DieMATIE MAANDAG 22 AUGUSTUS 2016 | GR ATIS
VYF-EN-SEWENTIGSTE JAARGANG | GEDENKUITGAWE
Laat die fakkel brand Universiteit Stellenbosch se studentekoerant vier 75ste bestaansjaar
LEES BINNE WAAR KOM DIE WOORD MATIE VANDAAN?
2
DIE NUWE NEELSIE IS OP PAD
4
...EN VRA BELAGLIKE KOSPRYSE
6
DIE MATIE WORD VERBRAND
8
KAALNAELERS IN DIE BIB
9
DAAI SOEN IN DIE LAAN
11
MANS WIL IN VROUEKOSHUISE SLAAP
11
GELUKWENSE VAN HEINDE EN VER
14
DIE FAKKEL BRAND STEEDS Ná meer as sewe dekades loop Die Matie studentekoerant nog fier en regop. Skets: ELLEN AGNEW
T
oe Die Matie op 1 Augustus 1941 vir die eerste keer verskyn het, was dit op ’n Vrydag teen een pennie per eksemplaar. Vandag kry studente elke tweede Woensdag gratis hulle kampusnuus. Meer as sewe dekades ná die “forum vir studentemenings” se ontstaan, is Die Matie steeds die Stellenbosse studentestem. Die Matie se tour de force het langs die grootste, geskiedkundige gebeure beweeg: van die Nasionale Party se verkiesing in 1948,
Suid-Afrika se Republiekwording in 1961, Hendrik Verwoerd se moord in 1966, ons eerste demokratiese verkiesing in 1994, prinses Diana se dood in 1997 en die aanbreek van ’n nuwe mille nium in 2000. Noem dit, en Die Matie was daar. The paper played a vital role in watershed moments at Stellenbosch University. Like in the early 2000’s, when former editors wrote a letter to the minister of edu cation about orientation on campus. This led to the Human
Rights Commission visiting campus to assess the situation. Or when Die Matie decided to feature students from the Lesbigay student society’s attendance at Soen in die Laan on the front page in 2010, despite heavy backlash. Also the numerous times the paper confronted university management, SRC and residences when they failed in their task or disbehaved, at some points to the point where the paper was censored, stolen and even
burned on Rooiplein. Die Matie has always been fearless. Despite the consequen ces, the paper always sought press freedom, integrity and responsibility. Die pad tot hier was nie sonder struikelblokke nie, maar Die Matie het al telkemale bewys dat haar gees nie geknak kan word nie en keer op keer soos ’n feniks uit die as verrys. Daarom is dit ’n trotse prestasie om 75 goue jare te vier. Hiermee bring ons aan
al ons lesers en oudredaksielede ’n spesiale gedenk uitgawe wat ’n oorsig bied oor die koerant se roemryke geskiedenis, ons hoogteen laagtepunte. Dit wys vir ons een ding, hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde. Studente sal altyd studente wees – krities, kreatief, uitdagend en hoopvol om die wêreld te verander. Mag die fakkel se vlam nooit uitgedoof word nie. – Eugenie Gregan, Redakteur 2016