30 September 2014 VOL 10 NO 18
VIEW ONLINE @ www.rekord.org.za
Skokkende moord op pensioenaris ‘n Bejaarde man van Dunnottar is koelbloedig geskiet en die verdagtes is nog op vrye voet. Tjaard Booysens (61) se lewe is kort geknip nadat twee jeugdige boosdoeners vir hom en sy vrou Elma, by hul huis ingewag het te Barclay straat 27, Dunnottar op Vrydag 19 September omstreeks 20:00. Die egpaar het hul gunstelling restuarant besoek. Met hul aankoms by die huis het Tjaard na die kombuis gegaan, onderwyl Elma die hoenders buitekant versorg het. Een van die verdagtes wat naby die agterdeur geskuil het, het Elma onverwags oorrompel en Tjaart is by die kombuis ingewag. Die bure het Elma se noodkreet gehoor, waarna die 17 jarige Schalk ondersoek gaan instel het. Schalk het op die blompot teen die muur gaan staan om oor te loer. Hy merk toe dat ‘n onbekende jong man ‘n vuurwapen op Tjaard rig en hom skiet. Met Schalk se poging om oor die muur te spring is daar skote op hom gevuur. Intussen het Pieter Jordan, Schalk se pa onraad vermoed en besef dat daar groot
fout is. Hy het na buite gehaas om ondersoek in te stel. Skote is gevuur op sy seun en hy het onmiddellik besluit om bo oor die muur te spring om die Booysens gesin te hulp te snel. Nog twee skote het geklap en Pieter het ongedeerd daarvan afgekom. Die skelms het intussen die hasepad gekies. Pieter het vir Tjaard op die kombuisvloer aangetref waar daar duidelik 2 wonde sigbaar was. Tjaard is in die bors en been gewond en was nog by sy bewussyn. Pieter het hom gemaklik gemaak en probeer om die bloeding te stop. Intussen het Pieter se vrou Madeleine Jorden, die Brandwaghoof geskakel en die nooddienste ontbied. Gordon Fox bly net skuins oorkant die slagoffers se huis en was blits vinnig op die toneel. Polisie en noodpersoneel het na etlike minute opgedaag. Tjaard is na die Pholosong hospitaal geneem en het gedurende die aand aan sy wonde beswyk. vervolg bl 3
Agter links: Gordon Fox, Pieter en Scalk Jordan saam met Elma Booysens.