Web agri feb 2017

Page 28

agri Nuus/News

OORGANGSLEK VERSEKER VOLGEHOUE DIEREPRESTASIE • 032 439 5599

As jy nie VOERMOL PREMIX 450

voer nie... ...kan dinge agter uitgaan Indien u dus ernstig is om hierdie winter net die beste te behaal in: • liggaamsmassa en algehele kondisie van u kudde • dragtigheid en speenpersentasies is daar net een keuse...

VOERMOL PREMIX 450 Aanbevole inname: 400 - 600 g per bees per dag

• www.voermol.co.za

McCosker en Winks (1994) van Australië beveel aan dat proteïen saam met fosfor, in die vorm van 'n Oorgangslek, in die laat groeiseisoen van natuurlike grasveld gevoer moet word. Die oorbrugging van die groen na droë seisoen met 'n Oorgangslek bevorder produksie en reproduksie omdat dit massa- en kondisieverlies beperk weens die voorsiening van ekstra proteïen. VOORDELE • Bewerkstellig 'n geleidelike oorgang van fosforaanvulling in die somer na ureumbevattende winterlekke. • Bevat minder ureum as winterlekke wat die gevaar van ureumvergiftiging verminder wanneer diere na winterlekke (hoog in ureum) oorgeskakel word omdat hulle dan reeds ten volle op ureum aangepas is. • Verseker dat diere hulle nie aan die hoë ureumbevattende winterlekke oorvreet nie omdat hulle geleidelik daarop aangepas is. • Voorsien minstens 50 tot 80 g proteïen en 6 tot 9 g fosfor per bees per dag gedurende die stadium wanneer die voedingswaarde van die veld begin daal. • Beperk massa- en kondisieverlies by beeste ('n matige groei is dikwels moontlik) waardeur produksie en reproduksie bevorder word. WANNEER? • Sodra drastiese styging in fosfaatlekinnames plaasvind en/of sodra gras volwassenheid bereik deur saad te begin vorm. • In die hoër reënvalgebiede begin beeste alreeds op proteïenaanvulling reageer terwyl die weiding nog in 'n mate groen is. OORGANGSLEKKE VIR VLEISBEESTE In die soeter grasveldgebiede word Voermol Superfos (V17422) of 'n Super 18-gebaseerde Oorgangslek [80 kg Voermol Super 18 (V355) + 50 kg Rumevite 12P (V11994) + 50 kg sout] met groot welslae gebruik. In gevalle waar dit nodig is om meer proteïen te voorsien, veral op swakker en suurder grasveld, kan een van die volgende Oorgangslekke selfgemeng word.

Grondstowwe

www.voermol.co.za

Oorgangslek 1

2

3

200

Voermol Hoëveldlek (V16150) (kg)

250

Voermol Dundee Lekkonsentraat (V10737) (kg)

150

Voermol Rumevite 12P (V11994) (kg)

100

100

150

Sout (kg)

150

150

150

Totaal (kg)

450

500

450

250-400

250-400

185-300

Voermol Premix 450 (V4676) (kg)

Meer as 50 Jaar van Uitstaande Produkte & Diens

• info@voermol.co.za

Aanbevole inname (g/bees/dag)

Voermol Premix 450 Reg. Nr. V4676 (Wet 36/1947) Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) Bpk. Posbus 13, Maidstone 4380.

agri FEB • MAART/MARCH ‘17 bladsy/page

Indien meer inligting verlang word, raadpleeg u naaste Voermol Agent (sien www.voermol.co.za vir besonderhede) of stuur 'n e-pos aan info@voermol.co.za

28


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.