Alpha Alfa

Page 1

FOKUS LBW

WOL

PROMOSIE

Lusern kraai hiér koning Suid-Afrika se lusernprodusente is ’n noodsaaklike skakel in die veevoerwaardeketting vir plaaslike en buitelandse veeboere. AlphaAlfa staan reg met verskeie dienste en produkte.

A

lphaAlfa verhandel topgehalte lusern vir die plaaslike en uitvoermark en is deel van BKB se graanafdeling, GrainCo Holdings. AlphaAlfa se hoofkantoor is in Kimberley. Met minstens twintig jaar ondervinding in die lusernbedryf is AlphaAlfa ’n staatmakervennoot vir kopers en verkopers. Sowat 500 kliënte maak deel uit van dié maatskappy, een van die belangrikste lusernhandelaars en uitvoerders in Suid-Afrika. Mnr. Fanie Brunette, AlphaAlfa se bestuurder in Kimberley, verduidelik die maatskappy se rol in die landboubedryf. “Aan die produksiekant spoor ons produsente aan om ’n gehalteproduk te lewer wat vir hulle regstreeks meer geld in die sak beteken. Aan die koperskant ontvang die koper deurlopend produkte van goeie gehalte, wat dan weer help met die formulering van ransoene. “AlphaAlfa het homself só geposisioneer met verskeie produkte om in alle behoeftes van veeboere te kan voorsien.”

UNIEKE DIENS AlphaAlfa is die enigste maatskappy in Suid-Afrika wat ’n “double press” besit wat bale saampers en styf verpak. Só kan dit regstreeks aan die uitvoermarkte, soos China en SaoediArabië, verkoop word. Produsente wat nie die High Density Pack, oftewel HDP-baaltoerusting, het nie, kan dus ook

100 |

Landbouweekblad

|

aan die uitvoermark deelneem met bale wat in hoëdigtheidsformaat gelewer word. “Produsente word gevolglik aan die internasionale en binnelandse markte blootgestel. AlphaAlfa het ook ’n volledige hamermeule in Kimberley geïnstalleer. Alle hooiprodukte kan dus aangekoop en verwerk word. “AlphaAlfa het ook vier luserndepots in die produksiegebiede met NIR-ontledingstoerusting. Plaaslike vervoerkontrakteurs word ingespan om die produk regstreeks by die produsent se plaas op te laai en te vervoer na die mark of na Kimberley se persgeriewe,” sê Brunette.

WÊRELDGEHALTE Internasionale standaarde vereis tegnologie en naspeurbaarheid van die hoogste gehalte. “Naspeurbaarheid behels onder meer dat ’n land, soos China, vereis dat individuele bale na die oorsprong gevolg kan word en dat individuele boere onderneem om voorgeskrewe praktyke te volg. Tegnologie vereis dat bale in fabriekstoestande nagegaan en dan dubbel gepers word, wat verseker dat skoon produkte verskeep word,” sê Brunette.

BALE BY DOSYNE Tonne lusern word jaarliks deur AlphaAlfa op plaaslike en internasionale vlak verhandel. Ná die goeie nuus dat Suid-Afrika en China ’n uitvoerprotokol onderteken het en die mark oop is na China vir slegs dubbel-gepersde bale, gaan dit vir produsente

www.Landbou.com 7 September 2018

Mnr. Fanie Brunette

AlphaAlfa bied aan die lusernprodusent verskeie logistieke dienste deur groot hoeveelhede hooi te ontvang, op te berg, te verpak en te verskeep. FOTO: VERSKAF AlphaAlfa is die enigste Suid-Afrikaanse maatskappy wat ’n “double press” in Suid-Afrika besit wat bale saam pers en styf verpak in ’n hoëdigtheidsformaat (HDP).

en AlphaAlfa ’n groot hupstoot gee om ook na ander lande te kan uitvoer. Daarvoor is ’n seepgladde logistieke proses nodig, asook geriewe wat hierdie hoeveelhede kan ontvang, opberg, verpak en verskeep. Daar is landwyd verteenwoordigers in Suid-Afrika. AlphaAlfa se pakhuise is in Jacobsdal, BullHill in die Vaalharts-besproeiingskema, Kimberley en tussen Hoopstad en Makwassie geleë en kan 30 000 ton lusern opberg. Vir kopers van gehaltelusern en ander hooibale is die keuse wyd genoeg om in spesifieke behoeftes te voorsien. Gewone saamgepersde “Big Pack”-lusernbale is ook beskikbaar: ■ Baie groot bale, “Big Pack” HDP-bale (700-800 kg). ■ 6 tou-bale (400-500 kg). ■ 4 string-bale “Big Pack” (250270 kg). ’n Nuwe toevoeging tot

SAAD EN PRODUKSIE

Lusernsaad is by AlphaAlfa beskikbaar en ook by BKB Handel op Jacobsdal.

AlphaAlfa se produksiegeriewe in Kimberley is ’n hamermeule wat lusernmeel teen ses ton per uur in groot maat aan die mark kan voorsien in sakke van 30 kg of 35 kg. Daar is ook ’n nuwe, groter sakontwerp wat tot 550 kg kan hou wat hantering by kopers kan vergemaklik. Hawerhooibale en “fine-cut” Rhodesgras is ook beskikbaar. Danksy die HDP-proses wat bale bykans dubbel so dig verpak en saampers, kan groter hoeveelhede in dieselfde vragruim vervoer word en só koste bespaar. Die oopsny van die bale en die visiule inspeksie daarvan binne die baal voor dit dubbel saamgepers word, verseker ’n gewaarborgde produk. Die grootste van dié bale weeg sowat 500 kg, maar is heelwat kleiner (1,2 m x 1,1 m x 0,85 m) as die gewone saamgepersde weergawe. Die standaardgrootte baal is 1,2 m x 0,55 m x 0,42 m groot en weeg 80-120 kg. Daar is ook halwe (40-60 kg) en kwartgrootte bale (20-30 kg). NAVRAE: Webwerf: www.bkb. co.za; e-pos: info@alphaalfa.co.za; tel. 053 861 3697.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.