Die dag ster sonder 'n naam

Page 1

Die Dag-ster sonder ‘n naam

Geskryf deur almal in die foto’s.....TUKS VKO studente



Spesiaal vir die doesent wat weet hoe om drome skep Annalie Botha 2014


‘n Klein seuntjie maak die voordeur van hulle Mpumalanga huis agter hom toe. Die deur eeeeeeeeeee…tsh soos die laaste wind uitglip en wwhooooooosh rol oor die berge om hom. In sy hand het hy ‘n towerstaf, hy is opsoek na sy naam, en gaan dit as ‘n present gee vir sy mamma.

1


Hy loop verby ‘n groot swart Walvis met tien bene wat op ‘n stuk rooster brood lê en slaap in die son.

2


Hy loop verby twee Setswana Ietermago’s wat yiep-yiep geluide maak terwyl hulle in die tambotie veldgras baljaar.

3


Hy loop verby drie Reënboog-hottentototte wat dans in die oggendson…die seun tjie wens so dat hy ‘n naam kon hê, en dat hy in ‘n skool kon wees waar hy kan leer om te dans en te sing.

4


Drie minute later loop hy verby vier springende Skoenlappers wat op ‘n kleurvolle sampioen-springkasteel hop en skop. Die kasteel kraak en kraaai onder die skoenlappers van die lekkerkry.

5


Hy loop verby vyf Reënbooghoenders op ‘n stellasie wat in ‘n vriendelike stem sing: “My Sarie Marais het ‘n Erdwurm gelê”….terwyl een hen bollemakiesies maak.

6


Hy loop dan verby ses narre wat in die bome swaai.

7


Die seuntjie wens so dat hy ‘n naam kon hê en dat hy kon lag en speel soos al die ander mense en diere wat name het. Hy loop verby sewe Brahmaan-haar-blink bruin koeie…en agt parmantige pienk skape

8


Hy loop verby nege modder huisies wat op ‘n heuwel staan met kabouters wat in die rivier sing boom-ki-chaka-boom-ke tcha.

9


En gaan staan by tien giggelgeel blomme wat giggel omdat hulle geel is, want soos die sterre in die nag pronk hulle in die dag. Hulle is die dag-sterre!

10


“Ek kan vir my ‘n blom pluk. ‘n Dag-ster-blom.” Dan is daar nege giggel geel blomme oor.

11


“Ek weet!” skreeu die seuntjie eweskielik, “My naam, ek weet wat my naam moet wees!” sê die seun. “My naam moet Naledi wees, dit beteken ster. “Ek gaan die ster wees wat in die dag gaan skyn!”

12


Meteens voel Naledi die towerstok beweeg. Wat hy hoor is a brrrrr-braka-te-brake te-boooomschi en ‘n sluk en ‘n skud! Naledi maak gereed vir ‘n groot ontploffing.

13


“Môre Naledi,” sê sy juffrou, “Het jy lekker pouse gehad?”

14


“Dumela, Juffrou,” se Naledi. “Ek het vir juffrou ‘n skitterende blom gepluk, ‘n geel een. Hy skyn soos ‘n ster in die dag, maar nou is hy weg, ek dink ek het hom op die speelgrond verloor!”

15


“Toemaar, ek is seker jy sal dit weer vind,” lag sy juffrou, “Ek het nie ‘n blom nodig nie, want jy is is beslis my ster wat in die dag skyn! Die beste blom, Naledi, is ‘n pragtige seun soos jy.”

16


www.aecyc.co.za facebook:vvos / aecyc twitter: @AECYCecd email: vvosinfo@tiscali.co.za

Opinions expressed in this magazine do not necessarily reflect those of the Editorial Team or the AECYC Committee. The Editorial Team reserves the right to amend or reject any editorial matter or photographs submitted for publication. Acceptance of advertising does not represent the AECYC’s endorsement of any product


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.