Basuin Uitgawe 2 vir 2023

Page 1

BASUIN

NG KERK MONTAGU – JUNIE ’23 –

AUGUSTUS ‘23

AMPSDRAERS

LERAAR

Dr Rupert de Koning

073 366 3777 ds.rupert@ngkmontagu.org

LERAAR

Ds Suzette Turner

082 961 2004 suzetteluwes@gmail.com

SKRIBA

Elsabé Wright 023 614 1530 skriba@ngkmontagu.org

KOSTERS

Elizma Brand

Jurie Swart

071 388 7527

ONTVANGS

Maryka Burger

BANKBESONDERHEDE

NG Kerk Montagu

ABSA Montagu

Rekening nr: 1050148161

BELANGRIKE DATUMS

2

3 Sept

6

7

SnapScan

/ SnapLink https://pos.snapscan.io/qr/RVCeN60E

BASUINREDAKSIE

Wanneer jy God volg, sal jy nooit op ‘n plek opeindig waar jy nie moes gewees het

Thea Stopforth (Red), dr. Rupert de Koning, Petro Jordaan, Ernie Oosthuizen, Lize Rossouw, ds Suzette Turner, Francois Tredoux, Jean-Marie van der Walt en Elsabé Wright

Die artikels en inligting wat in Basuin gepubliseer word weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie of van alle gemeentelede nie. Die redaksie behou hom die reg voor om alle material te verwerk of te verkort om met begrip te publiseer te word. Ons verwelkom bydraes uit die gemeente en ontvang dit verkieslik per e-pos in MS Word-formaat. Handgeskrewe stukke is egter ook welkom en kan by die kerkkantoor ingehandig word – asseblief teen die sperdatum soos op die kerkkalender aangedui.

Stuur asseblief u bydraes aan:

Thea Stopforth (theastopforth@gmail.com) of Ernie Oosthuizen (ernieo@telkomsa.net)

kode
Basaar
Sept NG Kerk Montagu
Biddag vir dowes
Drafstapbyeenkoms
4 Sept
Sept Sekretaressedag Bloeddiens
Sept 10:30 Baden Bad-biduur
Sept Laerskool Koo Karoo Poison
Sept Barmhartigheidsweek 18 Sept Kerkraadsvergadering Drafstap-uitstappie 20 Sept 15:00 VLV 22 Sept Padkafee 24 Sept Erfenisdag 25 Sept Erfenisdag gevier 29 Sept Rietvlei Dankfees Skole sluit 1 Okt Biddag vir bejaardes 4 Okt Onderwysersdag Bloeddiens
Senior week
Skole open
Gesinskamp
9
10-15
9-13 Okt
10 Okt
13-15 Okt
Keisie Dankfees
14 Okt
Pietersfontein Dankfees
Montagu Hills uitdaging
Okt Drafstap-byeenkoms
Okt Rietrivier hoenderbraai
Okt Laerskool KOO Gholfdag
Okt Hervormingsfees
21 Okt
Laerskool
23
27
28
29
Pitkos aand
10 Nov
Beleidenisaflegging
5 Nov

Lief en..

Anli Reynolds

Gedoop: 07 Mei 2023

Ouers: Martin en Annette Reynolds

Lara Rossouw

Gedoop: 14 Mei 2023

Ouers: Pieter-Jan en Sonja Rossouw

Johane Pienaar

Gedoop: 23 Julie 2023

Ouers: JP en Lizelle Pienaar

JP Pienaar

Gedoop 23 Julie 2023

saam met sy dogter

…Leed Lydia Burger 27/01/1930 - 06/06/23 Max Rossouw 10/10/1931 – 31/07/23 Kitty Steyn 01/05/1950 – 12/06/23 RW Steenekamp 24/02/1958 – 16/08/23 Johnie Swanepoel 12/04/1952 – 30/06/23 Lettie Kruger 06/09/1939 – 17/08/23 Tommie Butler 20/09/1940 – 05/07/23 Valory Duggett 30/01/1958 – 18/08/23

Redaksioneel

Daar is ‘n groot opgewondenheid in my met die dae wat warmer raak. ‘n Nuwe seisoen, en nuwe hoop. Die lammers pronk agter hul mammas aan, en deurgans sien ek die prentjie in my gedagte van skape op ‘n weiveld.

Ek was ‘n jongeling wat een aand saam vriende in die stad pollevink (soos dit ‘n stout tiener met verkeerde vriende betaam.) Met die nuwe dag wat aanbreek bedel ek vir ‘n busgeldjie. Kaalvoet. My voete is seer. ‘n Man kom nader gestap en sonder om ‘n woord te sê druk hy ‘n muntstuk in my hand. Iets aan sy oë lyk vaagweg bekend en hy sê: “God is lief vir jou”. Ek voel soos ‘n skurk maar terselfdertyd dankbaar. Vreemde gevoel, dink ek.

Daardie dag bly my nou nog by. Hy het my kom soek, op ‘n plek waar ek Hom die minste verwag het.

Ek lees Miga 2:12-13 “Eendag sal Ek julle almal terug bring. Die oorblyfsels van Israel sal ek sekerlik weer bymekaarbring. Ek sal hulle bymekaar bring soos skape in ‘n kraal, soos ‘n trop skape in die veld. Julle land sal weerklink van die gedreun van mense. 13 Julle leier sal deur die linies breek en julle uit ballingskap lei. Hy sal julle lei deur die poorte van die stede, julle sal deur die poorte breek op pad na julle eie land toe. Julle koning sal voor julle uitgaan. Die Here self sal julle lei”. Miga 4:4 “Almal sal rustig woon terwyl hulle vrede en voorspoed geniet. Hulle sal nie enige rede hê om bang te wees nie. Dit is ‘n belofte van die Here, die Almagtige!”

God soek Sy verlore skape. ‘n Verlore skaap kan op ‘n plek wees wat jy jou nooit kan voorstel, en ‘n saadjie soos “God is lief vir jou” sal waarskynlik daardie persoon se enigste stukkie Bybel wees vir die dag, Wie weet, dit laat dalk óók ‘n blywende impak wat die skapie herinner dat die Herder hom altyd sal kom soek, terug neem en veilig by Hom hou. Lees gerus JP Pienaar se getuienis waar God hom gaan soek het en weer huis toe gebring het. Geniet hierdie uitgawe en wees saam bly, want daardie liefde is vir ons elkeen bedoel.

Thea

Jesus Beweeg!

Ek is met my hele wese oortuig dat ons geroep is vir hierdie tyd, op hierdie plek. Ek wens ek kon elke storie vertel van hoe getrou die Here aan Sy kerk op Montagu was die afgelope paar maande en steeds is.

Net soos met elke mooi storie, is ek net so bewus van die koringkorrel in Johannes 12, waarna Rupert een oggend in ‘n Padkos-boodskap verwys het, wat eers moet sterf voordat dit uiteindelik ‘n oes kan lewer. Ek dink die Here werk dieselfde met ons. Dit skaaf en skuur, dit berei ons voor, dit maak ons gereed. Waarvoor? Om uitgestuur te word soos die twaalf dissipels. Die voorlopers van die christelike kerk. Hulle het baie selde geweet wat die doel van die opdrag was, maar uitgegaan bloot omdat hul gestuur was. Dis nou ware geloof! Om seker te wees, soos die Woord ons leer, sonder om regtig te weet.

Amper ‘n jaar gelede moes ek, einklik blindelings, ‘n naam kies vir my kolom in die kwartaalikse Basuin uitgawe. “Jesus beweeg!” het onder andere die kortlys gehaal. Ek weet nóu hoekom. ‘n Belofte sonder dade is leeg. Hy het mos belowe om met ons besig te wees vir hierdie tyd, op hierdie plek.

Jesus beweeg!

Gebedsbediening - ‘n Nuwe Seisoen

As ek om my kyk en die lug ruik, dan besef ek weer dis lente tyd. Die vars nuwe reuk van lente bloeisels, nie altyd so goed vir die sinus nie maar wie kan dit weerstaan. Dis ‘n feestyd vir jou oë, orals is nuwe lewe, pragtige nuwe blome met kleure om van te kies en te keur en groen blare wat die bome versier.

Almal begin weer ontwaak en klim uit hulle winter plekkies om die vars lug weer in te asem. Die warmte is tasbaar, sag, nog nie so erg soos die somer son nie maar net genoeg om jou te herinner aan wat jy gemis het deur die koue winter.

My hart voel ook sommer warm, dis asof liefde uitstraal soos die lente geure en son en niemand kan dit keer. ‘n Glimlag op jou gesig wat spreek van iets nuut wat in jou gebeur, ‘n nuwe tydperk, ‘n nuwe seisoen.

So dikwels is ons lewe ook uit seisoene gevorm. Die warm somer son kan partykeer jou lewe bietjie moeilik maak en jou pad swaar. Die woestyn kan so droog voel en jy smag na water, nie net wat jou dors kan les maar siels water wat jou siel se droogheid kan verkwik.

Dan kom herfs, ‘n snaakse deurmekaar seisoen in jou lewe, alles waai rond, alles is net deurmekaar en mens kan net nie jou plek vind en jy smag na bietjie rus vir jou siel.

Dan die winter, koud, nat en donker. Seer en vrees slaan jou voete onder jou uit. Jy val, staan op, val weer. Dis ‘n moeilike seisoen maar tog ook so nodig vir mens se siel. Hier leer jy van omgee as jou medemens dalk ook deur ‘n winter seisoen moet stap. Jy leer van vashou aan God as jou siel in stukkies wil breek. Jy leer van uithou want more is nog ‘n dag. Jy leer om vas te hou aan God.

Dan kom die lente weer met sy nuwe moed en sy nuwe krag. Die nuutheid kan jy beleef met al jou sintuie. Die mooi van nuut, jou siel voel nuut en hoop vlam weer op.

Waar loop jy vandag in die seisoene van jou lewe, Dalk in die droë somer son, dalk die warboel van herfs of die koue winter of dalk die nuwe lente.

“U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van u hand”Psalm 74:17.

Bid asseblief soos u hart u lei ook vir ons gemeente en sy lidmate veral ook vir die gene op die Afkondigingsblad. Die Gebedsgroep nooi u ook uit om deel te kom word van ons span op verskeie maniere. Ons Gebedsgroepie vergader elke Donderdag om 17:15 te Hofmeyerstraat 10, Montagu en nooi u uit om saam te kom deel in ons gebeds tyd. Vir meer inligting skakel of whatsapp my gerus by onderstaande nommer. Gebedsversoeke en bydraes kan ook deur whatsapp gestuur word na die nommer, maak asseblief net dood seker van u feite voor u enige iets stuur en hou dit asseblief kort.

Gebedsgroete

Jean-Marié van der Walt

Diens van Barmhartigheid (DVB) “Wenk

van die maand”

Met die prys van elektrisiteit wat deur die dak gaan, is dit belangrik om jou voorafbetaalde krag so ordeel-kundig as moontlik aan te koop.

Hier volg ‘n paar wenke:

Koop net genoeg krag om binne blok 2 te bly – met ander woorde, minder as 350 eenhede per maand.

Dit beteken dat jy nie meer as R700 se krag op een slag moet koop nie. Dan bly jy binne blok 2.

Vir noodgeval, om deur te kom tot die einde van die maand, koop ‘n paar bewyse van R50 / elk.

Onthou – die rekenaar begin elke maand van vooraf berekeninge maak om jou blok/prys te bepaal. Maak nie saak watter tyd van die maand jy krag koop nie.

Die volgende blok is 41% duurder! Dus, as jy té veel krag aankoop, gaan jy 41% minder eenhede vir jou geld kry wanneer jy meer as 350 eenhede aankoop.

Sterkte met die sommetjies

Gebedstyd

‘n Gemeente wat bid is ‘n gemeente wat God se seën beleef. Kom ons bid hierdie week vir:

Geestelike reën

Fisiese reën

God se seën in SA

Sendelinge: Aksie 18

Huis Uitvlucht - verswakte bejaardes. Ons gemeente se kinders en ouers

Ons lidmate:

Nico en Maryna Venter, Riaan en Dalene Oosthuizen, Oom Hennie en tannie Cheryl le Roux, Oom Piet en tannie Monica le Grange, Dora Verreyne, Ria Pretorius, Johan en Nelia Esterhuizen, dr Zelda Nel, Kobus Smit, Hugo Burger en Lettie Conradie.

Versoek

Indien jy weet van iemand wat behoefte het of wat siek is of net ‘n besoek en selfs ‘n beradingsgesprek van ‘n leraar benodig, kontak gerus ds Rupert of ds Suzette.

BEDIENING OP MONTAGU

Ds Eric Malgas

Ek dank die Here vir die voorreg wat ek het om Sy woord op elke plaas in MONTAGU te kan bedien. Dankie aan elke boer wat vir ons die geleentheid gee om GOD se woord op hul plase te kan bedien. Elke plaasgemeenskap is uniek en reageer verskillend op God se woord. Ek sien altyd uit na die opgewonde en heerlike samesang van die werkers voordat ek dan die woord bedien. Dit roer my hart om te weet dat God woon onder die lofsange van sy volk. Wat vir my uitstaan, is een ouma van oor die 70 jaar wat geen diens wil misloop nie. Sy woon oorkant die rivier en stap deur die rivier om by die diens uit te kom en nie afstand of weersomstandighede hou haar weg van ons dienste nie. Sy herinner my aan die volgende skrif:

“Soos ‘n hert, so smag my siel na U, o God!” – Psalm 42:2

Aan God al die eer

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” Matteus 11:28-30

Was jy al ooit moeg, oorlaai of uitgebrand? Kan die rede hiervoor dalk wees omdat die mens eerder leef vanuit ‘n siklus van werke, eerder as vanuit die siklus van genade? Ek verduidelike kortliks

Die grootste verskil tussen hierdie twee siklusse is waar hul begin. Die siklus van werke begin by prestasie / ‘achievement’. Eers wanneer ek presteer, het ek waarde. Ek moet ook seker maak ek kan dit volhou, want dan eers sal ek aanvaar word.

Die siklus van genade werk anders om. Dit begin by aanvaarding. Omdat ek aanvaar is, put ek my krag juis daaruit en daarom kan ek dit onderhou en iets vir ander beteken sonder om ooit by die punt van uitbranding te kom. Hoekom? Ek kry my krag by die Here. Dit is ‘n onuitputbare bron. ‘n Bron wat nooit oorlaai of moeg word nie.

Leef ek vanuit genade, of plak ek genade as ń pleister waneer ek reeds uitgebrand is?

Die temas vir die reeks?

#1 – Uitbranding, Jesus en ‘n uitnodiging na aanvaarding

#2 – Genade wat onderhou

#3 – Waarvan is my lewe ‘n teken?

#4 – Mense wat propvol genade is en wie se lewens goeie vrug dra

Ons het die voorreg gehad om hierdie reeks by drie verskillende bedieningspunte aan te bied (dorp, Koo en Kruispad), asook aanlyn. Dit is steeds beskikbaar op NG Kerk Montagu se Youtube kanaal. Dit was ‘n lewensveranderende reis met goeie bywoning en natuurlik die heerlikste sop en brood vanuit die hele kontrei se kombuise – baie dankie dat jy saam op reis was! Genade onderhou ons wanneer ons dit toelaat. Genade hou ons lewendig vir die vreugdes, die volheid en die uitdaging van ons lewens voor God.

Hoe neem ‘n mens groot besluite?

Die lewe is deurspek met die neem van besluite – sommiges klein en alledaags, maar sommiges lewens veranderend. Dikwels moet mens in die neem van besluitenie net jouselfnie, maar ook ander mense in gedagte hou. Dit is om hierdie redes dat ons dikwels na God se wil soek in die neem van besluite.

Soms gebeur dit dat ‘n mens NET WÉÉT… soos die geval was met Paulus se bekering en roeping op pad na Damaskus (Handelinge 9:3-6). Paulus het geweet WIE dit was wat met hom gepraat het, en hy baie duidelikgeweet wat God se wil vir hom was. Maar hierdieselfde sekerheidkan ook ervaar word vir geen spesifieke rede nie – wanneer daar diep binne jou ‘n baie sterk sin is van WÉÉT dat die besluit wat jy neem die regte een is. En daardie diep sin van WEET verander nie met die verloop van tyd of met die kry van nuwe inligting nie.

“When God our Lord so moves and attracts the will that without doubting or being able to doubt, the faithfull soul follows what is shown.” (Ivens, 2006:175)

Ander kere weer is dit asof ‘n mens (alhoewel met minder sekerheid as die vorige) met ‘n hoë mate van sekerheidkan weet wat God se wil is.Gebed en gereeldegesprekmet God is dan baie belangrik. Gewoonlik speel ’n mens se emosies in hierdie geval ook ’n belangrike rol in die uiteindelike neem van die besluit.

“...when sufficient light and knowledge is received through the experience of consolations and desolations, and through the experience of discernment of spirits.” (Ivens, 2006:176)

’n Mens het gewoonlik hiervoor ’n bietjie meer tyd nodig sodat jy daaroor kan nadink, opsies kan oorweeg en sensitief kan wees vir die emosies (positief of negatief) wat jy beleef.

Wanneer ons negatiewe emosies ervaar (bv. onrustigheid,angs, hartseer,moedeloosheid,frustrasie, versoeking, rusteloosheid, verlies van geloof, hoop, liefde of 'n gevoel van die afwesigheid van God), is dit gewoonlik ’n goeie aanduiding dat jy nie groot besluite moet neem nie, en om ook nie besluite wat geneem is in tye wat jy naby aan God gevoel het, moet verander nie.

“This is because desolation is not God’s voice for the faithful Christian. As Scripture indicates: ‘When tempted no one should say, “God is tempting me.” For God cannot be tempted by evil, nor does He tempt anyone (James 1:13).” (Aronis, 2002:120)

Wanneer jy egter sterk gevoelens van vertroosting ervaar kan dit ook God se manier wees om aan jou leiding te gee in die neem van besluite. Net soos wat Hy gedoen het met Paulus in Handelinge 23:11, kom bied Hy hoop en bemoediging om jou op die regte pad te lei.

So, wanneer jy voor ‘n besluit staan wat jy meen binne God se wil val, en jy ervaar gevoelens van opwinding, vreugde en vrede, kan mens die aanname maak dat dit heel waarskynlik God is wat hierdie gevoel van “vertroosting” gee.

Maar dalk sien jy ook die gevaar hierin raak soos ek…. Ons gevoelens van “vertroosting” kan natuurlik ook maklik verdoesel wees agter verkeerde motiewe (2 Kor 11:14). Dit is belangrik dat die

Oop gesprek…

gevoelens van “vertroosting” oor ‘n moontlike besluit ons moet help om NADER AAN GOD en Sy WIL VIR ONS te beweeg, en nie ons aandag te laat afwyk op dinge wat nie tot Sy eer sal strek nie. Om hiermee te help, kan ‘n mens die bron van die positiewe gevoelens probeer onderskei; ondersoek die begin, die middel en die einde van die verloop van die positiewe gevoelens en gedagtes. Indien dit goed is en gerig is op dit wat ten volle reg is en tot God se eers strek, kan dit ‘n goeie aanduiding wees dat die positiewe gevoelens van die Heilige Gees afkomstig is. Maar gevoelens wat aanvanklik positief is, en later verander na negatiewe gevoelens wat maak dat ‘n mens minder vryheid ervaar om God se wil te doen en so die vrede en kalmte in jou versteur, kan ‘n aanduiding wees dat die aanvanklike gevoel van “vertroosting” van ‘n verkeerde bron af kom. Om op te som – wanneer dit kom by positiewe gevoelens, moet ‘n mens oortuig wees dat die gevoel van vertroosting nie begin, voortgaan en eindig in iets wat skade kan maak nie, maar eerder begin, voortgaan en eindig in dit wat ten volle goed en reg is.

In hierdieproses kan jy dalk vind dat, soos wat die tyd aangaan, jy by tye sterkna die een kant oortuig is, net om ander kere weer oortuig te wees na die ander kant toe. Maar soos wat jy ingestel bly op die beweging van God se Gees in jou, en jy aanhou om God te soek in ALLES, sal die stof gaan lê en sal die regte pad vorentoe vir jou duidelik raak. Dit vra egter geduld, deursettingsvermoë en toewyding om uit te vind wat God werklik van ons vra in spesifieke besluite.

Laastens help dit om die onderskeid te tref tussen “bloot die neem van ‘n besluit”/decision, en om doelbewus jouself oop te stel vir ‘n proses van “geestelike onderskeiding” /discernment. Eersgenoemde werk grotendeels met rasionele denke (feite en oorwegings), terwyl laasgenoemde gebaseer is op ‘n ingesteldheid op en sensitiwiteit vir die beweging van God se Gees in jou hart (terwyl dit nie jou kop en jou wil uitsluit nie).

Dit is uit die aard van die saak ‘n vaardigheid wat ‘n mens moet oefen. ‘n Mens kan nie hoop om “onderskeiding” as ‘n soort ”metode” te gebruik net wanneer groot besluite geneem word, terwyl dit nie ook deel is van die manier waarop jy daagliks leef nie.

Dit is iets wat ingeoefen moet word deur te begin net daar waar ons nou is – in die klein dingetjies wat ons daagliks tee kom.

Die beste hulpmiddel hiervoor, is om in die gewoonte te kom om aan die einde van elke dag, terug te dink oor die dag wat verby is, en sensitief te wees vir die plekke waar jy God ervaar het (of die plekke waar daar emosies – positief of negatief – by jou losgekom het). Dit is gewoonlik daar waar God met ons praat, sonder dat ons dit besef.

Deur te begin om raak te sien wat jou deur die loop van die dag aangeraak en in jou gees geroer het, is die beginpunt van die onderskeidings proses. Mettertyd sal ons begin sien hoedat God met jou begeertes werk en jou nooi om meer op sy leiding ingestel te wees en daarop te reageer. God sal nie van ons verwag om dinge te doen wat heeltemal buite ons karakter val nie. Die kere wanneer ons egter wel uitgenooi word om buite ons gemaksone op te tree, sal dit lei tot persoonlike groei eerder as onderdrukking, en sal Sy Naam daardeur verheerlik word.

Om groot besluite te neem, is die meeste van die tyd vreesaanjaend, maar dit is ook altyd ‘n geleentheid om jouself en vir God op nuwe maniere te leer ken.

Mag dit so vir jou wees.

Rupert de Koning

361 Km Monster, ‘n Geloofsreis - Hannes Gous

12 Mei 3 uur die middag in Oudtshoorn spring ons groep saam weg met ‘n klomp opgewonde mede deelnemers, ons is deel van ±400 hoopvolle fietsryers wat die monster van ‘n fietsry geleentheid aanpak. Dit is basies 361 km met ‘n bergfiets, op grondpaaie en 36 uur om dit klaar te maak. Gou besef ons die een gaan met uitdagings end at die weer nie gaan saamspeel nie. Dit reën aanhoudend en Oudtshoorn se grondpaaie verander gou in modder paaie wat die rit baie moeiliker maak.Ek en my mede ryer Ds Rupert, besluit ons gaan die pad saam aandurf. Alhoewel elkeen die rit op sy eie moet voltooi was die geselskap welkom.

Op 100 km kom ons nat en koud by ons 1ste punt waar ons moet aanmeld Ons het gelukkig ‘n ongelooflike ondersteunings persoon gehad naamlik Henry van Zyl. Sy plig was om ons by elke aanmeldingspunt te kry met ons warm klere en nodige goedjies. Hy was elke keer ‘n vriendelike gesig en baie hulpvaardig. Ons trek die aand 10 uur weg by ons 1ste aanmeldingspunt waar dit erg begin reën. Ek en Rupert kyk vir mekaar en sê kom ons herbereken ons tyds-beplanning. Ons wou graag die roete binne 24 uur voltooi, wat betken ons sou 3 uur die volgende middag in Oudsthoorn moet klaar maak, maar besef dat die elemente nie saam gaan speel nie.

Op 200 km kom ons Saterdagoggend 3 uur by ons 2de punt aan, nat en koud Henry ontmoet ons weer vriendelik en praat ons moed in. Ek dink hy kon sien ons het motivering nodig. Ek sê vir Rupert dat ek myself destyds in die weermag belowe het dat ek nooit weer so koud wil kry soos op De Brug in Bloemfontein nie en kyk nou, dit is amper kouer en ons het nog 161 km oor. Met dagbreek die Saterdag-oggend by ons 8ste waterpunt kyk ons vir mekaar en sê ‘ons het die nag oorleef’. Ons kry vining iets om te eet en drink en beur voort.

Op 242 km teen ‘n bultjie hoor ek ‘n klap geluid en besef my fiets is stukkend. Basies draai ek my fietspedaal maar niks gebeur nie. Ek sê vir Rupert my wedren is verby, hy is op sy eie. Ek’s oortuig dat Rupert, soos dit ‘n goeie dominee betaam ‘n gebed op gestuur het. Hy sê na ‘n paar minute ‘Hannes probeer weer’. Die fiets werk weer tot my verbasing Dit was nie 100% nie maar ons kon beweeg. Rooiberg oor kom ons 2 uur die Saterdagmiddag aan in Calitzdorp, Ons lywe is op en gemoed lag. Ons laaste skof van 80 km lê voor, 260 km in die bank. Ons klou vas aan die gedagte dat dit ons laaste skof is wat ons gaan aanpak.

Ons het egter nie besef ons werklike uitdaging lê nou voor nie. Na 5 km begin dit erg te reën, die grondpaaie raak ‘n modder gemors en amper onrybaar. Ons sukkel voort, en sê maar net elke keer vir mekaar ‘dit is wat dit is, JUST REMEMBER

THE GOAL ’ Ons het heeltyd vir mekaar gesê ‘kom ons kom net uit die nat klowe uit voor die son vir die 2de keer sak’, maar ongelukkig kon ons dit nie doen nie. Dit was ‘n hengse sielkundige uitdaging om te weet ons gaan nou die 2de nag in.

Die Saterdagaand 8 uur kom ons by ons laaste waterpunt aan, net 21 km oor. Ons besluit om ‘n lekker koffie te drink maar dit is so koud jy bewe meer uit as wat jy kan drink. Ons trek weg vol moed, en 500m later hoor ek net Rupert skree ‘Hannes stop! Ek het my ketting gebreek’. Ek dink toe ‘Dominee, regtig nou?’

Ons het die ketting in die donker reggemaak, ons liggies al flou Rupert kry sy enigste kettingskakeltjie uit en ons sê vir mekaar ‘moet dit nie verloor nie’

Wraggies! Daar val hy. Na 5 minute se soek besef ons dit is onmoontlik om dit te kry in al die modder, maar daar stop toe ‘n samaritaan. Hy sit sy lig aan en sonder om te soek tel Rupert die skakel op en hy help ons om die ketting reg te maak. 10 uur die Saterdagaand, 31 ure aan een op ‘n fiets, ry ons oor ons eindpunt, 361km per fiets, ons is deel van net 158 deelnemers wat dit kon klaarmaak, Ons was darem nie die enigste van Montagu wat dit al kon doen nie, Attie van Zyl was een en Kobus Brand wat dit in paar jaar voor ons al kon doen.

My emosies het oorgeloop, die 1ste ding wat ek wou doen is om vir Nelene te bel, maar toe sy optel loop die trane, al wat ek kon uitkry is,ONS HET DIT GEMAAK!

Die Sondagoggend sit ek en Rupert met ‘n koppie koffie en ons bedink oor alles, Ek sê vir Rupert dat die hele ervaring vir my ‘n SIELSREISwas. Daar het so baie dinge gebeur wat my net laat besef dat GOD ALTYD TEENWOORDIG IS, en soms op die mees onverwagste oomblikke.

My fiets wat gebreek het is ‘n voorbeeld, ek het die fiets ingestuur om reggemaak te word en die fietswinkel se antwoord aan my was ‘Hannes dit is onmoontlik dat jy ‘n meter verder sou kon ry, daai part wat gebreek het is totaal stukkend’. Die kettingskakel wat ons in die modder verloor het en die samaritaan wat net mooi daai oomblik daar aangekom het, en die feit dat ek en Rupert nie een oomblik gevoel het hierdie is onmoontlik nie, dit alles was vir my ‘n openbaring dat die Here sal voorsien ons moet net glo,Hy sal jou dra.

My les uit dit alles was nie dat ons so oulik was om dit te kon doen nie,vnee, dat niks is onmoontlik nie, al lê daar ‘n 361km uitdaging voor elkeen van ons, al voel dit soms of alles te veel raak, onthou behou geloof en die Here sal daar wees en voorsien. Dankie vir die geleentheid om dit te kon deel,en dankie weereens aan ‘n great ou wat ek die voorreg gehad het om dit saam mee te kon ervaar, Rupert de Koning, enige tyd weer saam jou!

Nuwe vriende

Die Nuwe Vriende gaan deur ‘n interessante fase. Daar word vriende groepe gevorm wat in pas by die doel van die groep. Die doel van die groep is om ‘n veilige en gesellige omgewing te skep waarbinne getroudes en enkellopendes gemaklik saam kan kuier. Tans kom ons elke Donderdag namiddag bymekaar soos vooraf gereel. Die maand word dan gewoonlik afgesluit met ‘n gesellige saamkuier en lekker ete. Daar is ‘n kampnaweek bespreek vir 29, 30 Sept en 1 Oktober. As jy ‘n kampeerder is, kom aan by ons. Enige persoon bo 60 is welkom om aan te sluit by die groep.

Ons het al die volgende terugvoer ontvang van ons vriende:

“Die vriende groep wat jy gereël het ‘n paar maande gelede, was werklik ‘n wenner. Dit is ‘n heerlike groep mense wat ek anders nooit sou ontmoet het. Sederdien het ek nog nie ‘n aand gemis nie. Baie dankie vir die stigting van hierdie groep.”

‘n Ander lid vertel: “Ek het agt maande gelede in hierdie mooi, skoon- en vriendelike dorp tussen die berge kom woon. Op my ouderdom is dit moeilik om nuwe vriende te maak. Ek is ‘n person wat baie gesels en glo hoe meer vriende, hoe groter is jou vreugde. My dogter het my vertel van die groep (ou) mense wat elke Donderdag bymekaar kom en dat ek soontoe moet gaan. My verbasing was groot toe ek met ope arms ontvang was en het sommer dadelik welkom gevoel. Dit is so lekker as jy in hierdie massiewe dorp van ons beweeg en jy sien ‘n bekende. Almal van ons het goeie waardes en daarom is ons soos ‘n famillie. Die een se seer is die ander se seer, en almal se vreugde”. Kontak inligting kan gerus by die kerkkantoor verkry word indien jy ook by ons groep wil aansluit.

Om by God te gaan sit en met Hom te kuier

Ann-Magriet Biehler - Vroue Retreat 2023

Vir elke vrou, was hierdie retreat ‘n welkome (en noodsaaklike!) geleentheid om, vir ‘n kort tydjie vry te wees van die veelvuldige en veelkleurige eise wat normaalweg deel van haar lewe is.

Hier, in die besonder mooi en rustige omgewing van die Andrew Murray Sentrum in Wellington, is ons begelei om tot rus te kom in die teenwoordigheid van die Here. En in die proses is ons innerlike kalmte te herwin.

Die tot rus kom en stil word deel is nogal moeiliker as wat ‘n mens dink! Die meeste van ons is so geoefen om nimmereindigend te praat of geraas om ons te hê, dat baie van ons eers half ongemaklik was net om regtig stil te raak.

As afgetredene, wat dus reeds in ‘n rustiger lewensfase is, was dit van groot waarde om te beleef, hoe ek my eie stiltyd by die Here, beter kan inklee en meer diepte kan gee, deur ál my sintuie by Hom te wees: ‘n spesifieke (gemaklike!) stoel, kerslig, ‘n vars blommetjie, ‘n gladde spoelklippie in my hand, mooi musiek... en dan net gefokus wees om die teenwoordigheid van my Vader te geniet. Ek glo, ons elkeen het teruggekom met dít wat die Here geweet het, ons nodig het.

Prison Child – deur Deonette

de Kock

“Heling is ‘n keuse,” sê Felica Goosen wat in ‘n Thailandse tronk gebore is.

Sy het vir baie jare met ernstige geestesgesondheidsprobleme gesukkel nadat sy as 3-jarige dogtertjie van haar ma, Vanessa Goosen in die Thaise, Lard Yao weggeneem is. Sy het by pleegouers groot geword. Vandag is Felicia ‘n vervulde, gelukkige jong vrou wat die Here leer ken het en terugploeg in die gemeenskap deur jongmense met hulle probleme te help.

Ek was gebroke. ‘n “Stukkende kind.” Haar oë is die kleur van molasse. Sy Introvert met ‘n warm hart, baie liefde en deernis vir ander. Sy dink ver terug wanneer sy alles herleef. Sy praat sag en rustig.

Toe Felicia Goosen (28) op ‘n brose 3 jaar haar ma Vanessa wat weens beweerde dwelmhandel tronk toe is, in Lard Yao-tronk in Thailand moes groet, het haar hart versplinter. Die reëls van dié tronk het bepaal dat ‘n gevangene se kinders slegs daar mag woon totdat hulle drie jaar oud is.

Felicia se ma se beste vriendin Melanie Holmes het klein Felicia daar kom haal. Die Holmesgesin sou haar voortaan as pleegouers bystaan.

Die pyn en verwerping het diep gesny. Maar die hoop het haar bygebly: “Mammie kom binnekort huis toe!”

Felicia het almal met haar glimlag gebluf. Sy het gevoel sy pas nêrens in nie. Haar groot wens was om soos ander kinders te wees, gelukkig en sorgvry.

En hoewel haar pleegpa Hilton en ma Melanie baie lief was vir haar asook haar sussies Lerell en Tatum, het sy menige aande haar kussing sopnat gehuil. Vanessa het briewe gestuur en kontak behou, maar Felicia se emosionele trauma het na haar aankoms in Suid-Afrika in liggaamlike simptome begin manifesteer. Sy het begin hakkel en erge beenpyne ontwikkel.

Vier keer het sy haar ma Vanessa in die tronk in Bangkok besoek. Net om daarna nog meer verward en getraumatiseerd terug te keer.

Die jong Felicia het op skool gesukkel om te fokus. Sy het toe selfdoodgedagtes begin kry. Sy was maar nege jaar oud. Vele uitdagings het op haar gewag: paniekaanvalle, selfskending, depressie en ‘n paar selfdoodpogings. Later het alkoholmisbruik gevolg.

Selfskending en depressie

Met die ontydige dood van haar pleegma Melanie, toe sy 15 jaar oud was, het Felicia se wêreld weereens in duie gestort. “Ek het gedink daar gaan ‘n deel van my. Ek het nie gedink dat die leegheid en eensaamheid wat toe reeds so deel van my was, kon vererger nie. Maar dit het,” onthou Felicia met traannat oë. Haar depressie en selfskending het hierna toegeneem. Sy het met haar vingernaels in haar kopvel gegrawe totdat dit bloei, sodat sy op haar skoolwerk kon fokus. Mettertyd het sy die inhoud van ‘n naelstelletjie gebruik om haar arm aan die binnekant te sny. ‘n Skêrtjie, naelknipper, ‘n naelvliesknipper en ‘n lemmetjie –afhangend van die soort emosionele pyn wat sy verduur het. Sy vertel: “Ek het myself altyd op dieselfde plek gesny omdat ek nie lelike letsels wou oorhou nie. Die pyn het my gehelp om ‘lewendig’ te voel. Dit het die adrenalien laat bruis, wat ek nodig gehad het om te kan voortgaan.

“Daarna het ek die verskillende stukke snygereedskap gesteriliseer, ‘n paar verbande gewas en die wonde skoongemaak. Ek het dit verbind en my arm probeer wegsteek.”

Wat gee jou hierdie vrede?

Na 16 jaar, 6 maande en 6 dae is ma Vanessa vrygelaat. Sy het na Suid-Afrika teruggekeer en Felicia het gehoop dinge sou voortaan anders wees.

“Maar dit was nie. My hele lewe het ek gewag dat die leegheid binne my sal weggaan. Maar nie net het dit gebly nie, dit het vererger.”

Felicia en Vanessa het nie dadelik aanklank gevind nie. Dit het baie jare geduur voordat hulle mekaar aanvaar het, besef dat hulle ten spyte van hul verskille, mekaar liefhet. Mettertyd het ‘n sterk vriendskapsverhouding tussen hulle ontstaan.

Intussen het Felicia haar pa Felix ontmoet en hom goed leer ken. Sy het besef dat sy meer na haar pa lyk en haar rustige geaardheid van hom en sy familie gekry het.

Na skool het Felicia ‘n BSc-graad in sielkunde en kinder- en jeugontwikkeling aan die Monash Universiteit in Roodepoort behaal. Maar haar geestesgesondheid was steeds nie na wense nie. Sy het te veel gedrink en met angs en depressie gesukkel.

Toe ontmoet sy iemand wat haar lewe radikaal sou verander Keila, ‘n student wat van Mosambiek kom. Keila het ‘n kalmte uitgestraal, ‘n soort vrede wat Felicia begeer het.

Felicia vertel: “Ek onthou die dag toe ek vir Keila oor ‘n koppie koffie vertel het dat sy iets het wat ek nie het nie, en dat ek dit bittergraag sou wou hê. Wat gee jou hierdie vrede?“ het ek gevra.

‘DIT IS JESUS’. “Toe antwoord sy: ‘Dit is Jesus. Ek het Jesus in my lewe’.”

Hoewel Felicia soos Keila wou wees, was sy lewensmoeg en het nie geweet hoe om haar lewe te verander nie. Die donker gat waarin sy haar bevind het, was te diep.

Maar op ‘n dag het haar ma vir haar gesê: “Felicia, jy moet nou besluit. Gaan jy hier sit en jammer voel vir jouself, of gaan jy opstaan en ‘n verskil maak aan jou lewe?”

Vanessa het Felicia van die Here vertel en wat Hy alles vir haar kan doen.

Felicia onthou: “Eers was ek kwaad. Wat weet my ma? Maar ek het ook besef dat ek ‘n laagtepunt bereik het en dat dit dalk ‘n goeie idee was om Jesus as ‘n opsie te probeer.

“Ek het besluit om Jesus in my lewe toe te laat en as dit nie werk nie, sal ek wel kan sê dat ek alles probeer het. Daarna sal ek die finale uittrede uit my uitputtende lewensreis beplan.”

Vanessa het Felicia na die Here gelei en sy het Hom as haar Verlosser aangeneem. Sy het begin om Bybel te lees. Sy het baie met die Here gepraat. Hierna het Keila ook haar geestelike mentor geword. Dit was nie ‘n maklike pad nie. Tog het sy hierdie keer hoop gehad. Sy kon in 2016, na 18 maande se probeer, dit regkry om op te hou drink. Vir die eerste keer sedert haar hoërskooljare. “Ek het besef dat ek nie nader aan God kan kom en steeds afhanklik van drank kan wees nie.” Intussen het Felicia ook met vergifnis gesukkel. Op ‘n dag lees sy toe wat Paulus aan die Kolossense skryf: ‘Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe’. (Kol. 3:13)

Om te vergewe, ook jouself

Daarop het Felicia besluit om almal in haar lewe te vergewe: haar ma Vanessa en haar pa Felix, haar pleegma Melanie wat haar in hierdie wrede wêreld agtergelaat het. Asook haarself.

Laasgenoemde was moeilik. Al die selfskending en die selfdoodpogings. Maar toe sy dit eindelik regkry, het sy baie ligter gevoel.

Felicia het by die jeug in townships betrokke geraak. Sy wou die jonges leer oor oor selfwaarde, oor persoonlike higiëne, oor vergifnis en liefde.

Omdat Felicia nie veel van haar besoeke aan haar ma in Lard Yao onthou nie, veral nie haar gevoelens tydens daardie besoeke nie, is sy op 24 saam met ‘n sendinguitreikgroep terug na Thailand.

“Sodoende het ek met alles rakende Lard Yao en die verlede vrede gemaak en aanvaar. Afsluiting en heling gevind. Ek het myself toestemming gegee om met ‘n ligte hart aan te beweeg, vry van al daardie negatiewe emosies.”

‘n Instrument in God se hande

Felicia het onlangs haar storie met Deonette de Kock gedeel wat haar boek, Prison Child, geskryf het en wat vanaf 1 Julie vanjaar landwyd by alle boekwinkels asook privaat by Deonette verky kan word.

Felicia se droom was om jongmense met hul emosionele nood te help sodat hulle kon aanbeweeg na ‘n stresvrye lewe. “Ek het besluit dat ek deur God geskape is vir hierdie soort work Dat ek waardig is om dit te doen, om ‘n instrument in God se hande te wees.”

In 2019 het Felicia haar privaatpraktyk, FG-wellness, van stapel gestuur. Hier volg sy holistiese benadering met beradingsessies vir die jeug. Omdat haar onderneming al hoe sterker gegroei het, kan sy deesdae haar praktyk aanlyn beoefen vanuit haar huis buite Johannesburg.

Sedertdien het ek nog nooit ‘n dag in my lewe gewerk nie. Om motiveringspraatjies te lewer waar ek my storie by skole kerke met jongmense deel en om my werk te doen, is my passie. My werk is my leefwyse en ek is gek daaroor!

Felicia dink diep na. “Die mens wat ek vandag is, is die gevolg van my genesing. Genesing is ‘n keuse, en ek moes daardie keuse maak.

“Psalm 147:3 het my op die pad na herstel bemoedig. Dit lui so: ‘Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde’.

Felicia leef vandag soos ‘n sorgvrye kind. Opgewonde en vol verwagting. “Want,” sê sy: “die lewe moet voluit geniet word. Elke oomblik moet gekoester word.”

JP Pienaar deel sy storie met ons

Hy was vir jare verslaaf aan dwelmmiddels, het onwettig perlemoen gesmokkel en was in en uit by gevangenis. Sy keerpunt was toe hy sy vrou ontmoet en die Here leer ken het. Onlangs is hy saam met sy babadogtertjie in die NG Kerk Montagu gedoop en leef nou baie na aan die Here. “Ek het met geen liefde grootgeword. En Jesus nie geken nie.”

Só gesels JP Pienaar (37), voorman-assistent van die plaas Buitenverwacht, Robertson oor sy grootwordjare in dieselfde dorp. Die lewe was vir hom van kleintyd hard en ongenaakbaar. Ouers wat te veel drink, baklei en geweld in die huis het hom rebels gemaak.

Hy straal die liefde van Jesus uit. Hierdie eens verwonde jongman wat vandag die Here as die middelpunt van sy lewe beskou en ‘n standvastige anker vir sy vrou Lizelle (31) en hul 1-jarige dogtertjie Johane, is. “Omdat ek nie in ‘n gelowige huis grootgeraak het nie, het ek alles beproef en verkeerde keuses gemaak.

“Ek was ongelukkig by my ouerhuis. Daarom het ek vroeg reeds begin eksperimenteer met dagga. ‘n Manier om van my omstandighede te ontvlug.” JP en sy boetie, Sean het dikwels weggehardloop van die huis as dinge te erg raak en eers ‘n paar dae later teruggekom. JP het ook kinders by die skool geboelie omdat hy seer gehad het.

JP se pa het die pot aan die kook probeer hou deur meganiese werk te doen. Toe ‘n vriend van JP se ouers Gansbaai toe trek, trek JP en sy broer saam. JP het die skool in Graad 9 verlaat en perlemoen geduik en onwettig gesmokkel. “Dit het vir ‘n tyd goed gegaan en ons het ons eie plek gekry. Maar toe begin ek eksperimenteer met sterker dwelms.

Hy het onder andere kokaïen, ecstasy, tik, mandrax en heroïen gebruik. Met die geld wat hy gemaak het met die onwettige perlemoenverkope, kon hy dwelms koop. “My werk was uitputtend en ek het tik gebruik om wakker te bly en energie te kry. Ek was heeltemal verslaaf daaraan. Die gebruik van dwelmmiddels het my beter laat voel oor myself.

“Ek is soms gevang omdat ek perlemoen smokkel en is ‘n paar keer tronk toe daarvoor. En sit vandag met baie tatoëermerke uit daardie tyd wat my skaam laat voel.

“Mettertyd het die perlemoen minder geraak en ons is weer tydelik terug na my ouers wat Paarl toe getrek het. Maar daar was nie plek vir ons nie en my broer en ek het weer op straat beland. Gebedel om aan die lewe te bly. Dit was bitter. Ons het net een dun kombersie gehad en dit was winter. Meestal in die parkie geslaap of in leë huise. Karre gewas om kos te koop asook dwelms.”

Een aand het hulle in die paadjie voor mense se huis in die yskoue gaan lê waar die eienaar, die volgende oggend amper oor hulle gery het. Nadat hy hulle storie gehoor het, het hy hulle slaapplek en werk gegee.

“Dit was my eerste ontmoeting met God. Ons het saam met hom die Here geloof en geprys. Maar na 8 maande het ons ons eie blyplek gekry. Weer het verkeerde vriende en ou gewoontes my laat terugkeer na dwelms. Ons kon nie meer huur betaal nie en ek is terug Gansbaai toe.”

JP het weer begin perlemoen duik. By ‘n man gebly wat ‘n dwelmslaaf was, maar darem ‘n dak oor sy kop gehad en kos gekry. Na twee jaar kry JP toe werk op groot skepe om langlyn vis te vang. Die kaptein van die een skip het JP onder sy vlerk geneem en huisvesting gegee. JP het toe tik en mandrax gebruik.

“Ek het net weer besef hoe groot God se genade is.”

“Die kaptein se vrou was vriende met ‘n meisie wat dikwels kom kuier het. Ek besef dat God hierdie meisie, ‘n engel na my toe gestuur het. Haar naam is Lizelle.” Maar Lizelle het aanvanklik glad nie belanggestel in JP nie, want sy leefstyl was onaanvaarbaar.

JP voeg by: “Daar was net iets omtrent Lizelle wat my laat besef het ek sal my slegte gewoontes onmiddellik moet stopsit. Sy is ‘n toegewyde Christen en het nie kans gesien vir my nie. Ek het vir die eerste keer liefde ervaar wat ek nie geken het nie. Dis iets wat ek begeer het.

“Lizelle het ‘n baie goeie hart. Sy is vir my beeldskoon. Ek wou haar nie verloor nie.” Na 16 jaar van dwelmmisbruik, het JP besluit om finaal op te hou daarmee. Lizelle voeg by dat hy gereeld getoets is om seker te maak daarvan. “Ek was gedetermineerd om finaal my verlede agter my te sit. Al het ek soms daarna kon ek die groot vraag vir Lizelle vra.

“Maar eers het ek die Here aangeneem en my hart vir Hom gegee. Lizelle en haar pa het my op die pad na die Here gelei. Sodoende het ek al hoe meer met God begin praat. Ek het die Here om vergifnis gevra en met my mond bely dat ek Hom aanvaar as my Skepper en Verlosser.

“Dit was asof ‘n berg van my skouers afgerol het en ek het soveel ligter gevoel. Ek het kort-kort die stem van die Heilige Gees gehoor wat vir my gesê het om nie terug te keer na my ou weë nie. Want ek ken al die afdraaipaaie.”

JP se skoonouers, diep gelowige mense, het hom van die begin af met ope arms in hul familie verwelkom en toegevou met liefde. “Ouerliefde wat ek nie geken het nie. Dit het my so aangeraak dat ek geweet het ek sal nooit weer terugdraai nie.” Lizelle voeg by: “’n Mens hoef nie veel tyd met JP deur te bring om te sien hoe sy hart eintlik is. My ouers het dit gou besef.”

“Ek is nou al 10 jaar skoon van dwelms. Ek dank die Here daarvoor asook vir hierdie nuwe lewe. Want intussen het die Here my geseën met ‘n werk, dak oor ons kop en ons eie kind. Die middelpunt van ons lewe. Die geboorte van Johane het my weer eens laat besef hoe dankbaar ek kan wees vir waar ek vandag is. Dis so ‘n groot seëning. “Ek wil van die begin af ons dogtertjie grootmaak met die Here in haar lewe en hope liefde. ‘n Voorbeeld vir haar wees en haar leer om die regte vriende te kies en regte keuses te maak.”

‘n Maand gelede is JP en Johane saam in die NG Kerk Montagu gedoop. “’n Baie spesiale geleentheid. Dit was so kosbaar. Ek het daardie dag weereens besef hoe groot God se genade is en het my geloofsreis in die kerk met die gemeente gedeel. “Ek voel vandag soos Paulus wat aanvanklik die Christene vervolg het, ‘n wrede man wat uiteindelik die Here ontmoet het en daarna ander mense na die Here gelei het. “Ek is steeds vandag nie perfek nie. Maar ek wil hê dat my lig vir ander mense moet skyn. Dat hulle Jesus in my lewe kan sien.”

Save the Date!

HUWELIKSVERRYKING NAWEEK

15 & 16 September ’23 NG

Kerk Montagu kerksaal

R100/paartjie

Ons nooi gesinne na ‘n heerlike Pitkosaand - ‘n 30-minute praatjie oor ‘n relevante onderwerp en daarna ‘n bring-en-braai vir die hele gesin!

Op Vrydag, 10 November het ons die voorreg om na Anriétte de Ridder te luister. Anriétte is ‘n predikant in Sinodale diens van die Wes-Kaap vir jeug-en-familiebediening en sy gaan praat oor HUISGELOOF.

Hoe doen ons deesdae huisgoddiens met ‘n generasie wat op ‘n ander manier leer en inneem? Hoe help ek my kinders om lief te raak vir die Bybel? Hoe bemagtig ek myself as ouer om verantwoordelikheid te neem vir my kind se geloofsvorming?

Anriétte se navorsing en ervaring gaan ons hiermee help!

DVB / GETUIENIS OPSOMMING VAN WERKSAAMHEDE:

• Kospakkies. – 16-18 persone kry maandeliks. Koopbewysstelsel werk goed. Maandelikse uitgawe ± R 8 800.

• DVB het brief aan Shoprite bestuurder gerig en gevra dat die probleem van lastige bedelaars aangespreek word.

• Pinksterinsameling het goed afgeloop.

• Huis B.- gaan normaal voort. Verjaardae / spesiale versoeke word hanteer soos dit gerig word.

• Gemeente is op hoogte gebring van aangepaste munisipale subsidie vir pensioenarisse.

• Griefshare - projek loop goed. Aankoop van nuwe materiaal is goedgekeur.

• Ons het oop gesprek met Sanja v/d Sande gehad. Sy bedryf ongeveer 12 projekte. Wou luister waar ons kan hande vat en duplisering uitskakel.

• Montagu Care sukkel om die koste van gas by sopkombuis te betaal. Sal luister wat gedoen kan word. Hulle verskaf tans kos 5 dae van die week aan 60-80 mense. (Pensioendae uitgesluit).

• Ons beplan om in gesprek te tree met alle gemeenskapsorganisasies ten einde duplisering te verminder.

GETUIENIS:

• Plaasskole rojek. Meer ondersoek gaan nog gedoen word.

• Plaaswerkersfunksies – skuif na later in die jaar.

• Plaaswerkersbediening – tans 11- 14 plase.

Benodig ondersteuning van boere in dié verband.

Wil graag meer plase bykry.

• Bybels uitgedeel.

• Groot vieringe rondom Bybelsondag hierdie jaar. Hierdie projek moet nog gefinaliseer word.

Ernie 082 809 3182 Pitkosaand Dagboek die datum
November 2023
Anriétte de Ridder
10
met

In Pas met die Lewende God

As jy hoor iemand praat van “in pas” wees kan dit dalk verskillende beelde na vore bring. Dalk herinner dit jou aan dril peloton, of dalk twee mense wat dans. Laasgenoemde is die beeld waarby ek graag wil aansluit.

Het jy al gekyk na twee mense wat “ball room dancing” doen – hoe hulle gesinkroniseerd in pas met mekaar dans. Hulle ken mekaar! En hulleken die passies van die styl waarop hulle dans... bv. die tango – “slow...slow...slow... quick, quick.”

Elke beweging, in pas met mekaar, tot so ‘n mate dat dit net ‘n plesier is om na hulle te kyk. En as dit gebeur dat een van hulle dalk êrens uit pas raak, is hulle so in aanvoeling met mekaar, dat hulle maklik en soomloos daarin slaag om te improviseer en verder te dans. Dit is hierdie beeld wat dien as inspirasie van die reeks waarmee ons tans besig is.

Waar het dit ontstaan?

Tydens ‘n Kerkraadsvergadering op 21 September 2022 het ons begin gesels oor wat dit van ons sal vra om ‘n gemeentete wees wat al hoe meer daarin slaag om so in pas met die Drie-Enige God te beweeg.

Om ons hiermee te help het ons vir ds. Gert Cordier genooi om op die 20ste November 2022 by ons ‘n erediens te kom waarneem. Ds. Cordier is deel van ‘n landwye werkgroep van die NG Kerk wat oor jare baie werk ingesit het in soortgelyke gesprekkein gemeentes oor Suid-Afrika. Na die erediens het ons saam met die Kerkraad en ander belangstellendes ‘n gesprek gehad oor hoe ons hiermee verder kan gaan. ‘n Kleiner groepie mense (‘n begeleidingspan van 10 in totaal, bestaande uit kerkraadslede en gemeentelede) het onderneem om, vir ‘n wegspring, weer bymekaar te kom en verder daaroor te praat en na te dink.

Begeleidingspan

Hierdie groep het sedertdien elke maand ontmoet. Van die eerste gesprek af was almal dit eens: “Ons wil nie ‘n strategiese plan uitdink wat ons in die gemeente wil implementeer met ‘n begin en einddatum en definitiewe uitkomste nie.” Wat ons eerder hoop gebeur, is dat ons oor tyd leer hoe om beter te hoor en te sien waarvoor God ons hier roep – in ons gemeente en in ons gemeenskap.

I.p.v. SWAT-analises doen, het ons met elke byeenkoms Lukas 10:1-18 saam gelees, met mekaar gedeel wat ons die Here vir ons hoor sê, en mekaar dan uitgedaag om self te gaan oefen om God beter raak te sien en raak te hoor daar waar ons elke dag beweeg – tot ons weer oor ‘n maand bymekaar kom.

Uiteindelik, tydens ons gesprek in Junie, het ons besluit om met die gemeente te deel wat ons glo ons by die Here hoor. Aanvanklik was die idee om dit tydens ’n gemeente-vergadering na afloop van ’n erediens te doen. Ons het egter daarteen besluit. Ons wou nie net inligting deurgee nie. Ons het besef, as gemeente, het almal kans nodig om, soos ons as groep, geleidelik meer bekend te word met die temas. Elkeen moet op sy/haar eie kans kry om daaroor te gaan nadink en dit self te verteer, en daarvoor is tyd nodig.

Dit is hoe die idee van ‘n preek-reeks1 ontstaan het. Ons kan oor 8 weke genoeg tyd by elke tema deurbring en so net die saadjie plant. Terwyl geen van hierdie temas as sulks nuwe idees nie, is die groepering daarvan as kenmerke van ‘n gemeente wat soek na God se wil, dalk ‘n nuwe idee.

Om daarmee te help het ons vir elke tema ‘n prentjie gegee wat dit probeer uitbeeld, ‘n week se padkos-boodskappe wat dieper probeer delf in die tema en weeklikse Huisgeloof-materiaal wat by die tema pas. Na elke erediens probeer ons agterkom hoe ons oor ons gemeente dink deur ‘n paar kort vrae te antwoord.

Ons hoop is dat, wanneer die reeks klaar is, die temas ook vir almal meer bekend sal wees, en ons stelselmatig daarop sal kan voortbou.

Ds. Lourens Bosman skryf hieroor soos volg (uittreksel uit die Kerkbode):

Die kerk beweeg nie na sy gestuurde roeping soos ʼn afdeling soldate nie. Dit lyk eerder soos ʼn trop buffels wat deur mopanie bosveld op pad is na hulle weiding. Buffels wat klaarmaak by die drinkgat, marsjeer nie in gelid na hulle weiveld toe nie. Hier staan ʼn klomp en wei, ander lê en herkou, kalfies drink aan hulle ma’s, ʼn klomp jongens toets mekaar se krag speel-speel. Die trop beweeg maar so geleidelik weg van die water. Party het al lankal klaar gedrink en is al ʼn ent weg, ander staan nog rondom die water. Die kerk se manier van beweeg is baie meer soos ʼn trop buffels as soos afgerigte soldaatjies. Daar is mense wat vir baie lank onder die bome staan en praat en dink en herkou, ander is oënskynlik met hulle eie goed besig, terwyl ʼn IN PAS ander groep al lankal die roeping verstaan en dit uitleef. Die werk van die leiers is om die trop op koers te kry en aan die gang te hou. Dit is die rede waarom doelgerigte strategiese beplanning en bestuur van ʼn gemeente net ʼn deel van die leierskap-prentjie is. Dit is nie onbelangrik nie, maar dit neem nie genoeg in ag dat ons in die kerk altyd met vrywillige medewerkers op pad is nie. Lidmate het net soveel nodig om gevoed en versorg te word as om saam te werk aan die roeping. Boonop reageer mense op verskillende maniere op verandering.

Die innoveerders hou van vernuwing en uitdagings, hulle loop sommer ver voor die trop uit en gaan probeer nuwe weivelde uit. Diegene wat nuwe dinge gou aanvaar en die vroeë meerderheid van die gemeente kom redelik gou aan boord en werk saam om die roeping te realiseer. (Hierdie groepe maak omtrent 50% van die gemeente uit.) Dan is daar diegene (omtrent 34%) wat vernuwing later aanvaar. Hulle is nie onwillig of weerstandig nie, dit neem hulle maar net langer. En dan is daar ook die mense wat niks van verandering hou nie en vernuwing nooit gaan aanvaar nie. Hulle is omtrent 16% van die gemeente. As ons nadink oor hoe om ʼn gemeente se gesig na die wêreld te draai, is dit goed om hierdie insig te onthou. Moenie dink mense wat later aan boord kom, is sommer net dwars en moeilik nie. Moet ook nie dink die innoveerders is die norm en dat almal so moet wees nie.

Goeie leiers is geduldig. Hulle weet: ʼn trop buffels beweeg stadiger, maar die trop loop saam. En te midde van al die rondmalery, hou die leiers koers. Goeie leiers weet waarheen God hulle roep.

(Lourens Bosman: Kerkbode)

1

Ons wil jou uitnooi om deel te wees van hierdie nederige reis waarmee ons begin. Nederig, omdat ons nie uit ons eie ‘n groot bohaai daaroor wil maak asof dit die begin en einde van kerkwees is nie, maar eerder omdat dit ‘n eerlike soek is na wat God van ons vra as sy kinders hier in hierdie omgewing waar Hy ons geplaas het. En ook nederig, omdat dit van ons gaan vra om oop koppe, oop harte en ‘n oop gemoed te hê sodat God deur sy Heilige Gees kan kom vorm en beweeg.

Rupert de Koning Ns. In Pas begeleidingspan

Ons almal droom van ‘n volgende generasie wat sal opstaan vir dit waarin hulle glo. ‘n Generasie met waagmoed, passie en ‘n liefde vir Jesus se kerk.

Dit is my voorreg om te getuig dat hierdie nie nét meer ‘n droom is nie, maar eerder ‘n droom bewaarheid wat ek met my eie twee oë beleef. Ek vertel jou graag!

Ons jongmense is nie meer tevrede met ‘n afgewaterde lessie, liedere wat oor en oor gesing word en ‘n maklike antwoord nie. Hulle delf diep, hulle vra die moeilike vrae en juis dit verdiep hul geloof.

Twee tieners, Liani en Suzaan, is betrokke by ons weeklikse KOFFIEKROEG (jeugaande vir tieners). Hulle kom vertel dat hul ‘n behoefte by laerskoolkinders raakgesien het en dat hul reken dit ‘n goeie idee sal wees dat ons nie net op Vrydae vir tieners moet regstaan nie, maar dat die laerskoolkinders ook op Vrydae ‘n jeugaksie moet hê. “…en moenie worry nie, óns sal dit aanbied.”

Dit was nie lank nie en die MILKSHAKE CLUB het ontstaan en by die eerste geleentheid daag daar 53 laerskoolkinders op – ons verwagtinge oortref!

Nét omdat twee gelowige tieners die Here se stem gehoor het en daarop reageer het. MILKSHAKE CLUB en KOFFIEKROEG is nou ‘n weeklikse instelling waar tientalle jongmense die evangelie ontvang.

https://youtu.be/FR_SOjGmqb4?si=t5Mc3R_wuZbKEfd-

Griefshare

IS DIT DIE MOEITE WERD OM GRIEFSHARE BY TE WOON?

Ons het pas weer begin met ‘n nuwe 13 weke GriefShare groep en as jy dalk nog wonder of die program jou dalk gaan help, stel ek ‘n paar van die groeplede voor wat die program die eerste semester bygewoon het aan die woord.

S moes haar dogter, wat baie na aan haar was groet. “Ek het nie gedink dat ek oor my dogter se dood sou kon kom nie. Met die hulp van GriefShare en die pragtige mense wat dit aangebied het, het ek baie herstel…maar al die eer aan ons Hemelse Vader! Hy staan my elke dag by. Ek is sterker en kan nou van haar praat sonder om in trane uit te bars. Ek voel so skoon van binne en kan werklik GriefShare aanbeveel.”

‘n Egpaar wat verskeie naby mense aan die dood afgestaan het gedurende die Covid tyd het die program saam bygewoon. Die man, K vertel: “Ek het gesukkel met daaglikse herinneringe aan geleefdes wat nie meer daar is nie en ek het gesukkel met die gevoel dat ‘n man nie mag huil nie. Ek het nie geweet wat om van so ‘n groep te verwag nie, maar het dadelik so welkom en op my gemak gevoel en besef die aanbieders weet waarvan hulle praat aangesien hulle self ook geliefdes aan die dood afgestaan het. Ons kon in die groep almal met vrymoedigheid oor ons gevoelens praat en ek het ervaar dat dit elke week beter en beter met ons gegaan het. Die seer het minder geraak en hoewel ek nooit van my mense, wat ek aan die dood moes afstaan, sal vergeet nie, het ek berusting gekry en kan met vrymoedigheid oor hulle praat.”

Sy vrou, E vertel: “Ek het my pa, ma broer, skoonsussie en 3 van my aangetroude familielede verloor. Dit was net asof dit nie gaan ophou nie.” Vir haar het die nuwe begrip van hoe die rouproses werk en baie praktiese wenke en raad baie beteken. Sy verwys na ‘n lang tonnel van gesond word met hoop, omdat sy in die boek wat sy weer en weer nadertrek elke keer nuwe liggies ontdek wat rigting en hoop gee. Sy verwys ook na hoe sy geleer het om op haar Almagtige Vader te vertrou as sy voel of sy nie self die pad kan loop nie en dat nodig het om te vrees met Hom by haar. “Die lewe gaan voort. Dit wat ons agter laat kan nie verander word nie en daarom kan ek nou meer praat oor alles en selfs grappies maak, sonder om te huil.”

A het ingeskakel omdat goed in haar lewe gebeur het wat haar opnuut laat sukkel het met aspekte van haar man se heengaan: “Die empatie en liefdevolle ondersteuning van die GriefShare fasiliteerders, tesame met die kursus inhoud, meelewing van ander groeplede en God se genade het my gehelp om die perspektief te ontwikkel wat ek so nodig gehad het.”

J het ingeskakel nadat haar man kort tevore oorlede is: “GriefShare het my opnuut bewus gemaak van die feit dat ons selfs in tye van hartseer en trauma, keuses het. Die keuses bepaal die rigting van die proses waardeur ons onvermydelik moet gaan na die verlies van ‘n geliefde. Die program neem jou op ‘n pad om tyd te neem om stil te word, introspeksie te doen en geleidelik deur elke stap van die proses te werk en soms te worstel. Jy leer dinge van jouself waarvan jy nie bewus was nie en sodoende word dit ‘n groeiproses.”

Elkeen se omstandighede is uniek.

Elkeen se manier van reageer op trauma en verlies is uniek.

GriefShare skep vir elkeen die geleentheid om unieke maniere te groei op ‘n pad wat nuut is en na die Lewe lei.

Kom skakel in op Woensdae tussen 18:00 en 20:00 waar ons met mekaar op reis is na genesing. Kontak Erika Jordaan nou by 0822188436.

Nuus van die Drafstapklub

Die Drafstappers was baie bedrywig. Die gebruiklike tee by die Paasmark is altyd iets besonders. Die uitstappie na die Natuurtuin moes weens swak weer gekanselleer word, maar ons kon tog later gaan. Altyd ontspannend.

Ons het Elana’s net buite Robertson besoek. Haar man het twee vraghouers in ’n oulike winkeltjie omskep waar sy haar konfyt en ander produkte verkoop. In die tuin het ons pannekoek met melktertvulsel geniet – heerlik.

’n Aangename oggend is by die elegante Vic Hotel deurgebring met ’n lieflike verskeidenheid eetgoed. Ansabé het ons behoorlik bederf. Daar was ook ’n modeparade wat ons op die hoogte gebring het van die jongste modes.

By die byeenkoms by Huis Uitvlucht het Reinach Janeke van Bierman & Janeke, ons plaaslike oogkundiges, beklemtoon hoe belangrik dit vir seniors is om gereeld hulle oë te laat toets. So kan oogsiektes betyds opgespoor word. Suster Painter het ook oor demensie kom gesels – iets wat maar by ons almal spook as die geheue ons so in die steek laat.

Nou sien ons uit na die Senior Week volgende maand.

Die klub is oop vir enigeen in die dorp ouer as 60, en ons nooi almal vriendelik uit om by ons aan te sluit. Daar is elke maand ’n byeenkoms by Huis Uitvlucht en een keer per maand ’n uitstappie vir diegene wat meer mobiel is.

Jeuk jou hande om iemand te help?

Huis Uitvlucht benodig vrywilligers wat Woensdae oggende kan kom help met hare was, asseblief

12 Ek sal soos ‘n herder wees wat na sy verstrooide kudde kyk. Ek sal my skape vind en red uit al die plekke

waarheen hulle verstrooi is op daardie donker dag van oordeel.

16 Ek soek na dié wat afgedwaal het en bring hulle veilig terug.

EsegiËl 34

Ek kan! – deur Ansebé

Ons moes ons sente omdraai as kind.

Maar die waardes en liefde waarmee ek grootgeword het, het my gevorm tot die mens wat ek vandag is. As een van vier kinders, is ons vroeg-vroeg geleer om te werk. Ons is streng grootgemaak.

My pa was ‘n treindrywer en het skofte gewerk, terwyl my ma die pot aan die kook gehou het. Ek het aan alles op skool deelgeneem, want ek wou graag hê mense moet my raaksien. Ek was ‘n gelukkige kind en het myself besig gehou met alles behalwe huiswerk. Ek het liewer rek gespring, “hop scotch”, bok in die hok, albasters en tol gegooi saam met die seuns.

Ek was van kleins af lief vir koekies bak, kosmaak en koesisters bak saam met my ma. Ek was tien jaar oud toe ek my eerste popkoek vir my eie verjaardag gebak het. En in Gr. 11 het ek my eerste troukoek vir ‘n vriendin gebak. Vaardighede wat ek by my ouma Joey en my Ma Christiana geleer het. Op skool het ek wel gevoel ek is nie goed genoeg nie. Maar dit het my deursettingsvermoë geleer en was vasberade om te weet EK KAN en sal my drome bereik.

Op skool het ek geleer as jy nie jou man kan staan en vir jouself baklei nie, sal niemand dit vir jou doen nie. Met ‘n tikkie koppigheid en baie selfsvertroue het ek die stof van my skooljare afgeskud en die lewe vorentoe stormgeloop. Vol moed. Vir twee jaar het ek by die poskantooor in Worcester gewerk, min verdien en swaar gekry. Ek het intussen ‘n pos aanvaar in Beaufort-Wes en het by Spoornet begin gewerk.

Op 21 jaar is ek getroud en ‘n pragtige dogtertjie, Joné, is gebore. Na twee jaar se stormagtige huwelik is ons geskei en toe het ek eers besef wat swaarkry is. Om as enkelma my kind alleen groot te maak, was werklik moeilik. Maar ek was gek oor my dogtertjie en wou net die beste vir haar hê. Die gemeenskap het my ongelukkig nie aanvaar in hulle sosiale groepe nie. Daarom het ek haar soms bederf deur een keer ‘n maand Wimpy toe te gaan en ‘n bordjie ontbyt gedeel.

Nadat ek bevordering gekry het by Spoornet, moes ek Paarl toe verhuis. Dit het beter met my gegaan omdat ek meer verdien het en goedkoop verblyf gekry het. Weereens het ek na nog ‘n bevordering teruggetrek Beaufort-Wes toe maar mettertyd beter voordele in Worcester by Spoornet gekry. Ek het in ‘n kwessie van elf jaar baie rondgetrek.

Ek het in die Kaap opgeeindig in die arbeidsverhurings bedryf en met die tyd myself weer in die huwelik begeef, nog ‘n pragtige dogtertjie Ann-Luméy ryker geword en weereens na twee jaar besef ek dat ek die verkeerde keuse gemaak het. Ek is weer geskei en moes weer die pad alleen aandurf saam met my twee dogters. Ek was finansieel beter af as voorheen maar emosioneel was dit moeiliker om aan te beweeg as vroeër. Met al die traumatiese gebeure met my tweede huwelik het ek dit moeilik gevind om mense te vertrou. Maar ek het besef EK KAN, want die Here gaan my weer hierdeur help. Dit was nie aldag maklik nie maar het net vorentoe gekyk en gefokus op my kinders se welstand.

Na ‘n paar positiewe beroepsskuiwe het ek in Montagu opgeeindig. Eers in die privaatsektor gewerk en naweke by die Village Market waar ek my eie tuisgebak verkoop het. Ek het vir 8 jaar daarna ‘n suksesvolle restaurant bestuur en toe 6 maande gelede ingeskryf vir die Kookpunt kompetisie wat op Via uitgesaai is. Hoewel ek nie eintlik kompeterend van aard is nie, was dit asof die Here dit op my pad gebring het. Ek het ook vertrou dat Hy my daarmee sou help. Tot my verbasing het ek met die wenprys van ongeveer R30 000 weggestap. Ek was totaal oorweldig en met nederige dankbaarheid gevul.

Die Kookpunt wen het my laat besef dat ek wel die vermoë het om my eie restaurant te open. Ek kry direk daarna toe wel die geleentheid om my eie restaurant te bedryf. Ek is nou al 7 weke by The Vic Restaurant en sover gaan dit baie goed. Ek is so geseën. Ek wil vir die Here baie dankie sê dat dit sover baie voorspoedig gaan en ervaar elke dag Sy krag. Ek neem niks as vanselfsprekend aan nie.

My boodskap aan ander is dus, MOET NOOIT OPGEE OP JOU DROME NIE. JOU TYD SAL KOM WANNEER DIT VIR ‘HOM’ DIE REGTE TYD IS. Byt vas en Glo!

Jy kan!

Basuin

Die volgende uitgawe sal begin Desember weer verskyn. Indien jy ‘n mooi verhaal het om met ons te deel of ‘n bydrae wil lewer,

kontak gerus vir Thea

theastopforth@gmail.com

082 855 2519

Ons hoor graag van jou!

Omgeebediening

Jy kan ‘n verskil maak. Raak deel van ‘n bediening wat omgee en uitreik na ouer mense, mense in nood en wat alleen is, asook mense wat hulp nodig het op ander gebiede.

Kontak die kerkkantoor by 023 614 1530

as jy graag wil betrokke raak

Oom Thys vertel

Oom Koos het op ‘n plaas gewoon. Elke maand as die diaken kom om die maandelikse bydrae op te neem gee Oom Koos vir hom ‘n tjek en elke keer “hop” die tjek by die bank. So gaan dit al vir jare aan. Die hoofouderling en die dominee besluit hulle gaan met Oom Koos praat. Hulle vra hom of hy nie maar liewers ‘n lewendige dier wil skenk nie, dan kan die dier met die basaar opgeveil en verkoop word. Oom koos belowe om ‘n jong vet ossie te skenk. Saterdag met die basaar is Oom Koos deur met ‘n spekvet ossie op sy bakkie.

Toe die bieëry begin bie Oom Koos op sy eie ossie. Die hoogste bod word op Oom Koos toegeslaan.

Hy laai weer sy ossie op sy bakkie en gee vir die dominee ‘n tjek.

Oom Thys, Huis Uitvlught

80+

Junie

Baie geluk!
4 Christina v d Westhuizen 12 Babsie de Bod 13 D von Wielligh 15 Hettie Gerber 19 Mart Kriel 27 Corrie Cronje 29 Hester Jarrad
Julie 3 Sakkie Jacobson 6 Petrus Warnich 6 Bertha Conradie 7 Lenie Crafford 8 Sakkie Laufs 14 Schalk Esterhuyse 14 Driekie Roodman 20 Joey le Grange 22 Elsabe Herbst 23 Errol Punt 23 Hamer v d Walt 24 Liz du Toit Francois Joubert Augustus 2 Jaco de Kock 5 Rita Fouché 6 Jean Vermeulen 11 Gys Immelman 16 Cienie Nothnagel 16 Cobus Uys 17 Johan le Roux 25 Kunz Schwarzkopf 29 Sarel Jansen v Rensburg 29 Johnny Verreynne September 2 Sophie Swart 4 Trix Pieterse 19 Maritjie Burger 10 Dora Verreynne 11 Marianne Meyer 11 Annette Spreeth 12 Boetie Jordaan 14 Katie v d Berg …September 18 Bettie Fouché 19 Niel Burger 20 Rita Bloem 22 Anita Punt 24 Elna Redux 25 Sankie Bothma 27 Susan v d Merwe 30 Rita Oktober Barbara Crafford Johan Verreynne Susan Pienaar Don Rittman Stoffel Vermeulen 15 Monica le Grange Erika Fourie 22 Sias Meyer 24 Anna Palvi 25 Susan Tawse 26 Daleen Roux 28 Tineke Zilverentant 29 Ria Stemmet 31 Pieter van Zyl November 1 Andre de Kock
Deoni Jansen v Rensburg 8 Danie Swanepoel 12 Kiewiet van Eck 16 Ar de Vries 16 Melt van Schoor 18 Pieter Burger 23 Ronel Jacobson 25 Paula Oberholzer 26 Barrie Beukes 27 Anna-Marié Richter 30 Jeanne Biesenbach
Verjaarsdae Augustus 14 Sarina Roux 24 Kellerman September 9 Rita Kriel 12 Ria Liebenberg Oktober 19 Liz Coetzee
Verjaarsdae
3
90+

INPAS MET DIE LEWENDE GOD: ‘N GESTUURDE GEMEENTE

Help die kleuters om hulle weg na die kerk te vind

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.