Carletonville Herald 16 October 2015

Page 2

2

Carletonville Herald

15 Oktober 2015

Weduwee beswyk in vlammehel Die Herald het weer oor verskeie gebeure in sy uitgawe van 20 jaar gelede berig. ‘n Weduwee van Carletonville het beswyk nadat sy in ‘n vlammehel vasgekeer was. Dit het gebeur nadat ‘n sigaret vermoedelik ‘n brand in haar slaapkamer veroorsaak het. Me. Evon Bennette (60) van Reineckestraat 53, is Dinsdagaand 5 Oktober oorlede nadat sy eerstegraadse brandwonde opgedoen het terwyl sy tussen vlamme en rook agter ‘n veiligheidshek in haar kamer vasgekeer was. Volgens ‘n polisiewoordvoerder het haar buurmanne, mnre. Keith Long en Koos van Zyl omstreeks 20:15 opgemerk dat daar ‘n brand in haar huis was. Terwyl mnr. Van Zyl se vrou, Joey, die nooddienste geskakel het, het hy die voordeur van die brandende huis oopgebreek. Mnr. Long het die tuinslang gegryp en dit deur die hoofslaapkamer se venster gedruk in ‘n poging om die brand te blus. “Ons het aanhoudend na tannie Evon geroep en kon haar kreungeluide hoor,” het mev. Van Zyl gesê. ‘n Vrag ter waarde van R10 000 van Dairy Belle is deur drie gewapende mans in die Fochville-omgewing geroof. Die afleweringswa ter waarde van R250 000, is dieselfde dag deur die Fochville-polisie teruggevind. Volgens die polisie het mnr. Andries Mofokeng en twee helpers die betrokke dag omstreeks 07:00 op die Potchefstroom/Vereeniging-pad gery toe hulle deur drie gewapende mans in ‘n Hilux bakkie van die pad gedwing is. Een van die rowers het kort daarna met die voertuig weggery. Die polisie het gesê mnr. Mofokeng en sy helpers

is in die Hilux bakkie gelaai, waarna die rowers vir ongeveer negentig minute by die drie mans gesit het voordat hulle in die veld vasgebind is. Die vrag melk, vrugtesappe en jogurt was egter skoonveld. Signs of tentative peace have returned to Carletonville’s beleaguered taxi rank, a scene of bloodshed and violence over the past few weeks. Three men have died as two opposing taxi organisations conducted open warfare. After weeks of lengthy negotiations, marred by sporadic outbursts of chaos, an interim taxi peace statement was finally signed on Tuesday, 10 October. Signatories were representatives of the Carletonville United Taxi Association (CUTA) and the Carletonville/Botswana Closed Corporation (CBCC). They vowed to immediately end all violence associated with the taxi industry in Carletonville and Khutsong and agreed that it was an unacceptable way of trying to solve problems. The two main parties committed themselves to a process of peaceful and cooperative discussions with a view to implementing a long-term agreement. ‘n Verbysterde vrou van Welverdiend was sprakeloos toe sy die halfontbinde karkas van ‘n hond, wat in haar man se graf begrawe is, ontdek het. Die ontdekking is gemaak toe me. Sissie van Zyl en haar dogter, Marietjie Knoessen, blomme op die grafte van haar man, seun en moeder in Carletonville wou plaas. Volgens me. Van Zyl se ander dogter, me. Wilma Oberholzer, het haar suster haar Maandagoggend geskakel

en gesê dit lyk of daar iets in hul pa se graf begrawe is. Sy het ook gesê die reuk was onuithoudbaar. Met haar aankoms by die begraafplaas het me. Oberholzer ‘n munisipale werker gevra om haar te help om ondersoek in te stel, waarna hulle die skok ontdekking gemaak het.

Bruidspare moet foto’s instuur Lesers wat hierdie jaar getrou het, kan hul foto’s vir die Herald se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie instuur. Hierdie is die laaste week wat paartjies wat van Januarie tot Maart vanjaar getrou het, hul foto’s na die Herald kan stuur om vir die maandkompetisies vir die Bruidspaar van die Jaar-kompetisie in aanmerking te kom. Die wenners van elke maand se kompetisie kom elke jaar tydens die finaal vir groot pryse in aanmerking. Troufoto’s vir Januarie, Februarie en Maart moet teen Vrydag, 16 Oktober, om 15:00 by die koerant wees om vir die kompetisie in aanmerking te kom. Indien daar net een inskrywing vir ‘n betrokke maand is, sal dié paartjie dan outomaties as wenners gekies word. Pare wat wil inskryf kan vir ons ‘n kop-en-skouer-foto waarop hulle die mooiste geglimlag het op hul groot dag, instuur. Maak seker dat jul name, troudatum en kontaknommers agterop geskryf is.

Wesley en Wilmarie Nieuwenhuyzen, een van ons bruidspare van later die jaar wat reeds ingeskryf het, is op 5 Septem­ ber getroud.

Foto’s kan by die Herald se kantoor ingehandig word of na adele.louw@mooivaalmedia.co.za gestuur word. Paartjies wat per e-pos inskryf, moet egter seker maak dat hul volledige kontakbesonderhede saam met die foto gestuur word.

In loving Memory Ronwin Nadine Guy

The leaders in accredited SHEQ training. All our courses are Nationally/ Internationally accredited.(Full Time/Distance Learning) Certificates & Diplomas :( Mining & Industrial) NEW COMSOC® level 1, 2 & 3 courses National Certificate: Occupational Health, Risk Management Safety & Environment-127 Credits Legal responsibility (MHSA & OHSA) Environmental Management Course (ISO 14001, NEMA, MPRDA)

ENQUIRE FOR YEAR END SPECIALS ON ALL OUR COURSES UPCOMING EVENTS • Safety Officers 1 Full Time Course: 9th – 20th November 2015 • Safety Officers 2 Full Time Course: 30th November – 11th December 2015 Contact our client services department for enquiries / Course Schedule: 018 786 4300 / 018 786 2812 (8h00 – 16h00) 076 336 4721 / 072 768 5165 (8h00 – 16h00) WhatsApp Nr: 072 104 8731 Or visit us at www.skillfull29.co.za / www.minesafetytraining.co.za

2 January 1954 - 21 October 2010 Your life was a blessing your memory a treasure... You are loved beyond words and missed beyond measure... Alger, Tracy, Peter & Maxine In loving Memory Leanda Smith 11/12/1987 13/10/2013 Those special memories of you will always bring a smile, if I could have you back for just a little while… The fact that you’re no longer here will always cause me pain, but you’re forever in my heart, until we meet again.

It has been agreed between the Advertiser and Media24 that the Advertiser is solely responsible for the correctness off all details co cerning its advertisement placed herein, including compliance with all relevant legislation. Therefore, Media24 does not accept any liability for any damage resulting from any advertisement placed herein. Die adverteerder en Media24 het ooreengekom dat die adverteerder volle verantwoordelikheid aanvaar vir die nakoming van relevante wetgewing in die plasing van korrekte inligting ten opsigte van sy advertensie hierin geplaas. Derhalwe, aanvaar Media24 geen aanspreeklikheid vir enige skade opgeloop voortspruitend uit die plasing van enige advertensie hierin nie.

Ombudsman

Senior bestuurder: Thys Foord Redakteur: Hennie Stander Nuusredakteur: Adele Louw Verslaggewer: Kagiso Segone Advertensie: Ronell Potgieter Administrasie: Liz Berry Rekeningnavrae: Lihana Moos Tel: 018 293 0750 Faks: 018 293 0759 E-pos: Nuus: adele.louw@mooivaalmedia.co.za Advertensies: Liz.Berry@mooivaalmedia.co.za Ronell.Potgieter@media24.com

Delivery: On The Dot Tel: 086 188 8989 E-pos: assistance@onthedot.co.za Operating hours: 08:00 - 16:30 Delivery: (Sit graphic hier in) Service centre: Tel: 086 188 8989 E-pos: assistance@onthedot.co.za Operating hours: 08:00 - 16:30 Delivery services: Curvin Johnson (Area manager) 071 606 0825 curvin.johnson@onthedot.co.za Sirkulasiesyfers word deur die Sirkulasie Oudit Buro (ABC) gewaarmerk. Moet nie enige ander syfers glo nie, skakel ons kantore vir die korrekte syfers. Gedruk deur Paarl Coldset (Edms) Bpk, 83 Heidelberglaan, City Deep.

Volgens die redaksionele beleid van die Carletonville Herald verwelkom ons voorstelle en kommentaar oor die koerant se inhoud en stel ons beduidende foute so gou as moontlik reg. Stuur asb. kommentaar en inligting oor die regstelling van foute aan die ombudsman van Media24 se Gemeenskapspers, George Claassen, by george.claassen@media24.com, of bel hom by 021 851 3232 of 083 543 2471. Indien ons nie voldoen aan die vereistes van ons eie en die Suid-Afrikaanse Perskode, kan u ook die SA Persombudsman kontak by 011 484 3612/8 faks 011 484 3619 of e-pos aan ombudsman@presscouncil.org.za. According to the editorial policy of the Carletonville Herald, we invite you to comment on mistakes in the newspaper and shall correct significant errors as soon as possible. Please send information on mistakes to the ombudsman of Media24’s Community Press, George Claassen, at george.claassen@media24.com, or call him at 021 851 3232 or 083 543 2471. If we do not fulfil the requirements of our own or the South African Press Code, you van also contact the SA Press Ombudsman at 011 484 3612/8, fax 011 484 3619 or email to ombudsman@presscouncil.org.za.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.