
1 minute read
LOOPBAANUITSTALLING
by WCDOA pubs
GGedurende Mei 2022 het die Departement van Landbou weereens ’n suksesvolle loopbaanuitstalling by die Hoërskool Zwartberg op Prince Albert gehou.

In totaal het meer as 500 leerders oor die twee
Nie minder nie as 16 instansies het die loopbaanuitstalling in die skoolsaal versier met ’n magdom verskillende loopbaangeleenthede. Onder die uitstallers was vyf universiteite, drie kolleges, vier private opvoedkundige instansies en vier provinsiale departemente.
Leerders van so ver as Merweville se twee primêre skole, asook die Hoërskool Laingsburg is per bus vervoer om die uitstalling by te woon. Leerders van die Hoërskool Zwartberg het natuurlik ook die geleentheid behoorlik benut en die uitstalling besoek. In totaal het meer as 500 leerders oor die twee dae die uitstalling bygewoon.
Die uitstalling is amptelik deur minister
Ivan Meyer geopen terwyl die matrieks van Laingsburg en Prince Albert hulle kon vergewis van die moontlike studierigtings wat in 2023 op hulle wag. Ná afloop hiervan het die Departement die matrieks en hul ouers getrakteer met ’n braaivleis op die skouterrein.
Erkenning
Die Departement wil sy dank betuig aan die personeel van die Hoërskool Zwartberg, Prins Albert se landbouvereniging, die Wes-Kaapse Departement van Onderwys, die Kaapse Loopbaan-uitstallersvereniging en al die uitstallers vir elkeen se bydrae om ’n groot sukses van die jaarlikse loopbaanuitstalling te kon maak. AP


For more information, contact Japie Kritzinger:
