Hierdie unieke interaktiewe kleurvol geïllustreerde storieboek Bybel wil met die
hulp van twee kinderkarakters, Sammy en Amy, kinders tussen die ouderdom 7-
10 jaar help om “binne in die Bybel te klim” asof hulle self daar saam met die
Bybelkarakters is. Op hierdie verbeeldingryke manier sal kinders ontdek
hoe relevant die Bybel vandag nog vir hulle lewens is, hoe sinvol geloof is én hoe
wonderlik dit is om ’n kind van God te wees.