Fruits du Sud

Page 1

LBW LBW

PROMOSIE

LBW LBW

FRUITS DU SUD

PROMOSIE

FRUITS DU SUD

Rosyne by dosyne!

Fruits du Sud is ’n internasionale verskaffer van rosyntjies van ’n hoë gehalte en is deel van die BKB-groep. Ondanks die erge droogte van die afgelope paar jaar kon hy vanjaar sowat 1 000 ton rosyntjies van Weskusboere aankoop.

Fruits du Sud se rosyne word met laser- en X-straaltegnologie gesorteer, wat seker maak dat substandaard-rosyntjies, stokkies of metaal nie deurglip na die verpakkingsaanleg nie.

Mnr. Johannes van Niekerk

Mnr. Johann Eggers

sente en ons klante wat die

Die Benede-Oranjerivierbesproeiingsgebied is ’n groot voedingsbron vir Fruits du Sud se rosynverwerkingsaanleg by Bloemsmond naby Keimoes. Rosyntjies word ook van die Weskus en Olifantsriver se besproeiingsboere verkry. FOTO’S: LIZA BOHLMANN

R

osyne van goeie gehalte kom van goeie boere. Daarom bemark Fruits du Sud nie net die eindproduk nie, maar ook die boere en omgewing waar hierdie gesogte “droogdruiwe” verbou word. Die maatskappy is in 2002 gestig en het intussen gegroei tot Suid-Afrika se naasgrootste verskaffer van rosyne. Mnr. Johannes van Niekerk, besturende direkteur, staan aan die stuur van sake. Fruits du Sud is ’n belangrike werkgewer by Kanoneiland in die Noord-Kaap en het sowat

200 mense in diens. “Ek en vennote het Fruits du Sud in 2010 gekoop. Die onderneming het vinnig gegroei van 800 ton tot 15 000 ton in sewe en ’n half jaar. ’n Sterk landbouvennoot was die volgende stap. BKB het sowat twee en ’n half jaar gelede ’n meerderheidsaandeel van 75% in die onderneming gekoop,” sê Van Niekerk, wat steeds 25% van die aandele besit. Die Benede-Oranjerivierbesproeiingsgebied lewer ’n groot volume van die produk wat Fruits du Sud verwerk, maar die Weskus hou ook groot belofte in as produksiestreek. “Ons het ’n depot op VredenKultivars soos Sultana en deesdae ook Selma Pete en Murbein is gewild as rosyntjiedruiwe.

76 |

Landbouweekblad

|

www.Landbou.com 9 November 2018

Rosyntjies word reeds op die plaas gesondroog of met swael behandel in die droogproses, voordat dit na Fruits du Sud se aanleg vervoer word vir verwerking.

dal en Kakamas. Ondanks die erge droogte van die afgelope paar jaar het Fruits du Sud vanjaar sowat 1 000 ton rosyntjies aangekoop van ons Weskusboere. Hulle is baie optimisties oor die 2019-oes.”

produk eindelik koop, beteken dat ons net ’n hand vol kontrakte verloor of self beëindig het. Die bykomende dienste en advies wat ons lewer en sommer net goeie buurmanskap met ons produsente en betrokkenheid by die gemeenskap, is vir ons ’n belangrike onderskeidende faktor,” sê hy. Betrokkenheid by die gemeenskap gebeur op verskillende vlakke by skole, kerke en sportklubs. Die maatskappy lewer ook praktiese hulp en raad rakende verbouingsmetodes en gehaltebestuurselsels, soos GlobalGap, aan boere.

BOERE Boere wat aan Fruits du Sud lewer, sluit in groot, kommersiële boere wat al geslagte lank boer, en kleiner, nuwer toetreders tot die bedryf. Phariri Trading is ’n beslote korporasie wat uit begunstigdes van grondhervorming en staatsfinansiering bestaan. Die groep

boer vooruit op 32 ha huurgrond, waarvan 23 ha onder wingerd is. Sy mikpunt is om binnekort nie net songedroogde rosyne aan Fruits du Sud te verskaf nie, maar ook swaelbehandelde rosyne. Mnr. Johann Eggers boer saam met sy seun, Rouxhann, op die plaas Hier Begin en is een van Fruits du Sud se groot boere. Hy lewer al vyf jaar aan die onderneming. “Ons is gelukkig dat ons seun wil oorneem en boer, maar ek moet bysê dat die jonger geslag hul deel doen in die hele omgewing van Keimoes en Kakamas. Die jong boere hier is aktief by die landbou betrokke en is opgewonde oor boerdery.” Hy sê hulle het ook met wyndruiwe geboer, maar konsentreer nou op kultivars vir rosyntjies (Sultana, Selma Pete en Murbein), wat hulle op 210 ha verbou. Mnr. Koos Strauss van Straussheim het as veeboer begin, maar gou agtergekom dat rosyntjies in dié gebied baie winsgewender is met minder risiko’s. Hy het sy

Van Niekerk was self eers ’n tafeldruifboer en verstaan baie goed dat prys ’n groot faktor vir enige boer is. “Ons bied mededingende pryse, maar meer as net dit. Verhoudings met ons produ-

Rosyne van uitvoergehalte van Fruits du Sud.

Mnr. Riaan Nel, Fruits du Sud se verkrygingsbestuurder, stap deur Straussheim se wingerd saam met mnr. Koos Strauss (regs).

eerste blok in 2000 geplant. Sy jongste blok is verlede jaar gevestig en sal in Januarie 2019 sy eerste oes lewer. Straussheim lewer nou al twee produksiejare lank aan Fruits du Sud. Hy lewer hoofsaaklik swaelbehandelde Sultana- en Murbeinrosyne, asook songedroogde rosyne. “Sy diens is uitstekend en die aanleg is slegs ’n paar honderd meter van die plaashek oorkant die pad. Dit maak net sin om aan hulle te lewer,” sê Strauss.

UITVOERMARK Die 23 ha wingerde van Phariri Trading op die plaas Arbeidsgenot naby Keimoes beloof ’n goeie oes hierdie produksiejaar. Van links is mnr. Riaan Nel (Fruits du Sud), me. Maria Rooi, mnre. Jacob Matroos, Isak Jacobs, Jan Jacobs sr., Niklaas van Wyk, Jacobus le Roux (BKB), Jan Jacobs jr. en Henk Bosch (senior bestuurder van BKB AgriFin).

78 |

Landbouweekblad

|

www.Landbou.com 9 November 2018

Fruits du Sud voer uit na Afrika, Oos- en Wes-Europa, Amerika, Kanada, Brittanje, Rusland, China, die Verenigde Arabiese Emirate, Nieu-Seeland en spesialiteitsmarkte in Griekeland, Algerië en Egipte.

Alle produkte word volgens FSSC 22000-voedselveiligheidstandaarde verwerk. “Verhoudings beteken nog iets in die bedryf. Daarom bring ons graag ons invoerders en boere byeen. Daarin speel ons personeel en veral me. Tanya Alston, bemarkingsbestuurder, en mnr. Riaan Nel, verkrygingsbestuurder, ’n enorme rol. “Ons hou die produkreeks eenvoudig. Dit bestaan hoofsaaklik uit geel, bruin en swart rosyntjies. Fruits du Sud se volledige reeks pitlose rosyntjies bestaan uit Golden, Flame, Fruit Mix, Western Province, Pink Flame, Orange River en Thompson,” sê Van Niekerk. NAVRAE: Webwerf: www. fruitsdusud.com; e-pos: sales@ fruitsdusud.com; tel. 054 491 1041.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.