Onthou jy nog?

Page 43

BOTTERBEETJIES: Kies jong beet en was dit goed. Plaas in ʼn kastrol en bedek met kookwater. Laat dit 2 uur lank kook of totdat die beet sag is. Haal uit die water en trek die skilletjies af, en sny die stingeltjies uit. Sny die beet in helftes Gooi gesmelte botter daaroor en dien warm op.

GEBAKTE KOOL: 1 liter fyngekerfde kool 5ml suiker 1ml paprika 150ml gerasperde Cheddarkaas

150ml room 1ml sout 50ml gedroogde broodkrummels

Skep die gekerfde kool in ʼn bakskottel. Meng die room, suiker, sout en paprika goed en gooi die dit oor die kool. Strooi die broodkrummels oor en bak met die deksel op vir 30 minute. Verwyder uit die oond, strooi die kaas oor en bak vir ʼn verdere 10 minute 10 minute. Bedien warm.

BEET EN PAMPOENMOES: 1 bossie beet ¼ pampoen, geskil, ontpit en in blokkies gesny mosterd peperwortel

4 aartappels garam masala

Kook beet in water tot net sag. Trek skilletjies af en kap fyn. Kook pampoen asook aartappels apart sag en maak fyn met 'n aartappeldrukker. Meng beet met helfte van die aartappels, geur met bietjie mosterd peperwortel, meng orige aartappel met pampoen en geur met garam masala. Skep beetlaag in 'n plat bak en skep 'n pampoenlaag bo-op.

GEURIGE KOOL VAN OUMA FRIEDA: 1 klein koolkop, gekerf 2 uie, gekerf 1 pakkie hoendernoedelsop 2 eetlepels kerrie (matig) 1 ml swartpeper 125ml room

2 wortels, gerasper 1 kg maalvleis 5 ml borrie 1 teelepel sout 4 eetlepels botter

Gebruik ´n groot braaipan. Braai die uie in 4 eetlepels botter tot ligbruin. Voeg die kool by en roerbraai vir ongeveer 30 minute. Voeg nou vleis, wortels en geurmiddels by. Maak sop aan met 500 ml water en gooi helfte by. Kook / prut vir 30 minute en gooi af en toe van die res van die sop by of as dit nodig is kan meer water by gegooi word (moenie laat dit brand nie). Roer die room by. Bedien met rys, vars broodjies en mengelslaai.

SOP SPEK EN LENSIESOP: 6 repe swoerdlose strepiespek, gekap 30ml botter 4 groot wortels, gerasper 3 selderystingels , punte verwyder, gekap 2 lourierblare 15ml pietersielie, vars gekap

4 snye witbrood, korsies afgesny 2 groot uie, fyngekap 500ml oranje lensies, afgewas 2 liter hoenderaftreksel 2ml gedroogde basiliekruid 15ml suurlemoensap

Braai die spek vir 3 minute oor lae hitte. Haal uit die pan en hou eenkant. Sny die brood in blokkies en sit by die vet in die braaipan. Braai die brood tot goudbruin aan albei kante en hou eenkant. Verhit die botter in 'n groot kastrol. Soteer die uie vir 2 minute. Voeg die seldery en wortels by en kook vir 4 minute. Roer 2 keer. Voeg die lensies, hoenderaftreksel, geurmiddels, lourierblare en basiliekruid by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir ongeveer 2 uur lank stadig prut. Roer af en toe. Roer die spek en pietersielie net voor opdiening by. Laat 2 minute prut en sit dan voor met bereide croutons bo-op. Lewer 6 porsies.

43


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.