Die VeePos
Namakwaland Groen Ekonomiese Demonstrasie
GRATIS
MEI 2013
waar boerdery en bewaring ontmoet
Vleis Natuurlik
Vleis natuurlik - nuwe markgeleentheid aansporing vir volhoubare boerdery
CSA HET onlangs ‘n nuwe projek, Meat Naturally, van stapel gestuur. CSA se ervaring en noue samewerking met handelaars in boere, het uitgeloop op hierdie projek waar goeie boerderypraktyke sal lei tot beter marktoegang en beter pryse vir vleis. Met die projek tap CSA in die groeiende verbruikers aanvraag na volhoubaar geproduseerde landbouprodukte, waar boere die vleis produseer het deur goeie bestuurspraktyke wat byvoorbeeld uittrapping voorkom en waar boere nie-dodelike roofdierbestuur toepas. en Namakwalander sal met my stry as ek sê van die beste skaapvleis in die wêreld word hier geproduseer nie. Om die waarheid te sê, ek is vol vertroue dat enige iemand wat al Namakwalandse skaap- of lamsvleis geëet het, sal met my saamstem. Daar is natuurlik ‘n rede hiervoor – Namakwalandse skapies is vrylopend en wei op natuurlike plantegroei, waarvan baie wilde kruieplante is. Die diere staan nie opgehok in ‘n voerkraal en vreet mielies nie. In die Oos-Kaap weer is daar baie boere wat met beeste op grasvelde boer – soos dit hoort, want gras is ‘n bees se natuurlike voer. Hierdie beeslveis is ook van die beste wat jy kan kry. Conservation Suid Afrika werk al die afgelope vier jaar saam met die meent- en privaatboere van die Kamiesberg om volhoubare boerderypraktyke te implementeer en soek saam met die boere en wetenskaplikes na oplossings en idees om dit te bereik. Een hiervan is die idee om te ondersoek of Namakwalandse skaapboere nie kan help voorsien in die immergroeiende aanvraag aan volhoubaar geproduseerde vleis nie. Die hele idee van Meat Naturally, soos die projek bekend sal staan, is om voorligtings- en tegniese ondersteuning aan beide privaat en meentboere te verskaf in CSA se landskap demonstrasies, geleë in die Noord- en nou ook in die Oos-Kaap. Die ondersteuning sal fokus op vleiland en weiveld restourasie, die volhoubare gebruik van weivelde en sal ook kyk na navorsing omtrent en die implementering van nie-dodelike roofdierbestuur metodes. Hierdie proses is reeds tot ‘n mate deur CSA gefasiliteer in die vorm van die Biodiversiteit en Rooivleis Inisiatief (BRI). Meat Naturally sal aangaan om op hierdie platvorm te bou en sal rentmeesterksap met privaat en meent-
boere uitbrei. Boere sal ondersteun word om boerdery tegnieke te implementeer wat die langtermyn ekologiese integriteit van opvangsgebiede, weivelde en unieke planten diere spesies se voortbestaan in beide die Noord- en OosKaap landskappe sal verseker. Daar is ‘n sterk fokus op die ontwikkeling en implementering van bestuursplanne vir plase wat bewarings- en boerdery kundigheid op ‘n doeltreffende wyse integreer. Die rentmeesterskap werk wat tot dusver in die Kamiesberg gedoen is, asook in die Steinkopf area waarna die rentmeesterskap program uitgebrei word, sal onder hierdie model gekonsolideer word. Bykomend hiertoe sal Meat Naturally ook ‘n sterk fokus hê op samewerking met slagpale, boereverenigings en kleinhandelaars om die voorsieningskanaal as hefboom te gebruik om ekologiese en sosiale volhoubaarheid in kleinveeboerdery in Namakwaland te bewerkstellig. Dit sal beteken dat CSA saam met boere wil werk om die beskikbaarheid van volhoubare geproduseerde vleis te vermeerder. Die gedagte is om ‘n drievoudige benadering tot die proses te neem: Bemarkingsgeleenthede wat as deel van Meat Naturally geïdentifiseer of geskep word, kan dan dit die moeite werd maak vir boere om volhoubare boerdery metodes te implementeer. Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid kan ook as hefboom gebruik word om boere te ondersteun in die implementering van volhoubare boerdery praktyke. Vir meer inligting kontak die Springbok kantoor by 027-7181565.
CNBC film in Namakwaland SKEPPIES en CSA filmsterre vir ‘n dag!
SKEPPIES PROJEKBESTUURDERS Vera Engelbrech en Earl Muller, asook CSA personeel Amanda Bourne, Arthur Cloete, Ronnie Newman, Rouchet Cloete en Sarah Frazee, het middel Maart die kans gehad om hul akteurstalente uit te haal. Die vyf was soos wafferse filmsterre verfilm as deel can die besigheids en televisie netwerk CNBC Afrika Televisie. Die twee kort films is deel van ‘n reeks programme wat oor CITI Group befondste projekte in Afrika handel asook hulle werk met CSA. Die verfilmingswerk is deur Man makes a Picture verfilm en Roy Schechter van Amerike het Citi Group, wat die SKEPPIES projekte befonds het, verteenwoordig en het meegedoen aan die twee dae se aktiwiteite. Natalie Becker van Man makes a Picture, het op professionele en met baie geterg en grappies die “filmsterre” op hul gemak gehou en onderhoude met hulle gevoer.
foto deur ©CSA: Vleis Natuurlik uit Namakwaland!
CSA help klein besighede SKEPPIES skenk Klimaats Moniterings toerusting aan NAM Petroleum
foto deur ©CSA: Rouchet Daniels, Ronnie Newman speel filmster.
OP VRYDAG 1 Februarie 2013 het die SKEPPIES span by CSA se Springbok kantoor Klimaats Monitering toerusting aan die span van NAM Petroleum op Concordia oorhandig. Die toerusting bestaan uit die volgende: ‘n Termometer, Reënmeter en Klimaatsdagboek om rekords te hou van die weerpatrone in Concordia. Die rekords kan deur besighede gebruik word vir kort sowel as langtermyn beplanning. NAM Petroleum vervaardig Bio-Diesel van gebruikte kookolie, wat voorkom dat die olies op ons vullishope beland en die omgewing besoedel. Die gebruik van Bio-Diesel of ‘n kombinasie van Bio-Diesel en gewone diesel lei tot ‘n kleiner koolstof voetspoor wat klimaatsverandering teenwerk. Die SKEPPIES kleinfonds meganisme het vir Earl Muller die eienaar van Nam Petroleum gehelp om sy besigheid op die been te bring omdat die besigheid die waardes van SKEPPIES naamlik – ALMAL WEN DEUR BEWARING! – verpersoonlik. Earl Muller die eienaar van Nam Petroleum, sê dat die toerusting hom goed te pas sal kom omrede die ekstreme variasies in die klimaat van Namakwaland die produksie van die Bio-Diesel beinvloed. vvlg op bl 5.
Leliefontein se mense is lief vir hulle veld!
foto deur ©CSA -Ronnie Newman, van CSA oorhandig ‘n veld ekologie handboek aan Mnr Rooi van die Leliefontein Eko-skool as deel van die Love Our Veld vieringe in Leliefontein - lees meer op bl 10...
Groot, nuwe studie vir weiding en vleilande kom in Leliefontein
-
lees meer op bl. 121