WEPENER REKORD

Page 1

RDE22

26 July 2019

rekordmedia1@gmail.com

072 757 0514

Oud-Predikant doen gemeenskap glo in

â– Gerhard Olivier

'n Afgetrede Predikant wat na bewering berading by skole aanbied het tiental besighede, skole en gastehuise in die Vrystaat en Kaap met die slenter ingedoen en soos mis voor die son verdwyn met duisende rande in donasies en rekeninge wat duisende beloop agter gelaat. Lees verder op Bladsy 2


news

Oud-Predikant doen gemeenskap glo in Voorblad storie: Die predikant het in Ladybrand vir 'n week by die een van de dorp se bekende gastehuise kom bly met die verskoning dat die skole waar die gaan berading aanbied die rekening sal vereffen. Die eienaars van die weelderige gastehuis se hart het oop gegaan vir die goeie werk wat die Predikant in die gemeenskap gaan doen en 'n uiterse billike tarief saam gestel. Die Predikant het in die week verskeie besighede in Ladybrand en omgewing besoek en donasies gevra om die die woord verder te verkondig. Ladybrand besighede het ruim skenkings gemaak. Toe dit egter tyd word om vir die verblyf te betaal by die gastehuis het die Predikant verdwyn en sy tas met klere en ander klein items net so agter gelaat. 'n Werknemer by die gastehuis het die slegte ervaring op sosiale media gedeel waar Rekord Media se Sosiale Media bestuurder dit op die groep se 67 Facebook blaaie asook 48 WhatsApp groepe gaan deel het. In die week wat gevolg het is die werknemer oorval met soortgelyke stories waar die Predikant met dieselfde slenter 'n voetspoor van duisende kilometers reeds agter gelaat het soos die van dorp tot dorp reis. Nie almal voel dieselfde oor die predikant se kaskenades nie en die afgelope paar dae het sosiale media behoorlik gegons soos daar debat gevoer is oor wat reg en tog verkeerd is. (Sien Facebook kommentaar elders in die uitgawe) In verskeie dorpe het gastehuis eienaars hulle kamers gratis beskikbaar gestel aan die Predikant. Rekord lesers se paraatheid het daar toe gelei dat die Predikant opgespoor is in Frankfort waar die besig was met dieselfde slenter voordat die lees verder op Bladsy 4


advertisement

… In die era waar die digitale revolusie aangevuur word met meer lesers wat digitaal hulle nuus bo gedrukte formaat verkies het Rekord Media in 2019 sy aanbod aangepas om alleenlik in digitale formaat te verskyn. Met meer digitale lesers as gedrukte formaat was en ons is nog steeds van die opinie dat dit die regte besluit was. Ons groei bevestig dit. As ‘n media groep wat die voortou wil neem om nuus op ‘n weeklikse basis te lewer aan die gemeenskappe wat ons bedien het die bestuur in Mei 2019 ‘n onafhanklike oudit laat doen oor hoe ons die gemeenskappe waar ons ‘n koerant uitgee beter kan bedien. Die oudit het bevestig dat alhoewel ons koerante digitaal gewild is, dit tot die groep se voordeel sal wees om weer in gedrukte formaat koerante aan die gemeenskappe te lewer vir die wat dit nie alreeds op WhatsApp en/of op Issuu.com en/of per e.pos en/of Facebook lees nie. Ons gewaardeerde adverteerders sal ook verder hieruit voordeel trek. Nadat daar ‘n koste analise gedoen is oor die samestelling, druk, verpakking en verspreding het die bestuur sy besluit hersien en kondig hiermee aan dat die koerant weer in gedrukte formaat vanaf 1 Augustus 2019 beskikbaar sal wees. Neem dus kennis van die volgende: 1. Al ons koerante sal te koop aangebied word - inset koste is net te hoog en in baie gevalle gee Rekord koerante in klein dorpies uit wat bitter min tot geen besighede het wat tradisioneel plaaslik sal adverteer nie. 2. Ons koerante gaan in sakkies geseël word en te koop aangebied word. 3. Neem kennis dat daar ‘n verandering in ons sperdatums ten opsigte van advertensies en nuus sal wees 4. Advertensie tariewe sal minimaal aangepas word en ‘n nuwe pryslys sal vanaf 25 Julie 2019 in werking tree wat die vorige pryslys sal vervang. 5. Indien u enige navrae het rig dit asseblief aan Kleintjie Koen by 072 757 0514 Rekord Media nooi enige persoon in u gemeenskap uit wat teen ‘n betaling vir ons as korrespondent wil optree om ‘n e.pos (editor@rekordmediafs.co.za) of whatsApp 073 847 2468 te stuur. Met dank Gerhard Olivier Eienaar: Rekord Media


news

Oud-Predikant doen gemeenskap glo in Vanaf Bladsy 2 Predikant die pad Memel toe gekies het. Verskeie besighede in Frankfort het ook skenkings gemaak en 'n plaaslike gasthehuis het verblyf gratis aangebied. Danksy 'n intekenaar van die Memel Rekord het sy die Predikant herken en die SAPS en ander veiligheidstrukture in kennis gestel. Ds. Deon van der Westhuizen is vanoggend (Donderdag 25 Julie 2019) in Memel in hegtenis geneem en is later na Ladybrand SAPS oorgeplaas. Dit het intussen aan die lig gekom dat 'n saak teen Van der Westhuizen ook oopgemaak is in Mosselbaai. Rekord het verder verneem dat die Predikant voet by stuk hou dat 'n plaaslike skool in Ladybrand die rekening sou vereffen het. Van der Westhuizen wou egter nie aandui watter een van die vyf skole in Ladybrand dit is nie. Persone wat dalk inligting het om te deel kan kontak maak met Rekord by 073 847 2468

So reageer lesers op Sosiale Media: TSHEPO NKHABU CYCLES: The end days of the world CELNA HEUNIS FERREIRA: Dis aaklig van hom, die blinde sambok gaan hom nog kry! DANIE DE VRIES: Kontant betaal vooruit, dis maar hoe dit werk. Mense is te skelm deesdae! WERNER ENGELBRECHT: Hy was so jaar of wat hier deur Bethlehem. Baie oortuigend. Sou ook berading gee en met skoolkinders met verslawing werk. Het klomp geld uit my uit asook vriende met besighede. Natuurlik niks van diE berading gekom nie. MARETHA POTGIETER: Laat my dink aan iemand wat my ook al so gekry het. Werk glo met matrieks as hulle klaar is met skool. Ook sy klere hier gelos. CHARMAIN BOUWER: Ons word gewaarsku in die Bybel teen dwaal leeraars! KOBUS HARMSE JR: Groot skelm. Hy was in Kroonstad ook. ALTA MARAIS: Ag nee sies man dan dra jy nog n kruis om jou nek. Dis walglik jy behoort jou te skaam. NAAS VAN TONDER: En toe het HY die berading die meeste nodig... Dis so hartseer! Wees gewaarsku meneer die sg. dominee... God laat Hom nie bespot nie! Net wat die mens saai, sal hy maai!!!

MERCIA EN ROBERT SWANEPOEL: Ja ken.die persoon. Hy was al in Aliwal-Noord ook met dieselfde agenda. Het n hele paar etes gratis ontvang by Wimpy Aliwal-Noord...đ&#x;™‰đ&#x;™ˆđ&#x;™„đ&#x;™„ MAGDA GEYER SCHUTTE: Ja dis waar!! Ons het hom ook gehelp, meer as een keer! MERCIA EN ROBERT SWANEPOEL: Mens wil graag mense help - maar ai die verskuilde agenda's is skokkend en dan is mens n volgende keer huiwerig. Om so.iets.voor te gee. Nee wat n leuen kom altyd uit. Net n kwessie van tyd. đ&#x;™ˆđ&#x;™‰đ&#x;˜Šđ&#x;˜Š JACOBUS MEYER: Michelle Ludick dit is reg wat jy se maar hoeveel skelms is daar wat die woord verkondig ek weet van n paar ek glo en ek lees my bybel en ek bid en God help my nog steeds want sulke skelm het gemaak dat ek nie kerk toe gaan nie ek gaan in n kerk sit waar sulke goed die woord verkondig nie hulle maak dat almal onder dieselfde kam gekam word wat die woord verkondig GIEPIE ENGELBRECHT: Hierdie man het ongelooflike goeie werk by ons gedoen. Hy is afhanklik van finansiĂŤle hulp soos wat hy aangaan. Dis maklik om te oordeel. Ondersteun hom dan hoef hy nie so te doen nie. Ek stem glad nie vir skelm wees nie. Ek dink tog dat hy n opregte behoefte het om die Here dit dien. Kom ons help hom tot voordeel van ons kinders. AIMEÉ MELISSA TSCHIRPIG: Giepie Engelbrecht ag asb dis sulke snert wat maak dat die samelewing is soos hy is. Sien hom oor want hy "help". Help homself aan ander mense se hard verdiende geld. Hys nie n sendeling nie hys n elendeling. MARINDA VAN ROOYEN ALBERTS: Ag nee...... ek het hom ook geld gegee, gedink hy gaan die kinders help. Dis net hartseer CHRISTINE JANSE VAN RENSBURG: Sies hoop hy word gevang INA PIO KRUGEL: Dis nou misbruik maar van sy vryheid in Jesus Charmaine van Noord:Ek het ook met hom te doen gehad. Loop hy met n loop stok in sy arm. Sy knee Kan blykbaar nie normaalweg buig nie? EUGÉNE MULDER Vals profeet CHARMAINE VAN NOORD: Paar duisende rand op hom spandeer. Nuwe groot hemde gekoop.....

Klitsgras mag weer skryf na leser klagte terug trek‌ Die gewilde tong-in –die-kies rubriek Klitsgras sal van volgende week af weer hervat word nadat ‘n klagte deur ‘n leser teen haar by ons interne Ombudsman ingedien is in April. Die klagte is intussen terug getrek en Klitsgras sal lesers weer van volgende week af op hulle tone hou. – Red


advertisement


news

OVK presteer Leeuwbult Bonsmara Produksie Veiling steeds ondanks moeilike landbou toestande. LADYBRAND: Die landboumaatskappy Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Beperk (OVK), wat hierdie jaar sy 100ste bestaansjaar vier, het hul finansiële resultate vir 28 Februarie 2019 vrygestel en bekendgemaak dat ʼn wins voor belasting en lojaliteitskema uitkerings, van R199.8 miljoen behaal is. Die omvang van besigheid gedoen die afgelope jaar het R10.2 miljard beloop. OVK se diversifikasie, beide geografies asook die verskillende besigheidseenhede maak dit een van die mees stabiele en kerngesonde landboubesighede in Suid-Afrika. OVK is trots daarop dat die meeste van sy aandeelhouers bona-fide landbouprodusente is en dat die hoeveelheid aandeelhouers aan die einde van die 2019 boekjaar tot 12 287 gegroei het. Volgens statistieke het Suid-Afrika huidig ongeveer 36 000 kommersiële boere, waarvan nagenoeg 30% dus aandeelhouers in OVK is. OVK se aandeelpryse styg deurlopend en dit word ondersteun deur ʼn goeie en konstante winsgeskiedenis. Ten spyte ʼn baie moeilike jaar is daar die afgelope jaar meer as R75 miljoen deur middel van die lojaliteitskema en dividende, aan OVK se landbouprodusente aandeelhouers uitbetaal. Volgens mnr Stefan Oberholzer, Besturende Direkteur, is OVK dankbaar teenoor ons Hemelse Vader en ook elke kliënt vir die jaar se volgehoue ondersteuning. “Ons is opgewonde oor Landbou in Suid-Afrika en oor die jaar wat voorlê. OVK gaan voortgaan om op sy kernbedrywighede te fokus en sal ook nuwe geleenthede ontgin waar moontlik”. Meer inligting beskikbaar: https://www.ovk.co.za/Documents/

THEUNISSEN: Op Donderdag 27 Junie het Leeuwbult Bonsmara ‘n baie suksesvolle 1ste produksie veiling gehad te plaas Whitfield op Theunissen met 100% verkope op al die diere. Lot 5 is verkoop teen die hoogste prys van R 80 000.00 aan Dr. Geoffrey Heyns van Bloemfontein.(Karmel Bonsmara) Bulle het ‘n uitstekende gemiddeld behaal van R 41 375.00 Koeie met kalwers het ‘n gemiddelde prys van R 17 058.82 behaal. Dragtige koeie het ‘n gemiddelde prys van R14 120.00 behaal. Dragtige verse het ‘n gemiddeld prys van R 13 467.00 behaal. BKB bedank graag al ons kopers vir die suksesvolle 1ste produksie veiling.

Harrismith Eisteddfod groei in getalle HARRISMITH: Harrismith Eisteddfod doen baanbrekerswerk in 2019. Isak Badenhorst van Harrismith Atlantic het ‘n passie vir sy gemeenskap en is al die afgelope paar jaar ons hoofborg en verskaffer van alle tegnologiese dienste en advies. Bykomend tot ons reeds bestaande webtuiste het ons ‘n splinternuwe aanlyn inskrywingsisteem ryker geword wat vir ons werkende komiteelede dinge baie vergemaklik het. Selfs die meer ervare afrigters en onderwysers het hul hand aan die muis geslaan en die tegnologiereus aangepak. Knap gedaan! Met ‘n 6% toename en ‘n nuwe rekordgetal van 5776 deelnemers bars ons uit ons nate. Dit was voorwaar nie ‘n maklike taak om al die deelnemers in een week in te pas nie! Die grootste groei van 58% is te bespeur in die Dans afdeling met bykans ‘n 1000 deelnemers wat hul buiging op die verhoog gaan maak. Die Instrumentaal afdeling is vir die eerste keer in 10 jaar weer volsterkte met ‘n groei van 20% en oor die 500 deelnemers wat insluit pianiste, blasers, strykers en orff ensambles. In die Afrikaans Spraak en Drama afdeling en die Vokaal afdeling is daar onderskeidelik 12% en 14% groei in deelnemers as gevolg van meer groepe, spreekkore en kore. Beide hierdie afdelings, sowel as die Engels Spraak en Drama afdeling spog met oor ‘n 1000 deelnemers elk. Tienertoneel is ‘n nuwe opwindende item op die Drama spyskaart en iets om nie mis te loop nie. Kreatiewe Skryfwerk het swaargekry die jaar en ons vat hande met die ATKV om die pen terug te sit in die jeug se hande. Hierdie Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging borg boekpryse vir die wenner in elke graad by die Afrikaanse skryfwerk. By die 500 kunswerke en foto’s sal te siene wees by die Kuns- en Fotografieuitstalling. Die uitstalling word geopen met ‘n Kaas-enWyn-funksie en Prysuitdeling. Kom deel gerus in hierdie propvol week van kunste! Hou die koerant dop, besoek ons webtuiste www.harrismitheisteddfod.co.za of “like” en volg ons op facebook om op hoogte te bly van die week se gebeure.


advertisement


advertisement


advertisement


advertisement


advertisement


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.