Skip to main content

Carike, Ghoempie en Ghoeghoe kuier in Kinderland 2

Page 24

4. Die brandweerman

G

hoempie en Ghoeghoe gaan kuier vir hulle maats Frikkie en Ansa in Kinderland. Toe hulle by Ansa se huis kom, sien hulle dat sy baie hartseer is. “Wat is fout?” vra hulle. “My katjie sit in die boom. Hy kan nie uitkom nie.” Ansa huil harder. “Frikkie, kom ons klim in die boom en red die kat.” Ghoempie begin klim. Ná ’n rukkie word hy bang, want die boom is baie hoog. Hy weet nie of hy weer sal kan afklim nie. “Julle moet aan iets dink om te doen. Ek kan nie hoër opklim nie en ek sukkel om af te klim.” Dan onthou Ghoeghoe ’n liedjie oor die brandweerman wat katjies uit bome haal.

23 2 Kuier in Kinderland .indd 23

6/24/12 4:19:35 PM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Carike, Ghoempie en Ghoeghoe kuier in Kinderland 2 by Christian Media Publishing - Issuu