MEI 2013 I Die VeePos
19
VELD NUUS
‘n Doringrige kwessie Kaktusse neem die Noord-Kaap oor KAKTUSSE IS van Suid Afrika se ergste indringerplante – dit bedreig nie net ons biodiversiteit nie, maar ook die produktiwiteit van landbougrond. Kaktus spesies het alreeds al nege van Suid Afrika se provinsies ingedring en word die meeste aangetref in die droë areas van die land. Die plante is besonder goed aangepas om warm, droë toestande te oorleef. Daar is meer as 1400 kaktus spesies en hulle kom almal uit die Amerikaanse kontinent uit. Daar word geskat dat ongeveer 200 kaktus spesies in Suid Afrika ingebring is – sommige as voer vir diere of vir hul vruge, maar die meerderheid het hier beland omdat mense hulle as ornamentele tuinplante beskou. Die moeilikheid met kaktusse is dat hulle ongelooflik vinnig
kan groei en versprei onder die regte toestande en dat hulle digte, doringrige bosse vorm wat nie deur mense of dier ingedring kan word nie. Selfs die kleinste stukkie wat van ‘n kaktus afbreek, kan begin groei. Die stukkies sit met behulp van hul dorings vas aan die hare of wol van diere wat verby die kaktusse loop of aan motors se bande en word so versprei van een area na ‘n ander. Omdat die spesies nie van Suid Afrika is nie, is daar geen natuurlike vyande vir hulle nie en niks om hul verspreiding te stop nie. Boere in Suid Afrika het al duisende hektare landbougrond verloor omdat dit ingeneem is deur kaktusse. Ook in nasionale parke en bewaringsgebiede het kaktusse al groot areas ingeneem. Die Suid Afrikaanse Nasion-
ale Biodiversiteits Instituut (SANBI) het ‘n spesiale program, die Indringer Spesies Program, wat poog om die verspreiding en uitwerking van indringer kaktusse te verminder deur dit uit te roei of te beheer. Sommige spesies, soos turksvye, is alreeds so wyd verspreid dat dit feitlik onmoontlik is om iets daaraan te doen, maar daar is nog baie spesies wat ons in hulle spore kan stop as ons vinnig genoeg optree. Die meeste kaktusse kan beheer word deur hulle met sekere plantdoders te spuit, dit neem verskeie male se spuit voordat die plant vrek. ‘n Meer omgewingsvriendelike manier om kaktusse te beheer is deur biologiese beheer, soos die cochineal mot of die mieliekewer. Hier is ‘n paar soorte wat liefs
SA se eerste mariene beskermde gebied
HAYLEE KAPLAN
uitgeroei moet word. As jy van kaktusse ontslae wil raak, moet dit nie net in ‘n hoop êrens neergooi nie – dit sal net weer groei. Skakel die mense wat weet vir raad – die Suid Afrikaanse Biodiversiteits Instituut (SANBI) het mense wat spesifiek met uitheemse kaktusse werk. Kontak vir Haylee Kaplan op 021-7998405 of vir Travor Xivuri op 021-7998406 of stuur ‘n e-pos na alienplants@sanbi.org.za. Hulle werk by die Suid Afrikaanse Nasionale Biodiversiteits Instituut en sal kan raad gee. Kyk na die fotos van uitheemse kaktusse hieronder en as jy een sien, al is dit ook in jou tuin, kontak vir Haylee of Travor en vind uit wat jou te doen staan.
Het U Geweet? Daar is geen kaktusse in Suid Afrika nie. Alhoewel kaktusse ook sukkulente (vetplante) is, is daar geen inheemse of endemiese sukkulente in Suid Afrika wat kaktusse is nie! Alle kaktusse is uitheemse plante en nie eie tot Suid Afrika nie.
Prince Edward Eilande is die Eerste Mariene Bewaarde Area vir SA!. Meer nuus hieroor in die volgende Veepos!
Kan jy 10 dinge noem wat jy van die natuur kry? 1. Die regulering van ons klimaat: Plante absorbeer koolstofdioksied en help so om ons planeet koeler te hou. Met die oormaat van koolstofdioksied wat deur menslike aktiwitiete in ons atmosfeer gepomp word, word dit al hoe belangriker om plante te bewaar sodat hulle kan help om klimaatsverandering se invloed te versag. 2. Voedsel: Absoluut alles wat jy eet, begin in die natuur. Die grond waarin voedselplante groei, die water waarmee dit besproei word, die weiding vir huishoudelike diere wat vleis verskaf. Kos kan nie sonder ekosisteemdienste geproduseer word nie. 3. Die versagting van die impakte van natuurlike rampe. Plantegroei help om grond vas te hou met hulle wortels en verhoed so dat grond wegspoel tydens swaar reëns of wegwaai tydens sterk winde. As daar genoeg plantegroei in ‘n gebied is, is die voorkoms van modderstortings minder, asook verspoeling van paaie en beskadiging van geboue. 4. Watersuiwering: Plantegroei in vleilande en riviere word letterlik deur die wortels van die plante “gefilter” en verwyder onsuiwerhede uit die water. 5. Bekamping van peste en plae: Waar daar natuurlike plantegroei is, vorm dit die habitat vir baie natuurlike pesbestryders, soos sommige spesies perdebye en spinnekoppe wat peste wat oeste aanval, in toom hou deur hul eiers in die peste te lê of deur hulle te jag en vreet.
6. Bestuiwing: Meeste van ons voedselplante kan nie vrugte dra as dit nie bestuif word nie. Bestuiwers soos bye, vlermuise en suikerbekkies, het natuurlike habitat nodig om te kan voortbestaan. 7. Medisinale waarde: Aspirien, een van die belangrikste medisynes in die wêreld, kom van wilgerbome af. Sommige melkbosse het ‘n bestanddeel wat kankergewasse krimp. Jantjie Bêrend word aan HIV/VIGS pasiënte gegee om hul immuniteit te versterk. Daar is heel waarskynlik nog talle plantspesies wat medisinale waarde het en wat nog ge-analiseer moet word. Deur natuurlike areas te bewaar, verhoog ons ons kanse om hierdie natuurlike “apteke” te behou. 8. Water: Soos klimaatsverandering die wêreld warmer raak, gaan ons al hoe meer probleme hê met genoeg water. Geen mens of dier kan sonder water oorleef nie – dit is een van die belangrikste ekosisteemdienste wat daar is. Deur uitheemse bome, waarvan sommige tot 900 liter water per dag opdrink, uit te haal, kan ons help om ons waterbronne te bewaar. 9. Suurstof: Plante en die oseane stel suurstof vry. Hoe meer ons plantegroei verwyder en die oseane besoedel, hoe swakker raak die meganismes wat ons van suurstof verskaf. 10. Geestelike gesondheid: foto bo - deur © CSA, Wind energie en water Verskeie studies wys dat ons minder spanning ervaar en geestelik foto bo - deur © Google, Belofte van reen in die Kalahari - klimaatsregulering is een van ons belangrikste ekosisteemdienste meer gesond is as ons tyd in die natuur spandeer.