Atlanta Sugar

Page 1

FOKUS LBW

DIS MY PRODUK

PROMOSIE

Atlanta Sugar smaak soet sukses Die BKB-groep se bedrywighede sluit veel meer as wol en skape in. Sy PakHouse Brands-afdeling sluit sedert 2012 ook in Atlanta Sugar, wat op die verpakking en verspreiding van suiker en landbouverwante verbruikersgoedere konsentreer.

A

tlanta Sugar is reeds 15 jaar lank in die suikerverpakkingsbedr yf betrokke. Sedert sy inlywing by BKB is dit een van die voorste suikerverpakkingsmaatskappye in Swaziland met sy fabriek en verspreidingsentrum in Matsapha. Daar is ook ’n administratiewe kantoor met personeel in Kempton Park, Suid-Afrika. As ’n groot voorafverpakker van suiker is dit nodig om op die hoogte te bly van verpakkingstegnologie, -praktyke en -standaarde in die suikerbedryf. Atlanta Sugar verskaf onder meer gewone suiker, strooisuiker en versiersuiker vir huishoudelike en grootmaatgebruik, asook suiker vir vermenging in produkte.

Kopers van Atlanta Sugar se produkte sluit die groot- en kleinhandel in, asook kleiner winkels wat aan private eienaars behoort. Die maatskappy se suiker word ook aan internasionale handelaars en vervaardigers van produkte, soos jogurt, stroop en sap, verskaf. Klante kan Atlanta Sugar se produkte onder sy handelsnaam koop of onder hul eie handelsnaam laat verpak in verskillende groottes en verskillende soorte verpakkingsmateriaal. ’n Deel van BKB se diversifikasiestrategie en doelwitte vir die PakHouse-afdeling was om na geleenthede te kyk om meer by die verwerking van landbouprodukte betrokke te raak ten einde waarde toe te voeg, sê

Verskillende produkte, waaronder wit- en bruinsuiker, grondbone, suikerbone en sonneblomolie, word deur Atlanta Sugar versprei.

66 |

Landbouweekblad

Mnr. Nico da Serra by van Atlanta Sugar se produkte. FOTO’S: BKB

mnr. Nico da Serra, besturende direkteur van Atlanta Sugar. “Tans kom ál ons suiker van Swaziland af.” Die suikerriet word net van boere in daardie land gekoop. Die meeste van die suikerriet word onder besproeiing gekweek met baie min onder droëland. In ’n normale reënvaljaar produseer Swaziland sowat 600 000 ton suiker. “Suiker is een van die grootste landboubedrywe in Swaziland en is uiters belangrik vir sy ekonomie,” sê Da Serra. Die suikerbedryf is siklies van aard wat produksie en verbruik betref. Die hoogste suikerverbruik is in Oktober, November en Desember. Om in die vraag te voorsien, word gemiddeld 250

werknemers ingespan.

ROL IN BKB “Finansieel lewer Atlanta Sugar ’n beduidende bydrae tot BKB se wins,” sê Da Serra. “Die produksiejaar 2017-’18 was egter baie moeilik vir die suikerafdeling weens ingevoerde suiker wat baie goedkoper as plaaslike suiker was. “Strategies pas Atlanta Sugar in by BKB se diversifikasiestrategie deur waarde toe te voeg tot ’n verskeidenheid landbouprodukte.”

ANDER PRODUKTE Deur Gritco, BKB se “graanfiliaal”, het die maatskappy toegang verkry tot sonneblomolie, grondboontjies, suikerbone, springmielies en produkte vir vee, soos heel geel mielies, gebreekte mielies en gemengde hoenderkos. Die mediumtermynvisie van PakHouse Brands is om die Atlanta-handelsmerk te vestig as een wat landbouverwante verbruikersgoedere van ’n goeie gehalte teen mededingende pryse aan verbruikers lewer. In diéh opsig word vele ander produkte reeds onder die Atlantahandelsmerk verkoop. NAVRAE: Webwerf: www. atlantasugar.co.za; e-pos: support@ atlantap.co.za; tel. 011 394 0700.

|

www.Landbou.com 5 Oktober 2018


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.