courant swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
13 Mei 2015
Bergrivier
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 320
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
• Hoof van polimeer-studiegroep
Doktor ook sportster Divann Robertson van Malmesbury is ‘n man van vele talente: nie alleen is hy as Malmesbury Krieketklub se Sportman van die Jaar aangewys nie, hy het onlangs ook sy doktorsgraad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Beskeie en skamerig het hy net geglimlag en aan dié courant gesê ‘n mens moet gebalanseerd lewe. “Ek is al vir baie jare by Malmesbury se krieket en tennis betrokke en ek weet nie wat ek sonder sport sal doen nie.” Die voorsitter van die krieketklub, Keith Bruintjies, het hom geloof vir alles wat hy vir die klub beteken en gesê hy is ‘n ware rolmodel. So hard as wat hy speel, so hard werk hy ook: “Ek geniet die wetenskap verskriklik baie en dit is altyd lekker as jy ‘n positiewe impak kan maak op die wêreld daar buite.” Divann is ‘n Swartlander in murg en been. “My skoolloopbaan het op Abbotsdale by St Michael’s Primêr begin. Ek het in 2005 gematrikuleer aan Schoonspruit Sekondêr, waar ek ook hoofseun was. In 2006 begin ek met my BSc-graad in Chemie by Maties. Daarna het ek my BSc, BSc Hons en MSc voltooi in Chemie en Polimeerwetenskap. Ek het in Maart my PhD in Polimeerwetenskap gekry.” Die studie het gehandel oor die analise en karakterisering van bio-polimere en hoe hierdie sisteme moontlik in verskeie toepassings gebruik kan word. “My studie het gefokus op die gebruik van poli (laktiesesuur) as ‘n moontlike 'groen' alternatief vir polimeersisteme afkomstig van fossielbrandstowwe, byvoorbeeld poliëtileen en polipropileen. “Ek het ook gekyk na die verbetering in eienskappe van hierdie bio-polimere deur gebruik te maak van ‘n unieke instrumentele opstelling wat in ons groep tydens my studies ontwikkel is. Hierdie sisteem behels die gebruik van lasers met verskeie golflengtes om die kinetika van polimeer-kristalisasie en kristal-groottes in oplossings te volg. “Die navorsing is in internasionale wetenskapjoernale gepubliseer en ek het ook die werk by verskeie internasionale konferensies, plaaslik en in die VSA, gaan voorlê." Divann is op die oomblik aangestel om nadoktorale navorsing by die Polimeerwetenskap Instituut by Stellenbosch Universiteit te doen en is ook vir die afgelope drie jaar laboratoriumkaptein van sy navorsingsgroep. “Behalwe my eie navorsing is ek ook in beheer van verskeie voorgraadse en honneurs praktiese modules waar ek as mentor en laboratorium-demonstrateur optree.”
Veiligheid: Die Swartland Beskermingdienste het onlangs ‘n besoek aan Anne Pienaar Primêr gebring om die leerders meer te leer oor veiligheid.
Trots: Divann saam met sy ouers, Johan en Sylvia Robertson. Sien ook bl 5.
Wat is polimeerwetenskap? Polimeerwetenskap behels die navorsing van sintetiese plastiese materiale en rubbers op mikroskopiese asook makroskopiese vlak. Dit sluit die volgende in: chemiese sintese van po-
limere asook die analise van chemiese strukture en fisiese polimeer eienskappe. Daar word veral baie gefokus op die verband tussen die chemiese strukture van materiale en die eienskappe van die finale plastiese produkte. Verskillende polimere word oral rondom ons in die hedendaagse lewe gebruik en daarom is dit noodsaaklik om hierdie materiale tot op ‘n chemiese vlak te verstaan wanneer dit vir spesifieke toepassings gebruik word. Polimere word in die landbou, ingenieurswese, motorbedryf en biomediese veld gebruik, net om ‘n paar te noem. Ook in en om die huis loop ons polimere raak, selfs daardie kleefplastiek (cling wrap) waarmee jy jou broodjie toemaak in die oggend is ‘n polimeer. “Hierdie studieveld het letterlik veroorsaak dat ek deesdae met ‘n heel ander gedagte na 'n stukkie plastiek kyk,” vertel Divann. "So, elke keer as julle ‘n bietjie Coca-Cola uit daardie 2-liter bottel gooi, dink aan die komplekse chemie wat versteek is in daardie stukkie plastiek."
NUUS • NEWS
13 Mei 2015