WEPENER REKORD

Page 1

Wepener Rekord

072 757 0514

RDE07

18 March 2019

072 757 0514

editor@rekordmediafs.co.za

THIS ADVERT IS PAID BY THE POLITICAL PARTY CONCERNED

@rekordmedianow


072 757 0514

02

www.rekordmediafs.co.za

Ons publiseer slegs nuus wat per e.pos of whatsApp aan ons gestuur is vir publikasie. Indien u dus nuus het om met die gemeenskap te deel stuur dit gerus vir gratis plasing in die volgende uitgawe na editor@rekordmediafs.co.za of per whatsApp na 072 757 0514


072 757 0514

03

www.rekordmediafs.co.za


04

072 757 0514

www.rekordmediafs.co.za

■ Danie Cronjè

Thursday 17:00

Advertising 072 757 0514 rekordads@gmail.com

News 073 847 2468 rekordnews@gmail.com

In die choas tussen die duister het jy my kom red van my eie ondergang. Uit daardie diep, donker en eensame gat waarin ek geval het, die gat waarin ek myself bevind het vir dae, weke, mande, selfs jare. Ek was vasgevang en sterk oortuig dat ek nie uit daardie gat sal kom uitkom nie. Ek het om hulp geskree soos 'n besetene, ek het gesmeek, gehoop en gebid dat hierdie aaklige tyd in my lewe sou verdwyn, dat dit sou wees asof dit nooit met my gebeur het nie. Dit was hel - Wanneer sou hierdie lewende hel verdwyn? Die monsters van die verlede het my elke dag besoek om my te herhinner om angsbevange en minderwaardig te voel, hulle het my vieslike dinge laat doen en sê. Alleen, dit was hoe ek deur hierdie nagmerrie gegaan het. Maar min het ek geweet dat daar binnekort 'n groot engel met spierwit vlerke voor my sou verskyn, wat my seer kon verdof met net sy woorde. Sy stem so sag en heilig, net soos die stem van 'n engel

kan wees, vlerke so groot, wit en wyd, wat al my probleme kan wegveë in 'n oogwink. Hy het my bevryding gegee van die dinge wat gehinder het in die verlede, wat vasgeklou het soos graffitti. Hy was my redende genade wat ek nodig gehad het, wat verewig bedoel het toe hy dit gesê het. Die een wat vir my gesê het as dit moeilik raak anker teen my, want ek wil jou veilige vesting wees as die waters onstuimig raak. Die een wat my innerlike demone kan stil maak as hy my houvas, wat hulle kan wegjaag met net een kyk. Die een wie se soenne 'n stukkie hemel op oorde is. Jy is my engel met die breë en helder wit vlerke, jy sal my engel bly, want my engel, jy het vir my redding gebring, jy is wat ek nodig gehad het en wat ek altyd sal nodig hê. En ek hoop en bid dat jy altyd oor my sal kyk en daar vir my sal wees soos in die begin. Ek hoop jy bring nog vele vreugde tot baie mense se lewens. Jy is inderdaad wat jou naam sê - Vredemaker.

■ Willem Botha "Life of luxury" staan op 'n masjien. "Win now" op 'n ander. Nog een het een of ander oosterse gesig wat grynslaggend vir jou kyk. Eintlik 'n aaklige uitdrukking op die gesig. Liggies, klokkies, nommers wat spin, belofte van geluk. JACKPOT!!! Daar is tafels waar die kaarte kundig met 'n bedrewe handbeweging oor die tafel versprei word. Hierdie mense weet wat hulle doen! Vandag is die dag! Wie nie waag nie sal nie wen nie. Dit klink soos 'n opgewonde affêre. Maar helaas, voor die een masjien sit 'n tannie, haar klere lyk verslete en sy lyk erg moedeloos. Wat my opval is die amperse doodsheid in die oë, die masjien wil nie vandag saamwerk nie! By 'n ander masjien sit 'n ouerige man, hy staar stip voor hom as die nommertjies spin, maar die masjien het hom weereens teleurgestel. Ek wonder hoeveel van sy ouderdomspensioen het daardie masjien al verorber? "FEED ME", sê daardie aaklige oosterse grynslaggende monster... En Oompie voer hom, tot sy laaste sent. Ai, die teleurstelling! Die geld vir brood is op, en natuurlik vir die sigrets! So gehoop daar is na vanaand 'n geldjie vir die pille. Sal maar weer by die kinders moet geld leen. Mediese kostes is hoog ou seun, pa kom nie uit met die geldjie nie. Maar toemaar, Woensdag speel ons die Lotto, 'n man moet IEWERS 'n gelukkie kry. Oompie, het iemand jou vertel jou kans om daardie JACKPOT te slaan is een uit 14 miljoen? Wie nie waag nie... Eendag is eendag! Hulle sê so op die TeeVee. Het ek nodig om die Bybel hier in te bring? Is dit nodig om te herinner dat die Bybel teen gierigheid waarsku? En wat van Mammon? Hoef ek die teks vir jou aan te haal? Of ken jy hom ook uit die kop uit:- Jy kan nie vir God en Mammon dien nie... Hoeveel mense is al verwoes deur hierdie verpestelike tydverdryf. Waar pas God in die prentjie? Waar pas vertroue in die Here in? Of is Hy te stadig? En te suinig? Ai, daardie geluksgod... ■ Om ons lesers... volledig, betroubaar, objektief en geloofwaardig in te lig oor die nuusgebeure in ons gemeenskap. ■ Ons verbind ons... tot geen politieke party of ideologie nie. ■ Ons streef na... die waarheid, objektiwiteit en die belange van die gemeenskap in ons beriggewing. ■ Ons beywer ons vir... persvryheid, menseregte en die ekonomiese en maatskaplike opheffing van die dorpe waarin ons koerant versprei word.

Publisher

Deadline for Adverts/News

deur Jacorien van Jaarsveld

Credibility

Contact us

Ek het die week die Volksblad se roadshow op Excelsior bygewoon. Ek was laat – die pad tussen Clocolan en Excelsior spog met damme in die pad waar voëltjies bad en selfs ‘n skilpad sy dors loop staan en les het. Die roadshow is toe nie wat ek verwag het nie, dis meer ‘n kennis gee vergadering dat die Volksblad nie meer in die dorp beskikbaar sal wees nie. Die koste om ‘n paar koerante elke dag aan te ry het eenvoudig net te duur geraak. Die kool is nie die sous werd nie. Daar is ‘n alternatief – vir slegs R99 per maand kan hulle digitaal nog steeds toegang tot (in my opinie) een van die beste dagblaaie in die land kry. In ander dele soos Vrede maak die Volksblad plek vir die Beeld en Steynsrus en Rosendal sal net soos Excelsior binnekort Volksbladloos wees. Dis hartseer maar die realiteit. Een of ander tyd moes dit gebeur het en ek wil die mense wat Volksblad versprei komplimenteer dat dit so lank aangehou het terwyl die banke op ons plattelandse dorpe opgegee het en in Excelsior se geval die dokter en slaghuis ook al gesluit het. Om elke dag ‘n 100km af te lê Cornelia toe vir net 2 Volksblaaie wil gedoen wees. Ek twyfel of die besluit Volksblad se sirkulasie enigsins sal raak die oplae na die dorpe was so klein. Ek het ook nie geweet dat 66% van Volksblad se lesers in Bloemfontein is nie. Ek geniet my Volksblad en mis nooit die Saterdag uitgawe nie. Tog dink ek dis ook tyd dat ek oorslaan na die R99 per maand opsie toe. Op naweke geniet ek dit om al ons Rekord koerante digitaal te lees en die idee om elke oggend wakker te word en my Volksblad is klaar reg om op die tablet gelees te word maak my opgewonde. Ek onthou die dag toe ons die druk masjien afgeskakel het en oorgeslaan het net digitaal toe. ‘n Einde aan ure se druk en vou en vroeg opstaan om seker te maak die koerant word orals afgelewer. Twee dae op die pad elke week. Nou kry duisende intekenare hulle koerante binne minute. Buiten die koste besparing groei ons weekliks in digitale formaat. Ons is en sal altyd gratis wees. Neem asseblief kennis dat ons sperdatum verander het na Donderdag 17:00 vir die uitgawe wat op Vrydag verskyn. Rekord groete

Publisher Digitally published by the publisher Livero Media Pty. Ltd, Tinnie van Rooyen Street nr.3, Clocolan. No advertisement will be published if the full amount is not paid in full by deadline. No reproduction without written consent.

Code of Conduct

This publication is obligated to report news truthfully, accurately and fairly. Should you feel we do not adhere to the Press Code you can submit a complaint to the Press ombudsman at pressombudsman@ombudsman.org.za All rights and reproduction material published in this publication are hereby Reserved In terms of the copyright act.


072 757 0514

05

www.rekordmediafs.co.za


06

072 757 0514

Our What’s On column is published in all 66 Rekord newspapers. The listing is free but keep it short ant to the point. Send your listing to rekordnews@gmail.com

■ CLOCOLAN – 21 tot 24 Maart 2019 Three Mountains Trail run/MTB . For more information visit www.3mountains.co.za

■ DEWETSDORP – 21 Maart 2019 NG

Kerk Basaar en Vleisfees. Skakel 082 776 3421

■ SENEKAL – 4 – 6 April 2019 vind die 2019 Senekal skou plaas. Vir meer inligting besoek Senekal Skou se Faceboook blad

■ FRANKFORT – 06 April 2019 Wilge Potato Pride Marathon vind plaas vir meer inligting kontak kontak asb vir Anita 0713827219 of 0588131487

■ FOURIESBURG – 12 – 14 April 2019 Maluti Mighty Men 2019 sien advertensie in die uitgawe vir meer inligting

Ons verkies kort briewe. Briewe moet die skrywer se volle naam en e-posadres bevat, selfs al word skuilname gebruik. Lesers moet asseblief daarop let dat REKORD en sy personeel nie noodwendig saamstem met die menings of standpunte van briefskrywers nie. Hierdie is ons lesers se eie blad waar hulle kan kla, prys, voorstelle maak of menings lug. E.pos ons by rekordnews@gmail.com Briewe kan ook gepos word na Die Redakteur, Tinnie van Rooyen Straat 3, Clocolan, 9735

www.rekordmediafs.co.za

Creamy Biltong Potjie Something to try this weekend: YOU NEED: 1 punnet of white sliced mushrooms 1 finely chopped onion 250ml thick cream 2 cups of sliced biltong cut in half (not dry) Health O’Mat/Himilayan salt butter Olive oil crushed fresh garlic tbls dry mixed herbs 1 cup finely grated cheddar cheese WHAT TO DO: Add a little butter and olive oil to the pot. When heated sauté the onions and the garlic for a few minutes. Add the mushrooms and make sure there is no water once they are cooked. Add the herbs, the biltong and a little salt. Mix well. Turn the heat to low and add the cream mixing it gently. Once the cream is heated through, add the grated cheese and stir then leave to melt completely. Send us your recipe to rekordnews@gmail.com for publication

Klitsie is lankal nie meer 'n tiener nie en het regtig geen belangstelling getoon om Carpe diem te lees nie totdat ek per toeval die briefie van dominee gelees het wat in die koerant geplaas is. Klitsie besluit toe om maar wel te gaan kyk wat is al die drama rondom die Carpe diem. Ek meen dominee sal mos nie net loop staan en skryf nie. Nou moet ek bieg, jou klitsie is nou so opgeklits oor die Carpe diem dat ek my identiteit sal opgee om net die volgende stuk te kan lees. Die drama en suspense is beter as ou Ridge wat nou weer saam met 'n ander Forrester slaap. Ek verstaan nie mooi hoekom dominee so ongelukkig daarmee is nie want ek is amper seker dominee kyk 7de laan elke week en daar gebeur tans erger dinge tussen vandag se jeug as wat daar op wit en swart in die Rekord staan. Nee wat, die storielyn is nog confusing maar die reality is so suiwer as wat Clover se 55 toetse op 'n liter melk is. Ek kan nie wag om te lees wat Dirk se geheim is nie en ou Belinda laat my terugdink aan die rooi kop roker wat elke pouse die badkamer se hoek toilet loop annekseer het. Toe dominee op skool was is daar nie gerook, gevry en kafoefel nie? Maar dominee dis eenvoudig as jy dit nie like nie moet dit nie lees nie. Klitsie kan nie wag vir next week se Carpe diem nie...

As Hoofseun van Carpe Diem Hoër kan dit net nie gebeur dat hy nie as kaptein gekies word nie. Hy sal eenvoudig net moet fokus om meer te gym en harder te oefen dink Dirk so by himself terwyl hy die bal vir die soveelste keer oor die pale klits. Dit pla hom dat Jacques die "all star" superboy by die skool is. Die feit dat daardie borskas 'n paar sentimeter groter geword het en die bene aansienlik dikker wys daar dat daar hard in die gym gesweet word Dirk het die laaste twee jaar daarmee weg gekom as die beter speler van die twee maar die jaar, sy jaar is Jacques op almal se lippe. Selfs sy suster sin... Hy kyk op sy horlosie en

laat wiel om 'n stort voor skool in te kry. Zani kan nie wag om vir Jacques te sien nie. Die naweek is verby en daar is genoeg tyd voor die skoolklok gaan lui. Hy antwoord nie sy whatsapps nie en ook nie sy foon nie. Hy het nie vir haar gewag nie soos hy gewoonlik doen nie. Waar kan hy dan wees... Belinda vat nog 'n trek voor sy die sigaret dooddruk en wegskiet. Sy glimlag as sy sien Zani oor die skoolveld skarrel op soek na Jacques. Saterdag aand het toe beter afgeloop as wat sy gedink het. Goeie ding ou Zaans bly in 'n ander dorp of plaas.. Jacques wou nie eers nie maar hey, hy kon nee gesê het. Sy't hom nie gestop nie. Die feit dat hy Sondag net na Kerk kom smeek het om dit tussen die twee te hou, het haar vreeslik die bliksem in gemaak maar hey, there's no better time than payback time. Sy flits deur haar foon en kyk na die selfies wat sy Saterdag so saam saam Jacques geneem het. Oe.. die een sonder die hemp moet gedeel word op facebook. Upload. "Thanks for a great time Jacques" Tagg 'n paar van haar en oe,

sommer Zani se vriende ook. En sommer vir Jacques ook. En post. Hopelik hou Belinda haar mond. Hy wil nou rerig nie dinge opneuk met Zani nie. Hoe hy weer net aan Belinda kon vat weet die duiwel alleen. Daai kort rooi rokkie en blonde lokke het ook nie gehelp nie. Hy het Zani gesien soek na hom. Hy moet haar net face en maak asof alles 100 is. Paul - Ryk maak die facebook boodskap oop en kom tot stilstand. Die foto van Belinda en Jacques helder die skerm op. Hoe dan nou? Het Jacques wragtig weer..hier kom drama... Zani gaan uitfreak as sy die foto moet sien. Hy gaan nie die een wees wat haar wys nie. Terwyl Jacques die trappe oploop hoor hy hoe Dirk hom van agter roep. Die woorde "jou bliksem" is die laaste wat hy hoor terwyl die vuishou hom neerstuur aarde toe... Lees volgende week verder

Vanaf April maand begin ‘n nuwe vervolgverhaal Sewe. Gabaseer op ‘n ware verhaal eksklusief net in Rekord


07

072 757 0514

Help die Burre Burger Droogte Hulp fonds om boere te bly help regoor Suid-Afrika... DROOGTE HULP MET BURRE FNB ACCOUNT (cheque) ACCOUNT: 62721858522 BRANCH: 200406 SWIFT: FIRNZAJJ REF: DROOGTE HULP burre@droogtehulp.co.za

■ HIBBERDENE, KWAZULU NATAL Hibberdene, KwaZulu-Natal. 1 male victim(70) attacked by an unknown number of attackers. Victim found face down, dead, hands tied behind his back in kitchen on Sunday morning. House ransacked, cellphone, pellet gun, computer screen, keyboard stolen. (08/03/19)

■ RUST DE WINTER, GAUTENG. Moloto rd, Rust De Winter, Gauteng. 2 male victims shot and wounded. 4 attackers, 3 with pistols and one with shotgun. Victims were only able to make alarm this morning. Younger male victim shot in chest and airlifted by Netcare911 to hospital. 2 vehicles stolen. BOLO: Toyota Land Cruiser CN84GZGP & Nissan Bakkie TDK399GP. (04/03/19)

■ ERASMIA, GAUTENG. Erasmia, Gauteng Province. 2 victims injured, one victim with gunshot wound and another with head wound after hit on head with gun. (01/03/19) Courtesy: Ian Cameron - Afriforum

To support AfriForum in the fight against farm attacks and farm murders, SMS your name to 45353 and join as a member

Landbousake Landbousake word in al 66 Rekord koerante gepubliseer. Die perfekte geleentheid om jou volgende veiling in te adverteer. Skakel 073 847 2468

www.rekordmediafs.co.za

Landbou is ’n vennootskap van klomp rolspelers – Wilken ■ Vrystaat Landbou Vrystaat Landbou (VL) beskou die uitsprake dat 20% produsente 80% van Suid-Afrika se voedsel produseer as onverantwoordelik en gevaarlik. Só het Francois Wilken, President van VL, gesê nadat dié uitlatings onlangs in die media gemaak is. Volgens hom word landbou in die Vrystaat as ’n geïntegreerde vennootskap tussen almal in die landbou-waardeketting beskou. Dit sluit kommunale, opkomende, kommersiële en sogenaamde megaboere, waarvan baie lede van georganiseerde landbou is, in. Landboubesighede en bedrywe, insetverskaffers, verwerkers én finansierders is almal kardinale rolspelers in die landbousektor. “Om byvoorbeeld ʼn paar groot beesvoerkrale as die voorsieners van vleis vir die land te sien, is oorvereenvoudig. Die beeste wat eers gevoer word, word aan hulle deur die hele spektrum van produsente, ongeag die grootte van die boerdery, voorsien,” het Wilken gesê. Gewone landbouers belangrik Hy meen om sekere dele van die waardeketting op te offer én die onvermoë van die regering, korrupsie en ideologiese opportunisme te verbloem, is gevaarlik en onregverdig. “Omdat twee lokomotiewe byvoorbeeld 30 treinwaens trek, kan jy nie besluit om die waens eenvoudig af te haak en dink die lokomotiewe gaan in elkgeval die bestemming bereik nie.” Volgens Wilken is landbouproduksie ook baie meer kompleks as net die produksie van stapelvoedsel. “Vat die wolbedryf as voorbeeld. Dit is ’n multimiljard-uitvoerindustrie waar die wol soms in van die moeilikste dele van ons land geproduseer word deur gewone en kleiner landbouers.” Hy het gesê daar is dus baie ander bedrywe wat ’n rol speel om die broodnodige buitelandse valuta te genereer. Wilken meen die sogenaamde “kleinboere” is die landbouers wat die ekonomie van klein dorpies in stand hou en werk aan die ongeskoolde arbeidsmag verskaf. Raak betrokke by gevestige strukture en werk saam “Vrystaat Landbou bly, soos deur sy geskiedenis, verbind daartoe om die belange van al sy lede en landbou in die algemeen te dien en te verseker dat elke produsent ’n regverdige en billike kans sal hê om sy passie uit te leef,” het Wilken gesê. Volgens hom is dit belangrik dat landbouers binne gevestigde strukture betrokke raak, deelneem en self hul toekoms bepaal. “Ons moet ook bedag wees vir die misbruik van die media, emosie en persoonlike aanvalle om korttermyn doelwitte te bereik,” het hy gesê. “Elke produsent moet verantwoordelikheid neem vir homself deur betrokke te raak, sy stem te laat hoor en nie net met ’n wenslys te sit en hoop iemand gaan verby kom en dit waar maak nie.”


08

072 757 0514

BRITS: 555Ace Cat R170 000. ONCO. Kontak 064 296 5193 REITZ: 640 Fiat trekker, 1976 model. 12652 km. Goeie toestand.R60 000. Kontak Grehard by 071 682 1390 REITZ: Trailor, 4man boot, cano en 5hp Mariner enjin te koop. R15000. Kontak Gerhard by 071 682 1390 WARDEN: Wit Qwakker eende te koop. R60 elk. Kontak 082 771 3861 WARDEN: Lexmark printer x5630 4 in one. R400. Kontak 0658363368 SENEKAL: Hand gemaakte jewellery te koop. Vir fotos en pryse WhatsApp Janine by 084 977 3609 BETHLEHEM: Mobi jack, goeie werkende toestand, nuwe tyres. R8500. Kontak 076 515 3061 BETHLEHEM: Alluminium visvang boot met motor, op trailor. R20 000. Kontak 076 515 3061 BETHLEHEM: Groot trailor met vaste tralies. 3.5m by 1.9m. Enkel as. R19 500. Onderhandelbaar. Of te ruil. Kontak 076 515 3061 BETHLEHEM: 4 Paar swart kapokkies. 2 paar Persian Silkies. Vir R1200. Kontak 076 515 3061 BETHLEHEM: Industrieële Sement Mixer te koop. R8000. Onderhandelbaar. Kontak 0765153061

REITZ: Ford Fairmont XR6 handrat , te koop of te ruil. Baie goeie toestand. R48 000. Onderhandelbaar. Kontak 079 448 6730 CLOCOLAN: Fiat Uno 1100. 1996 Model te koop. Kontak eienaar vir prys en verdere navrae. 082 333 2628 HARRISMITH: VW City Golf automatic, not recon. 16000. Contact 083 566 7253

BETHLEHEM: Ford 5000 Tractor with front end loader for sale. R70 000. Contact 083 657 9536 ZASTRON: City Golf engine te koop, 1.9 geboor. R4500 en ‘n body vir R3000. Kontak Reynette by 083 9292030 LADYBRAND: Opsoek na n “pug” hondjie. Kontak nr 083 305 2043 WARDEN: Staalskuur 12 x 20 m. Was nog nooit opgeslaan nie. Volledig met ingeneurs tekeninge. R78 000. Kontak 072 240 0911 WARDEN: Windpomp toring, geen roes nie. 9m hoog, om self af te slaan. R14 000. Kontak 072 240 0911 REITZ: Skaaktafel pragstuk in mooi hout inlegblokkies vir skaakspel. 50 x50 x 60cm. R500. Kontak 072 465 2510 REITZ: Voelgoed kruie, vir gesondheid. Speel gou klaar met skete. Kontak 072 465 2510 REITZ: Groot spiëel in raam. Baie mooi teen ‘n muur. 112cm. R500. Kontak 072 465 2510 CORNELIA: Cornelia Supermark plus aangrensende 4 slaapkamerhuis te koop. Kontak Nico de Witt 082 406 3293

BETHLEHEM: LG desktop monitor 19” R750. Contact 074 547 9275 VILLIERS: Speroni waterpomp, 40mm uitlaat skakelaar, 100m kabel suigpyp. 13– 40m besproeings pyp en sproeiers. Kontak D Botha by 0827666184 SENEKAL: Soek dringend iemand om bye uit my skoorsteen te haal. Kontak Vicki by 0833792024 LADYBRAND: Annique Weight loss products for ladies. Call 0833730279 HARRISMITH: Trampolien, standard pypraam, 2,5 x 3,5m Dubbel laag mat. R3500 Kontak 083 288 7751 HARRISMITH: Trojan Power Gym 150, muscle gain. R2300. -082 077 0579 SMITHFIELD: Bashan scrambler, swart. Slegs 1162 km. Lisensie en sertifikate in plek. Kontak Willie by 082 266 4354 SMITHFIELD: 2007 John Way Laguna 250 twin. Rooi met baie chroom, slegs 3257km. R249 000 Kontak Willie by 082 266 4354 BETHLEHEM: Nuwe seisoen oulandsgras bale, 1,2m te koop. R380. Kotak Pieter by 082 953 8392/ 083 604 0215 BETHLEHEM: Ford 5000 Tractor with front end loader for sale. R70 000 Kontak 0836579536 VILLIERS: 1.4 Feul injector Ford Fiesta, 2002 model te ruil vir n bakkie. Kontak Gert by 081 895305 VREDEFORT: Brahman bulle te koop, begin op R25 000, Whatsap 073 609 2534 BETHLEHEM: Wit Camery 95 handrat, goeie toestand, R59 000. Kontak 082 776 4091

www.rekordmediafs.co.za

BETHLEHEM:Canon Pixma Inkjet four in one copy machine R450 Contact 074 547 9275 FRANKFORT: Kia Sorento 4x4 handrat, 2.5 CRD 2006, 23500KM. R65000. Kontak Jhonny by 071 286 9448 TROMPSBURG: Ek soek na huurgrond vir 3000 skape. Suid Vrystaat of Noordelike Karoo. Kontak 079 5177359 PETRUSBURG: Lusern te koop. R2200 per ton. Lewer af regoor die land. Kontak nr 083 871 1022 SMITHFIELD: Honda Ballade 1991 model, R20 000, Kontak Linda Potgieter by 078 139 3813 CLOCOLAN: Groot reptiel hok op stand,, heater en ligte. R1400 kontak 083 926 6055 WARDEN; Tarpaulin for 3 ton truck, tie up back 2xH 2Xw 3xLR R2000, 065 836 3368 HARRISMITH; Empisal K680 Dubbelbed, Breimasjien met tafel en boeke vir R1000. Kontak nr. 0716894371 CORNELIA; Hardi spuit, 1600ltr tenk, maak self vol, loop op wiele, Boom wydte 11,5m. R60 000. Onderhandelbaar. Kontak Corry by 072 235 7365 CORNELIA: JD 7200 twee ry planter met Zimrah gifspuit te koop R45 000 Ondelhandelbaar Kontak Corry by 072 235 7365 VILLIERS: Empiso naaldwerk masjien, baie goeie toestand. Kontak J Botha by 082 740 6541 VILLIERS: Langbeen Foxterriers te koop. Kontak J Botha by 082 740 6541

LADYBRAND: Volledige Lyman herlaai toerusting, min gebruik. Perfekte toestand. R4800. Kontak 072 112 9377 CLOCOLAN: Ons bou nuwe swembaddensen Lapas en ons doen herstelwerk. Vir kwotasies kontak Elias by 082 400 7484 of 082 664 3423 VILLIERS: Chinese Swannek ganse – grys. Kontak J Botha by 082 740 6541 LINDLEY: Defy Super Twenty wit enamel 4 plaat gasstoof met oond. Gediens deur ‘n agent. R1000 Kontak 076 568 4810 FICKSBURG: 2007 BMW 650 Xchallenge bike. R30 000 Kontak Saun by 082 259 8568 VILLIERS:Geld. Geld. Harde kontant vir al u goue artikels. Munte en goue juweliersware. Kontak Johan by 082 747 1794 SENEKAL: BMW RT 1000 Motorfiets 1997 model, 40 000km, Baie goeie toestand. R42 000 Kontak 082 591 4945 VREDE: Wanted, a feed mixer. Must be pto driven, contact Ron at 083 280 4534 CLOCOLAN: 7m Mas vir solar paneel te koop. Kontak 083 926 6055 CLOCOLAN: Wendy huis te koop. 6m by 3m, goeie toestand. Kontak 083 926 6055 BETHLEHEM: Honda Strom 125 motorfiets te koop. R12 000 Mooi opgepas. Kontak Frikkie Brits by 066 047 4486 PETRUS STEYN: Antieke Elizabeth Queen sitkamer stel te koop. 3 sitplek bank, 2 stoele plus aparte bypassende stoel en koffie tafel. R10 000. Onderhandelbaar. Kontak 061 381 4874


072 757 0514

09

THIS ADVERT IS PAID BY THE POLITICAL PARTY CONCERNED

www.rekordmediafs.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.