Resepteboek 2019

Page 1

ENSLINS VRYBURG RESEPTEBOEK 2019


SOUS ROOMYS SOUS

Bestandele: • • • •

½ kop melk 5x eetlepels Milo 1x blik kondensmelk 2x 55g Bar-One sjokelade, grof gekap

Metode: 1. Kook melk en Milo saam tot Milo opgelos het, verlaag hitte. 2. Voeg kondensmelk en gekapte Bar-One by. 3. Roer tot sous dik en glad is. KFC – MAYONNAISE

Bestandele: • • •

1x bottel (750ml) mayonnaise 1x blik kondensmelk 1x blik ideal-melk

Meng alles saam. SPUR – PIENKSOUS

Bestandele: • • • •

1x bottel (750ml) mayonnaise 1x blik kondensmelk 1x blikkie Fanta Orange ½ kop tamatiesous

Meng alles saam.


BRAAI WENKE FILLET Marineer ‘n paar uur in Coke. Smeer olie, speserye, sout en peper aan. RUMP Marineer oornag in olie en Worcestersous. TJOPPIES Marineer vir ‘n paar uur in Coke. Moenie die tjoppies sout voor jy braai nie, dit maak dit taai. BOEREWORS Ryg wors deur ‘n sosatiestok met uie tussen in. Braai die wors oor die koeler kant van jou kole. Moet nooit meer as 10 minute aan ‘n kant braai nie. HOENDER Kook in Coke of water vir 20 minute, koel af. Smeer olie, speserye, sout en peper oor. VARKTJOPS Om die vet van die varktjops krakerig te kry, strooi kort-kort bietjie sout net op die ver terwyl jy braai. VUUR Om te keer dat die vuur opvlam, sny ‘n koeldrankblikkie (Want ons drink mos net koeldrank as ons braai ☺) se deksel af. Maak ¾ vol water. Plaas in die middel van die kole. Die water sal kook en die stoom sal die vlamme onder beheer hou.


PEPPERMINT CRISP TERT (ANTOINETTE FOURIE)

Bestandele: • • • •

Tennisbeskuit 2x Peppermint Karamel Kondensmelk 2x 250ml Room 2x Peppermint Crisp Sjokelade

Metode: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.

Klop room met elektriese klister tot heel styf. Meng die kondensmelk in die blikkie sodat meer romerig word. Meng die geklopte room en kondensmelk saam. Breek een sjokelade fyn en meng by roommengsel. Pak ‘n laag koekies en top op met roommengsel, herhaal tot klaar. Krummel tennisbeskuit en sjokelade bo-oor tert. Plaas in yskas tot gestol.

KLEIN SARATOGA (SANET BURKE) Verdubbel bestandele vir groot.

Bestandele: • • • • • • • • •

3x Eierwitte 1x kop suiker 1x teelepel bakpoeier Knypie sout 1x teelepel vanilla geursel ¾ kop grondbone 14x cream crackers 1x 250ml room 1x flake

Metode: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9.

Klits eierwitte redelik styf. Voeg suiker en bakpoeier bietjie-bietjie by terwyl styf geklits word. Voeg vanilla en sout by. Breek cream crackers en grondbone fyner, nie poeier-fyn nie, roer by eiermengsel in. Sit foelie, blink kant na bo, op die agterkant van ‘n bakplaat en smeer mengsel daaroor. Bak 1 uur by 100°C. Haal uit en laat goed afkoel. Sny die ‘koek’ in die helfde. Klits room styf en smeer oor onderste laag, sit tweede laag op en smeer weer room. Versier met flake.


HOMEMADE PIZZA DEEG (MONIQUE NEL)

Bestandele: • • • • •

1x 1x 1x 2x 1x

kop warm water teelepel kits gis teelepel suiker kop meel teelepel sout

Metode: 1. Meng alles saam, maak toe en laat rys vir 35 mins. Lewer 2x 20cm pizzas.

MAKLIKE PAPTERT (ENGELA STRYDOM)

Bestandele: • • • • • • • • • • •

1x kop rou mieliemeel 1x ui fyn gesny 1x pakkie bacon gesnipper 1x 250ml room 1x tamatie 1x pakkie sampioene gesny 1x kop gerasperde kaas 1x blik sweetcorn 1x blik tamatie en uie smoor Sout en peper na smaak ¼ kop suiker

Metode: 1. Meng alles saam en bak teen 160°C vir 1 uur.


ROOMYSPOEDING (LEE-ANN MATTHEWS)

Bestandele: • • • •

1x pakkie Romany Creams 1x blik karamel kondensmelk 60ml gesmelte botter 1 liter vanilla roomys

Metode: 1. 2. 3. 4. 5.

Krummel die romany creams, meng dit met die gesmelte botter. Druk vas onder-aan die glasbak om ‘n koekiekors te maak. Roer die karamel kondensmelk tot loperig, skep dit bo-oor die kors. Maak die roomys sag in ‘n groot bak met ‘n houtlepel en skep bo-oor kondensmelk. Laat vries tot styf.

VRA NA MEER FRIKADELLE (NIEL STRYDOM)

Bestandele: • • • • • • •

1kg maalvleis 1x pakkie bruinuiesop 1x aartappel gerasper 1x ui gerasper 1x teelepel bakpoeier 1x eier 2x snye brood in ‘n halwe koppie melk geweek.

Sous: ½ kop Worcestersous 1 ½ kop bruinsuiker 1 kop tamatiesous 1 kop mayonnaise

Metode: 1. Meng al die bestandele vir die frikadelle bymekaar, pak in oondbak. 2. Meng al die bestandele van die sous bymekaar, gooi bo-oor. 3. Bak vir 1 uur teen 160°C.


HOENDER EN BROCCOLI GEREG (SANET BURKE)

Bestandele: • •

4 hoenderborsies, gaar en vleis geskeur 2 tot 3 kop broccoli, gekook en kleiner gesny

Meng hoender en broccoli.

Sous: • • • • •

1x kop mayonnaise 1x blikkie sampioene 1x teelepel kerriepoeier 2x eetlepel suurlemoensap Knypie sout

Meng bogenoemde goed deur en meng met hoender en broccoli. Sit in oondbak.

Kors: • • •

1x kop broodkrummels 1x kop gerasperde kaas 1x eetlepel margarine

Meng bogenoemde totdat mens ‘n bal kan vorm. Breek stukkies af, druk effens dunner met hand en pak bo-op hoender tot alles op is. Bak by 180°C totdat dit borrel. Bedien met rys en slaai.

ROOM SAMPIOEN EN KNOFFEL SOUS (LEANA VICTOR)

Bestandele: • • • • •

250g sampioene gerasper 1x groot ui 1x pakkie sampioenroom soppoeier 250ml room Knoffel na smaak

Metode: 1. 2. 3. 4.

Braai gerasperde sampioene en uie in botter tot sag in pot. Maak soppoeier aan in 1 kop water en voeg by sampioene en uie, voeg room by. Laat prut tot sous dik word, as sous te vars is na smaak, voeg Aromat by. As sous te dik is, voeg melk by.


LEKKER VETKOEK-HAPPIES 1 (DANIELLE COETZEE)

Bestandele: • • • • • •

2x kop koekmeel 20ml bakpoeier Knippie sout 15ml botter 1x kop melk 1x blik heelpit mielies

Metode: 1. 2. 3. 4. 5.

Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter daarby in, voeg melk by en meng goed. Meng gedreineerde mielies by en meng goed. Wanneer olie reg is, skep lepelsvol van die beslag in die olie. Sit voor met sous na keuse.

LEKKER VETKOEK-HAPPIES 2 (DANIELLE COETZEE)

Bestandele: • •

1x sak winkeldeeg Biltong

Metode: 1. Plaas stukkie deeg in handpalm en druk effens plat. Plaas bietjie biltong in middel en vou toe sodat biltong met deeg bedek is. Braai in olie. 2. Sit warm voor met Cream Cheese na smaak en Sweet Chillie sous.


MIELIETERT (ANTOINETTE FOURIE)

Bestandele: • • • • • •

4x eetlepels koekmeel 2x eetlepels margarine 1x teelepel sout ½ kop melk ½ kop mieliewater ½ kop suiker

4x 2x 1x 1x 1x

eier teelepels bakpoeier kop gerasperde kaas blik sweetcorn blik heelpit mielies

Metode: 1. Dreineer die heelpit mielies en hou die water. (Mieliewater) 2. Smelt margarine en klits die eiers. 3. Meng geklitsde eiers by gesmelte margarine, voeg by sout, melk, mieliewater en suiker. Klits goed. 4. Voeg koekmeel en bakpoeier by en meng tot klonte weg is. 5. Voeg die res van die bestandele by en meng goed. 6. Plaas in gesmeerde oondbak en bak teen 170°C vir ongeveer 1 uur.

LEMON MERINGUE (ALWYN NIEMANN)

Bestandele: • • • • • •

1x pakkie Marie/Tennis beskuitjies, fyngemaak (hou sowat 50ml apart) ½ kop botter, gesmelt 2x blikkies kondensmelk 4x eiers, geskei (kamertemperatuur) 1x kop vars suurlemoensap (As jy ‘n soeter tert verkies, verminder) ½ kop strooisuiker

Metode: 1. Meng die fyngemaakte krummels en botter, druk onder-aan koekpan vas. 2. Meng kondensmelk met eiergele, voeg suurlemoensap by. Giet mengsel by tertkors en bak sowat 10 minute in ‘n voorverhitte oond by 180°C. 3. Klop eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg suiker by en klop goed na elke byvoeging. Klop dan tot stywe punte vorm, verwyder tert uit oond en plaas meringue bo-op. 4. Sprinkel beskuitjies wat eenkant gehou is oor. 5. Plaas terug in oond en bak tot meringue goudbruin is bo-op. 6. Laat tert goed afkoel en sit voor.


SPINASIE MUFFINS (THEAN SCHOLTZ)

Bestandele: • • • • •

375ml koekmeel 10ml bakpoeier 3ml sout 1ml rooipeper 1x kop gekookte spinasie

125g rou bacon 1x kop cheddar kaas 100ml melk 100ml kookolie 1x eier

Metode: 1. 2. 3. 4.

Sif droë bestandele saam. Voeg bacon, spinasie en kaas by. Klits eier, melk en olie, voeg by droë bestandele. Bak by 190°C vir 15-20 minute.

GEURIGE MAALVLEIS KASSEROL (GIZELLE LOCKIE)

Bestandele: • • • • • •

2x eetlepels olie 1x groot ui, gekap Knoffel na smaak 500g maalvleis 1x blik tamatiesop Sout en peper na smaak

Bolaag: 2x sakkies Smash 2x eetlepels gerasperde kaas 3ml rooipeper

Metode: 1. Verhit olie en braai ui en knoffel, voeg maalvleis by en braai tot gaar, voeg die sop en geurmiddels by. 2. Skep die vleis in ‘n gesmeerde oondvaste bak. 3. Berei die Smash voor soos op pakkie, meng die kaas en rooipeper by. 4. Skep die Smash bo-oor die maalvleis, strooi kaas en broodkrummels oor. 5. Bak vir 30-40 minute teen 120°C.


BRAAIPASTEI (LEE-ANN MATTHEWS)

Bestandele: • • • • • • • • • • • •

2x rolle skilferkorsdeeg 1x kop spinasie (gekook) 3x gaar hoenderborsies 1x pak gesnipperde bacon 1x ui, fyngekap Ina Paarman se Rosemary & Olive kruiesout Peper na smaak 2x soetrissies in blokkies gesny 1x pak sampioene, in skyfies gesny ½ wiel fetakaas ½ kop mozzarellakaas ½ kop cheddarkaas

Metode: 1. Rol die deeg uit en sny dit in twee ewe groot reghoeke. 2. Braai die ui, soetrissies en bacon saam, voeg speserye by. 3. Sit die helfde van die spinasie op die vel deeg, sny die hoenderborsies in stukkies en pak bo-op spinasie. 4. Skep die bacon mengsel bo-oor, gevolg met sampioene en kaas. 5. Eindig met die ander helfde spinasie. 6. Sit die tweede stuk deeg bo-oor, knyp die kante toe. 7. Sit dan op ‘n gesmeerde braaipan bo-op ‘n rooster. 8. Braai vir sowat 15 minute terwyl jy gereeld omdraai tot albei kante goudbruin is. BALSAMIC REDUCTION (HEIN KOK)

Bestandele: • • • • •

1 kop wyn (Rooi; Wit; Soet – Wat ookal oop is) ½ kop Balsamic Vinegar +/- 30ml Heuning of Bruinsuiker 1x eetlepel Worcestershire sous Paar druppels Tabasco (opsioneel)

Metode: 1. Kook alles in een pot op matige hitte tot dukker. 2. Hy word dikker soos hy koud word. (Werk goed saam rooivleis en vark)


VRA-NA-MEER HOENDER (LP LOURENS)

Bestandele: • • • • • •

2kg hoender Speserye na smaak 1x pakkie bruin/wit uiesoppoeier 1x kop kookwater 1x kop blatjang / ½ kop appelkooskonfyt 1x kop mayonnaise

Metode: 1. 2. 3. 4.

Meng alles saam en gooi oor hoender. Sit deksel op. Bak by 180°C totdat sous verdik het. Haal deksel af, smeer van sous oor hoender en grill tot bruin.

TUNA EN TJIPS TERT (THEAN SCHOLTZ)

Bestandele: • • • • • • • •

1 x blik tuna, gedreineer 1x middelslag ui, gerasper 50ml blatjang 50ml mayonnaise 2x eiers, geklits 100ml volroommelk 125g kaas-en-uie tjips, fyngedruk ¾ kop cheddarkaas, gerasper

Metode: 1. Meng alle bestandele in mengbak. 2. Sprei mikrogolfvaste bak met kossproei. 3. Gooi mengsel in bak, en mikrogolf vir 12-15 minute op hoog. (Middel moet net gestol wees)


AMARULA-YSKASTERT (ANGIE VAN WYK)

Bestandele: • • • • • • • • • •

200g vanilla beskuit ¼ kop botter, gesmelt 1x blik kondensmelk ½ kop melk ¾ kop amarula 6x eetlepels meel 2x kop warm melk 4x eiers Knippie sout Kaneel

Metode: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8.

Meng fyngemaakte beskuit en die ¼ koppie botter. Skep in bak om kors te vorm, berg in yskas terwyl jy die vla maak. Meng kondensmelk, melk, amarula, eiers, meel en sout saam. Sit dit in die mikrogolf vir 7 minute. Roer deuglik. Sit weer in mikrogolf vir 5 minute, roer weer deur. Mikrogolf weer vir 3 minute. Gooi dit oor die kors, gee kans om af te koel. Strooi kaneel bo-oor.

BILTONGSOP (ANTOINÉ BRAND)

Bestandele: • • • • • •

½ kop botter 2x beefblokkies Growwe peper na smaak ½ teelepel neutmuskaat ½ teelepel fyn koljander 250ml room

1x kop koekmeel 2x kop melk 6x kop kookwater 1x kop gerasperde kaas 200g fyn biltong

Metode: 1. 2. 3. 4. 5.

Smelt botter, krummel beefblokkies daarin. Roer kruie by. Voeg melk en meel by en roer gedurig. Roer kookwater geleidelik by en kook tot dik. Haal van stoof af. Roer kaas en gedeelte van biltong by. Voeg room by net voor opdiening. Sit fyn of dun biltong bo-op.


KAASSKONSIES MET MARMITE (SHANTEL BOUWER)

Bestandele: • • • • • • •

1x kop meel 2x kop gerasperde kaas 2x teelepels bakpoeier 2x eiers 2x eetlepels botter ¼ teelepel sout ¼ kop melk

Metode: 1. 2. 3. 4. 5. 6.

Sif sout, meel en bakpoeier saam. Vryf botter in. Klits eiers en gooi by. Gooi kaas in en voeg melk by. Bak vir 5-6 minute op 200°C. Smelt 2 eetlepels botter en 1 eetlepel marmite, skep oor skons as uit oond kom.

VINNIGE MIKROGOLF VLASKYWE (SANET BURKE)

Bestandele: • • • • • • • •

1x kop suiker 125ml vlapoeier 1 lt melk 80ml botter 20ml vanilla essence 1x pak creamcrackers 1x kop versiersuiker Suurlemoensap

Metode: 1. Meng suiker en vlapoeier, voeg melk by en meng goed. 2. Voeg botte ren vanilla essence by en mikrogolf vir 10 minute op hoog. Klits elke 2 minute met draadklopper. Die vlapap is reg as daar spore vorm wanneer klits. 3. Pak creamcrackers onderin bak, breekkant in lyn met mekaar. 4. Gooi vlapap oor en pak nog crackers oor. Laat afkoel. 5. Maak intussen versiersuiker met ‘n eetlepel kookwater aan en voeg bietjie suurlemoensap by. 6. Smeer die versiersel net oor crackers, as dit die vlapap raak, trek dit vog.


WITKOEK MET OLIE (LEANA VICTOR)

Bestandele: • • • • •

220/440ml koekmeel 15/30ml Maizena 7.5/15ml bakpoeier 62.5/125ml kookolie 7.5/15ml asyn

100/200ml warm water 2/4x groot eiers (geskei) 1.25/2.5ml sout 187.5/375ml strooisuiker 2.5/5ml vanilla

Metode: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8.

Klits eiergele tot gebreek, gooi 125/250ml strooisuiker by en klits tot wit. Voeg olie en asyn by, klits en voeg water by. Voeg vanilla by en klits. Sif droë bestandele saam en voeg lepel gewys by terwyl op ‘n stadige spoed geklits word. Klits eierwitte en oorblywende strooisuiker saam tot styf. Vou eierwitte in deegmengsel en strooi bakpoeier oor, vou liggies in. Verdeel mengsel in twee laagpanne wat gesmeer en met bakpapier uitgevoer is. Bak vir 30 – 40 minute by 180°C.

SAGO POEDING (MERCIA BERANG)

Bestandele: • • • • •

4x kop melk 2x kop water 2x kop sago 1x teelepel sout ½ kop suiker

4 eetlepels botter 6x eiers 1x teelepel vanilla essence 2x teelepels kaneel

Metode: 1. Kook melk, water, sago en sout tot kookpunt. Verlaag hitte na 3, roer dikwels met eierspaan, kook tot sago deurskynend is. 2. Roer suiker en botter by, haal van hitte af, laat bietjie afkoel. 3. Voeg eiers en vanilla essence by, klits liggies saam. 4. Strooi kaneel bo-oor. 5. Bak by 180°C tot gestol.


LEWERKOEKIES (LP LOURENS)

Bestandele: • • • •

1kg lewer 3x kop water 2x teelepels sout 3x kop bruismeel

Metode: 1. 2. 3. 4.

Meng lewer, water en sout saam. Voeg bruismeel by, meng goed. Bak lepelsvol in vlak olie tot bruin. Plaas vir 2 minute in mikrogolf tot gaar.

HERTZOGGIES (ROMAN TAYLOR)

Bestandele: Deeg: • • • • • •

4x 4x 4x 1x 1x 6x

kop koekmeel teelepels bakpoeier teelepels suiker teelepel sout kop botter eiergele

Vulsel: Appelkooskonfyt 6x eierwitte 2x kop suiker 4x kop klapper 30 ml yswater

Metode: DEEG: Meng meel, bakpoeier, 4 teelepels suiker en sout saam. Voeg botter by, vryf goed in. Voeg eiergele en yswater by. Laat deeg rus vir 30 minute in yskas. Druk deeg na gerus liggies in bakplaat. Smeer Appelkooskonfyt oor. VULSEL: 7. Klits 6 eierwitte styf, van die 2 koppies suiker, meng lepel vir lepel by tot stywe meringue. 8. Roer 4 kop klapper by. Sprei eweredig oor die konfyt. 9. Bak by 180°C. 10. Haal uit en sny in blokkies. Laat afkoel. 1. 2. 3. 4. 5. 6.


BILTONG SOUTTERT (SANET BURKE)

Bestandele: • • • • • • •

1x rol gekoopte skilferkors, ontvries 1x kop gerasperde cheddarkaas 1x kop biltong in skywe gesny 2x wiggies fetakaas, gekrummel Swartpeper na smaak 4x eiers, geklits 375ml room

Metode: 1. 2. 3. 4. 5. 6.

Voer ‘n glasbak uit met skilferkors. Sprinkel die cheddarkaas op die bodem. Bedek met die biltong en dan die fetakaas. Gooi baie swartpeper oor. Meng die eiers en room en skep bo-oor. Sprinkel weer kaas en biltong oor. Bak teen 180°C vir 30 minute.

KAASKOEK (YOLANDIE VAN HEERDEN)

Bestandele: • • • • • • •

1x pakkie Tennisbeskuitjies 1x houer plein cream cheese 1x blik kondensmelk 30ml suurlemoensap 1x pakkie gelatien 1x blik aarbeie 1x pakkie aarbeijellie

Metode: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.

Maak ‘n kors met die tennisbeskuitjies. Meng kondensmelk, cream cheese en suurlemoensap. Maak die gelatien aan met water en gooi by kondensmelk mengsel. Skep oor die kors en plaas in yskas tot gestol. As klaar gestol, versier met ‘n laag aarbeie. (Moenie die aarbeie vloeistof weggooi nie) Maak die jellie aan met die aarbeivloeistof en gooi bo-oor die aarbeie. Plaas weer in yskas tot jellie gestol het.


PAMPOENPOFFERTJIES (ANTOINÉ BRAND)

Bestandele: • • • • • • •

500g pampoen 50ml gesmelte botter 5ml vanilla 2x eiers liggies geklits 125ml meel 5ml bakpoeier Fyn kaneel en bruinsuiker

250ml melk/room 125ml suiker 50g botter 5ml karamel of vanilla

Metode: 1. Meng alles saam. Skep in kolwyntjie pannetjies. 2. Sprinkel kaneel en bruinsuiker oor. 3. Bak vir 30 minute tot gaar. 4. Kook melk/room, suiker, 50g botter en vanilla vir 5 minute. 5. Verdik met bietjie Maziena tot verlangde dikte. 6. Skep lepels vol sous oor pampoen as dit uit die oond kom. 7. 8. Laat staan bietjie dat sous in pampoen intrek. AMARULA-SJOKELADEKOEK (LEONILDE DA SOUSA)

Bestandele: Koek: • • • • • • • •

4x eetlepels kakao ½ kop kookwater 3x eiers 220ml suiker 4x eetlepels olie 1x kop koekmeel 2x eetlepels bakpoeier Knippie sout

Stroop: 200ml suiker 1x kop water 4x eetlepels Amarula-likeur 1x blik karamel 250ml styfgeklopte room 1x flake sjokelade

Metode: 1. 2. 3. 4. 5.

Meng die kakao met die kookwater en laat dit afkoel. Klits die eiers, suiker en olie saam, voeg die koue kakaomengsel by en meng goed. Sif die res van die droë bestandele by en meng goed deur. Skep die mengsel in ‘n oondbak en bak vir 20 minute teen 180°C. Prik die koek sodra dit uitkom. Stroop: 6. Kook die suiker en water vir 5 minute, verwyder dit van die hitte en gooi Amarula by. 7. Gooi die stroop oor die warm koek, smeer karamel oor wanneer afgekoel, dan room en flake.


GROENTEPASTEI (MONIQUE NEL)

Bestandele: • • • • •

250g spek 30ml olie 1x knoffelhuisie, fyngemaak 2x uie, gekap 250g sampioene in skyfies gesny

400g murgpampoentjies, gesny 500g spinasie, gekap en gekook 200g kaas 400g gerolde blaardeeg 1x eier geklits

Metode: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.

Stel oond op 180°C. Braai spek, dreineer. Braai knoffel en uie saam, voeg sampioene en pampoen by. Sit deksel op en prut tot sag. Voeg spinasie en kaas by, meng goed. Skep in oondbak, plaas blaardeeg bo-oor. Smeer die blaardeeg met die eier en bak tot goudbruin.

BOBOTIE (ENGELA STRYDOM)

Bestandele: • • • • • • •

2x eetlepels botter 1x ui, fyngekap 1x teelepel matige kerriepoeier 7ml sout 2ml borrie 1 eetlepel suurlemoensap 1kg maalvleis

150ml sagte broodkrummels 175ml blatjang 100ml wit wyn 50ml fyn appelkooskonfyt 100ml melk 2x eiers

Metode: 1. 2. 3. 4. 5.

Braai ui in botter, roer die kerriepoeier, sout, borrie, suurlemoensap en vleis by. Braai maalvleismengsel tot gaar. Roer broodkrummels, blatjang en wyn by. Meng appelkooskonfyt met maalvleis. Klits die melk en eiers tot gemeng en gooi bo-oor. Bak teen 180°C tot eiermengsel gestol is.


ALMAL SE GUNSTELING SOUTTERT (HEIN KOK)

Bestandele: • • • • • • • •

80ml koekmeel 2x eiers 1x kop maaskaas of roomkaas ½ teelepel bakpoeier 1x teelepel mosterd 1x kop gaar, gekapte spinasie 1x pak bacon, fyngekap 1x pakkie kaasworsies, gesny

250ml plein jogurt 1x ring feta kaas, gekrummel 1x teelepel Origanum kruie Sout en peper na smaak Kors: 1x kop kaas, gerasper 1x kop koekmeel ½ kop koue botter in blokkies

Metode: 1. Meng bogenoemde alles saam. Kors: 2. Meng alles saam en brei tot skoon kleur. 3. Maak met gladwrap toe en sit in yskas vir 20 minute. 4. Druk korsdeeg onder in bak uit. 5. Voeg mengsel in bak en rasper kaas bo-oor. 6. Bak vir 40 minute teen 180°C. 7. Laat rus vir 1 uur.

PYNAPPEL- EN MARSMALLOWTERT (LEE-ANN MATTHEWS)

Bestandele: • • • • • • • •

1x pakkie Marie beskuitjies, fyngedruk 125g botter 1x blik kondensmelk 2x eetlepels suurlemoensap 1x klein blikkie pynappelstukkies 250ml room 12x marsmallows Kersies

Metode: 1. 2. 3. 4. 5. 6.

Meng koekies met botter om ‘n kors te maak. Klop suurlemoensap en kondensmelk tot styf. Klop room styf. Voeg pynappel, marsmallows, kersies en room by kondensmelkmengsel. Meng goed en plaas bo-oor kors. Plaas in yskas tot gestol.

Opsioneel: Voeg bakpoeier laaste by mengsel om die tert lekker te lig.


KOFFIEKOEK (JACO PUTTER)

Bestandele: • • • • • • • • • •

4x eiers 1x kop suiker 1½ kop meel 2x eetlepels margarien ½ teelepel sout 4x eetlepels melk 4x eetlepels water 1x teelepel bakpoeier 1x teelepel vanilla 250ml vars room

Stroop: 2x kop suiker 1½ kop water 1x teelepel vanilla 2x eetlepels koffie 3x eetlepels brandewyn 1x blik karamel 1x pak karamelkitspoeding 1x kop melk 1x Flake sjokelade

Metode: 1. Klits eiers en 1 kop suiker tot liggeel, voeg sout by. Smelt margarien en voeg vanilla, 4 eetlepels water en 4 eetlepels melk by. Roer by eiermengsel. 2. Sif 1 kop suiker, meel, sout, bakpoeier by eiermengsel. 3. Skep in oondbak en bak vir 15 minute teen 180°C. 4. Prik die koek as hy uitkom. Stroop: 5. Kook 2 kop suiker, 1½ kop water, 1 teelepel vanilla, koffie en brandewyn saam vir 5 minute. 6. Gooi die stroop oor die koek en laat goed afkoel, smeer die karamel oor die koek. 7. Maak karamelkitspoeding aan met 1 kop koue melk. 8. In ‘n aparte bak, klits 250ml room tot styf, gooi kitspoeding by. 9. Smeer oor koek. Strooi fyn flake bo-oor.

SJOKELADEMOUSSE (LEONILDE DA SOUSA)

Bestandele: • • •

1x pak (150g) marsmallows 100g donkersjokelade 1x blik idealmelk

Metode: 1. Knip die marsmallows en breek die sjokelade fyn. 2. Verhit die idealmelk net tot voor kookpunt en draai hitte laer, voeg die marsmallows en sjokelade by en roer aanhoudend tot sjokelade gesmelt is. (Moenie de mengsel laat kook nie) 3. Gooi mengsel in glase/tertbak en laat in yskas oornag. 4. Versier die mousse met geklopte room of vla of vrugte.


ROMERIGE MIELIE, KAAS EN HOENDERSOP (ESTA PUTTER)

Bestandele: • • • • • • • • • • • • •

2x hoenderborsies in blokkies gesny 30ml botter 1x ui, fyngekap 1x blik sweetcorn 500ml melk 500ml hoender aftreksel 5ml witpeper Sout na smaak 30ml Maizena 2x repies spek, gebraai en gesnipper 125ml room 1x kop gerasperde kaas Knippie rooipeper

Metode: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.

Smelt botter en braai ui en hoender vir 5 minute. Voeg die mielies, melk, aftreksel, peper, rooipeper en sout by. Verhit oor lae hitte. Maak die Maizena aan met ‘n bietjie water, sodat dit ‘n pasta vorm. Gooi by die sop en roer tot die sop begin verdik. Kook oor lae hitte vir 10 minute. Verwyder van hitte, voeg room, spek en kaas by en bedien.

CREMORA/GRANADILLA TERT (GIZELLE LOCKIE)

Bestandele: • • • • • •

2x pakkies Tennisbeskuitjies 1x Granadilla Pulp 250ml room 250g Cremora 1x blik kondensmelk Suurlemoensap

Metode: 1. 2. 3. 4.

Maak ‘n kors met die Tennisbeskuitjies met botter gemeng. Meng die cremora en kondensmelk goed saam. Voeg die suurlemoensap by volgens smaak. Skep die mengsel oor die kors en smeer die granadilla pulp bo-oor. Laat stol in die yskas.


KERRIENOEDELSLAAI (MERCIA BERANG)

Bestandele: • • • • • • • • •

1x pak fusilli noedels Knippie sout ½ kop olie 1 kop tamatiesous ½ kop wit asyn ¾ kop suiker 1x eetlepel kerriepoeier 1x greenpepper, opgekap 1x ui, fyngekap

Metode: 1. Kook die noedels tot amper sag. Dreineer. 2. Meng al die ander bestandele en gooi oor noedels. 3. Meng goed deur en laat 1 tot 2 ure staan vir kerrie om in te trek.

MAASKAASTERT (NIEL STRYDOM)

Bestandele: • • • •

2x houers plein maaskaas 2x blikke kondensmelk ¾ kop suurlemoensap Tennisbeskuitjies

Metode: 1. Maak kors met Tennisbeskuitjies en botter. 2. Meng die res van die bestandele saam. 3. Bak teen 180°C vir 15 minute.


MILOTERT (SHANTEL BOUWER)

Bestandele: • • • •

1x pak Tennisbeskuitjies 7x teelepels Milo 500ml room 1x blik karamel kondensmelk

Metode: 1. 2. 3. 4. 5. 6.

Maak ‘n kors met botter en Tennisbeskuitjies Klits die room tot sagte punt. In ‘n ander bak, meng die karamel tot sag. Vou die room en karamel bymekaar, moenie oormeng nie. Meng die Milo saam die mengsel. Skep mengsel oor kors en laat stol in yskas.

CREAM CHEESE-BILTONGBALLETJIES (YOLANDIE VAN HEERDEN)

Bestandele: • • • • •

2x kop biltongpoeier 2x houertjies cream cheese 2x teelepels pepperdews, fyngekap 2x teelepels basilie kruie Sout en peper

Metode: 1. 2. 3. 4.

Meng net 1 kop biltongpoeier in mengsel, gebruik die res om in te rol. Meng al die bestandele goed saam. Skep lepelsvol in jou hand en rol in balletjies. Rol die balletjies in die oorblywende biltongpoeier en bedien.


SPINASIE MAASKAAS TERT (JACO PUTTER)

Bestandele: • • • • • • • • • •

80g wituie soppoeier 2x kop gaar spinasie, gesnipper 250g spek, gesnipper 30ml koekmeel 1¾ kop gerasperde kaas 250ml room 1x ui, fyngekap 2x eiers, geklits 250ml gladde maaskaas 2x kop sampioene, gesnipper

Metode: 1. 2. 3. 4. 5. 6.

Meng die soppoeier met room en laat 45 minute staan. Braai spek, ui en sampioene saam. Meng eiers, melk, maaskaas en die helfde van die kaas saam. Meng alles bymekaar. Skep in oondvaste bak, strooi die res van die kaas bo-oor. Bak teen 180°C vir 35 minute.

WIT KNOFFELSOUS (HEIN KOK)

Bestandele: • • • • • • •

½ kop plein jogurt 2x eetlepels mayonnaise 1x teelepel gemaalde knoffel ½ teelepel Aromat 1x teelepel Parsley 1x teelepel suurlemoensap Peper na smaak

Metode: 1. 2. 3. 4.

Meng alles goed saam. Laat so 20 minute staan voor gebruik. Jogurt kan vervang word met suurroom. Werk lekker saam wraps en chips.


BROWNIES (ROMAN TAYLOR)

Bestandele: • • • • • •

½ blok (250g) margarien 2x eiers 4x eetlepels vanilla 1kg versiersuiker 100g kakaopoeier 3x pakkies Marie beskuitjies, grof gekrummel

Metode: 1. Smelt die botter. (dit moenie kook nie) 2. Voeg die eiers en vanilla by en klits goed. Voeg versiersuiker en kakao by en meng alles goed saam. 3. Skep die mengsel oor die gekrummelde koekies, versprei eweredig. 4. Rol plat in oondbak met koekroller. 5. Sny brownies klaar in blokkies en sit in yskas vir ongeveer ‘n halfuur.

WORSIE-OP-‘N-STOKKIE (ANGIE VAN WYK)

Bestandele: • • • • • • • • •

½ kop mieliemeel ½ kop koekmeel 1x eetlepel suiker 1x teelepel droë mosterd 1x teelepel bakpoeier ½ teelepel sout ½ kop melk 1x eier 1x eetlepel gesmelte botter

Metode: 1. 2. 3. 4.

Klits alles saam. Gooi mengsel in ‘n lang glas. Vee die viennas/russian droog voor jy dip. Braai in olie tot goudbruin.


BILTONGPOT (ALWYN NIEMANN)

Bestandele: • • • • • • • • • • • •

½kg biltong 500g pasta (na smaak) 250g botter 1x ui, gekap 1x pak sampioene, gesny 1x eetlepel gekapte knoffel ¾ pakkie black pepper soppoeier ¾ pakkie mushroom soppoeier ¾ pakkie wituie soppoeier Handvol kruie (na smaak) 250ml room 250ml gerasperde kaas

Metode: 1. 2. 3. 4. 5.

Smelt die botter en braai die uie, knoffel en sampioene. Verlaag jou hitte en gooi die biltong by. Maak die sop aan en gooi saam met die pasta in die pot. Maak seker dat daar genoeg vloeistof in is om alles te bedek. Wanneer gaar, voeg die room en kaas by en meng goed.

JOGURTTERT (ESTA PUTTER)

Bestandele: • • • •

1 liter jogurt van jou keuse 1x blikkie kondensmelk Tennisbeskuitjies en botter (kors) Opsioneel: meng 10ml gelatien aangemaak met bietjie warm water en afgekoel om seker te maak hy stol.

Metode: 1. 2. 3. 4. 5.

Maak ‘n kors en druk onder in ‘n bak. Meng die jogurt en kondensmelk (en gelatien). Gooi die mengsel oor die koekies. Sit in die mikrogolf vir 4 minute. Meng pakkie jellie met 1 kop water, met blikkie aarbeie oor vir bolaag. 6. Plaas in die yskas tot koud.


NAAN-BROODJIES (ALWYN NIEMANN)

Bestandele:

• • • • • • • • • •

2x teelepels gis 1x teelepel witsuiker ½ kop gekapte, groen olywe ½ kop gekapte basilie kruie 1x kop warm water ½ kop plein jogurt 3½ kop koekmeel ½ kop melk 1x teelepel sout ½ kop olyfolie

Metode: 1. Plaas die water, melk, gis en suiker in ‘n glasbak. Roer die gismengsel liggies deur sodat alles oplos. 2. Plaas eenkant vir 10 minute sodat die gis kan begin borrels maak. Roer die jogurt by. 3. Voeg die koekmeel, sout, olywe en basilie by. 4. Rol die deeg in ‘n bal met meelbedekte hande. Knie vir ongeveer 5 minute. Bedek met gladwrap en laat rus vir een uur tot dubbel die grootte. 5. Verhit ‘n diepbodempan. Verdeel die deeg in 6-8 stukke en rol plat tot ongeveer 1cm dikte. 6. Smeer naan-brood met olie aan elke kant en braai op medium hitte vir ongeveer 2 minute per kant. 7. Smeer nog olyfolie oor en plaas eenkant om af te koel. 8. Strooi los basilie bo-oor en geniet koud.


BEESSTERT IN ROOIWYN EN TAMATIESOUS (LEONARD VAN NIEKERK)

Bestandele: • • • • • • •

1.5kg beesstert 30ml olyfolie 4x preie, opgesny 4x selderystingels, gekap 4x knoffelhuisies, fyngedruk 15ml koekmeel 625ml beesvleisaftreksel

375ml rooiwyn 30-45ml tamatiesous 2x lourierblare 4x wortels, kwart in lengte gesny 5ml gerasperde suurlemoenskil

Metode: 1. Verhit ‘n swaarboompot oor hoë hitte. Voeg die olie by en braai ‘n paar beesstert-stukke bruin. 2. Skep uit en hou eenkant. 3. Verlaag die hitte tot medium en voeg die preie, seldery en knoffel by. Soteer vir paar minute en roer dan meel by. 4. Gooi die aftreksel bietjie-bietjie by. Voeg die rooiwyn, tamatiepasta en lourierblare by. Roer goed en skep dan die vleis terug. Verhit tot kookpunt en verwyder van plaat. 5. Gooi alles in ‘n oondskottel, sit deksel op en bak teen 180°C vir 1 uur. 6. Sit die wortels en suurlemoenskil by en geur met sout en swartpeper. 7. Bak vir nog 1½ uur tot vleis baie sag is.

SUURLEMOENTERT (OLIVIA KOK)

Bestandele: • • • • • • •

1x pakkie Marie beskuitjies en botter (vir kors) 1x blik kondensmelk 125ml suurlemoensap 1ml suurlemoengeursel 2x eiers, geskei 100ml strooisuiker Knippie sout

Metode: 1. Klits die kondensmelk, suurlemoensap, geursel en eiergele saam. Gooi in tertbak. 2. Klits eierwitte, strooisuiker en sout saam tot styf. Skep bo-oor kondensmelkmengsel. 3. Bak vir 10-15 minute teen 180°C tot ligbruin.


AARTAPPELOMELET MET BILTONG (LEONARD VAN NIEKERK)

Bestandele: • • • • •

3x eetlepels botter 1x ui, fyngekap 1x knoffelhuisie, fyngekap 3x hande vol, sagte biltong, gesny Sout en peper na smaak

Olyfolie 4-6x groot aartappels, gekook en in dun skywe 8x eiers, geklits 1x eetlepel growwe mosterd

Metode: 1. Braai die uie en knoffel tot sag, nie bruin nie. 2. Skep uit die pan en meng met helfde van die biltong. 3. Maak olyfolie warm in dieselfde pan oor matige hitte en bedek die bodem met aartappelskywe en skep lepelsvol van die uie-en-biltongmengsel bo-oor. Herhaal die lae tot die aartappels op is. 4. Klits die eiers en mosterd saam, gooi sout en peper by en giet dit oor die aartappels. 5. Druk deurentyd die omelette weg van die kant af. Laat die omelette gaar word. 6. Gebruik ‘n eierspaan en keer die omelette uit in ‘n bord met die rou kant na onder. 7. Gooi ‘n bietjie olyfolie in die pan en glip die omelette om in die pan en braai die ander kant. 8. Wanneer gaar, haal uit pan en skep die res van die biltong bo-oor.

KORSLOSE MELKTERT (ANTOINÉ BRAND)

Bestandele: • • • • •

4x eiers, geskei 250ml suiker 75ml botter, gesmelt 250ml ongesif, afgemeet koekmeel 50ml kaneelsuiker

5ml bakpoeier Knippie sout 1 liter melk 5ml vanilla

Metode: 1. 2. 3. 4.

Voorverhit die oond teen 180°C. Smeer 2 tertbakke (ongeveer 1 liter bakke). Klits die eiergele, suiker en botter saam tot romerig. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en meng dit by die eiermengsel. Voeg die melk en vanilla by en meng goed. 5. Klits die eierwitte tot sty fen vou liggies met ‘n metaallepel in die melkmengsel in (die mengsel is dun). 6. Gooi dit in die tertborde en strooi die kaneel oor. 7. Bak vir 40-50 minute in die middelrak.






Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.