Vrystaat News 20131024

Page 10

10

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 OKTOBER 2013

Boeke-kompetisie vir weblesers

Lesers, skryf só vir koerant Registreer en wen met ‘Vrystaat’ JY sê jy is lief vir lees? Jy kan een van vier boeke op Vrystaat se webtuiste by www.vrystaat.co.za met die komplimente van NBuitgewers wen. Die kompetisie begin vandag. Besoek die webwerf by www.vrystaat.co.za vandag en maak jou boekkeuse. Sien ook berig hiernaas wat presies verduidelik hoe om deel te neem.

WEN hierdie boeke op Vrystaat se webblad. Deelname is gratis. Beantwoord slegs die vraag. Daar is een wenner per boek. Registreer jou met jou e-posadres 1. Besoek vrystaat.co.za. 2. Regs van die Vrystaat-logo, kliek op “Meld aan”. 3. Onderaan die blad, kliek op “Registreer”. 4. Vul jou besonderhede in en kliek op “Stuur”. 5. Vrystaat sal vir jou ’n e-pos stuur na die e-posadres wat jy in stap 4 verskaf het om jou besonderhede te bevestig. 6. Maak jou e-pos-program oop. 7. Maak die e-pos van Vrystaat oop en kliek op “Kliek hier” om registrasie te voltooi. As jy nie ’n e-pos ontvang nie,

maak seker dit lê nie in jou gemorspos-lêer nie, of kontak Nico Gous by Nico.Gous@volksblad.com. 8. Gaan terug na jou webblaaier. 9. Kliek op “Registreer nou” om die proses te voltooi. Registreer jou deur Facebook 1. Meld jou aan op Facebook. 2. Besoek vrystaatkoerant.co.za. 3. Regs van Vrystaat-logo, kliek “Meld aan”. 4. Bo-aan die blad kliek op “Teken in met Facebook”. Die skakel vat jou na Facebook.

Lewe soos Jesus

Wen roman wat die hart roer DIE HART VAN ’N MA deur Abraham Phillips. Human & Rousseau, 2013. Prys: R175. IN ’n arm gemeenskap waar die dwelm tik verwoesting saai, vra drie ma’s desperaat: Wie is skuldig en wie staan dan vir geregtigheid? Maria verloor eers haar man en daarna haar seun. Ook haar suster, Stienie, en hul buurvrou, Bettie, moet magteloos toekyk hoe hierdie nuwe plaag hul lewe en huise binnedring en hulle al hoe stywer aan hul uitsiglose omstandighede vasketting. Daar is egter ’n man wat hom daarvoor beywer om die euwel te beveg en hom toenemend aan die kant van die vroue skaar – kaptein Wielieboy Mathabola. Dit is ’n ontroerende roman. ) Wen dié boek met die komplimente van NB-uitgewers. SMS die sleutelwoord Phillips, asook jou naam en van, na 45527. Die kompetisie begin vandag en eindig op 4 November.

Rikus Hattingh

Dié twee ‘susters’ se boek kóók GOURMET SUSTERS deur Ilse Fourie en Sue-Ann Allen. Kaapstad, Human & Rousseau, September 2013. Prys: R245. SUE-ANN en Ilse het ’n hegte vriendskap gevorm tydens die opnames van MasterChef SA 2012. Sedertdien pak hulle heelwat projekte

5. Kliek op “OK” wanneer Facebook jou toestemming versoek om die registrasieproses te voltooi. Skryf jou só in 1. Teken in met jou nuut geregistreerde e-posadres en wagwoord. 2. Meld jou aan by vrystaat.co.za. 3. Kliek op “Kompetisies” bo-aan die webblad. 4. Vind die kompetisie waarvoor jy jou wil inskryf en kliek op “Sien meer”. 5. Beantwoord die kompetisievraag. 6. Kliek op “Skryf in / Neem deel!”.

saam aan en staan as die Gourmet Susters bekend. Hulle het nou ook kragte saamgesnoer met die uitreik van ’n kookboek. Hulle het 44 algemene bestanddele gekies en elkeen het ’n resep gegee wat haar eie persoonlikheid en ingesteldheid teenoor die kos vergestalt. Die resepte is maklik en vinnig, maar ook opwindend: van oondgebakte, liggies gegeurde hoenderborsies tot vinnige pastageregte. Die leser leer ken nuwe tegnieke. Die boek is vir beginners, asook meer ervare kokke, geskik. Fourie, ook bekend as The Gourmet Princess, blog graag oor haar kos-wedervaringe en verfilm haar eerste kookprogram vir televisie op kykNET – Ilse Kook. Sue-Ann is die gas-sjef op die nuwe kosmark op die Kaapstadse Waterfront en daar is sprake van ’n internasionale uitsaaier wat ’n kosprogram oorweeg. ) Wen die boek met die komplimente van NB-uitgewers. SMS die sleutelwoord Gourmet, asook jou naam en van, na 45527. Die kompetisie begin vandag en eindig op Maandag 4 November.

JY sê jy skryf graag, kan gehaltefoto’s neem en het ’n neus vir nuus? Vrystaat is op soek na lesersjoernaliste op al die Oos-Vrystaatse dorpe wat gereeld nuusbydraes wil lewer en só deel word van die streek se gewildste plaaslike weekblad. Hoër- en laerskoolleerlinge kan ook bydraes as lesersjoernaliste lewer. Daar is nie vergoeding aan verbonde nie – wel die eer om jou naam by jou berig of foto te sien in ’n spogpublikasie soos Vrystaat of op sy webtuiste by www.vrystaat.co.za. Lesersjoernaliste kan met hul bydraes ’n besonderse gemeenskapsdiens aan hul dorpe of omgewing lewer deur nuus van belang daar uit te lig. Indien jy ’n lesersjoernalis van Vrystaat wil word, stuur ’n e-pos aan Susan Maré by smare@volksblad.com. Opleidingsessie op 8 November ’n Spesiale opleidingsessie word op Vrydag 8 November van 10:00 tot 13:00 vir al Vrystaat se bestaande korrespondente en lesersjoernaliste in die Bethlehem-kantoor aangebied.

NIE almal van ons kan iemand geldelik of fisiek versorg nie. Maar almal van ons kan deur ons sagte woorde en optrede iemand se siel versorg. Iemand wie se siel dalk klein en maer is . . . Verlede week het ek die Gospel Shop in die Metropolitan-sentrum op Bethlehem besoek. Intussen het die winkel na die Dihlabeng Mall verskuif. Terwyl ek so deur die boeke kyk, druk tannie Ria – dit is nou die tannie wat daar werk – ’n stukkie papier in my hand. By die huis lees ek wat op die stukkie papier geskrywe staan. ’n Vrou loop eendag op die dorp toe sien sy ’n klein, maer seuntjie op die

DS. RIKUS HATTINGH van Bethle­ hem, skrywer van die blog Vryval. sypaadjie sit. Toe hy met smeekoë vir haar brood vra, het haar hart onmiddellik sag geword en besluit sy op die ingewing van die oomblik om hom net

te bederf. Sy laai hom in haar motor, gaan koop vir hom ’n wegneem-ete van sy keuse en neem hom na ’n kettingwinkel sodat hy vir hom ’n paar stukkies klere kan uitsoek. Toe sy agterkom dat hy geen heenkome vir die nag het nie, gaan laai sy hom by ’n versorgingsoord af en gee aan die mense genoeg geld sodat hy minstens ’n maand in die nagskuiling kon bly. Toe sy hom die aand met ’n drukkie groet, gryp hy haar hand, kyk haar aan met oë van bewondering en vra: “Tannie, is Tannie Jesus?” Dink jy mense sien iets van Jesus in jou? Laat jy toe dat Hy jou so vorm, plooi en verander dat daar iets van Sy heerlikheid uit jou weerkaats? Dit het my baie laat dink. Hoe kan ek vandag, ongeag my omstandighede, soos U lyk, Here-God? 1 Pet. 2:22: As Christene word daar van julle verwag om soos Jesus te leef. Hy het vir julle ’n voorbeeld gestel hoe julle moet leef. Leef soos Hy geleef het. Tot volgende week op www.vrystaat.co.za.

Maak só as jy wil ‘Skype’ Nico Gous

NICO GOUS

SKYPE? Wat is Skype? Jy hoor mense sê hulle Skype met die kinders of kleinkinders. Nou hoe kan jy begin Skype? Hier is die stappe: Wat het jy nodig om te Skype? - ’n Rekenaar of slimfoon; - Mikrofoon. - Webcam (opsioneel). - Internet (hoe vinniger, hoe beter). - ’n E-posadres of Facebook-rekening. Wat is Skype? Skype is ’n program wat jy aflaai en op jou rekenaar opstel. Jy kan ook Skype op die nuutste slimfone gebruik. Hoe werk Skype? Skype gebruik jou internetverbinding om teks-, klank- of videoboodskappe te stuur en ontvang. Gesels met enigiemand oor die

wêreld heen wanneer hulle ook aanlyn op Skype is. Hoeveel kos dit om te Skype? Om Skype af te laai, vir jou ’n rekening te skep en te gebruik is verniet. Jy betaal egter vir jou datagebruik op dieselfde manier as wat jy vir datagebruik betaal wanneer jy Facebook of www.vrystaat.co.za besoek. Waar kry ek Skype? Besoek http://www.skype.com/ go/joinskype op jou webblaaier en volg die nodige stappe. Wat is die voordeel om Skype te gebruik? Dit is goedkoper as oorsese oproepe. Jy kan gesels vir so lank as wat jy wil. Met ’n webcam en vinnige internet kan jy jou familie of vriende sien, nie net hul stemme hoor nie. ) Nico Gous is Sentrale Plaaslike Koerante se webredakteur.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.