Issuu on Google+

courant swartland en weskus

tel: 022 487 3221

Uitgawe 239

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

11 September 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

Skou: Gaste by die Swartland Skou op Moorreesburg se Damesoggend is getrakteer deur die gaskunstenaars Heinz Winckler en Lizz Meiring. By die geleentheid was voor van links na regs Chanelle Hanekom, Jeanmari Thompson, Jean-Marie Claassens en Lorette Claassens. Agter staan Mari Viviers, Marietjie Nelson, Annaleen Bezuidenhout en Hildegard Geldenhuys.

•’moenie net praat nie, doen ook’

Landbou skep werk, sê Van Rensburg

Tydens die paneelbespreking Vrydag op Moorreesburg, waar die brandvraag oor die plek en geleenthede vir die boer in Suid-Afrika onder die vergrootglas geplaas is, het groot geeste in die landbou ‘n saal met ongeveer 300 belangstellendes, hoofsaaklik boere, getrek. Dit het deel gevorm van die Swartland Skou op Moorreesburg en die minister van landbou in die Wes-Kaap, die beleggingsekonoom Dawie Klopper, die voorsitter van Graan SA en die redak­teur van die Landbouweekblad, Hugo Lochner, was sprekers. “Die Landbou is ‘n bate vir die land en nié ‘n slaansak nie,” het die Wes-Kaapse minister van Landbou, Gerrit van Rensburg, gesê. “Dié vraag het ‘n negatiewe ondertoon, maar dit is ook ‘n regverdige vraag,” het hy gesê. “Skou ons dalk te min met ons land en met Landbou? Daar bestaan ‘n groot behoefte om meer vaderlandsliefde te bewys – daarom ons uitdaging aan die Suid-Afrikaanse leiers: Tree só op dat jou mense trots op jou kan wees.”

Van Rensburg het verwys na die probleme waarmee die landbouers te doen kry: ”Verhoogde Eskom- en brandstoftariewe, arbeids­ onrus sedert 2012; die 1913-grond-wet wat nou weer baie vrae laat ontstaan en die vrees dat die beleggersgeld kan opdroog in ons land.” Op grond van onlangse navorsing het Van Rensburg daarop gewys dat die landbousektor met relatief min geld meer werksgeleenthede skep as ander bedrywe in SA: “Vir elke rand wat in Landbou belê word, is die uitset R1,79 teen­ oor die vervaardigingsbedryf wat tweede lê met R1,13. Vir elke R1 miljoen wat in die landbousektor belê word, word 11 werksgeleenthede geskep – teenoor die klein- en groothandel wat slegs drie werkgeleenthede kan skep met elke R1 miljoen wat ingestoot word.” Volgens Van Rensburg toon die Landbou­ bedryf­die hoogste resultate in die uitvoerbe­dryf (uitvoer neem toe met 22c vir elke rand wat in landbou-uitvoer belê word terwyl die vervoeren kommunikasiebedryf se groei tweede lê met

15c) en die kwessie dat die regering se inkomste met 54c styg vir elke rand wat in die landboubedryf belê word – met die vervaardigingsbedryf wat tweede lê met 35c. “Dit beteken die Landbou bied die hoogste opbrengs vir die regering vir elke rand wat belê word. Ja, daar is landbou-potensiaal om baie nuwe werkgeleenthede te skep – veral as dié sektor baie meer water beskikbaar kan stel!” “Wen-industrieë moet geïdentifiseer en ontwikkel word. Ons het ‘n baie goeie ontwikkelingsplan, maar dit moet spoedig geïmplementeer word. Moenie net praat nie – doen ook! Verder is landbou dié sektor waarmee die meeste waarde ontgin word en die meeste finansiële opbrengs per R1 miljoen beleggingsgeld gekry word. Van Rensburg het ‘n oproep gedoen dat nugter denke moet seëvier: “U as landbouers is baie nodig vir SA – ons land en sy inwoners moet aanhou eet! Wees altyd positief, aanpasbaar en innoverend!” Sien nog ‘n berig op bl. 14.


2

NUUS•News

11 September 2013

•Misverstand nou 155% vol

Damme loop oor in Swartland

Die Wes-Kaap se damme is hier in die vroeë lente tans byna 4 persentasiepunte voller as op dieselfde tydstip in 2012. In die Swartland is die Voëlvleidam in die Voëlvleirivier naby Gouda tans 101,3% vol, teenoor verlede week se 98,8%. Dit is 8,5 persentasiepunte meer as die 92,8% op die ooreenstemmende tydstip verlede jaar. Die Misverstanddam in die Bergrivier is tans 155% vol, teenoor verlede week se 122,8%. Die Misverstanddam was dieselfde tyd verlede jaar 120,8% vol, dus tans byna 30 persentasiepunte voller as in 2012. Die Bergrivierdam, ook in die Bergriver, hou tans 101,7% water, teenoor verlede week se 100,7% en ‘n jaar gelede se 101,4%, dus tans 0,3 persentasiepunte meer as ‘n jaar gelede. Die Wemmershoekdam in die Wemmersrivier is volgens die jongste meting 99,9% vol, teenoor verlede week se 99,8%. Die dam is tans dus 0,6 persentasiepunte voller as ‘n jaar gelede toe die vlak op 99,3% gestaan het. Al die damme in die Wes-Kaap is tans gemiddeld 93,2% vol, teenoor verlede week se gemiddeld van 91,6% en ‘n jaar gelede se 89,6%, wat daarop neerkom dat die provinsie se damme tans nagenoeg 3,6 persentasiepunte meer water hou as in die ooreenstemmende tyd in 2012, volgens die Departement van Waterwese se webwerf. Daar is altesame 139 mm gemeet in Augus-

tusmaand by Dirk Lesch op die plaas Elim tussen Malmesbury en die Riebeekvallei. Dis meer as dubbeld die 53 jaar-gemiddeld van 66,82 mm vir Augustus. Volgens sy rekords is ander jare waarin Augustusmaand hoë reënvalsyfers aangeteken het 1974 se 224 mm, 1981 se 112 mm en 2003 se 134 mm. Chris Hough het in Augustus 259 mm se reën op Riebeek-Kasteel gemeet, volgens die Riebeek Valley Reporter. Die natste maand daar, volgens rekords, is egter Mei 2010 se 310 mm. Volgens Cobus du Plessis van Kaap Agri is by hul silo’s op Porterville in Augustus ‘n totaal van 122 mm gemeet. Augustus se 5 jaar-gemiddeld op Porterville is 76 mm, teen Malmesbury se 5 jaar-gemiddeld van 58,08 mm. Volgens AJ Louw van die plaas Tweekuil kan warm sonskyn en wind nou baie beteken vir die gesaaides. “Die swamdruk begin nou hier en daar kop uitsteek as gevolg van die feit dat ons nie betyds kan spuit nie. Verder is ons dankbaar dat die Swartland so mooi lyk. Wat die oeste betref sal laat reën in Oktober baie voordelig wees,” luidens sy e-pos. * Die SA Weerburo voorspel sonnige weer vir die Swartland tot Donderdag, bewolkte weer word Vrydag verwag en reën Saterdag en Sondag. Die verwagte minimum temperature is tussen 6 en 8 grade snags en die maksimum temperature tussen 16 en 18 grade bedags.

Piketberg skud vere reg vir Zebrafees Die Zebrafees vind op Saterdag 12 Oktober op Hoërskool Piketberg se sportvelde plaas. Inskrywings vir dié gewilde Boland Superspar Potjiekoskompetisie (vanjaar met Jan Braai en sy span as beoordelaars) is nou oop: e-pos vir

Toni by pro@bolandsuperspar.co.za vir 'n inskrywingsvorm. Inskrywingsvorms vir die koekversier-kompetisie, wat ook al meer gewild raak, is ook reeds by Boland Superspar beskikbaar.


3

NUUS•News

11 September 2013

Riverlands kry kliniek Die nuwe Riverlands-kliniek is verlede week in gebruik geneem en bied nou ‘n welkome ruimer opset aan die inwoners van die omge­wing. Nadat die kliniek eers vanuit die perseel van die kerk in Riverlands bedryf is, moes dit op ‘n stadium verskuif word, waarna dit uit ‘n baie beknopte ruimte moes funksioneer. Volgens raads­ lid Basil Stanley van dié streek, het dit R1,6 miljoen gekos om dié nuwe gerief tot stand te bring. Die moontlikhede vir ‘n nuwe kliniek vir Chatsworth word nou ondersoek, aangesien dié

dorp se inwonertalle geweldig gestyg het gedurende die laaste jaar. Die Swartland Munisipaliteit belê tans in baie Swartlandse klinieke: Vir die volgende boekjaar word twee ekstra konsultasiekamers vir die Abbotsdale-kliniek beplan, terwyl werk aan die kliniek van Moorreesburg ook beplan word. Op die foto regs is ‘n paar besoekers voor die nuwe kliniek in Riverlands: Lea Carolus, Anna van Harte en die vyfjarige Mathea Lorraine Pie­tersen.

Opperste (vleis)skoonheid:

Manlik ja, maar hierdie Santa Gertrudes Bul van die Kochbo-stoet by Moorreesburg het Saterdag die louere ingeoes as die Opperste Kampioen bees by die Swartland Skou. By hom is eienaar Franco Koch en die skoukoningin Sonika Carse.

•Narcanon op Darling

Raad stel besluit uit oor sentrum ‘n Rehabilitasiesentrum wat sedert November 2012 naby die Darling-sakekern bedryf word, kry die wind van voor weens sy ligging. Hoewel die huidige huurders, wat die Narcanon-sentrum bestuur, aanvanklik ingelig is dat die erf se residensiële sone na ‘n institusionele sone verander is, moes hulle later met ‘n skok verneem dat die sone-aanpassing nooit gedoen is soos hulle vroeër wysgemaak is nie. Na ‘n gemeenskapsvergadering in dié verband, kon sake steeds nie na wense opgelos word nie. Dié saak dien nou voor die Swartland Munisipaliteit. Klagtes handel oor die ligging van die sentrum, aangesien dit feitlik teenaan Spar geleë is. Een vrees is dat diegene wat gerehabiliteer word, binne toegee-afstand van apteke en drankwinkels leef, asook dat die inwoners van die onmiddellike omgewing onveilig sal kan voel. Die meeste mense met klagtes gee toe dat ‘n rehabilitasie-sentrum goed kan wees vir die dorp, maar dat dit veel verder weg van die sentrale sakekern geleë moet wees. Verder is die veiligheidsheining, bestaande uit ‘n heining met lemmetjiesdraad bo-om, iets wat nie positief bydra tot die voorkoms van die omgewing nie. Die toerisme-komitee glo ook dit pas nie in by die beeld van ‘n rustige Darling

as dié plattelandse dorp wat hulle bemark nie. Laastens is dié sentrum te duur vir die meeste Darling-verslaafdes, wat beteken dat dit nie tot die voordeel van die omgewing strek nie. Narcanon Darling se New Life Centre is geregistreer by Narcanon Internasionaal en is voorheen op ‘n plaas buite Moorreesburg bedryf. Die rehabilitasie-program strek oor 17 weke, gebaseer op dieselfde beginsels waarop 144 ander Narcanon-sentrums wêreldwyd funksioneer. Narcanon neem slegs 4 – 6 mense per keer in ter wille van persoonlike aandag. Persone wat hier behandel word, moet gemotiveerd wees om van hul verslawing genees te word – dus geen gedwonge verwysings deur howe nie. Hoewel die publiek glo dié sentrum moet liefs op ‘n plaas bedryf word, voer Narcanon aan dat die ‘studente’ wat hulle inneem, juis binne ‘n dorpsopset gerehabiliteer moet word om die beskikbaarheid van middele te leer trotseer, en dat rehabilitasiesentrums in die groter stede ook in woonbuurte geleë is, soos die Kenilworth Sentrum, Crescent Clinic, Harmony House in Houtbaai en die een in Observatory. Tydens die laaste raadsvergadering op 4 September, is ‘n mosie aanvaar om die besluit oor dié tameletjie uit te stel vir verdere ondersoek.

kliniek


menings•opinion

courant

11 September 2013

die

4

Die landbou, beeld en ..... grond

Die landbou sit brood, melk, vleis en wyn (als uit ons streek) op ons tafels. Daar is nog nie ‘n pil wat ons kan sluk om hierdie lewensnoodsaaklikhede (wyn ja, vir samesyn) te vervang nie. Soos water en suurstof, het ons kos ook nodig. Miskien is dít onderliggend die hoofrede waarom dié sektor voortdurend onder skoot is. Maar daar is gewis ook ‘n paar ander redes. Oningeligtheid is die moeder van kritiek. Kennis daarenteen, die moeder van verstaan. Dalk is dit inderdaad tyd dat die landbou méér en hárder as ooit persepsies aanspreek. Om produksie te staak is sekerlik verregaande, absurd en teen baie se beginsels, maar dit is amper hoe belangrik dit is om die noodsaaklikheid van die bedryf by die regte mense tuis te bring. Bemarking (en die voordeel daarvan is dat jy kan sê net wat jy wil) is broodnodig vir enige besigheid of sektor. En nie minder so nie vir die landbou. Verbruikers is nie werklik dom nie en dit is net wanneer daar emosie ter sprake kom dat hulle hul eie lewensnoodsaaklikhede sal verraai. Tog is dit belangrik om in te lig sodat kennis eerder as emosie kan seëvier. Een ander baie emosionele kwessie is dié van eienaarskap. Die vraag is of hervorming gesteun moet word uit oortuiging of vanuit die standpunt van realistiese bestuur van dié groot vraagstuk. Voorbeelde van hervormingsmetodes wat nie werk nie, is legio. Daar ís egter modelle wat wel werk en verdere ondersoek werd is. Vennootskappe op die regte gronde en met die regte wedersydse intensies en met die regte toegewydheid werk in talle sektore. Om die kombinasie van kennis, eienaarskap, arbeid en oortuiging saam te gooi in perfekte verhouding, behoort vrugte af te werp en op die lange duur voordeel in te hou vir elkeen. Nie net die betrokkenes nie, maar ook die verbruiker kan baat by ware voedselsekuriteit.

Dis Goeie Nuus

dr. Andrew Bosman

My tye is in U hand Dawid skryf in Psalm 31 dat hy by die Here skuil. Vir hom is die Here soos ‘n rotsvesting om in weg te kruip as hy stryd beleef. Die Here is vir hom ‘n werklikheid. Hy praat met die Here in hierdie Psalm. Hy vra dat die Here na hom sal luister, hom gou sal red uit sy benoudheid. Hy vra dat die Here hom genadig moet wees, want hy is baie benoud. Hy voel soos ‘n voël waar ‘n net voor gespan word om hulle mee te vang, en dat die Here hom uit die net moet uitlei. Dawid, bykans ‘n duisend jaar voor Christus, spreek een van die kruiswoorde in hierdie Psalm as hy sê: “In U hande gee ek my gees oor”. Hy vertrou God met sy lewe en met sy sterwe. Hy erken dat sy tye in die hand van die Here is. Die Here hanteer sy ingang en sy uitgang, sy hele lewensloop. Hy wil aan dié Here die eer toebring wat hom uit die benoudheid red. Hy wat getrou is vir almal wat op Hom wag, maar hulle hart moet sterk wees soos hulle op die Here wag.

Kalftyd: Die Swartlandse weidings staan geil ná rekord-reënvalsyfers in Augustus. Naby Malmesbury is in die maand 139 mm gemeet, vergeleke met die Augustus-gemiddeld van nagenoeg 66 mm. Hierdie pasgebore kalf, ‘n nguni, drink aan sy ma tussen die aronskelke naby Darling op die plaas Waylands.

Voorkamerfest: Darling het dié naweek vir die 10de jaar sy unieke Voorkamerfees gevier, waar besoekers en kunstenaars saam in die voorkamers van gewone inwoners na-aan mekaar kom. Dié gewilde fees sprei nou ook sy vlerke, sodat meer inwoners kan deel in die vreugde en verskeidenheid wat dié fees bied.


nuus • news

5

11 September 2013

Polisie: Die Malmesbury Polisiekantoor het hul ondersteuning vir dié Kansa-projek gewys en die plaaslike polisiekantoor in pienk lap getooi.

•Riebeek-Kasteelgemeente

Kerk vier 150ste bestaansjaar Die NG Kerk Riebeek-Kasteel vier van Vrydag 25 tot Sondag 27 Oktober haar 150ste bestaansjaar. Die gemeente is 150 jaar oud en die kerkgebou vanjaar reeds 100 jaar oud. Luidens ‘n e-pos van die kerk, sluit die naweek se feesvieringe onder andere in: • ‘n Heerlike feeskonsert in die kerksaal op die Vrydagaand met die tema: “Die Treffers van my Tyd”. • Saterdag word ‘n straatmark in Hoofstraat voor die kerkgebou gehou met ‘n kuiertent, stalletjies en ‘n piazza-area. • Hope kindervermaak wat insluit “Bubble Balls” (die plastiekballe waarmee op die water gehardloop word), gesigverf, ballonvou, springkastele, inkleurkompetisie en ‘n “Magic Show”. • Stef Kruger is die gaskunstenaar wat musiek maak in die kuiertent, en om 11:00 word stoepstories in die tent vertel. • Op die terasse onder die kerkgebou is ‘n demonstrasie en uitstalling van veteraantrekkers en –implemente. • Kom kyk hoe koring in vergange se dae gedors en gemaal is. Kom proe hoe smaak brood gebak in ‘n buite-oond.

• Saterdagaand tree Nianell op in die kerkgebou. • Sondag word Nagmaal gehou, en daarna sluit die naweek se feesvieringe af met ‘n heerlike spitbraai-middagete. Almal is welkom. Vir meer inligting, om ‘n stalletjie te bespreek of ‘n bydrae van een of ander aard te maak, kontak een van die volgende: André du Plessis by 082 579 1886 of anples@ mweb.co.za of Eljo Lombard by 082 787 5758 of eljo@lombardtrust.co.za vir nog inligting.


nuus•news

6 Sakekamer vra diensverskaffer-nominasies Nominasies vir die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar sluit op Maandag 30 September. Daar is vanjaar weer ‘n gelukkige trekking van R500. Al wat nodig is om in aanmerking te kom vir die trekking, is om ‘n besigheid te nomineer wat vanjaar ‘n uitstekende diens gelewer het.

Dit kan enige besigheid op die dorp wees wat nomineer word. Die kompetisie is oop vir almal in Malmesbury. Gaan na die volgende internet-skakel en nomineer nou volgens jou die diensverskaffer van die jaar by http://www.sakekamer.co.za/ diens-nominasies/entry/add

11 September 2013

Wenners van resepteboek en oggendtee

Die wenner van die resepteboek ‘Kuierkos Kookboek’ wat deur Weskus Netbalbestuur 2013 saamgestel is, is Johanna Robbertse van Darling en Pearly Mouchtouris van Malmesbury. Baie Geluk! Kom haal gerus u resepteboek by die kantoor van die courant by Hugenotestraat 24 of skakel ons om reëlings vir die oorhandiging te

tref. Hierdie boek is ook beskikbaar by alle lede van Weskus Netbal of Amalia van Niekerk, wat die verspreiding van ‘Kuierkos Kookboek’ behartig. * Die wenner van die oggendtee-kompetisie van die AGS-gemeente is CJ Hanekom van Riebeek-Wes en Celeste Herman van Malmesbury.

Nuwe hart - My hele lewe het verander “Dit was die eerste operasie in my lewe. Ek, wat so bang is vir naalde dat ek selfs op ‘n winterdag natgesweet raak voor ek tandarts toe gaan, moes ‘n hartoorplanting kry.” Aan die woord is Gerhard van Dyk van Malmesbury, wat 14 jaar ná sy hartoorplanting terugkyk: “In 1994 het ek die Cape Argus gaan ry met ‘n vreeslike griep en dit het my hart aangetas. Hoewel die meeste mense glo my hartprobleme het gekom weens ‘n duikongeluk, was die duikongeluk eintlik as gevolg van my verswakte hart. “Op 45 was ek, wat eers baie fiks was, te swak om self my tent op te slaan. Net ‘n nuwe hart sou my kon red. Twee weke voor die oorplanting het ek begin black-outs kry; het die dokters voorspel dat ek nie Kersfees sou sien as ek nie ‘n ander hart kry nie.” Net ‘n dag voor sy 46ste verjaardag, op 16 Julie 1999, het die gesin gehoor dat Gerhard ‘n nuwe hart kon kry. Nadat hy ‘n vorige keer die hart laat verbygaan het (ek was te bang!), het hy hierdie kans met beide hande aangegryp: “Ek het eers later besef hoeveel faktore teen my kon draai: Die feit dat hulle my hart uithaal en dat die nuwe hart, wat van ‘n ander provinsie ingevlieg moes word, dalk weens gure weer te laat kon aanland .... “My eerste gewaarwording toe ek ná die operasie wakker word, was dat ek kon asemhaal! “Ek wat nie kan stilsit nie, moes daarna stil lê met monitors aan elke vingerpunt. Ek was te swak om te loop toe ek uit die hospitaal kom my 10-jarige dogter en my vrou moes my aan weerskante stut voordat ek ‘n paar treë kon loop. Ek het nege kilogram verloor in daardie tyd.” Suiwer volharding het gemaak dat Gerhard so gou as moontlik begin stap het: eers tien treë, daarna ‘n halwe blok, daarna rondom die blok ...

Sy lewe het heeltemal verander: “Ek moes ophou werk, het al my kliënte verloor en ons moes met ‘n ongeskiktheidstoelaag regkom. Hoewel ek voorsiening gemaak het deur polisse, kon dit nie ten volle vergoed vir ‘n lewe van werk en ‘n gewone inkomste inbring nie. “Daarna het ek by bewusmakingsveldtogte betrokke geraak - ek het die wonderlikste ondervindinge beleef terwyl ek gehelp het om mense bewus te maak van die belangrikheid van orgaanskenkings. Ek is jammer dit het intussen doodgeloop.” Eers was daar drie plaaslike bloeddienstetoere: Die eerste in SA – van Knysna na Kaapstad; van Mosselbaai na Kaapstad en toe drie bloedskenkbewusmakingsfietstoere: Van Pretoria na Bloemfontein in 2003, Johannesburg na Bloemfontein in 2004 en Kaapstad na Bloemfontein in 2005. Intussen het Gerhard in Amerika betrokke geraak by die verskillende maniere waarop ‘n mens kan skenk en dit help bekendstel: Bloedplaatjies, beenmurg, organe en bloed. Hieruit het die ongelooflikste fietsritte in Amerika gevolg: Tennessee na Cape Canaveral (1 700 km oor 10 dae); die 4 000 km oor 43 dae van Kanada na Toronto in 2006 ... By van hierdie geleenthede het Gerhard ook as motiveringspreker opgetree. “Ek het gehou van die manier waarop die Amerikaners hul skenkerfamilies laat uitkom by die ontvanger en/of –families – daar word dié reünies soms ook gekombineer met oorplan­ tingsbyeenkomste en dit het my aangegryp,” sê Gerhard nou. Hy is ook na Italië genooi vir die fietsrit oor die Alpe - 380 km oor drie dae. “Hierdie projekte het my besig gehou, my laat vorentoe gaan. Intussen het Gerhard by die tweejaarlikse

Oorplantingspele betrokke geraak en daar reeds gekompeteer in krieketbal gooi, gholf en driekamp waarvoor hy al met vyf medalje huis toe gekom het. In 2005 het hy twee medaljes in Kanada gewen en is hy as wêreldkampioen gekroon. Oorplantingspeles in Japan, Frankryk, Thailand, Australië, Swede ... maar die mees onlangse Spele in Durban moes hy misloop weens ‘n reeks ongelukke in die kwalifiseringstyd! Nou berei hy hom egter voor vir die 2015-spele in Argentinië. “Driekamp is baie fisies, dalk sal ek eerder net gholf speel by die volgende Spele. “Ek was my hele lewe lank ‘n sportiewe mens – die suksesvolle aanvaarding van ‘n skenkerorgaan deur die liggaam word juis bevorder deur gereelde oefening.” Een maal per jaar gaan alle Suid-Afrikaanse oorplanting-ontvangers na ‘n dankdiens in die Groote Kerk in Kaapstad. “Ek wonder dikwels wát doen mense wat nie goeie mediese fondse het nie, wanneer hulle moet gaan vir oorplantings? En ek wonder die laaste tyd of ek nie weer só ‘n toer moet doen nie? Dan gebruik ek ‘n week, kry borge en doen weer bewusmaking vir orgaanskenkings, of ten bate van iemand spesifiek.” Sewe jaar ná sy oorplanting het sy vorige werkgewer hom weer genader met projekte en Gerhard het dit met ope arms verwelkom. “Ek moet besig bly! Hoeveel mense kry ‘n tweede kans in die lewe? Ek het ‘n tweede kans in my lewe gekry; daarom leef ek ten volle!” • Gerhard en sy positiewe hantering van die oorplanting en sy aktiewe leefwyse daarna, het hom reeds in glansblaaie soos Men’s Health, Discovery Magazine, Life en talle koerantberigte laat beland en hy het al bladgeskud met bekendes soos Deidré Barnard. Gerhard en sy vrou Liz en twee dogters woon steeds op Malmesbury.

Gerhard van Dyk van Malmesbury het gehore en die publiek aangegryp met sy positiewe hantering van sy hartoorplanting 14 jaar gelede. Intussen sit hy sy aktiewe lewenstyl voort met fietstoere, gereelde deelname aan die Oorplantingspele en lesings oor orgaanskenking.

Going Green-uitstalling op Darling gehou

BO: Hersirkuleer is die tema by vanjaar se ‘Darling Going Green”. Die jaarlikse kunsuitstalling in The Marmalade Cat op Darling is pas deur die burgemeester van die Weskusdistriksmunisipaliteit, Harold Cleophas, geopen. ‘Darling Going Green’ is die tema van dié jaarlikse instelling in Darling. Cleophas het dié inisiatief geloods en gesê dat kunsvaardighede en talent van kunstenaars in die Mamre-, Darling- en Yzerfontein-areas op dié manier ten toon gestel word. Ook bied die uitstalling kans vir nuwe kustenaars om van hulle werk uit te stal. Plaaslike kunstenaars soos Nina vd Westhuizen, Elmie Smit, Lauren Broekhauzen, Stefan Hurter, Braam Botha, Sandy Esau, Danene Esler, Adri v Aswegen Janse van Rensburg en Malcolm Jones sowel as jong opkomende kunstenaars soos Loise Loots, Ineke Palthe, Neeske Alexander, Anette Austin en Ben Hammann neem deel. Die uitstalling duur tot 30 Oktober in die ‘The Barn-’ afdeling van Marmalade Cat. Toegang is gratis. Hierdie jaar is die tema ‘Darling Going Green’ met die klem op die waarde van hersirkulering van items en aardse materiaal wat in van die kunswerke uitgebeeld word.

Wiskunde:

Tienie Bester, ‘n graad 9-leerder van Hoërskool Swartland, is deur die Departement van Wiskundige Wetenskappe van die Universiteit Stellenbosch genooi om aan die Interprovinsiale Wiskunde Olimpiade deel te neem.

Besoek: Leerders van Weltevreden Primêr naby Riebeek-Wes het ‘n vreugdevolle besoek gebring aan plaaslike polisiekantoor as deel van hul leerplan.


7

nuus • news

11 September 2013

Littelos: Die Malmesbury Polisiekantoor het ook aan vanjaar se Loslitdag deelgeneem.

Loslitdag: St Thomas Primêr op Malmesbury het ook saamgestaan om ‘n sukses van die 18de Loslitdag te maak, wat jaarliks geld invorder vir organisasies wat met gestremdes werk. Op die foto word leerkrag Ralph Cuttings omring deur ‘n klompie entoesiastiese leerders.

Potjiekos-kompetisie: Die Porterville Lions het hul jaarlikse potjiekoskompetisie saam met die Porterville 150-fees by die skougronde aangebied. Met ‘n totaal van 20 potte bymekaar, was die verskeidenheid groot en die kompetisie straf. Die wenners was die span Lokval en het ‘n opgesaagde slagskaap losgeslaan. Die skaap is geskenk deur Mossie van der Merwe. Op die foto is van links: Die wenner Ockert Blignault, klein Christiaan Myburgh, Willem (Wimpie) Odendaal en Ernst Myburgh (Lions President).

Ouma: Die CPM Malmesbury het Vrydag hul jaarlikse ouma-en-oupa-dag gehou. Kimber Nicholas het blomme aan haar ma, Chantel, en ouma Louise Chambeau oorhandig.

CPM:

Anche, Bertus en Tiaan Louw het ook blomme vir hul ouma Cheryl Louw gepluk.


nuus•news

8

11 September 2013

Elke dag is anders - Jolene van Wyn- en Olyfroete In Desember is sy reeds 10 jaar die bestuurder by die Swartland Wynroete, sy was instrumenteel tot die naamsverandering van die wynroete na die Swartland Olyf- en Wynroete, die skepper van die Swartland Markdag wat jaarliks in Oktober die Swartland-leefstyl in Kirstenbosch aanloklik ‘verkoop’, dinamiese organiseerder van die SA Jongwynskou by Org de Rac buite Piketberg in Augustus vanjaar en sy het die Plaaswerker van Jaar-kompetisie in die Swartland gevestig – hierdie is net ‘n paar suksesse van die dinamiese Jolene Janse van Rensburg. Grootgeraak teen die Weskus as haar pa se tomboy, met geen voorliefde vir rokkies nie, onthou sy nou die naweekdae waarna sy as Vredenburg-dogter altyd uitgesien het: Om saam met haar pa plaas toe te gaan, waar sy na hartelus kon skyfskiet (‘dit was my sport!’), Jolene Janse van Rensburg

gewapen met kaasbroodjies en ‘n warmfles vol rooibostee. Nou, met twee klein kindertjies om die knie, bly haar dae besig, kry sy selde kans om haarself te bederf met ‘n lekkerlees-boek of ‘ek-tyd’. Jolene het oorspronklik die Weskus-streekkantoor op Moorreesburg gevestig, waar sy baie geleer het by mense soos haar oud-skoolhoof Willa Verster en Freda Davidson. “Die vestiging van dié kantoor was ‘n lekker uitdaging en ek kon baie inisiatief neem. “Daar het ek geleer om die tikmasjien te vervang met ‘n rekenaar, om onafhanklik én onder ‘n komitee te werk en hoe belangrik goeie administrasie is.” Jolene se werk by die Wyn- en Olyfroete behels die skakeling met toerisme, wyn- en olyfprodusente, asook die groei van dié bedrywe (‘daar moet nog baie groei kom’) die uitbou van die Plaaswerker van die jaar-kompetisie

en die ‘verkoop’ van die Swartlandstreek: “Die uitdaging is om ‘n unieke Swartlandstorie te skep om die wynmedia en die publiek aan te gryp. Die konsep waarmee dit aangebied word – dit is die uitdaging!” Jolene glo dis belangrik om die regte mense na die Swartland te trek: “Om altyd een treetjie voor te wees in dié bedryf, om altyd die besoekers uit Johannesburg en/of Kaapstad na óns streek te trek met die regte tipe ‘event’, is elke keer my volgende vraag. Daarom is die Kirstenbosch-dag, wat vanjaar op 5 Oktober plaasvind, deel van die wenresep!” Jolene is steeds lief vir die Weskus, maar die mooi, skoon en karaktervolle dorpe van die Swartland roer haar hart. “Ek is bly ek kan my kinders hiér grootmaak, waar alles nog relatief rustig is én steeds naby die groot sentra is. Haar gunsteling sêding? “Van uitstel kom afstel. Dit wat ek nou kan doen, moet dadelik gebeur!”

CPM: Ywerige fotograwe van CPM op Malmesbury sal voortaan hul talente en foto’s kan deel met die nuutgestigte fotografieklub van dié skool.

Sinethemba: Lede van die publiek dra steeds by tot die courant se komberse @ die koue-projek, waartydens die courant komberse kon uitdeel aan al die ACVV-kantore in die streek. Verlede week is die heel laaste geskenkte komberse oorhandig aan die tuisverplegingsdiens Sinthemba, met sy hoofkantoor in Malmesbury. Op die foto is twee van die tuisversorgers (links) Mavis Nyamakasie, Talita Edas (kantoorhoof) en (regs) Prudence Greya. Met die lente wat in die lug is, staak die courant vir eers dié projek.


michelangelo wyntoekennings 11 September 2013

Kelders toon staal, vernuf op internasionale platform

BO: Riaan van der Spuy van Pulpit Rock.

Andries Blake van Swartland Wynkelder

Wim Smit en Jack de Clerc van Hofstraat Kelder se wen-wyn.

Uit 1 415 inskrywings regoor die wêreld, is 490 medaljes toegeken tydens die 17de internasionale Michelangelo-toekennings wat Vrydag in Somerwet-Wes gehou is. Verskeie Swartlandse kelders het hier hul staal en vernuf getoon deur op ‘n internasionale platform met ander kelders te kompeteer en te presteer. Die beoordelings is deur 16 internasionale wyn- en brandewynspesialiste in Somerset-Wes gedoen. Benewens Suid-Afrika, was die deelnemende lande Chili, Italië, Nieu-Seeland, Frankryk, Argentinië en Kanada. Volgens die tegniese direkteur vir die toekennings, Sue van Wyk, was verskeie beoordelaars beïndruk met die verbeterde kwaliteit van die Chenin Blancs en Pinotage. “Hierdie hoër standaarde bied die geleentheid om nasionale en internasionale markte uit te bou. Suid-Afrika se Shiraz is altyd indrukwekkend en vanjaar was geen uitsondering nie. Verder wasdie Chardonnay en Pinot Noir van hoogstaande gehalte,” het Van Wyk gesê. Michelangelo se 17de toekenningslys spog met drie platinummedaljes, 58 Gran d’ormedaljes, 197 goud en 235 silwer. Michelangelo deel nie bronsmedaljes uit nie en slegs die topderde van die deelnemers ontvang toekennings. ‘n Rekordgetal van 173 inskrywings is vir Sauvignon Blanc ontvang, waarvan sewe Gran d’or gewen het, asook 20 goue and 33 silwermedaljes. Die Pinotage-kategorie het 107 inskrywings gelok en ‘n indrukwekkende tien Gran d’or-medaljes gewen. Shiraz se 161 inskrywings was ‘n verdere rekordgetal inskrywings en het agt Gran d’ortoekennings gewen, asook 21 goue en 31 silwer medaljes. Die presteerders in ons streek lyk soos volg: Gran d’or-toekennings het gegaan aan Pulpit Rock vir sy Pulpit Rock Pinotage Reserve 2012 en Ormonde Vineyards vir sy Ondine Cabernet Franc 2009. Babylon’s Peak se Babylon’s Peak Viognier/ Roussanne 2013 én Babylon’s Peak Chenin Blanc 2013 het beide goud gewen. Ander goudwenners was Darling Cellars se Darling Cellars Sir Charles Henry Darling 2010; Ormonde se Ormonde Cabernet Sauvignon 2008; Hofstraat Kelder se Renosterbos Barbera 2012 en Swartland Wynkelder se Swartland Blanc de Noir 2013 én Swartland Merlot 2012. Silwertoekennings het gegaan aan Annexkloof se Annex Kloof Malbec 2011; Het Vlock Kasteel se Het Vlock Kasteel Cabernet Sauvignon 2011; Org de Rac Organic Wine Estate Org de Rac Merlot Reserve 2011 én Org de Rac Shiraz Reserve 2011; Ormonde Vineyards se Ormonde Sauvignon Blanc 2012; Pulpit Rock se Pulpit Rock Shiraz Reserve 2012 en Swartland Wynkelder se Swartland Bush Vine Cabernet Sauvignon 2010.

Stephan en Inalize Basson van Babylon’s Peak

9


nuus•news

10

11 September 2013

Porterville se 1ste 150 jaar ná Brit Owen van Pomona Porterville, wat vanjaar sy 150ste bestaansjaar vier, het in 1863 tot stand gekom toe Frederick John Owen ‘n stuk grond van sy plaas Pomona vir dorpsontwikkeling geskenk het. Hy het dit ge­noem na die prokureur-generaal van die destydse Kaapkolonie, William Porter. Owen was een van die oorspronklike Britse setlaars wat hulle in 1820 hier kom vestig het. Hy het die plaas Willemsvallei in 1860 van JJ Burger gekoop en toe die naam verander na Pomona. Destyds het die San-mense hier gejag en met skape geboer en van hul kunswerke kan steeds teen rotse in die Groot Winterhoek- en Olifantsrivierberge besigtig word. Die eerste graanverbouing het reeds in 1730 begin en teen 1813 is die eerste transportakte aan boere uitgereik. Tussen 1700 en 1800 het wit boere hulle toenemend in die gebied gevestig, waarna heelwat botsings met die Khoisan-mense plaasgevind het. Die gevolg was dat al die Khoisan-mense wat in die gebied oorgebly het, diegene is wat as plaasarbeiders vir die boere gewerk het. Porterville het in 1881 munisipale status verwerf. Die eerste munisipaliteit het in 1903 tot stand gekom en die eerste staatskool het sy deure in 1870 met nagenoeg 80 leerders geopen. Die Kerkbode het in 1879 die vestiging van die NG Kerk Porterville aangekondig. In 1914 het PS du Plessis die eerste Merino-

stoet in die gebied gevestig. Dorpsontwikkeling het hierna ‘n hupstoot gekry met die aanlê van drinkwaterpype in 1916 en die eerste elektrisiteit wat vanaf 1933 met ‘n dieselenjin opgewek is. ‘n Jaar later is die hoofstraat, Voortrekkerstraat, geteer. Teen 1939 is ‘n polisiekantoor tot stand gebring. In 1957 het die huidige Hoërskool Porterville sy beslag gekry met 300 leerders en 13 onderwysers. Vandag het die skool nagenoeg 510 leerders en 25 opvoeders van graad 1 tot graad 12. Die dorp as geheel het tans nagenoeg 9 000 inwoners en is bekend vir sy skaars plante, onder meer die Disa. Die Jan Danckaert-vereniging is in 1973 gestig en die museum wat die naam vandag steeds dra, is in 1979 tot stand gebring. Hy was leier van die eerste ekspedisie Europeërs wat in 1660 die gebied verken het. Die museumgebou is aanvanklik in 1879 opgerig en as hof en tronk aangewend. Luidens ‘n oorsig oor die geskiedenis van Porterville, wat deur Elzanne Farao, bestuurder en kurator van die Jan Danckaert-museum aan die courant voorsien is, is: “Die hoofrede vir die ontstaan van Porterville omdat die reis na die Kaap 12 dae geduur het. Die boere het hulle ook al hoe meer in die area kom vestig as gevolg van die vrugbare grond. Die boere het geboer met koring, vrugte, rys en tabak.

Die destydse prokureur-generaal van die destydse Kaapkolonie, William Porter, na wie Porterville vernoem is. Die NG Kerk-gebou op Porterville is in 1925 in gebruik geneem nadat die gemeente reeds omstreeks 1877 gestig is. “Porterville is vandag ‘n bloeiende plattelandse dorp met ‘n ryk geskiedenis. Die ekonomie van die dorp is baie afhanklik van sy inwo­ ners asook die toeriste wat gelok word deur al die buitelug-aktiwiteite wat in en om die dorp

beskikbaar is.” Bronne: Jan Danckaert-museum op Porterville, Facebook.com/ Porterville 150, www.wine. co.za, http://www.hsporterville.wcape.school. za, www.portervilletourism.co.za.

•Rooivleisprodusente se John Dürr gee ’n

Blik op rooivleis se waardeketting Die waardeketting van die rooivleisbedryf kan basies in twee afdelings verdeel word, naamlik voor die abattoir en na die abattoir - voor die haak en na die haak. Prysvorming aan die produsent vind normaalweg voor die haak plaas, met inagneming wat die vraag en aanbod na die haak (abattoir) is. Dit is belangrik om te weet dat produsente in Suid-Afrika prysnemers is en dus nie altyd in beheer is van die uiteindelike prys wat hy of sy vir die produk kan kry nie. Tesame daarmee is daar vandag in Suid-Afrika meer as 88 stelle wetgewing waaraan landbouvoedselprodusente gedurig onderwerp word. Dit is ook belangrik om die plek en rol van verskillende rolspelers in die waardeketting te verstaan voordat daar net links en regs beskuldigings geslinger word oor wie dan nou eintlik die meeste geld (onregverdig) maak ten koste van die produsent en die verbruiker. Insetkoste verskaffers lewer noodsaaklike dienste aan die produsent, saam met vervoerkontrakteurs en lewendehawe-agente en –afslaers en daardie koste is normaalweg deel van die produsent se insetkoste en het nie noodwendig ‘n direkte invloed op die bepaling van die produsenteprys nie. Gegewe die bogenoemde maak dit nie dat hulle los staan van die feit dat by die promosie en bevordering van verbruik van die eindproduk, naamlik rooivleis, elkeen van hulle ‘n verantwoordelikheid het om positief daaraan deel te neem nie en is dit van uiterste belang dat hulle ten volle op hoogte moet wees van hoe die eindproduk daar moet uitsien.

Kennis van die klassifikasiestelsel, asook die voedselveiligheidsaspekte en watter rol dit by die produsent en die verbruiker speel, is hier van kardinale belang. Elkeen van die rolspelers is dus met eie reg nie net winsnemers wat dienste aan produsente lewer nie, maar ook verbruikers van die produk en moet krities deelneem aan die proses van innoverende aanbieding. Daar is verskillende stelsels van bemarking van lewendehawe-produkte, elkeen met sy eie unieke voor- en nadele en wat dan ook sal verskil van streek tot streek. Feitlik 70% van alle beeste in Suid-Afrika word deur die voerkraalstelsel geslag, terwyl 70% van die beeste in die land deur die primêre produsent geproduseer word. By skaapvleisproduksie is dit heelwat anders en word feitlik 80% daarvan vanaf natuurlike weidings geproduseer en geslag. Produsente kan dus lewendige slagdiere direk aan verbruikers/slagters/abattoirs verkoop, dit op veilings aanbied, deur agente by abattoirs laat slag of die wat hul eie goedgekeurde slagfasiliteite het en aan die wetgewing voldoen, kan hul diere self slag en dit dan deur ‘n agent of regstreeks aan die verbruiker te koop aanbied. Die prys waarteen die abattoir die produsent vergoed vir sy dier, kan op basies twee maniere geskied, naamlik die dier word voor slagting aan die abattoir verkoop teen ‘n ooreengekome prys per kg en die abattoir neem eienaarskap en slag die dier dan vir sy eie rekening. Die dier kan ook teen ‘n ooreengekome karkasprys per kg na slagting, aan die abattoir verkoop word. In beide gevalle sal die abattoir die prys baseer op wat hy vir die karkas by die vleishandel/

publiek kan kry, asook wat hy vir die sogenaamde vyfde kwart, dit is die vel en afval, kan kry nadat die nodige abattoirkoste verhaal is. In alle gevalle hierbo genoem moet 14% BTW nog by die prys gevoeg word, alhoewel produsentepryse gewoonlik sonder BTW gerapporteer word. Produsentepryse van skaap/lam beweeg volgens AMT tans op vlakke van tussen 11 tot 15% laer as verlede jaar en beeste tussen 5 tot 10% laer. Dit terwyl insetkoste soos arbeid, krag, vervoer, veevoere, veemedisyne ens, van produsente met meer as 18% gestyg het. Die huidige goeie wol- en velpryse by skape

steeds ‘n groot vraag by produsente van landbouprodukte hoekom die verbruikerspryse nie dieselfde mate van beweging as die produsentepryse kan toon nie? Dis nou as in ag geneem word dat vleishandelaars ook insetkostestygings het, soos produsente, hierbo genoem, en met inagneming dat daar ‘n speling van tot drie weke tussen aankope en verkope van die karkasse plaasvind. Dit moet nooit uit die oog verloor word nie dat produsente wat met oop oë deur winkels beweeg, groot bewondering het en dankbaar is vir al die moeite en ondernemingsgees van sommige winkels, veral as dit kom by die aanbieding

“Produsente en verbruikers moet winkels wat hoë standaard dienste lewer nomineer vir die jaarlikse Cleaver Award-toekennings van uitnemendheid.” en huidepryse by beeste , asook die goeie winterpryse van afvalle wat hoofsaaklik deur die informele sektor opgeneem word, speel ‘n baie groot rol as subsidiëringsmiddel om die produsent en die vleishandel se pryse te bepaal. Gedurende die warm somermaande daal die pryse van sekere afvalitems drasties en abattoirs wat nie die nodige kapasiteit het om die produkte op te berg nie se prysbedinging word dan onder groot druk geplaas. Gegewe die bogenoemde inligting bly dit

van sekere snitte rooivleis, weg van die tradisionele snitte van die standaard bloktoets, asook die wyse waarop die rooivleisprodukte teen dikwels groter koste, vir die gerief van die moderne verbruiker aangebied word. Produsente en verbruikers moet oplet wie die winkels is wat hoë standaard dienste lewer en sorg dat daardie winkels genomineer word vir die jaarlikse Cleaver Award-toekennings van uitnemendheid. Gaan na www.redmeatsa.co.za. – John Durr, voorsitter van die RPO Wes-Kaap.


swartland skou

11

11 September 2013

Swartland Skou 2013-vertoonvenster deur die lens

Besoek: Die Wes-Kaap se minister van landbou, Gerrit van Rensburg (middel) was Vrydag een van die besoekers by Moorreesburg se jaarlikse Swartland Skou. Saam met hom is gasheer en skoupresident, D.W. Giliomee (links) en ‘n boer van die omgewing, Koot Claassen.

Beoordeling:

Kampioeneiers: Dié stel van 3 eiers is deur uitstaller Albert Lingenfelder ingeskryf en aangewys as kampioen-stel van 3 groot eiers in die pluimvee-afdeling by die Swartland Skou.

Skaap- en beeskampioenskappe maak ‘n belangrike deel uit van die sukses van die Swartland Skou. Hier is beoordelaars druk besig om die beste van bestes uit te kies.

Vertoning:

Skole van Moorreesburg neem elke jaar ook deel met gewilde massavertonings.

Ure: Ure se voor-

bereiding kom tot ‘n hoogtepunt as die kinders die arena betree.

courant-lees: Besoekers aan die Swartland skou het die geleentheid gebruik om ook op hoogte te kom van die streek se jongste nuus in die streek se nommer 1-koerant.


swartland skou

12

Groot wenner:

Agrico is as die wenuitstaller aangewys in die masjinerie-afdeling vir uitstallings met ‘n waarde bo R10 miljoen. Met die trofee is Jannie Visser en Tossie Weber. By hulle staan skoupresident, DW Giliomee.

11 September 2013

Nywerheid: Kynoch het die louere ingeoes as die beste uitstalling in die afdeling vir landbou-nywerheid. Deon van der Westhuizen (links) het die trofee ontvang van Danie Koch, organiseerder van die masjinerie-uitstallings.

MKB het derde gekom vir hulle masjinerie-uitstalling bo R10 miljoen. Hier is Ruan Lombard, Dewald Bronkhorst en Cassie Carstens.

BI-Worx: In die afdeling vir landbounywerhede het BIWorx se stalletjie die tweede plek gekry. Hier is SimonĂŠ en Ian Booysen saam met Danie Koch, organiseerder.

Top-verkopers:

Mias Nieuwoudt (links) van Kubota is aangewys as die beste verkoopsman in die afdeling vir masjinerie onder R10 miljoen terwyl Warnerr Staples (regs) van Vencedor Trailers die beste verkoopsman in die landbounywerhede was. By hulle is Danie Koch.

Kynoch:

Kynoch se wenstalletjie in die afdeling vir Landbounywerheid.

Eqstra: Die eerste plek in die afdeling vir masjinerie onder R10 miljoen is gewen deur Eqstra - Same. Hier is Albert Lombaard (links) saam met Danie Koch.


swartland skou

13

11 September 2013

Motor-wenner:

Rola Volkswagen Malmesbury se mense het rede gehad om te glimlag toe hulle stalletjie nie net as die wenuitstalling in die motor-afdeling aangewys is nie, maar Mathys Koch ook die beste motorverkoopsman-toekenning verower het. Met die toekennings is Hugo van Wyk, Carl Niehaus en Theo Willemse.

Verkope:

Nicki Russouw het die prys gekry vir die beste verkoopsman in die afdeling vir masjinerie bo R10 miljoen. By hom staan Danie Koch.

Tollie: Dié tollie is vir R20 000 verkoop op die slag-veiling deur afslaer Carl Malherbe.

Ere-lidmaat:

Piet Serdyn (naaslinks) het Saterdag ere-lidmaatskap van die SA Vlaam-genootskap ontvang.

Motors: Francois Coetzee (links) van Perdeberg Motors wat die tweede plek in die motoruitstallings verower het saam met Christo Diedericks van Standard Bank en Danie Koch.

In die draai: Die SA Vlaamperde was vanjaar weer ‘n groot hoogtepunt by die

Swartland Skou. Hier is een van die gereelde vertoners, Bennie Kloppers van Bredasdorp, aan die stuur van ‘n dubbeltuig-klas.


nuus

14

11 September 2013

Sprekers tydens die landbouberaad by die Moorreesburg-skou, was van links Hugo Lochner (Landbouweekblad), minister Gerrit van Rensburg, Louw Steytler (Graan SA) en die ekonoom Dawie Klopper.

Gimnaste: Gimnaste van Malmesbury wat op 23 en 24 September in Gauteng aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem, is agter: Jana Nel, Jolene Louw, Marno Crafford, Carien Bester, Wouter Bester, Jorine Bester, Paula-mari Gerber. Middel: Sanri Cloete, Chloe Lottering, Jacques Olivier, Sagren Papier, Albert Bester. Voor: Kaylee Nel, Yvonne Bester, Antoinette Malherbe, Rumadre Lawrence, Johane Steyn, Ludri le Roux, Erik van Heerden. Heel voor: Jana du Plessis.

Darling:

Gimnaste van Darling wat in die lente-skoolvakansie aan die SA Kampioenskappe in Gauteng gaan deelneem, is agter: Marita Rossouw, Hanno Swanepoel, Chantelle van der Westhuizen, Michael Williams, Meagan May. Middel: Casey Harvey, Ricco Swanepoel, Ruan Visser, Sean Kriel, Christian Basson. Voor: Mane Visser, Danel Visser. LINKS: Carla van Zyl van Laerskool Dirkie Uys het goud gewen op die WP Akro Gimnastiek Kompetisie en gaan na die SA Kampioenskappe in Pretoria. Marné van Schalkwyk het ook uitstekend gevaar en gaan ook na die SA toernooi in September. REGS: Sophie Puchert van Laerskool Riebeek-Kasteel is in die Boland Gimnastiekspan opgeneem.

Benut gapings, sê kenner oor landbou Die voorsitter van Graan SA, Louw Steytler, is ‘n besproeiingsboer met koring en mielies in die Vrystaat en het tydens die Landbou-beraad op Moorreesburg verwys na die waarde van die Handves van Menseregte en die belangrikheid van voedselsekerheid. “Is jy ook moeg vir korrupsie, swak onderwys en verswakte werkersverhoudinge? “Waar is die redelike mense van ons land, waar is ons leiers? Ons doel moet wees om weer elkeen ‘n leier in sy eie omgewing te wees, om die nasionale ontwikkelingsplan uit te voer en voedselsekuriteit te bevorder,“ het hy gesê. Die beleggingsekonoom van PSG, Dawie Klopper, het die wêreldwye rimpel-effek van die ekonomiese insinking wat in 2008 begin het, toegelig en daarop gewys dat China, Australië en Suid-Afrika die laaste lande is wat tans swaar trek. “Die VSA begin tekens van verbetering toon, terwyl verkope in Suid-Afrika verlangsaam. Hoewel China reeds weer positiewe geluide maak, het sy ekonomie nog nie herstel nie. “Suid-Afrika voer te min uit en te veel in,” het Klopper gesê. “Verder is die staatsbesteding te veel, is die onsekerheid oor grondbesit ‘n knelpunt (eiendomsreg moet nooit aangetas word nie!) en daal die vertrouensindeks. “Die Rand is 28% swakker as laasjaar hierdie tyd, ons grond is 25% goedkoper as ‘n jaar gelede – die buiteland kyk na ons sake en gelukkig lyk dit nou nog aantreklik om hier te koop.

“Dis baie belangrik dat Suid-Afrika die heeltyd die omgewing vir beleggers aantreklik maak en dat dié omgewing stabiel bly. Verder beveel ek ‘n fokus op werkskepping en die ontwikkeling van kleinsake aan, en dis waar die landbou ‘n groot rol kan speel. “Vat dié gaping wat binne werkskepping en kleinsake lê en benut dit tot voordeel van jou land en jouself!” het Klopper gesê. Hugo Lochner van Landbouweekblad het afsluitend gesê dat Landbou in Amerika met byna identiese probleme as SA te kampe het: Die beperkte opleiding en beskikbaarheid van arbeid, baie hoë grondpryse en te min ondersteuning van die regering, is dáár ook knelpunte en is faktore wat die jeug laat besluit teen landbou as ‘n beroep. Vraetyd het belangrike kwessies aangeraak, soos dat landbouers sukkel om langtermynbeplanning te doen as die regering en die ekonomie wisselvallig is. “Daardie wisselvalligheid het ongelukkig gekom om te bly; boere sal moet leer om daar rondom te boer en te werk,” het Klopper gesê. Ander faktore wat bespreek is, is die hoë invoersyfer van onder meer hoenders, die te veel simpatie uit regeringsgeledere met stakers (‘Ons soek die politieke wil om op te tree!’) en die belangrikheid van mentorprogramme vir opkomende boere; die ekonomie van skaal en vennootskappe. Landbou: Hierdie leerders van Hoërskool Swartland is ook na die landbouberaad van die Swartland Skou genooi: Agter is FC Truter, Alri van Heerden, Janke Ca­ litz en Leandi Coetzee. Voor is leerkrag Zuna Koen, Johannes le Roux en Karlo van Blerk.


onderwys

15

11 September 2013

•Scholtz, Andrews top-hoofde vir Hoër- en laerskole

Uitnemendheid in onderwys beloon Die nasionale onderwystoekennings vir die Weskusstreek is Vrydagaand in die nuwe St Thomassaal op Malmesbury oorhandig en vele toekennings is gemaak aan leerkragte uit ons lesersgebied. By dié geleentheid is die toekenning vir uitsonderlike leierskap in hoërskool-onderwys gemaak aan die hoof van Piketberg Hoërskool, Marius Scholtz. Sophia Boois van Steynville Sekondêr in Piketberg is vir dié afdeling genomineer. By Willemsvallei Primêr is Alfreda Hanekom die wenner vir uitstekende onderrig vir leerders met spesiale behoeftes. Die wenner vir uitsonderlike leierskap in laerskool-onderrig was Russel Andrews, skoolhoof van die Riebeek-Wes Primêre Skool, met Jonathan Saunders van Riverlands Primêr as ‘n benoemde in dié kategorie. Sharon Williams van Bloemendal Primêr buite Darling het haar skool trots gemaak met die toekenning van uitsonderlike prestasie in laerskool-onderrig. Op Malmesbury het ‘n leerkrag van St Thomas Primêr, Jason Cicero, ‘n prys gewen vir uitmuntendheid in wiskunde-onderrig. Hywell Appolis van Riebeek-Wes Primêr het gewen in die kategorie gevorderde ICT-onderrrig en ander sertifikate van waardering is oorhandig aan St Thomas Primêr, Schoonspruit Sekondêr en Ceaghan se Dansskool. Al die wenners gaan nou deur na die volgende fase van dié kompetisie, wat later op nasionale vlak afgesluit sal word. Oor sy toekenning vir uitsonderlike leierskap in hoërskool-onderwys, sê Marius Scholtz, reeds vir 12 jaar die hoof van Piketberg Hoërskool: “Ek is dankbaar vir wat die toekenning vir die skool

Marius Scholtz

Russel Andrews

Alfreda Hanekom

“Resultaat van ‘n spanpoging” kan beteken! En ek is dankbaar vir die Hemelse Vader wat vir ons die talente gee, en vir die geleentheid om ‘n onderwyser te wees. Verder is

dit die resultaat van ‘n spanpoging tussen die personeel, die ouers, leerders en die hele gemeenskap! Ons skool se prestasies strek ver en dit alles kon ons as ‘n span net bereik met die professionele en positiewe gedrag wat ons hier ervaar.” Russel Andrews, hoof van Riebeek-Wes Primêre Skool, glo dat sy personeel, die beheerliggaam, die betrokkenheid van die gemeenskap en die ondersteuning van die kringkantoor (WKOD) bydra tot die sukses van sy skool. “Verder glo ek aan ‘n oop, deursigtige en deelnemende bestuurstyl, sodat almal ingelig is. Verder is dit wat ons doen, in die belang van die kinders van ons skool. Ons volg ‘n holistiese benadering in die ontwikkeling van die kind hulle moet ontwikkel op akademiese, kulturele en sportgebied.” Die volgende ronde van die kompetisie behels die voer van onderhoude en evaluerings van die kandidate in die skool-opset voordat al die distrikswenners op provinsiale vlak verder kompeteer.

Foto’s: David Howburg Jason Cicero (middel) van St Thomas Primêr het sy toekenning van Jannie Beukes (direkteur: WKOD-Paarl) en Gavin de Bruyn (Cape Teaching Leading Institute) ontvang.

Hywell Appolis (middel) van Riebeek-Wes Primêr het sy toekenning vir Rekenaar Gesteundeonderrig ontvang. Saam met hom is Jannie Beukes (direkteur: WKOD-Paarl) en Gavin de Bruyn (Cape Teaching Leading Institute).

Sharon Williams


16

kalender• diary 11 September 2013

Lente: By die AGS Malmesbury se Lente-

Kunstenaars:

Nadine en Vaugh Gardiner en Monique Basson van Malmesbury. Die koor van Laerskool Swartland het ook by die geleentheid opgetree.

tee het Rozanne Visagie, dogter van oudpres. P.W. Botha, gesing en as motiveringspreker opgetree. Op die foto is (met vrolike hoede) Audra Paulus en Katrina Mouton. Agter is Christelle Mouton en Jeanette Boks.

BO: By Susan Smit (organiseerder) en Rozanne visagie (gaskunstenaar) is die wenners van die kaartjies in die courant en die AGS se kompetisie (voor) Christine Hanekom (links) en Celéste Herman.

swartland kalender/diary

Gholf: Piketbergers het Saterdag hul gholfbaan met groot vreugde ingewy. Ná die eerste dag se spel op dié ‘nuwe’ baan, het die lede die aand in die Allan Boesak-saal die dinee en prysuitdeling gehou. Die gholfdagwenners in die junior-afdeling is Emile Vlotman (40), Willco Douries (42) en Ignatius Douries (46). Die junior speler van die jaar is die 13-jarige Cameron Somers. 09:30 hul erediens met die titel: Herlewing In Jou Huis. Die prediker is past. Piet Smit en Sondagaand om 18:30 is ‘n gesinsdiens: ‘n Geestelike Noot vir Noot. Skakel 073 447 2902 vir navrae.

AGS hou biduur 11 September - AGS Riebeek-Wes hou biduur om 19:30. E-pos cliftonfredericks@yahoo.com Janie du Plessis oor kanker 11 September - Kweek kankerbewustheid saam met Janie du Plessis, John Sithole en Smiley teen R75 (middagete ingesluit); alles by Die Hut op Moorreesburg. Skakel Die Hut of loer by www.cancervive. co.za vir meer inligting.

Dienste vir Volle Evangelie-gemeente 15 September - Die Volle Evangelie Kerk op Malmesbury hou vanoggend hul Kinderbediening om 9:00, met die erediens wat net daarna om 10:00 volg. Alle belangstellendes is welkom. Dinsdagaande word Bybelstudie by die kerk om 18:00 gehou en daarna volg die Biduur om 19:30. Skakel 022 486 4498 met u navrae.

Badisa Carney’s Educare 12 September - Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi na die jaarvergadering van Badisa Carney’s Educare om 19:00 in Kraanvoëlstraat 6 in Saamstaan, Malmesbury. Skakel Maretha by 082 574 0696 vir navrae of stuur ‘n e-pos na mmstodart@gmail.com

AGS hou kerkdiens 15 September - Die AGS Riebeek-Wes hou om 10:00 sy erediens. Die gasspreker is past. Stanley Dudley. E-pos cliftonfredericks@yahoo.com

Gholfdag op Moorreesburg 13 September - Vierbal ten bate van Laerskool Dirkie Uys op ‘n pragtige baan, met natgate, lekker pryse en ete deur Wilinda Hanekom. Skryf dadelik in - kontak Emma Baard (084 2059330) of Laerskool Dirkie Uys by 022 433 1082. Kerk hou Gesinsaand 13 September - Die Coram Deo Gemeente in Dr Euvrardstraat (oorkant Speedy), Malmesbury hou ‘n Gesinsaand vanaf 18:00-21:00. Geskenke vir kinders. Leon Goosen gaan bedien met sang. Kontak Wilna Ferreira by 0822260866 Lentedans op Malmesbury 13 September - Die Korrektiewe Dienste van Malmesbury hou ‘n Lentedans van 20:00 tot laat @ R50 pp in die menasiesaal op die dorp. Bring jou eie eet- en drinkgoed en kom geniet die musiek van Top Five. Skakel 022 482 7607/084 8366755/073 081 3801 vir navrae en vir kaartjies. Kerk hou Getuienisoggend 14 September - Die Coram Deo Gemeente in Dr Euvrardstraat (oorkant Speedy), Malmesbury hou ‘n Profetiese Getuienisoggend. Dis vanaf 10:00-13:00. Kontak Wilna Ferreira by 0822260866 Launch of Ministry 14 September - Launch of AWM SDA Church (Women Ministry) at the corner of Lantana and Nemesia Avenue at 16:00 in Wesbank, Malmesbury. All the SDA mothers and daughters welcome to attend the opening. Theme: Adopt and Nurture. Contact details: Christine Love (AWM Leader) at 0794997719 for information. Kerk hou Getuienisoggend 14 September - Die Coram Deo Gemeente in Dr Euvrardstraat (oorkant Speedy), Malmesbury hou ‘n Profetiese Getuienisoggend. Dis vanaf 10:00-13:00. Kontak Wilna Ferreira by 0822260866 t ACVV Speelkasteel hou fondsinsameling. 14 September - “Mr & Miss Junior Spring Sensation”: Alle ouderdom kinders welkom om in te skryf tot graad R (pryse vir elke ouderdomskategorie). Bring vir oupa, ouma en alle vriende, buurmense. Inskrywings R25 vir “Mr and Miss Junior” / R10 fotokompetisie. Toegangsfooie: Volwassenes R10 en kinders R5 Bring geldjie vir koeldrank en eetgoed. Kom geniet die lekker gesins byeenkoms om 15:00 in die NG-Noord Kerksaal Vir enige navrae kontak Elrien: 021 864 8766 Kerkdiens op Malmesbury 15 September - Die AGS Corpus Christi hou om

ACVV hou jaarvergadering 18 September - Alle belangstellendes word uitgenooi na die ACVV Riebeek Wes se algemene jaarvergadering om 15:30 by Huis Bergsig. Bevestig asseblief jou teenwoordigheid by tel 022 461 2535 of stuur ‘n epos aan acvv. huisbergsig@telkomsa.net vir navraag of bevestiging. Jaarvergadering op Moorreesburg 19 September - Die Moorreesburg Koringbedryfmuseum se algemene jaarvergadering vind by die museum plaas om 19:00. Alle belangstellendes word hierheen uitgenooi. Skakel Daureen by 022 4333 1093 Jo Dolphin Gholfdag 21 September - Jo Dolphin vir gestremde persone op Malmesbury, hou saam met Never Despair-rugbyklub ‘n gholfdag op die Malmesbury-baan vanaf 7:00. As jy wil saamspeel, skakel die gholfbaan (022-4871 288) of as u ‘n putjie wil borg, skakel Anita Adams by 022-4864 186 [4BB @ R200.00 per speler]. Goeie pryse gewaarborg. Kuier- en Sangoggend vir Dirkie 21 September – Kom geniet vanaf 10:30 ‘n gesellige koppie tee saam met jou vriende in die NGK Noordsaal ten bate van die Dirkie van Zyl-fonds. Dirkie is ‘n oud-HSS’er met gesondheidsprobleme. Haar suster Frankie se sangstudente sal ook optree. Skakel 083 460 2115 of 083 7821 364 Goedverwacht Kerkbasaar 21 September - Hierdie gemeenskap buite Piketberg hou basaar in die gemeenskapsaal met eetgoed, vermaak vanaf 09:00. Skakel Gerhard Esau (0813626035) of Beulah Petro (0835170505) Steungroep teen dwelms 23 September - ‘n Groep van 16 besorgdes uit Wesbank nooi belangstellendes uit na die stigting van ‘n teen-dwelm-ondersteu­ ningsgroep in die Calvynse kerksaal in Proteasirkel om 19:00. Navrae aan Thomas Engelbrecht by 022 486 6028/ 071 837 6624. Dans op Malmesbury 27 September – ‘n Snack dance met musiek deur All Sounds om 19:30 tot laat in die Wesbank-gemeenskapsaal. Kaartjies teen R40 is beskikbaar by 022 4865198/082 643 1344. Bring eie versnaperinge. Sangaand op Malmesbury 28 September - Die Volle Evangelie Kerk bied ‘n sangaand om 19:00 aan teen R10 pp en alle belangstellendes is welkom. Skakel 022 4864498 met u navrae.


mylpaal vir becker auto 11 September 2013

LINKS: Margaret Scholtz (klerk), John Williams (verkoopskonsultant), Talita Nel (rekenmeester), Petro Burnett (algemene bestuurder) Marquin Cupido (verkoopskonsultant), Antoinette Meyer (PA vir algemene bestuurder) Mariette Cupido (verkoopskonsultant), en Wendy Schenck (verkoopskonsultant), Madri Carstens (skakelbordopratrise) Nina Engelbrecht (assistentrekenmeester).

Becker bedank klante vir 15 jaar se ondersteuning

Reiner en Estelle Becker, eienaars van Becker Auto. Ná meer as 20 jaar in die motorbedryf in Namibië het ons besluit om ons sakebelange na die RSA uit te brei. Besigheidsmoontlikhede was op daardie stadium beskikbaar. Op 9 September 1998 neem ons die leisels oor van ‘n besigheid wat toe bekend gestaan het as Autohause Centre, met sleg 9 personeellede. Baie vinnig kon ek die moontlikhede raaksien, maar ook die behoeftes van ons kliënte bepaal. Om daaraan te voldoen en my standaard te handhaaf, het ons ‘n paar veranderings en verbeterings aangebring en toe daarmee begin. In 2006 neem ons besit van die aangrensende grond, en begin bou aan die nuwe vertoonlokaal soos dit vandag nog daar uitsien. Ongeveer ses maande later vergroot ons ook die ander vertoonlokaal en doen opknappingswerk aan die bestaande administratiewe gebou. Intussen open ons die deure van ons tweedehandse voertuie-afdeling in Voortrekkerweg, wat in 2011 ‘n nuwe baadjie aantrek en bekend staan as Becker Auto GWM, wat gevolg word deur takke in Porterville en Piketberg. Dit is alles moontlik gemaak deur ons lojale en getroue kliënte oor die jare. Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om ons klante hartlik te bedank vir hulle getroue en lojale ondersteuning - Dit is fantas­ ties om deel te wees van so 'n wenspan. Die wat nog nie deel is van die wenspan nie; nooi ons hartlik uit om dit te kom ervaar. - Boodskap van Reiner Becker van Becker Auto.

Promosie

Span:

17

Petro Burnett (algemene bestuurder) Joanita Wyeth (GWM verkoopsbestuurder), Lionel Booysen (verkoopskonsultant) en Onke Ntozini (drywer).


nuus• news

18

11 September 2013

Handrug:

Demi Rose (links) van Malmesbury op pad na haar oorwinning teen haar opponent van Rekreasie se eerste tennisspan. Op die foto regs speel Braam Isaacs ook ‘n handrughou.

Luan Boshoff

WP Instituut kies Swartlander

Die Swartlander Luan Boshoff is ingesluit in die WP Rugby Instituut se inname vir 2014. Hy is ‘n oud-leerder van Laerskool Swartland, waarna hy vir twee jaar in Boland Landbouskool was, voordat hy in graad 10 na Paarl Boishaai is, waar hy einde vanjaar matrikuleer. Luan (1,80 m en 80 kg), ‘n senter, het op vanjaar se Cravenweek vir die WP Akademiespan uitgedraf. ‘’Luan se rugbyloopbaan het op laerskool begin met Jannie Patterson wat toe al sy talent raakgesien het. Hy het in sy laerskooldae op losskakel sy debuut gemaak, waarna Paarl Boishaai hom hierdie jaar na binnesenter verplaas het,’’ het sy ma, Sonja, aan die courant ge-e-pos. Luan, wat pas ‘n eenjaarkontrak by die WP gekry het, het Boishaai tydens die St John’stoernooi sowel as Wildeklawer-toernooi verteenwoordig, waarna hy verkies is tot die WP Akademie-span. ‘’Luan se liefde vir sport kom af van kleins af. Op laerskool het hy vir Wes-Boland krieket gespeel en het ook sy liefde vir gholf ontwikkel. Luan is vandag ‘n kranige gholfspeler met ‘n 2-voorgee, maar vir eers is die belangstelling in rugby die groter liefde,’’ volgens Sonja.

Sport-Uitslae/Results: Good Hopes Rugbyklub

Good Good Hopes A 32 Coronations A 15 Good Hopes B 25 Coronations B 0 Good Hopes C 24 Coronations C 5

Abbotsdale Posduifklub

Theunissen-uitslag: 1. Paulus Lofts 2. Whim Arendse 3. I. Persence 4. I. Persence 5. I. Persence 6. Paulus Lofts 7. C. Barendse & son 8. Paulus Lofts Springfontein-uitslag: 1. C. Barendse & son 2. Conner Abrahams 3. Paulus Lofts 4. Whim Arendse 5. Conner Abrahams 6. Conner Abrahams 7. I. Persence 8. I. Persence

Malmesbury Posduifklub

Hopetown Jaaroud uitslag 1 F Meintjes en seuns 2 G Horn 3 J Steenkamp 4 G Horn 5 J Steenkamp 6 F Meintjes en seuns 7 J Steenkamp 8 G Horn 9 J Steenkamp 10 J Steenkamp Hopetown Ope uitslag 1 J Steenkamp 2 F Meintjes en seuns 3 J Steenkamp 4 S Niemann 5 J Steenkamp 6 G Horn 7 G Horn 8 G Horn 9 F Meintjes en seuns 10 F Meintjes en seuns

Moorreesburg Posduifklub

Hopetown Jaaroud-uitslag HMO Smit en seun HMO Smit en seun Israel Saunders & familie Frikkie en Johan Frikkie en Johan Frikkie en Johan HMO Smit en seun P de la Qeurra Frikkie en Johan Frans Jooste Hopetown Ope-uitslag HMO Smit en seun Frans Jooste P de la Qeurra HMO Smit en seun P de la Qeurra Israel Saunders & familie Israel Saunders & familie HMO Smit en seun Yt & tuis Frans Jooste

Piketberg Posduifklub

Hopetown Jaaroud-uitslag Leon van Rooyen Gert van der Vyver Leon van Rooyen Michael Heugh Michael Heugh Lankwag Michael Heugh Gert van der Vyver Leon

van Rooyen Lankwag Hopetown Ope-uitslag Michael Heugh Michael Heugh Leon van Rooyen Leon van Rooyen Michael Heugh Michael Heugh Gert van der Vyver Gert van der Vyver Lankwag Michael Heugh

Malmesbury Tennisklub

Mans: Malmesbury B klop Brackenfell B met 3 wedstryde teen 2. Divan Robertson v J.Herbert 3/6 ; 6/4 ; 6-7 Darryl Blom k PJ Muller 6/3 ; 6/2 Irwin Turner & Dirk Lategan v C. van Greunen & De Villiers 1/6 ; 3/6 Divan Robertson& Darryl Blom k C. van Greunen & De Villiers 3/6 ; 7/6 ; 7/6 Irwin Turner & Dirk Lategan k J.Herbert & PJ Muller 6/1 ; 6/3 Mans: Malmesbury C klop Durbanville met 3 wedstryde teen 2 Juvan Caillet k Q. Enslin 2/6 ; 7/6 ; 7/6 Alwyn Burger v I. van Rensburg 3/6 ; 4/6 Morne van Zyl & Greame Cupido k I. Greeff & T.Green 6/4 ; 6/2 Juvan Caillet & Alwyn Burger v I. Greeff & T.Green 6/7 ; 4/6 Morne van Zyl & Greame Cupido k Q. Enslin & I. van Rensburg 7/5 ; 4/6 ; 7/6 Dames: Malmesbury A wen Rekreasie met 4 wedstryde teen 2 Demi Rose k S. Eichstadt 6/0 ; 6/2 Kim Titus k T. Ackhurst 6/1 ; 6/0 Annette de Wet & Lize Marie Lategan v K. Roux & L.Griessel 3/6 ; 6/3 ; 6/7 Demi Rose & Kim Titus k K. Roux & L.Griessel 6/4 ; 6/1 Annette de Wet & Lize Marie Lategan v S.Eichstadt & T.Ackhurst 5/5 Prysgegee Dames: Malmesbury B klop Paarl Hugenote A met 5 wedstryde teenoor 0 Leria de Jongh k A.Swarts 6/1 ; 6/1 Marlene Hanekom k Andrea 6/2 ; 6/0 Mariata Malherbe & Sunette van Zyl k S.Juries & R.Mars 6/0; 6/1 Leria de Jongh & Marlene Hanekom k S.Juries & R.Mars 6/0; 6/1 Mariata Malherbe & Sunette van Zyl k A.Swarts & Andrea 6/1 ; 6/0


smalls & dienste

19

11 September 2013

Gesoek Wanted HARD OP SOEK NA: Oom Karolus en Lente se DVD’s en CD’s teen vergoeding vir gestremde seun. Sal plaaslik optel. Kontak na ure vir Anabelle van der Merwe by 083 730 2033. -----------------------------AANDAG! Welkom Meubels soek goeie 2de handse bruikbare meubels. Beddens, kaste, yskaste, sitkamerstelle, ens. Ook op soek na: Kombuisware, bv breekware, ornamente, potte, panne, beddegoed, gordyne, asook mans- en vroue winterskoene. Kom besoek ons gerus in Tuinstraat 6, oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 of 082 851 0915.

Dienste Services ENIGE ONDERHOUD of besproeiing by huise. Afmaak of “trim” van bome. Kontak ons gerus vir ‘n gratis kwotasie. Netjiese en spoedige werk. Kontak 076 684 1250/079 502 7074. -----------------------------JK SKOONMAAKDIENS - Jou alles in een tuindienste. Sny van grasperke en rante. Snoei van bome en struike. Skoonmaak van beddings. Uitleg van tuine, verkoop en lê van gras. Verwydering van tuinvullis. Kontak Jaco vir gratis kwotasies by 083 227 5937. -----------------------------SNY van manshare beskikbaar na-ure. 17h30 - 20h00 in Meulstraat 28. Kontak Gerrit vir afsprake by 083 232 0705. -----------------------------HUIS PALEIS MEUBELS - Verskaffer van alle Truform- en Cloud Nine-beddens en matrasse, asook alle parte vir huishoudelike toebehore. Skakel 022 482 2100. -----------------------------KITS-MURE: Oprigters en vervaardigers van “vibacrete” mure. Kontak ons vir gratis kwotasies. Tel 022 482 1220 k/u of sel: 083 321 9357 n/u. -----------------------------KONTANTLENINGS vir maandelikse persone. Persone op swartlys ook welkom. 074 114 2554. -----------------------------MELIETA’S KITCHENDaagliks vars gebak: Soet & Sout Platters/ Dosyne. Geleentheidskoeke, kaaskoeke en terte, asook heerlike kosse vir enige geleentheid. www. melieta’skitchen.co.za. 082 589 1785/082 492 4485. -----------------------------NAMIBIESE Kudu Biltong @ R195 p/ kg. Droëwors @ R175 p/kg. Ideaal vir geskenke. Kontak Jaques 073 294 3343.

Malmesbury aflewerings ingesluit. -----------------------------TOP CARPETS en Blinds, Teëls, matte, laminering, vinylvloere, blindings en hersteldiens. Gratis kwotasies en professionele diens. Skakel 022 482 2100. -----------------------------UITHAAL en verwydering van bye. Kontak Kobus 083 722 7787/022 482 2767. -----------------------------WISKUNDE - Gr 7-12. Insividuele onderrig! Die antwoord op jou probleem! Regina: 022 482 2292. -----------------------------YSKASTE HERSTEL: Ons verkoop ook 2de handse kaste met waarborg. New Freeze, Kerkstraat 18, Moorreesburg. 022 433 3831 of 083 651 5547 of 082 573 1589. -----------------------------NEGOSIKAS: Op die hoek van Hill- en Vredestraat. Soek en verkoop gister en eergister se ware, veral wit linne en porselein asook alles wat interessant en oud is. Skakel Tannie Juna: 022 487 2601. ------------------------------

Voertuie Vehicles

VOERTUIE TE KOOP AANDAG, ALLE KLIëNTE! Alleenlik kontant. Voertuie dringend gesoek. Ek betaal kontant vir enige voertuig of bakkie en doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960. ------------------------------

Te Koop For Sale HEALTH WALKER Goeie toestand @ R600. Antwoord-faks masjien Olivette @ R250. Telefoon 022

482 1641. Selfoon 076 524 5740.

Te Huur To Let BACHELOR woonstel - sentraal geleë. Onmiddelik beskikbaar @ R1800 + deposito. Koopkrag. 082 325 9330. ----------------------------3 SLAAPKAMER HUIS onmiddelik beskikbaar. 1 Badkamer, baie netjies met koopkrag in Malmesbury naby laerskool @ R4050 + deposito. Kontak 083 270 2352. ----------------------------ENKEL WOONSTEL vir enkel persoon in veilige area. Onmiddelik beskikbaar in Malmesbury. Kontak 082 801 6992. ----------------------------STOOR TE HUUR: 330 vkm. hoë deure, groot erf, goeie sekuriteit en 3 fase krag. Kontak 083 256 8188.

Sterfgeval Obituary

Wendy Flemming. 11/07/1930 - 03/09/2013. Van Malmesbury, voorheen van King William’s Town. She will always live in our hearts and memories. Ons groet met wonderlike herinneringe ‘n geliefde vriendin, talentvolle musikant, ‘n inspirasie. Met liefde van Ian, dogters Bianca Turner, Terry Newdigate, Samantha Fleming MacDonald en Seun Ross Fleming.

Bedanking Thank You

Baie dankie aan die persoon wat my beursie op 10/09/ by die dorpsbiblioteek ingehandig het. Kontak asb 022 482 4589 met u besonderhede vir ‘n belonging.

Betrekking Vacancy GESOEK: Plaasbestuurder met meganiese agtergrond. Verantwoordelikhede: Instandhouding van plaasimplimente, toesig oor arbeiders. Die suksesvolle aansoeker

moet presies, netjies en stiptelik wees. Manlik, tussen die ouderdom van 30-45 jaar. Stuur kort CV na llwalters@mweb.co.za

Kontak ons met jou klein advertensies! Tel: 022 487 3221


courant

die

SPORT

tel 022 487 3221

Die rugbyspanne van Good Hopes op Riebeek en Coronations van Kalbaskraal spook sake uit in Saterdag se wedstryd. Good Hopes se eerste span het 3215 gewen, die tweede span 25-0 en die derde span het Coronations 24-5 geklop. Foto: David Howburg

•Oorkom verskeie terugslae

Lategan jaag puik in woestyn Ondanks probleme by die grenspos, ‘n ge­ steelde perde-paspoort en ‘n gedehidreerde perd, het die Swartlandse Springbok Dirk La­ tegan op sy perd, Tribes, ‘n sesde plek in die swaargewigafdeling in die Walvisbaai-uithourit behaal. Altesame 180 ruiters het aangetree vir wegspring vir die uitmergelende uithourit oor 120 km in die Namib-woestyn. Die swaargewigafdeling is vir ruiters bo 95 kg. Die uithourit het uit vier bene bestaan. Die eerste been oor 40 km, die tweede oor duin 7 oor 30 km, die derde langs die see oor 30 km en die vierde been tussen die duine deur in die woestyn oor 20 km. Lategan het aan die courant ge-e-pos dat die probleme reeds by die Namibiese grenspos begin het. Na baie oproepe kon hy Tribes se dokumentasieprobleme oplos. Die volgende probleem was met die oor­slaap op Mariental toe Tribes in sy perdekombers verstrengel geraak het. “Hy was so mank in sy agterbene dat ek nie gedink het ons gaan eers wegspring nie.” Op Walvisbaai aangekom, was die perd se hematokrit-bloedlesing 44, ‘n aanduiding van erge dehidrasie. “Almal se raad was dat ek hom moet ‘n drip moet gee, maar ek het daarteen besluit. In 3 dae het hy 100% herstel en sy hematokrit lesing was terug na normaal (33).” In Walvisbaai is toe boonop by die voertuig ingebreek “en alle perdepaspoorte is gesteel”.

‘’Dit kon weereens beteken dat Tribes dalk nie kon wegspring nie, want jy moet te alle tye bewys kan lewer van al hulle inentings en dat die perd waarmee jy ry wel die perd in die paspoort is.’’ Volgens Lategan was Tribes, ‘n 12 jarige Arabier-Saalperd-kruising, sterk deur die hele rit. Hy het al 2 000 km in kompetisies voltooi en was baie goed voorberei vir hierdie uithourit. Lategan (38), wat in 2009 sy Springbokkleure verwerf het, het gesê: “Om 6de te kon kom was vir my net so goed soos ‘n wen. Waarop ek trots is, is dat ek Tribes self beslaan (hoefysters aansit), voer met ‘n rantsoen wat ons self meng en oefen op ‘n program wat ons self uitwerk. Die Engelse het ‘n mooi woord daarvoor, ‘complete horsemenship’. Dis waaroor die sport vir my gaan en dis wat my weer en weer terug vat om die tipe uitmergelende kompetisies te doen.” “Ek is baie dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir die krag en talent, my vrou, Liza-Mari, wat my die vryheid bied om die sport te beoefen, my ouers wat my liefde vir perde van kleins af gekoester het, Victor Kroon en Candice de Villiers, wat die perd op die plaas oppas en Basjan Bruwer vir die gebruik van sy bakkie.’’ Lategan hoop om volgende jaar weer in die Springbokspan met Tribes te jaag. Die Swartlandse Springbok Dirk Lategan steek die eindstreep in die sesde plek oor in die swaargewigafdeling in die Walvisbaaiuithourit op die rug van Tribes, ‘n 12-jarige Arabier-Saalperd-kruising.

11 September 2013

Spairs bo:

Taschwell Fredericks (heelagter) van Never Despair se rugbyspan breek die verdediging van Mamre. Fredericks het ‘n skitterdrie gaan druk wat Never Despair in staat gestel het om die Superligawedstryd met 23-21 te wen.


Diecourant 11 september 2013