Esprit de corps (jan feb 2016)

Page 1

Suidwes Landbou

www.suidwes.co.za

jan•feb 2016 betroubaar • integriteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

O my media! >20

Botlhokwa jwa go boloka chelete >6

Droogtehulp >8 stroom in

mpy-esprit 3 >6 personeel-esprit 13 pitkos 20 popcorn 25 agterstoep 28

>15

>25


Suidwes Landbou

www.suidwes.co.za

inhoud mpy-esprit

Hulle sê mos: 'Nuwe jaar nuwe dinge." Die belangrikste 'nuwe' by Suidwes is die aanstelling van dr Herman van Schalkwyk as Hoof Uitvoerende Beampte. esprit gaan binnekort by hom kuier om die mens agter die pos te ontmoet. Lees intussen meer oor hom op bl 4. As jy aan die post-vakansie-sindroom ly, lees gerus op bl 5 hoe om dié jaar beter met jou inkomste te werk en watter slaggate om te vermy. Min kinders het deesdae nie toegang tot sosiale media nie. Weet jy as volwassene self wat die verskil tussen die verskillende kommunikasietoeps (apps) is? esprit kyk na die mees algemene toeps waartoe jou kind toegang het. Die uitgawe van esprit gaan beslis die moeite werd wees om te hou.

'n i by draa el vir n ' k k Maa treiwin rings! Kon t bespa groo

okt/nov se

kompetisiewenners wat is die prentjie? Peekaboo!

Gerhardt Schonken (Wolmaransstad Handel) is hierdie maand die wenner. Baie geluk! Die detail kom uit die foto op bl 24 in die vorige uitgawe. Die boek Gesonde Seks sal binnekort aan jou gestuur word.

wegsteekkompetisie Die korrekte aantal waatlemoene wat in die vorige uitgawe versteek was, was 18 Baie geluk aan Breggie Bam (Krediet­ kontroleur). Die boek Elton amper famous April en Juffrou Brom sal binnekort aan jou gestuur word.

Die redaksie en medewerkers van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za

Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719

Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van die Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie. Die redaksie behou die reg voor om artikels te redigeer en oor plasings te besluit.

2

die gees van ons mense

Analie Kotze – analiek@suidwes.co.za Annie Modiakgotla – anniem@suidwes.co.za Annemarie Fouché – annemarief@suidwes.co.za Corrie Marais – corriem@suidwes.co.za Elrina van Heerden – elrinavh@suidwes.co.za Ettiene van der Merwe – ettienevdm@suidwes.co.za Joey van Rensburg – joeyvr@suidwes.co.za Karina van Zyl – karinavz@nwet.co.za Lanelle Loots – lanellel@suidwes.co.za Marlis de Greeff – marlisdg@suidwes.co.za Marion Fouché – marionf@suidwes.co.za Riekie du Preez – riekiedp@suidwes.co.za Sunelle van Rooyen – sunellevr@suidwes.co.za Talita Verwey – talitav@suidwes.co.za Zelda van Reenen – zeldavr@suidwes.co.za

’n Positiewe blik op die toekoms 3 Kortliks 4 Beleef jy post-vakansie KNYP 5 Botlhokwa jwa go boloka chelete 6 You will reap what you sow 6 5 do’s and don’ts of spending your hard-earned money 7 Ken jou regte by skuldinvordering 7 Droogtehulp: HULP stroom in van alle oorde 8 Verligting vir veeboere 10 Reivilo glimlag breed 10 Boshof ontvang sy deel 11 Bothaville hou boeredag 11 Hoe die droogte rpyse beïnvloed 11 Boerekos en goeie diens 12 Saam-saam hol hulle aftrede kaf 12

personeel-esprit Langasems en die langpad 13 Vang die oomblik vas 14 Sing vir die land[bou] 15 ’n Lewe in liefde geleef 16 Langdienstoekennings 16 Lief en leed 17 Soos in 'n sprokie 18 Mooi getooi vir hulle groot aand 18 Juffrou Precious 18 Die wet nou aan sy kant 18 Alfred spog met prestasie 18 'Singing in the rain' 19 Leerders blink uit 19 Meg vereer harde werk 19

pitkos Fokus op sosiale media: O my media! Hou aan gesels Ons bly maar sosiale diere

20 22 22

Die blink kant van sosiale media Kan kinders stres beleef?

23 27

popcorn-pretblad Gesondheid op die sportveld Kompetisies en uitslae Valentynsdag is pret

25 26 27

agterstoep Bly in die oomblik Kompetisie: wat sê die prentjie?

28 28


O

ns staan in die eerste kwartaal van 2016. Nog ’n jaar is verby en in nabetragting weet ons dat dit nie altyd maklik was nie. ’n Mens kry die gevoel dat elke jaar net moeiliker en moeiliker word en dat dit net vinniger en vinniger verbygaan. Dit voel soms of ons op ’n “roller coaster ride” is en ons weet nie waar die einde is nie. Ons het dalk ’n geliefde deur die jaar verloor of miskien het ons ander beproe­ wings gehad. Ek glo daar was verseker ook baie goeie oomblikke gewees. In die Suidwes-gebied het droogte voortgeduur in die laaste kwartaal van 2015. Ons klante het weinig geplant tydens die optimale planttyd. Weidings het vinnig agteruitgegaan en ongekende veevrektes het voorgekom. Maer vee is teen ’n fraksie van die waarde verkoop. Die hele omgewing en sy mense is negatief hier­deur beïnvloed. Dit was die droogste jaar vandat aantekeninge hiervan gehou word, dit is ook die warmste jaar ooit, warm winde en stofstorms het voorgekom en die wisselkoerse het tot rekordvlakke verswak. Suid-Afrika gaan waarskynlik as beleggingsland tot “junk” status verklaar word, rentekoerse begin styg ens.

So breek 2016 aan.

In heelparty van ons se verwysingsraamwerke is dit die eerste keer wat ons baie dinge ervaar. En ons weet nie hoe om dit te hanteer nie. Ons raak opstandig en verbitterd. Weervoorspel­ lings bly presies wat dit is, voorspellings. Die dokters, apteke en drankwinkels beleef ’n uit-

maatskappy-esprit

’n Positiewe blik op die jaar Ek het gehoor van takke wat twee uur die oggend oop­ gemaak het om saad aan boere te voorsien.

stekende groei in hul besighede. Vroeg in Januarie sien ek Oom Johan Haasbroek in die Leeudoringstad Kontreiwinkel. Hy sê vir my die jaar lyk presies soos 1965. Ek vra hom om my te vertel want ek is eers later daardie jaar gebore. Hy sê dit het in 1965 eers middel-Januarie begin reën en die boere het geplant. Dit het eers einde Mei geryp en die Koöperasie het ’n rekord aantal tonne ontvang. Ek besef dat om negatief te wees, ons nêrens gaan bring nie. Ons moet volhard in ons geloof, die Hemelse Vader het ’n plan wat ons nie altyd verstaan nie. Skielike veranderinge word waargeneem in die weerpatrone en dit het begin reën. Sommige plekke ontvang meer reën as ander en die gemoedere word baie beter. Daar heers nou ’n opgewondenheid want die boere het begin plant. Die Suidwespersoneel lewer uitstekende diens. Ek het gehoor van takke wat twee uur die oggend oopgemaak het om saad aan boere te voorsien. Baie dankie daarvoor! Boere het in die laaste twee weke van Januarie’n rekord aantal hektare geplant. Verlede jaar is nie net tot die 40ste Desember geplant nie, maar tot die 60ste Desember! Boere kon egter net die helfte plant as normaalweg.

Waar laat dit Suidwes?

Die 2016/17 jaar gaan geweldige uitdagings bring. Ons glo dat ons geseën sal wees met

opvolgreën en dat daar nie vroeë ryp sal wees nie. Die maatskappy se inkomste gaan steeds onder geweldige druk wees. Verho­ gings sal nie kan wees wat ons gehoop het of verwag het nie. Aanstellings is gevries, kapitaalspandering word teruggesny en alle moontlikhede word ondersoek om uitgawes te bespaar. Suidwes is behulpsaam met verspreiding van voer in die veegebiede.

Suidwes ondersteun veeboere

Die direksie het finansieringskemas goedge­ keur om veeboere in die moeilike tye te ondersteun. Suidwes het volledige finansie­ ringsprodukte om ons klante te onder­steun. Daar is egter sekere wetge­wings waaraan voldoen moet word. Hierin het ons geen keuse nie. Personeel moet klante aanmoedig om vroegtydig met die Verhoudingsbestuurders oor hulle finansieringsbehoeftes te gesels. Suidwes het in meer as 100 jaar planne vir baie uitdagings gemaak. Ek glo en is oortuig daarvan dat ons vir dié jaar ook planne sal maak om die uitdagings suksesvol te kan bestuur. Oor ’n jaar sal ons kan terugkyk op nog ’n suksesvolle jaar. Die Hemelse Vader sal vir ons die pad wys. George Potgieter Waarnemende Groep HUB

januarie • februarie 2016

esprit de corps

3


<kortliks>

maatskappy-esprit

Onthou Suidwes se waardes

kortliks

Nuwe HUB neem oor op 1 April Die Direksie het besluit om dr Herman van Schalkwyk met ingang van 1 April 2016 as Groep Hoof Uitvoerende Beampte van die Suidwes Landbou aan te stel. Dr Herman van Schalkwyk was sedert 2010 tot einde 2015 die rektor van die Potchefstroomkampus van die NoordwesUniversiteit. Hy was sedert 1 Januarie 2016 die besturende direkteur van Aginfo wat hom toelê op die verskaffing van landbou-inligting en advies aan die landbousektor. Hy het sy merk gemaak as akademikus en vooraanstaande landbou-ekonoom, maar dit is veral sy uitstaande leierskap waarvoor hy erkenning kry. Voor sy aanstelling as rektor was hy die dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by die Universiteit van die Vrystaat. Hy het in 1990 ’n BCom-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal en daarna ’n honneursgraad en MCom cum laude (1992). In 1995 het hy sy PhD in landbou-ekonomie ook aan die UP behaal. Hy is in 2007 deur die minister van landbou as lid van die Nasionale Landboubemarkingsraad aangestel en in 2008 as die adjunkvoorsitter van die raad van die Landbank. Hy het ook vir 18 maande waargeneem as voorsitter van die raad van die Landbank. Dr Van Schalkwyk was ’n konsultant vir die Wêreldbank en ander Suid-Afrikaanse instansies. In 2011 is hy deur die Landbouskry­ wers van Suid-Afrika as Nasionale Landboukundige van die Jaar aangewys. Die Direksie wil bevestig dat die Suidwes Groep ’n besigheidstra­ tegie volg en dat daar nie in die nabye toekoms wesenlik hiervan afgewyk sal word nie. Besigheid sal dus voorgaan soos normaal. Ons uitdaging is steeds om in die huidige moeilike landboutoestande positief te bly en soos in die verlede uitstekende klantediens te lewer. Sodoende sal Suidwes “Die Eerste Keuse” bly. Dr van Schalkwyk word in die Suidwes-geledere verwelkom en die hoop word uitgespreek dat die Suidwes Groep onder sy leiding van krag tot krag sal gaan. Hansie Viljoen

Voorsitter: Suidwes Groep

4

die mense die gees geesvan vanons ons mense

Beste kollega U is sekerlik bewus van die rol wat sosiale media soos Facebook, Twitter ens. vandag speel om mense te laat kommunikeer en in verbin­ ding te hou. Hierdie sosiale media platforms hou egter ook gevare in omdat enige kommentaar wat mense daarop plaas baie vinnig deur ’n groot hoeveelheid mense gesien word. Ek verwys u spesifiek na die onlangse kwessies van Penny Sparrow en Chris Hart. Hoewel ons verstaan dat hierdie sosiale media-kommentaar dikwels deur ’n persoon in sy of haar persoonlike hoedanigheid geplaas word, is dit egter onmoontlik om die individu te verwyder van sy/haar werkgewer. Enige sosiale media wat deur u geplaas word, word gesien asof dit Suidwes se standpunt is, of dit so bedoel is of nie. Ons versoek u dus om versigtig om te gaan met sosiale media en die kommentaar of kommunikasie wat u daarop plaas, veral as die inhoud daarvan ander persone aanstoot kan gee. Ek verwys u na ons waardes, veral ’Respekvol’ en ’Eties’ en versoek u om elke kommentaar hieraan te meet: “Bewys hierdie kommentaar dat ek respekvol en eties optree?”. Suidwes sal nie huiwer om op te tree teen werknemers wie, direk of indirek, Suidwes betrek in die sosiale media sonder skriftelike goedkeuring van Suidwes nie. Ons doen dus ’n ernstige beroep op u om uiters verantwoordelik te wees met die gebruik van sosiale media. Ons waardeer u samewerking. George Potgieter

Waarnemende Groep HUB (Meer oor sosiale media op bl 20)

Kry die grond gesond Nvirotek het ’n werkwinkel gehou waar ’n oorsese spreker, dr Doris Blaesing, die grootste gedeelte van die praatwerk gedoen het. Sy is ’n assosiaatlid van ’n konsultante-organisasie in Australië en het haar doktorsgraad in tuinbou aan die Hanover Universiteit in Duitsland verwerf. Die tema was ’Monitor to Manage’ en het hoofsaaklik op grondgesondheid gefokus. Die opkoms vir die dag was ’bo verwagting’ het Dailena Pienaar, die HUB van Nvirotek gesê. Daar Dr Erik Adriaanse, dr Hendrik Smit, dr Doris was ongeveer 150 belangstellings Blaesing en Daleina Pienaar. waaronder boere, landbouadviseurs en ’n klompie akademici. Dr Hendrik Smith van NviroTek het ook ’n bydrae gemaak en die voordele van sommige toetsmetodes bespreek. Te oordeel aan die hoeveelheid vrae van die vloer af, het die sprekers beslis die denke geprikkel.


maatskappy-esprit

N

a die Desembervakansie, en met die begin van die nuwe skool- en universiteitsjaar, is die meeste van ons ’n bietjie in die knyp omdat ons te veel spandeer het. Kontantvloei raak nou ’n probleem en die versoeking is daar om eenvoudig die oproepe van krediteure te ignoreer. Dit is ook gewoonlik die tyd dat mense by mikroleners aanklop. Dit klink na ’n goeie idee om verligting te kry deur die onmiddellike geldtekort aan te vul – en die mikroleners is maar al te gewillig om te ’help’. Teen ’n prys natuurlik! Volgens die the SA Human Rights Commission (SAHRC) is meer as die helfte van Suid-Afrikaanse kredietverbruikers te diep in die skuld en dat mikroleners baie mense in die armer gemeenskappe benadeel. Jy is nie die enigste een wat met jou finansies stoei nie. Volgens ’n studie deur DebtSafe (’n

skuldhersieningsmaatskappy wat skuldberading doen) het 51% respondente aangedui dat hulle nie hulle skuld kan betaal nie en 41% oorbestee op hulle kredietkaarte. "Die gemiddelde Suid-Afrikaner bestee byna hulle totale inkomste om skuld terug te betaal. As mense nie skuld kan betaal nie, is die kans skraal dat hulle geld gaan spaar," sê Wikus Olivier, bestuurder van DebtSafe. Sowat 55% respondente het aangedui dat hulle geen spaarplan het nie. "Die belangrikste is om beheer te neem oor jou finansies sodat jy jou uitgawes kan meet. Ek beveel aan dat mense begin spaar, al is dit net 3% van hulle maandelikse salaris. Dit is ’n gesonde finansiële gewoonte wat mense moet aanleer. Dit is ook uiters belangrik dat mense hulle skuld delg en nie weer nuwe skuld aangaan nie. So breek jy die bose siklus," sê Wikus.

maatskappy-esprit

Beleef jy postvakansieKNYP?

Gesonde geldgewoontes • Bepaal presies hoeveel geld jy verdien (na alle aftrekkings) en wend ’n poging aan om binne jou vermoë te leef. • Stel ’n begroting vir jouself en jou huishouding op en hou daarby. • As jou uitgawes te hoog is, sal sekere huishoudelike uitgawes gesny moet word. • Moet geensins nuwe skuld maak nie – veral nie by mikroleners nie. Dit sal iewers in die toekoms terugbetaal moet word en dikwels teen ’n baie hoë rentekoers. • Belê jou geld waar jy ’n goeie opbrengs kan verwag. • Leer jou kinders van kleins af om verantwoordelik met geld te werk. Stel ’n goeie voorbeeld – as kinders sien dat hulle ouers elke keer ’n kredietkaart uitpluk om vir iets te betaal, gaan dit na die oplossing lyk.

vervolg op bl 6

januarie • februarie 2016

esprit de corps

5


maatskappy-esprit

goeie beginsels

You will reap what you sow

Botlhokwa jwa go boloka chelete Nna kgakala le bo Matshonisa, ka gonne ba kotsi, ba tla go tseela madi Be aware of loan sharks, they will take your money

6

die gees van ons mense

Ke nnete ha motsoga-pele a ne are o tla kotula se o se jetseng. Ka jalo e setse ele yona nako eo ya go tshimolola ga jaana ka go boloka, jaaka seane se re, tloga e tloga gale modisa wa kgomo o tswa natso sakeng. Go latela seemo sa naga sa ekonomi, re setse re ntse re utlwa kgapetsa kgapetsa ka koafalo ya ledi la rona kgatlhanong le di naga tsa Amerika, Britani le Europa mo diya le moyeng. Ka jalo re bona kgwetlho ya go tlhatlhoga ga ditlhwatlhwa tsa dijo le dithoto dingwe mo nageng, mme seo se tlise kgatelelo e kgolo mo bareking le badirisi. Ka dinako dingwe re a tle re iphitlhele re setse re i tsentse mo mathateng a dikoloto mme re ketefalelwe ke go di duela ha nako e ntse e tsamaya. Botlhoko jwa seo ke gore ha o retelelwa ke go duela dikoloto tsa gago ba o nang le tumelano le bona ba feleletsa ba go neela mo babueleding o be o feleletsa o

duetse molato wa gago go heta jaaka le ne le dumeletsane kwa tshimologong. Se se bakwa ke gore ba molao le bona go na le madi a ba a lopang mo go wena go duela ditshenyegelo tsa bona jaaka, dipampiri, megala go go lotsetsa, go romela morongwa wa kgotlha go neelana ka lekwalo topo jalo jalo. A ke maemo a a seng mantle tota mo go mongwe le mongwe, ebile go se ope yo o ratang go ipona a le mo seemong se se jalo. Go efoga se, ke ha fela re tla ithuta go boloka bonnye bongwe le bongwe jo re bo bonang le go dirisa chelete go bona tse re di tlhokang eseng tse re di batlang. Ke nnete gore go boloka go matsapa, mme ha re ka akanya ka maungo a re tla a bonang ka fa morago ga kgwetlho ya go boloka go ka nna botoka. A ke mantswe a kgakololo ka Nkagisang. Nkangisang Ditira Human Resources

It is true when the forefathers were saying you will reap what you have planted. So it is already that time to start saving. We are all aware of the weakening of the Rand against the Dollar, Euro and British pound and the impact on the South African economy. As the prices of food and other products increase, consumer and traders increasingly feel the pressure. We are more prone to borrow money and we sometimes find ourselves to be in debt and not be able to repay it. The biggest problem is when you are handed over to debt collectors and attorneys who charge administration fees. We end up paying much more than what we originally borrowed and agreed upon. To be in this situation is very unpleasant and stressful and it is better to avoid getting there in the fist place. The way to avoid this, is to start saving money – even if it is only a little each month. We should also begin to spend our money wisely. Only buy neccessary things that we really need and do not buy items that we want and desire. It is true that saving is painful and difficult, but when we reap the rewards, we experience a feeling of joy and happiness.


maatskappy-esprit

5 do’s and don’ts

1. Understand your financial situation If you don’t know how much money you have, or owe, it’s difficult to know how much you have available to save. 2. Track what you spend Tracking and analysing your spending is essential. Draw up a budget and try to stick to it. Make sure that you include essential categories in your budget, like savings, and not just the fun stuff. Technology can also help – programs are available that correlate your spending to your budget. There’s no real excuse not to stick to it. 3. Start saving now The earlier you start to save, the more you earn because of compound interest. Compound interest is when you earn interest on interest, so the longer your money is invested, the greater the amount at the end. This will really help when it comes to saving up for a deposit on a bigger home or a new car. 4. Pay yourself first Creating a scheduled transfer from your account into an investment account is a great way of ensuring that you look after yourself first! If you save just R200 per month, at an interest rate of 4.25%, you will end up with just under R190,000* over 20 years. If you increased that to R500 per month, you would get just under R480,000* back. 5. Save for a rainy day Things always happen when you least expect it – a tyre bursts, the medical aid is exhausted or your geyser floods the house. Be prepared for these expenses by keeping some cash available in an easily accessibly savings account.

1. Don’t ignore your debt If you have bills to pay, make sure you start paying them off immediately as a matter of urgency. Order your debt according to the interest that is being charged and pay off the debt with the highest interest rate first to avoid the interest owed becoming larger than your actual debt. 2. Don’t spend more than you earn Dipping into your savings, borrowing money or using credit, makes it easy to spend more than you actually earn. The problem is you need to pay this back and although it’s great now, it will lead to serious financial difficulty over time.

maatskappy-esprit

of spending your hard-earned money

3. Don’t give in to those impulse purchases Retail therapy is wrongly, but widely seen as one of life’s greatest pleasures. Stay away from blowing your budget at that shoe sale after you’ve already been to three others. Try not to buy things you don’t need, don’t really want or things you didn’t budget for. 4. Don’t fall for special offers Getting 10% off when you spend R1 000 sounds like a bargain but do you even need what you just purchased? There are multiple offers available, many of them come with a great new store card, but before you sign on the dotted line, consider what you are getting into, what is the interest on the card, what are the conditions? 5. Don’t touch your pension fund before you need to When switching jobs, it’s always enticing to dig into your pension fund and pay for those things you really want, like a new car or a holiday overseas. Saving for your future is essential, so whatever you do, don’t touch your pension fund or retirement fund before you have to as this will impact the growth.

Ken jou regte by skuldinvordering wanneer jy aan skuldinvor­ de­raars oorhandig word, onthou dat jy sekere regte het. Die trauma van so ’n oorhandiging is alreeds erg genoeg, die inligting hieronder kan jou help om nie deur hierdie instansies geboelie te word nie.

Wanneer word jou skuld aan ’n invorderingsmaatskappy oorhandig?

• As jy die krediteur se oproepe en briewe ignoreer, • as jy nie ’n ooreenkoms met die krediteur aangaan nie of • as jy ’n terugbetalingsooreenkoms met die krediteur het, en dit nie nakom nie. ’n Krediteur is enige instansie soos ’n winkel, apteek, dokter ens waar jy ’n rekening het of waar jy op skuld kan koop.

Agente wat skuldinvorde­ ring doen, tree dus namens die instansie op om uitstaande geld in te vorder. Prokureurs, agente van prokureurs of geregistreerde skuldinvorderaars verskaf hierdie diens namens die krediteure. Hulle is geregtig daarop om die uitstaande bedrag, plus wettige rente, administrasiekoste en beperkte invorderingsgelde van jou te verhaal. Ongelukkig is daar invorde­ ringsmaatskappye wat oneties optree en die wet* oortree.

Wat moet jy van skuldinvorde­ raars weet?­ As ’n skuldinvorderaar ’n fooi vir hul dienste hef, moet hulle by die Raad op Skuldinvorderaars geregi­streer wees. ’n Skuldin-

vorderaar mag nie: • Geweld gebruik of dreig om geweld teen jou of jou gesin te gebruik nie. • Jou of jou familie met liggaam­ like leed dreig nie. • Dreig om inligting aan jou werkgewer te verskaf nie. • Vals regsdokumente voorlê nie. • Hulself as polisiebeamptes, balju’s of beamptes van die hof voordoen nie, • Enige vals inligting oor jou kredietwaardigheid versprei of dreig om te versprei nie. • Meer fooie hef as deur die Raad op Skuldinvorderaars vasgestel nie.

Keer voor dit gebeur

Een van die grootste foute wat verbruikers maak, is om tot op die

laaste nippertjie te wag voor hulle met hulle krediteure in verbinding tree. Sodra jy agterkom dat jy nie meer jou maandelikse skuld kan betaal nie, kontak die krediteur dadelik om ’n afbetalingsooreenkoms aan te gaan. As jy betyds met die regte benadering die krediteur kontak, kan meer bekos­ tigbare betalingsplanne gereël word. Jy kan gerus hulp kry by skuldberaders. Hulle gaan jou kan help met die herstrukturering van jou skuld en met die onderhandelings vir paaiemente en rente­ koerse wat vir jou haalbaar is. e

*Die Nasionale Skuldinvordering Wet 114 van 1998 reguleer die proses van die invordering van skuld in Suid-Afrika.

januarie • februarie 2016

esprit de corps

7


< droogtehulp >

maatskappy-esprit

droogtehulp

"Hulp aan boere het uit soveel oorde ingestroom dat dit ’n mens ’n knop in die keel gee." George Potgieter

Bo: Dirkie Potgieter (links) van Potgieter Vervoer en Grondverskuiwing het die vervoer van die hoedermis gratis gedoen. Langs hom is die twee bestuurders van die vragmotors saam met Ben Aspelling, Naude Maree (Takbestuurder) en Rienkie Joubert. Regs: Rienkie Joubert deel ’n gelukkige oomblik met ’n boer wat van die hoendermis kom haal het.

Hulp stroom in van alle oorde “Dit is moeilik om ’n algemene prentjie van die droogtetoestand in Suidwes se bedieningsgebied te gee omdat die reënval so geweldig deur die streek wissel,” het Anton Jordaan, (HUB: Graan), gesê. Suidwes Landbou bied talle hulpmaatreëls aan sy boere. In ’n spesiale brief aan klante het George Potgieter (waarnemende Groep HUB), gesê dat boere die gemoedsrus moet hê dat Suidwes, as die boer se vennoot in boerdery, hulle sal bystaan sover dit prakties moontlik en binne die maatskappy se vermoë en bestaande wetgewing is.” “Hulp aan boere het uit soveel oorde ingestroom dat dit ’n mens ’n knop in die keel gee,” het George gesê. “Dit is won-

8

die gees van ons mense

derlik om te sien hoe ons land se mense kan saamstaan in tye van nood.” Hulp het van korporasies, organisasies, landbou-organisasies, vakbonde, welsynsorganisasies, radiostasies, dorpe, voorstede, kerke, skole, musikante, kuns­ tenaars en gewone lede van die publiek uit alle hoeke van die land na boere en ander droogte geteisterde mense gevloei. Daar is tot ’n veiling van droogtefoto’s gehou waarmee meer as R250 000 aan ’n hulpfonds geskenk is. In Suidwes se bedieningsgebied is daar naas finansiële hulp ook voer geskenk en water van oral aangery. Die foto’s hierby is getuienis daarvan dat daar nog soveel goedheid in die mensdom te vind is.

Pierre van de Venter (regs) en Wouter Coetzee, twee boere, was opgewonde en dankbaar vir die veevoer wat hulle ontvang het.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

So lyk 34 ton hoendermis wat by Shweizer-Reneke afgelaai is.

Plaaswerkers maak sakke vol hoendermis om as veevoer gebruik te word.

Die drywers van Potgieter Vervoer en Grondverskuiwing is trots om deel van die aksie te wees.

Die hoenderboere van Delmas het 15 vragte hoendermis van 34 ton elk aan boere in Noordwes geskenk. Suidwes Landbou het die mis ontvang en dit in die gebiede waar die nood die grootste is, laat aflewer.

januarie • februarie 2016

esprit de corps

9


< droogtehulp >

droogtehulp

Verligting vir veeboere ’n Mooier gesig as hierdie is moeilik om te kry. Trokke met bale veevoer het in Schweizer-Reneke aangekom en al wat leef en beef het die skouspel kom gade slaan. Mense het hulle hande saamgeslaan in dankbaarheid vir die skenkings wat so bietjie verligting sal bring.

Bo: Die bakkie van Vibro Bricks en Paving wat die vervoer van die voer gratis aangery het.

Reivilo glimlag breed Die aankoms van die trokke vol hoendermis op Reivilo (foto’s onder en regs) is met wye glimlagte ontvang. Boere van Boshof, Christiana, Reivilo, Schweizer-Renecke, Stella, Tosca en Vryburg kon die mis op die dorpe gaan oplaai om as veevoer te gebruik. Vervoermaatskappye soos Potgieter Vervoer & Grondverskuiwing het die rywerk gratis gedoen. Suidwes Landbou het die mis ontvang en dit in die gebiede waar die nood die grootste is, laat aflewer.

10

maatskappy-esprit

die gees van ons mense


maatskappy-esprit

HET JY GEWEET? Suid-Afrika is amptelik as ’n ’dorre streek’ geklassifiseer. Ons boer hier in een van die 30 droogste lande ter wêreld. Droogtetoestande hier volg ’n siklus wat gemiddeld elke 10 jaar herhaal, het die Departement van Water en Sanitasie einde verlede jaar tydens ’n media­geleentheid gesê.

maatskappy-esprit

Boshof ontvang sy deel

Suid-Afrika se jaarlikse gemiddelde reënval is 464 mm in vergely­ king met die 860 mm wêreldgemiddeld.

Hoendermis is ook op Boshof afgelewer. Die skenkings bied welkome verligting aan boere in droogtegebiede.

Bothaville hou boeredag

Op die boeredag wat op Bothaville gehou is, is gesels oor die hulp wat Suidwes Landbou aan die droogtegeteisterde boere aanbied. Agricol Telwedre-voere het ’n aanbieding gedoen oor goedkoper voer wat in die wintermaande gebruik kan word. Sowat 45 boere het die dag bygewoon.

Hoe die droogte pryse beïnvloed Hoewel daar intussen oor baie dele van die land goeie reën uitgesak het, is daar reeds skade gedoen. Vir baie mielieboere het die reën te laat gekom om te plant en dié wat laat geplant het, loop risiko van rypskade in die winter. Vir veeboere is weiding die groot knelpunt. Dr David Spies, ’n landbou-ekonoom aan die Skool vir Ekonomie aan die Noorwes Universiteit, sê die gebrek aan behoorlike weidingbestuur is, naas twee tot drie seisoene se droogte, ook ’n faktor wat veeboere beïnvloed. “Die rimpeleffek lei daartoe dat boere van diere ontslae moet raak en sodoende word markte deur ’n ooraanbod van vee beïnvloed, wat eenheidspryse vir produsente geweldig afdruk. Kleiner produ­ sente wat nie hierdie aanslag kan absorbeer nie, word geforseer om die mark te verlaat,” sê dr Spies.

Hy sê die produsente wat twee agtereenvolgende swak oesjare kan buffer, is slegs ’n handjievol. “Ongelukkig bring droogte, tesame met huidige stygings in insetkoste, heelwat laer uitsette en winste en veroorsaak dit ’n klimaat wat baie produsente selfs permanent uit die mark druk.” Die groot uitdaging vir die veeboer is om oor die finansiële en veral kontantvloeihekkies te kom terwyl hy poog om sy kudde weer tot normale vlakke op te bou. Voerproduksie is ook onder druk weens droogte en die skielike styging in die pryse van mielies en ander insetmiddele. Die herbou van ’n kudde kan enigiets van twee tot sewe jaar duur voordat die boer weer in vol produksie is. In hierdie tyd van na-droogte is finansiële beplanning kritiek. Uittreksel uit Ons Eie

januarie • februarie 2016

esprit de corps

11


maatskappy-esprit

lojaal

Boerekos en goeie diens Charmaine Grobler, eienaar van die Farmers Inn, borrel behoorlik oor haar kafeteria. “Ek wil nou nie spog nie, maar dit gaan bo alle verwagting fantasties!” vertel sy aan esprit. Die ’nuwe’ kaf is sowat twee maande aan die kook en die lekker borde boerekos wat hulle verkoop is die gewildste, vertel Charmaine. “Kyk dit is harde werk, dit voel soms of ek ’n bom onder die boude het, so moet ek rondspring, maar ek geniet dit,” sê sy. Die personeel wat haar help is haar nuwe vloerbestuurder Janet met Maria en Liesbeth, die

kokke wat hulle toorwerk in die kombuis doen. Maria en Liesbeth het onderskeidelik ook 9 en 4 jaar ondervinding in bereiding van wegneem- en restaurantkos by Bona-Bona en Kosmos opgedoen. Sedert hulle in Januarie oopgemaak het en hulle bes gedoen het om personeel se voete onder hulle uit te slaan, is Charmaine elke dag verras met die wonderlike ondersteuning van Suidwes se gasvrye personeel. Naas die boerekos is die pasta en die pizzas ook baie gewild. Die Farmers Inn het ’n gedugte

span met kwaliteit diens en hulle verskaf heerlike kos aan personeel en ook aan die publiek. Die spyskaarte en verskeidenheid stel glad nie teleur nie en daar is iets van alles om in almal se behoeftes en voorkeure te voldoen. “Ek en my man droom al se­ dert ons uit Namibië hier voet aan wal gesit het om ’n koffie­ kroeg met vars gebak te begin. Toe die geleentheid hom by Suidwes voordoen, het ek besluit om dit aan te gryp, my droom uit te leef en ’n sukses hiervan te maak,” vertel sy. Farmers Inn se vriendelike,

bekwame en ervare personeel dra by tot die besigheid se sukses. Charmaine herinner personeel ook daaraan dat hulle aandetes by Farmsers Inn kan bestel asook etes vir ander spesiale geleenthede soos dope, familiebyeenkomste ensovoorts. “Ons wil almal hartlik bedank vir die ongelooflike getroue ondersteuning. Ons sien uit na ’n opwindende en wonderlike 2016 saam met Suidwes en sy personeel. Ons beloof dat u in die toekoms kan uitsien na nog vele Farmers Inn verrassings,” het e Charmaine gesê.

Personeel geniet ’n happie met die opening van die nuwe kaf.

Die vriendelike en bekwame span van Farmers Inn bestuur die kafeteria in die Sentrale Kantoor op Leeudoringstad. Van links is Jos en Charmaine Grobler, Rina, Maria en Liesbeth.

Saam-saam hol hulle aftree kaf

Dirk en Sannie Niesing het aan die Ottosdal Nagwedloop deel geneem. Dirk het vyf jaar gelede by Suidwes afgetree en sy vrou, Sannie, is vier jaar gelede tydens ’n motorfiets­ ongeluk verlam gelaat.

12

die gees van ons mense

"Dit is lekker om elke jaar tydens die Ottosdal Nagwedloop paaie te kruis met oudkollegas (en nuwes). Vanjaar was geen uitsonde­ring nie. Suidwes se waterpunt was uitstaande, wat ons betref die beste veral met die inspirerende manne en vroue wat dit beman. Draai net die Rock&Roll harder," so skryf Dirk Niesing, ’n oud-Suidweskollega, in ’n e-pos. Hy het vyf jaar gelede by Suidwes afgetree en is ’n kranige drawwer. Sy vrou, Sannie, is vier

jaar gelede in ’n motorfietsongeluk verlam gelaat, maar dit keer hulle nie om aan wedlope deel te neem nie. "Dit gaan baie goed met ons twee, ons leef voluit, het baie pret saam en geniet die lewe. Die lewe in ’n rystoel is nie maklik nie, maar Sannie is ’n inspirasie vir baie mense. Daar is nie veel tyd om te gaan roei nie maar wat padwedlope betref, het ons reeds ons eerste vol maraton gedoen (dit was seer!). Ons het ’n persoonlike beste tyd van 50

min vir 10 km opgestel en die afgelope jaar 740 km in wedlope afgelê. Die Ottosdal Nagwedloop is soos altyd een van die hoogtepunte. “Ons mik nou na hoër hoogtes, as ons iewers ’n borg kan raakloop om ons in die lug te kry, beplan ons om saam te gaan valskerm­ spring. Net een keer – ter wille van herrineringe vir die oudag," sê Dirk. Is dit nie hoe aftrede behoort te lyk nie? e


personeel-esprit maatskappy-esprit

personeel-esprit

Langasems en die langpad in vier aflewerings Suidwes se kranige vierman padwedloopspan het benewens die groot aantal kilo­meters wat hulle graag in hulle hardloop­ skoene aflê, nog iets in gemeen. Nie een van die vier het ooit gedink dat hulle daarvan sal hou om langafstand te hardloop nie. Die span bestaan natuurlik uit Ludi en Elrina van Heerden, Annette Neethling en Jaydene de Jager.

In my dag des lewe het ek nooit ooit kon droom dat ek in staat sal wees om ’n halfmaraton te hardloop nie,” sê Elrina. Ludi sê ook dat hy nooit regtig ’n ’drafmens’ was nie, totdat hy en ’n vriend weens beserings nie meer rugby kon speel nie. Jaydene er­ken sommer dat sy nog nooit van hardloop gehou het nie, “Glad nie, ek sou veel eerder fietsry of enige iets anders doen, maar net nie hardloop nie.” Anette vertel dat sy as kind gedink het dit moet baie ’cool’ wees om die Comrades te hardloop, maar nooit gedink dit kan ’n realiteit word nie.

Hoe het dit dan begin?

ELRINA –September 2015 het ek in die gym begin oefen, want ek kon nie meer uitstaan hoe ek vir myself lyk en hoe ek voel na ons klein laatlam nie. Ek moes net iets doen om aan die gang te kom en van die ekstra gewiggies ontslae te raak. Ek het by die Gym begin

oefen, maar het gou besef dat as ek ver afstande wil hardloop, die treadmill nie die aangewese oefening is nie. Ek sal padlangs moet begin hardloop. So het ek saam met Ludi (my wederhelfte) die pad begin aandurf. LUDI – Na ek ophou rugby speel het, moes ek iets doen om aktief te bly. Tydens my studies was daar ook nie veel tyd vir hardloop nie. In Oktober 2015 het ek weer ernstig begin oefen. Dit is hoe ons die Ottosdal Nagwedloophalfmaraton gedoen het en later vanjaar gaan ons die Two Oceans-halfmaraton aanpak. ANNETTE – In Januarie 2015 het my kinders met my ’n weddenskap aangegaan en so beland ek by die Ottosdal Draf-en-trap en draf die 10 km saam met hulle. Redelik fiks, maar heel onvoorbereid het ek die eindstreep gehaal! Net daar besluit ek dit kan baie lekker wees as jy fikser en beter voorbereid is. En dit was die begin. JAYDENE – ’n Vriendin wat al vir ’n hele paar jaar hardloop, het my in Julie verlede jaar uitgedaag om ’n 10 km-wedloop saam met haar te hardloop. ’n Mens kan mos nie ’n uitdaging net laat verbygaan nie. Ek’t het ’n maand lank geoefen en toe die eerste 10 km saam met haar gehardloop – nogal binne my doeltyd. Daar byt die gogga my toe, en hy sit! Ek gaan koop toe nuwe tekkies, nuwe horlosie (wat te oulik vir jou wys hoe ver, hoe vinnig - ek moet eerder se hoe stadig - jy hardloop, nuwe hardloopklere, elke ding. Toe ek weer sien is ek

Ludi en Elrina van Heerden, Annette Neethling en Jaydene de Jager is die gedugte ’Leeutjies Hardloopspan’ wat in Maart vanjaar die Two Oceansmaraton gaan aandurf. Hier is hulle nadat hulle die Ottosdal Nagwedloop kafgedraf het.

ingeskryf vir die 21.1 km by die Two Oceans.

En die res van die span?

ELRINA – Dit was aan die begin glad nie so maklik nie. Dit het gevoel ek kry nie behoorlik asemgehaal nie. Soos ons vorder het dit beter begin gaan en ek luister maar wat die ’Coach’ sê, want hy het al baie myle en erva­ ring agter die blad. Toe besef ons dat hier nog twee ander kranige atlete is wat hardloop, Annette en Jaydene, en so onstaan Leeutjies se hardloopspan. Dit het nou al ’n instelling geraak om elke Saterdag 10 of 15 km te gaan hardloop, met die hulp van Thys Neethling of Suzanne Jacobs wat kyk dat ons nie

omgery of agtergelaat word nie. Nou ja, met die aanmoediging van my mede-hardlopers het ons besluit dit is nou die tyd vir die Two Oceans. Maar ons moes eers die Ottosdal Halfmaraton in Januarie aandurf, net om te sien of ons die 21 km sal kan maak. Ek was baie benoud, maar met die genade van Ons Hemelse Vader en bystand van my hardloopmaats, en natuurlik die ouens by die waterpunte, het ek dit gemaak. LUDI – In September 1996 het ek my eerste maraton gehardloop – die 3 Provinsies Maraton van Jan Kempdorp na Christiana. Mens begin in die Noordkaap, hardloop

januarie • februarie 2016

vervolg op bl 15

esprit de corps

13


personeel-esprit

Vang die oomblik vas

ontspan

Om deesdae vakansiefoto’s te neem is makliker as om ’n oproep te maak ... Danksy selfoonkameras kan ons die oomblik vasvang: enige tyd enige plek! En die tegnologie in sommige slimfone verhoog darem die fotokwaliteit. En dan is daar ook die puriste wat eerder ’n brief met die hand sal skryf as om ’n foto met ’n selfoon te neem. Hulle stel en draai knoppies en vervang lense en stel driepootligte en weerkaatsers op en druk dan die knoppie. "Ek wil siiieeen!" sê die ’modelle’ gewoonlik en beloer die foto op die digitale kamera se skermpie. Of jy ’n slimfoon of kamera gebruik – maak nie saak nie. Vang net die oomblik vas!

Foto bo: Die son sak oor Riebeeck-wes. Jedrie Harmse (redakteur van Ons Eie) het die foto geneem.

Nou toe! Ons weet waar Zelda van Reenen (PA: Groep Hoofregsbeampte) en Nici Harmse (redakteur) onderskeidelik was... Besluit self wie maak die beste Evita Bezuidenhout. Die trein stop mos by Evita se Perron in Darling.

Uitsig >> Talita en Herman Verwey het ’n langnaweekblaaskans by Hartbeespoortdam gevat. "Ons het by Shangrila Innibos (foto 3de van links) gebly en die uitsig uit die kabelkar was asemrowend mooi," vertel Talita. Foto regs: Herman hou ’kywie’!

Kleurvolle avontuur

14

die gees van ons mense

Vinnige wegbreek

kleurvolle vriende Drikus Jacobs, Mardi van der Walt, Franco Botha (Carlonia se seun), Tarien Badenhorst en Henri Maree het die Colour Run gedoen.

Oppad boontoe >> Carolina Botha en haar kinders en dié se vriende het die Tsitsikamma Canopy Tour-avontuur aangedurf. Die platforms, sommiges 30 m hoog, waarop mens staan, is om reuse Outeniqua geelhoutbome (tot 700 jaar oud) gebou. Voor is Chris Ferreira (aanstaande skoonseun), Kathleen Botha (dogter) en Caro­ lina. Agter sit die gids, Franco Botha (seun) en Mardi van der Walt.

Skone natuur>> Sunelle van Rooyen vertel sy en haar gesin het oor Desember die pad gevat en die paad­jies rondom Leeudoringstad verken. By Regina afgedraai en by ’n renosterboer uitgekom, by Hartbeesfontein gestop en Rayner se ou skool besoek, Klerksdorp oor waar sy grootgeword het – en langs die pad gestop vir foto’s.

Windvalkie

Witrenoster


personeel-esprit

vervolg van bl 13

deur Noordwes en eindig in die Vrystaat. Ek het vyf van hulle voltooi en so my permanente nommer gekry. Van daar het ek aan 97 wedlope deelgeneem met ’n totale afstand van 1 940km, met onder andere die Jock of the Bushveld Maraton in Baberton wat 54 km is en die Pioniers Maraton (van Potchefstroom na Klerksdorp) wat 56km is. ANNETTE – My verste wedloop tot nou is ’n halfmaraton (21.1 km), en nou het ek ook ingeskryf om

Mense wat nie moeg word nie. Jaydene de Jager, Annette Neethling en Elrina en Ludi van Heerden het die Mieliemaraton in Welkom gehardloop. Dit was die vrouens se vuurdoop en almal het die 10 km-wedloop in goeie tyd voltooi.

dié afstand by die Two Oceans einde Maart te gaan draf. Hopelik kan ek vorder tot by ’n vol maraton teen die einde van 2016. Intussen is die ondersteuning, raad en saamdraf van die ’Drafgroepie’ kosbaar, en leer ek elke week iets nuuts. Die tyd op die pad is vir my dink-tyd en my bidtyd. As ek gesondheid, lewe en asem behou, sal dit vir my ’n seën

wees om in 2017 die Comrades aan te durf. JAYDENE – By die jaareindfunksie het ek gehoor Ludi, Elrina en Annette beplan om ook die Two Oceans te hardloop. Ek was te dankbaar om dit te hoor, dis soveel makliker as jy weet jy ’suffer’ nie alleen nie Ons vier oefen Saterdagoggende 5:00 lang afstande saam.

Motivering Jaydene gesels oor wat dit is wat haar motiveer om aan te hou hardloop. • Dit is só selfbemoedigend om oor die eindstreep te hardloop en te besef ek het nou net iets reggekry wat ek nooit sou dink ek kan doen nie. Dit laat my kans sien vir soveel meer! • Ek dink dan altyd ook aan Hebr 12:1-2 wat lui “Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsge­ tui­es rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wed­ loop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.“ Die laaste paar km’s, wanneer my bene moeg en seer is, is ’n saak van gebed. Ek het hierdie versie ook op my tekkies geskryf, as dit swaar gaan, kyk ek af en e onthou…

personeel-esprit

Ludi gee elke keer dié raad as ons begin hardloop: “Moenie te vinnig begin nie, ’looong and slooow’.

Sing vir die land[bou] "Diegene wat wéét sal saamstem dat dit bykans onmoontlik is om die hart en siel van dit wat ’n boer ’n BOER maak in musiek vas te lê." So lui die sanger, Adam Tas, se inleiding op sy webblad. Adam, wat bekendheid verwerf het vir sy diep rasperstem en lirieke wat aan meer as net kitaarsnare pluk, se musiek vertel van die lewe, sienswyses, stories, uitdagings, hartseer, vreugdes, taal en trots van boerwees. Hy skryf baie van sy musiek self en dit is duidelik dat ’n sterk Godgeankerdheid en ’n egte boere-hart agter sy musiek en sy uitvoe­ring daarvan steek. Adam het twee konserte gehou om geld in te samel vir die boere in droogtegeteisterde gebiede. Die konserte is goed ondersteun en Adam het tyd gemaak om saam met aanhangers vir foto’s te glimlag.

Thys en Annette Neethling

Cas en Jeanette Rossouw

Rientjie Joubert en Naudé Maree

Nicolize Coetzee Adam Tas en Rientjie Joubert

januarie • februarie 2016

esprit de corps

15


personeel-esprit

spesiale oomblikke

’n Lewe in liefde geleef Rus sag Ronel – jy was ’n voorbeeld vir ons.

Wessel van der Walt sê:

Huldeblyke het na esprit ingestroom na die dood van Ronel de Beer. Ronel was ’n hoofklerk by Maandrekeninge op hoofkantoor en het op 12 Januarie aan kanker gesterf. Ons is só jammer dat ons van julle huldeblyke moes kort sny, anders kon elkeen nie kans kry om iets oor hierdie baie spesiale mens te sê nie.

Trudie Badenhorst sê:

Niemand wat Ronel geken het, kon onaangeraak bly deur die manier waarop sy haar geloof uitgeleef het en elke moontlike (en soms selfs onmoontlike) geleentheid gebruik het om te getuig nie. As ek aan haar dink, dink ek aan ’n positiewe vrou vol empatie vir almal. Aan saam wag vir ons kinders se matriekuitslae, saam stres oor hulle eerste treë as eerstejaars. Die blywenste herinnering aan Ronel is ons gesprek tydens een van my laaste hospitaalbesoeke. Sy was vir byna twee dae in ’n koma terug in die intensiewe sorgeenheid. Hospitaalpersoneel het rondom haar gewerk. Familie en vriende het onophoudelik gebid. Ronel was egter heeltemal onbewus hiervan, want sy was in ’n ander wêreld … Met die terugkom het sy getuig: “Sussa, ek was in die hemel, ek het die sagte groen gras en blomme om my gesien en ek het die hemel geruik – regtig geruik! Ek het net teruggekom vir een rede – om vir my kinders te sê: ’Mamma het die hemel geruik, ek gaan fine wees!’”

16

die gees van ons mense

Die dag toe ek die foto van jou geneem het in die Spur in Parys het ek nie geweet dat ek jou so gou sou moes groet nie, Sus. Nou sit ek in Soedan en kan nie eers jou begrafnis bywoon nie. My hart is stukkend. Al troos is dat ek weet jy is by Jesus. So dis nie vir ewig nie. Ek sien uit daarna om jou en al ons geliefdes weer te sien. Tot dan ...

Salome Pieterse sê:

Daar is baie woorde wat Ronel kan beskryf, maar MOOI is die woord wat hierdie vrou so spe­siaal en kosbaar gemaak het, nie net uiterlik MOOI nie, maar MOOI van binne ook. God was haar LIEFDE en die ANKER op haar lewenspad waaraan sy in alle omstandighede vasgehou het. Vir ons was sy ’n gebedsgenoot, ’n steunpilaar in pyn, skouer om op te huil, oor wat geluister het, hart vir almal wat liefde nodig gehad het, vertrooster vir die wat getreur het, geselskap vir die wat eensaam was, die Here se hande en voete en ’n helder lig in ’n wêreld vol seer Ons verlang na haar, mis haar liefde, haar gebede, haar omgee, maar ons weet sy is by haar Hemelse Vader.

welcomed me with an open heart and took me under her wing. I learned from her, we sang together, prayed together and shared a lot. She made a huge impact in my life, and I know she added value to everyone who knew her. Fare thee well my sister, fare thee well. I know you are healed and resting on the bosom of Jesus Christ. One day I will see you I again and how happy I will be.

Talita Verwey sê:

As ek aan Ronel dink, dan hoor ek haar stem: “Hallo julle outjies!” Altyd dieselfde, altyd so positief. Ronel het vir my gebid, my ondersteun en my deur baie moeilike tye gehelp. Sy het gesê haar skeppingsdoel is dat ander mense Jesus in haar moet sien, en sy het dit reggekry. “Maar bly jy in alle omstandighede nugter, verdra lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie” (2 Timoteus 4:5), dit is vir my Ronel de Beer.

Karina van Zyl sê:

Die aand met haar afsterwe het ek Psalm 23 spesiaal vir haar gelees.

Psalm 23 Ronel de Beer se psalm -12/01/2016Die Here was nog altyd haar Herder, sy het niks kort gekom nie. Vandag laat Hy haar rus in groen weivelde. Vandag het Hy haar geneem na waters waar daar absolute vrede is. Hy het haar nuwe krag gegee. Hy neem haar op in Sy arms, alles tot eer van Sy Wonderlike Naam. Toe sy deur donker dieptes gegaan het, het sy vir geen oomblik gevrees nie, sy was vir geen oomblik bang nie, want die Here was by haar. Veilig was sy in Sy Hande. Vandag laat hy haar by ’n feesmaal aansit terwyl ons ander maar net kan toekyk. Vandag het ons wonderlike Here haar ontvang soos ’n eregas, sy is oorlaai met hartlikheid. Met die wonderlike belofte dat goedheid en liefde vir EWIG hare sal wees. Vandag het sy waarlik TUISGEKOM in die huis van die Here vir ewig en altyd. –AMEN-

langdienstoekennings februarie 25 jaar

Marinda Roets sê:

Dankie vir jou menswees, ons kan jou lewe vier en met hoop rou.

Marion Fouché sê:

Ronel was, en is eintlik steeds vir my ’n rolmodel. Sy het soveel liefde gehad en het altyd net die mooi in mense gesien. Ronel se passie was om Vader se liefde met almal te deel. Sy was soos ’n lig in die donker nag. Ek gaan haar mis, maar dit wat ek by haar geleer het, sal ek vir altyd onthou.

Bertha Mohitlhi says:

It is so hard to bid farewell to this gentle soul, Ronel. When I first came to Suidwes in 2013 she

5 jaar Nita Steyn (Hoopstad) ontvang haar 25-jaar dienssertifikaat van Willie Botha (Silobestuurder Hoopstad).

5 jaar Ilse Sparrow (Hoofklerk Versekering) ontvang haar 5-jaar dienssertifikaat van Aubrey Marais (Best: Kontrakfinansiering & Versekering SuidwesFin), Ilse verlaat Suidwes in Februarie.

Anton Jordaan, regs, (HUB: Graan) ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van George Potgieter (Waarnemende Groep HUB).

5 jaar Evens Maneli, regs, (Vurkhyserdrywer) ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van Nardus Pienaar (Takbestuurder Wolmaransstad Kontreiwinkel).


personeel-esprit

lief & leed langdienstoekennings •

februarie

Ervaar die gees van ons mense Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­kies vir ons te stuur. Annemarie Fouché (PA: Groep HUB) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan annemarief@suidwes.co.za

Ons is bly saam met: • Kobus (Graanbemarker) en Vicky Theron (Hoofklerk: Graanadmin), is op 14 November 2015 getroud. • Nardus (Takbestuurder Wolmaransstad) en Ansune Pienaar, se dogtertjie Liamé is gebore. • Willie Botha (Silo-bestuurder Hoopstad) en sy vrou het vir die vierde keer grootouers geword. Hulle dogter Annerie het ’n dogtertjie ryker geword. Julle is in ons gedagtes: • Joey van Rensburg (Hoofklerk: Instandhouding) het ’n blindedermoperasie gehad. • Johannes Brink (Takbestuurder Bultfontein), se pa het ’n hartaanval gehad. • Patrick Nelissen (Groep Hoof Operasionele Beampte en HUB: Handel), het op 24 November 2015 ’n operasie ondergaan. • Joel Sejeso (Trekkerdrywer SchweizerReneke-silo) se vrou is oorlede. Ons innige simpatie. • Estelle van Wyk (Kredietkontroleur: Graan) se moeder het in Desember ’n operasie ondergaan. • Anli Robinson (Beheerbeampte: Graanlogistiek) se dogtertjie, Anine, het ’n mangeloperasie gehad. • Lorraine Kotze (Jnr SAFEX Admin Makelaar) se moeder, Alet Fouché, is in die Wilmedpark Hospitaal op Klerksdorp opgeneem nadat sy geval het. • Breggie Bam (Kredietkontroleur: Schweizer-Reneke Fin), se skoonma (93 jaar oud) is oorlede. Ons innige meegevoel word aan hulle as gesin en familie oorgedra. • Ludi (Rekenmeester: Handel) en Elrina van Heerden (Admin Beampte: Silo’s), se dogtertjie, Aminé, was in die hospitaal met brongitis opgeneem. • Riana le Roux (Hoofklerk Eise), se pa is oorlede. Riana, ons dink aan jou in hierdie moeilike tyd en dra jou in ons gebede op. • Estie Steynberg (Hoofklerk Versekering Schweizer-Reneke), se ouma is oorlede. Ons dra vir Estie en haar familie in ons gebede op.

• Trudie Badenhorst (Assistent Groepsekretaris), het ’n rugprosedure in Wilmedpark-hospitaal ondergaan. • Natasha Botes (Jnr Rekenmeester: Graan) se seun, Cornay, het in Januarie ’n hartoperasie ondergaan in die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein. • Talita Verwey (Admin Bestuurder: Suidwes Fin) se moeder het ’n voetoperasie ondergaan. • Trudie van Staden (Admin Bestuurder: Suidwes Fin) was in die Anncronhospitaal vir toetse opgeneem. • Louwrens Brand (Takbestuurder Hertzogville) se vader is oorlede. Ons dra vir Louwrens en sy familie in ons gebede op. • Daniel Pelele (Leerling Silo-operateur Amalia silo) se vader is oorlede. Daniel ons dink aan julle in hierdie moeilike tyd en dra julle in ons gebede op. • Adèle Holtzhausen (Beampte: Belange en Statutêr) het die ligamente in haar knie en enkel geskeur en sterk tans tuis aan. • Linda Botes (Hoofklerk: Maandversen­ ding) was in Wilmedpark-hospitaal vir toetse opgeneem. • Marie de Jager (Aankoper Bothaville Handel) en albei haar ouers was gedurende Januarie in die hospitaal. • Troffel Johansen (Assistant Silobestuur­ der Bloemhof) se skoonmoeder is oorlede. Troffel baie sterkte vir julle in hierdie moeilike tyd. Ons HARTE IS SEER: • Ronel de Beer (Hoofklerk: Maandrekeninge), het op 12 Januarie 2016, haar dapper stryd teen kanker verloor. Haar man, Rassie, en hulle twee dogters, word baie sterkte in hierdie moeilike tyd toegewens. (Sien artikel van Ronel op bl 16) • Neels Ingram (Onderdele Bestuurder te Hertzogville) is op 30 Januarie oorlede. Neels het sewe jaar by Suidwes Landbou gewerk. Ons dra sy vrou Corrie, familie en vriende in ons gebede op. • Fini Mbobe (Silo-operateur, Kruising bunker) is onlangs aan ’n hartaanval oorlede. Ons dra sy vou en gesin in ons gebede op.

5 Jaar • Mnr CJ Kotze (Graandienste Wolmaransstad) • Abram Moeng (Algemene Werker Schweizer-Reneke-silo) • Clarence Dubula (Graanhanteerder Schweizer-Reneke-silo) 15 Jaar • Mnr Tos Esterhuizen (Silo-bestuurder: Bloemhof) 20 Jaar • Danie de Beer (Admin bestuurder, Suidwesfin) • Mnr G Champion (Instandhouding Instrumentasie) • Mnr KH Phutiyagae (Wesstreek Veevoerdepot) 30 Jaar • Mev SM Steyn (Handel Finans Krediteure)

Hallo, Liamé

Nardus (Takbestuurder Wolmaransstad) en Ansune Pienaar, se dogtertjie Liamé.

Baie geluk.... Kobus (Graanbemarker) en Vicky Theron (Hoofklerk: Graanadmin), is in November getroud. Vlnr: Riaan Jacobs, Anél Marx, Anton Jordaan, Dian Muller, Kobus en Vicky, Bertus Pretorius en Albert Jacobsz.

In Memoriam

Neels Ingram (Onderdele Bestuurder Hertzogville), is op 30 Januarie oorlede. Neels was 7 jaar werksaam by Suidwes Landbou. Ons dra sy vrou Corrie, familie en vriende in ons gebede op.

Fini Mbobe (Silo-operateur, Kruising bunker) het in Januarie aan ’n hartaanval gesterf. Fini het 6 jaar en 11 maande vir Suidwes gewerk. Ons innige gaan uit na sy vrou en gesin.

januarie • februarie 2016

esprit de corps

17


personeel-esprit

Soos in ’n sprokie spesiale oomblikke 18

Mooi getooi vir hulle groot aand

Die wet nou aan sy kant Stefan van Huyssteen, Adminbestuurder: Suidwesfin, het nou die Wet aan sy kant. Sy seun Lionel het in Februarie vanjaar sy LLB-graad (Cum Laude) ontvang by die Noorwes Universiteit se Potch-kampus. Lionel het reeds verskyningsbevoegdheid verkry en is by die Prokureursorde vir sy artikels geregistreer.

Die Geldenhuys-gesin se sprokiestroue is by The Heads in Knysna gehou.

Die koninklikes sal moet uithaal en wys om ’n troue in meer van ’n feëverhaal te omskep as Andrid Geldenhuys (ICT-bestuur­der) en sy bruid Suzette. Die pragtige, en anderse, geselligheid in Desember 2015 by The Heads in Knysna, was nie al wat dié troue met ’n feëverhaal laat vergelyk nie. Dit het al by die verlowing begin. Andrid vertel dat Suzette op ’n skattejag moes gaan om haar verloofring te kry. Die kinders het gehelp en so is gediggies en raaisels gebêre om haar na die ’skat’ te lei. “Ek het maar gehoop sy hou aan soek, die raaisels was darem nie te moeilik nie en ek het dit persoonlik gehou sodat sy dit sou verstaan. Die raaisels was goed soos: ’ek verhelder jou lewe, maar vind my eers skyn naby aan jou’ en ’sluit my oop en ek wys jou ’n nuwe lewe’. So het sy die raaisels gevolg tot aan die einde waar die boodskap: ’Word Een met My’, saam met die ring in ’n bos rooi rose versteek was.” “Sy het niks vermoed of verwag nie, ek was eintlik daardie week moedswillig effens afsydig teenoor haar. Ek het die­middag haar kinders en my kinder by haar huis bymekaargemaak om met die beplanning te help en ons kon die hele verrassing suksesvol deurvoer.” Andrid vertel dat hulle van mekaar geweet het, hulle bly albei in Leeudoringstad en werk vir

die gees van ons mense

Suidwes – Suzette by Graan en Andrid by NWet. Hulle is eindelik op ’n ’blind date’ saam na Suzette se swaer se verjaardag en daar is albei se belangstelling geprikkel. “Ons het altwee aanvanklik ’hard to get’ gespeel, maar weldra besef dat ons gevoelens vir mekaar dieper as blote vriendskap lê.” En, soos die gesegde lui: die res is na een en ’n halwe jaar geskiedenis. Die Geldenhuys-gesin bestaan nou uit haar seun en dogter asook sy seun en dogter en hulle is twee-twee nog ewe oud ook. “Ons lag altyd lekker wanneer ons besprekings maak by plekke vir vakansie en by ons aankoms die eienaars se verwardheid sien oor die twee tweelinge in een gesin wat ook nie na mekaar lyk nie.” Andrid se ma, Liza Stroebel, het hulle getrou. “Sy is die enigste ’wedding woman’ in die Tuinroete wat mense wettig mag trou. Sy was hoof van die Binnelandse Sake-kantoor op George en een van haar pligte was om paartjies in die huwelik te bevestig by dié kantore. Sy het in 1997 weg­gebreek en haar eie Immi­ gra­siemaatskappy begin, kort daarna het sy ’n tweede besigheid (weddingwoman) begin en van daar nog nooit teruggekyk nie. Sy is gelisensieer om mense wettiglik te trou op enige plek wat jou verbeelding toelaat.” ’n Moderne sprokie met ’n e gelukkige einde!

Alfred spog met prestasie

Zelda van Reenen (PA vir Groep HRB) se seun, Kobus van Heerden en Mariesa Barnard het saam Barberton Hoërskool se matriekafskeid bygewoon.

Alfred Letselebe (Vryburg Kontreiwinkel) ontvang 'n sertifikaat van verdienste. Hy het die Complete Pet Food-opleiding voltooi.

Juffrou Precious Die leerders van koketso Laerskool in Kgakala, Leeudoringstad, het ’n pragtige dinamiese nuwe juffrou gekry. Precious Mosiane het in Desember verlede jaar by die laerskool begin skoolhou. Sy is die dogter van Martha Mosiane (Klerk: maandstaatversending). Precious het gedurende 2012 ’n beurs ontvang om onderwys te gaan studeer en het haar onder­ wysdiploma in Desember 2015 behaal. Baie geluk met jou dogter se prestasie, Martha.


personeel-esprit

Meganisasie het onlangs ’n oorhandigingsfunksie gehou waar personeel vereer is vir hulle prestasies. Baie geluk aan elkeen, julle harde werk word raakgesien en beloon.

personeel-esprit

’Singing in the rain’

Meg vereer harde werk

Gysie van Wyk (Werktuigkundige Hoopstad Werkswinkel) – Beste ure bo 110 35 jaar

Die manne van die Graanafdeling Hoofkantoor, kon nie anders as om in die gietende reën hulle blydskap vir die wonderlike uitkoms van reën na die erge droogte te wys nie!

Lou van Wyk (Werktuigkundige Wolmaransstad Werkswinkel) – langdiens­ toekenning 35 jaar

Van links is: Gerald Dunhin (Graanverkryger), Bertus Pretorius (Snr Bestuurder: Graanverkryging), Christo Smit (Snr Bestuurder: Kommunikasie) en Jacques Pretorius (Snr Bestuurder: Graanbemarking)

Leerders van Laerskool Schweizer-Reneke blink uit Driesha Joubert (links), dogter van Rientjie Joubert (Vloerassistent SchweizerReneke Kontreiwinkel) is verkies tot die leerlingraad verkies en daarby het sy goue erekleure vir akademie en erekleure vir sport verwerf. Die slimkop blink uit op die hokkie- en netbalveld.

Riaan Schoeman (Werkswinkelvoorman Wolmaransstad Werkswinkel) – Beste ure bo 110

Mache Maree (regs), dogter van Naudé (Takbestuurder Schweizer-Reneke Kontreiwinkel) en Erika Maree is verkies tot die leerlingraad van Laerskool SchweizerReneke. Baie geluk aan die twee pragtige dogters. Dries Botha (Werktuigkundige Bothaville Werkswinkel) – Beste vordering

januarie • februarie 2016

esprit de corps

19


pitkos

leersaam

O my media!

E

20

k sien sommer daar’s fout toe Boeta van die skoolhek af na die kar toe aangestap kom. Ek weet nie wat dit is nie, maar dit is asof die tas skewer oor sy skouer hang, die frons vertrek die hele voorkop en hy kyk net af na sy voete. Ek kry ook nie die normale, “Hey Pa”, toe ons binne hoorafstand van mekaar is nie. “Whatsupp Boeta?” “Nee, niks, net moeg.” Hy is nie ’n man van baie woorde nie, maar hierdie is selfs vir hom min. Ons ry in stilte huistoe, hy sit die radio harder en ek weet dis nie nou tyd om te vra nie. Ek hoor eers laatmiddag die storie. “Pa, ek het ’n hengse fout gemaak,” ek trek my asem hard in om my maag en my longe uitmekaar te hou, “nou het ek ’n girlfriend,” daar gaat die maag – net nie dit nie! “Boeta hoe bedoel …” “En ek wil haar nie vir ’n girlfriend hê nie,” die man klink paniekerig. “Jong, wat is hierdie fout wat jy gemaak het?” nou klink ek ook paniekerig …, want ek is. “’n Flippen spelfout.” Ek begin hoop kry. “En nou het jy ’n girlfriend wat jy nie wil hê nie?” “Pa onthou mos vir Lydia? Dis die girl wat boogskiet in my klas. Ek wou hoor of sy saam met ons HuntEx toe wil gaan toe verstaan sy verkeerd en nou is ons ’n ’item’ en die hele skool weet daarvan en my pelle dink dit is vreeslik snaaks,” alles kom in een sin uit en dit lyk of die man na aan trane is. “Boeta, stadig nou. Ek verstaan jy is ontsteld oor die meisie, maar hoe het dit gebeur dat sy jou verkeerd verstaan het?” Die man kan soms praat voor hy dink, of terwyl hy dink, maar hoe op aarde verstaan die verkeerde meisie die regte vraag? “Ek het haar ge-snapchat en die HuntEx-logo met die hartjie by die boodskap gesit. Pa weet mos, soos daai plakker, dit sê ’I love HuntEx’? Maar ek het toe bygeskryf ’wil jy ’UITGAAN’ en nie wil jy ’UIT . GAAN’ nie. Ek wou net hê sy moet saam HuntEx toe gaan en toe antwoord sy ’ja, ek laaik jou al lankal’. En vandag is dit op haar Facebook, haar WhatsApp-status sê: ’Boeta is my alles – ons jag saam.’ Mike en George het die hele dubbelperiode wiskunde deur gelag, tot juffrou De Klerk hulle uitgejaag het. Mike het gelyk soos ’n ou met drie-dae-hooikoors. Ek gaan nie weer terug na daai skool toe nie, en ek gaan beslis nie HuntEx toe nie!” O, tog, die sosiale media – ek weet nie of ek moet lag of saam huil nie. e “Pa, hoe gaan ek hierdie ding ontflater?”

die gees van ons mense

Menige ouer sit deesdae saam met hulle kinders met die hande in die hare oor dinge wat op sosiale media (SM) gesê is en nie ont-sê kan word nie. Die staaltjie oor Boeta en sy geliefde Lydia het dalk nie ’n nadraai wat die res van hulle lewens sal beïnvloed nie, maar daar is gevalle waar die dinge wat op sosiale mediaplatforms gepubliseer word, verreikende en selfs noodlottige gevolge kan hê. Die nuus is vol van gevalle waar selfs volwasse mense hulle in hofgedinge vasloop weens Tweets en ’posts’ wat onnadenkend die kuberruim ingestuur is. Die gevaar is dus soveel groter vir ons kinders wat nog nie volwasse genoeg is om die gepaste skanse en grense in plek te hê nie.

Dit is ’n manier van leef

Ouers kan kinders ook nie vir ewig weghou van SM nie. “Social media isn’t simply a way of life for kids – it’s life itself,” sê ’n kenner op die platform Common Sense Media, ’n onafhanklike organisasie wat hom beywer daarvoor om kinders te bemagtig om te kan gedy in die wêreld van media en tegnologie waarin hulle leef. Dit is al wat ouers kan doen om hulle verantwoordelikheid teenoor hulle kinders na te kom – help hulle om hulleself in hierdie wêreld veilig te hou en te gedy. Al verstaan ons nie altyd ons kinders se realiteit nie, en sien ons die gevare daarvan, is dit onmoontlik om hulle in ’n non-internet kokon toe te maak – bemagtig hulle eerder. Een van die belangrikste konsepte om kinders te leer is: as dit uit is, is dit uit. Die SMkenner Emma Sadleir, ’n mediareg konsultant in Suid-Afrika, gebruik tatoeëermerke as ’n analogie. Sy sê: “My pa sal my onterf as ek ooit ’n tatoeëermerk kry, maar ek gebruik die konsep graag in my le­ sings. Ek wil kinders laat verstaan dat alles wat hulle op die internet

plaas soos tatoeëermerke is – dit is baie moeilik, byna onmoontlik, om dit te verwyder. Dan wys ek vir hulle ’n foto van ’n reuse- tatoeëermerk wat sê: ’REGRET NOHING” en wys hulle daarop om doodseker te maak dat die tatoeëerkunstenaar kan spel.

Bly veilig aanlyn

Ons moet kinders help om hulle aanlyn-aktiwiteite veilig, produktief en positief te hou. Die web­ werf van Common Sense Media het baie raad met nuwe navorsing en riglyne oor die basiese beginsels van SM. Daar is baie inligting oor die nuutste toeps en webwerwe en hulp oor hoe om met jou kinders oor hulle boodskappe te gesels en hoe om digitale drama te voorkom. Volgens Common Sense is Facebook nie meer so gewild onder tieners nie. Hoewel dit eens die middelpunt van hulle heelal was, raak dit nou te veel moeite vir baie tieners om deur die advertensiebelaaide nuusstrome en langdradige profiele deur by hulle vriende uit te kom. Facebook is steeds die keuse vir baie toepas­ sings soos om verjaardagwense te stuur of ’n ’crush’ te bekruip. Daar is egter soveel nuwe sosiale toeps wat dit baie makliker, vinniger en prettiger maak om ’n vinnige idee of ’n spesiale oomblik te deel en dit selfs anoniem te kan doen. Sulke anonieme toeps skep ’n omgewing waar dit baie meer aanvaarbaar voel om die guitige, lukrake, soetsappige en eksperimentele sy van die gemiddelde tiener vrye teuels te gee. Wat skynbaar die belangrikste vir die tieners is, is dat die toeps nagevolge-vry voel. Maar natuurlik is dit nie so nie. Data verdwyn nooit nie en om anoniem te wees, skep baie risiko’s. esprit publiseer kortliks die padtoetse van die toeps waaroor Common Sense breedvoerig berig. e


HET JY GEWEET? WhatsApp het in Februarie vanjaar deur die grens van 1 biljoen gebruikers gebreek en dié gebruikers stuur in die omgewing van 30 biljoen boodskappe per dag!

Tydelike toeps

personeel-esprit

pitkos

Hierdie toeps maak dit moontlik om boodskappe en prente te stuur wat na ’n vasgestelde tydperk self-vernietig. Met dié toeps kan tieners hulle digitale voetspoor versigtiger bestuur – solank hulle natuurlik nie goed deel wat hulle nie veronderstel is om te deel nie. Hier is inligting vir ouers oor ’n paar van die toeps waarmee kinders hulle tans besig hou.

WHISPER – is ’n sosiale ’bieg’toep waar gebruikers kan oplaai net wat hulle wil. ’n Bekentenis kan gemaak word en met ’n agtergrondprent met die Whisper-gemeenskap gedeel word. Dit is gewild omdat daar glo iets daaraan is om jou heel privaatste gedagtes te kan deel sonder enige vrees vir nagevolge, selfs al is dit sosiaal onaanvaarbaar. Sommige van die bekentenisse kan jou maag laat draai terwyl ander onskuldig of selfs snaaks is. Daar is heelwat ontoepaslike inhoud te kry en baie daarvan is openlik seksueel. Daar is ook geen tekort aan gekruide taal en verwysings na dwelm- en alkoholmisbruik nie.

ASK.FM – hier kan kinders enige vrae vra of antwoord – dikwels anoniem. Hoewel daar soms vriendelike interaksie plaasvind, swerf daar baie nare opmerkings en smerige seksuele inhoud rond. Boelies is ook baie aktief op die platform. Die Britse nuuswebwerf MailOnline het berig dat Ask.fm aan die selfmoord van verskeie tieners gekoppel kon word.

BURN NOTE – met dié boodskaptoep kan ’n tydsbeperking op die leeftyd van boodskappe geplaas word. Dit kan net teksboodskappe stuur, geen video’s of prente nie. Die unieke skerm wat slegs een woord per skerm wys, laat dit baie geheimsinnig voel. Burn Note belowe dat boodskappe heeltemal verwyder word, en die versoeking is dan groot om meer openlik te gesels as normaalweg. Kinders kan onskuldig hierby betrokke raak omdat jy ’n Burn Note kan kry selfs al het jy nie die toep nie. Dit kan dus ’n maklike platform vir boelies wees.

OMEGLE – ook ’n anonieme geselsgroep waar gebruikers enige iets kan bespreek. Die gesprekke is egter vol seksuele inhoud en verwysings na alkohol, dwelms en geweld. Die gevaar hier is dat gebruikers met vreemdes gegroepeer word en die toep is al verbind met misdaadsake waar seksmolesteerders betrokke was. Beslis nie ’n toep vir kinders of tieners nie.

SNAPCHAT – met dié boodskap­ toep kan ’n tydsbeperking op die leeftyd van prente en videos geplaas word. Tieners stuur hiermee lawwe, ligte oomblikke aan en selfs inhoud wat hulle verleentheid kan veroorsaak, omdat dit binne oomblikke gaan verdwyn. Maar, dit gaan nie weg nie – data bly data en die ontvanger kan natuurlik maklik ’n skerm­ kiekie (screen shot) van die foto neem en dit verder versprei. Daar bestaan ook toeps waarmee ’n foto vanaf Snapchat vasgevang kan word.

CLOAQ – ’n anonieme geselsgroep wat nie persoonlike inligting versamel nie en lukraak gebruikersname toedeel. Teks en prente kan opgelaai word. Dit raak gewild omdat dié gemeenskap hulle lede ondersteun. Sommige lede glo hulle streef na hoër standaarde. Soos met enige anonieme groep is hier ook risiko’s, mense tree anders op wanneer hulle identiteitloos is en raak makliker waaghalsig. Die inhoud is soms persoonlik, soms filosofies en soms net gesprekke, die taal is egter dikwels onder verdenking.

SLINGSHOT – dit is glo Facebook se antwoord op Snapchat. Die knoop kom egter in dat jy slegs die video of foto wat aan jou gestuur is, kan sien nadat jy ’n video of foto van jou eie aan die afsender gestuur het en nadat jy dit bekyk het, verdwyn dit dan. Omdat jy op die foto’s kan teken en skryf is dit ’n prettige en kreatiewe manier om spesiale oomblikke te deel. Jy kan Slingshot gebruik al het jy nie ’n Facebook-rekening nie – inhoud kan dus van enige persoon af kom, ook mense wat nie Facebook-vriende is nie. Die stuurder het net jou kind se foonnommer of Slingshot gebruikernaam of wagwoord nodig om goed met hom/haar te deel. Tensy jy ’location services’ afgeskakel het, sal jou stad, die datum en tyd op alles wat jy stuur, verskyn.

LINE – is ook ’n meerdoelige teks-, video- en stemboodskaptoep wat ander media soos speletjies en groepgesprekke insluit.

januarie • februarie 2016

esprit de corps

21


pitkos

leersaam

Hou aan gesels 'aw esomle'! vert e my me er

jy h hiera­ anoef nie de n e em nieel t e

"Everything you post on social media impacts your personal brand.How do you want to be known?" Lisa Horn a.k.a. The Publicity Gal

22

die gees van ons mense

Met al hierdie toeps waaraan kinders blootgestel is, is Common Sense Media se raad aan ouers om met kinders oor hulle aanlynreputasie te gesels en om in hulle omgaan op die verskillende media altyd hulleself te wees. Verduidelik aan hulle dat hulle waarskynlik met oordadige, onvanpaste of wrede inhoud te doene gaan kry en dat dit reg is vir hulle om enige tyd met jou daaroor te kom praat, veral as dit hulle ontstel het. Sulke gesprekke kan vir jou kind ’n leeftydlank van waarde wees. SM is ’n unieke manier van interaksie omdat dit gebruikers onmiddellik met ’n wye gehoor in aanraking bring wat hulle lewens onder die vergrootglas kan plaas en heeltemal anders is as in die werklike lewe.

beteken om iemand herhaaldelik te teister terwyl digitale drama die elke dag se gestoei en gestry onder kennisse aanlyn behels. ’n Seun kan sy ’relationship status’ na ’single’ verander direk na ’n stryery met sy meisie, net om ’n punt te bewys. Tieners plaas aanmerkings oor mekaar omdat hulle weet (en dikwels hoop) dat ander vriende dit gaan sien en daarop gaan reageer. Die ’drama’ gebeur omdat daar ’n gehoor is. Hierdie skermutselings kan natuur­lik oorspoel na die werklikheid. Dit is in die meeste gevalle ontstellend en uiters traumaties vir die kind wat die onderwerp van bespreking of aan die ontvang­kant van die gesprek is.

Digitale drama

Geskikte grense

Common Sense Media waarsku ook dat die woord en konsep van ’digitale drama’ heelwat verskil van ’cyberbullying’ wat meer bekend is aan ouers. Boelie

Help kinders om te verstaan dat daar geskikte grense in gesonde verhoudings moet bestaan. Help die kinders ook om aflyntyd vir hulleself te skep wanneer die

voortdurende heen-en-weer van aanlynaktiwiteite te veel spanning oplaai. Kinders moet ook weet dat hulle ouers altyd beskikbaar is vir hulle, selfs wanneer hulle foute maak en in die moeilikheid beland. Herinner hulle daaraan dat daar ook ander volwassenes is wat vertrou kan word, soos onderwysers, skoolberaders, afrigters en selfs vriende se ouers.

Hoe kan ons bybly?

Dit is moeilik vir ouers om met al die nuwe toeps op die hoogte te bly, maar doen maar ’n bietjie moeite en gaan doen navorsing, al gesels die ouers net onderling met mekaar kan heelwat kennis uitgeruil word. Die belangrikste, volgens Common Sense Media, is om aan te hou gesels en te luister na jou kinders. Selfs al bly jy nie op die hoogte nie, hou die kommunikasie in die huis oop en lewendig dat die kinders jou kan nader wanneer daar probleme opduik. e


Ons bly maar sosiale diere

Die blink kant van sosiale media

personeel-esprit

pitkos

Goeie vangste in dié NET

D

A

lles aan sosiale media is natuurlik nie sleg nie. Die mens is immers ’n sosiale wese wat die interaksie met ander so nodig het soos vars lug. esprit het met Suidwes-kollegas gesels oor hulle sosiale media-voetspore en aan die terugvoer lyk dit da­rem asof daar ’gesonde’ interaksie onder die volwassenes is. Twee vrae in die opname soek na tekens van verslawing of oordrewe gebruik van verskillende SM-platforms. Die respondente het egter almal geantwoord dat hulle nie van die wêreld afgesny en verwyderd voel as hulle nie toegang tot die toeps het nie. Niemand gebruik meer as een selfoon of het meer as een SMrekening nie. Onder ons kollegas is Facebook skynbaar steeds die gewildste en, dit is nou as almal eerlik was, gebruik hulle dit tussen een en vier keer per dag. Hulle gebruik Facebook hoofsaaklik om persoonlike boodskappe te stuur en foto’s van familie, vriende en veral hulle kinders met ’vriende’ te deel. Hier en daar word resepte en selfs klerepatrone gedeel en baie respondente gebruik dit om opbouende/inspirerende boodskappe aan te stuur. Van ons kollegas gebruik SM sowaar ook om op die hoogte te bly met werkverbonde inligting soos daaglikse JSE-verhandelinge

en die stand van die wisselkoerse. Een van die respondente wat effens meer betrokke is, gebruik ook Pinterest, YouTube, Twitter, en WhatsApp – aanvanklik het die persoon ure spandeer om alles te lees, maar het gelukkig gou besef hoeveel tyd dit steel. Die persoon waarsku ook om versigtig te wees met politieke of godsdienstige uitsprake omdat niks privaat is in die sosiale media-wêreld nie. “Ek deel nie maklik baie persoonlike dinge nie en het ’n kleintjie dood aan mense wat ’vuil wasgoed’ voor almal was. Ek ’delete’ ook doemprofete en ander wat nie ’n positiewe bydrae tot my ervaring op sosiale media maak nie.”

an is daar natuurlik ook die baie positiewe kant van sosiale media waar nuwe vriende gemaak word, mense mekaar ondersteun deur moeilike fases van die lewe, raad gee oor bykans alles en selfs hulle lewensmaats ontmoet. So het Ottavio Scribante, ’n netwerk administrateur by NWet, sy vrou, reg aan die anderkant van die land, ontmoet! Ottavio en LizaMaré het mekaar in 2012 op ’n Facebook-ontmoetingstoep vir enkellopendes ontdek. Liza-Maré het in daardie stadium in die Kaap gewerk. Hulle het mekaar die eerste keer in lewende lywe ontmoet toe Ottavio vir vakansie Kaap toe is. “Ons het heelwat tyd saam deurgebring en ontdek dat ons baie in gemeen gehad het – ons het sommer dadelik ’gekliek’,” vertel Ottavio. “Na die vakansie het ons heeltyd via Skype in kontak gebly en ek het vir haar werk hier in Schweizer-Reneke gekry toe haar kontrak in die Kaap beeïndig is. Sy het hierheen getrek en toe kon ons in die volle sin van die woord ’date’. Ek het haar ouers op hulle pragtige bergplaas tussen Middelburg en Richmond in die hart van die Karoo ontmoet en op nuwejaarsdag 2015 het ek haar gevra om met my te trou. Ons het in Oktober verlede jaar die knoop deurgehak,” vertel Ottavio.

Kollegas beperk tyd op internet

Dit blyk uit die opname ook dat ons kollegas baie ingestel is daarop om hulle kinders te help om verantwoordelik met die internet om te gaan. Al die respondente het laat blyk dat hulle toegang tot die internet streng beperk met die hoeveelheid tyd wat hulle daar deurbring en waarna hulle kyk. Dit is ook interessant dat byna almal voel dat dit kinders se privaatheid skend om hulle selfone sonder hulle medewete te ondersoek. Meeste ouers het ook duidelike reëls rodom selfoon- en rekenaargebruik tuis – soos beperkinge op gebruik aan tafel, in geselskap en in die skool. e

Ottavio en Liza-Maré Scribante se sprokiesromanse het in die kuberruim begin. Kyk so ’n pragtige einde. En hulle leef vir ewig gelukkig saam ...!

januarie • februarie 2016

esprit de corps

23


popcorn

popcorbn

Kan kinders stres beleef? Kinders hoef nie rekenings te betaal nie, het nie karre wat ingee en geen spertye wat hulle moet haal nie. Wat kan jou dan nou laat stres as jy ’n kind is?

N

ogal baie. As kind beleef jy baie eerstes – jou eerste tree, eerste dag op skool, eerste soen – en elke keer dat jy iets vir die eerste keer doen, maak dit jou effe bang. En afgesien van die normale beproewings van grootword, moet kinders baie keer hul pad deur ’n mynveld van probleme na volwassenheid vind. Konflik tuis, egskeiding, ’n nuwe skool, trek van een dorp of selfs land na ’n ander, die dood van ’n geliefde of troeteldier, groepsdruk, misdaad en geweld kan hul hele wêreld omkeer en die kommerlose dae van hul kinderjare vir altyd verdryf. Hier is ’n paar maniere hoe jy jou kinders kan help om die mo­ derne lewe te hanteer.

Moenie hul bekommernisse afmaak nie Jy dink dalk jy bewys jou kind ’n guns deur haar probleme ligtelik op te neem, maar probeer haar eerder ernstig opneem. “Wys vir jou kinders jy is beskikbaar om mee te praat en moedig hulle aan om oor hul bekommernisse te praat,” se Margery Rosen, skrywer van die

24

die gees van ons mense

boek Childhood Revealed: Expressing Pain, Discovery and Hope. Hul emosies moet erken en op ’n liefdevolle en vertroostende manier hanteer word.” Probeer elke dag tyd alleen saam met jou kind bestee sodat hy op sy gemak sal voel om jou in sy vertroue te neem.

Hanteer misdaad Die gedagte aan geweldsmisdaad vervul kinders met vrees en vernietig die sin vir orde, roetine en voorspelbaarheid wat hulle veilig laat voel.

Ongelukkig is misdaad en geweld deel van die daaglikse lewe in Suid-Afrika. Selfs al is jou gesin nog nie getraumatiseer nie, sal jou kinders iemand op skool ken wat al deurgeloop het, sal hulle al die gru-stories in die koerante gelees, insidente op TV gesien het of weet van iemand in jul omgewing wat al beroof of aangeval is. Dit help nie om te maak of dit jou as volwassene nie raak nie. Bespreek die toestand met jou gesin en moedig almal aan om te se hoe hul le daaroor voel.

Help hulle om pret te hê Kinders wat nie goeie maats het nie, loop die risiko dat hulle stresverwante probleme kan ontwikkel. Moedig hulle aan om maats te maak deur kuiertjies, oorslapery en ander prettige bedrywighede te reël. As jou kind skaam is, help hom om

klasmaats met soortgelyke belangstellings te leer ken en moedig hom aan om maats te maak.

Kindwees behoort pret te wees, nie bekommernis oor eksamens, groepsdruk, dood en rampe nie. Praat oor lighartige dinge aan die etenstafel, vertel snaakse stories oor toe jy ’n kind was of haal die fotoalbum uit en gesels oor gesinsvakansies.

Verminder die druk Moenie jou kinders met buitemuurse bedrywighede oorlaai nie – as hulle nie genoeg tyd het om hul huiswerk te doen, te speel en te ontspan nie, sal hulle begin stres en angstig voel.

As hulle ’n bepaalde talent het, moedig hulle aan om dit te ontwikkel sonder om te veeI druk op hulle te plaas. “Kinders het tyd nodig om kinders te wees,” se die kinderkenner Marina Petropulos. Konsentreer op sy sterk punte en moet hom nie dwing om iets te doen waarvan hy nie hou nie – as hy dit nie goed kan doen nie, sal hy voel hy stel jou teleur en dit sal net tot sy stresvlakke bydra. Luister na jou kinders. Ons kinders is aan ons toevertrou en ons as ouers moet hulle grootmaak sodat hulle goed aangepaste en selfversekerde volwassenes kan word wat suksesvol in die lewe kan funksioneer. e

Leer ontspanningstegnieke As jou kind ontspanningstegnieke toepas, kan dit hom help om sy stres te hanteer, se dr. Amie Gordon-Langbein, ’n kinder- en gesinsberader. Hier is ’n paar metodes wat jy kan probeer:

• Laat jou kind op die vloer lê en ’n vuis maak terwyl hy sy armspiere styf maak totdat dit voel soos ’n rekkie wat wil breek. Sê dan hy moet sy hand oopmaak en sy vingers beweeg totdat hulle heeltemal slap en ontspanne voel. Beweeg dan na die res van die liggaam en verstyf en ontspan die spiere van die gesig af ondertoe deur die nek tot by die voete en tone. Speel strelende musiek terwyl hy dit doen en praat op ’n kalm, rustige manier . • Laat jou kind op ’n stoel sit met sy hande op sy bors terwyl hy diep asemhaal. Sê hy moet hom verbeel sy liggaam is ’n gebou en dat hy met die eerste asemteug die eerste verdieping met lug vul, en dit dan uitblaas. Met die tweede asemteug vul hy die tweede verdieping en so aan totdat hy by die solder uitkom. Deur dit verskeie kere te herhaal, kan hy homself kalmeer. Hy kan dit in die klaskamer doen wanneer hy op sy senuwees is voor ’n eksamen of mondeling.


popcorn popcorn

Gesondheid op die sportveld Dis nie ’n geheim dat sport en oefening kinders sterk en gesond maak nie. Maar nie alle kinders geniet die tradisionele sportsoorte wat skole aanbied nie, moet egter nie dat dit verhoed dat jou kinders oefening kry nie. Kry ’n sportsoort wat jou kind se persoonlikheid pas en wat vir hom lekker is. As die kind nie van sport hou nie, of nie aangelê is daarvoor nie, kan hulle steeds oefening kry deur fietsry, swem of perdry. Kry ’n klouterraam, trampolien of swaaitennis. Moenie vergeet van goeie outydse boomklim nie, dit versterk spiere, verbeter hand-oog-koördinasie en b­evorder soepelheid. Geniet intussen die foto’s wat by onlangse atletiekbyeenkomste geneem is.

Veelsydige sportman Raykie van Rooyen, Sunelle en Rayner se seun, blink uit in hoogspring (1ste plek), gewigstoot (2de plek), verspring (3de plek) en naellope.

Links: Tiana, Sylvia Taljaard se dogtertjie, is in Leeutjielandkleuterskool. Sy neem met oorgawe deel aan die atletiek.

Goud, brons en silwer

Bo: Azelle (Lorraine Kotze) en Natasha, (Adele Holtzhausen) ry lekker saam op die Land Rover.

Stoot hom Afstand en krag...

Roeben Robinson, Anli Robinson se seun, is ’n veelsydige sportman. Hier neem hy deel aan verspring en gewigstoot.

Lihan Dunhin, Bettie en Gerald se seun, konsentreer om ’n allemintige stoot af te lewer.

Leerlinge is trots op die medaljes wat hulle tydens die atletiekbyeenkoms op Wolmaransstad verower het. Minette Hattingh, Suzette en Andrid Geldenhuys se dogter, is links agter en Raykie van Rooyen, Sunelle en Rayner se seun, staan voor in die middel.

Langasem Drieckus van Heerden, Elrina en Ludi van Heerden se seun, in die pylvak.

Daar’s die wenstreep Ruan Robinson, Anli Robinson se seun, is in Leeutjielandkleuterskool.

januarie • februarie 2016

esprit de corps

25


Soek die verskille

nie; , d e nie ntle e: Liefd dit nie o erduidelik n jy ka dit nie v t! e n jy ka dit . . is n want

Verbind die nommers en kyk wat kruip tussen die syfers weg.

Hoeveel verskille kan jy kry? Die eerste korrekte antwoord wat uit die hoed getrek word, wen die boek Nova - Vuurdoop met die komplimente van LAPA Uitgewers. Stuur jou antwoord na: esprit.kompetisie@gmail.com. Merk in die onderwerplyn: Soek die verskille. Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 25 Maart 2016

wegsteek-kompetisie Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Die maand is die wegkruipplek­ke goed gekies ... Tel hoeveel keer hierdie sjokoladehartjie in esprit verskyn (hierdie een uitge­sluit). Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Jou geldsake wat deur Lux Verbi geskenk is. Stuur jou antwoord aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn: Hoeveel sjokoladehartjies Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 25 Maart 2016

26

die gees van ons mense

Die korrekte aantal waatlemoene wat in die November/Desember-uitgawe versteek was, was 18. Baie geluk aan Breggie Bam (Kredietkontroleur ). Die boek Elton amper famous April en Juffou Brom sal binnekort aan jou gestuur word. Hier is die bladsye waarop die waatlemoene weggesteek was, kyk of jy hulle kan raaksien. Bls 12, 13 (2), 14 (3), 16, 17, 18, 21, 24 (5), 25 en 26 (2).


popcorn

Valentynsdag is pret Die leerlinge by Laerskool Leeudoringstad het met oorgawe aan Valentynsdag deelgeneem. Elke graad het ’n spesiale geleentheid daarvan gemaak – kyk hoe vrolik!

Graad 7

januarie • februarie 2016

esprit de corps

27


agterstoep

kompetisie wat sê die prentjie?

ry het Hierdie gehuile , maar ek ’n punt gehad eer wat m e w eet nou ni e. ni as dit w

Illustrasie: Yolandé van Zyl

deur Matsie Oliver

Bly in die oomblik P

robeer om in die oomblik te bly, sê my liefste Lena toe ek haar bel en so huil dat sy my nie kan hoor nie. Ek kan net ooit in die oomblik wees as ek BAIE kalmeerpille gedrink het, huil ek op haar. BAIE. Ek het nie genoeg nie! Die simpele gehuilery hou nou al maande lank aan: omdat ek siek is, omdat die groot kind weggaan, omdat ek en die Ridder, ag, nie meer ons is nie, en die mat onder my voete uit is, en die hondjies op die mat piepie (maar hulle is nog baie lief vir my en gaan nie weg nie). Ek het ’n skare sterk vroue om my. Hulle maak tee en bid en lag, sodat ek soms wel weet die son skyn iewers, al is dit nie hier nie. En in my ellende kry ek die helderheid om te weet dat daar ’n groot genade is in die vroue wat bel, al bel ek nie terug nie, wat kom kuier, al maak ek die deur in my pajamas oop, wat hulle arms Kersfees om my vou, al het ek niks om tot die vreugde van die seisoen by te dra nie. Ek het al met ’n trein deur Indië gery, maar ek deins terug voor ’n nuwe selfoon wat ek self moet ontrafel. Ek wil nie alleen ’n gordyn ophang of vir Mollie veearts toe neem nie. Ek wil nie sonder my kind wees nie, maar ek wil vir hom die wêreld gee. (Matriek deurgekom, ja, dankie. Nie sewe A’s gekry nie, maar wie tel in elk geval?) Ek moes seker nie gehoor het hoe die mooie skoonliefie by die salon omdraai en vir haar kollegatjie by my voete Midlife Crisis? fluister nie. En dit net omdat ek elke keer gehuil het as sy die wattetjies op my oë sit. Dit was tog die logiese ding om te doen? Enigiemand wat kan dink en wou huil sou dit gedoen het: die wattetjies absorbeer die trane heeltemal en daar is geen nat strepe wat oorbly nie. Ek het nie eens gesnik of gesnuif nie (nie tóé nie). Natuurlik is dit ’n krisis. My krisisse, meervoud, asseblief. ’n Mens huil tog nie soveel as net een krisis jou tref nie! Verskriklike krisisse omdat dit mý krisisse is. En midlife het niks daarmee te doen nie, asseblief. Dit sou krisisse gewees het of ek nou 18 of 88 was ook. Maar natuurlik het ek nou die skare sterk vroue wat ’n mens nie noodwendig op 18 of 88 het nie, dus kan ek dalk ’n bietjie minder huil. Hierdie gehuilery het ’n punt gehad, maar ek weet nou nie meer wat dit was nie. Miskien het dit met die oomblik te doen gehad: wanneer jou lewe om jou in duie stort, maar ’n hond op jou skoot sit en Lena vir jou tee maak, en jy die weer sien opsteek en onthou dat daar oorvloedige rede tot dankbaarheid is. As die foon lui en dit is jou kind wat net twee groot strate verder in ’n kommune bly en hy sê: Ek kom kyk vanaand by Ma TV, hoor! (Dit beteken hy eet ook hier, en bring wasgoed, en kry petrolgeld, maar jy is bly oor alles.) En Lena gee vir jou ’n sigeunerbroek wat jou nooit in der ewigheid ses maande gelede sou pas nie, huil is verslankend. En daar is vye in die nuwe huurhuis se tuin. Nou onthou ek: ek wou ’n ode aan die sterk vroue in my lewe skryf. Eersdaags sluit ek by julle sterk geledere aan. Intussen sê ek dankie aan julle almal namens ons almal wat nou spartel om kop bo water te hou. Dankie. e

28

die gees van ons mense Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833

Wat sê die prentjie? Gee ’n oulike en snaakse byskrif vir die prentjie. Die oulikste/snaakste byskrif wen die boek Oase wat deur Lux Verbi uitgewers geskenk is.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sperdatum: 25 Maart 2016 Merk jou inskrywing so: esprit: wat sê die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die weninskrywing in die Maart-uitgawe.

Sarah word uit haar huisie in Kaapstad ontvoer. Sal Ariel daarin slaag om haar te vind? En sal kaptein Rassie Erasmus sy vooropgestelde idees en sinisme kan agterlaat en Sarah opspoor? Kaptein Erasmus se briljante IT-kenner Daniël help die persone opspoor wat die ontvoering gereël het. Wie is die Drie Broeders, en hoekom is hulle agter Sarah aan? Wat is die verbintenis tussen Edmund Muller en die Groot Sadar? ’n Spannende verhaal met ’n vinnige pas, deurweef met die goue draad van God se beskerming en genade.

Alle boeke van Lux Verbi is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf: www.luxverbi.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.