
1 minute read
Opleiding in die HANTERING VAN VOLSTRUISVERE
by WCDOA pubs
deur dr. Anel Engelbrecht
PPersoneel van die Oudtshoorn Navorsingsplaas het onlangs die Sakhisizwe volstruisboerdery besoek om hulle touwys te maak in die hantering en oes van volstruisvere.
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou verskaf op verskeie vlakke ondersteuning aan die groep, onder meer deur die Program vir Landbouprodusentondersteuning en -ontwikkeling, in ’n poging om hulle te help om selfonderhoudend as ’n kommersiële volstruisplaas te kan funksioneer.
Hulle is sedert 2021 ook deel van ’n veekunde-navorsingsprojek wat deels gefinansier word deur die Nasionale Navorsing en Tegnologie Fonds. Die projek fokus op bestuurspraktyke ten opsigte van die versameling van volstruisvere.

’n Belangrike oogmerk van die finansiering is die ontwikkeling en ondersteuning van opkomende boere deur opleiding en vaardigheidsontwikkeling, terwyl daar ook gepoog word om transformasieideale na te streef. Buiten die werk saam met Sakhisizwe, word daar ook verskeie proewe op die Navorsingsplaas gedoen waarby ’n MSc-student, Caitlin Sampson, en ’n PhD-student, Molatelo Kekana, onder andere betrokke is.
Die gesoute “volstruispersoneel” van die Oudtshoorn Navorsingsplaas het baie ondervinding in die korrekte hantering van volstruisvere en is al ’n geruime tyd betrokke by navorsing met betrekking tot verbeterde welsynspraktyke. Hulle kon gevolglik hul kennis en ondervinding met die Sakhisizwe volstruisboerdery gaan deel. Daar is praktiese demonstrasies gegee en lekker gesels oor die verskillende bestuurspraktyke, soos vervat in die nuwe standaarde vir volstruisboerderye, waarvolgens volstruisplase deesdae vir sertifisering geoudit word.


Vir meer inligting kontak dr. Anel Engelbrecht:
Noudat hulle bemagtig is met die regte inligting, sal die Sakhisizwe-groep kan baat vind by die toepassing van verbeterde bestuurspraktyke wat voldoen aan die markvereistes AP