Bordkryt 2015 - Nommer 2

Page 1




4 | Die Bordkryt

Nommer 3 • Junie 2015

Gedigte uit die

Gedig

Charles Nieuwoudt My liefie mens... Ek het net een groot wens: dat jy altyd jou glimlag sal dra, nie net as ander daarvoor vra. Jou hart van goud sal deel met ander, al tref die hartseer jou soos ’n groot brander... Jou persoonlikheid sprankel uit jou uit om jou te ken, dra geen spyt! As daar een ding was wat ek graag sou wou doen, Is dit om jou onder sterre-maanlig te soen! Een uit ’n miljoen, jy is kosbaar, baie spesiaal. Ja, jy weet dit tog, jy is raar, jy is fenominaal! Jy is ’n realiteit, beter as ’n droom, my liefde volhard en is sterk, want saam bid ons vir Jesus se vlerk...

Feetjiekind, Huppelkind Danika Rossouw

Foto: Talitha Geustyn

Lees eers die boek voordat jy oordeel Annie Jongbloed

Sy straal van geluk terwyl sy in die tuin wandel en blommetjies pluk. In haar wapperende, vrolike pienk en geel rokkie lyk sy nes ’n dansende porseleinpoppie. Met haar wilde boskaas, heeltemal deurmekaar en uit plek, huppel sy met kaal voetjies al vroegdag deur modder gevlek. Oupa se kierriebeentjies-skewe toon-pippielangkous-huppelkind word gedurig in ’n modderbevlekte rokkie gevind. Ouma probeer so hard om haar feetjiekind skoon te hou, maar sy speel al vroeg in die oggenddou. Met handjies en mondjie, taai van oupa se lekkernye, wandel huppelkind tussen die kleurryke blomme en hardwerkende bye. Sy ruik aan elke blom onder die son. Sy vat en bevoel klippies, grondjies en stokkies terwyl sy ongemerk aan haar gesiggie vat, en wegvee aan die lastige lokkies. Die son skuif grasieus en geleidelik agter die donker wolke in… ’n Reëndruppel plons op feëtjiekind se kroontjie en smelt weg in haar woeste krullebol. Terwyl sy soekend opkyk in die lug plas daar ’n waterbesoeker op haar skewe toontjie. Nog ’n druppel val op haar voorkop en gly tot op die punt van haar neusie. Iewers in die hitte hoor sy daar sing ’n dankbare sonbesie. Ouma roep dat sy moet inkom. Agter die swart wolke skuil die skaam son. Die klein meisietjie ruik elke vallende reëndruppel, hoor en voel die gesuis van die wind terwyl sy huistoe huppel. As ek net kon terugkeer na ouma se feetjiekind, oupa se huppelkind… Maar sy is nêrens te vind. Stuur jou gedigte en gedagtes aan bordkryt@aros.ac.za Danika wen ’n oulike dagboek waarin sy nog meer gedigte kan neerpen vir die kreatiefste inskrywing van hierdie uitgawe

D

ie gesegde, "Don’t judge a book by it’s cover", is ’n spreekwoord wat so bekend onder ons is, dat niemand dit eers meer gebruik nie. Dit het ’n cliché geword - iets wat effens oor die muur is. Ek het egter vandag iets ervaar wat my weer laat besef het, moenie te haastig oordeel nie. Ek werk tans in ’n salon en ek kan jou nou sê, jy kry mense - en dan kry jy ménse... Daar maak vandag ’n vrou by my ’n afspraak, sommer vir later die dag. Toe sy inkom, het ek gewonder of sy ons van die straat af gebel het. Ek het lanklaas iemand so verslons gesien. Haar plastiese pienk oorbelle het glad nie by haar ou, oorgrootte, flou rok en plakkies "Ek het lanklaas iemand (wat ’n derde kleur is) gepas nie. Sy het ’n uitgewasde denimhandsak gehad, wat lyk soos die wat ons in Graad so verslons gesien. Haar 8 in kuns moes maak: kompleet met die blommetjies en plastiese pienk oorbelle knopies en al. Haar naels was heeltemal onversorg, sy het het glad nie by haar ou, nie ’n druppel grimering aangehad nie en mens kon sien sy het in ’n láng tyd nie haar hare gesny nie.

oorgrootte, flou rok en Toe ek egter na haar vorm kyk, sien ek sy het 'Medies' by plakkies (wat ’n derde kleur haar beroep ingevul. is) gepas nie." Effens geskok probeer ek agter die kap van die byl kom. Dit is net daar waar ek tot my skaamte agterkom, ek het hierdie vrou dadelik beoordeel op hoe sy lyk en nie wat ek van haar weet nie. En hoe verkeerd was ek nie...

Daar staan ek, in die salon, en praat met ’n vrou in haar 30’s, wat sopas as’n mediese dokter, vir ’n jaar lank in Antartika gaan werk het. Sy het inteendeel, net die vorige week teruggekeer en dit is tradisie - vertel sy my - dat die mans vir die hele jaar nie eenmaal hulle baarde skeer nie en die vrouens nie hul hare sny nie. Sy het haar beroep by die praktyk waar sy was, opgegee om dit te doen en sit tans sonder werk. Wie van ons kan sê dat ons iemand ken wat so iets gedoen het, of nog beter, dit self al gedoen het? Nadat sy weg is (met haar ou, wit Golf) kon ek nie help om selfondersoek in te stel nie. Wie is ék om myself beter of slimmer te ag as enige iemand anders? En dis nie eers asof mens aktief daaraan dink nie, dit gebeur heeltemal onbewustelik! Dis soos die ander Engelse spreekwoord wat sê: Looks can be deceiving. Hier sit hierdie vrou, nederig genoeg om nét neer te skryf ’Medies’ en weg te ry met haar ou, wit Golf. Daardie Golfie het my ’n les geleer die dag: moenie kyk na die onmiskenbare plastiese oorbelle nie en moenie haar op haar stokou rok takseer nie. Dit is nie dit wat jy buite sien wat saak maak nie, maar dit wat binne die hart is, wat tel.


Nommer 3 • Junie 2015

5 | Die Bordkryt

jou eksamenwenke

Swot, swot en swot nog meer 16 Eksamenwenke van Aros se slimmes

Jou beste is goed genoeg

Nadine Bakker

 Maak doodseker van die tye wat jy skryf en watter vak jy skryf.  Woon klas by.  Leer! Selfs al dink jy dit is maklik... Andrea Roos (Alumni-student)

 Drink nou al vitamines dat jy gesond kan bly.  Begin vroegtydig leer, langtermyngeheue is meer betroubaar.  As jy twyfel oor die antwoord van ’n vraag, los dit eers oop en beantwoord dit later.  Die eerste antwoord wat jy neerskryf is meestal die regte een.  Spandeer meer tyd aan die vrae waarvan jy die antwoord goed ken as wat jy tyd mors op vrae wat jy nie so goed geleer het nie. Kariena Smit (Aros dosent)

 Doen beplanning in elke vak, sodat elke vak genoeg aandag kry.

Die TOP 10 van 2014 DIE TOP 10 van 2014 word vir die eerste keer in Die Bordkryt bekendgemaak. Eerstejaar 1 2 2 3 4 5 6 7 8 9 10

Student Van Eeden, H Mev Nederveen, JM Mnr Van Staden, CC Mej Wehrmann, C Mev Hougaard, T Mej Oosthuizen, LM Mej Wassermann, I Mej Kachelhoffer, B Mej Serfontein, BJ Mev Rademan, R Mej De Bruyn, A Mej

Persentasie 90.42% 89% 87.58% 86% 85.5% 85.42% 85.33% 84.92% 84.08% 83.83% 83.67%

 Moenie lank wag voor jy begin leer nie.  Bly opgeruimd en moenie jouself afskeep nie.  Vat gereeld blaaskanse, sodat jou brein nie oorrompel word nie.  Sorg dat jy al jou leermateriaal bymekaar het, sodat jy net kan begin leer.  Begin ’n studiegroep sodat jy saam met ander mense kan leer.  Maak rympies as daar baie stappe is om te onthou.  Neem jouself op waar jy jou leerwerk opsê, sodat jy dit later kan luister. Lizenka Tijsen (Vierdejaarstudent)

Tweedejaar 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 10

Student Houman, L Mev Kahts, S Mej Krüss, CC Mej Visser, L Mev Visser, S Mej Oberholzer, S Mej Els, MM Mev Smit, S Mej Janse van Rensburg, HC Mej Swart, S Mev Camacho, D Mej

Persentasie 86% 85% 84.82% 82.73% 82.18% 82.09% 80.83% 80.45% 80.36% 79.18% 79.18%

Derdejaar

Kontakbesonderhede SR en HK’s Studenteraad e-pos: sr@aros.ac.za Voorsitter: Cassien Harmsen 0748232288 Concordia e-pos: concordia@aros.ac.za Primaria: Lizenka Tijssen 0726490676 Die Rigters e-pos: rigter@aros.ac.za Primarius: Jaco Behrens 0607338541

1 2 3 4 5 6 6 8 9 10

Student Greeff, L Mej Barnard, CP Mej Kachelhoffer, M Mej Van den Heever, J Mej Van Aswegen, BD Mej Fourie, L Mej Vermaak, T Mej Van Staden, J Mej Fourie, W Mej Van Dyk, C Mej

Persentasie 84.82% 84.1% 82.64% 80.82% 80.43% 80% 80% 79.64% 79.45% 78.67%

Cecilia Janse van Rensburg SR: Akademie

H

et jy al gewonder hoe ’n mens iemand se beste sal kan bepaal? Het ons as mens die vermoë om die beste van elke 'individu' te meet? Wanneer ons vir onsself óf vir ander lewe en goed doen, sal dit nooit goed genoeg wees nie. Maar wanneer jy jou beste doen vir God, dan sal jou beste goed genoeg wees. Mense kan nie in jou hart inkyk en dit lees nie, maar God kan. Dawid sê in Psalm 139:12: “Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, u weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.” Ek dink wel dat ons as mens kan weet wanneer jy nié jou beste gedoen het nie. Jy weet wat jou motiewe was: miskien het jy dit gedoen vir die aansien van mense of miskien gee jy nie om wat die mense dink nie en bring dalk glad nie jou kant nie. Paulus leer ons in Kolossense 3:23, “En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.” Wanneer ons vir God werk, gaan ons, onself beter van ons taak kwyt. God het vir elke mens op aarde ’n roeping gegee en as jy versuim om jou roeping uit te leef, dan is dit sonde. Vir ons, as studente by Aros, is dit deel van ons roeping om te studeer. Miskien is jy getroud en het kinders, dan is dit ook deel van jou roeping. God gee nie vir almal dieselfde roeping nie, daarom gee Hy ook nie vir almal dieselfde talente en gawes nie. Hy het elke mens presies gemaak soos wat Hy dit beplan het, “want ons is Sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.” (Efésiërs 2:10) Eenmaal was daar ’n onderhoud met ’n Olimpiese duiker gevoer, waar daar vir hom gevra is wat deur sy gedagtes gaan as hy (net voor hy moet duik) daar bo op die duikbalk staan. Hy antwoord toe: “ek herinner myself daaraan dat my ma my liefhet. Dit maak nie saak hoe goed of sleg ek duik nie… sy sal steeds vir my lief wees.” As Christen kan ons ook berusting vind in die wete dat God ons liefhet selfs in ons gebrokenheid. “Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie” (Rom 8: 3839). Dit verander nie die feit dat ons, ons kant moet bring nie, ons moet juis ons allerbeste gee, want ons doen dit nie vir mense nie, maar vir God wat ons onvoorwaardelik liefhet.









Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.