
1 minute read
HUMAN CAPITAL DEVELOPMENT
by WCDOA pubs
Hy sien ons potensiaal raak en spoor ons aan om net ons beste te gee.
Landbouwerk is soveel meer as net wingerde aanplant, draad span en wynstokke snoei.
Dit is ’n wêreld vol geleenthede.
Dit is ’n ensiklopedie op sy eie met ’n woordeskat wat my soms laat voel asof ek in ’n landbouklas is. Effe verward met al die vreemde terme, maar dan is dit huiswerk.
Ek onthou dan: “Reading takes you places”, en woorde open wêrelde.
Landboukunde is ’n baie belangrike beroep en daarom moedig ek matrikulante aan om in die bedryf te studeer. Ons as landbouwerkers maak saak, nes die boer, wynmaker …
Die Coronavirus-pandemie het ons weer eens bewus gemaak daarvan. Om deel te wees van die noodsaaklike dienste is voorwaar ’n riem onder die hart. Ondanks sommige mense se negatiewe opinies oor landbouwerkers, is daar die seën in ons daaglikse taak om te kan voorsien vir ’n ieder en ’n elk wat in die land woon.
Landbouwerk het sy eie uitdagings, soos die onvoorspelbare weerstoestande, maar soos ’n sonneblom staan ek met my gesig na die son, want die Here is nog goed vir my.

Om in die natuur te kan werk is ’n herinnering daaraan hoe groot ons Skepper is.

AP
