Kom Speel & Leer Bybel - Afrikaans

Page 4

Hallo jy! Ek is saam met jou bly dat jy hierdie prente-Bybel in jou hand vashou. Glo my, jy gaan nou ’n opwindende reis deur die Bybel neem. Ek het spesiaal twee karakters, Sammy en Amy, vir jou geskep wat jou vriende op hierdie Bybelreis gaan wees. Jy gaan saam met hulle deur die Bybel beweeg, die Bybelkarakters ontmoet en só belewe hoe wonderlik die Bybel is. Eintlik wil Kom speel en leer jou help om die Bybel te lees soos Christene dit deur die eeue al gedoen het. Elke keer as hulle die Bybel gelees het, het hulle hulle verbeel hulle is binne-in die Bybelstorie. Op dié manier het hulle ervaar dat God vandag nog met sy kinders praat. So word Bybellees een groot Wow! My gebed is dat jy, nadat jy dit gelees het, nooit weer dieselfde sal wees nie én verseker die volgende sal weet: Jesus het my lief, dit weet ek verseker, want die Bybel leer dit vir my! Ek weet jy gaan die leesavontuur sommer baie geniet.. Groete

Oom Ewald van Rensburg


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.