Issuu on Google+


Carike Keuzenkamp

G e s k ry f d e u r l i n da Ko r s t e n

Ge誰llustreer deur Annette van Zyl

2 Kuier in Kinderland .indd 1

6/24/12 4:15:08 PM


Hallo weer Maatjies Welkom terug in Kinderland. Vandat ons saamgekuier het in ons eerste boek, het ons baie nuwe dinge geleer en was ons op vele avonture. Wanneer Mamma of Pappa vir jou die stories lees, kyk na die prentjies om te sien hoeveel van ons mense-en-dierevriende jy kan opspoor. Aan die einde van elke storie is daar ook ’n spesiale boodskappie vir jou. Daar is ook ’n pret-saamsing-liedjie vir elke storie. Kom saam op ons avonture!

Carike, Ghoempie en Ghoeghoe

2 Kuier in Kinderland .indd 2

6/24/12 4:15:34 PM


Inhoud 1. Ghoeghoe raak weg 2. Die reÍnboog 3. Ghoempie kry ’n hondjie 4. Die brandweerman 5. Ons is lief vir ons land

2 Kuier in Kinderland .indd 3

4 10 16 22 28

6/24/12 4:15:41 PM


4 2 Kuier in Kinderland .indd 4

6/24/12 4:16:07 PM


1. Ghoeghoe raak weg

G

hoempie en Ghoeghoe is opgewonde. Hulle gaan in Kinderland kuier. Op pad daarheen kyk Ghoeghoe na al die blommetjies langs die pad. Sy sien ’n voëltjie in die boom sit. Sy gaan staan en praat met hom. Ghoeghoe sien nie dat Ghoempie verder loop nie. Toe Ghoeghoe weer kyk, is Ghoempie weg. Sy loop in die straat af en kyk of sy hom sien. Maar Ghoempie is weg. Ghoeghoe word bang, want sy weet nie waarheen sy moet gaan nie. Intussen stap Ghoempie fluit-fluit in die straat af. Hy draai om om met Ghoeghoe te praat, maar sy’s nie daar nie. “Ghoeghoe, waar is jy? Kom, ons moet aanstap.”

5 2 Kuier in Kinderland .indd 5

6/24/12 4:16:09 PM


Maar Ghoeghoe is weg. Almal begin na haar soek. Hulle soek in elke straat en by elke huis, maar kry haar nêrens nie. Ghoeghoe begin huil. “Ghoempie, waar is jy? Ek is bang!” Sy gaan sit op ’n klip. Toe onthou sy mense in uniforms sal ’n mens help. Sy moet so iemand soek. Sy sien ’n polisieman op die straathoek staan. Sy hardloop na hom toe en vertel vir hom dat sy weggeraak het. Sy is op pad na Marie se huis, maar sy weet nie waar dit is nie. Die polisieman is vriendelik en neem haar hand. Hy sê hulle sal vir Ghoempie gaan soek. Hy sê ook sy moet nooit met vreemde mense praat nie. Skielik sien Ghoeghoe vir Ghoempie. Sy hardloop na hom toe. “Ek wil nooit weer verdwaal nie. Dankie, meneer Polisieman, dat jy my gehelp het om vir Ghoempie te kry.”

6 2 Kuier in Kinderland .indd 6

6/24/12 4:16:20 PM


7 2 Kuier in Kinderland .indd 7

6/24/12 4:16:30 PM


As jy ooit verdwaal, moenie sommer met enigiemand praat nie. Soek iemand in ’n uniform soos ’n polisieman of ’n juffrou by die skool. Moet ook nooit toelaat dat vreemde mense aan jou raak nie. Moenie lekkers by hulle neem nie. Gaan vertel dadelik vir iemand wat jy ken as vreemde mense jou pla.

8 2 Kuier in Kinderland .indd 8

6/24/12 4:16:58 PM


Kan jy die mense wat jou sal help hier sien? Sien jy ook die mense met wie jy niĂŠ moet praat nie?

9 2 Kuier in Kinderland .indd 9

6/24/12 4:17:00 PM


V

2. Die reënboog

andag is Ghoempie en Ghoeghoe weer op pad Kinderland toe. Hulle kom by die reënboog om af te gly. Skielik steek Ghoeghoe vas. “Waar kom die reënboog se kleure vandaan?” Hulle gaan na ouma Ghoemp toe, want sy weet alles. Hulle gaan sit op ’n stomp en Ouma vertel vir hulle die storie hoe reënboog sy kleure gekry het.

10 2 Kuier in Kinderland .indd 10

6/24/12 4:17:23 PM


11 2 Kuier in Kinderland .indd 11

6/24/12 4:17:26 PM


12 2 Kuier in Kinderland .indd 12

6/24/12 4:17:37 PM


“Lank gelede het Mot amper soos ’n skoenlapper gelyk. Hy het die mooiste kleure gehad: rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en pers. Sy ma het hom gewaarsku dat hy nie in die dag moet uitgaan nie. Hy moet veral nie in die reën vlieg nie. Hy mag net in die nag uitgaan. Maar Mot wou nie luister nie. Hy wou gaan kyk hoe sy kleure in die daglig lyk. Toe hy buite kom, het hy nie agtergekom dit reën nie. Mot het lekker in die reën gevlieg. Toe hy by die huis kom, was sy ma ontsteld, want ál sy mooi kleure was weg. Mot het in die spieël gekyk. Hy was skielik vaalgrys. Hy kon nie verstaan wat van sy kleure geword het nie. En hy was jammer dat hy nie na sy ma geluister het nie. Toe Mot die volgende oggend deur die venster kyk, het hy die mooiste kleure in die lug sien hang. Dit was dieselfde kleure as wat hy gehad het voordat hy in die reën gaan vlieg het.”

13 2 Kuier in Kinderland .indd 13

6/24/12 4:17:42 PM


Ken jy al die kleure van die reĂŤnboog? Ja, dit is rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en pers.

14 2 Kuier in Kinderland .indd 14

6/24/12 4:18:06 PM


Hier is prentjies met verskillende kleure. Kyk of jy die kleure kan opnoem. Luister ook na die Kleure-liedjie en sing lekker saam.

15 2 Kuier in Kinderland .indd 15

6/24/12 4:18:09 PM


3. Ghoempie kry ‘n hondjie

G

hoempie wil graag sy eie troeteldier hê – ’n hondjie. Mamma Ghoemp sê hy kan een kry, maar Ghoempie moet hom self versorg. Ghoempie noem sy hond Fifi. Fifi is oulik en hulle speel graag met die bal op die gras. Maar toe raak Ghoempie lui om vir Fifi te sorg. Dis te veel werk. Mamma Ghoemp moet hom elke dag herinner om vir Fifi kos en skoon water te gee.

16 2 Kuier in Kinderland .indd 16

6/24/12 4:18:31 PM


17 2 Kuier in Kinderland .indd 17

6/24/12 4:18:34 PM


18 2 Kuier in Kinderland .indd 18

6/24/12 4:18:42 PM


Ghoeghoe kom kuier en wil met Fifi speel, maar hulle kry haar nêrens nie. “Kyk, iemand het die hekkie oopgelos. Fifi het seker uitgeloop.” Ghoeghoe begin soek. Ghoempie gaan selfs met die reënboog Kinderland toe om daar te soek. Maar hulle kry nie vir Fifi nie. “Ek dink Fifi het weggeloop omdat ek haar nie versorg het nie!” Ghoempie huil. Hy verlang na Fifi. Hy wonder of Fifi bang is so alleen. Net toe hulle dink hulle gaan nooit weer vir Fifi sien nie, kom Ghoekie, ’n vriend, daar aan met Fifi. Almal is bly om vir Fifi te sien. Mamma Ghoemp gee dadelik raad. “Ek dink Fifi is baie honger. Sy is nog klein en kan nie na haarself kyk nie.” Ghoempie gee dadelik vir haar kos en skoon water. Daar is iets wat Ghoeghoe nie verstaan nie. “Hoekom kan diere soos hasies na hulleself kyk, maar hondjies nie?” Mamma Ghoemp verduidelik dat elke dier sy eie maniere het. Ghoempie lag. “Ek wonder wie se troeteldier ek kan wees. Hy beter net goed na my kyk!”

19 2 Kuier in Kinderland .indd 19

6/24/12 4:18:46 PM


Onthou, as jy ’n troeteldier kry, of dit nou ’n hondjie, katjie, vissie of hamster is, moet jy hom goed versorg. Hulle elkeen eet ander kossies en moet anders versorg word, want hulle is nie almal dieselfde nie.

20 2 Kuier in Kinderland .indd 20

6/24/12 4:19:10 PM


Dier

e het

manie en re. Elkee n het sy giere. Elke dier do

g. n i ie d e y s

Luister na die Dieremaniere-liedjie en hoor watter maniere die verskillende diere het.

21 2 Kuier in Kinderland .indd 21

6/24/12 4:19:12 PM


22 2 Kuier in Kinderland .indd 22

6/24/12 4:19:33 PM


4. Die brandweerman

G

hoempie en Ghoeghoe gaan kuier vir hulle maats Frikkie en Ansa in Kinderland. Toe hulle by Ansa se huis kom, sien hulle dat sy baie hartseer is. “Wat is fout?” vra hulle. “My katjie sit in die boom. Hy kan nie uitkom nie.” Ansa huil harder. “Frikkie, kom ons klim in die boom en red die kat.” Ghoempie begin klim. Ná ’n rukkie word hy bang, want die boom is baie hoog. Hy weet nie of hy weer sal kan afklim nie. “Julle moet aan iets dink om te doen. Ek kan nie hoër opklim nie en ek sukkel om af te klim.” Dan onthou Ghoeghoe ’n liedjie oor die brandweerman wat katjies uit bome haal.

23 2 Kuier in Kinderland .indd 23

6/24/12 4:19:35 PM


Sy en Ansa gaan bel die brandweer terwyl Frikkie vir Ghoempie uit die boom help. Gelukkig is die brandweer se nommer langs die telefoon. Gou-gou hoor hulle ’n vreeslike lawaai. Dis die sirene van die brandweerwa. “Hoera! Die katjie gaan gered word!” Ghoeghoe en Ansa klap hande. Die brandweermanne katrol die leer uit. Dan klim een teen die leer op en haal die katjie uit die boom. Ansa is so bly om weer haar katjie te hê dat sy skoon vergeet om dankie te sê. Maar Ghoeghoe onthou darem. “Baie dankie, meneer Brandweerman. Nou weet almal julle maak nie net vure dood nie. Julle help ons ook met ander dinge. Hiep, hiep, hoera!” Almal is bly die brandweermanne het vir Ansa gehelp. Nou kan hulle gaan speel.

24 2 Kuier in Kinderland .indd 24

6/24/12 4:19:52 PM


25 2 Kuier in Kinderland .indd 25

6/24/12 4:19:53 PM


Onthou, as jy in die moeilikheid is, is daar baie mense wat jou kan help. Ons moet dankie sĂŞ dat hulle daar is vir ons. Vra vir Mamma of Pappa om al die belangrike telefoonnommers neer te skryf en dit langs die foon te los.

26 2 Kuier in Kinderland .indd 26

6/24/12 4:20:17 PM


Hier is prentjies van mense wat ons help. Kan jy hulle herken?

27 2 Kuier in Kinderland .indd 27

6/24/12 4:20:19 PM


5. Ons is lief vir ons land

G

hoempie en Ghoeghoe kuier nou al lank in Kinderland. Ghoeghoe verlang huis toe. “Kom ons gaan terug na Ghoempieland. Ek verlang na my ander maatjies.” Net voordat hulle op die reënboog spring om terug te gaan, kyk Ghoempie rond. “Sjoe, hierdie land is darem pragtig. Kom ons kyk eers weer na alles voordat ons teruggaan.” Hulle gaan Kaapstad toe. Daar sien hulle weer die groot berg wat soos ’n tafel lyk, Tafelberg. Die see is mooi blou en die son skyn helder daarop.

28 2 Kuier in Kinderland .indd 28

6/24/12 4:20:39 PM


Hulle gaan stap deur die groot bos in Knysna, en sien selfs vir Grootvoet, die olifant, tussen die hoë bome skuil. Hulle gaan verby ’n groot rivier, die Vaalrivier. Die boere gebruik die water om die lande nat te lei sodat die mielies kan groei. Hulle loop deur die groot stad Johannesburg en kyk na die hoë geboue en al die mense wat op pad is werk toe.

29 2 Kuier in Kinderland .indd 29

6/24/12 4:20:41 PM


Net voordat hulle huis toe gaan, maak hulle ’n draai in die Wildtuin. Daar sien hulle baie wilde diere – leeus, renosters, luiperds, buffels, olifante en baie soorte bokke. Ghoeghoe wil daar bly. “Dit is die heel mooiste land. Almal moet dit oppas.” Ghoempie stem saam, maar dis tyd om terug te gaan na Ghoempieland. “Ons sal weer in Kinderland kom kuier.” Hulle spring op die reënboog en gly tot in Ghoempieland. Dis lekker om weer by die huis te wees.

Luister na die liedjie, Ons land. Dit vertel hoe mooi ons land regtig is.

30 2 Kuier in Kinderland .indd 30

6/24/12 4:21:02 PM


Het jy al gesien hoe mooi ons land is? Daar is soveel plekke waarheen ’n mens kan gaan. Maar ons moet mooi kyk na ons land. Ons moet help om alles te bewaar en skoon te hou.

31 2 Kuier in Kinderland .indd 31

6/24/12 4:21:08 PM


CMP Kids ’n druknaam van Christelike Media Publikasies, Posbus 4502, Durbanville 7551 www.christianmediapublishing.com Reg no: 2010/008573/07 Illustrasies Christelike Media Publikasies © Teks Linda Korsten © Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname, laserskyf of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Alle regte van die vervaardiger en eienaar van die werk wat geproduseer word, word voorbehou. Openbare uitvoering, uitsending en verhuring, direk of indirek, van hierdie CD word verbied. Carike Keuzenkamp se deelname aan die publikasie en uitreiking word moontlik gemaak met die vriendelike samewerking van Sony Music. Ghoempie en Ghoeghoe® is ’n geregistreerde handelsmerk en word beskerm deur Suid-Afrikaanse kopieregwette, handelsmerkwette en ander wette wat in die Republiek van Suid-Afrika van toepassing is, asook deur internasionale konvensies en wette van ander lande. Carike Keuzenkamp is die eienaar van alle intellektuele materiaal en in beheer van alle intellektuele goedere.

Sony Music-projekbestuur: Liza Kleynhans & Albertus Kotze

Outeur: Linda Korsten Illustrasies: Annette van Zyl Ontwerp, setwerk en omslagontwerp: Trinity Loubser Fry Publikasiebestuur: Noeline Neumann Gedruk in China Eerste uitgawe, eerste druk 2012 ISBN 978-1-920460-33-4

2 Kuier in Kinderland .indd 32

6/24/12 4:21:24 PM



Carike, Ghoempie en Ghoeghoe kuier in Kinderland 2