residents to determine their own “quiet times”, HK-terms individually by an annual vote at a house meeting and doing away with restrictions on serenade times and champagne breakfasts. Along with Van der Merwe, the review committee consisted of the primarii of Dagbreek, Eendrag, Academia, Goldfields, Monica, Harmonie, Erica, Wilgenhof and Majuba. The motion was passed at a PKmeeting on 13 August 2013 with 30 vote for, 0 against and 3 abstaining. – Die Matie, 28 Augustus 2013 (PS: Nemesia is the first female residence to officially change their sleepover policy. On 17 August 2016 the residence announced that beside the extended hours [10:00-23:30 everyday], they will have a trial period for men sleeping over. Read more in the next edition of Die Matie.)

SOEN IN DÁÁI LAAN Op ons voorblad van 11 Augustus 2010 het die fotograaf Vanessa Smeets die Ikey-studente, Mark Brown en Orn Czepan, se soen in die laan vasgevang. MATIES MAAK SKANDE In 2015 verloor die Maties se rugbyspan met 53-8 teen Tuks in die uitkloprondes van die Varsity Cup. Die Matie spreek met dié omstrede agterblad sy misnoeë teen die span uit.

Dis ’n skande, man!

R.I.P. Maties Rugby WILGENHOF’S PLAN In 2013 we reported about Wilgenhof’s plan to launch a two-category system wherein a donator can ensure placement for their son in exchange for a sum of money. The proposal was deferred.


12

ADRIAN LOUW, ’N REDAKSIELID VAN DIE MATIE IN DIE 1980’S, SE BLIK OP 75 JAAR.


13

2016

HOOFREDAKSIE Voor: André Huisamen, Eugenie Gregan, Henk Oets. Agter: Tarryn Josephs, Saarah Survé, Denique Smith. ALGEMENE REDAKSIE Ellen Agnew, Maret Blom, Walter HaywardBotha, Nicole Brummer, Janie du Plessis, Gizellede Götz, Hayley Grammer, Ingrid Heÿdenrÿch, Ingrid Klückow, Bea Lingenfelder, Anél Retief, Denise Robertson, Niel Roode, Laykin Rudolph, Arleen Stone, An-Mari Snyman, Karin van den Heever, Ané van Zyl, George von Berg, Jana Wentzel, Heike Werth.

“Ons almal weet dat as die SR nie eendag uit narre bestaan nie Die Matie maar kan toemaak.” – ’n Redakteur in 2000. “Om in Die Matie aangehaal te word, is soos om jou troue in die Huisgenoot te hê.” – ’n Dosent in ondernemingsbestuur (2000).

“Nooit nie. Want dit is regtig survival of the fittest: Dit is hoe ons die redaksie keur.” – Die redakteur in 1997 oor die moontlikheid van lugversorging in die kantoor. “Ek het besef Die Matiekantoor het die beste potensiaal as ’n kuierplek! Daar moet net nie ’n f_n koerant daarbinne gemaak word nie!” – Die nuusredakteur van 2005 se kêrel.

“Die Matie was tien jaar terug wat Suid-Afrika eendag sou wees.” – Liza Albrecht by Die Matie se 60ste verjaarsdag. “Die Matie is ’n wonderlike bron van psychpathology. “Die Burger was nog Die goed wat daarin nooit opposisie nie, nie opgebring word, laat jou eers vir Die Matie nie.” hare rys.” – Chris Otto by Die Matie – ’n Sielkunde-dosent se 60ste verjaarsdag. in 1997. “André P. Brink het meeste van sy fame aan Die Matie te danke.” – ’n Redaksielid in 2016, besig in die argiewe.

“Die Matie het my ’n Matie gemaak.” – ’n Nagraadse student wat voorgraads by NWU-Pukke geswot het.

OP 75 GOUES EN NÓG ’n Joernalistieke tour de force. Beter kan Die Matie se 75 lewensjare nie beskryf word nie. Om meer as sewe dekades se studentelewe in een uitgawe bymekaar te bring, was geen maklike taak nie. Die Matie was immers daar toe die grootste gebeure in die geskiedenis hulle afgespeel het. Dié uitdaging was egter ook ’n fantastiese belewenis. In die afgelope paar maande het ek Stellenbosch en sy studentelewe vanaf 1941 tot vandag beleef. Ek het beleef hoe “dames” pleit vir die vryheid om te kan uitgaan, hoe die planne vir die Neelsie opgetrek word, hoe die bouwerk sloer, hoe studente later kla oor ’n bord kos hiér te duur (95c!) is. Debatte oor die minirompie, André P. Brink se Orgie, kaalnalers in die biblioteek en wettige (en later onwettige) dooppraktyke het hulle voor my afgespeel. Ek het gesien hoe die Nasionale Party verkies is (dit was in 1948), Suid-Afrika ’n Republiek word (1961) en Hendrik Verwoerd vermoor is (1966). Ek was daar toe die universiteit se studenteleiers die ANC in die 1980’s ontmoet het, toe Nelson Mandela vrygelaat is, en toe Suid-Afrika ’n demokrasie geword het. Die vyandskap tussen Die Matie en die SR het hom voor my afgespeel – tot op ’n punt waar Die Matie studentekoerant gesensor en selfs op die Rooiplein verbrand is. Ek kon dit alles beleef, omdat Die Matie dáár was. Joernalistiek word immers die first rough draft of history genoem. Die Matie het deur die jare getrou aan hierdie verantwoordelikheid gebly. Maar daar is ook meer gedoen as om bloot gebeure aan te teken en die geskiedenis neer te pen. Dikwels was die koerant ook die dryfkrag agter groot veranderinge. Soos toe Die Matie in die 1980’s besluit het om nie meer na vroue as “dames” of “me” te verwys nie. En toe oudredakteurs in 1999 aan die minister

KONTAK ONS / CONTACT US POSADRES Langenhoven Studentesentrum; Privaat Sak X1; Universiteit Stellenbosch; Matieland; 7602 WEBADRES w w w.diematie.com FACEBOOK w w w.facebook.com/diematie TWITTER @diematie OPLAAG 8 000 VOLGENDE UITGAWE 21/9/2016 SPERDATUM 14/9/2016 ADVERTENSIES Suzaan Potgieter (suzaan.potgieter7@gmail.com) DRUKWERK PaarlMedia

van onderwys geskryf het – wat uiteindelik daartoe gelei het dat doop afgeskaf is. Nog later, toe die koerant die oomblik vasgevang het toe die Lesbigay-studentevereniging hulle in 2010 by die jaarlikse Soen in die Laan aangesluit het (die SR het dié geleentheid in die jaar daarna sommer afgestel en as “doelloos” beskryf). Die Matie het ’n belangrike rol tydens al hierdie gebeure gespeel. Dit is immers die koerant se doel, om sy vinger op die pols van die Stellenbosse studentelewe te hou en ’n stem vir die studente te wees wanneer dinge nie meer klop soos dit moet nie. Ook om ’n waghond vir die strukture op kampus te wees (en om hier en daar ’n vervelige klas met ’n kampusquote op te kikker, of vir Gorrelkop te vra om jou eksamenstres te verlig). Your student life is the time to question everything you thought you knew. Universities are places for innovative ideas, ideas that can bring change, and that will shape students into the leaders of tomorrow. Die Matie plays a vital role in this. Except for ensuring the university adhere to its responsibilities, the paper also contributes to a healthy debate on campus, keeps students informed, entertains many, and also serves as a learning school for future journalists. I won’t deny there were challenges. But Die Matie will always be there, rising from the ashes, like a phoenix, coming back stronger, more powerful – and ready to lead Stellenbosch students into an albeit uncertain, but definitely interesting future. Dis ’n voorreg om deel van hierdie kragtoer te wees. Op die volgende 75 jaar. Laat die fakkel brand.

DieM ATIE

VYF-EN-SEWENTIGSTE

JAARGANG | NO 5

WOENSDAG 10 AUGUSTUS

e nd pe s su

e nd pe s su

d

d

e nd pe s su

d e nd pe s su

d

2016 | GR ATIS


14

GELUKWENSE Die Matie verjaar! Redaksielede van heinde en ver het spesiale boodskappe gestuur.

H

artlik geluk, ou maat! Waardering aan hulle wat jou oor ’n driekwart-eeu grootgemaak het. Jy is gebore uit verset teen die destydse bestel, naamlik in oorlogsjare. Jy was ’n kampus-mondstuk onder die vleuels van die antiregering Ossewa Brandwag (OB). Jy het so vinnig die vertroue van die universiteitsowerhede gewen dat jy ná vyf jaar erken is as “amptelike studentekoerant”. Pogings van politieke teenstanders, by name die Nasionale Party, om met “Werda” jou te smoor, het sommer gou misluk. En so het jy in 1946 die amptelike studentekoerant geword - een pennie per eksemplaar. Ons vier fees, soos met jou geboorte, in ’n klimaat van spanning, van aandrang op verandering (trouens wêreldwyd). Op ons kampus soek ons steeds na rasseharmonie, na vreedsame naasbestaan met wedersydse respek vir tradisie en kultuur. Eintlik ewe belangrik moet ’n kultuur van respek teenoor universiteitsowerhede en SVR gekweek word. Die Matie se visie moet wees: Ons bou sonder om af te breek. Seventy years on - and you have grown into a vibrant, bilingual voice on campus. You face more recent challenges, including the ever increasing erosion of the printed news media by the “technological tsunami”. You must accept that the influence of even a daily newspaper gradually deminishes. Public opinion is increasingly determined by cybercommunication. I humbly submit that Die Matie should pro-actively sow seeds of reconciliation, of mutual respect for culture and tradition, inherent to different population groups. I realise it is a tough one. Only you can decide how far you can strive to meet these objectives without sacrificing your freedom of expression. On a lighter note – op ’n ligter noot: In my jare het die Engelse na die Bos gekom om Afrikaans te leer. Nou kom die Afrikaanssprekendes na die Bos om Engels te leer (grappie). Lekker verjaar! Gerhard Roux Hoofredakteur 1946

Wat ’n pragtige prestasie. Geluk aan almal wat oor 75 jaar aan ons koerant gewerk het. Mense wat sonder vergoeding en dikwels met baie persoonlike opoffering Die Matie elke tweede week die lig laat sien het. Hierdie is ook ’n studentekoerant wat dikwels opgestaan het (baie kere teen die heersers van die dag) vir wat reg en regverdig is. Doen so voort! Beste wense. Chris Otto Hoofredakteur 1971

Min sou ek kon raai ’n voorbladfoto waarop twee mans mekaar soen sal in die jaar 2010 só ’n groot bohaai veroorsaak en soveel onderrokke laat uithang… Maar kom ek begin by die begin. Ek het van Die Matie geweet nog lank voordat ek op Stellenbosch begin studeer het. Dus het ek in my eerste week op kampus seker gemaak ek maak so vinnig as moontlik ’n draai by Die Matie se kantoor. As ’n Minerva Klingel, met ’n klokkie om die enkel, rooi T-hemp en vissersmanhoedjie, het ek tydens die ontgroeningsweek uit die Klingel-ry geglip toe ons verby die Neelsiestudentesentrum stap en aan die hoekkantoor se deur gaan klop. So het Die Matie amper vier jaar lank onlosmaaklik deel van my lewe geword, waarvan drie op die hoofredaksie was. Menigte laatnagte, vroegoggende en vakansies is opgeoffer, maar altyd met plesier vir ’n produk waarop ek trots kon wees. Met die verspreiding van ongeveer 28 uitgawes op my kerfstok as bedryfsredakteur, herroep dit vele herinneringe en glimlagte. Daar was oggende waarop almal verslaap het (of vergeet het van hulle beurt) en ek alleen met 8 000 koerante staan om te versprei. Daar was ander oggende waarop die drukkers bel en sê die koerant is nog nie eens gedruk nie en ons staan al gereed om dit te ontvang. Kudos vir my kamermaat wat saam met my vyfuur in die oggend opgestaan het net om seker te maak ek is wakker en reg vir die dag. Een van my grootste leerskole was my termyn as hoofredakteur. Ek moes besluite neem en daarmee volstaan, maak nie saak hoe mense jou daaroor kritiseer nie. Soms moet jy bereid wees om ongewild te wees ter wille van die groter doel. Die grootste voorbeeld hiervan was die voorblad van 11 Augustus 2010. Ons het ’n halfbladfoto geplaas van twee mans wat aan die jaarlikse Soen in die Laan-geleentheid deelgeneem het. (Die studenteraad het die jaar daarna besluit om nie weer hierdie geleentheid aan te bied nie.) Hierdie voorblad het ’n herrie veroorsaak, nie net op kampus nie, maar ook op sosiale media, in nasionale koerante en selfs hier en daar op internasionale vlak. Dit was verstommend om te sien hoe eng sommige studente dink en optree op ’n sogenaamde dinamiese kampus en hoe hulle nie kon aanvaar dat voorbladspasie aan hierdie onderwerp afgestaan word nie. Het hulle al ooit van die Grondwet gehoor? “Kon julle nie maar net ’n gewone ou en meisie op die voorblad gesit het dat dit minder in your face is nie?” Nee. Die Matie speel myns insiens ’n baie belangrike rol om nie net vir sy lesers te gee wat hulle wil sien nie, maar ook om vir sy lesers te wys hoe die samelewing lyk en funksioneer buite die ouerhuise en omgewings waarin hulle grootgeword het. Wees ingelig. Waag, maar bly beginselvas. Laat die fakkel brand. Annelize Kloppers Hoofredakteur 2010

Baie geluk aan Die Matie, ’n studentekoerant wat die afgelope 75 jaar vele storms moes trotseer – oplae van die koerant is gesteel, koerante is in die openbaar verbrand, vele wou haar stem stilmaak. Die Matie het egter elke keer uitgestyg en is dikwels deur die jare voorgehou as die beste studentekoerant in Suid-Afrika. My wense vir Die Matie is dat dit ’n plek sal wees waar kritiese denke gekoester en ontwikkel sal word en dat die koerant ’n betroubare bron van inligting sal wees. As jy Die Matie lees, moet jy wéét dit is waar. Die Matie moet voortgaan om die moeilike en ongemaklike vrae te vra, haar lesers uit te daag en bowenal ’n stem te bied vir almal, ook die randfigure van die samelewing. Onafhanklike media op universiteitskampusse is nou van kritiese belang gegewe die onstuimighede van die afgelope jaar. Daar is dus nie ’n beter tyd vir Die Matie om sy fakkel nóg hoër te laat brand nie! Johan van Tiddens Hoofredakteur 2003 Perdeby wishes Die Matie a happy 75th anniversary. Only students who work at a student newspaper can truly understand the dedication and hard work that producing a publication entails. The fact that there are numerous student publications across South Africa that surpassed the half century mark shows the importance and relevance of student media on our campuses. We look forward to many more years of student news at Stellenbosch under the masthead of Die Matie. Baie geluk met julle verjaarsdag. Perdeby-redaksie

Wees gegroet vanaf Die Matie se redaksie van die antieke 1960’s. Dit is dalk moeilik om te glo, maar in daardie tyd het feitlik niemand ’n voertuig besit nie. Miskien ’n fiets, maar dié het gereeld van eienaar verwissel. Destyds was gereelde nuusgebeure op die sosiale front die koshuis- en fakulteitsdanse. Hulle is nie doer ver in die eksotiese onthaalplekke van die Skiereiland gehou nie, maar sommer in Stellenbosch se stadsaal. Elke jaar was daar ook ’n luisterryke Sangfees in dieselfde saal. Soms is ons koorsang selfs op langspeelplate opgeneem. (Wat is ’n LP? Dit is byna soos deesdae se CD’s, maar net baie groter en swarter.) My boodskap aan huidige Maties: Die Universiteit Stellenbosch is ’n unieke instelling en jy sal oral ter wêreld Oudmaties raakloop. (Vreemd, hulle het destyds in Afrikaans gestudeer, maar kan hulself met groot welslae in die verste lande en vreemdste tale handhaaf!) Maak gebruik van jou geleenthede. Woon gereeld jou klasse by. (Oeps, miskien slegs as jy reken dit is nodig vir jou akademiese vordering?) Geniet die vele fasette wat die studentelewe bied. Maar moet asseblieftog nooit, soos ék destyds, snags alleen in die dorp se strate

ronddwaal nie. Jammer, ek klink dalk nes ’n pa en ’n oupa! Aan die huidige redaksie: Sit asseblief die goeie werk voort. Julle het ’n uiters belangrike rol om te vervul: om inligting te verskaf en om glimlagte op die Maties se gesigte te sit. Bif Burger Sosiale redaksie van die 1960’s Geliefde Kollega, Hartlik geluk met hierdie mylpaalverjaarsdag. Laat dit juig, en mag die fakkel altyd aanhou brand! Adèle Kruger Hoofredaksielid 2002-2003 In die turbulente tagtigs trotseer Die Matie vele monsters. ’n Monstervergadering teen Die Matie het wesenlik gegaan oor vryheid van die pers en die reg om te weet. Vandag veg joernaliste steeds vir ons reg om te weet. Geluk aan Die Matie om 75 te haal – hoop ons albei is nog daar om die Eeufees te vier! Adrian Louw Hoofredaksielid 1984-1987

Die Matie Op Stellenbosch is bakens: van oud murasies, geuwels, en slawe-arbeid tot Decameron se baronne en studentejolyt maar die grootste, die idee: uitdaag, dwarstrek, bevraagteken – onverskrokke – vir ’n groter saak Johan Fourie Hoofredaksielid: 2002-2003

The well-known saying by the American writer Arthur Miller, “A good newspaper is a nation talking to itself” must be of even more significance to a student publication such as Die Matie. Over 75 years Die Matie has witnessed many challenges and even more changes – all necessary, and all part of the inspiring continuum that is South Africa – our beautiful country, that is sometimes such a painful crucible of cultures, one in which we have to find one another as fellow human beings, to forge a future together. There were evolutions, and revolutions, on campus and off-campus, and Die Matie had a ringside seat not only to student politics, but to our country’s traumas and transformations in every respect. In itself, a campus is a laboratory for democracy, with the next generation of leaders executing some potent experiments, of which the results must reverberate in its student media: debating, arguing, challenging – forging an intellectual capacity so that you, our country’s future leaders who have the opportunity to be exposed to higher learning, can eventually contribute to ensure each and every citizen can live her or his dream. Dit is waarom dit so belangrik is dat kampusmedia onafhanklik moet wees en geen lakei mag wees van hetsy bestuur, verenigings of drukgroepe nie, maar in elke opsig ’n platform waar die demokrasie bevestig en verdiep kan word. Een waar driftige – dalk selfs giftige – debat gevoer word, solank as wat ons mekaar respekteer. En weet: Dís hoe dit behoort te wees wanneer ’n nasie in gesprek is met homself. En dat ons daarmee bevestig: ’n Vrye media is die laaste waarborg vir individuele vryheid. En een van sy hoekstene is ’n robuuste, vrye studentemedia. Geluk met 75 goue jare van studentemedia – mag die debat in Die Matie voortdurend weerklink. Lizette Rabe Chair, Department of Journalism Die Matie was die beste (en enigste) joernalistieke opleiding wat ek gehad het. Op die vuil banke voor ou 486-rekenaars in Die Neelsie was ons die selfaangestelde wagte van “kampuskultuur”, burokratiese studentepolitiek en ’n veranderende makropolitieke landskap wat stadigaan by Stellenbosch ingesypel het. Hoewel woorde soos “Brink”, “taalbeleid” en “ontgroening” ons opskrifte oorheers het, was dit ook die jare van Zoid, Beeskraal en Fokofpolisiekar. ’n Kulturele revolusie het gespoel oor jonk en Afrikaans. Ons was ernstig, idealisties en het gesag geminag. Die Matie het in 2002 selfs ’n “bosberaad” op Bettiesbaai gehad. Voor ek geweet het wat “barter” beteken, het ons advertensiespasie verkwansel vir ’n paar kiste Graça, Tassenberg en Black Label. It was the best of times, it was the best of times. Adriaan Basson Hoofredakteur 2002


15

CONGRATULATIONS It’s Die Matie’s birthday! Editorial members from near and far sent their special messages.

H

artlik geluk aan Die Matie met die bereiking van hierdie besondere mylpaal! My eie verbintenis met Die Matie gaan terug na 1955, toe ek as eerstejaarstudent op Stellenbosch aangekom het. Dit dring nou eers deur dat ek vir 61 van Die Matie se 75-jarige bestaan saam met die koerant gekom het – eers as Matiedosent, later as dosent en Viserektor! Ek was lid van Die Matie-redaksie (verslaggewer/fotograaf – destyds moes ons “multitasking” doen) van 1958-1959 en was lid van die redaksie wat in 1959 in geheel afgedank is omdat ons te “liberaal” was. ’n Gereelde rubriekskrywer was die latere bekende kortverhaalskrywer Abraham H de Vries. Ons redakteur was Coenie Slabber, later ’n bekende in joernalistieke kringe. Litnet berig oor hom soos volg: “In sy studentejare het hy in 1959 as redakteur van Die Matie deur dié studentekoerant ’n opspraakwekkende veldtog gevoer wat daartoe gelei het dat dr. Hendrik Verwoerd hom onttrek het as kandidaat vir kanselier van die Universiteit van Stellenbosch en dr. Eben Dönges verkies is.” Die groot debat op Stellenbosch (in die hoogtyd van Afrikanernasionalisme wat oor die hele land gespoel het, met die ASB – Afrikaanse Studentebond – vooraan, en wie se president Jan Loubser, ’n Matie-student was) was die vraag of die US ’n “Afrikaner-universiteit” of ’n “Afrikaanse universiteit” was. Die redaksie het laasgenoemde voorgestaan, wat in die betrokke tydsgewrig as “links” beskou was, waarop die SR, ook as gevolg van die kritiek op die kanselier, die hele redaksie afgedank het. Later was ek as viserektor in die negentigerjare self aan die ontvangkant van Die Matie se joernalistieke vryheid. ’n Anonieme brief het op studentekose wyse met my die spot gedryf en na my verwys as “kragdadig”, iets wat ek glimlaggend ervaar het en geneig was om te ignoreer. Die rektor was minder gelukkig met die brief en het die redaktrise ingeroep, wat (sonder enige dwang hoegenaamd) met die sak patats vorendag gekom en die anonieme briefskrywer se naam summier geopenbaar het – ’n onbegryplike redaksionele flater. ’n Apologie het in die volgende uitgawe verskyn. Ironies genoeg was die anonieme briefskrywer ’n gesiggestremde student (wat later geringe sukses as skrywer behaal het) wat nie gekwalifiseer het vir koshuistoelating nie. As viserektor het ek my oor hom ontferm en Wilgenhof-koshuis se huiskomitee oorreed om hom plek te gee, sodat die anonieme brief deur my as stank vir dank ervaar was. Nietemin, Die Matie verskyn kort daarna met ’n volbladfoto van ’n tikmasjien wat toegeketting was, met die woord “Sensuur” groot daarop geskryf. In ’n era waarin alle koerante in drukweergawe onder druk is, wil ek die vertroue uitspreek dat Die Matie sal voortgaan om, sonder enige beheer van buite, die akademiese kampusdebat te bevorder, krities maar joernalistiek verantwoordelik te berig, die studentegemeenskap te dien, en sy eeufeesviering oor 25 jaar sal kan vier! Christo Viljoen Hoofredaksielid 1959

Dit is nogal aangenaam om te sien dat daar na my tyd ook vroulike redakteurs gekom het. In my jare sou dit nogal moeilik vir ’n dame gewees het om die taak te verrig, want alles is met die hand gedoen behalwe die drukwerk wat by die pers van Rembrandt geskied het. Dit het behels dat ek alle bydraes in handgeskrewe vorm ontvang het, dit moes deurlees en aandui in watter formaat dit gedruk moes word, opskrifte voorsien het en dan gaan afgee het om getik te word. In die week van die uitgawe moes ek dan vir ’n dag klasse mis om te gaan proeflees, alle foute te merk, die gedrukte artikels uit te knip en dan op blaaie te plak in die vorm waarin alle artikels en advertensies moes verskyn in die klaarproduk. As redakteur moes ek dus die hele koerant ten volle voorberei en dan hoop en bid dat die drukkers die res volledig en reg sou doen. Ek was gelukkig ’n privaatstudent en nie gebind aan tye van kom-en-gaan by ’n koshuis soos dit was by die dameskoshuise nie. Indien ek ’n boodskappie kan gee, sal dit wees om almal geluk te wens met die werk en tyd wat hulle bestee het om die koerant uit te gee en aan die gang te hou. Ek hoop dat dit vir almal so interessant en leersaam was soos vir my. Ek wil ook hoop dat Die Matie sy onafhanklikheid sal behou as ’n koerant wat studentemenings verteenwoordig (in my tyd was ek ingeroep om sekere menings en berigte by die rektor – prof. Thom – en die visekanselier – ds. Kosie Gericke – te gaan verduidelik en bespreek). Mag ek hoop dat Die Matie aan die voorpunt sal staan van die stryd om Maties ’n volledig-tweetalige universiteit te maak. (In my tyd moes ons maar self meeste van ons kennis uit Engelstalige boeke gaan haal, maar dit het van ons beter – en wyser – mense gemaak gedurende die tyd waarin ons ons werksomgewings moes gaan aanpak.) My beste wense vir ’n aangename en suksesvolle verjaarsdagpartytjie!

Ek onthou toe ek die eerste keer in Die Matie-kantoor ingestap het. Dit was dag drie van Jool in 2009 en ek het saam met my mede-Lydianers in die ellelange ry op boonste vloer van die Neelsie gestaan om daardie aaklige foto vir jou studentekaart te neem. Ek was moeg, vuil en moedeloos blommetjies gevou, toe Saskia Baard, tóé redakteur van Die Matie, my tromp op loop en vra: “Wil jy vir Die Matie ’n rubriek skryf? Oor Jool?” En in ware Die Matie-styl waar alles maar so op die spertyd gebeur, het sy die rubriek reeds die volgende dag nodig gehad. Sonder om twee keer te dink, of ag te gee aan die huiskomiteelid wat agter my staan en mor het, het ek saam met Saskia om die draai in die lang gang af na Die Matie-kantoor gestap. Weggesteek in die hoek van die Neelsie was ’n handjievol studente, kliphard aan die koerantmaak: ’n Paar was aan die tik, een het op die swart bank gelê en dut, ’n ander het op die vloer gesit en Neelsielasagne eet en die res was op die balkon aan die rook. Terug by die koshuis, het ek myself dadelik in my kamer op die derde vloer gaan toesluit en begin skryf. Die huiskomiteelid aan diens het ’n paar keer aan my deur kom klop, maar ek het gemaak of ek nie hoor nie en net aanhou tik. Toe die rubriek ’n paar dae later in die eerste uitgawe van Die Matie vir die jaar verskyn het, is ek summier ingeroep. My prim was natuurlik nie gelukkig oor alles wat ek oor die dames van Lydia in dié rubriek kwytgeraak het nie. Maar dit het nie saak gemaak nie, want ek het mý mense in daardie kantoor in die hoek van die Neelsie gevind. Vir die res van my vyf jaar op Stellenbosch het ek met trots bykans elke dag in daardie kantoor gewerk. Daar het ek en Roann Louw Maandagaand ná Maandagaand lepel gelê op daardie swart bank, terwyl ons vir Jo Wessels gewag het om sy Kwytraak-onderhoud klaar te skryf. Daar het ek, Anthea Hartzenberg en Zanie Maree amper elke dag ons Nca’kos-lasagne gaan eet en inderhaas ons Franse huis-werk probeer klaarmaak. Daar het ek my eerste liefde ontmoet én verloor. In daardie kantoor het ek besef ek wil joernalis word. Want in daardie kantoor het ek mens geword.

Dreyer de Kock Hoofredakteur 1955

Anika Marais Hoofredakteur 2011

’n Onverwagse bonus van werk by Die Matie was vir my die vriendskappe wat mens maak. Miskien was dit die laat nagte, miskien die drukkoker van spertye, miskien die feit dat ons saam (soos redaksies maar doen) die universum vir ons lesers moes interpreteer en die eerste stap dan is om dit te bespreek en ’n gesamentlike siening te vind. So leer jy iemand behoorlik ken. Hoe ook al, die gevolg is dat mens besonder goeie vriende maak wat jou dekades bybly. Daarvoor is ek Die Matie dankbaar. Met goeie wense.

Baie geluk met 75 onverskrokke jare! In my tyd as hoofredakteur het ons die mas verander. “Onder beskerming van die Studenteraad” het verander na “’n onafhanklike studentekoerant”. Lank mag dit voortleef. Die Matie mag nooit die spreekbuis word van ’n politieke party of beweging, of selfs van die studenteraad nie. Dit moet ’n onafhanklike en bowenal kritiese mondstuk en waghond bly. Ter nagedagtenis aan Johan Degenaar moet dit die Sokratiese ideaal vervul: ’n Ongeëksamineerde Stellenbosch is nie die fooie werd nie.

Koos Bekker Hoofredakteur 1975

Anton Steenkamp Hoofredakteur 1985

Dat Die Matie ná 75 nog fier en regop loop, beteken net dat daar nog baie woema is vir ’n goeie ent vorentoe! Veels geluk aan almal wat hierdie prestasie in stand kon hou – op sigself ’n joernalistieke tour-de-force. Ek is trots ’n oud-redaksielid en onthou helder die thrill van my eerste byline. Voorspoed vorentoe! Laat joernalistieke vryheid blom. Amanda Botha Hoofredaksielid 1962-1964 ’n Neerdrukkende tyd van politieke onmoontlikheid, dit was die vroeë tagtigs, baie soos die laaste maande. Hierbinne was Die Matie vir ons medisyne: ’n belangrike deel van ons pogings om met integriteit te lewe in die onmenslike detail van ons tyd. En ons hét gelewe: gelag en gespeel en ons hakke ingekap en baklei en ’n koerant gemaak waarin daar gelyktydig plek was vir studentedinge, wonderlike kuns, en sterk protes teen die destruktiewe sosiale ordes van die tyd. Dit was die tyd van die eerste vroueredakteur; van ’n protes teen die aanstel van PW Botha as kanselier wat gelei het eers tot die skorsing van die redakteur, en toe landwye steun en haar heraanstelling. Dit was die redaksie wat heel eerste die afkorting “me” begin het. Verontwaardiging en baie koggelende mê-geluide (hoor skaap) op die korttermyn het plek gemaak vir die later amptelike aanvaarding van “me” deur Media24 en ook wyer. Dit was, soos altyd, ’n herinnering dat die druppel in die emmer nie net die moeite werd is nie, maar ook noodsaaklik. Die Matie behoort aan geen Universiteitsowerheid, geen studenteraad, geen departement nie. Die Matie is ’n plek waar die drif van angry young women and men en ’n selfs irrasionele hoop kombineer om ’n nuwe menswaardigheid te probeer vorm. Nuwe stemme wat verby die vasgedraaide gesprekke van universiteitsrade, die oorsekerheid van moeë volwassenes kan beweeg. Nuwe kulture wat groei op die rand waar wêrelde ontmoet – waar Afrikaans nuwe en waardige rolle kan kry. Mag Die Matie hierdie plek bly inneem – ongemaklik en onmisbaar. Corinne Oosthuizen Hoofredakteur 1984 Soos dit waarskynlik met sewe van my voorgangers ook die geval was, is dit altyd met ’n effense angstigheid én opgewondenheid dat ek sien daar lê ’n nuwe uitgawe van Die Matie by Admin B se ingang. En dis met reg so: Die Matie roer ons sake! Gereeld is die kritiek fel, die debat witwarm en die eise hoog. Soms drup die ink van sarkasme en gekskeer met die bewoners van Admin B! En so nou en dan is daar ’n kloppie op die skouer. Maar dis hoe dit moet wees met ’n studentekoerant. Die Matie móét die bestuur, die studenteraad, personeel én studente op hul tone hou. Dit moet ’n spieël ophou vir ’n ieder en ’n elk op kampus – al hou jy nie altyd van dit wat daaruit vir jou terugloer nie. But I’m always excited as well to

read Die Matie. For the last 75 years it has provided insight into the heartbeat of the university, its students and its issues – warts and all. It is a thermostat of university life and invaluable in testing the campus climate. Perhaps most importantly, Die Matie has often been a lone voice crying out in the desert – frequently ahead of its times. And, admittedly, this was not always well received, its editors sometimes summoned to management chambers. But for being this critical voice, Die Matie deserves a special place in Stellenbosch history. Keep on shouting, Die Matie! If need be, keep on being the court jester dispensing common sense frankly and honestly. Be respectful, be objective, but keep on inspiring, investigating and debating. Keep on raising the level of engagement and interaction. Keep on showing us the way. Long live Die Matie, long live! Wim de Villiers Rector and Vice-Chancellor

Aan almal wat Die Matie jaar na jaar, maand na maand, gebaar het: Vele vivas! En mag die akkers altyd sagkens op onse hoofde val. Maar laat ons nooit deur pryssangers verlei word nie. Sybrandus Adema Hoofredaksielid 1993 & 1994

Indien ’n mens by Die Matie betrokke was, bestaan jou lewe uit twee fases – die tyd voor Die Matie en die tyd daarna. Gewoonlik is niks daarna ooit weer dieselfde nie. Ons het geleef vir Die Matie; die ou hoekkantoor was ons huis. Dit was nie net die begin van baie van ons se loopbane nie, maar dit was ook die plek waar jy jou beste vriende gemaak het. In daardie kantoor het ons week in en week uit die son sien sak en weer sien opkom. Nagte lank is daar aan die koerant gewerk. Ons wou die wêreld verander en die beste moontlik stories skryf. Toe al het ons toegepas wat ek later by Beeld sou leer – gaan groot of gaan huis toe. Niks en niemand sou in ons pad staan om die waarheid te praat en skelmstreke en ongerymdhede aan die kaak te stel nie. Nooit weer kan jy soveel pret hê en so kreatief wees nie. Niks het ons gestuit nie, al het die SR en die koshuise en die universiteit baie hard probeer. Dit was die tyd van ons lewe. 2001 was die jaar van die rektoropvolgstryd, van prof. Chris Brink, van Charl Strydom, ’n tweedejaarstudent wat tydens ’n inlywingsritueel dood is en die media landwyd aan die gons gehad het, minister Kader Asmal en die Menseregtekommissie se ondersoek na dooppraktyke op kampusse, oudredakteurs se ope brief oor die rol van Die Matie in die stryd teen die skending van menseregte, ’n sukkelende SR – en Die Matie se 60ste verjaarsdag. Dit was die dae van faksmasjiene, baksteenfone en filmkameras, Pagemaker en foto-argiewe in ou bokse, en Matie-Parties by Terrace. Die Matie kry jou beet en laat jou nooit weer los nie. Viva, Die Matie! Jacolette Kloppers Hoofredakteur 2001


16

REDAKSIELYS 1941 Redakteur: W.A. Joubert Tobie J. Louw Pierre de Wet Ina Michau Gerjo van der Merwe Kota Smit Marie Heyns Jannie van Vuuren Daan Maartens S.P. Botha J. van Graan Fanie van der Merwe Jos Theron P.A. Theron J.R. Pauw M.A. Hough J. Willers 1942 Redakteur: P.A. Theron B.J. v.D. S. de Villiers S.P. Botha D.G. Franzen W.R. Laubscher 1943 Redakteur: P.A. Theron 1944 & 1945 Redakteur: H.S. Marais 1946 Redakteur: G.J. Roux 1949 Redakteur: Pieter de Kock Jan le Roux Willem Smit W. Schumann A. Scribante Jan Viljoen K. Veary C.F. Kruger P. Fouché A. Ackerman Tom van Eeden Mike Davis Piet Fouché Pikkie Baard Johan Streicher 1950 Redakteur: Sas Strauss Con Kruger Basil Blackburn Schalk Burger Louie Kritzinger Jan de Wet Nico van der Merwe Johan Bredell Jacobus Olivier 1951 Redakteur: Jacobus Olivier Nico van der Merwe Con Botha Graaff Oosthuizen Herklaas Viljoen Mietsie Marais Willem Botha Kina Botha Schalk Walters J.S. Minnaar 1952 Redakteur: Con Botha Albert Crafford Herklaas Viljoen Schalk Walters J.J. Heyns Christo Botha Tiny Krige 1953 Redakteur: Jozua van der Lugt Gustav Smit Graaff Oosthuizen Bennie van Rensburg

Lourens de Villiers Philip van der Merwe Jan Hupkes J.A. du Plessis Koos Burger 1954 Redakteur: Jan Vosloo Dreyer de Kock Graaff Oosthuizen Lourens de Villiers Philip van der Merwe Tienie Botha Freddie Calitz Fanie Jacobs Etienne Rossouw 1955 Redakteur: Dreyer de Kock Ben du Preez Willie Schoeman Bennie Wiid Hannes Cronjé Tertius Kleyn Freddie Calitz Sherrit Kunneke Etienne Rossouw 1956 Redakteur: Jozua van der Lugt Jan Pretorius Wouter Jordaan André Müller Les de Villiers Wilhelm Grütter Ben Pieters Freddie Calitz John Dugard Flip Lochner Martin Bothma 1957 Redakteur: Wouter Jordaan Jan Pretorius Al Germishuys Jan Louw Hennie Aucamp Matt Strydom Freddie Calitz Steve du Toit Gerhard de Kock 1958 Redakteur: Rufus Dercksen Al Germishuys Matt Strydom Wessel du Preez Wilhelm Knobel Ernst Stalz A. Archer Jannie van der Merwe Willie van der Vy ver Steve du Toit Johan Celliers 1959 Redakteur: Coenie Slabber Schalk Burger Jan Hoon Christo Viljoen Henri Snijders André du Toit Charl Engelbrecht Carl Aucamp André Visser 1960 Redakteur: Deon du Plooy Graham Pienaar Francois Hanekom Johan Stander Maritz Gerber Gerhard Tötemeyer Charles Wait Flip du Plessis Pieter de Jager Danie Malan André Gouws Francois Aucamp

1961 Redakteur: Bernhard Louw Francois Aucamp Deon Jooste Johan Stander Johan Pretorius André Gouws Abraham Lückhoff Kerneels Swanepoel Nick van der Wath Gert Kotze 1962 Redakteur: Koos Marais Ernst Lombard Gerrit Visser Johan Stander Hermann Hanekom Hans-Dieter Büttner Johan Griesel Ben van Rensburg Koos Jonker Hennie Potgieter 1963 Redakteur: Kobus Hattingh Andreas van Wyk Gerhard Visser Johann Stander Hermann Hanekom Dave Beyers Clifford Heys Koos Jonker Arend Rooseboom Johan Spies 1964 Redakteur: Andreas van Wyk Dave Beyers Willie Lubbe George Murray Mickey Gerber Thys Greeff Lukas Olivier Attie du Plessis Jacques van Heerden Anton van Zyl 1965 Redakteur: Frits Gaum Wim Botha Niel van Tonder Riël Cillié Erica Gruber Willem Vorster Koos Theron Jac du Preez Frans Cloete 1966 Redakteur: Ernst Lombard Jan Kirsten Org Potgieter Fanie Jacobs Pietie Steyn Adelbert Scholtz Jac du Preez Louis Claasen 1967 Redakteur: Jan Kristen Carlo Loubser Dirk Hertzog Etienne de Villiers I.G. van der Westhuizen Gerhard Jordaan Theo du Toit Hugo Hagen Pietie Victor Dirk Laurie Louis Claassen Louis du Plessis Otto Terblanche 1968 Redakteur: Dirk Hertzog Ignatius van der Westhuizen Louis du Plessis Johann Beyers Nato Zondagh

André Viljoen André Grevelink Simon Geertsema Leoné Schenck 1969 Redakteur: Etienne de Villiers Pierre de Villiers Johan Verreyne Chris Otto Hannes Gildenhuys Etienne Britz André Grevelink Hannes Theron Rudolf Gouws Riaan Wolhuter Kerneels Verwey Suzanne van Reenen Fanie Bekker Reinhold Joubert 1970 Redakteur: Johann S. Verreynne Pierre de Villiers Chris Otto Cecile de Wit Ma x Loubser Bennie Griesel Johann Gerber Nico Lotter Danie de Villiers Stephan Bothma Jannie Hougaard Jannie Herselman Danie Olivier David Naudé Dan Berner Eline van Zyl Maans Potgieter 1971 Redakteur: Chris Otto Bennie Griesel Johan Gerber Pieter Schoombee Gerrie de Villiers Jan Dreyer Johann Rupert Lappe Laubscher Pierre Potgieter Mark Patterson Fanie Olivier Pieter Raubenheimer Altus Joubert Melv yn Minnaar Danelle Schumann 1972 Redakteur: Gerrie de Villiers Altus Joubert Bobby Loubser Anne van Zyl Cobus Stofberg Estienne Pretorius Lillian Hudson Johann Gerber Johann Louw Gerard Genis Alan Lindhorst Melv yn Minnaar Mark Patterson Wilhelm Kruger Dan Berner Marie de Villiers Francois Pauw 1973 Redakteur: Cobus Stofberg Johann Louw Marius van Wyk Koos Bekker Hannes Schoombee Philip Botha Laurette Munnik Stephan Pretorius Gawie Nienaber Bertie du Plessis Dean Bruwer Marthinus Oosthuizen Donald Wright

Francois Pauw 1974 Redakteur: Altus Joubert Gawie Nienaber Edwin Cameron Koos Bekker Anton van Niekerk Johan Froneman Abrie de Swardt Hugo Naudé Tersia Strydom Francois van der Merwe Irma de Waal Ymile Heunis Jan de Kock Caroline Podseth Niel Hoogenhout Ludwig Andersen Christiana von Ulmenstein Gabri de Kock 1975 Redakteur: Koos Bekker Freddie Marais Stephan Marais Marlene Holtzhauzen Raiford Johnson Jan du Plessis André Odendaal J.A. Erasmus Coenraad Visser Herman Binge Willy Duminy Tertius Theron Hannl Kretschmer Sassie Otto 1976 Redakteur: Freddie Marais Etienne van Heerden Jan-Hendrik Munnik Christian van Schalkw yk Coenraad Visser Christine Barnard Ansa Erasmus Rynard de Villiers Chris Heymans Piet Erasmus Christina Murray David Schalkw yk Johan Latsky Jan du Plessis Sarel Etsebeth Hannl Kretchmer 1977 Redakteur: Etienne van Heerden Chris Heymans Piet Erasmus Chris Fick John van Breda Clive Thompson Stella du Plessis Wynand Rauch Hilgard Bell Charl Cocks Kent Georgala Louis Heyneman Dawie de Villiers Joahn Latsky Anton Visser J.B. Naudé 1978 Redakteur: Chris Heymans Louis Heyneman Callie Visagie Kobus Pienaar Carol van der Merwe John van Breda Ben Kock Hendrik le Roux Annelie Odendaal Joubert Scott Wynand Fourie André Ferreira Jan Richter Clive Trent Theo Smith

Willie van der Merwe Dawie de Villiers Jacques Hugo Hannes Cilliers Dirk Ackermann Anita Snyman 1979 Redakteur: Louis Heyneman Kobus Pienaar Johan Lötter Erika van Rooyen John van Breda Maarten Mittner Gerhard Barnard Deon van Niekerk Kwartus Sieberhagen Le Roi Steenkamp Pieter Immelman Marius Greeff Thomas Tyler Koos van der Riet Abel Pienaar Paul Cilliers Andries Calitz Wynand Fourie Nico Steyn C.L. van Schalkw yk 1980 Redakteur: Kobus Pienaar Coenraad Pieterse Anton Kruger Dean Loubser Francois van der Merwe Ian Theron Pieter van Niekerk W. van der Westhuizen C. Sippel C. Fouché Thomas Tyler Koos Botha Erika van Rooyen J. de V. Pienaar Kobus Louw Sandra Venter 1981 Redakteur: Coenraad Pieterse Ian Theron Inus Marais Piet Pretorius Dawie Bosch A.P. “Wessie” van der Westhuizen Francois du Bois Estelle Höll Elbert Uys Adri Troskie Ilze Krige Karin Pohl Anton Taute At van Rensburg Pieter van Niekerk Kobie Spamer Thomas Tyler Japie Pienaar Im Naude Liza de Wet Neil Muller 1982 Redakteur: Ian Theron Japie Pienaar Dawie Bosch Annami Oosthuysen Jacques Joubert Ilse Krige Danie Keet Gerhard Uys André Putter Len van Zyl Thomas Tyler Jennie Johnson Reinarda van Waart Neil Lourens Carine Reynders André Roodt Lida de Wet Derek Swart


17 1983 Redakteur: Jacques Joubert Dawie Bosch Corinne Oosthuizen Graham van Heerden G.P. Kellerman André Duvenhage Frans Basson Valdi Strauss Jennie Johnson Robert Bokhorst Elmarie van As

Tanja Hichert Roelf Jansen Annchen Nel Marliese Lochner Daan Claassen Tania Maria Kruger Minnaar Niehaus Wouter Brand Mandy Carter Erika Jakobs Anna-Marie Hanekom Jaco Strauss

1984 Redakteur: Corinne Oosthuizen Cobus Smit Finlay Taylor Eric le Grange Riaan Smit Marisa Hoeny Anton Steenkamp Ockie Dupper Carina Koen Betsie Brown Hugo Lambrechts Gerhard van Eeden Elmarie Engelbrecht Graham van Heerden Frans Basson Adrian Louw Stefanie Hefer Doria Joubert Kobys Faasen

1989 Redakteur: Cornis van der Lugt Tanja Hichert Dries Liebenberg Pearlie Joubert Henriëtte Geldenhuys Anneliese Burgess Marina Pretorius Christene Visser Maria Human Lani Eloff Vanessa Brand Maggie Visser Johannes Grobbelaar Carl-Ann Louw Margaretha Fourie Annien Smith Armand Nel Wouter de Waal Adrian Louw Bennie de Wet Tina du Toit Chris de Vries Betsie de Vries Stefan Strydom Stefanus Snyman Kolbe Kolver

1985 Redakteur: Anton Steenkamp Riaan Smith Eric le Grange Marisa Honey Jeanne Cilliers Chris Barnard Lou-Marie Kruger Ockie Dupper Charl du Plessis Nicolette Louw David van der Westhuyzen Robert Bricout Jannie Nel Michael Venter Adrian Louw Anso van Zyl Dorrieh Elahi Sonia Louw Charl Hattingh Louis van Wyk 1986 Redakteur: Eric le Grange Chris Barnard Emile Wessels Stephan Malherbe Pierre de Vos Marika Truter Jacques Visser Chris Theron Jannie Nel Dean Sonnekus Adrian Louw Dawid van der Merwe Dorrieh Elahi Heidi Visser 1987 Redakteur: Stephan Malherbe Ilse Cilliers Daan Mostert Jaco Wolmarans Cornis van der Lugt Pierre de Vos Johan Trotskie Carrie Terblanche Tanja Hichert Adrian Louw Marika Mostert Mary-Ann Schreuder Jannie Nel Erhardt Thiel Dawid van der Merwe Berthine van Schoor Philip Verster 1988 Redakteur: Daan Mostert Pierre de Vos Barrie Terblanche Christine Visser Gawie Botma Cornis van der Lugt Elmarie Maree Hans-Peter Bakker

1990 Redakteur: Dries Liebenberg Tina du Toit Julia Andersen Mariëtte Hanekom Liezl van Sijl Marina Pretorius Caro Kriel Lala Camerer Maria Human Vanessa Brand Lorette Grobler Monté Maritz Andrew McDonald Rolene van der Linde Louise van Tubbergh Nian de Kock Duncan Baine Jasper Daniels Werner de Leeuw Betsie de Vries Ferdinand Pienaar Helena van der Westhuizen 1991 Redakteur: Julia Anderssen Deon Gerber Melissa Fourie André Crause Liezl van Zyl Lorette Grobler Celeste Swanepoel Brenda Blatherwick Dirk van Eeden Henk Geertsema Margit Meyer-Rödenbeck Niels Momberg Robert Denton Jan Coetzee Daniel Grey 1992 Redakteur: Monté Maritz Dirk van Eeden Eugene Kruger Anmarie de Klerk Willem Kempen Melissa Fourie Alex Jeppe Gideon le Grange Sue Blaine Liza Stewart Almero Loots Niels Momberg Edgar Hälbich Phillippa Barnard Marius Visser Anton Maree Reg Brand

Pieter Malan Daniel Grey 1993 Redakteur: Melissa Fourie Marius Visser Sybrandus Adema Botha Kruger Sue Blaine Liza Stewart Leigh-Anne Goulding Jean Nortje Pippa Schoeman Pieter Malan 1994 Redakteur: Willem Kempen Sybrandus Adema Anna-Retha Kriel Marius de Jager Pieter Bruwer Riekie-Louise Human Marelize Görgens Edward Kellerman Karen Smith Johan van Zyl Keith Bain Adélle van Wyk Laetitia van der Merwe Herbert Pretorius Danelle Bredenkamp Gisela Marx 1995 Redakteur: Marius de Jager Johan van Zyl Lisa Visser Pieter Bruwer Ross Linström Jana Schoombee Raymond Ellis Ronelle Burger Wendy Gear Karen Smith Gilmour Smith Keith Bain Gw yneth Bowmer Albertus van Wyk Laetitia van der Merwe Danelle Bredenkamp Herbert Pretorius Johan van Wyk Alw yn van Wyk Adélle van Wyk Francois Jordaan Coret Myburgh 1996 Redakteur: Liza Albrecht Ross Linström Albertus van Wyk Ronél Meiring Ronelle Burger Tamsyn Rawson Diaan Pienaar Carien du Plessis Wea van Heerden Jacques Eloff Caroline Shackleford Sport: Herbert Pretorius Sean Falconer Jana Rossouw Naomi Bruwer Ilan Sparrius 1997 Redakteur: Albertus van Wyk Sean Falconer Carien du Plessis John-Henry Horn Mareli Viljoen Naomi Bruwer Helga Buys Dene Conroy Jearelle Wolhuter André Lambrechts Elizma Nolte Bronw yn Redding-Jones Francois Raubenheimer Diana-Marié van Niekerk Adri Nel Emile Scheepers Caroline Shackleford Megan Dreyer Frank Olivier Ernest Löther 1998 Redakteur: Jearelle Wolhuter Bronw yn Redding-Jones John-Henry Horn

Peggy le Roux Michael Hatton André Lambrechts Elizma Nolte Gawie Malherbe Frank Olivier Johannie Liebenberg Caroline Shackleford Jakoba Schutte Emile Scheepers Sarie Brink 1999 Redakteur: Michael Hatton Frank Olivier Anelde Greeff Deon Wiggett Waldimar Pelser Ania Boldireff-Strzeminska Nils van der Linden De Jongh Borchardt Johannie Liebenberg Nic Norman-Smith Carl Scheffler Danie Smit Fabio Crabbia John-Henry Horn Jacolette Kloppers Natasha Thomson Anelde Greeff 2000 Redakteur: Waldimar Pelser Jacolette Kloppers Danie Smit Deon Wiggett Martina Smit Pierre du Bois Mandy Rossouw Melanie Daly Heather D’Alton Roy Havemann Werner Barnard Carl Scheffler Hugo Loubser Schalk Engelbrecht Carl Kirstein 2001 Redakteur: Jacolette Kloppers Melanie Daly Carina du Toit Adriaan Basson Dirk Visser Kevin Scott Marthinus Jansen van Vuuren Lenelle Foster Herman Kitshoff Natasja Gerber Karin Greyling Carl Scheffler Johan van Tiddens Carl Kirstein 2002 Redakteur: Adriaan Basson Hanno Botha Johan van Tiddens Malan Rietveld Johan Fourie Marie-Louise du Bois Nerisa Coetzee Darias Jonker Jenny Theron Nikki Ingwersen Jaco Maritz Ferdie Bester Adèle Kruger Willem Samuel 2003 Redakteur: Johan van Tiddens Gustav Malan Johan Fourie Lourens du Plessis Huba Brink Brian Dickenson Liezel Visser Adèle Kruger Jenny Theron Jazz Kuschke Nerisa Coetzee Jaco le Roux Ma x Loubser Hester Carstens Willem Samuel 2004 Redakteur: Gustav Malan Eduan Maggo

Nerisa Coetzee Rika Vollgraaff Michelle Viljoen Liezel Visser Sandra Visser André-Pierre du Plessis Darren Gilbert Satara Ablort-Morgan Steven Barber Ma x Loubser Hester Carstens Leon du Toit 2005 Redakteur: Rika Vollgraaff Michelle Viljoen Edward-John Bottomley Imke van Heerden Lize-Marié van der Watt Satara Ablort-Morgan Marece Wenhold André-Pierre du Plessis Rickus Jooste Janita Verster Steven Barber Marius Marais Denver Kisting Rohan Etsebeth 2006 Redakteur: André-Pierre du Plessis Dora Scott Christian Knobloch Gina Schreuder Annelie Maré Samantha Bath Sarietha Engelbrecht Marié Joubert Andri Stander Ruan du Plessis Elizna Engelbrecht Marius Marais Marissa Baard Lelanie de Roubaix 2007 Redakteur: Annelie Maré Jean de Hejer Ian Maree Carolyn Meads Carla van der Merwe Shané Albrecht Edo Heyns Johann Thormählen Henko Bogaards Ryk du Plessis Marius Marais Lelanie de Roubaix Ian Maree 2008 Redakteur: Pieter-Francois Theron Jan A. Botha Saskia Baard Annelize Kloppers Jacques de Villiers Janie Swanepoel Marie Beukes Hein Diemont Pieter Burger Carel van Wyk Handré de Jager 2009 Redakteur: Saskia Baard Alet van Wyk Annelize Kloppers Herman Wiid Jonathan Reader Adél Groenewald Sarèlle Lourens Wilhelm Walser Cyril Prinsloo Carel van Wyk Marietjie Vos Seth Beukes Liebrecht Fick 2010 Redakteur: Annelize Kloppers Marietjie Vos Roann Louw Marietha Brits Anthea Hartzenberg Anika Marais Robert Kaden Joey Volschenk Mia Smit Johann Swart

Simon de la Rouviere 2011 Hoofredakteur: Marietjie Vos Anika Marais Thea Visser Roann Louw Zanie Maree Marinette Potgieter Martmarie Potgieter Elri Nieuwenhuis Anthea Hartzenberg Vanessa Smeets Gerrit Maritz 2012 Redakteur: Anika Marais Roann Louw Thea Visser Adriaan Steyn Malherbe Nienaber Bertus Snyman Berta Nortje Nicholas Glanvill Nandi Piliso Gerrit Maritz Nadia Claassen Rene Wessels Liebrecht Fick 2013 Redakteur: Jaco du Plessis Gretchen Dietz Karl Kemp Charl Albertyn Mieke Vlok Ricky Klopper Zindi Mankayi Franco Theron Johannes Jonker Jan-Hendrik Els Cecile Pienaar Stephanie Cruy wagen Adriana Louw 2014 Redakteur: Christine de Kock Suzanne Potgieter Nicole Boucher Franco Havenga Anri Ferreira Sebastian Potgieter Brooke Joseph Adriana Louw Jan-Hendrik Els Cecile Pienaar Emily van der Merwe Stephanie Cruy wagen Karin Hammond 2015 Redakteur: Gérard Swart Hannes Kruger Suzaan Potgieter Lynné Schoeman Isabelle Coetzee Karin Groenewald Joan van Dyk Lea-Ann van der Merwe Kanyisile Tukani Henk Oets Tanya Steenkamp Giselle Botha Marcel van Niekerk Christina Pitt 2016 Redakteur: Eugenie Gregan Denique Smith Tarryn Josephs Henk Oets André Huisamen Saarah Survé 2017 To be continued...


18

JONK EN OUD Waldimar Pelser (redakteur in 2000) en Michael Hatton (redakteur in 1999) aan die einde van die jaar 2000 in Die Matie se vorige hoekkantoor in die Neelsie-studentesentrum. Hulle hou ’n gelamineerde weergawe van die voorblad van die eerste uitgawe van Die Matie vas. Die rooi bank met die blou-en-wit gedrapeerde lap was legendaries. So ook die ou staalkabinette, faksmasjien en telefoongids. Teen die aansteekbord is ’n lysie met selfoonnommers (wat toe nog ’n aardigheid was) – onder andere die selfoonnommer van wyle Mandy Rossouw. Sy was ’n hoofredaksielid in 2000 en word gehuldig met ’n spesiale beursfonds (sien die berig op bladsy 19).

Nuuswaardig in Die Matie van 1954 Jan Vosloo, redakteur in 1954, vertel: “My vrou was die netbalkap­ tein en ons dink dit was dalk 1955. Sy sit voor in die middel met die gestreepte baadjie. Ek gaan probeer om die voorste sittende ry te identifiseer: Jan Hofmeyer, Goose Goosen, Tina Loots, James Starke, Ria Conradie, Christo Botha, Tienie Botha en John Wharton-Hood.”

Maties se sportspanne maak skoonskip Die Maties se onderskeie sportspanne het ’n hoogs suksesvolle jaar afgesluit deur elke kompetisie te wen waaraan hulle deelgeneem het.

Dit het ingesluit interuniversitêre en provinsiale deelname. Die betrokke sportsoorte was krieket, bofbal, vroueatletiek (Rodger Dayson-skild), rugby

(WP se Groot Uitdaagbeker), netbal, mansatletiek (Dalrymplebeker), jukskei en tennis. (Op die foto is die kapteins van die verskillende ligaspanne.)

genuttig, waarna die rektor die studente sou toespreek. Toe die rektor egter opstaan om met sy toespraak te begin, het ’n paar studente opgestaan en uitgestap. Die visekanselierskomitee

het hierdie optrede as insubordinasie beskou en die betrokke studente geskors. Die studente is, na verneem word, op ’n later tydstip toegelaat om hul kursusse te voltooi. – Jan Vosloo

Studente geskors Een van die belangrikste nuusitems van 1954 was sekerlik die skorsing van vier studente uit Huis Visser. Die rektor, prof. H.B. Thom, het saam met die inwoners van Huis Visser aandete


19

Skenk met WeChat Wallet vir Die Matie se trust Om Die Matie studentekoerant se voortbestaan en onafhanklikheid te help verseker, het oudredaksielede ’n trust geskep. Op dié manier het die huidige en toekomstige redaksies toegang tot eksterne finansiering vir infrastruktuur, drukkostes of ander behoeftes wat mag ontstaan. Ter wille van kontinuïteit sal die trust ook omsien na die administrasie rondom Die Matie se webwerf, www.diematie.com. WeChat het ingestem om vir elke donasie wat deur hul e-beursie gemaak word, R100 aan die trust te skenk.

Hoe werk dit? – Laai die WeChat-toepassing op jou selfoon af en teken in met jou WeChat-rekening. – Druk op Me regs onderaan jou skerm om na jou WeChat e-beursie te gaan. – Druk nou op Wallet. – Druk op Pay Snapscan en skandeer die kode in die spesiale verjaarsdaguitgawe van Die Matie. – Betalings tot ’n maksimum bedrag van R10 000 kan gemaak word. – Sodra jy betaal het, sal WeChat jou e-beursie met ’n verdere R100 laai.

– Skenk asseblief hierdie R100 ook deur weer die kode in die koerant te skandeer. Jy kan ook die stappe op die WeChat-advertensie hieronder volg. Om te kwalifiseer vir die R100, moet donasies via WeChat asseblief voor of teen 21 September 2016 gemaak word. Ons doen graag ’n beroep op oudredaksielede om gedurende die volgende weke donasies aan die trust te maak. Betalings kan ook deur middel van ’n elektroniese fondsoordrag gemaak word:

Bank: Eerste Nasionale Bank (FNB) Tjekrekeningnommer: 62260970994 Takkode: 201009 Verwysing: Die Matie Kontak Die huidige trustees is Jacolette Kloppers (redakteur 2001), Johan van Tiddens (redakteur 2003) en Nerisa Coetzee (bedryfsredakteur 2004). Vir navrae oor die trust, e-pos gerus vir Nerisa Coetzee by Nerisa. Coetzee@media24.com of skakel 082 717 1844.

The Mandy Rossouw Bursary Fund In March 2013, respected and much-loved journalist Mandy Rossouw died from an aortic aneurism at age 33. An alumnus of Stellenbosch University, Mandy completed an Honours degree at the university’s Department of Journalism in 2000 before embarking on her career. During the same year, she also served as part of the chief editorial staff of Die Matie. Over her thirteen years as a journalist, she worked at a wide range of high-profile print media and radio stations, including the Mail & Guardian, Eyewitness News and City Press. At the time of her death, she

was also Media24’s international correspondent. In August 2013, the Mandy Rossouw Bursary Fund was established in order to honour the memory of Mandy by supporting a student with an interest in politics to complete a one-year Honours degree in Journalism at Stellenbosch University. There have been two successful recipients of the award thus far, but there is a great need for further contributions in order to ensure the sustainability of the Mandy Rossouw Bursary Fund into the future. As such, we would like to appeal to our alumni community and colleagues in the journalism and

media fraternity to support the Fund by making a contribution via: Standard Bank, account number 073006955 and branch code 050610. Please make sure to add the reference: H713 + initials & surname. Alternatively contact alumni@ sun.ac.za in order to set-up a regular debit order gift to the Fund. We would also like to express our continued gratitude to alumni and friends who have already made contributions to the Fund and in so doing, honouring the memory of Mandy Rossouw. Shaun Stuart, Alumni Relations Manager – Stellenbosch University

SNAPSCAN Skandeer hierdie kode met jou slim-

foon om via Snapscan ’n geldelike bydrae tot Die Matie se trust te maak. Sien in die advertensie hieronder hoe om dit saam met WeChat se wallet te gebruik.


20

MASHOOFDE 1941

1942

1942 – 1955 1955 – 1967 1967 – 1994 1994 – 1995 1995 – 1996 1996 – 1997

DieMATIE »NUUS

Studenteleiers tevrede met nuwe MAL2

3

»cUrreNt affairS

»StUdeNtelewe

Complaints about bad service at SUSPI gym arise

Keep your eyes out for these new gadgets in 2012

4

»dag eN Nag

Freddy herleef in Queen at the Ballet

7

1998 – 1999

ONAfhANklIkE STudENTEkOER ANT EEN-EN-SEWENSTIGSTE JAARGANG | NO 4

WOENSdAG

8 fEBRuARIE 2012 GR ATIS

»kwytraak

10

Portchie oor sy pers bome

14

DieM ATIE

2000 – 2006

WOENSDAG 27 JULIE 2016 | GR ATIS

VYF-EN-SEWENTIGSTE JAARGANG

1999 – 2000

| NO 4

giVe Me a y! First years participated in the annual Vensters on Thursday 2 February. Here first years of Harmonie and Pieke perform with enthusiasm.

Photo: yOlaNdi MaritZ

Verskeie inbrake vind oor die Desember vakansie in Neelsie Studentesentrum plaas

Pieke HK help om Neelsie-skurk vas te trek adriaan steyn

T

YDENS die afgelope vakansie was daar ’n reeks inbrake in van die kantore in die Neelsie Studentesentrum. Op 25 November is daar by Studentesake se kantore ingebreek en goedere met ’n waarde van nagenoeg R53 000 is gesteel. Dit was meestal elektroniese toerusting soos skootrekenaars en kameras. Op 9 Januarie is daar ontdek dat daar ook in Die Matie Studentekoerant se kantoor ingebreek is waar

hoofsaaklik rekenaarskerms gesteel is met ’n waarde van ongeveer R52 000. Daar is ook by die Debatsvereniging, Maties Dansvereniging, die Wine Society, Aristea en Every Nation se kantore ingebreek. Volgens mnr Viljoen van der Walt, direkteur: Risiko en Beskermingsdienste, is ’n reeks insidente na die vakansie by die universiteit se afdeling Risiko en Beskermingsdienste (R&BD) aangemeld. “Die vermoede het dadelik ontstaan dat al die insidente die werk van een persoon is. Toegang is telkens op dieselfde wyse vanaf die balkonne

verkry van die kantore waar ingebreek is.” Daar was ook ’n inbraak in die aangrensende Visuele Kunste gebou waar rekenaars gesteel is. Verdere ondersoek het volgens Van der Walt die vermoede laat ontstaan dat dit dieselfde persoon was as wat by die Neelsie ingebreek het. Volgens Brandon Como, van Studentesake, het die inbreker toegang tot die gebou verkry deur die 24 uur gebedkamer wat direk na die dak lei. Op 28 Januarie is daar ook by Pieke se HK-kantoor ingebreek. Volgens Phillip van der Merwe, prim van

Pieke, het die inbreker van die Neelsie se dak tot op die vensterbank geklim en toe die venster oopforseer. Terwyl die persoon besig was om in te breek, was Pieke en Aristea se HK in die VV-saal besig om op te ruim na hul jaarlikse eerstejaarsokkie. Hul tesourier, Jacques de Villiers en voorsitter van hul tweedejaarskomitee, Albert Coetzee, het koeldranke na die kantoor geneem. Daar het hulle die inbreker op heterdaad betrap. Hy het hulle gedreig met iets wat soos ’n wapen gelyk het en hulle het hom toegelaat om die kantoor te verlaat. Hulle het dadelik Neelsie-sekuri-

Foto: INTERKULTUR

SKOONSKIP-STEMME Maties se koor

was die groot wenner by vanjaar se

Internasionale Koorspele in Rusland.

Lees meer oor hulle prestasie op

ball game

bladsy 3.

HOOGTEPUNTE

teit in kennis gestel van wat gebeur het. Volgens Van der Walt het R&BD vinnig die verdagte vasgetrek en is hy deur die Pieke studente geïdentifiseer. Hy is aan die SAPD oorhandig en hulle is tans besig met ’n ondersoek om te bepaal of hy by al die insidente betrokke was. Volgens Van der Walt het die verdagte ’n kriminele rekord van huisbraak en word hy tans deur die SAPD aangehou. Volgens Sunette Brink, bestuurder van die Neelsie, is alle US-bates deur die universiteit se versekering gedek en kan daar verwag word dat die skade sover moontlik herstel sal word.

NOU


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die Matie - Gedenkuitgawe / Birthday Edition by Die Matie - Issuu