Grain Storage

Page 1

FOKUS

LANDBOUMAATSKAPPYE

PROMOSIE

BKB Graanberging bied innoverende oplossings Dié diens is die gevolg van jare se ervaring en ’n vernuwende aanslag tot graanopberging.

D

anksy vernuwende oplossings, soos die gebruik van silosakke, kan BKB Graanberging, BKB se graanopbergingsafdeling, maklik sy opbergingskapasiteit vergroot. Jare lange ondervinding in graanopberging en ’n reikwydte oor sowel die somersaaigebied as die winterreënstreek, gee aan boere die gemoedsrus dat die graan wat hulle lewer, veilig bewaar word totdat dit verkoop word. BKB se opbergingsgeriewe hanteer en bestuur meer as 500 000 ton graan en lusern per jaar. Mnr. Casper Schmidt, hoofbestuurder van BKB Graanberging, is opgewonde oor die opsies wat hulle aan boere bied, of hulle nou mielies en koring of sojabone en lusern wil opberg. “BKB Graanberging is kollaterale bestuurders en lê klem op die opberging en hantering van graan en produkte. Ons het ’n nasionale teenwoordigheid en is die toonaangewende markkrag in onkonvensionle graanopberging, waaronder silosakke wat sowat 180 ton graan elk kan opberg, en enorme graanbunkers,” sê Schmidt. Gehaltebeheer word toegepas tydens ontvangs en uitlaai. In gevalle waar graangradering be-

langrik is, soos by koring, word dieselfde gehalte en graad saam opgeberg. Alle graan word korrek bewaar en opgeberg totdat dit tyd is om dit te onttrek om te verkoop of gebruik.

SÓ WERK DIT BKB glo in tegnologie. Danksy ’n moderne en doeltreffende benadering, kan klante verseker wees van veilige, gehalte-opberging wat die aflewering, opberging en ook afhaal van graan of ander produkte vergemaklik. Produsente kan dié drie stappe saam met BKB volg: Q Vind en kontak jou naaste opbergingsdepot en meld hoeveel en watter soort graan jy wil opberg. Q Vervoer die graan na die depot. Dit sal daar geweeg en vir gehalte of graad getoets word vóór dit opgeberg word. Q BKB Graanberging berg jou graan op lang of kort termyn in ’n silosak of bunker op.

’N DEPOT NABY JOU Danksy verskeie beleggings in opbergingsgeriewe en depots kan die belangrikste graanproduksiestreke almal BKB Graanberging se dienste gebruik. “Ons bestuurders streef na professionele oplossings vir opberging,” sê Schmidt.

Die kapasiteit van opbergingsgeriewe groei maklik saam met groter opbrengste wanneer graan in silosakke opgeberg word, want koste word nie aangegaan om groot betonsilo’s op te rig en te onderhou nie. BKB Graanberging neem die las van die produsent se skouers af omdat hy nie self duur silo’s hoef te bou of toerusting en ’n geskikte oppervlak of silosakke op die plaas hoef te hê. FOTO: JOHAN NORVAL INLAS: Mnr Casper Schmidt.

72 |

Landbouweekblad

|

www.Landbou.com 24 Augustus 2018

BKB se graanafdeling gebruik silosakke en bunkersilo’s. FOTO: BKB

BKB SE GRAANDIENSTE

BKB se graanafdeling, GrainCo Holdings, bestaan uit verskillende maatskappye en het ook sy eie logistieke diens wat die vervoer van graan behartig. Dit sluit in GrainCo Trading, BKB Graanberging, Gritco en Alpha-Alfa. Die GrainCo-groep se hoofkantoor is in die Paarl en word in sy geheel deur BKB Groep besit. ■ BKB Graanberging hanteer alle graan- en voeropberging. Benewens tien Safex-geregistreerde depots, is daar ook vier voeropbergingsgeriewe waar kollaterale bestuur toegepas word. ■ GrainCo Trading behartig graanverhandelings, waaronder die doeltreffende vloei van graan vanaf die boer tot by die silo, depot, verwerker of kommoditeitshandelaar. GrainCo verhandel primêr koring, mielies, sojabone, sonneblomsaad, lusern, kunsmis en proteïenbronne (katoen, soja en sonneblomsaad). ■ Gritco is ’n geelmieliemeule by Bultfontein in die Vrystaat. Dit verskaf gemaalde mielies van ’n goeie gehalte aan die SuidAfrikaanse mark, spesifiek vir die ontbytgraan- en peuselmark. ’n Tweede meule word in Bethlehem gebou. ■ Alpha-Alfa verhandel lusern vir die plaaslike en uitvoermark. NAVRAE: Webwerf: www.bkb.co.za

Die streekbestuurders is mnre. Jan Rabe (Mpumalanga), Willie Muller (Vrystaat) en Heinie Cruywagen (Wes-Kaap). In die Wes-Kaap is depots by Moorreesburg (Eenboom, Melkboom en Pampoenkraal) en Porterville (Winterhoek). Die Vrystaatse depots is op Bultfontein en op die pad tussen Bultfontein en Welkom (Goudkop). Mpumalanga se saaiboere kan

aanklop by die Robertsdrift-depot naby Standerton, Vlaklaagte naby Bethal, Waterval in die Amersfoort-omgewing en Wonderfontein naby Belfast. Die luserndepots, Dorstfontein, Bull Hill en Kameelboom, is in die Noord-Kaap geleë naby Kimberley, Jacobsdal en Warrenton. NAVRAE: E-pos: info@bkbgs. co.za; tel. 021 807 8900.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.