ALGEMEEN Annelien Pienaar se opleiding was in Franse kookkuns, maar sy bedien dit met ‘n passievolle boerekos-kinkel. Nou kan u deel in Annelien se fynere kunsies en geheime resepte wat ‘n restaurant-eindproduk tot gevolg het! Sy sal voortaan in elke uitgawe van die Ons Eie, ‘n unieke nuwe resep met ons lesers deel.
Hoender Satay
V
andeesmaand deel Annelien met ons die volgende resep:
Hoender Satay met ‘n Pindasous en Aromatiese rys Nasi Goreng (Hollandse rysdis) Rys is seker een van die veelsydigste stysel soorte ter aarde. My buurvrou is ‘n Hollander en maak regtig heerlike aromatiese geregte. Ek’t ‘n paar keer haar weergawe van ‘n Rijs tafel beleef en dit is net uit ‘n ander wêreld! Ek hou van die omelet stukkies oor die rys met die brandrissie stukkies (wat ek verminder in die resep en met soetrissie / greenpepper vervang) Verder is alles baie eenvoudig. Wanneer ons rys kook, is daar soveel teorieë oor hoe om dit te kook, dat ek nie my kop breek oor die kook van gewone lang korrel rys nie. Ek het as student geleer om die rys eers goed te spoel met koue water. Daarna, moet die rys met nét genoeg water stadig gekook word en so twee keer tydens die kookproses met warm water gespoel word om los vlokkies te kry en ‘n klewerige eindproduk te vermy. Ek gebruik vir elke koppie rys 3 tot 4 koppies water om dit gaar te kook. Een koppie rou rys kan 4-6 persone voed. 4 koppies gaar basmatirys rys of enige lang ryssoort 1 rooi ui fyn gekap 1 teelepel knoffel fyn 1 toontjie gemmer wortel fyn gekap 1 eetlepel fyn dill tippies gedroog of tiemie 5 eetlepels olyfolie 1 teelepel brandrissie vlokkies 2 eiers sout en peper na smaak Voorverhit ‘n pan en klits eiers apart. Maak ‘n omelet, maar moenie oorvou nie, los oop soos ‘n pannekoek. As dit gaar is plaas eenkant om af te koel. Verhit pan weer en voeg olyfolie en ui by en braai liggies. Voeg knoffel en al die ander geurmiddels by. Haal van hitte af en roer die rys by. Sny omelet in lang repe en vou by die rys in.
www.suidwes.co.za
Haar kookboek, Boerekos met ‘n Twist, het in Julie 2017 verskyn en is reeds ‘n weghol sukses! Besoek gerus haar webtuiste by www.annelienpienaar.co.za vir meer inligting.
Hoendersosaties met ‘n sousie by is een van my gunsteling happies om in my Fili- styne se kosblikke te pak. In die Boerekos met ‘n Twist kookboek is daar Ouma Hantie se Knoffelroomsous en op die webtuiste die Pindakas sous. Marineer die hoender in ‘n eenvoudige jogurt- en olyfoliesous om dit heerlik en sappig te kry. Ryg gerus ook stukkies groente tussen die vleis in indien jy verkies om so ‘n char grilled smaak in die sosaties te kry.
½ ¼-½ ¼ 2 2
6 groot hoenderborsies 6 lang sosatie stokkies vir 2 ure in yswater geweek 1 koppie gewone jogurt of appelkoos jogurt ¼ koppie olyfolie ¼ teelepel matige kerrie poeier (sambal) ¼ teelepel fyn knoffel ¼ teelepel fyn gemmer 1 teelepel fyn fenegriek (fenugreek by Nature’s Choice se rak produkte) sout en peper na smaak
Braai die ui tot sag in olyfolie in diep kastrol. Voeg die suiker, knoffel, komynsaad, kerrie en paprika by en braai vir nog een minuut. Voeg die tamatiesous en sojasous by en braai vir nog een minuut. Haal die kastrol van die hitte af en roer die grondbone botter by.
Sny die borsies in 8 stukkies en ryg op stokkies - moenie te styf ryg nie, want die marinade moet tussen die vleis kan in gaan.
Roer tot glad en verwerk tot fyn met blender stick of voedeselverwerker. Voeg dan so ‘n kwart koppie klappermelk by en meng tot glad. Besluit of jy ‘n dik of dun sous verkies en pas dan die samestelling aan.
Meng die res van die bestanddele saam en giet oor die sosaties. Marineer in yskas vir 2 ure of langer. Ek vries die vleis ook so en haal uit en gebruik soos nodig.
1 5 ¼
teelepel matige kerrie poeier teelepel brandrissie vlokkies teelepel gerookte paprika eetlepels tamatiesous eetlepels sojasous (woestersous is ook geskik) eetlepel bruinsuiker eetlepels grondbone botter opgehoop koppie – ½ koppie klappermelk of klapperroom of melk sout en peper na smaak
Nou kom die hele geheim van Pindasous… MOENIE die grondbone botter laat kook nie. Dit moet net smelt, anders skei die olies.
WEN!
Braai die sosaties oor die kole of op ‘n riffel pan wat goed vooraf verhit is.
Pindasous Wat is Pindasous? Dit is ‘n grondbonebotter-basis sous en vir my seker een van die wonderlikste souse met geure wat eenvoudig net ongelooflik goed saamwerk. Hierdie sous is uiters veelsydig en kan vir ‘n verskeidenheid geregte gebruik word. Vir my is die eerste en lekkerste gebruik seker die tradisionele Nasi Goreng bedien met ‘n vark of hoender satay. My Filistyne is lief daarvoor oor Franse roosterbrood, wafels, plaatkoekies en ook doopsous vir groentebord happies. Ek pak gereeld vir my jongste ‘n houertjie sousie en groente stokkies in vir skool. ½ 3 1 1
koppie ui, fyn gekap eetlepels olyf olie teelepel fyn knoffel, op gehoop teelepel komyn saad (cumin)
Februarie Maart 2018
Stuur vir ons ‘n foto van hoe jy dié resep gemaak en voorgesit het en staan ‘n kans om een van twee Boerekos met ‘n Twist resepteboeke te wen. Stuur inskrywings na johan.vanzyl@suidwes.co.za
37