Studentegelde Gids 2015

Page 1

BETAALBARE GELDE EN FINANSIテ記E REテ記S 2015

1


BETAALBARE GELDE EN FINANSIËLE REËLS INHOUDSOPGAWE

BLADSY

1.

ALGEMENE INLIGTING................................................................................................ 2

2.

BETAALMETODES...................................................................................................... 2

3.

HOE U KAN BETAAL................................................................................................... 2 &3 3.1 Studentegelderekening – beskikbaarheid................................................................ 2 3.2 Studentegelderekening – algemeen........................................................................ 2 3.3 Vroeë vereffeningskorting................................................................................... 3

4.

VASSTELLING VAN BETAALBARE GELDE............................................................................ 3

5.

KONTRAK EN FINANSIëLE AANSPREEKLIKHIED.................................................................... 3

6.

REGISTRASIEGELDE..................................................................................................... 3 6.1 Registrasiedatums.............................................................................................. 3 6.2 Bedrae............................................................................................................ 3 6.3 Laat registrasie................................................................................................. 3

7.

BETAALBARE GELDE....................................................................................................4 & 5 7.1 Verdere gelde betaalbaar teen datum van registrasie................................................. 4 7.2 Beraamde studiegeld (klasgeld)............................................................................. 4 7.3 Bykomende en/of –sleepmodules........................................................................... 4 7.4 Heffing op klasgelde........................................................................................... 4 7.5 Bykomende betaalbare gelde................................................................................ 4 & 5

8.

HANDBOEKGELDE....................................................................................................... 5

9.

KREDIETBALANSE....................................................................................................... 5 9.1 Algemeen........................................................................................................ 5 9.2 Beurse............................................................................................................ 5

10. GELDE BETAALBAAR IN GEVAL VAN KANSELLASIE/TERMINERING VAN STUDIES............................ 6 11. AGTERSTALLIGE GELDE................................................................................................ 6 10.1 Algemene reëlings........................................................................................................................... 6 10.2 Remedies tot Aros se beskikking in die geval van agterstallige-/uitstaande gelde............... 6

2


1.

ALGEMENE INLIGTING Korrespondensie in verband met finansiële aangeleenthede moet gerig word aan: Die Afdelingshoof Afdeling: Finansies Aros Posbus 31120 TOTIUSDAL 0134 Navrae oor studentegelde kan soos volg gerig word aan die Finansies Afdeling: Persoonlik: Administrasiegebou (Besembos) op die kampus Tel: 012 332 3227 Faks: 012 332 3266 E-pos: studenterekeninge@aros.ac.za

2.

BETAALMETODES 2.1 2.2 2.3 2.4 2.5

Kontant Direkte bankoorplasings Elektroniese oorplasings deur die internet Krediet- debietkaarte (Afdeling: Finansies Administrasiegebou (Besembos) op kampus Tjeks (Moet gekruis, “Nie Oordraagbaar” gemerk word en aan die “Aros” betaalbaar gemaak word) Indien ’n bank die betaling van ’n tjek weier, sal ’n administrasiefooi van R200 teen die student se studentegelderekening gehef word en geen verdere tjeks ter betaling van sodanige student se gelde sal aanvaar word nie.

Vir direkte bankoorplasings en elektroniese oorplasings deur die internet geld die volgende bankbesonderhede: Naam: Aros Bank: Absa Rekeningnommer: 407-653-0257 (tjekrekening) Takkode: 632005 Verwysing: Student se studentenommer 3.

HOE U KAN BETAAL 3.1

3.2

Studentegelderekening – beskikbaarheid: Teen einde Februarie word ʼn volledige studentegelderekening vir die akademiese jaar per e-pos of per pos aan die rekeningpligtige gestuur, afhangende van die voorkeurmetode van versending soos dit aangedui is in die aansoekvorm om toelating. Studentegelderekening – algemeen: 3.2.1 Paaiemente is stiptelik op die vasgestelde datums betaalbaar (ook om rentetoevoeging te voorkom), selfs al het u nie u rekening ontvang nie. 3.2.2 Let daarop dat dit u verantwoordelikheid is om ʼn rekening aan te vra indien u nie een ontvang het nie. Aros aanvaar nie verantwoordelikheid daarvoor as ʼn rekening nie ontvang is as gevolg van bv. die verskaffing van ʼn foutiewe adres, of die moontlike foutiewe hantering deur die posdienste nie. Die argument dat geen rekening ontvang is nie, sal dus nie as verweer aanvaar word daarvoor dat die rekening nie teen die vasgestelde datum vereffen is nie. 3.2.3 Die rekening moet betaal word in vier (4) paaiemente. Hierdie betaalwyse geld by verstek Indien u nie die volle bedrag voor of op die laaste dag van Februarie vereffen nie. Die vasgestelde paaiemente moet voor of op die onderstaande datums betaal word:

3


3.3

30 April

Minstens 25% van totale rekening

30 Junie

Minstens 50% van totale rekening

31 Augustus

Minstens 75% van totale rekening

31 Oktober

100% van totale rekening

Vroeë vereffeningskorting: Indien die volle studiegelde VOOR OF OP EINDE FEBRUARIE betaal word, word ʼn korting van 2.5% op die studiegelde (slegs die klasgeld) toegestaan indien die rekeningpligtige die nodige bewys van betaling verskaf aan die Finansies Afdeling om dit te verwerk. Die volle bedrag studiegelde (klasgeld) vir die betrokke jaar moet eers betaal word alvorens die versoek om korting verwerk kan word en die 2.5% kortingsbedrag op die rekening gekrediteer word. Die korting mag dus nie deur die betaler op die volle bedrag bereken en daarvan afgetrek word nie.

4.

VASSTELLING VAN BETAALBARE GELDE Die betaalbare gelde en die bedrag daarvan word deur die Uitvoerende Bestuur (UB) van Aros bepaal en die UB behou hom die reg voor om hierdie gelde en bedrae jaarliks te wysig.

5.

KONTRAK EN FINANSIëLE AANSPREEKLIKHIED Die kontrak wat deel vorm van die aansoekvorm om toelating asook die daaropvolgende registrasiedokumente wat onderteken en ingehandig word, verbind die student en/of sy/haar wettige voog/die rekeningpligtige, onder andere, tot betaling van die volle klas- en ander gelde soos deur Aros vir enige bepaalde jaar van registrasie vasgestel. Die student en/of sy/haar wettige voog/die rekeningpligtige se aanspreeklikheid vir die betaling van studie- en ander gelde word nie geraak of verminder deur die student en/of sy/haar wettige voog/die rekeningpligtige se onkunde ten opsigte van die inhoud van hierdie dokument nie. Die bepalings van hierdie dokument word, wanneer die voormelde registrasiedokument onderteken en ingehandig word, deur middel van verwysing by die kontrak tussen Aros en die student en/of sy wettige voog/die rekeningpligtige geïnkorporeer.

6.

REGISTRASIEGELDE 6.1

6.2

6.3

Die amptelike datums vir registrasie as student vir die jaar is verskillend vir eerstejaar- en terugkerende voorgraadse studente. Raadpleeg asseblief die kennisgewing oor registrasie wat aan u gestuur is. Dit is verkieslik dat die registrasiegeld minstens drie (3) dae voor die datum van registrasie ontvang word. Registrasiegelde is jaarliks betaalbaar en beloop soos volg: Alle studente wat vir volle akademiese jaar registreer

4-Jaar program

R3 500.00

6-Jaar program

R2 350.00

Studente wat vir 3 modules of minder registreer

4-Jaar of 6-Jaar program

R1 000.00

Registrasie na die amptelike sluitingsdatums vir registrasie is, bo en behalwe die registrasiegelde hierbo, onderhewig aan ’n laat registrasieheffing van R500.00 Geen student sal toegelaat word om te registreer indien die registrasiegeld en alle agterstallige bedrae op die studentegelderekening vir die voorafgaande jaar nie ten volle betaal is nie. Studente wat ’n skriftelike bewys van ’n goedgekeurde beurs inhandig kan vrygestel word van die betaling van die registrasiegeld voor datum van registrasie mits die beursbedrag voldoende is om die registrasiegeld te dek. Aros prestasiebeurse kan nie aangewend word as betaling van die registrasiegeld nie. Registrasiegelde sal slegs terugbetaal word indien die student binne 5 werksdae na datum van registrasie sy/haar studies staak deur middel van ’n skriftelike kennisgewing aan die Registrateur.

4


7.

BETAALBARE GELDE 7.1

Verdere gelde betaalbaar teen datum van registrasie: Eerstejaar studente

Terugkerende voorgraadse studente

Aansoekgeld tot en met 31 Oktober 2014

R250.00

Nul

Aansoekgeld vanaf 01 November 2014

R500.00

Nul

Eerstejaarskampgelde*

R600.00

Nul

HESA aansoekgelde – Betaalbaar deur alle studente wat graad 12 nie met volle vrystelling geslaag het nie. Aansoek moet by HESA gedoen word dat die student wel met graadstudies kan voortgaan onderhewig aan sekere voorwaardes

R450.00

Nul

Beskrywing

*Betaalbaar deur alle eerstejaarstudente, behalwe studente wat skriftelik vrygestel word van bywoning van die kamp en studente wat, op grond van hulle ouderdom (25 jaar plus), outomaties vrygestel word van bywoning van die kamp. Dit is die student se verantwoordelikheid om die skriftelike bewys dat hy/sy vrygestel is van bywoning van die kamp aan die Finansies Afdeling te besorg word ten einde die kampgelde, indien dit reeds op die studentegelderekening gehef is, terug te skryf. 7.2

Beraamde studiegeld (klasgeld): Jaarvlak

7.3

7.4

7.5

4-Jaar Program

6-Jaar Program

Jaar 1 studente met volle vrystelling

R25 500.00

R17 850.00

Jaar 1 studente sonder volle vrystelling (Brugmodules)

R29 825.00

R22 175.00

Tweedejaars

R28 050.00

R15 300.00

Derdejaars

R28 050.00

R17 850.00

Vierdejaars

R24 225.00

R16 575.00

Vyfdejaars

Nul

R20 400.00

Sesdejaars

Nul

R17 850.00

Die bogenoemde bedrae word gegee as ʼn riglyn van wat studiegelde per jaar min of meer beloop. ’n Meer volledige uiteensetting kan in die vorm van ’n kwotasie verkry word vanaf die Finansies Afdeling. Bykomende en/of –sleepmodules: Alle studente wat kwalifiseer vir die neem van bykomende modules asook studente wat besig is met die opvang van hulle studies kan, bo en behalwe die voorgeskrewe modules in die kurrikulum, met toestemming vanaf die Registrateur sodanige bykomende- en/of sleepmodules neem en betaal die normale gelde wat vir sodanige modules gehef word. Heffing op klasgelde: Daar word van studente verwag om die kursus binne vier (4) jaar of binne ses (6) jaar te voltooi na gelang van keuse om die 4-jaar of 6-jaar program te doen. ’n Student sal toegelaat word om twee (2) jaar by te las tot die normale studietydperk teen betaling van geen ekstra vergoeding. Indien hierdie tydperk verder verleng moet word, dan sal ’n 30% “laatblyer” boeteheffing per module gehef word. Bykomende betaalbare gelde: Beskrywing

Betaalbaar deur

Beraamde Bedrag

Akademiese rekords – Alle studente sal drie (3) uitdrukke van sy/haar volledige akademiese rekord ontvang, sonder betaling. As enige verdere uitdrukke verlang word, moet dit skriftelik by die Registrateur aangevra word. ’n Verdere drie (3) uitdrukke sal dan aan die student verskaf word teen betaling

Alle studente

Amanuensis

Kwalifiserende studente

R50.00 per uur

Assessorskursus

Alle vierdejaars

R900.00

R100.00

5


8.

Basiese bevestiging van kwalifikasie en datum van graduering Wanneer gepos of elektronies versend moet word, geskied dit sonder koste, maar as die student se akademiese rekords sodanige bevestiging moet vergesel, Sal dit gedoen word teen betaling

Aros graduandi

R50.00

Duplikaat graadsertifikate word uitgereik wanneer skriftelik daarvoor aansoek gedoen word. ’n Beëdigde verklaring, afgelê voor ‘n kommissaris van ede, tot die effek dat die oorspronklike vernietig is of verlore geraak het, moet die aansoek vergesel

Aros graduandi

R300.00

Hereksamengelde

Kwalifiserende studente

R200.00 per vraestel

Hermerk van vraestel

Studente wat daarvoor aansoek doen

Heruitreik van registrasiesertifikaat

Alle studente

R50.00

Heruitreik van studentekaart

Studente wat daarvoor aansoek doen

R100.00

Heruitreik van verlore HESA sertifikaat

Studente wat daarvoor aansoek doen

R200.00

Kultuurkursus – Verpligtend om Onderwysspraktyk module te slaag - nie verpligtend om deur Aros te doen nie

Alle tweedejaars

R600.00

Module erkenningsgelde – Studente kan op die voorgekrewe vorm aansoek doen vir erkenning van vorige leer

Studente wat daarvoor aansoek doen

R200.00

Noodhulpsertifikaat – Verpligtend om Onderwysspraktyk module te slaag - nie verpligtend om deur Aros te doen nie

Alle studente

R600.00

Sportkursus - Verpligtend om Onderwysspraktyk module te slaag - nie verpligtend om deur Aros te doen nie

Alle studente

R600.00

Studente wat nie opdaag vir geskeduleerde praktiese assessering (kritles)

Alle studente wat nie opdaag nie

R500.00

R200 per vraestel

HANDBOEKGELDE Handboeke kan op krediet aangekoop word en teen die studentegelderekening gefaktureer word. Bedrae verskuldig ten opsigte van handboekgelde moet binne dertig (30) dae na fakturering daarvan ten volle vereffen word.

9.

KREDIETBALANSE 9.1

9.2

Algemeen: Wanneer kredietbalanse as gevolg van oorbetaling op studentegelderekeninge ontstaan, word dit op aanvraag uitbetaal, slegs indien die volledige bankbesonderhede van die begunstigde (ingevul op die voorgeskrewe vorm) ontvang is. Die vorm is verkrygbaar van die Finansies Afdeling en op http://www.aros.ac.za onder “Betaalbare gelde en Finansiële Reëls”. Beurse: Alle beurstoekennings wat deur Aros ontvang en geadministreer word, sal in die studentegelderekening van die betrokke beurshouer inbetaal word. Kredietbalanse wat op die studentegelderekeninge van beurshouers ontstaan nadat die bedrag wat vir die betrokke akademiese jaar aan Aros verskuldig is, betaal is, word slegs uitbetaal met skriftelike toestemming van die betrokke beursinstansie. Beurshouers moet self met beursinstansie reël om skriftelike toestemming te verleen dat kredietbalanse uitbetaal mag word.

6


10. GELDE BETAALBAAR IN GEVAL VAN KANSELLASIE/TERMINERING VAN STUDIES (STAKING VAN STUDIES) Indien ʼn student sy/haar studies geheel en al staak en/of sekere modules staak moet die Registrateur skriftelik in kennis stel van sodanige besluit, met verstrekking van redes, en indien hy/sy nog nie die ouderdom van een-en-twintig jaar (21) bereik het nie, moet sodanige kennisgewing die handtekening van sy/haar wettige voog bevat. Die volgende studiegeld is onmiddellik betaalbaar indien ʼn student sy/haar studies geheel en al staak en/of sekere modules staak. Dieselfde beginsel word toegepas waar Aros die student weens bepaalde redes skors of sy/haar studies termineer as gevolg van swak akademiese vordering: Datum van staking Voor of op 28/29 Februarie Voor of op 31 Maart

Persentasie van studiegeld/modulekoste betaalbaar Nul 12.5%

Voor of op 30 April

25%

Voor of op 31 Mei

37.5%

Voor of op 30 Junie

50%

Voor of op 31 Julie

62.5%

Voor of op 31 Augustus

75%

Voor of op 30 September

87.5%

Voor of op 31 Oktober

100%

ʼn Student wat Aros verlaat sonder om sy/haar studentegelderekening ten volle te vereffen, is aanspreeklik vir betaling van saamgestelde rente teen ’n rentekoers gelykstaande aan die heersende prima uitleenkoers van Absa op die uitstaande bedrag, bereken vanaf die datum waarop hy/sy Aros verlaat het. 11. AGTERSTALLIGE GELDE 10.1

10.2

Algemene reëlings: Rente teen ’n rentekoers gelykstaande aan die heersende prima uitleenkoers van Absa sal gehef word op bedrae wat nie op die betrokke datums onder 3.2.3 hierbo betaal is nie, welke rente gehef sal word vanaf die datum waarop die bedrae betaalbaar sou wees. Indien enige gelde op 31 Oktober onbetaald is en geen skriftelike betalingsreëlings met die Finansies Afdeling getref is nie, sal die uitstaande saldo met onmiddellike effek en sonder enige verdere kennisgewing terugbetaalbaar wees. Die uitstaande saldo sal rentedraend wees teen ’n rentekoers gelykstaande aan die heersende prima uitleenkoers van Absa. Remedies tot Aros se beskikking in die geval van agterstallige-/uitstaande gelde: 10.2.1 Studente wat sonder die nodige skriftelike betalingsreëlings onbetaalde gelde aan Aros verskuldig is ooreenkomstig die bepalings onder 3.2.3 hierbo, se eksamenuitslae sal nie bekend gemaak word alvorens die betrokke agterstallige-/uitstaande gelde nie ten volle vereffen is nie. 10.2.2 Geen handboeke/boeke op krediet by die boekwinkel kan aankoop nie; 10.2.3 Geen akademiese rekords ontvang nie; 10.2.4 Nie toegelaat word om sy/haar studies voort te sit nie (studies sal getermineer word); 10.2.5 Nie toegelaat word om vir die volgende studiejaar te registreer nie; 10.2.6 Nie toegelaat word om, in die geval van finalejaarstudente, te gradueer nie; 10.2.7 Indien die agterstallige-/uitstaande gelde nie betaal word nie of ooreengekome betalingsreëlings nie nagekom word nie, sal Aros die gewone regsremedies tot sy beskikking hê, met inagneming van alle tersaaklike wetgewing, om die gelde van sodanige staker te vorder met koste. Waar ’n student gelde verskuldig is t.o.v. ’n vorige studiejaar, sal alle betalings wat ontvang word, eerste aangewend word teen onbetaalde rente, indien enige, gevolg deur die oudste skuld.

7


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.