
1 minute read
HUMAN CAPITAL DEVELOPMENT
by WCDOA pubs
te evalueer en te verwoord. Die eerste kursus is reeds in Februarie 2020 by die Elsenburg Opleidingsinstituut aangebied en is deur verteenwoordigers van verskeie suiwelverwerkers, suiwelkundiges en suiwelliefhebbers bygewoon. Die volgende geskeduleerde kursus in die Wes-Kaap word op 11 en 12 November 2020 by die Outeniqua navorsingsplaas in George aangebied.
Sensoriese webinaar
Ondanks die COVID-19-inperking, wat reeds geskeduleerde kursusse op die langebaan geplaas het, het die MPO gesorg vir ’n virtuele sensoriese webinaar-ervaring in Junie. ’n Reeks webinare wat op die verbruiker gerig is, is in die vooruitsig vir die res van 2020. Die webinare sal fokus op die evaluering van spesifieke produkkatogorieë (bv. sagte kaas: brie vs. camembert) of -handelsmerke, die korrekte gebruik van die produk, asook die produk as bestanddeel en as pasmaat.

Uitnodiging
Die suiwelevalueringskursus en ’n webinaar van twee uur word deur Kobus Mulder, internasionale suiwelkundige en beoordelaar, aangebied. Hy is ook die skrywer van die handleiding Dairy Sensory Evaluation, wat deur die WKDL geborg is. Navrae oor die aanbieding van die kursusse kan gerig word aan Julie McLachlan by 083 740 2720 of training@mpo.co.za
