Rekord - Nigel & Heidelberg

Page 8

PAGE 8

NIGEL/HEIDELBERG REKORD - ONLINE EDITION www.rekord.org.za

31 MAY 2011

LEUENS! Die mens is so gemaak dat hy reageer op dit wat hy dink. ‘n Mens tree nie instinktief op soos diere nie, maar ervaar eers ‘n gedagte, voordat hy beweeg. Dit is om hierdie rede dat ‘n leuen so gevaarlik is. As jy ‘n leuen glo, tree jy dan verkeerd op, want jy glo iets is verkeerd. Indien iemand vir jou die verkeerde pad aanwys, sal jy nooit by jou verlangde bestemming uitkom nie. Indien iemand vir jou sê dat hy/sy vir jou lief is, sal jy sekere toegewings vir so ‘n persoon maak. So ‘n persoon sal dus spesiaal vir jou wees. Indien die persoon egter vir jou ‘n leuen vertel het, dan het daardie persoon daarin geslaag om jou te manipuleer en dit alles omdat jy die persoon geglo het. Talle mense is al op hierdie manier ‘uitgevang’; net om dit veel later uit te vind. Soos wat ‘n mens ouer word, word jy versigtiger, want jy vertrou nie meer maklik mense nie. Jy was al te veel kere die slagoffer van iemand se leuens. Die hele wêreld draai om leuens. Talle produkte word bemark met leuens. Jy betaal ten duurste net om later uit te vind dat die produk nie werk nie. Daar is sommige voedselprodukte wat bemark word as suiwer, voedsaam en gesond. Indien jy egter ‘n bietjie navorsing doen, sal jy uitvind dat baie daarvan leuens is. Talle mense het ook al miljoene rande verloor omdat hulle mislei is met een of ander slim leuen van ‘n groot renteopbrengs.

Dit raak al hoe erger, hoe meer ‘n mens hieraan dink. Ouers lieg vir kinders oor Vader Kersfees, paashase, tandmuise en koffie wat vlooie in die maag gee. Hollywood lieg vir kykers met Jurassic Park, Shrek en Spiderman. Universiteite lieg vir studente met die evolusieleuen dat ons voorouers almal ape was en dat die aarde miljoene jare oud is. Daar is bykans geen waarheid op aarde nie. Dit is beter om eerder na mense se optrede te kyk as om na hul woorde te luister. Politici sê een ding en doen dan ‘n ander ding. Elkeen van ons word feitlik daagliks belieg om selfsugtige redes. Dit gaan met ons almal so; en dit gaan ook in die hele wêreld so. En dan, die grootste leuen van almal..... Dat ons almal eendag hemel toe gaan, wanneer ons te sterwe kom...... Weet jy hoekom die hele wêreld om leuens draai? God se Woord, die Bybel, leer dat die hele wêreld in die mag van bose is (1 Joh. 5:19). Daar is net een bron van waarheid in hierdie hele wêreld en dit is die Bybel, God se Woord. Mense het oor die jare gewoond geraak aan al die leuens. Ons lieg meestal maar saam. As die onheil ons tref as gevolg van al die leuens, dan maak ons dit maar af as ‘slegte geluk’ of ons gee God die skuld vir ons teëspoed.

Ervaar die Verskil

31 MAY 2011

NIGEL/HEIDELBERG REKORD - ONLINE EDITION www.rekord.org.za

PAGE 9

LEUENS! Omdat ons al so gewoond is aan die leuens, is dit vir ons vreemd om die waarhede van die Bybel te glo. Vir talle van ons is die Bybel die leuen en die wêreld die waarheid! Ons sukkel om die Bybel te glo, want dit is so radikaal. Moet ‘n mens dan nie maar verstandig optree en onbevooroordeeld alles toets nie? Wat leer die Bybel? Wat leer die enigste Waarheid op aarde? Daar is ‘n God wat alles geskep het. God is so lief vir jou dat Hy nie wil hê dat jy verlore moet gaan nie. Jesus Christus het aan die kruis gesterwe en met SY lewe vir JOU betaal. Hy het die straf wat JOU toekom, op Homself geneem, sodat JY nou onskuldig voor God kan staan. Dit is Waarheid! Indien jy nie hierdie groot gawe in ontvangs neem nie, neem God aan dat jy nie belangstel nie en dan gaan jy verlore omdat JY dit verkies. Mense gaan hel toe omdat hulle dit so verkies! Om hierdie gawe in ontvangs te neem, staan bekend as BEKERING. Kyk na hierdie WAARHEID: “.......... Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat ALMAL tot bekering moet kom.” (2 Pet. 3:9) Hier staan dit duidelik: Die WAARHEID is

dat God JOU liefhet, MAAR dat jy SY groot Uitgawe Grootte in ontvangs moet neem en dit liefdesgawe Kleur staan bekend as BEKERING. Setter Proeflees Korreksies Rep

Het jy al tot bekering gekom? Wat leer die enigste Waarheid ons op aarde? Indien jy tot bekering gekom het, kan jy vir God enige iets vra en Hy sal dit aan jou gee. (Matt. 7:7). Indien jy tot bekering gekom het, sal God jou beskerm. (Ps. 91) Indien jy tot bekering gekom het, sal jy vir ewig lewe op ‘n nuwe aarde. (Openb. 21) Jy kan dus ‘n keuse maak: Die res van jou lewe onder die invloed van leuens of die res van jou lewe onder die invloed van die Waarheid. Daar is net twee weë; net twee paaie. Niks meer nie. Dit is òf die Waarheid òf die leuen. Dit is òf God se Koninkryk òf Satan se koninkryk. Daar is nie ‘n derde weg nie. Indien jy moeg is vir hierdie wêreld met sy leuens; indien jy verlang na die waarheid en ‘n lewe saam met ‘n God van Waarheid, kan jy nou ‘n keuse maak en na Hom toe draai. Gee jou lewe vir Hom soos wat Hy SY lewe vir JOU gegee het. Vir vertroulike gebed en navrae, skakel 083 267 6198

Ervaar die Verskil


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.