The bulletin newspaper 17 november 2017

Page 1

Issue 154 - FREE

17 November

the good news paper

2017

017 631 1903 / 017 631 1845 • admin@thebulletin.co.za • 1 Kiewiet Street, Secunda (Lake Umuzi)

Lest

we forget

Moths and Friends on parade on Armistice day Bullets flying over his head. Explosions every few seconds as mortars and artillery shells fall around him. Fear is battling to overcome his whole being as the stench of rotting corpses rises all around him. Then remembering the special letter that he has in his chest pocket, the one from a special girl back home. He still tries a wry smile but struggles and he curses the ever present mud in the trenches. “Charge” comes the command, no time to think of fear now, as he fixes his bayonet and launches himself out of the trench. He wonders how everything seems so slow. As another explosions blasts close to him, he feels a tuck at his shirt, and another then one more. As he falls he wonders what is wrong with him, he should still be running. Then there

is pain, like burning coals on his chest. As darkness slowly comes to him, he can’t help to think about that letter in his pocket. He didn’t want to die now, he still has to answer that letter. As the white crosses stand in perfect rows, in stark contrast with bright red poppies, we stand in remembrance of those that didn’t return. Not knowing what happened to them. Did they die swiftly, did they suffer? Was it all in vain? During the First World War (1914– 1918) much of the fighting took place in Western Europe. Previously the beautiful countryside was blasted, bombed and fought for, over and over, again and again. The landscape swiftly turned to fields of mud: bleak and barren scenes where little or nothing could grow.

Bright red Flanders poppies (Papaver rhoeas) however, were delicate but resilient flowers and grew in their thousands, flourishing even in the midst of chaos and destruction. Armistice Day is on 11 November and is also known as Remembrance Day. It marks the day World War One ended, at 11am on the 11th day of the 11th month, back in 1918. A two-minute silence (unique to South Africa) is held at 11am to remember the people who have died in wars. It always falls on the closest (to the 11th) Sunday in November. Memories grow fainter as we grow older. Let us not forget about those that died in the course of duty. Salute my friend! May we meet again in the poppy fields of heaven! - Encee van Huyssteen


NEWS

2

17 November 2017

GMM-Wie moet die skuld dra? Inwoners van GMM is moeg om aan ‘n lyntjie gehou te word met mooipraatjies. Die verkeerde mense is moeg om geskel te word oor iets wat buite hul beheer is en die algehele agteruitgang van dorpe in Govan Mbeki Munisipaliteit word by die dag meer sigbaar. Baie verkeersligte wat nog staande is werk nie, borde is om of word vermis, straatname is onleesbaar, bushaltes dakloos, kragbokse oop vir die publiek, strate is vol gate, munisipale rekeninge is ‘n gemors, vullis lê vir weke voor huise en vrot, publieke geboue en strukture is vervalle, water raak ‘n probleem, GMM

ontwyk vrae en boonop is sommige diensnemers van die munisipaliteit glo onbehulpsaam en ongeskik. Maand na maand onstel inwoners hulle van voor af omdat hulle vir dienste betaal wat nie gelewer word nie en laasmaand se Eskom-tameletjie het hulle vertroue in die munisipaliteit ‘n groot knou toegedien. Aan die ander kant verneem die Bulletin hier en daar van iemand se aangename ervaring by ‘n munisipale instansie en smiddae as Sasol uitkom is die puntsman op sy pos om verkeer te reguleer. In sekere dele is vullis wél verwyder, al was dit nou twee dae

later en die veel besproke flikkerrobot is na jare reggemaak (maar was Maandagoggend weer buite werking). So alles is nié net sleg nie en daar is wel mense wat hulle werk behoorlik doen of probeer doen. Die vraag is hoekom dorpe van die GMM munisipaliteit dan so lyk en by wie lê die fout? Vir die volgende paar weke gaan die Bulletin met GMM raadslede, inwoners, kenners en werkers gesels en ook die wette, strukture en prosedures bespreek. Hier volg dan deel 1met ‘n in-diepte bespreking oor vullis en bourommel.

Vullis ruk handuit! Find us on Facebook - The Bulletin -

Secunda het 6 vullistrokke waarvan net 3 operasioneel is en dis ‘n Babelse verwarring wanneer jou vullis verwyder sal word. Goeie nuus is dat vullisverwydering Maandag weer op koers was maar met al die opgehoopte vullis is die vragte groot en as die hele sone nie gediens word nie, sal dié sones weer aan die agterspeen suig. Ek het met Mariaan Chamberlain, DA raadslid en Coen van Zyl, eienaar van SkipGo (‘n privaat vulisverwyderingsmaatskappy) gesels oor die situasie. Van die klagtes: 1. Onwettige stortingsterreine: Hulle is veral ‘n probleem aan die buitewyke van dorpe en oop velde langs die pad. Cambridge straat in Evander en die buitewyke van uitbreiding 22 in Secunda is goeie voorbeelde. Dié onwettige terreine moet deur die munisipaliteit skoongemaak word, maar daar is ‘n tekort aan voertuie en personeel. Dit is die munisipaliteit se verantwoordelikheid om dié gemors op te ruim, ‘n munisipaliteit wat nie eers van al die vuilgoed in woongebiede ontslae kan raak nie.

Vullis wat langs provinsiale paaie gestort word (bv. tussen Evander en Secunda) is egter nie hulle probleem nie en sal moontlik vir jare wat kom nog steeds daar lê. As jy gevang word vir die onwettige storting, kan jy beboet word afhangende van wat jy weggooi. “Die publiek moet asseblief nie hulle vuilgoed in die groenstroke en buite die dorp gaan weggooi nie.” – Mariaan Chamberlain 2. Ontoeganglike stortingsterrein: Secunda se stortingsterrein was verlede week amper onbegaanbaar weens ‘n staking deur Interwaste. DÍt omdat GMM vir twee maande versuim het om dié kontrakteur te betaal. ‘n Jaar terug was inwoners in dieselfde bootjie. Intussen het Interwaste wel ‘n betaling ontvang maar weier om verder te werk tensy die volle bedrag betaal is. Interwaste is onder andere verantwoordelik vir die daaglikse bedekking en verskuiwing van vullis op die terrein. Hoewel Interwaste se masjiene weens ‘n dieseltekort staan, is die werkers nog steeds teenwoordig op die terrein, maar kan nie vullis bedek of paaie op die asgate oophou

sonder diesel nie. Bethal is ook agterstallig en dié werkers het ook gestaak maar was Maandagoggend weer operasioneel. Kinross se terrein is nie omhein nie en besig om met rasse skrede uit te brei. Daar is ‘n kontrakteur aangestel om op te ruim en ‘n lisensie is ook uitgereik om die terrein binne die volgende drie jaar te sluit. 3. Geen stortingsterrein: Evander beskik tans nie oor ‘n wettige stortingsterrein nie. Evander inwoners moet huidiglik van ander dorpe se terreine gebruik maak, maar sommige het besluit dat die veld langs die pad wat na Mpumalanga Accomodation lei die geskikte plek vir vullis is. In die toekoms sal daar net een terrein in Leandra wees. 4. Vuilgoedsakke wat vir weke aaneen nie verwyder word nie: Dié probleem kom al maande en GMM is veronderstel om jou vullis vier keer ‘n maand te verwyder. Dit gebeur meeste van die tyd nie want trokke en arbeid is in die minderheid. Daar was meer trokke, maar een van die is glo tydens verlede maand se krag-staking uitgebrand. 5. Strate of uitbreidings wat oorgeslaan word: 15 Werkers (waarvan 3 drywers is) moet daagliks ongeveer 800 huise in Secunda 1200 in eMbalenhle se vullis verwyder en as strate oorgeslaan word, is dit glo per ongeluk. 6. Rekeninge vir dienste nie gelewer: ‘n Standaardtarief moet betaal word, ongeag of jy van die dienste gebruik maak of nie. Hoewel dit inwoners ekstra geld uit die sak jaag het vullisverwyderingsbesighede oornag soos paddastoele opgeskiet, maar vir dié ekstra onkoste gaan inwoners nie vergoed word nie. Die rekeninge sal in ‘n volgende artikel bespreek word. Volgende week gaan ons Deel II Borde, verkeersligte en padtekens bespreek.


NEWS

17 November 2017

3

Buurman se wekker kraai koning Inwoners van Evander is goed die hoenders in vir ‘n buurman se haan wat hulle soggens 3 uur uit die vere jaag. Hoewel dié slapelose hoenderhaan en sy kekkelende vriende nuwe betekenis aan die spreekwoord Carpe Diem gee, irriteer hul entoesiasme inwoners wat groot waarde aan slaap heg en ander wat voel dat ‘n dorpswerf nie ‘n hoenderfabriek is nie. Dit volgens kommentare op ‘n inskrywing van Secunda Utility Services Forum se Facebook blad. Volgens die kommentaar blyk dit ook nie die enigste geval in die omgewing te wees nie. Terwyl die bruidegom op menige troues met Tant Koek se troeteldier vergelyk word, glo sommiges dat hy op die etenstafel hoort. Ander is weer dankbaar vir die plaasgevoel. n Haan se gekraai kan tot 90 desibels

oplewer, iets wat jou groot skrik op die *Jy jou hoenders op hok moet hou en verantwoordelik is vir die netheid, lyf kan jaag as jy van plan was om vir higiëne en kondisie van die perseel en nog ‘n paar uur in droomland te kuier. hok. Inwoners het ook gekla dat hulle * Jou perseel vry van aanstootlike honde gedurig blaf en gewaarsku reuke moet wees. dat hulle nie verantwoordelikheid sal * Jou hoenders nie die gerief, gemak, neem as vere die werf vol lê nie. rus en stilte van die publiek mag Kommentaar oor of hoenders op ‘n versteur nie. dorpswerf wettig is het verskil, maar * Jy as eienaar verantwoordelik is vir in ‘n neutedop sê Govan Mbeki se bydie voorkoming en vernietiging van wette dat: van vlieë, kokkorotte, knaagdiere en * Jou hoenders nie ‘n ander ongediertes. gesondheidsrisiko vir die publiek mag As jou haan egter weier om na jou inhou nie. * Jy ‘n maksimum van 20 hoenders mag aanhou tensy jy oor ‘n spesiale permit beskik. * Jou hok van klip, steen, beton of slytbestande materiaal moet wees en ‘n gladde interne oppervlak moet hê en ook dat die vloer van beton of Elegance Electric het Donderdag ander slytbestand en ondeurdringbare belangstellendes behoorlik op die hande gedra tydens hul uitsonderlike materiaal moet wees. verskaffersdag wat by Sasol Klub gehou is. Verskaffers het van heinde en ver gekom om produkte,wat ook by Elegance Electric beskikbaar is, ten toon te stel.

Publiek ontmoet verskaffers

More years added to sentence Info by Captain Dineo Lucy Sekgotodi Sipho Sibusiso Mnguni (37), a former employee of Department of Justice was found guilty and sentenced to ten years imprisonment of which five years is suspended by Standerton Regional Court on Tuesday 7 November 2017 for fraud, total amount value of R300 000 Mnguni was employed by Department of Justice and responsible for maintenance pay out. During 2011 Mgnuni was working at Bethal Magistrate offices and started manipulating the system and transferred money to his family and relatives. In 2012 he was promoted to Standerton Magistrate Court `offices whereby he continued to commit fraud. Mnguni was caught and the case of fraud against him was opened at Bethal. Mnguni was convicted and sentenced to 8 years direct

berispinge te luister of jy ‘n veer voel vir die ander wette, kan jy ‘n maksimum boete van R500 opgelê word. Indien jy versuim om dié boete te betaal kan jy vir 6 maande as tronkvoël opeindig. Maar solank jy aan die reëls en regulasies voldoen en ‘n gesondheidsbeampte se goedkeuring het, is jou haan geregtig om koning te kraai oor sy mishoop. Besoek www.govanmbeki.gov.za/wpcontent/Bylaws/bylaw_pets.pdf vir die volledige bywette. - Gwendie Venter

imprisonment by Bethal Magistrate Court on the 25 July 2017 and send to prison. The case against him was opened again at Standerton whereby he was added 10 years imprisonment . Fraud and Corruption within the government sphere is remain a challenge as the government is expected to deliver services to the community .The provincial Head of Mpumalanga DPCI Major Gen Mokoena is issuing a stand warning to those who are involved in such activities to refrain. Major General Mokoena further appreciated the investigating officer for his persistent until the accused was sentenced.

Convicted Prisoner Sipho Sibusiso Mnguni (37)

Errata... Die Bulletin het ongelukkig Mr Alwyn Carstens se van in die vorige uitgawe van die Bulletin verkeerd gespel en bied dan hiermee ons verskoning aan.

Die span het uit hul pad gegaan om elkeen te akkommodeer met ‘n verskeidenheid vingerhappies, drinkgoed en geskenke. Dit was ‘n unieke geleentheid vir die publiek om die behulpsame verskaffers van nader te ontmoet en promosieprodukte te ontvang.


WHAT’S UP/News

4

So is die lewe

• 017 631 1903 • 017 631 1845 Wie is ons / Who are we: Redaksie / Editorial 017 631 1903

Encee van Huyssteen 082 554 7589 encee@thebulletin.co.za admin@thebulletin.co.za Gwendie Venter 082 896 4660 gwendie@thebulletin.co.za

Bemarking / Advertising 017 631 1845 Hannelie de Jager 082 789 2529 hannelie@thebulletin.co.za

Produksie / Production Kerry Bird 017 631 1903 / 017 631 1845 artwork@thebulletin.co.za

Finansies / Finances Elmarie van Huyssteen 017 634 8312 elmarie.vh@telkomsa.net Bulletin word deur Paarl Coldset Printers gedruk in Johannesburg. Bulletin is printed by Paarl Coldset Printers in Johannesburg

Distribution: We pride ourselves in delivering a Bulletin to businesses in Secunda, Trichardt, Evander and Bethal and Kriel. We also distribute additional copies to several points of business in Kinross and eMbalenhle. Should you have a delivery enquiry or complaint, send us an email containing your name, contact details and home address to admin@thebulletin. co.za. COPYRIGHT All rights of reproduction of all reports, photographs, drawings and other materials are hereby expressively reserved in terms of section 12 (7) of the Copyright Act No 96 of 1978 and any amendments thereof. Banking details: The Bulletin Absa RBB Commercial Secunda Branch code: 637256 Account number: 408 499 2285 Checque /Current account

Therefore let us stop passing judgment on one another. Instead, make up your mind not to put any stumbling block or obstacle in your brother’s way. Romans 14:13

17 November 2017

Ds Marius Britz Ouer mense praat baie van die “goeie ou dae”. En dan word daar breedvoerig uitgebrei oor hoe goedkoop alles was, hoe goedgemanierd die kinders was en hoe gedissiplineerd skole was. En die arme kinders wat al hierdie stories moet aanhoor, ken dit al uit die kop. Hulle rol maar net die oë as pa of ma, of ouma of oupa, weer hef-aan insit oor hoe goed die verlede was. Maar een ding wat mens altyd wonder: wil oupa nou regtig weer op die pawiljoen sit en “jamblikke visblikke drie by drie” sing? En verlang ouma sowaar na daardie tyd toe meisies wye rompe en alicebands gedra het? Maar tog, meen ek, is hierdie hunkering na die verlede ‘n ingebore ding by ‘n mens. Nie noodwendig na die omstandighede van die verlede nie, maar hoe jy gevoel het toe jy eens op ‘n tyd op ‘n sekere plek gebly het. Toe jyself nog jonk en sterk was met ‘n kop vol planne, en toe jy nog gereken het jy gaan die grootmenswêreld met ‘n spoed tref. So kom ek weer verlede Sondag in die bekende kerkgebou in die Lugmagbasis Langebaanweg. Baie is nog presies dieselfde: die preekstoel het steeds die plaatjie op wat ek daar laat aanbring het sodat ek as predikant

moet fokus behou oor die groot Roeping, met die woorde van Joh 12:21: Meneer, ons wil Jesus graag ontmoet. Die manjifieke orrel met sy groot orrelkas en koperpype. Die preekstoel met sy warm houtagtergrond wat Plankies, die basis se skrynwerker, een Saterdagaand laat moes klaarmaak voordat kerk Sondag begin. Met oom Mynie Reyes se boeremusiek wat kliphard blêr in die kerk. Dit laat hom beter konsentreer, het Plankies gesê toe ek van mening was boeremusiek is nou nie eintlik baie geestelik nie. Na kerk ry ek deur die basis, en skielik draai Kris Kristofferson soos ‘n refrein deur my kop: And I’ll give all my tomorrows for a single yesterday. Want alles is so bekend: die huise, die strate. Op die sypaadjies lê die kinders se fietse. En bykans elke huis het ‘n drombraaier voor die voorstoep, bote, kano’s, oliekanne met varings, vet, helder geverfde kabouters, bromponies waarmee inwoners heen en weer ry, tuinstelle in die voortuin. Maar die mees opvallende: daar is nêrens diefwering nie. En baie motorhuise se deure is oop. Met visstokke, gereedskap, kartonhouers vol wie weet watter gemors wat mens nie eintlik meer wil hê nie, maar te jammer is om weg te gooi. En die bosduiwe koer oorverdowend in die reuse groot bloekombome. Toe verstaan ek meteens die frase: “goeie ou dae”. Met bittersoet onthou, soos Koos Doep sing: Gesigte, drome, name, is deur die wind verwaai. Want alhoewel die leefstyl presies dieselfde is as ‘n kwarteeu terug, is daar baie onbekende mense. Hulle sit en brunch buite in die tuin, en waai vriendelik as jy verbyry, maar jy ken hulle nie. Die lewe lyk dieselfde hier, maar ander mense leef dit. Jou kollegas van daardie tyd is almal al óf afgetree, óf dood. En jy wonder waar almal sou wees. Van baie weet jy: Lappies, Tinus, Siebren, Danie. Maar andere het jy nooit weer gesien of van gehoor nie. En die stories van doerie jare breek stuk-stuk los uit jou vermufte geheue. Soos

die twee stout boeties wat in jou gemeente was. Vrek stout, al was hulle ouers diep gelowige en meelewende mense. En jy onthou: een Sondag was daar ‘n kinderpreek. Die tema was: ons moet gedrewe Christene wees. En die hulpmiddele is fyn bedink: party Christene lyk net soos Christene, hulle is eintlik net daar vir die mooigeit. En ter demonstrasie ‘n porseleinkarretjie. Ander weer moet heeltyd getrek of gestoot word om te beweeg. En dit word gedemonstreer met ‘n outydse speelgoedlorrie aan ‘n tou vas. En dan is daar die Opwenchristene, hulle spring weg met ‘n spoed, maar gaan staan later heeltemal. En die troefkaart in die preek: uit- die-hemel beheerde Christene. Ek leen ‘n afstandbeheerde speelgoedrenmotor by die twee stout boeties om die punt te illustreer. Ek kry dit net voor die diens, en het nie tyd om te oefen met die ding nie. Die seuntjies in die kinderdiens is in vervoering as die renmotor met ‘n spoed wegtrek voor op die nagmaaltafel. Of hulle hoegenaamd die boodskap gehoor of onthou het, weet ek tot vandag toe nie. Want juis daardie oomblik loop die preek skeef: ek is onkundig oor die motor se remafstand, en ek jaag hom met ‘n bekwame spoed van die nagmaaltafel af sodat die kar op die vloer neerhop en onder die diakensbank in verdwyn. Met die twee boeties wat soos een man opspring en kliphard skreeu: Ons @#%#@ kar. Ek vergoed deur vir hulle elkeen ‘n Swart Katmondering te gee (wat daardie tyd ‘n baie gewilde kinderreeks op televisie was.) En weereens het my oordeel my in die steek gelaat. Want die twee boeties sluip laataand in die basis rond met hulle swart kat maskers, en sien aan die kant van die dorp ‘n ouerige man en sy vrou wat lê en lees in die slaapkamer, hulle koppenent teen die diefweringlose oop vensters. En die twee makkers klim stilletjies op die vensterbank, spring deur die oop vensters met ‘n bloedstollende Tarzankreet. En toe hulle tussen die versteende, witgeskrikte man en sy vrou staan, is die eerste woorde waaraan hulle kon dink: Naand oom, naand tannie. Goeie ou tye...

Aquathon donates to MC foundation Theresa Gray handed a cheque of R10 000 to Martin Keyzer of AquaZone. The cheque is donated

to the MC Foundation. This foundation were founded by a few business men that strived to provide study loans to learners that excell but

are unable to obtain study loans. “This is our way of giving back to the community” says Theresa.

WHAT’S UP 18 November. NRC Northern Regions rally Championship. at JJ Potjieter Farm, Delmas. 07:30. GPS coordinates: 526° 12’18.4” E28° 48’06.7” 19 November. Ronderkerk bied aan Chedder en Gouda in Betlehem. Kerspel-Pantomime 18H00 25 November. Garden of lights @Graceland. Elsa, Anna & Olaf opening the function. 16:00 – 19:00 26 November. Fast Fest @ Redstar Raceway, Delmas. 8am – 17pm. Contact Isabel – 083 766 6606 2 Desember. Laerskool Kruinpark-gholfdag, Graceland. Kontak Anita de Beer – 017 634 8242

Theresa Gray from the Aquathon and Martin Keyzer from Aquazone with the cheque to the MC Foundation


SPORT NEWS

17 November 2017

5

Kardoesie hosts Cuppa Kardoesie hosted a Cuppa for Cansa on Wednesday 8 November. The venue was packed with all tickets sold. Kardoesie decorated the tables beautifully and there was a lively atmosphere. Dieter Uken provided the entertainment. Gisele Bosman from Cansa said that it is not human to lose people to Cancer. She described cancer as ugly and said that it breaks down everything around you for example your relationships with everyone around you. Her one aim with the Cuppa for Cansa would be that people should be able to walk away from the function with a different view of cancer. Dieter Uken then presented his testimony. Dieter suffered from brain cancer 13 years ago and recently survived colon cancer. “Even just the word Cancer is a big shock to everyone” says Dieter. Dieter spoke about his brain cancer that was

Dieter Uken showing his tumor

as big as a fist. He was told that he would never work again. “I had a very powerful encounter with God” says Dieter, “and when I was diagnosed 6 months ago, I had a totally different journey to take. Being saved makes the journey different.” “When you have cancer you need love. Love means everything. You don’t need long lectures on what to eat. Don’t preach, just love” says Dieter. “Don’t be negative and tell cancer patients that your uncle also died from cancer or that cancer is a result of weak faith. Pray with conviction and not as a ritual. The power of prayer is very strong.” The Doctor wanted to abandon the surgery to remove parts of Dieters colon but something made him continue and all the cancer have been removed. Dieter ended with the message that one should spend time with God. And to talk positive things to cancer

Elrieke Pholpott

patients. Elrieke Pholpott, a learner from Laerskool Kruinpark then sang a few songs. She was the Eisteddfod winner in her age group. She performed her songs very well and it was enjoyed by everyone. Gurty, a cancer survivor, also spoke about colon cancer. She had family history of cancer and when she was told about her own cancer she just accepted it. Her Doctor prayed for her and that was very special. “My husband stood next to my bed crying about my cancer’ says Gurty “and that was very unpleasant for me as I was happy” Her message is that cancer can be beaten. Just start early in trying to prevent and to treat if need be. Giselle ended by explaining about the research in the prevention of cancer that Cansa does. Cancer can be beaten!

Gisele Bosman from Cansa

Marietjie skool trakteer borge Besoekers is Vrydag deur vriendelike gesiggies verwelkom en selfs die hekkie is deur leerlinge van Marietjie skool oopgehou tydens hulle jaarlikse Borgedag Funksie. Leerlinge het verskeie items vir ‘n stampvol saal opgevoer. Die trots was duidelik op die kinders se gesigte te bespeur, selfs dié in rolstoele het deelgeneem en na elke item is daar grasieus voor die gehoor gebuig. Hulle entoesiasme was voorwaar ‘n inspirasie vir trotse ouers, grootouers, borge en onderwysers.

PROPERTIES eiendomme TO ADVERTISE CALL 017 631 1903 • 017 631 1845


NEWS

6

IN FLANDERS FIELDS In Flanders’ fields the poppies blow Between the crosses, row on row, That mark our place: and in the sky The larks, still bravely singing, fly Scarce heard amid the guns below. We are the dead. Short days ago We lived, felt dawn, saw sunset glow, Loved and were loved, and now we lie In Flanders’ fields. Take up our quarrel with the foe; To you from failing hands we throw The torch; be yours to hold it high, If ye break faith with us who die We shall not sleep, though poppies grow In Flanders’ Fields.

17 November 2017

Fltr: Jan Bezuidenhout, Piet Bezuidenhout, Japie Reynecke, Aart Reedijk, Henry Buÿs, Leon Hattingh, Johan Smit, Brian Wickens

SADFA commemorate Armistice day One of the participant at the wreath laying ceremony at the Mukumbura Shell Hole in Secunda, during the Remembrance Day celebration on Saturday, was the South African Defence Force Association. A wreath was laid by the Chairperson Henry Buÿs on behalf of the SADFA. Asked by

the Bulletin why SADFA’s Sector 1 Cosmos participated, Henry said, “we as representatives of the SADFA, associates ourselves intensely with those that paid the ultimate price for the freedom so many of us enjoy, encompassing all wars that were fought”. The SADFA is an organisation

registered with the Council of Military Veterans. The SADFA was founded in February 2009. The association aspires to the upholding of the pride of the former SA Defense Force, for what we have done and achieved, and the safeguarding of our history for our descendants. - Aart Reedijk

Lt Col John McCrae

Vacancies

vakatures

Moth Karel Maré paying his last respects with the Old Bill of Mukumbura Shell hole, Brian Wickens and Caplain Johan Smith looking on

View our Facebook page for the latest news, video’s and photo’s The Bulletin


17 November 2017

SPORT

Simeon becomes Author Life took Simeon Rasedile from Secunda on an incredible journey before he became an author and poet. His first published book, Mmakgodu a Bobirwa, is about the life and culture of the people in a village situated west of Polokwane. The village is called Bobirwa and Mmakgodu is a section of this village. “I wrote the book because most youngsters do not know their own culture anymore. They do not know traditional food, music, games or traditions anymore. The west swallowed them and the North Sotho culture is vanishing,” Simeon said. He wrote the book after he retired as a Nursing Service Manager from Sasol. “When I retired, I went to help my wife, Hellen, at her nursery school, but got bored when my work was done. I read newspapers word for word until I got tired and remembered the urge I had to write a book when I was still working”. It took him a year to complete this book, which is now published and available at Amazon. He is also in the process of publishing his poems and already structured his next book. Simeon lived in Mmakgodu and was a

herd boy before he moved to Pretoria after his 12th birthday. He graduated from Hofmeyer High School in Atteridgeville and got his first job at Kalafong Hospital, where he worked as a clerk. He then became a music controller at the SABC and worked as a representative for the Afrikaans Press. But 8 years after completing matric, he started to study nursing at Impala Platinum Mine College, who later employed him. He moved on to work as a nurse at Winkelhaak Mines until he started at Sasol in 1988. Here he worked himself up to the position which he later retired from in 2011. The 65-year old fathered four children. His son, Graphic design lector, Tumelo Stevens Rasedile, did the illustration for his cover and his first-born daughter, Tsholofelo, passed away in a car accident in February. His other two children are the 29-year old Kgaugelo Chauke who works as a phycologist and 27-year old Dineo who is a choreographer. Simon completed programs in business communication, advanced business communication and higher education at UNISA and did a leadership program at the University of Stellenbosch. - Gwendie Venter

Impact of pets on health We include them in our family place. portraits, make room for them on our Just like people, our pets can carry beds, tell them our deepest secrets certain bacteria, viruses, parasites and miss work when they’re sick. and fungi, so get into the habit of And whether they paw, fly or swim washing your hands after interacting their way into our hearts, pets are an with your pets. This is especially important part of our lives. important for children and for people Besides loving you unconditionally, with compromised immune systems. studies show that those wagging, If you have a child younger than five, purring or hopping bundles of don’t bring turtles, amphibians such love can reduce your stress levels, as frogs, or baby chicks into your tame your blood pressure, curb home. Small kids can’t resist picking your depression, reduce feelings of up these cute critters, but there’s a loneliness, keep you physically fit downside: They shed salmonella and even help you live longer. bacteria, which can cause serious Some studies suggest that children illness, especially in small children, who are exposed to furry pets as elderly people and folks with chronic infants are less likely to develop conditions. allergies. Pet-to-person infections can occur Researchers are busy studying the if you are bitten or scratched by an many ways our pets can benefit infected animal, or have contact with our health. Several large studies an infected pet’s waste or saliva. Cats suggest that your pet can improve and dogs can carry bacteria in their the general health of your heart. A intestinal tracts, and parasites can National Institutes of Health study of be present in their waste. If you have 420 adults who had suffered heart small children, make sure the cat’s attacks showed that pet owners litter box is not accessible to them. were significantly more likely to Kids will put anything in their mouths, survive and live one year longer than so you don’t want them in your cat’s patients without pets. In another toilet. study of 240 married couples, those So when you are feeling under the who owned pets had lower heart weather, turn to your furry friend and rates and blood pressure, both at remember to take them to the vet rest as well as under stress. It was regularly to also found that stroking your pet ensure they can increase blood circulation and are as healthy lower your stress levels, as can be. thereby decreasing Syrmia Vet chances of a stroke. It’s not a good idea to let your pets lick you on the mouth. If you want to kiss your dog or cat, the top of her or his head is the preferred Photo by dogtime.com

NEWS

7


8

NEWS

17 November 2017

Sprokieskarakter in lewende lywe Sy is algemeen bekend as Elsa van Frozen, maar die 19-jarige Letticha Pogieter trek ook aan as Barbie, Raponsie, Tinkerbell en baie ander sprokieskarakters. DÍt alles om kinders te vermaak. Sedert sy drie jaar gelede as Elsa aangetrek het om haar kleinniggie vir haar verjaarsdag te verras, het dié entrepreneurskap vlam gevat. “My kleinniggie het vir 3 jaar ‘n Raponsie partytjie gehad en was mal daaroor totdat sy Frozen gesien het.” Jamey-Lee Erasmus en Jason Lee Erasmus, haar kleinnig-en neef, help haar as Anna en Olaf. Haar karakters is so gewild dat sy selfs Pretoria, Johannesburg en Boksburg toe moet ry om kinders op partytjies te vermaak. Kinders word vermaak, daar word gesigte geverf, balonne gevorm, hare gevleg en foto’s geneem en gedruk. Letticha kan ook self dié partytjies reël en die dekor doen. Dit hou haar besig want oor naweke pas sy soms twee partytjies per dag in. Kinders kan dit normaalweg nie glo dat Elsa regtig op hulle partytjie is nie en klou so aan haar dat sy nie hakskoene soos in die rolprent kan aantrek

nie. “Ek het geen balans as so baie kinders aan my vasklou nie”. Maar in werklikheid het Letticha uitstekende balans, sy is immers ‘n fiksheidsinstrukteur by Fit City en het vir 5 jaar Zumba klasse aangebied. In haar besige skedule maak sy nog tyd om haar ma te help met administratiewe werk. Hoewel sy dit geniet en uitstekend van haar taak kwyt, is dit nie haar passie nie. Sy wil Amerika toe om kinders in Disneyland te gaan vermaak. “Ek kan sien ek maak hulle dag, hulle is altyd so bly om een van my karakters te sien,” het Letticha gesê. ‘n Dogtertjie (4) van een van die partytjies was so opgewonde om haar te ontmoet dat sy reguit vir Letticha gesê het dat sy na haar huis moet kom en kom speel. “Ek kon ongelukkig nie gaan nie want ek het nog ‘n ander partytjie aangehad,” het sy gesê. Dié Secundagebore inwoner, met haar ingevoerde uitrustings, doen self haar grimering en hare vir partytjies en welsynsfunksies en gaan op 25 November die opening van Graceland se Winter Wonderland beharting en Kersfees help sy geskenkpakkies uitdeel. Die blondekop het nie net ambisie nie, maar ook ‘n hart van goud.


SPORT SCHOOL

17 November 2017

Kinders geniet kaskarre

SERVICES

Laerskool Secunda het Vrydag die skool se kaskarresies gehad. Leerlinge het karakters weerspieël, gesigte geverf en mekaar met kleurpoeier gegooi en die juffrouens het nie teruggestaan nie. Klasmaats se amper-histeriese aanmoediging het deelnemers so inspireer dat leerlinge vinnig moes leer wat die nagevolge van spoed is.

Gr 12 Alpha Wiskunde 2017: Uitslae - Onderskeidings

To Advertise Call 017 631 1903 • 017 631 1845 Lanè Coetzee

Gr 12 Alpha Maths 2017: Results

Hannelie: 082 789 2529 Nabeelah Bahadur

Sunè Henderson

Gr 12 Alpha Wiskunde 2017: Uitslae - Gemiddeld bo 70%

Abena Agyeman - Duah: 95%; Amongst Top 10 in South Africa.

Bianca Henderson

Estèe Rudolph

Marlou Pieterse

M’kgaetji Lekalakala

Wian Gertenbach

9

To advertise call: 017 631 1903 017 631 1845 or Hannelie 082 789 2529


schools

10

17 November 2017

Beste Oosies aangewys

Die volgende leerlinge het toekennings tydens Laerskool Goedehoop se Eisteddfod Gala-aand op 24 November behaal. Voor staan Mielan Prinsloo (Beste deelnemer, gr.2-3), Jessica Bassons (Beste tekenkunstenaar, gr. 0-2) en Mia du Toit (Beste Skilderkunstenaar, gr. 3-4). Agter is Marioné Smith (Beste tekenkunstenaar, gr. 5-6) en Lana Hyman (Beste deelnemer, gr. 6-7).

Hoërskool Oosterland se top leerlinge is aangewys. Hier is die beste presteerders

Laerskool Goedehoop het onlangs hulle Uitvoerende Leierraad vir 2018 aangewys. Voor is Tian Steyn (Akadmie), Charissa Stapelberg (Akademie), Cherise Stapelberg (Kultuur) en Schalk Nortjé (Kultuur). Agter staan Carla Stoltz (Sport), Lana Hyman (Hoogdogter), Jean du Toit (Hoofseun) en Tiaan de la Rey (Sport).

Melissa Delport is as Dux leerling aangewys en het ook die toekenning vir die beste kulturele bydrae (gr.12) ontvang.

René van Schalkwyk is as die veelsydigste matrikulant aangewys

Dano Sadie is vereer vir die beste kulturele bydrae (Gr.8-11, seuns). Hy is ook as Oosterlander van die jaar aangewys (Gr.10 &11 -seun)

Moshiane Mabojoana is as Oosterlander van die jaar aangewys (Gr. 10 & 11-dogter)

Carla Purves het ‘n erepenning ontvang vir haar deelname aan die Internasionale Afrikaanse Ekspo

Kayley Coetzer het die Victrix Ludorum (snr) vir atletiek ontvang. Sy is ook aangewys as die beste senior dogter vir baanitems asook velditems.

Nico du Plessis het uitstekend presteer vir sy deelname aan atletiek waarvoor hy die Victor Ludorum (snr) ontvang het. Hy het ook die Lodewyk Wisseltrofee vir middel-en langafstand atleet ingepalm. Nico is aangewys as die beste senior baanatleet. Die rugbytoekennings vir meeste drieë gedruk en meeste punte aangeteken het ook aan hom gegaan en hy is aangewys as die veelsydigste sportseun van die jaar.

Atlete het Vrydag uitstekend presteer op Laerskoop Goedehoop se interhuis Daar was trane, tutu’s en geverfde gesigte op dié suksesvolle dag.


sport SPORT

17 November 2017

11

Aquathon enjoyed by all

The singing of the National Anthem at 09H00 on Saturday saw the start of the Aquathon at Aquazone, Lake Umuzi. This formed part of the 5th World-

wide Aquathon day. Old and Young all braved the 3 hours in the waters. Theresa Gray was here spectacular self with her team and kept the crowd in the

water working. If the expressions on the faces is anything to go buy, everyone enjoyed the Aquathon. Jelly sweets and Marie biscuits were

on the table to make sure the energy levels were well maintaned. There were a number of lucky draws and lots of prizes.

Lollie van den Berg met Presidents Toekenning.

Wico Stans, Nico van den Berg, Zak Manaia.

Bethal SPCA hosts golf day Bethal SPCA hosted a golf day on Saturday at the Bethal Golf Course. The main aim was to start a bakkie fund. The current vehicle has reached the end of its lifespan and is really unreliable. Members of the public clubbed together and donated a bakkie to the Bethal SPCA. “It is such a great gesture” says Barbara Mitton, Vice chairman of Bethal SPCA. “We will now be able to do what we have to in a

reliable vehicle. Thank you to everyone involved.” “The golf day was played in very hot weather, but the spirits of all the golfers were also on a high. There were prizes for everyone. More than 95 golfers had a great time,” says Barbara. The golf day and the fundraising was very successful. The Bethal SPCA thanks all the participants, as well as those who helped in obtaining the bakkie.

Stoeiklub Presteer puik Barbara Mitton (Vice Chairperson) and Minna Duminy (Chairperson) of Bethal SPCA.

Wilna, Lucille, Fay and Lindi having fun at the Bethal SPCA golf day

Op Saterdag, 11 November 2017 het die Mpumalanga Stoeivereniging se Jaarlikse Prysuitdeling plaasgevind te Ermelo. Secunda Stoeiklub het puik gepresteer as Stoeiklub en ook sy lede die jaar. Secunda Stoeiklub het die volgende Span Kompetisies gewen in 2017. Puma Trofee: Meeste deelname in die Senior Afdeling Mpumalanga Trofee -0/11 jaar. Unicor Trofee – President afdeling. S.O.T.S.V Trofee – Senior Liga. Dressers Trofee – Algehele Liga. S.O.T.S.V Groot Sklid –meeste punte by Mpumalnga Kampioenskappe. Buckman Trofee – Meeste Mpumalanga Kampioene. A & D Engineering – Beste Media dekking aan Stoei in Mpumalanga. Die Stoeiklub se lede het die volgende toekenings ontvang: Nico van den Berg: Senior stoeier met beste prestasie, Griekse-

Romeinse junior Stoeier met beste prestasie, Die mees Weteskaplike Senior Stoeier, Mees Wetenskaplike Grieks-Romeins Stoeier bo 15 jaar, mees Wetenskaplike Junior stoeier, Stoeier met die meeste kere SA Kampioen in Vrystyl afdeling, Stoeier met beste gesaamlike prestasie op alle SA Kampioenskappe, Junior Grieks-Romeinse President stoeier van die jaar, Stoeier wat die meeste kere agtereenvolgens SA Kampioen was inGrieks-Romeinse afdeling Wico Stans – 0/11 jaar stoeier met die beste prestasie. Zack Manaia – President afdeling – stoeier met beste prestasie. Lollie van den Berg – Presidents Toekenning vir diens gelewer aan Stoei. Riana Lourens – Beste gevoderde Admin Beampte – Die President van Secunda Stoeiklub is baie trots op die prestasie van die Stoeiklub en sy lede.


17 November

2017

Bulletin

Jacques Smith from Hydra-Arc. Photo by Encee van Huyssteen

Kyalami hosts motorsport festival If the roaring sounds of high performance race cars is something you enjoy, then a visit to Kyalami is a must. Kyalami recently played host to a Motorsport Festival on 4 November. The day was packed with races for all makes of cars that ranged from the allpowerful V8’s to the smaller VW Polo’s and Formula V class. Thunderbikes and Red Square Kawasaki ZX10 Masters made sure that the motorcycle enthusiasts were not forgotten. The day started with a few qualifying races very early in the morning and the races started in all earnest at around 07H50. A few glitches soon played havoc with the timing, as oils spills had to be cleared from the track. The pit area was a hive of activity as technicians and mechanics all tried to iron out last minute problems. The final touches and tuning were then made for the races. Fortunately there were no serious crashes. A few cars spun off the track and a motorbike or two landed in the gravel. There were even a car or two that spun completely around to face oncoming traffic that created dangerous situations but to everyone’s relief, no serious accidents took place. The results can be downloaded at http://www. protiming. co.za/ kyalami-

motorsport-festival/ Kyalami can be described as follows: The 16-turn, 4.522km anti - clockwise FIA graded circuit takes advantage of the naturally undulating landscape creating a challenging blend of sweeping, fast sections and tight, technical corners which makes Kyalami legendary. The average circuit width is 12 meters with the main straight being 15 metres in width. The circuit includes a full pit lane with 40 garages, as well as a secondary pit lane on the Platform 1 area. The lap record is 1 min and 45 seconds around the track. Nigel Mansell won the last SAGP at the original Kyalami in 1985 (Williams FW10B Honda) and the first Grand Prix on the revised Kyalami in 1992 (Williams FW14B Renault). Nigel won both races from pole position, also taking fastest race lap in 1992. One of the most incredible moments of the “old” circuit was Nigel Mansell taking pole position for the SAGP in 1985. His time of 1’02.366 (62 seconds to cover 4.104km) at an average speed of 236.898 km/h was the fastest ever official lap recorded at the original circuit. His top speed on the main straight was estimated at 340 km/h. This was a heroic effort from a great champion and Kyalami legend.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.