courant
1 Wellington
dié
5 Julie 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 427
•LEWER VIR 40 JAAR APTEEKPAKKIES AF
5 Julie 2017
Marthinus trap die fiets na aftrede •Jaomi Zeeman Daar is baie bekende bakens in Wellington. Almal weet van die wingerde, die berge, Bainskloofpas, Andrew Murray, die droëvrugtebedryf, die wyn, die ongelooflike natuurskoon – en van Marthinus Marais. Saam met al die ander dinge wat eie is aan ons dorp, is hierdie vriendelike man op sy fiets ‘n onlosmaaklike deel van Wellington se alledaagse bedrywighede en aktiwiteite. Marthinus, wat hierdie maand sy 60ste verjaardag vier, werk al sedert 1976 as bode by die plaaslike apteek. As daar iemand is wat ‘n medalje moet kry vir die talle hoofpyne, ongesteldhede, kwinte en kwale wat sy aflewerings al moes verlig, moet dit Marthinus wees. Hierdie man ry al vir meer as 40 jaar lank elke dag die dorp op sy fiets plat met medisyne wat hy van huis tot huis aflewer. Marthinus, wat saam met sy gesin op die Bosmans se plaas woon, vertel dat hy as jong man in 1976 ‘n werk by die apteek op die dorp gekry het. “Ek het as bode by die apteek ingeval en moes elke dag voorskrifmedisyne en ander bestellings in die dorp aflewer. Nou is dit al meer as 40 jaar later en ek doen dit nog steeds. Ek het al baie mense sien kom en gaan hier in hierdie dorp,” sê hy. Van aftree wil Marthinus egter nog niks weet nie. Volgens hom hou die fietsryery hom gesond en aan die gang. “Ek lewer in die hele dorp af, tot so ver as Douglas Green. En dan aan die ander kant tot by Dukes. Dis wyd,” vertel hy. Alhoewel Marthinus baie gelukkig is in sy werk en dit vir niks sal verruil nie, sal hy definitief maklik as ‘n plaaslike toergids of iemand in die posbedryf ‘n werk kan kry. Hy ken al die mense in die dorp, weet van al die strate, agterstrate en buurte en het die een na die ander nuwe uitbreiding al met sy fiets verken. Hy ken nie net die mense nie, maar weet ook van almal se siektes, skete, beterskap of agteruitgang – geheime wat hy elke dag met hom saamdra terwyl sy fiets se speke deur die strate sing. “Mense wat van buite af die dorp besoek en soms verdwaal of ‘n plek of ‘n mens nie kan opspoor nie, kom stop baiekeer voor die apteek. Dan sê iemand: ‘Gaan vra net vir Marthinus, hy sal vir hulle die pad kan beduie of kan help’,” lag hy oor sy goeie kennis van ons dorp. Volgens Marthinus is die mense in die dorp baie lief vir hom. Dit is juis die mense wat sy werk vir hom so lekker maak.
“Die mense saam met wie ek werk, die mense by wie ek aflewer, die mense in die dorp wat my elke dag groet – dit maak my werk vir my lekker. Baie mense sê hulle wil my nie verloor nie, dat ek tog nooit moet ophou met wat ek doen nie, dat hulle lief is vir my, dat dit nie meer dieselfde sal wees as ek nie hulle medisyne kom aflewer nie. Dit maak my gelukkig,” sê hy nederig. Selfs die honde in die dorp ken vir Marthinus en hou van hom. “Die honde pla my nie juis nie en hulle jaag my ook nie. Ek het net een keer geval toe ‘n hond voor my inhardloop, maar andersins pla hulle my nooit,” vertel hy. Koue winterweer en styl bulte is nie iets waarvoor Marthinus skrik nie. Hy vertel dat hy eenvoudig sy reënbaadjie aantrek wanneer dit nat weer is en sorg dat die aflewerings gedoen word. “Berg-en-dal se bult is nogal erg, maar ek het hom al baie getrap. "Partykeer ry ons met die motor as daar baie aflewerings daar teen die bult is,” sê hy.
Volgens Marthinus het hy al baie kennis van medisyne oor die jare opgedoen. “Ek ken die name en die bestanddele en waarvoor wat gebruik kan word. Ek help partykeer die mense op die plaas met raad. "Ek het ook al my eie salf gemeng en ek weet wanneer daar ‘n goedkoper generiese medisyne is vir ‘n duur handelsnaam. Dan sê ek dit vir die mense,” vertel hy. Oor of hy van die plaaslike Marais’s familie is, lag Marthinus net. “Baie van die Marais’s het al gespot dat ek van hulle familie is en party noem my selfs ‘neef’,” lag hy. Intussen ry Marthinus elke dag met trots op sy fiets deur die dorp om die mense te help en te bedien. Hy glimlag altyd. Hy groet altyd. “As ‘n mens ‘n passie het vir wat jy doen en dankbaar is, sal dit met jou goed gaan. "Ek is dankbaar vir my werk. "Ek hét ‘n werk en ek is trots daarop,” sê hy voordat hy weer op sy fiets klim om nog ‘n aflewering te gaan doen.
NUUS • NEWS
2
5 Julie 2017
Wellington se VLV word ambassadeurs vir water
Raadslid Koos le Roux, die skrywer Lizma van den Berg en die VLV-voorsitter Juanita Loubser. Die Wellingtonse VLV-tak het onlangs ‘n baie spesiale vergadering gehou. Die vroue van die tak het ‘n mini-mark gehou waar die lede se handwerk, tuisgebak, vars produkte en kunswerke uitgestal en te koop aangebied is. Verskeie sprekers het ook die oggend opgetree. Die plaaslike skrywer, Lizma van den Berg, het oor haar storie as skrywer gesels en meer oor haar tweede boek, wat onlangs gepubliseer is, vertel. Koos le Roux, raadslid van die Drakenstein Munisipaliteit, het vervolgens meer inligting rakende die waterkrisis met die vroue gedeel. Hy het onder meer die veranderende weerpatrone en die groter vraag na water in die WesKaap verduidelik. “Dit is baie duidelik: Die vraag raak groter en ons waterbronne se kapasiteit kan nie meer daarmee tred hou nie. Ons moet besef dat ons anders oor waterverbruik sal moet begin dink,” het hy gesê. Volgens Le Roux is die strukture wat waterbronne en -verbruik bestuur in die nasionale, provinsiale en munisipale regerings gesetel. Ten spyte van goeie infrastruktuur, is daar nie altyd met die groeiende vraag na water en veranderende weer tred gehou nie.
“As dit nie hierdie winter meer reën as tydens die vorige ses jaar se winters nie, is ons teen Maart 2018 in die moeilikheid,” het Le Roux gesê. Hy het die verskeie planne wat Drakenstein Munisipaliteit het om hierdie probleem die hoof te bied, aan die vroue voorgelê. Hierdie planne sluit onder andere boorgate, die bou van damme, watersuiweringswerke en die ontsouting van water in. Die kern van Le Roux se boodskap was dat elke individu ‘n waterambassadeur sal word wat slim en anders oor waterverbruik in die algemeen sal begin dink en doen. “Vroue is die sement tussen die los bakstene in hierdie wêreld. "Wees júlle die mense wat die verskil maak met hierdie krisis. Hou jul oë oop, maak planne, stel die voorbeeld. Vroue het met talle krisisse in die verlede al die voortou met oplossings geneem. Ek weet dit sal waarskynlik nou weer so wees,” het hy gesê. Ter afsluiting het die vroue almal gehelp om waterwys-plante in herwinde blikkies te plant wat as versiering by ‘n volgende funksie moet dien. Hulle kon ook rondom heerlike sop en tuisgebakte brood kuier.
NUUS • NEWS
•WOORDE VLOEI VIR OUMA
Nog ‘n boek uit Lizma se pen •Jaomi Zeeman Die plaaslike skrywer, Lizma van den Berg, se eerste kinderboek, Kabouterstories, het verlede jaar die lig gesien. Hierdie ouma van ‘n woelwater-tweeling het nog ‘n boek, “Avontuurstories vir Agies”, geskryf wat onlangs uitgegee is. Lizma, wat as tiener begin skryf het en altyd ‘n liefde vir lees, stories en woorde gehad het, het vir ‘n groot deel van haar lewe nooit hierdie talent ontgin nie. “Ek het na universiteit getrou, skoolgehou en kinders grootgemaak – die ‘lewe’ het maar gebeur en ek het vir meer as 30 jaar lank niks geskryf nie. "In 2011 is my twee kleinkinders gebore en ons moes van dag een af help om die twee vroeggebore babas groot te maak,” sê sy. Lizma vertel dat sy sedert die tweeling se geboorte, en veral toe hul begin ouer word, vir hulle musiek gespeel, gesing, rympies gemaak en stories vertel het om hulle aan die slaap te kry. Sy het aanvanklik stories en rympies oor die twee as kabouters en al hul avonture opgemaak. “Ek het elke aand ‘n ander storie opgemaak, totdat hulle een aand vir my sê: ‘Ouma, jy vertel nie dieselfde as gisteraand nie!’ "En toe weet ek ek moet die stories begin neerskryf. Toe die tweeling later begin om prentjies by die stories te soek, het ek die kunstenaar Marie Prinsloo genader om vir my illustrasies vir die stories te maak. "Een ding het tot die volgende gelei en voor ek my oë kon uitvee het ek ‘n boek gehad wat gepubliseer kon word,” vertel Lizma. Haar eerste boek is deur Publishing World SA uitgegee en was ‘n groot sukses. Volgens Lizma het sy haar tweede boek se stories al lankal reeds klaar geskryf en is dit saam met stories vir haar eerste boek deur die uitgewers goedgekeur. “Die tweede boek se stories gaan oor familie en avontuur. "Soos wat die tweeling groter word en hul familie beter leer ken, saam met hulle gaan vakansie hou, kuier en saam met oupa gaan kamp, het daar al hoe meer materiaal vir nuwe stories gevorm,” vertel Lizma. Die titel van hierdie tweede publikasie is ‘n goeie aanduiding van die inhoud daarvan. “’Avontuurstories vir Agies’ gaan oor werklike mense se avonture. "Dit is deur die uitgewers geïllustreer – die illustrasies gee die stories pragtig weer en die kinders is mal daaroor,” sê sy. Lizma put inspirasie vir haar stories uit haar kleinkinders se manewales. Sy laat haar lei deur die dinge wat hulle inspireer en interesseer en volgens haar is hul kattekwaad ‘n onuitputlike bron vir stories. Sy lees gereeld van haar stories by kleuterskole op die dorp voor en die kinders kan net nie genoeg daarvan kry nie. “Ek lees weekliks by verskillende skole hier op Wellington, want ek wil so graag sien dat ons kinders weer begin lees en ‘n liefde vir boeke ontwikkel.
"Daar is wonderwêrelde tussen die blaaie van elke boek en ek wil dit ontsluit vir my kleinkinders, maar ook vir alle kinders,” sê Lizma. Intussen is haar derde boek ook reeds deur die uitgewers aanvaar en hulle hoop om dit teen Desember beskikbaar te hê. Hierdie boek handel oor Filipina die Vet Feetjie. “Filipina is gebore uit die tweeling se verskonings wanneer daar kwaadgedoen is: ‘Dis nie ekke nie!’ Sy woon in ons tuin en sy is regtig verantwoordelik vir alles wat verkeerd gaan by ons huis. "Vir hierdie boek het ek weer van die kunstenaar Marie Prinsloo gebruik gemaak vir die illustrasies, want sy weet presies hoe hierdie feetjie moet lyk,” sê Lizma. Die karakter is so lewensgetrou en geloofwaardig, dat die kinders aan wie sy al die storie voorgelees het, by haar huis opgedaag het om vir Filipina te kom soek. “Een kleintjie by die skool het vir my gesê: ‘Tannie jy weet mos hoe mens ‘n spinnekop vang, so met ‘n koppie oor hulle. "Jy moet asseblief daai stoute Filipina vang en haar skool toe bring, ons wil haar sien!’ En dit is vir my die grootste inspirasie en aanmoediging om aan te hou skryf - die absolute vreugde wat dit die kinders verskaf,” verduidelik Lizma. Haar stories is almal in Engels vertaal en elke boek het ‘n CD en inkleurboek met kryt by. Die boeke kan by Lizma (lizma@em3.co.za) of by die uitgewer, info@publishingworldsa.com, bestel word.
NUUS • NEWS
3
5 Julie 2017
•GELUKKIGSTE AGTER KOSPOTTE
Kóók in die kombuis •Jaomi Zeeman Nog ‘n Wellingtonner gaan binnekort haar kookvernuf op die televisie ten toon stel. Retha Rix, ‘n bekende in kookkringe en die spysenieringswêreld, is deel van die nuwe “Kook en geniet” televisiereeks wat eersdaags begin. Retha het ‘n interessante roete tot in die kookwêreld gevolg – een wat met haar liefde vir mense vervleg is. As onderwyseres het sy bewus geword van die ongelooflike verantwoordelikheid om mense te probeer bemagtig. “Ek was, as deel van my werk by die Nywerheidskool maar altyd besig om aan maniere te dink om kinders toe te rus om vir hulself te sorg. Nadat ek die onderwys verlaat het, het ek my voltyds op opleiding toegespits. ‘n Mens besef dat daar mense is wat nooit deur die kanaal van werk soek en werk kry ‘n werk kan kry nie – hulle het net nie die voldoende skoolopleiding of die agtergrond of verwysingsraamwerk wat dit vir hulle moontlik maak nie,” vertel sy. Retha het gevolglik haar eie spysenieringsonderneming op die been gebring met een doel voor oë: Om aan mense werk te voorsien en om hulle op te lei sodat hulle ‘n werk, ‘n inkomste en waardigheid kan hê. Haar spyseniering het vinnig baie gewild geraak vir die heerlike kos, smaaklike geregte, kleurvolle bediening en die fynproewers-afronding, maar ook vir die feit dat hulle werk skep aan talle mense wat voorheen werkloos was. Die feit dat Retha eersdaags op die nuwe KykNet-televisiereeks, “Kook en geniet”, gaan verskyn, is ‘n sameloop van vorige ontmoetings met talle interessante mense en haar liefde vir kosmaak. “Ek ken vir Riaan Badenhorst, die gesoute vervaardiger, al baie lank. Ek het een aand ‘n storie van my en ‘n Moslemskool en van my Kook en Geniet Kerrie vertel. Hy het my toe genooi om deel van die program te wees,” vertel Retha oor haar pad tot op die kassie. Volgens haar het MNet die kontrak gekry om “Kook en Geniet” as ‘n televisiereeks te vervaardig. Riaan Badenhorst se konsep en voorlegging is vir die produksie hiervan gekies en hy kon met die samestelling en verfilming van die program begin. Vir Retha, wat gereeld as spreker by geleenthede optree, was dit ‘n onvergeetlike ondervinding om voor die kameras te wees. “Jong, as ‘n mens so dik is soos ek, is dit eintlik ‘n skrikwekkende ervaring voor die kameras,” lag sy. “Ek is dankbaar dat iemand soos Riaan verby die gewig gekyk en innoverend gedink het,” spot sy verder.
Volgens haar was die nabyheid van die kameras soms vreesaanjaend. “Ek tree baie as spreker op, maar hierdie is ‘n ander tipe blootstelling,” sê sy. Alhoewel die verfilming eiesoortige uitdagings gebring het, het Retha haar voete stewig op die grond gehou. “’n Mens moet altyd onthou dat dit ‘n geleentheid is wat jy kry. Daar is mense wat baie beter kook, baie beter skep as jy. Dit is ‘n voorreg wat ‘n mens met respek moet hanteer,” sê sy. Die presisie en geduld waarmee die hele program verfilm is, was vir haar ook baie interessant. “Die geweldige detail waarmee die kameraman moet werk – die lig moet altyd reg wees en die elke skoot moet tot in die fynste detail beplan word – het my beïndruk. Almal is so geduldig!” vertel sy. Volgens Retha is sy, haar nuwe rol as televisiekok ten spyt, op haar gelukkigste wanneer sy vir haar besigheid kan kosmaak. “Ons is gelukkig om by van die Boland se mooiste funksielokale te werk. Ek is gelukkig dat ek kan doen waarvan ek hou en daardeur ander mense se swaar verdiende geld in feeste of funksies te kan omskep. Ek is gelukkig omdat ons baie werk het en baie happy faces sien. Dít is vir my genoeg,” sê hierdie nuwe plaaslike televisiester. Retha se wenresep sal op 23 Augustus op KykNet tydens die uitsending van “Kook en Geniet” gebeeldsend word. Intussen kan mense haar in die lokfilm vir hierdie program sien.
Die kommerwekkende daling van die getal heuningbye het die laaste tyd groot opslae gemaak en talle mense en instansies het hulle sedertdien vir die bewaring van hierdie belangrike insekte begin beywer. Die SA Poskantoor het nou hul stem by hierdie bewaringspogings gevoeg deur ‘n spesiale stel seëls vir die bewusmaking hiervan bekend te stel. Volgens Martie Gilchrist, hoof van bemarking by die SA Poskantoor, is hul nuwe stel seëls deur die bedreiging van heuningbye geïnspireer. “Ons nuwe reeks, getiteld ‘Bye vir Afrika’, is deur Jessica Delaney, ‘n student by die Open Window Institute for Arts & Digital Sciences in Centurion, ontwerp. Dit sal as ‘n seëlvel en eerstedagkoevert beskikbaar wees,” sê sy. Gilchrist verduidelik dat die groot kommer oor die dalende getal heuningbye, hoofsaaklik as gevolg van besoedeling en die wydverspreide gebruik van gifstowwe, nie net iets is wat in bewaringskringe aandag moet geniet nie, maar dat die gewone man op straat en instansies
soos die Poskantoor ook hul gewig agter die bewusmaking daarvan kan ingooi. “Daar is goeie rede tot kommer. Bye is baie meer as net heuningprodusente. Hulle verskaf ‘n noodsaaklike bestuiwingsdiens aan plante (en boere). Daarom loop duisende plantsoorte gevaar om uit te sterf as heuningbye verdwyn en vrugte- en groenteboerdery sal feitlik onmoontlik word,” verduidelik sy. Volgens navorsing bestuif heuningbye sowat 50 soorte kommersiële oeste in Suid-Afrika. “Suid-Afrika is ‘n tuiste vir die Afrika-by en Kaapse by. Die Kaapse-by is hoofsaaklik tot Kaapse fynbosgebiede beperk en die Afrika-by bevolk die streke noord van die fynbos tot in Sentraal-Afrika,” sê Martie. Die seëls is geldige posgeld vir klein internasionale briewe, en dus sal duisende seëls bewustheid skep van bye en hul omstandighede soos dit deur die wêreld versend word. Die seëls is by alle groot poskantoortakke beskikbaar en kan ook van sastamps@postoffice. co.za bestel word. Die koste is R9,15 per seël.
Hokkie: Die Boland Barlinka-spelers van Wellington saam met hul afrigter, Anna-Maree Uys en spanbestuurder Anél Louw. Hulle is Suné Kuhn, Mija Zeeman en Mige du Plessis.
Vermaak by Bôrdienghuis
Seëls versprei boodskap van bye wêreldwyd
Dit is vakansie, maar dit beteken nie jy hoef by die huis te sit nie. Daar is Saterdagaand 8 Julie heerlike vermaak by die Bôrdienghuis wanneer gaste na pragtige getoonsette gedigte in ’n gesellige, warm atmosfeer met heerlike wyn en ’n pizza kan kom luister. Laurinda Hofmeyr tree saam met Schalk Joubert, Suid-Afrika se bekendste en beste baskitaarspeler op. Sy sal verskeie Afrikaanse gedigte sing wat sy self getoonset het, insluitende ‘n
paar van Wilma Stockenström. Die Paarliet met die pragtige stem en hoof van musiek by die Hoër Jongenskool Paarl, Marissa von Mollendorf, sal in die voorprogram haar toonsettings van bekende gedigte sing. Die vertoning begin 20:00 en pizza’s en wyn kan reeds van 18:00 gekoop word. Kaartjies kos R130 per persoon en kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.
courant
dié
4
NUUS • NEWS
5 Julie 2017
Langsamerhand
In ‘n wêreld waar alles vinniger gebeur as waarmee ons kan tred hou, is dinge wat deeglik en sonder haas gedoen word, maar skaars. As iets nie in ‘n ommesientjie, oombliklik, in ‘n japtrap, binne sekondes of in ‘n oogwenk afgehandel of opgelos kan word nie, sal dit nie sommer die toets van ons hedendaagse blitstyd deurstaan nie. Ons volg kitsdiëte, het supervinnige internetverbindings, eet kitsmaaltye, volg blitskursusse, lees japtrapboeke oor hoe om kitsresultate in ‘n vinnige wêreld te behaal en haal stralers en Gautreine om ons bestemmings in ‘n oogwink te bereik. In Wellington weet ons ook hoe om vinnig te werk en kitsresultate te kry. Tog is dit dié dinge wat meer tyd vat, oor langer tydperke groei en langsamerhand gebeur wat uiteindelik die toets van tyd deurstaan en inslag vind in wat van belang is. Ons erfenis is nie die gevolg van kitsoplossings nie. Ons wyne verouder nie oornag nie. Die Bainskloofpas is oor jare gebou. Andrew Murray se nalatenskap is die gevolg van ‘n leeftyd van toewyding. Die produkte van die plase in ons vallei is die resultaat van geslagte se ondervinding en uithouvemoë. Ons is hierdie week weer aan die waarde van dié dinge wat tyd neem, herinner. Die skrywer Lizma van den Berg se talent moes vir 30 jaar sluimer voordat sy haar gewilde kinderboeke kon begin skryf. Hugenote se Hoërskoolkoor moes vir maande lank oefen aan ‘n repertoire wat hierdie vakansie in Namibiese sale weerklink. Retha Rix se lewe moes talle draaie loop tot waar sy nou as ‘n ster in ‘n gewilde nuwe televisiereeks kan verskyn. Marthinus Marais het vir meer as 40 jaar lank die strate van ons dorp met sy fiets deurkruis om ‘n onlosmaaklike deel van Wellington se menslike erfenis te word. Langsamerhand bou ons aan die dinge wat saakmaak. Mag elkeen hierdie week, so tussen al die gejaag deur, ‘n tydjie afknyp vir iets wat eers ver in die toekoms sal eggo.
It’s Good News
Volgens die skoolhoof, Henry Schemper, is dit openbarend om te sien waartoe sekere kinders in staat is. “’n Mens sien sommige van hierdie kinders in ‘n heel ander lig, wanneer hulle op die verhoog stap en hul ding doen. Party van hulle lyk teruggetrokke en stil in die klas, maar wanneer hulle op die verhoog stap en bv. ‘n solo met soveel selfvertroue voor ‘n saal vol mense sing en almal hoendervleis gee, besef ‘n mens hoe belangrik dit is om sulke geleenthede te skep,” het hy gesê. Die vetste man op aarde, die laaste meermin, ballerinas, hip-hop dansers, ‘n robotman, “rap”-musiek, sjinese vermaak, violiste, pianiste, drama-vertonings en talle sangitems het vir ‘n aand propvol vermaak gesorg. Die wenners in die onderskeie afdelings het boonop met heerlike kontantpryse weggestap. “Met sulke talent onder ons dak, kan ons nie anders as om hiervan ‘n instelling by ons skool te maak nie,” het me. Smit gesê.
Trust in God
Hebrews 11:17-19 “By faith Abraham, when he was tested, offered up Isaac, and he who had received the promises offered up his only begotten son, of whom it was said, ‘In Isaac your seed shall be called,’ concluding that God was able to raise him up, even from the dead, from which he also received him in a figurative sense.”
Abraham in Hebrews 11 is an example of faith as a willingness to entrust to God one’s most prized possession. Wealth is not always measured in money. Isaac was Abraham’s greatest treasure. “God tested Abraham, and said to him, ‘Take now your son, your only son Isaac, whom you love, and go to the land of Moriah, and offer him there as a burnt offering on one of the mountains of which I shall tell you.’ Like Abraham and countless of other believers, we display and develop our faith by placing all that we treasure most into God’s care. There is no surer place of safety than God’s providence, and no greater cure for anxiety than bowing the knee and praying, “Thy will be done!” Is there any treasured idol that you have placed before God in your own life? Trust in God!
Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za met jou nuuswenke. Hou ook ons Facebookblad dop vir alle nuusgebeure en brokkies.
Hugenote spog met hul talente op die verhoog
Hugenote Laerskool het die tweede skoolkwartaal op ‘n hoë noot afgesluit toe hulle ‘n “Huguenot’s got Talent” aand aangebied het. ‘n Volgepakte skoolsaal het keer op keer na hul asems gesnak, terwyl die leerders van die skool hul verborge talente ten toon gestel het. Volgens me. Andriëtte Smit, organiseerder van die aand, het die inisiatief om so iets by die skool aan te bied reeds twee jaar gelede posgevat toe hulle ‘n fondsinsameling vir hul redenaarsaktiwiteite wou hou. “Ons eerste Huguenot’s got Talent was so ‘n groot sukses en so gewild, dat ons besluit het om hierdie jaar weer een te hou. "‘n Mens besef nie hoe talentvol die kinders is, totdat jy hulle die geleentheid gee om hul talente te kom ten toon stel nie,” sê sy. Die drie spesialis-beoordelaars vir die aand was die skrywer, aktrise en dramaturg Gaireyah Fredericks, die gospelsanger Niel Buchner en die aktrise en danseres Leandie Engelbrecht. Die gehoorlede kon ook deur middel van ‘n ekstra-luide toejuiging drie punte by ‘n deelnemer se totaal voeg wanneer ‘n “buzzer” geaktiveer is. Daar was verskeie afdelings waarin leerders kon deelneem en vooraf-oudisies is gehou om die finale program vir die aand te bepaal. In die “Sê-jou-sê” afdeling moes leerders die gehoor oortuig waarom hulle die laaste valskerm op ‘n vliegtuig wat besig is om te val, moes kry. Daar was ook afdelings vir drama, sang, dans, instrumentale musiek en ‘n baie gewilde “crazy” afdeling waar leerders enige item wat nie binne die ander afdelings of ‘n spesifieke genre val nie, kon doen.
Dr. Marc Blackwell
NUUS • NEWS
5
5 Julie 2017
Also at
64
R
59 32 26
R
SAVE R5
R
SAVE R5
PnP Long Life Full Cream Milk 6 x 1 Litre
PnP Long Life Low Fat or Fat Free Milk 6 x 1 Litre Per Pack
R
SAVE R9
PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre
90
SAVE R13
PnP Super Maize Meal 5kg
BIRTHDAY PROMOTION R
69
R
Per kg
SAVE R5
Blue Ribbon Toaster Brown Bread 700g
PnP Kameelhout Boerewors
8
33 % OFF
R
9
99
14
BUY ANY 4 FOR
R
no name Spaghetti or Macaroni 500g Each
Knorr Soup Assorted 50g
TM
R
19
99
PnP Cake Wheat Flour 2.5kg
NOW ON
48
BUY ANY 3 FOR
R
Bull Brand Corned Meat Assorted 300g
R
34
PnP White Sugar 2.5kg
94
WAS R112
R
BUY ANY 3 FOR
R
21
SAVE R18
Castle Lite 12 x 340ml Non-returnable Bottles
Cadbury Bars Assorted
R
109 SAVE R36
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Per Pack
R
38
Twinsaver 1 Ply White Toilet Tissue 12s
99
R
12
99
Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield, York Street and Local stores, excluding Camps Bay, Express and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Shop online at www.picknpay.co.za
Prices Valid 6 - 9 July 2017 At Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape
PERSONALISED DISCOUNTS ON WHAT YOU BUY MOST. Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.
MMWCHS1570
6
NUUS • NEWS
5 Julie 2017
Hugenote se skoolkoor toer na Namibië Hugenote Hoërskool se koor het hierdie vakansie ‘n uitgebreide toer na Namibië onderneem. Tydens hierdie toer sal die meer as 80 koorlede gehore regoor ons buurland met hul groot repertoire vermaak en ook saam met ander kore optree. Volgens die koorleier, Johann Enslin, beplan hulle alreeds sedert verlede jaar aan hierdie toer en is hulle slaggereed om aan die mense van Namibië plesier te verskaf. “Die wye verskeidenheid liedere wat ons sing sal definitief byval vind by die gehore van Namibië en volgens wat ons verneem is die gasvrye Namibiërs baie opgewonde om ons te ontvang en na ons te luister,” het hy gesê. Die skoolkoor sal duisende kilometers
aflê en by verskeie groot dorpe in Namibië aandoen vir optredes. Hulle sal onder andere in Keetmanshoop, Mariental, Windhoek, Swakopmund en Okahandja vertoef en optree. Tydens die toer sal hulle ook saam met die COTA Youth Choir en die Mascato Youth Choir optree. Die toer duur van 1 tot 10 Julie en daar sal natuurlik ook tyd ingeruim word om al die besienswaardighede en natuurskoon van Namibië te geniet. “Ons sien uit na al die uitstappies en wonderlike aktiwiteite wat Namibië bied. Dit gaan ‘n ongelooflike ondervinding wees – vir ons kinders en vir die mense van Namibië wat na ons gaan kom luister,” het Johann gesê.
Hugo Rust wys waar hul hart lê met geslaagde M-dag Hugo Rust Laerskool het weer gewys dat hulle 100% omgee en bankvas agter elkeen van hul leerders staan toe hulle onlangs ‘n “M-dag” gehou het. Die inisiatief vir hierdie dag is deur een van hul leerders, Michelle Munnik, geïnspireer en dit was ook ten bate van haar. Michelle is ‘n graad 7-leerder by Hugo Rust. Sy is met PFFD (Proximal Femoral Focal Disorder) – ‘n toestand waar haar regterbeen korter as haar linkerbeen is en ook stadiger groei – gebore. Sy het op 3-jarige ouderdom haar eerste beenoperasie ondergaan. Daarna volg nog talle operasies, waaronder beenverlengingsoperasies, -dikteherstellings, -oorplantings, heupen knie-operasies. Op 1 Junie het Michelle by die skool met ‘n bal gespeel en per ongeluk daarop getrap. Met die valslag het sy ongelukkig weer haar been gebreek en is inderhaas hospitaal toe waar ‘n 24ste beenoperasie op haar uitgevoer is. In ware Hugo Rust-omgeegees het die huidige Diensraad ‘n M-dag gereël waar leerders ‘n bydrae kon bring vir Michelle en dan ook iets kreatief kon aantrek wat met ‘n “M” begin. Die leerders was vol inisiatief en Minnie Muis, mediese mense, monsters, die Maffia, Maya die by, Minions en selfs die Mona Lisa het by die skool opgedaag! Saam met al die pret het die leerders van Hugo Rust altesaam R14 000 vir Michelle ingesamel – iets wat hul met warm harte en baie omgee vir enige van hul leerders sal doen.
NUUS • NEWS
7
5 Julie 2017
Dagboek • Calender • Dagboek • Calender • Dagboek • Calender• Dagboek • Calender Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United RFC Fixtures 1 July - Hillies vs Wolseley (Home) 8 July - Tulbagh vs Hillies (Away) 15 July - Hillies vs Hamlet (Home) 22 July - Bye 29 July - Ceres vs Hillies (Away) 5 Aug - Quarter Finals: Top 8 12 Aug - Semi Finals: Top 8 19 Aug - Finals: Top 8 For more information, contact Jovan-ré Cupido at 073 296 3575 or jovanrewc@gmail.com Annual Yellowtail Classic @ Yzerfontein
8 or 9 July - The annual Yellowtail Challenge will take place in Yzerfontein. Entry fee for members - R150. Entry for non members: R200. Entry for under 16: R75 For more details, contact info@wcbac.co.za
Wellington Huismark 3 tot 6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart-fasiliteite is beskikbaar. Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel-ontbyt om 10:00 by Wellington-Noord se kerksaal Kontak Melanie by 021 873 1040 met navrae. Breytenbach Sentrum 19 Augustus: Mallies en die Sakemanne - Burgerstraat word aangebied in Die Bordienghuis by die Breytenbach Sentrum. Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg.
Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die
Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Kerke • Churches NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van
Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375.
8
courant
dié
5 Julie 2017
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
5 Julie 2017
•ROWERS TAKE TO THE WATER
Alternate routes for canoe marathon
Due to massive hyacinth blocks on the section between Grensplaas and Gouda it will under normal circumstances be impossible to paddle this section of the Berg. A massive flood is needed to break up these hyacinth blocks and make this stretch paddleable again. Should such a flood not happen, there are a number of alternatives being considered for the first two days of the Berg Marathon. These alternative routes will be planned in such a way that the total distance paddled on the first two days will be more or less the same as under normal circumstances. Stage One Day One may start at Franschhoek Bridge and end at Grensplaas. Ife there is not enough water to paddle from Franschhoek on Day One it may start at Gouda and finish at Bridgetown after a loop on Misverstand Dam and back to Bridgetown. Stage Two Day Two may start at Gouda and end at Bridgetown after a short loop on Misverstand Dam. Respected Czech Republic marathon paddler Petr Mojžíšek has added his name to the entry list for the upcoming Berg River Canoe Marathon, joining Hungarian former world champion Adrián Boros in a strong looking international team heading for the four day classic from 12 to 15 July. The 40 year-old veteran from Jesenice in Prague is a big man, and will almost certainly be the biggest, and heaviest paddler in the field, but the likeable Czech ace said that he had already made up his mind to return to the race after finishing his debut Berg last year. “I had already decided to come back at the finish line in Velddrif last year,” he said candidly. “I like tough challenges like the Berg and when I was offered an opportunity to try it once more, the obvious choice for me was to go.”
Mojžíšek finished sixth last year, racing in tough, low river conditions, but says the prospect of another low river has not put him off. “A low river is not good for me, that is for sure,” he said. “Let’s see if the rain comes and allows me to fight for the podium. “I remember some of the Berg veterans saying that each year is different and has its own specialities. My approach will be to try to repeat what worked for me and try to avoid mistakes I made in 2016,” he added. He said that his first ever experience on the Berg had been a profound one for him. “I can now say that I know the race – this is a very proud statement from me,’ said Mojžíšek. “But I have only done it once – this is more precise.” Mojžíšek excelled in a fast-paced, tough race dominated by eleven times champion Hank McGregor last year, but is quick to point out that McGregor’s absence will not affect the character of the title race that much. “Nothing really changes for me with no Hank at the start,” he said. “Every vacuum will be filled. There are so many good paddlers in South Africa and I am sure they will enter the race seeing the opportunity to win.” The big Czech star has a passion for long distance marathon races, but cautions that he has not been able to get into the sort of condition needed to win the 2017 Berg. “I am not in the shape that would allow me to think about winning the race. I believe if I am lucky, I can be in top 5 but not much better,” he said. The gentle giant made a lot of friends in 2016, many of whom will look forward to his skill and tenacity being part of the 2017 race from Paarl to the West Coast. The Berg River Canoe marathon starts in Paarl on 12 July and ends at Velddrif on 15 July.
Drieëfees op Pelikaanpark
Hillcrest United van Wellington het die afgelope naweek hul teenstaander, Wolseley-rugbyklub ‘n rugbyles geleer. Die span van Wellington het weer die naweek gewys hoekom hulle een van die Boland se gevreesde klubs is. Talle getroue ondersteuners het opgedaag om die tuisspan te ondersteun. Dit was behoorlik ‘n drieëfees met die tuisspan wat in totaal 22 drieë teenoor die besoekers se twee ingepalm het. Die jong derdespan, onder leiding van John Abrahams, het die eerste bonuspunt-oorwinning behaal met 26-7. Hillcrest se tweedespan, wat op die oomblik baie goeie rugby opdis onder die leiding van Adriaan “Manie” Swartz, het gewys hoekom hulle vir die tweede agtereenvolgende seisoen die tweedespan Witsentraal-ligabeker wil wen. Hulle het Wolseley 46-0 huistoe gestuur en ag drieë gedruk. Die eerstespan het die dag afge-
sluit met ‘n puik oorwinning van 66-7 (10 drieë). Hillcrest het behoorlik Wolseley laat bontstaan op Vegkoppie met goeie hardlooprugby. Die rustydtelling het reeds op 42-0 gestaan. Die naam op almal se lippe is Ettie Mc Carthy. Dié stut het ‘n barshou gespeel en sy spel is beloon deur twee pragdrieë. Ander puntemakers is Wheedon Jooste, 21 punte (een drie en sewe doelskoppe), Renaldo Festus, Dylan Maart, Emile Booysen, Jack Fortuin en Lyall Nyman. Die span van Wellington speel komende naweek teen Tulbagh en die bus vertrek reeds om 11:00 vanaf Mannies. Op 15 Julie speel Hillcrest hul laaste tuiswedstryd vir die seisoen teen Hamlet. Hulle bied ook ‘n steak braai en slaai-verkope aan op dieselfde dag. Kaartjies vir die verkope is reeds beskikbaar by bestuurslede asook spelers. Vir meer informasie kontak gerus Jovan-re Cupido by 073 296 3575 of jovanrewc@ gmail.com
Rugby: Drie oudleerlinge van St Albans
Primêr en een van Wamakersvallei en almal tans by Garsfontein Hoërskool in Pretoria, is opgeneem in Bloubul Skolespanne. Die Wellingtonners is Bjorkan Hendricks en Campwell Willemse wat vir die o.15-akademiespan sal uitdraf. Diego Appollis is in die o.18 Cravenweek span opgeneem. Jurich Claassens is gekies as die onderkaptein van die o.16A Grant Komospan.