The bulletin newspaper 22 september 2017

Page 1

Issue 146 - FREE

22 September 2017

the good news paper

017 631 1903 / 017 631 1845 • admin@thebulletin.co.za • 1 Kiewiet Street, Secunda (Lake Umuzi)

Oom Piet oorstelp van vreugde “Kyk hoe bewe ek nou” is al wat Pieter Marais uitkry terwyl hy sy hande uithou. Gert Pienaar, eienaar van We Move You, was besig om ‘n splinternuwe rolstoel uit sy afleweringsvoertuig te gaan haal. Ná die rolstoel deeglik ondersoek is en met ‘n kennersoog bekyk is, het Pieter (Oom Piet) sy sit in die rolstoel geneem. “Ek kry sommer hoendervleis, kyk net hier” sê hy terwyl hy na sy been wys. Kort-kort praat hy van sy hoendervleis en lag dan lekker. Gert sit op sy knieë by Oom Piet terwyl hulle bespreek wat kan verander word of aangepas word om by Oom Piet te pas. Skielik sit Oom Piet regop en vra vir Gert “kan ek jou ‘n druk gee?” Hy was oorstelp met vreugde. ‘n Oomblik volg waar alle gebrekke, bekommernisse of ontberings vergete is. Oom Piet borrel en Gert Glimlag tevrede van oor tot oor. Mense gee nog om vir mekaar! Die Bulletin het betrokke geraak toe hulle ‘n storie gehoor het van ‘n man in ‘n rolstoel wat raakgery was. ‘n Besoek aan Oom Piet het aan die lig gebring

dat net die rolstoel beskadig was. Oom Piet vertel dat hy soos gewoonlik sy stoel agter toe stuur terwyl hy die verkeer dan kan sien aankom. Hy het net een been en sy een arm maak nie reguit nie. Dit maak dit dan makliker om sy stoel te kan beweeg. Terwyl hy dan so beweeg het, het ‘n voertuig te na aan hom beweeg. Hy het so groot geskrik dat hy, volgens hom, “ ‘n Olimpiese sprong uitgevoer het” om weg te kom. Dit is toe dat die stoel beskadig is. Die Bulletin het toe die eienaar van die voertuig, Gert Pienaar, geskakel en dit was baie duidelik dat hy nie van die voorval bewus was nie. Een van Gert se werkers het die voertuig bestuur. Gert het dadelik voorgestel om die stoel te vervang. Ná ‘n paar logistieke reëlings getref is, het Die Bulletin Gert ontmoet en na Oom Piet geneem. Graag wil Die Bulletin vir Gert bedank vir die stoel wat hy aangekoop en aan Oom Piet geskenk het. Hy het ook een van sy werknemers gestuur om die ou stoel te herstel sodat dit gebruik kan word indien nodig.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.