The bulletin newspaper 19 january 2018

Page 1

Issue 159 - FREE

19 JANUARY 2018

Community News. Original - accurate - first

017 631 1903 / 017 631 1845 • admin@thebulletin.co.za • 1 Kiewiet Street, Secunda (Lake Umuzi)

Lisensiekantoor frustreer inwoners

Lang rye, geen toiletgeriewe en ‘n stelsel wat kort-kort van lyn af is by Secunda se lisensiekantore, is van die probleme wat inwoners frustreer. “Dit is onaanvaarbaar en dit is onregverdig. Dit is reeds die vyfde keer vanjaar wat ek in die ry staan, maar kry niks uitgerig nie,” het ‘n inwoner wat anoniem wil bly, gesê. “Ek kan met jou praat, maar ek wil nie geidentifiseer word nie. Ek glo iemand sal my kom vervolg as hulle weet wie ek is,” het ‘n inwoner van eMba gesê. Ten spyte van die klagtes, is daar ook die kwessie van personeel wat glo ongeskik en geirriteerd is. ‘n Personeellid het nie op die Bulletin se navraag oor die omstandighede waaronder hulle moet werk, gereageer nie. Sover ons kon vasstel werk die personeel in ‘n kantoor sonder lugversorging, maar dit kon nie bevestig word nie. “Ek kan hulle frustrasie ook verstaan, dit kan nie lekker wees om so te werk nie. Enige persoon sal gefrustreerd raak as die stelsel kort-kort af is en hulle moet dit ontgeld,” het ‘n motoris, Marie Duvenhage, gesê. Die Bulletin het met die areabestuurder gesels, wat openlik vriendelik was terwyl Ena van Rooyen, DA raadslid, daar was. Die oomblik toe sy loop het sy houding egter verander van vriendelik en behulpsaam, na ongeskik en aanvallend. Daar is onsekerheid oor wat met die stelsel aan die gang is want mense se weergawes verskil heelwat. Sover ons kon aflei weet die areabestuurder nie eintlik wat hy bestuur of wat werklik aangaan nie. Elke keer as ongemaklike vrae oor instandhouding en die stelsel aan hom gestel is, het hy van voor af begin om dieselfde storie, wat niks met die vraag te doen gehad het nie, te vertel. Volgens hom neem hulle ongeveer 80 aansoeke per dag in. Indien hulle nie almal gehelp word nie, word diegene glo op ‘n prioriteitslys geplaas om die volgende dag eerste gehelp te word. Die kantoor maak egter eers 8 uur oop en is veronderstel om 15:00 te sluit. Met die Bulletin se besoek is daar belowe dat almal die betrokke dag gehelp sal word. Na ‘n baie lang frustrasie en na ons geweier het om te loop totdat die laaste persoon gehelp is, het die kantore eers om ongeveer 16:00 gesluit. Verskeie motoriste het beaam dat hulle nie gehelp sou word as ons geloop het nie. Die gronde en die onderhoud daarvan, is volgens hom die verantwoordelik

van die munisipaliteit. Hy wou egter geen verdere kommentaar lewer nie en het ons verwys na die Media verhoudingsoffisier wat in die ander lisensiekantore sit. Iets wat ‘n groot frustrasie is, omdat hulle kwansuis ons navrae na Nelspruit sal verwys, wat dit weer na Secunda sal verwys, wat dan ‘n antwoord sal verskaf. ‘n Ander skokkende voorval wat plaasgevind het is ‘n sekuriteitswag wat in ‘n polisiebaadjie geklee was. Die Bulletin het haar gekonfronteer

en gevra waarom sy dié baadjie dra, waarop sy geantwoord het dat dit reën. “Ek het dit nie gesteel nie, dit is my eie, ek was voorheen in die polisie gewees,” het sy gesê. Toe ons ‘n foto wou neem het sy egter weggehardloop en met ons terugkeer na die kantore het sy reeds ‘n ander baadjie aangetrek. Sy het ook geweier om haar naam aan ons bekend te maak. Onbevestigede bronne in die SAPD het gesê dat jy dit nie mag dra nie,

of dit ‘n polisiewapen op het of nie. “Wie gee hulle die reg om as gewone inwoner uniform te dra? Dan kan ek mos ook vir my so baadjie kry. Hoe moet jy dan nou weet wie is polisie en wie nie. Vir wie moet jy nou respek hê en vir wie moet jy stop as jy afgetrek word? Wie kan jy dan nou vertrou?,” het ‘n vrou, wat ook verkies om anoniem te bly, gesê. “Die toestande is onmenslik en onaanvaarbaar,” het Ena, DA raadslid, gesê.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.