ZOUTPANSBERGER, 13 NOVEMBER 2015
6
Gemeenskap treur saam met familie In Memoriam
Wyle Hendrik Bester (48). Foto verskaf.
“My man en my liefste pappa. Wens woorde kon beskryf hoe baie ons pappa al klaar mis, hoe leeg ons huisie al klaar sonder jou voel. Niemand sal ooit pappa se skoene by ons kan volstaan of pappa se plek in ons harte kan neem nie.” So skryf Hester en haar dogter Leandra in die begrafnisbrief van wyle Hendrik Bester wat sy stryd teen kanker verloor het. “Hy het tot op die einde dapper geveg,” sê Hester. Die afgelope week treur Louis Trichardt saam met die Bester-gesin. Nadat hy op 2 November 2011 met limfklierkanker gediagnoseer is, het die gemeenskap en Hendrik amper tot op die dag vir vier jaar ‘n pad saamgeloop vir ondersteuning en gebed. Hy is op Woensdag, 4 November, in
die ouderdom van 48 jaar in die Zoutpansberg Privaathospitaal oorlede. “Ons gaan al die groot, maar meestal die klein dingetjies wat pappa altyd vir ons gedoen het, mis - veral daai klein dingetjies wat ons nie sien nie. Dankie dat jy altyd gesorg het vir ons. Nog voor ons kon vra of sê het jy gesorg. Ons gaan pappa se humor ook vreeslik baie mis en al pappa se wysheid,” lees Hester en Leandra se begrafnisbrief verder. Hendrik was ‘n liefdevolle mens en ‘n lugmagman in murg en been. Hy was vir jare in diens van Dennel AMG op Lugmagbasis Makhado as vliegtuigmonteerder, tot met sy aflegging verlede jaar. “Vliegtuie was sy lewe,” sê Hester. Hester en Leandra het hul dank uitgespreek teenoor elke persoon in die dorp wat hulle bygestaan en gehelp het om wyle Hendrik se afsterwe bietjie
beter te probeer maak. ‘n Spesiale woord van dank het gegaan aan die Makhado Care Group vir hul hulp en ondersteuning die afgelope paar jaar, asook drs. Emil Gaigher en Fred Badenhorst en di. Dick Mocke en Jan Pretorius vir hul gereelde besoeke. “Dankie ook aan Johan Kirsten vir die lekker ete (en verblyf) vir vriende en familie Vrydagaand, asook Adrian en Marie Joubert, Leana Oosthuizen en dr. Anton en sy vrou Anneke Stroebel vir die verblyf,” sê Hester. ‘n Roudiens is Saterdag, 7 November, vanuit die NG Kerk Moedergemeente vir wyle Hendrik gehou. Hy word oorleef deur sy vrou Hester, dogter Leandra, broers Willem, Bertie en Herman, en suster Marthie. “Rus in vrede my geliefde man en my pappa,” was Hester en Leandra se afskeidswoorde.
Hartseer totsiens Bekende lugmagman skielik oorlede insluitend dr. Jannasch. In Memoriam aan Du Plessis In Memoriam
Wyle Riekie du Plessis (65). Foto verskaf.
Mev. Riekie du Plessis van Louis Trichardt is op 29 Oktober in die ouderdom van 65 jaar in die Zoutpansberg Privaathospitaal oorlede. “Ons sê totsiens, maar nie vaarwel nie. Ons sal mekaar weer sien,” is die boodskap van familie en vriende. Wyle Riekie was bekend vir haar jarelange diens by die Louis Trichardt Gedenkhospitaal. Sy is op 3 November vanuit die Gereformeerde Kerk hier begrawe, met die diens wat waargeneem is deur ds. Innes Nagel. Dank is uitgespreek teenoor drs. Gaigher, Badenhorst en Rambau, die personeel van die privaathospitaal, ds. Nagel, die orreliste en Susters van die Gereformeerde Kerk vir hul hulp en bystand tydens en na afloop van Riekie se afsterwe. “Dankie ook aan al die familie en vriende se ondersteuning, boodskappe en oproepe,” sê die familie.
Die nuus van mnr. Wimpie Brits van Louis Trichardt se skielike dood op Woensdag, 4 November, het as ‘n groot skok vir inwoners gekom. Wimpie is omstreeks 14:00 in die Limpopo MediClinic in Polokwane oorlede. Hy was 45 jaar oud. “Dit is met baie hartseer dat ons as gesin, familie en vriende van Wimpie afskeid neem,” het die familie gesê. Wyle Wimpie was vir bykans 25 jaar verbonde aan die Suid-Afrikaanse Lugmag. Ten tye van sy dood was hy by LMB Makhado gestasioneer waar hy as grondveiligheidsoffisier werksaam was. ‘n Roudiens vir wyle Wimpie is Woensdag, 11 November, vanuit die NG Kerk Louis Trichardt gemeente gehou. Hy word oorleef deur sy vrou Lenie, seun Juandré en dogter Laruchke, asook ouers Flip Brits en Rika Botha, broer Louis en susters Estelle en Nicolette. Die gesin het hul dank uitgespreek teenoor almal vir hulle boodskappe van vertroosting en medelye. Hulle het ook die mediese personeel van LMB Makhado en die Limpopo MediClinic bedank,
Wyle mnr. Wimpie Brits (45). Foto verskaf.
Armed forces pay tribute to the fallen By Isabel Venter
Above: A member of the Air Force Base Makhado, that formed part of an honour guard at the monument wall of the MOTHs Turbi Hills Shellhole here in Louis Trichardt, during the Remembrance Day service this past Sunday.
The Duke of Atholl, Col Bruce Murray of the Atholl Highlanders, lays a wreath at the Louis Trichardt Turbi Hills Shellhole’s remembrance wall on behalf of the Transvaal Scottish Regiment. The Turbi Hills Shellhole held its Remembrance Day service this past Sunday.
Louis Trichardt residents, together with members of the South African National Defence Force and military veterans from the Bush War (1966 – 1989) took a moment to remember the sacrifices made by war veterans in service of their country as part of Remembrance Day. At 05:00 on Monday, 11 November, 1918, an armistice was signed by Germany and the alliance nations, ending hostilities during the First World War (1914 – 1918). At the 11th hour of the 11th day of the 11th month of that year, the guns fell silent. The
war that was supposed to end all wars had come to an end, but not before an estimated nine million people had lost their lives. In remembering those who died in the war and subsequent wars, Remembrance Day is commemorated annually. The Memorable Order of Tin Hats (MOTHs) of Louis Trichardt held their service this past Sunday at their Turbi Hills Shellhole. As part of the ceremony, two minutes of silence was observed to remember those who paid the ultimate price for their country. Following this moment of silence, soldiers and military personnel laid wreaths at the Turbi Hills’ remembrance wall,
while members of the Air Force Base Makhado formed an honorary guard. The Turbi Hills Shellhole was named after the place where the first South African was killed in North Africa during the Second World War. Tim Kleinenberg was killed on January 25, 1941, when he was shot by a German sniper. He also hailed from Louis Trichardt. It is worth mentioning that the Turbi Hills Shellhole has some of the largest private military memorabilia to be held at a South African shellhole. A private viewing can be organised by phoning their Old Bill Alan Odendal at 083 660 2472.
Alan Odendaal, Old Bill of the Turbi Hills Shellhole of the Memorable Order of Tin Hats (MOTHs) in Louis Trichardt, lays a wreath in Members of the Air Force Base Makhado (front row) and the Memorable Order of Tin Hats remembrance of those who paid the ultimate (MOTHs) Turbi Hills Shellhole, photographed during the past weekend’s Remembrance Day price for their country. service here in Louis Trichardt.