Vrystaat 07-02-2013

Page 1

Tel (058) 303 5411

3 Wêreldreisigers op Bethlehem

6 Hoofde praat oor opkikkers

13 Pienaar oor Bieliemieliefees

17 Vat kleur kop toe

24 Sport

9 771026 872001 >

DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

R3,50

Groepe geminag Susan Maré MUNISIPALITEITE in die Oos-Vrystaat het geen agting vir minderheidsgroepe met die aanstelling van nuwe werknemers nie. Skokkende statistieke dui daarop dat uit altesaam 3 787 werknemers by 7 munisipaliteite altesaam 95,25% (3 607) swart is, terwyl net 4,04% (153) wit, 0,66% (25) bruin en 0,05% (2) Indiërs is. Daarteenoor is die nasionale demografie volgens die 2011-sensus van Statistiek Suid-Afrika soos volg: 51 770 560 (totale aantal werknemers): swart (97,2%), wit (8,9%), bruin (8,9%) en Asiërs (2,5%). Roy Jankielsohn, DA-kiesafdelingshoof vir die Thabo Mofutsanyana-distrik, sê Oos-Vrystaatse munisipaliteite is glad nie verteenwoordigend van die land se demografiese profiel nie. Só is daar geen sprake van ’n reënboognasie nie. ’n Analise dui daarop dat daar erg teen minderheidsgroepe gediskrimineer word as dit teen Suid-Afrika se demografiese profiel gemeet word. Die sensus van 2011 dui daarop dat wit, bruin en Indiër-mense altesaam 20,3% van die totale Oos-Vrystaatse bevolking uitmaak. Slegs 4,75% van hierdie minderheidsgroepe is deel van die totale werknemers van sewe munisipaliteite. Bruin en Indiër-mense wat as deel van die swart bevolking in regstellende wetgewing beskou word, is as minderheidsgroepe ver onderverteenwoordig onder munisipaliteite se werknemers met ’n persentasie van slegs 0,71%. Volgens Jankielsohn is daar weinig of geen mense van minderheidsgroepe verteenwoordig in die uitgebreide openbarewerke-programme van die meeste munisipaliteite nie. Hy sê: “Die ANC-regerings in munisipaliteite moet besef dat ons reënboognasie uit ’n verskeidenheid bevolkingsgroepe bestaan. “Regstellende stappe sal binnekort, soos in die meeste ander lande waar dit van toepassing is, ingestel moet word om minderhede te beskerm.” ) Michael Links, inwoner van Bakenpark, sê: “Die feit dat ons as bruin mense nie erken word nie,

Grafiek: Morné Schaap

geld ook in die meeste staatsdepartemente. Gaan kyk maar hoe lyk die demografie by binnelandse sake op Bethlehem. Dit is nie maklik vir ’n Kleurling om enige werk te kry nie. Dit is ’n ontstellende situasie en dit is hoog tyd dat hierdie saak ondersoek word.” ) Nog ’n inwoner van Bakenpark, Richard Taylor, sê dit is ontstellend dat bruin mense so afgeskeep word as dit by aanstellings in munisipaliteite kom.

“Nepotisme speel natuurlik ’n groot rol. Onderhoudpanele is meestal swart en dan kry vriende en familielede voorkeur. Bakenpark se mense word in elk geval deur die munisipaliteit afgeskeep.” ) Herman Toerien, woordvoerder vir die CDP, sê dié party was uit die staanspoor gekant teen rassebegunstiging onder die vaandel van regstellende optrede of swart ekonomiese bemagtiging. Die beste kandidaat moet in die be-

lang van die groter geheel aangestel word. Rasgegronde aanstelling gebeur nie net in die Oos-Vrystaat nie. Onder die dekmantel van regstellende aksie plaas die ANC ’n moratorium op wit en bruin aanstellings. Van verteenwoordigende kwotas is daar dan geen sprake nie, sê Toerien. ) Die burgemeester van Dihlabeng, mnr. Tjhetane Mofokeng, was Dinsdag en Woensdag volgens sy kantoor uitstedig en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

NOG ’n bekende boer is op sy plaas in die distrik Reitz deur rowers aangeval en in die onderlyf geskiet. Lees die volle verhaal vandag op Vrystaat se Facebook-portaal .


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Wenner van bewys

KS

ortliks nippets

VRYSTAAT eindig sy leserskompetisie vandeesweek op ’n hoë noot. Oor drie weke het gelukkige lesers elk ’n geskenkbewys van R500 vir skryfbehoeftes van Libri Bethlehem gewen. Ons laaste gelukkige wenner is Bertha Karsten. Die wenner kan ná 14:00 haar geskenkbewys by Vrystaat se kantoor in Mullerstraat 39 kom afhaal. Lesersinligting soos per SMS-inskrywing ontvang, sal aan Volksblad, moederkoerant van Vrystaat, vir bemarkingsdoeleindes beskikbaar gestel word.

TROTSE ouerpare. Dr. Leon Brits, sy vrou, Benette, en Hein en Willie Pienaar het die premiére van Pretville bygewoon. Albei ouerpare het rede om trots te wees, aangesien hul kinders ook ’n aandeel in die rolprent gehad het. Die Pienaars se dogter Nerine was vir die kostuumontwerp verantwoordelik, terwyl haar jonger suster, Jolandi, en die Britse se dogter, Mánielle, haar asssistente was. Dié drie se name verskyn ook aan die einde van die rolprent op die skerm. RENÉ WHEELER (links), verlede week se wenner, saam met Co­ leen Cilliers, verkoopbestuurder van Vrystaat, Express Eastern Free Sate en Maluti. Foto: Redene Labuschagne

VERSE: Psalm 46:1 God is our safe place and our strength. He is always our help when we are in trouble. ) God is the place to which we can run for safety. ) He is your “safe place”. ) Take shelter in Him. ) He will be your help. Prayer: Lord Jesus, You are my refuge. I run to You with the full knowledge that You will strengthen and help me. Amen.

Regstelling VRYSTAAT het in die uitgawe van 24 Januarie berig oor die dood van Deon Taljaard (“Taljaard was ligstraal vir almal”, bl. 2). Die berig het ongelukkig sekere foute ingesluit, asook die voorbladprik wat gelui het “Johan Taljaard oorlede” in plaas van “Deon Taljaard oorlede”. In die berig op bl. 2 het die volgende feitefoute voorgekom wat in goeder trou aan die koerant verskaf is deur ’n ou skoolmaat van die oorledene: Die oorledene is nie aan breinkanker oorlede nie, maar wel aan prostaatkanker; hy is nie “op die dag voor sy 49ste verjaardag begrawe” nie, maar wel op 26 Januarie; die oorledene het nie na Reitz verhuis om sy pa met hul perdestoetery te help nie. Daar bestaan geen perdestoetery nie, maar wel ’n beesboerdery. Vrystaat vra om verskoning vir die foute en enige leed wat dit die gesin Taljaard besorg het.

Senekal het water Maryke Swart “DANKIE Vader, daar is water.” Dít was Hannelie van der Walt se woorde toe sy Dinsdagoggend die krane oopdraai en die eerste keer in ses maande water uit Senekal se krane sien uitloop. Soveel maande lank moes sy elke dag uit ’n wasbak met ’n bietjie water in was. Nou sal sy weer kan stort en bad. “Dit was te lekker toe daar water uit die krane kom,” sê Van der Walt. Haar vriendin, Marina Louw, sê: “Toe ek die krane hoor borrel, was dit so ’n verligting.” In die 41 jaar dat sy op die dorp woon, is dit die eerste keer dat so ’n waternood hulle tref. Hoewel hulle nou water het, gaan sy nog nie van haar konkas en kanne met water ontslae raak nie. “Ons weet nie wanneer die goed weer breek of nie werk nie.” Van der Walt sê: “Nood leer bid. Ek kon nie glo hier is water nie. Ek was so gewoond aan die tuinwerker wat die kruiwa kerk toe aanry (vir water). Ons is baie dankbaar.” Alina Geba, ’n inwoner van Tambo, sê ook dit is lekker en ’n verligting om weer water te hê. “Ons het laat Maandag water gekry, maar ek het nog nie daarvan gedrink nie.” Mokete Sifo, nog ’n inwoner, sê nou hy hoef nie meer ver vir water te loop nie. In die Engo-sentrum vir bejaardes was die verligting ook groot. “Ons moes die ou mense met skottels was. Hulle kon nie stort of bad nie. “Dit is baie geriefliker. Hulle kan nou stort of bad,” sê matrone Bets Niewenhuis. Sy sê die laaste paar maande het

SPESIALE Valentynsdag-ete: The Piano Lounge bied ’n spesiale Valentynsdag-ete aan vir alle verliefdes of enkellopendes. ’n Driegangmaaltyd sal by kerslig bedien word. Bel Hansie Jordaan by 083407-5796 vir besprekings. Vrystaat is ook op Facebook: Was jy al op Vrystaat se Facebookportaal? Tik http://www.facebook.com/Vrystaat in die Googlesoekblokkie in en word deel van hierdie gawe lesersgroep. Neem ook deel aan gereelde meningspeilings. Lees dié week op Facebook meer oor die jongste plaasaanval van Dinsdag in die distrik Reitz. Vrystaat Koerant Inspirasie op Facebook: Ou ure van lankal, en nuwe ure van nou, en blink ure van mooi dinge . . . – Alba Bouwer. Is jy lief vir mooi, inspirerende dinge soos Oos-Vrystaatse natuurtonele (foto’s van berge, wolke, blomme, landskappe en so meer deur top-fotograwe) of die woordkuns (gedigte, pantoems, haikoes en ander) of spreekwoorde, of YouTube-video’s van plaaslike kunstenaars soos Jaritha Pienaar of Brendon Shields? Tik dan http://facebook.com/VrystaatKoerantInspirasie in op Google se soekblokkie en . . . geniet! Marion Holm binnekort hier met kunstefees-produksie: Holm in geMARIOneerd se vertoning is op Vrydag 12 April om 19:30 in die NG kerksaal Bethlehem-Wes. Die vertoning is ten bate van die NG Moederkerk. Kaartjies is teen R100 per persoon by die kerkkantoor (09:00 tot 12:00 op weekdae) of by Libri beskikbaar. Navrae: 083-469-1597.

Tip-off leads cops to dagga ANNA MALOKA en Elize van Schalkwyk in die Engo­sentrum vir be­ jaardes. Albei is verheug oor die water. Foto: Maryke Swart die bejaardes meer paraat en verantwoordeliker gemaak. “Wanneer die krane nou drup, kom meld hulle dit aan.” Wilma Bester, ’n onderwyser aan die Hompie Kedompie-kleuterskool, sê tot die kleuters was gisteroggend opgewonde toe hulle sien daar is weer water. “Hulle het gesê: ‘Juffrou, Juffrou, ons het water’. “Ons moes hulle leer hulle moet die toilet trek wanneer hulle klaar is. Toe moes ons hulle leer hulle moenie,” sê Bester. Louw sê: “Dit was ’n regte eye opener. Ons is so gewoond om ’n knoppie te druk of ’n kraan oop te draai

en dan is alles in oorvloed. Ons het nooit water se waarde besef nie. “As die nood druk, bedink mense baie dinge. Die bad hoef nie altyd vol te wees nie. ’n Mens kan met ’n bietjie klaarkom. Dit is nie gerieflik nie, maar jy is skoon.” Mike Odendaal, voorsitter van die sakeforum, sê: “Aan die einde van ses maande se waterskaarste en gemoedere wat hoog geloop het, is Senekal baie dankbaar vir die genade van Bo dat ons met goeie reën water in die krane het.” Hy het ook sy dank aan boere in die distrik, wat daagliks water aangery het, en die Setsoto-munisipaliteit uitgespreek.

THE Bethlehem police arrested a man who was carrying dagga following a tip-off. It is alleged that Bonkose Mbele (33) was hitch-hiking to Harrismith when an unsuspecting truckdriver stopped to give him a lift. While on the road, the police conducted a waylay operation at Johan Blignaut Street. At about 02:00 they stopped and searched the truck and recovered two bags of dagga weighing 41 kg. The dagga had an estimated street value of R5 330. The dagga was confiscated and Mbele arrested. He appeared in the Bethlehem Magistrate’s court on a charge of possession of dagga and was released on R3 000 bail. He will appear in court again on 25 April.


VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

3

Swerwers na êrens Susan Maré WÊRELDREISIGERS van formaat. Twee egpare, elkeen langer as drie, selfs viér dekades al op ’n wêreldreis. Woorde ontbreek wanneer jy ontdek daar is wel mense wat heeltyds reis en die vyf vastelande letterlik al kruis en dwars deurreis het. En dat hulle die ooste, weste, suide en noorde van hoek tot kant uit hul kop ken. Dieter Kreutzkamp en sy vrou, Juliana, van Noord-Duitsland en Markus en Anita Rytz van Kaiseraugst in Switserland het Bernhard en Brigitte Rustemeyer op hul Bally Duffhoewe besoek waar hulle ’n paar dae met hul reuse-kampeerwaens uitgespan het. Die twee reisende egpare het me-

kaar die eerste keer in Lesotho ontmoet en dadelik aansluiting by mekaar gevind vanweë hul gesamentlike belangstelling in reis. Die Kreutzkamps en Rustemeyers het mekaar voorheen geleer ken. Wanneer ’n mens die egpare vra watter land hul voorkeurland in die wêreld is, antwoord al twee sonder huiwering dit is Alaska. Suid-Amerika kry ook hoë punte by die vier reisigers. Volgens Markus het Alaska met sy sowat vier miljoen inwoners ’n bekoring van sy eie. Dit is veral die suiwer, skoon lug en algehele vrede en rustigheid wat hulle aantrek. Hulle sou sonder huiwering daarheen kon emigreer. Suid-Afrika en Afrika in die algemeen lê hulle ook na aan die hart. Al

twee egpare gaan op pad terug na Europa weer deur Afrika reis. Kreutzkamp is ’n reisskrywer wat al meer as 40 boeke uitgereik het. Hy het ook al talle internasionale artikels vir onder meer National Geographic oor sy en Juliana se wedervaringe geskryf. Reis is vir dié twee egpare ’n lewenswyse. Huis is ’n kampeerwa waarin hulle ten volle toegerus is. Waar die kampeerwa se wiele tot stilstand kom, of dit nou in Alaska of in Timboektoe is, of op die Bally Duff-kleinhoewe – daar is dit tydelik huis. Totdat hul voete begin jeuk om verder aan te beweeg. Die een dag is hulle hier, die volgende dag daar. Elke dag is vir hulle ’n nuwe reis. Altyd swerwers na êrens.

149 VAN REENEN STREET, the house of Mr and Mrs du Toit, burnt down. Photo: Rodney Wainwright

Fire ruins house Niki Roy

MARKUS EN ANITA RYTZ van Switser­ land. Foto: Susan Maré

JULIANA KREUTZKAMP, Bernhard Rustemeyer en Dieter Kreutz­ kamp. Die Kreutzkamps is van Noord­Duitsland.Foto’s: Susan Maré

CLARENS was awoken on Sunday, 3 February, at approximately 06:00 by a substantial explosion. The police officer on duty, Guillaume Steyn, was alerted and along with Rodney Wainwright, Dave Green and other concerned citizens tried to put out the blaze at 149 Van Reenen Street. All were powerless to prevent the already substantially alight structure from being fully consumed by the flames which had breached the roof of the upper storey, single bedroom. Enquiries revealed that the timber house belonging to Mr and Mrs du Toit was unoccupied at the time. No injuries were reported to the Paballo’s Sisters who were by then present. The primary focus of the Clarens Fire Association and the men gathered there was to try and save the garage and contents

as the only remaining part of the structure when they arrived. They were successful in dragging out a Mercedes car through the bolted timber garage door. Little else of value could be saved from the fierce, advancing flames. The Bethlehem Fire Department was called out immediately and their bakkie unit arrived after approximately 30 minutes with the large fire truck a bit later. The explosion was apparently a gas bottle, but as yet the cause of the fire is unknown. The Clarens Fire Association, which was formed to fight veldfires and burn firebreaks around the village, was powerless to deal with a house fire of this proportion. Clarens obviously has a need of its own structural firefighter unit. Steyn said on Tuesday that the fire was caused by an electrical fault.


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Vrystaat Bespaar skaars water HOOFARTIKEL

Posbus 21, Bethlehem, 9700

WATERTEKORTE op Vrystaatse dorpe is nie meer nuus nie. Indien koerante deurlopend oor dié ongewenste toestand moes berig, sou dit bladsye en bladsye in beslag neem. Tog raak dit toenemend ’n bron van konflik tussen gemeenskappe en die plaaslike regering. Volgens Artikel 27 van die Grondwet het elkeen in Suid-Afrika ’n reg om toegang tot genoegsame water te hê – water wat uit krane kom, minstens in elke huishouding van die nege provinsies. Hoewel Suid-Afrika een van die droogste lande ter wêreld is, gebeur dit meestal dat munisipaliteite waterbronne onkundig bestuur. Ficksburg is ’n voorbeeld hiervan waar ’n gebrek aan water vir inwoners so ’n groot probleem was dat dit tot onluste gelei het – onluste wat tot die tragiese dood van Andries Tatane, ’n inwoner, gelei het. Die hoofrede vir die tragiese gebeure was dat die Setsoto-munisipaliteit seker een van die swakste bestuurders van waterbronne en -verskaffing is. Soos baie ander munisipaliteite was (is) daar nie die kapasiteit of kundigheid om genoeg skoon water aan inwoners te verskaf nie. Talle ander dorpe in die Oos-Vrystaat is ook gedurig ’n dag of dae sonder water. Pas was Clarens, ’n internasionaal bekende toerismedorp wat weekliks toeriste van oor die wêreld heen lok, glo drie dae sonder water. Die oplossing van al die waterprobleme lê deels in die verbetering van tegniese vaardigheid en kapasiteit in munisipaliteite. Nuwe waterbronne moet gedurig ontgin word. Op individuele vlak sal mense ook meer waterbesparend moet begin leef. Ongelukkig aanvaar ’n mens die water wat uit ’n kraan kom as vanselfsprekend. Dit is eers wanneer die kraan oopgedraai word en daar geen water uit die pyp stroom nie dat mense besef hoe kosbaar water is. Water is inderdaad ’n bron van lewe.

BL

riewe etters

Posbus 21/ PO Box 21 Bethlehem 9700

Artikel het lesers mislei F. HUGO, Bethlehem: EK skryf na aanleiding van die promosie-artikel Fokus op Wanda Viviers in Vrystaat van 24 Januarie. Dit is met verbasing dat ek die profiel en advertensie van Wanda Viviers in u koerant gelees het. Volgens die artikel is Viviers in besit van ’n B.Sc.-graad aan ’n Amerikaanse universiteit en het sy huidig geen nagraadse kwalifikasies nie. Indien dit haar enigste kwalifikasie is (soos in die artikel aangedui word), is dit onaanvaarbaar en professioneel oneties dat die persoon haar dienste as sielkundige, meer spesifiek as voorligtingsielkundige, adverteer.

Soms moet pa’s vir vreemde goed pa staan DIT is ongelooflik hoeveel verantwoordelikhede dikwels onverwags oor ’n mens se pad kom. Soos die padda. Toe ek die kinders roep dat ons ry, was ek nog salig onbewus van die padda. Dis eers toe ek moes begin toeter druk vir Benno dat hy sy opwagting gemaak het. Nie by die motor nie. By die visdam. Min of meer 10 minute gelede was einste Benno rustig besig met sy ontbyt. Voor die TV nogal. Gemaklik soos iemand wie se huiswerk alles al die vorige dag gedoen is. Dis eers toe ons moet ry dat hy skielik onthou van die padda. Dit is niks nuuts vir Benno om iets op die laaste oomblik te onthou nie. Maar gewoonlik is dit darem iets wat ’n mens vinnig kan afhandel. Nie die padda nie. “Pappa, ek het vir meneer Lourens belowe ek sal ’n padda bring.” Anien was reeds in die motor. Die laaste wat sy wou hê was om in die tweede week van haar hoërskoolloopbaan detensie te gaan sit omdat sy laat is – oor ’n padda! Benno het vervaard water geskep, maar daar was geen padda nie. Hy het wel

Die benaming “pastorale berader” word ook nie deur enige verduideliking of kwalifikasie gestaaf nie. In Suid-Afrika mag ’n mens net as sielkundige praktiseer indien hy of sy oor ’n meestersgraad in die sielkunde-studieveld beskik en indien die mens by die Health Professions Council of South Africa (HPCSA) geregistreer is. Dieselfde vereistes geld die geval van sielkundige toetsing en slegs professioneel opgeleide kundiges wat by die HPCSA geregistreer is, mag toetse afneem, interpreteer en terugvoering verskaf. Die artikel was onverantwoordelik en misleidend. Vrystaat het ’n verantwoordelikheid om alle relevante agtergrondinligting te verskaf sodat lesers ingeligte besluite kan neem. ’n Mens is reeds in ’n uiters kwesbare emosionele toestand wanneer om hulp aangeklop word. Indien so ’n mens in die hande van ’n onopgeleide, onprofessionele mens gelaat

S

andsteenpraatjies

slykkolle op sy hemp en broek gekry wat Arne vinnig met ’n vadoek kon afvee. Ons moes maar sonder die padda ry. Dis toe ons in die motor sit dat die verantwoordelikheid ’n baas kry. “Pappa, sal jy vir my die padda kan skool toe bring?” Eers het ek geweier, maar toe ek verneem dat hy eintlik die vorige dag al die padda wou vang, maar nie deur die nag in trauma wou laat bly nie, het ek sy ordentlikheid gerespekteer. Nadat die kinders afgelaai is, was dit terug huis toe. Gelukkig was my getroue tuinman, Gladstone, op sy pos. Ons het saam die visdam begin uitskep. ’n Paar klein paddavissierigeite het uit die dam gekom, maar geen padda nie. Net toe ek

word, kan blywende skade aangerig word. Ek is werklik teleurgesteld en geskok dat Vrystaat skynbaar nie die nodige navorsing doen voordat artikels geplaas word nie, en dat Viviers se professionele status en kwalifikasies nie vooraf opgevolg is nie. Die plasing van die nodige inligting wat professionele registrasie betref, word sterk vir lesers se onthalwe aanbeveel. Daar is meer as genoeg kundiges op die gebied wat Vrystaat van die nodige feite kan verskaf, of selfs ’n besoek aan die HPCSA se webtuiste sal u kennis oor die saak aansienlik verbreed. Tesame hiermee dring ek daarop aan dat Vrystaat ’n regstelling met betrekking tot Viviers se professionele status plaas. Vrystaat wil beslis nie sy lesers mislei nie, of hoe? ) Dit was ’n betaalde promosieartikel. Lees gerus wat die adverteerder self oor die saak skryf op die blad langsaan. Hiermee word die briefwisseling afgesluit. – Red.

wou moed opgee en besluit om die paddavissie-goeters skool toe te neem, het ’n reuse-padda uit die modder verskyn. Vir die tweede keer het ek skool toe gery. Ek wonder hoe dit gebeur het dat ek die paddavanger en hoofpadda-koerier in die huis geword het. Die oggend toe ek opgestaan het, was ek nog nie eens bewus van hierdie nuwe verantwoordelikhede nie. En nou was hulle myne. Die padda is veilig afgelaai. Benno het my verseker hy gaan nie geslag word nie. Hy was net daar vir demonstrasie-doeleindes. Ek het gewonder watter chaos die padda met pousetyd sou veroorsaak. Ek het gehoop die padda is ’n goeie leerhulpmiddel. En terwyl ek werk toe ry, besef ek die wonderlike voorreg daarvan om pa te wees. Jy weet nooit watter rol jy volgende gaan vervul nie. Jy weet net dit gaan onverwags wees. Jy weet ook dat jy dit met ’n oop gemoed moet benader – anders gaan jy iewers in ’n plek van “veilige sielkundige bewaring” opgesluit word en vir die dokters moet vertel hoekom jy in die nagte van paddas droom.

Verbyster oor ‘sielkundige’ SHANI GROVÉ, voorligtingsielkundige, Bethlehem: DIT was met verbystering dat ek in Vrystaat van 24 Januarie 2013 gelees het ’n vrou by name Wanda Viviers noem haarself ’n voorligtingsielkundige. Om as ’n sielkundige te registreer moet ’n mens ten minste ’n meestersgraad in die sielkunde behaal het, plus ’n internskap deurloop het. Die opleidingstydperk is soortgelyk aan die van ’n mediese dokter. Ek het die Raad vir Geestesgesondheid geskakel. Viviers is nie daar geregistreer nie – nie as sielkundige óf berader nie Dit is onwettig en strafbaar om jouself ’n sielkundige te noem wanneer jy nie een is nie. Sy beweer sy het ’n B.Sc. in voorligtingsielkunde aan ’n universiteit in Amerika bekom. Navorsing op ’n hele aantal webblaaie op die internet gee die volgende inligting oor die Western

Advanced Central University. Die massiewe Karachi- ( Indië) gegronde Organization for Global Education bedryf ’n hele rits sogenaamde “universiteite”. Volgens verskeie webblaaie is dit ’n bedrogspul en is die kwalifikasies nie geldig nie. Dit is nie in Amerika wettig geakkrediteer nie. Dit is uiters ontstellend dat mense weens die advertensie blootgestel word aan iemand wat onopgelei is. Stel jou voor – ’n weerlose mens met ernstige persoonlikheidsprobleme en depressie word “behandel” deur iemand wat nie weet wat sy doen nie. Hoe sal jy daarvan hou as iemand wat onopgelei is jou rug opereer of jou mangels uithaal? Dit is voorts ontstellend dat die professie van die sielkundige aangetas word deur mense wat hulle as voorligtingsielkundiges voordoen – veral omdat sy vir ’n mikroleningsmaatskappy werk. Geen sielkundige sal hom- of haarself met so ’n onderneming verbind nie. Dit sou oneties wees. Sielkundige etiek is daargestel om die publiek teen wanpraktyke te beskerm.


VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

BL

riewe etters

Posbus 21/ PO Box 21 Bethlehem 9700

Kwalifikasie wel erken WANDA VIVIERS, Bethlehem: EK waardeer elke reaksie, hetsy positief of negatief, op my advertensie van 24 Januarie in Vrystaat en beskou dit nie ligtelik nie. Ek wil begin deur te sê mense moet of mag nie alles glo wat hulle op die internet Google nie. Dit sal regverdiger wees om die instansie waarmee mense ’n probleem het regstreeks vir eerstehandse inligting te kontak . 1. Die Western Advanced Central University (WAC) is ’n geakkrediteerde universiteit in Amerika en word deur die Accreditation Council for Online Higher Education (ACOHE) erken. Dit kan bevestig word deur die Amerikaanse ambassade, die Amerikaanse staatsdepartement of die bestuur van die WAC-universiteit self te bel. 2. Die WAC-universiteit het meer as 4 000 gegradueerdes in SuidAfrika. Die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (Saqa) en die ministerie van buitelandse sake het ’n ooreenkoms dat alle bevestigde dokumentasie en grade aanvaar sal word. Bykans alle vorige gegradueerdes van die WAC-universiteit se akkreditasie by Saqa is reeds afgehandel en toegeken. My graad is inderdaad wettig en die verklarings van die ministerie van buitelandse sake en die Amerikaanse staatsdepartement is ’n bewys daarvan. Ek is ook ingelig dat indien enigiemand navrae het in verband met WAC se akkreditasie, of my graad, hulle gerus die Ameri-

kaanse ambassade of Amerikaanse staatsdepartement vir bevestiging kan bel. 3. Geregistreerde beraders doen óf ’n B.Psyc.-graad (vier jaar), óf ’n Baccalaureus-graad wat ek kan laat omskakel na die ekwivalent van ’n B.Psyc.-graad (ten minste aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa)). 4. Nog ’n bewys dat my graad wettig is en in Suid-Afrika erken word, is dat ek by die Council for Counsellors in South Africa (CCSA) geregistreer is. Ek glo regtig nie hulle sou my aanvaar en registrasie toegeken het as my graad of universiteit onwettig of vals is nie. 5. My titel as pastorale berader bly staan, aangesien ek reeds daarvoor by die CCSA geregistreer is en met my B.Sc. Counselling Psychology-graad daarvoor gekwalifiseer is. Ek sal onder die titel voorligtingsielkundige praktiseer sodra my eksamen en registrasie aan die Health Professions Council of South Africa (HPCSA) afgehandel is. Indien ’n kliënt intussen by my opdaag wat assessering van enige aard benodig, of indien die kliënt assessering versoek, sal ek die mens na ’n ander sielkundige verwys. 6. Dat ek by ’n mikroleningsagentskap as konsultant werk soos Shani Grové aanvoer, het ook niks met die prys van eiers te doen nie. Ek werk om my studie te kan betaal en te oorleef. Ek is nie so bevoorreg soos baie ander mense om heeltyds aan ’n universiteit te studeer nie. Ek werk en het buitengewoon hard gewerk om my graad te verwerf terwyl ek heeltyds werk en deeltyds studeer vir dit wat ek wil bereik. Ek dink dit spreek boekdele van my karakter en deursettingsvermoë. 7. Dit is en was nooit my bedoeling om enigiemand te na te kom, te mislei, te misbruik, onder ’n wanindruk te plaas of seer te maak nie. Ek dink net ek moet ook die kans gegun word soos alle ander mense om hul roeping en passie uit te leef

en hulp aan gewonde mense te verleen. Ek is op Bethlehem gebore en het hier skoolgegaan. Dit is vir my baie hartseer en vernederend dat mense my naam deur die modder wil sleep. Dit kan my toekoms, drome en goeie naam heeltemal verwoes. Ek voel verontreg dat so teen my uitgevaar word, my integriteit en professionaliteit in die openbaar, soos die koerant, bevraagteken word terwyl Grové en F. Hugo my nie eens ken nie – en ook nie my agtergrond, geskiedenis, karakter en morele stand in die gemeenskap nie. Ek meen hulle kon my regstreeks gekontak het om die saak te hanteer. 8. Dat dié mense Vrystaat in die spervuur plaas, is ook nie vir my reg nie. Hulle het tog ’n appeltjie met my te skil en nie met die koerant nie, so ek dink die koerant moet heeltemal uit die saak gelaat word. Die personeel doen net wat betaalde kliënte vir hulle vra om te doen en dit is nie hul verantwoordelikheid om navorsing te doen voordat enige advertensie geplaas word nie. Ek vra hiermee hoflik en nederig dat mense wat nog vrae het my regstreeks per e-pos by wandaviviers@gmail.com sal kontak. Ek beskou die saak dus nou as afgehandel en vertrou dat my verduideliking en antwoord voldoende is en ek dus nou met vrede gelaat sal word. Groete en seën.

Kliëntediens nou voorreg ONTEVREDE, Bethlehem: KLIËNTEDIENS is nie meer ’n voorkeur nie, maar eerder ’n voorreg. Ek kan nie help om te dink dat besigheidseienaars so voel nie – dat kliëntediens nie meer ’n reg is nie, maar ’n voorreg. Dit wil voorkom asof sekere besigheidseienaars en -bestuurders die indruk het dat as jy hul besig-

5

Professor laat ryk nalatenskap DIE bekende Bloemfonteinse opvoedkundige prof. Niel van Loggerenberg (80) is in die Mediclinic Bloemfontein oorlede. Hy word oorleef deur sy vrou, Martha, drie dogters, Hannalie Theron, Benette Brits en Hermine Lourens, en sewe kleinkinders. Brits is ’n departementshoof aan die Hoërskool Voortrekker. Van Loggerenberg was tot met sy aftrede dekaan van opvoedkunde aan die Universiteit van die Vrystaat en direkteur van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) in die Vrystaat. Hy het gereeld rubrieke in Volksblad geskryf en was ook die langslewende lid van die Vrystaatse Rugbyunie. Hierdie opvoedkundige, wat landwyd bekend was en groot respek afgedwing het, het ’n groot nalatenskap. Talle onderwysers in die Oos-Vryheid betree en nie hou van hoe dinge daar gedoen word nie, hulle die mentaliteit het van: Daar is die deur. Werknemers neem ook nie meer hul poste ernstig op nie en is van mening dat hulle oorwerk en onderbetaal is. Maar hoe kan jy meer verwag as jy nie meer gee nie? Is jou werk, die diens wat jy lewer, nie veronderstel om jou trots te wees nie? Ek wonder ook maar net hoe mense nie kan verstaan hoekom dit sleg gaan met besigheid nie. Hulle is nooit daar nie en hul personeel is nie bekwaam of opgelei

WYLE prof. Niel van Loggeren­ berg. Hy is reeds begrawe. staat het by hom klas geloop. Mariehetta Matthee, hoof van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, het gesê Van Loggerenberg was ’n groot olienhoutboom wat nou geval het. om die werk te doen nie. Jy as mens moet mos trots wees op jou werk, op die beeld wat jy na buite straal. Sal dit nie lekker wees as die gemeenskap jou naam ken oor die wonderlike dienslewering en jou lus vir die lewe nie, eerder as vir die ongeskikte, onbehulpsame mens wat daar werk? Ag nee wat, julle maak dit regtig onsmaaklik om sekere winkels op die dorp te besoek. Veral wanneer die persoon wat jou moet help hul sin met ’n groot sug begin. Ja, sowaar. Meisie, jy is 20, nie 80 nie!


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

KOLLIG OP DWELMS IN SKOLESPORT

Hoofde lug hul mening oor opkikkers SPORTOPKIKKERS kom in bykans elke skool in Suid-Afrika voor. Só het dr. Ion Patricios onlangs in die media gesê. Patricios is ’n Gautengse sportdokter en kundige oor die gebruik van steroïede onder hoërskoolkinders in Suid-Afrika. Hy sê: “Tienerseuns is onder geweldige druk om te presteer, veral in ons land wat so rugbymal is.” Is opkikkers ook in Oos-Vrystaatse skole ’n probleem? Susan Maré van Vrystaat het met skoolhoofde en afrigters gesels en deel hier hul menings.

GERRIE COETZEE, voormalige adjunkhoof van die Hoërskool Witteberg.

Oudhoof het bedenkinge

GERRIE COETZEE, voormalige adjunkhoof van die Hoërskool Witteberg wat vier dekades ’n besonderse rol in afrigting op Bethlehem gespeel het en talle plaaslike, provinsiale en Suid-Afrikaanse kampioene op sy CV as sportafrigter het, het ernstige bedenkinge oor die gebruik van verbode middels op Bethlehem. Hy vra ses kritiese vrae: . Waarom vertoon van ons kinders asof hulle binne enkele maande ’n fisieke metamorfose ondergaan het? . Waarom gebruik kinders kreatien wat deur ouers gekoop word? Is daar onderwysers wat dit in hul klasse verkoop? . Van wie kom die druk om te presteer? Ouers, afrigters, skoolhoofde of beheerliggame? . Is van ons mediese dokters by die “opbouprogramme” van sportlui betrokke? . Wat gebeur wêreldwyd met bekende sportmanne? Besef ouers nie die lewensgevaarlike speletjie wat hulle speel nie? . Is ons plaaslike skoolhoofde bereid om ’n openlike verklaring uit te reik dat leerlinge van hul onderskeie skole ook deur SAIDS getoets gaan word? Coetzee sê niemand is aan hom ’n antwoord verskuldig nie en hy praat ook uit geen gesagsposisie nie. Hy hoop net dat die mededingende sport in die plaaslike skole nog ’n natuurlike, vreugdevolle belewenis vir kinders sal wees. Hy hoop dat die bestuur en afrigting van kinders nog ’n opvoedkundige grondslag sal hê. Coetzee sê: “Waardeer en geniet ons kinders. Die Hemelse Vader het hulle as normaal geskape en onder ons sorg gelaat . . . ”

Woon praatjie by DIE Hoërskool Witteberg op Bethlehem is die gasheer vir die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (SAIDS) wat Bethlehem Woensdag gaan besoek. Coenie Venter, skoolhoof, nooi alle belangstellendes om van 14:00 tot 16:00 die praatjie in die skool se saal by te woon. Vir verdere inligting oor die praatjie kan die skool se kantoor by 058-303-5721 gebel word.

KOBUS PELSER, hoof van die Laerskool Truida Kestell.

ANDRÉ SMITH, hoof van die Laerskool Jordania op Bethlehem.

DAWIE MATHEE, adjunkhoof van die Hoërskool Voortrekker.

BY die Laerskool Truida Kestell besef ons dat ons besig is met die vorming en ontwikkeling van toekomstige sportsterre. Jannie en Bismarck du Plessis is Bethlehem-seuns wat uit ’n skoolomgewing kom waar dit belangrik is om hard te werk en eerlik te wees en sodoende beloon te word deur suksesvol te wees. Ons besef die belangrike taak wat ons as opvoeders het om norme en waardes by die leerlinge tuis te bring en in te dril. ’n Waarde waarop ons klem lê, is eerlikheid. ’n Leerling moet van kleins af geleer word om dit wat hy wil bereik op ’n eerlike wyse te doen. Miskien is die probleem dat daar te veel druk op skole en atlete geplaas word om te presteer. Die skool met die beste sportprestasies is tog die beste skool volgens baie ouers. Ouers plaas druk op hul kinders. Hulle moet eerste span speel en provinsiaal presteer. Ja, ons moet die wenmotief nastreef, maar dit moet vir ’n speler of atleet ’n lus en nie ’n las wees nie. Gelukkig is die probleem nog nie by ons laerskole nie (nie waarvan ek weet nie). Maar soos ek sê, ons by die laerskole lewer ’n belangrike bydrae – om die grondslag vir ons leerlinge te lê. Hulle moet kan onderskei tussen wat reg en verkeerd is en die regte besluite neem. Ek sê altyd vir ons leerlinge dit is belangrik om die regte keuses te maak en nie noodwendig altyd die gewilde keuses nie.

WAT verbode middels betref, het ons by die Laerskool Jordania nie ’n beleid daaromtrent nie, omdat ons nog nie gedink het dit nodig was nie. Dit is beslis nie ’n probleem by ons skool nie en daar was nog nooit ’n vermoede van so iets nie. Ek weet nie wat die wet sê om minderjarige kinders te toets nie, maar as ouers toestemming gee, is ek seker dit sal nie ’n probleem wees nie. Spelers op die Cravenweek vir hoërskole word byvoorbeeld deur SA Rugby getoets. Op die Cravenweek-toernooi vir laerskole word dit egter nie gedoen nie. Ek dink die probleem kom dalk eerder in hoër- as laerskole voor.

DIE gebruik van opkikkers in sport is baie aktueel aangesien veral die Lance Armstrong-debakel dit onder die vergrootglas geplaas het. Dit is nie ’n nuwe verskynsel nie. Dit kom al baie jare en veral senior sportmanne is gereeld in die nuus oor die misbruik (of gebruik) van verbode middels. Solank as wat kompeterende sport beoefen word, gaan dit ook nie sommer stop nie. Ek is al nege jaar die hoofafrigter by Voortrekker se eerste rugbyspan en is op rekord dat ons geheel en al gekant is teen die gebruik van enige twyfelagtige stimulante en veral verbode middels. Ons het die volgende projekte begin: ) ’n Bietjie meer as twee jaar gelede het ons ’n mediese dokter gekry wat ’n sessie met ons seuns gehad het oor die gebruik en misbruik van allerlei stimulante en verbode middels. ) In 2012 het Jaco Barnard (oud-Bulle-speler en voedingskundige) ’n praatjie oor dié onderwerp en die gebruik van aanvullings in ons saal aangebied. ) Ek het die Griffons se hoërskole-bestuur versoek om ’n waarskuwingsbrief aan skole te stuur wat hulle gedoen het. ) Ons het dié inligting op ons Communicatornetwerk geplaas en per nuusbrief aan ouers gestuur. ) Ons het saalperiodes gebruik om die kinders teen hierdie misbruike te waarsku. ) Ons het besluit om die inligtingsessie van die SAIDS by Witteberg bywoon. As bestuurslid van die uitvoerende bestuur van Griffons-hoërskole-rugby kan ek die versekering gee dat dié vereniging hom ook ernstig hierteen uitspreek. Afrigters se taak word egter bemoeilik deur die uitsprake en uitlatings van sommige senior provinsiale en nasionale afrigters, asook oud-afrigters, waar hulle minimum gewig-, lengte- en kragvereistes vir sekere posisies stel. Ons lees dit in die koerante en hoor dit tydens onderhoude. Verder is ouers ook soms onkundig oor die onderwerp óf hulle verkies om nie by hul kind se doen en late betrokke te raak nie. Is dit ’n probleem op Bethlehem? Ek dink nie Bethlehemse skole is anders as enige ander skool in Suid-Afrika nie en daarom kan dit ook hier kop uitsteek. My boodskap aan ouers is om betrokke te wees by hul kinders en te alle tye te weet wat hul kinders doen

Sport moet Beleid nog nie las wees nie nodig

COENIE VENTER, hoof van die Hoërskool Witteberg.

Kwessie ’n voorkeursaak HERMAN VAN DER MERWE, hoof van die Hoërskool Reitz.

Opkikkers hier taboe

BY die Hoërskool Reitz is verbode opkikkers taboe. Op die platteland is dit nog nie ’n probleem nie. Ons sal dit verwelkom as die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (SAIDS) ons sportkinders wil toets. Kinders en ouers moet onthou opkikkers is nie die antwoord nie. Kies ’n skool en afrigters wat hulle distansieer van opkikkers. Ongelukkig verkeer ouers en die publiek onder die wanindruk dat opkikkers prestasies gaan verbeter. Hierdie probleem loop hand aan hand met die werwing van sportleerlinge. By die Hoërskool Reitz het ons ’n siening dat leerlinge self verantwoordelik is vir prestasies. Daar word ’n groot poging aangewend om die beste moontlike afrigters aan te stel en sodoende die leerlinge op ’n gesonde manier te ontwikkel. Petr Havenga, die Afrika-kampioen in die 400 m, is ’n voorbeeld. Hy word afgerig deur ’n personeellid van die skool en volg self ’n gesonde leefwyse.

DIE Hoërskool Witteberg en sy vennote, wat insluit ouers, leerlinge en die beheerliggaam, het reeds die voortou geneem om hiervan ’n voorkeursaak te maak. Op 6 Februarie het ons ander skole se afrigters genooi na ’n inligtingsessie hieroor wat deur SAIDS aangebied sal word. Ons is soos almal in Suid-Afrika bekommerd oor die prys wat ons jeug moet betaal vir tydelike roem van sportoorwinnings, terwyl nie eens 1% van alle leerlinge eendag ’n beroep uit sport gaan maak nie. Die druk op ons kinders om te presteer is geweldig – danksy ’n samelewing wat so ’n hoë premie op prestasie plaas. By Witteberg gaan ons uit ons pad om gesonde deelname aan te moedig, maar beslis nie ’n afgod van wen te maak nie. Ons streef daarna om aan leerlinge geleenthede te bied ten einde hul volle potensiaal met hul Godgegewe talente te bereik. Dit is hartseer om as opvoedkundige te weet wat die skade is wat die druk op ons kinders veroorsaak en om te sien hoe ouers niks sal ontsien vir hierdie verbygaande roem nie. Ons het dan ook reeds openlik verklaar dat ons dit nie sal goedkeur nie en gevolglik ons volle samewerking aan SAIDS gee. Ons wag nou op die inligtingsvergadering om ons pad vorentoe te rig. Ons sal dit beslis nie duld nie, want die prys om jong kinders te offer vir kortstondige oorwinningsroem is te hoog. Of dit ’n probleem by Witteberg is? Nee, beslis nie. Ek het ’n persoonlike verhouding met al my leerlinge. Ek vertrou hulle en het hulle reeds uitgenooi om my te kom spreek sou hulle hulself hieraan skuldig gemaak het. Ek het geen leerling gehad wat dit gedoen het nie en vertrou my kinders.

Ouers, wees betrokke

Wat dink jy hieroor? Susan Maré HY het ernstige bedenkinge en vrae oor die gebruik van verbode opkikkers by skole op Bethlehem. Só sê Gerrie Coetzee, oud-adjunkhoof van die Hoërskool Witteberg, wat vir dekades een van die bekendste sportafrigters in die Vrystaat was. Opkikkers in skolesport was die afgelope tyd in die nuus nadat ’n bekende Gautengse sportdokter teen die gebruik van steroïede in Suid-Afrikaanse skolesport gewaarsku het. Die sportdokter het verduidelik dat tienerseuns onder geweldige druk verkeer om in ’n rugbymal Suid-Afrika te presteer. Wat dink lesers: Is daar ’n probleem in Oos-Vrystaatse skole rondom opkikkers in sport? Stuur asseblief u mening oor die onderwerp per e-pos aan smare@volksblad.com.


VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

7

Social media risks

Beloof trou aan mekaar

Braam Botha

ANGELA FRÖH­ LICH, dogter van Harry en Inge Fröh­ lich van Bethlehem, en Barry Howell, seun van Barry en Elmarie Howell van Koppies, het op 26 Januarie op Laven­ der Hill buite Beth­ lehem getrou. Die paartjie woon nou in Fourways, Jo­ hannesburg. Foto: Verskaf

Sonde met die bye op Paul Roux Reneé Wolfaardt

EK sien hom . . . hy lyk soos ’n vlieënde helikopter . . . Ek staan versteen. Wat gaan nou met William aan? Die volgende oomblik tref dit my – tannie Sarie se bye. Ek hoor Ernst skreeu: “Metsi! Metsi!” (water! water!) en dan sny hy self ’n lyn, want sien, hy is ook allergies vir bysteek. Ek onthou my honde en jaag hulle met vinnige Speedy Gonzales-spoed die huis in terwyl ek vir Maria skreeu om die vensters van die huis toe te maak. So tussendeur skreeu ek vir William om in die eende se dam te spring. Ons werf is in chaos gedompel. Ernst sien William sit nie sy lyf onder water nie en skreeu: “William, jy moet onder die water gaan!” Die volgende oomblik kom nog so ’n klein helikoptertjie by die hek in, reguit stoor toe. “Elias!” skreeu ons terwyl die aardigste geluide uit die stoor opklink, “jy moet in die eende se dam gaan spring. Daardie bye gaan jou nie los nie.” Die hemde waai en toe ’n plonsgeluid met die skroewe wat nog in die lug draai. Wie bel ek in die krisis? Die polisie? Nee, hulle wil nie help nie. Brandweer? Nee, nog ’n toe deur. Bel vir Theuns. Hy sê: “Bel die ambulans.” Ek bel die ambulans. Hy is op pad. Anti-allergiese pille en weg is Ernst met ons werkers na die plaaslike kliniek toe. William lyk nie goed nie. Daar moet jy omtrent heeltemal dood wees voordat hulle jou help. ’n Mens kry so ’n magtelose gevoel. Ons bly regtig in donker Afrika. Die ambulansmense bel gelukkig weer om te hoor waar ons is en ek verwys hulle na die kliniek. Daar kom hulle toe darem vir Ernst tot hulp wat toe al 110 skape getel het om kalm te bly. Ons werkers is op pad hospitaal toe. Nog ’n krisis. Tannie Sarie en haar hond is óók gesteek. Sy nie so erg nie, maar Mandy het die pad gevat en waar kry ons haar nou? Ek weet nie watter kant toe nie. Oom Dries, ongestoord met die vlieëslaner, kry vir Mandy en tannie Sarie gee haar ’n anti-allergiese pilletjie. Ek bel verwoed rond op soek na iemand op Paul Roux wat bye kan verwyder. Ek kry hom daar op Bethlehem. Nee, hy sal Vrydagaand kom. Later die aand toe Ernst die tuingereedskap by tannie Sarie gaan haal, kom hy af op die hark – vol heuning. Klinkklaar voor sy geestesoog: dié dat die bye soos kamikazes optree. Ons ry so om 20:00 Phekolong-hospitaal toe om ons werkers te gaan haal. Hulle lyk so verwese. Kaalvoet. Die skoene het in die proses soos dodelike byeslaners gewerk. Ten minste lyk hulle darem oukei en kan ek weer asemhaal. Ek en Ernst gesels: “Dit was die laaste,” sê ons vir mekaar. “Jy moet self-onderhoudend wees, selfs op mediese gebied, as jy op Paul Roux wil bly . . .” Paraatheid is die nuwe woord in ons woordeskat. Noodhulp, medisyne en beslis ’n ambulans wat heeltyds op Paul Roux gesetel is, word ons nuwe visie vir Paul Roux.

G

eselshoekie

THE abuse of the social media such as Facebook, Twitter and LinkedIn by employees carry risks for companies because of the free use of these tools. Some of the main risks for companies are damage to its reputation, defamation claims and dismissal disputes. A typical example is where a disgruntled employee badmouths his employer on Twitter, tarnishing the company’s reputation and resulting in his dismissal. Keep in mind that, once negative comments have been released in social media, it spreads like wildfire. The damage is done, and there’s nothing

you can do to stop it from spreading. But companies can at least contain the damage. One of the ways in which a company can contain the damage, is to monitor what is being said about you on social media platforms. It is also important to set rules and boundaries for employees to encourage responsible use of social media. These rules could be incorporated into the company’s Code of Conduct. Recent court cases have made it clear that employers are entitled to dismiss an employee who has seriously damaged the company’s good reputation, provided that the rules of fairness have been followed. ) Braam Botha is a CPA, Commecial and Labour Law practitioner and at the request of Vrystaat regularly contributes articles relating to business and the workplace for publication. For more information, contact Botha at 058-303-3844 or wellatwork@telkomsa.net.


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

FOCUS ON BETHLEHEM VOLKSWAGEN

New Golf could be best ever COULD it be the best car in the world? It’s not just a car . . . it’s a Golf. The New Golf is more than just a new generation; it is an extraordinary revolution that is the start of a new era for the Volkswagen brand. It’s completely re-engineered and packed full of accessible innovation usually reserved for much more expensive cars. The New Golf has a precision sculptured design that is unmistakably the iconic silhouette of Golf. A badge of premium character and a legendary driving machine, the New Golf is the biggest generational leap in the history of Golf. The completely re-designed cabin offers a level of luxury and a superior comfort reserved for premium-class cars. A futuristic driver display with standard touchscreen elevates the New Golf into a class entirely on its own – The Golf Class. That’s why it has no competitors, only rivals. Longer, larger, lower. With every single body panel re-engineered, this is no cosmetic makeover. Every single line on the New Golf is built to thrill. It is a design that elegantly bridges the divide between classic and cutting-edge. A design that is entirely new, yet unmistakably Golf. The longer wheel-base, shorter overhangs and even more precise lines provide new, yet classic dynamics. That recognisable, confident face sits proudly below a V-shaped bonnet and streamlined front grille and is balanced elegantly with beautifully contoured headlights.

Photos: Quickpic

It’s first-class travel for much less that you would expect. A lavish, but understated interior is class personified. Restrained and refined with absolutely no bling in sight. The interior is quite simply way ahead of its class. It is not only more spacious but has all-new ergonomic seating, whilst upgraded air-conditioning keeps the cabin cool and comfortable. Every detail has been considered and then re-considered with a more spacious and crafted interior that incorporates the most luxurious fabrics, soft-touch plastics and premium quality materials to the shape of the gearshift knob which has been customised to perfectly fit into the human hand. Safety first. Always. That’s the spirit of Golf. With the most prolific generation-on-generation improvements to active and passive safety innovations resulting in a Euro NCAP 5-Star safety rating and four Euro NCAP Innovation Awards, the New Golf is one of the safest cars ever built. Seven airbags standard, a new generation braking system incorporating ABS, ESP with EDL and an epic range of new driver assistance innovations provide the ultimate peace of mind. The futuristic Multi-Collision braking system automatically engages when the vehicle is involved in an accident in order to significantly reduce vehicle speed, helping to avoid secondary collisions.

your tablet or phone with ease and has a wipe and zoom feature for easy control. The interior cabin is a triumph of innovation, but where the New Golf truly shines is on the road. With an array of dynamic innovations including Auto-hold, an Electronic Park Brake and multi-function display, the New Golf is a polished over-achiever. Drivers wanted.

Often copied. Never equalled. The Golf has earned a formidable reputation over six generations. And now with astonishing innovations built into the New Golf, it’s tie for the best gold yet. Sovereign. Authoritative. The

seventh generation Golf is a leader that personifies automotive excellence. The New Golf provides a new level of control and responsive-

ness with a standard multimedia touchscreen. The high-end touchscreen senses your finger movements and reacts even before you touch it, connects to

Instinctive. Responsive. Dynamic, sporty performance takes the love of the drive to an entirely new era. New generation TSA and TDI engines offer technology today that should only

be available tomorrow. It is another reason why the Golf is so much more than just a car. It is the car that redefines the car. The car for those who love the thrill of the open road. We are thinking blur. Are you? BlueMotion Technologies is standard across the range. With remarkably low fuel consumption and mush lower CO2 emissions and up to 100 kg lighter frame, the New Golf is much more efficient than any previous generation Golf. Start-Stop with Brake Energy Recuperation means you can love the road and the planet at the same time.


VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

9


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

DIE skole van Reitz het onlangs op die Piet Geyer­sportterrein met mekaar kragte ge­ meet. Sowat sewe skole van Reitz en Petsana het hier aan ’n atletiekbyeenkoms deelge­ neem. Dié jaarlikse instelling is ’n hoogtepunt op die dorp se sportkalender. Hier is Petr Havenga van die Hoërskool Reitz wat in ’n rekordtyd van 10,75 sekondes ’n eerste plek in die 100 m behaal het.


VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Bielie van ’n Mieliefees wag DIT is weer sulke tyd. Die Bieliemieliefees, wat vanjaar die 33ste keer aangebied word, word as een van die grootste familiefeeste in die land beskou. Vanjaar kan feesgangers hulle van 14 tot 17 Februarie in die allerlekkerste kos van die geweste en ’n program propvol vermaak vir oud en jonk verlustig. Pienaar van Zyl, voorsitter van die feeskomitee, sê die ter-

rein wemel om alles reg te maak om vanjaar se verwagte 20 000 feesgangers te verwelkom. Geboue word geverf, tente word opgeslaan en geriewe word opgeknap om die fees ’n onvergeetlike fees vir almal te maak. Naas Nampo is dié fees die enigste fees in sy soort waar die klem op landbou val. ) Kry die volledige program op bl. 13.

11


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Wedrenne aangebied Johan Viljoen BERGFIETSRYERS kan hulle regmaak vir twee opwindende bergfietswedrenne wat binnekort op Reitz gaan plaasvind. In albei wedrenne sal die geld aangewend word om skole op die dorp op te knap. Die eerste wedren vind op 16 Februarie tydens die Bieliemieliefees plaas en sal deel van die feesprogram wees. Die wedren sal ’n pretrit wees wat oor 25 km strek. Geld wat uit die inskrywings gemaak word, sal aan die dorp se kleuterskool oorhandig word.

Inskrywings kan tydens die Bieliemieliefees op die dag om 08:00 op die skouterrein gedoen word. Die inskryfgeld is R60. Deel van die roete sal strek oor die bekende Joberg2C-roete. Rig navrae aan Larry Paul by 071-679-5141. Die volgende wedren vind op 2 Maart plaas en word deur die Hoërskool Reitz se koshuis aangebied en sal ’n verdere deel van die Bieliemieliefees wees. Deelnemers kan hulle in drie afstande inskryf naamlik 120 km, 80 km en 40 km. Besoek die Joberg2C-webtuiste vir meer inligting.

Bied iets vir oud en jonk

DIE fees bied heerlike, vars gebakte mieliebrode, braaimielies oor die kole, mieliekoppies met vulsels en gewone, warm gekookte mielies om die honger te stil. Na raming gebruik die fees sowat 20 000 mielies per dag om die produkte te maak. BESOEK Mortimer Toyota se uitstalling op Reitz se Bieliemieliefees van 14 tot 17 Februarie. Die Toyotavragmotor is ook daar vir die gemak en pret van al Mortimer se kliënte en vriende. Besoek of kontak Andries Stone gerus by 058303-5441 vir meer inligting.

AS die padfiets­ of die bergfietswedren jou nie boei nie, kom neem gerus op Sa­ terdag 16 Februarie om 09:00 aan die vierwielmotorfietskompetisie deel.

STRONKBRAAI­ en braaibroodjiekom­ petisies, kulkunstenaars en boere­ sport . . . Die fees bied vanjaar hope pret en vermaak vir die jongspan.


VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

13

Bielie van ’n fees lekkerste in kontrei VANJAAR vier die Bieliemieliefees sy 33ste bestaansjaar. Dít is net weer ’n bewys dat die fees op Reitz die lekkerste saamtrek in die kontrei is. Vanjaar se feeskomitee is slaggereed om weer ’n propvol program vir oud en jonk aan te bied wat dit ’n onvergeetlike ervaring vir elkeen sal maak. Vir die boere is daar die nuutste trekker- en werktuig-uitstallings, asook saad- en kunsmisproewe. Die fees se gewilde skaap- en beesveiling mag ook nie misgeloop word nie. Die vroue gaan bederf word wanneer Heinz Winckler se vrou, die gewilde voorkomskonsultant Alette-Johanni Winckler, ’n kleuranalise-demonstrasie aan-

bied. Daar sal ook alles van ’n plakboekkursus (scrapbooking) en modeparades tot kookdemonstrasies en mosaïekwerksessies aangebied word. Vir die sportliefhebbers is daar op Saterdagoggend 16 Februarie ’n padfiets- en bergfietswedren om aan deel te neem, asook ’n vierwielmotorfietsresies vir die waaghals. Die Bieliemielie-gholfkompetisie bly ’n treffer. Die bulletjie-rugby en mini-netbal in die arena wys altyd hoe spangees eintlik moet lyk. Die immergewilde lasher-kompetisie bied vanjaar groot prysgeld. Die Hoërskool Reitz bied boeresport aan, asook kaskar-, stronkbraai- en braaibroodjie-kompetisies vir die

jongklomp. Vir die kleinspan is daar heeldag vir vermaak in die Kiddies Den in die Craft-hoekie voorsiening gemaak. Kom leer om te dans, kom speel speletjies of kom neem aan die Amazing Bieliemielie Race deel. Op Donderdagaand 14 Februarie begin die fees met ’n optrede van Juba, asook ’n straatfees en ’n straatmyl. Feesgangers kan ’n piekniekmandjie en vleis saambring. Wildlife-vertonings, boerevernufkompetisies, optredes van gewilde kunstenaars en vuurwerkvertonings maak van vanjaar se Bieliemieliefees weer ’n onvergeetlike belewenis.

PIENAAR VAN ZYL, organiseerder van die 33ste Bieliemie­ liefees.


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Bekendes op verhoog tydens fees ’n KEUR van die beste musiek wat Suid-Afrika kan bied, is te sien op vanjaar se 33ste Bieliemieliefees op Reitz. Die fees spog jaarliks met van die land se topkunstenaars en waarborg heerlike gesinsvermaak vir almal. Kaartjies vir drie vertonings elke aand is spotgoedkoop, so daar is geen rede om dit mis te loop nie. Op Vrydag 15 Februarie word die aand se vermaak deur die toonaangewende, kommersiële popgroep NRG begin (’n Westlife-en-Beatlesmengelmoes). Hierdie immergroen, revolusionêre pop/rock-groep sal beslis almal op hul voete kry. Adam Tas en Heinz Winckler tree ook dié aand op. Kaartjies vir die sterreaand kos R70 vir

NRG

volwassenes en R35 vir kinders. Saterdagaand 16 Februarie beloof om uit te staan. Die groep Adam open die verhoog, gevolg deur die gewilde (en pas verloofde) sanger Riana Nel. Die aand eindig op ’n hoogtepunt met die Afrikaanse rock groep Die Heuwels Fantasties wat treffers van hul nuwe album, Alles wat mal is, gaan sing. Die kaartjies vir die aand kos R80 vir volwassenes en R35 vir kinders. Ter afsluiting van die fees tree die gewilde gospelsanger Joe Niemand op Sondag 17 Februarie om 09:30 op. Dié vertoning is gratis. Rig enige navrae oor die fees aan die feeskantoor by 058-8632307.

DIE HEUWELS FANTASTIES

RIANA NEL

JOE NIEMAND

HEINZ WINCKLER


VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

‘Nuwe kapsel’ vir goeie doel DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Oos-Vrystaat-tak probeer om vanjaar ’n rekord daar te stel deur meer as 10 000 kapsels te verander deur dit te skeer, te spuitverf of te stensil as deel van die Shavathon se tienjaar-vieringe. Die Shavathon is Kansa se grootste en bekendste projek en lok jaarliks duisende deelnemers. Ondersteuners verander jaarliks hul voorkoms ten tyde van die Shavathon ter nagedagtenis aan kankerpasiënte. Kanker kom by een uit elke vier mense in Suid-Afrika voor, onder mans en vroue. Haarverlies is ’n algemene simptoom van chemoterapie en deur jou hare tydelik te kleur of te skeer maak gemeenskappe van oor Suid-Afrika heen ’n verskil in die stryd teen kanker. Kansa nooi die publiek om by vanjaar se Shavathon betrokke te raak en self ’n verskil te maak. Jy of jou maatskappy kan van 25 Februarie tot 1 Maart ’n Kansa Shavathon-geleentheid aanbied. Personeel, kliënte, besoekers of verskaffers kan almal deel wees van die geleentheid om kanker te bestry. Of raak betrokke by die gemeenskap se projekte om Kansa te help om die rekord te haal. Hulle benodig baie koppe en hande en jy is deel daarvan. Om jou eie Shavathon te reël of om jou aan te sluit as ’n Shavathon-vrywilliger bel Maryna Swart by 058-303-3522 of 082-5208909 of besoek die webtuiste by www.shavathon.org.za.

MIKE MOFOKENG van Agri­Com was krea­ tief en het sterre in haar hare laat spuitverf.

KANSA BETHLEHEM probeer om vanjaar meer as 10 000 kapsels te verander. Teen R25 vir ’n tydelike spuitverf of R50 vir ’n skeer kan ook jy ’n verskil in ’n kankerpa­ siënt se lewe maak.

LANDRI NIGRINI het self haar man, Jacques, se hare gespuitverf. Hulle is die eienaars van LA Sport. Inlas: Vrystaat se adverteerders het vrywillig op die stoel gaan sit om Kansa se Shavathon te ondersteun. Hier is Andries Stone, handelaarshoof van Mortimer Toyota. Foto’s: Joanie Bergh

15


16

VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

VKB tree tot braaikuikenbedryf toe REITZ. – Vrystaat Koöperasie Beperk (VKB) het as deel van ’n strategiese plan om te groei besluit om die baie belowende braaikuikenbedryf te betree om optimale voordeel uit die groter produksiegebied te trek. Dit het gelei tot die stigting van Grain Field Chickens op Reitz. “In ’n veranderende wêreld is dit noodsaaklik om aan te pas en te groei,” het mnr. Sas Kasselman, besturende direkteur: GFC, gesê. Die VKB-direksie het in 2010 besluit om verder in die voedselketting af te diversifiseer. Vanweë VKB se besonderse sakemodel van winsdeling met produsente hou geografiese uitbreiding nie werklik voordele vir sy bestaande lede in nie. Ná deeglike oorweging is die braaikuikenmark as uitbreidingsmoontlikheid ondersoek en lewensvatbaar gevind.

Die VKB-gebied produseer 600 000 ton mielies waarvan die meeste die plaaslike mark verlaat om in ander dele van die land verder verwerk te word. Die gebied lewer ook sowat 100 000 ton sojabone. Die twee gewasse, naamlik mielies en soja-oliekoek, is onderskeidelik 60% en 18% van die gemiddelde formule vir braaikuikenvoer. Die braaikuikenbedryf is wêreldwyd die vinnigste groeiende proteïenbron en alle aanduidings is dat dié neiging sal voortduur. Daar word per capita sowat 32 kg hoendervleis in Suid-Afrika verbruik teenoor 17 kg beesvleis en 6 kg skaapvleis. Die vooruitskatting, volgens die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging (Sapa), is dat die per capita-verbruik van hoender teen 2019 tot 47 kg kan toeneem.

Die faktore en die geleenthede wat dit vir VKB bied, het die deurslag vir die besluit gegee. “Die beleggings in die hoenderabattoir op Reitz, die veevoermeule op Vrede en die sojaoliepers op Villiers posisioneer VKB uitstekend om die bedryf kostedoeltreffend te kan bedien,” sê mnr. Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur: VKB. Die projek is in Januarie 2011 begin en in Julie 2012 is met produksie begin. Die huidige perseel van 9 800 m² (onderdak) was die samewerking van 26 kontrakteurs wat aangevoer is deur mnr. Mike Kingston, ’n voormalige voorsitter van Sapa wat as projekkonsultant opgetree het. Die abattoir is ’n wêreldgehalte-gerief waar in die huidige fase 450 000 hoenders per

week geslag word, wat beteken 875 ton vleis word per week geproduseer. Die verbruik van mielies en soja-oliekoek in die omgewing is onderskeidelik 45 000 ton en 12 500 ton per jaar. Eindelik sal die syfer verdubbel. Die eenheid verskaf ook werk aan 622 individue. In die volgende fase van die projek sal die syfers na verwagting meer as verdubbel. Die bemarking van die hoender sal hoofsaaklik deur groothandel, kleinhandel en die distribusienetwerke van 22 VKB-winkels, 24 NTK-winkels en 15 NTK-meeldepots gehanteer word. “Dit is ’n uitdaging, maar daar word probeer om met gehalteprodukte, gehaltediens en ’n kompeterende prys ’n handelsmerk te vestig waarop VKB kan trots wees,” sê Kasselman.

MNR. JOHANN CLAASEN, leierboer van Petrus Steyn en direkteur van VKB, knip hier die lint op Grain Fields Chickens se amptelike openingsdag. Claasen is die voorsitter van Grain Fields Chicken. Foto: Susan Maré

EIENDOMME


VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

KANSA

Kleurryke klomp gee die toon aan VRYSTAAT, saam met Kansa Bethlehem, het die Shavathon amptelik begin en die geleentheid is in goeie gees ontvang. Hare is in verskillende kleure gespuitverf en enkeles was so dapper om alles af te skeer. Die Shavathon open vir almal op 15 Februarie van 12:00 tot 18:00 by die NG kerk in Lindleystraat. Dit kos R25 vir ’n spuitverf en R50 vir ’n skeer. ADVERTEN­ SIEKONSUL­ TANTE van Vrystaat en Maluti en van die adverteer­ ders van die plaaslike koe­ rante het al­ mal tot die ge­ leentheid by­ gedra. Hier spog hulle met hul kap­ sels. Foto’s:

VIR Ockie Lotriet, mede­eienaar van O’Ha­ gens, is ondersteuning van Kansa se Sha­ vathon ’n jaarlikse instelling.

Joanie Bergh

JOHAN VAN ZYL, adverten­ siekonsultant van Maluti, het onmiddellik die vuur aangesteek nadat sy hare gespuitverf is.

LANIE HU­ MAN, ’n ad­ vertensie­ konsultant van Vrystaat, wou ’n voor­ beeld vir Bethlehem stel om deel van die pro­ jek te wees. GABRIÉLLA LABUSCHAGNE is mal oor haar pienk strepies.

DIE personeellede van Agri­Com het dadelik ingespring om deel van die pro­ jek te wees. Hulle is van links, voor: Kar­ lien Bender en Lindi Syminton; middel: René van der Merwe, Adri Oosthuizen, Anna Jordaan en Mike Mofokeng; ag­ ter: Das du Toit.

VIR Coleen Cilliers, verkoopbestuurder van Vrystaat, Express Eastern Free State en Maluti, was dit die eerste keer dat sy in die stoel gaan sit het. Sy meen dit is goed om kankerpasiënte te onder­ steun.

17


18

VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Dorp en skool sal vooruitstrewend word

ONS het 2012 gegroet en 2013 strek voor ons uit. LOUISE ROETS het by ’n paar Wardeniete gaan uitvind hoe hulle verlede jaar ervaar het en wat hul hoop en vooruitsigte vir 2013 is.

Leef in liefde LUKAS BEUKES is die skoolhoof van die Hoërskool Dirkie Uys en hy woon al 22 jaar op Warden.

Wat was in 2012 vir jou ’n hoogtepunt op die dorp? Die ontwikkeling en ingebruikneming van die skool se nuwe sportterrein, LUKAS BEUKES asook die samewerking tussen organisasies ter opbouing van die skool. Wat is jou mening oor die misdaad, spesifiek die inbrake en moorde wat in 2012 plaasgevind het? Ek hoop misdaad neem af en dat 2013 ’n misdaadvrye jaar sal wees. Dink jy Warden gaan nog oor vyf jaar bestaan en wat wil jy graag hê moet op Warden gebeur? Ek glo die dorp sal beslis nog bestaan. Ek hoop dat almal mekaar ’n plek in die son sal gun, dat die negatiwiteit dood geleef sal word, en dat ons met naasteliefde en in liefde met mekaar sal leef. Is jy tevrede met die toestand van die dorp en die dienste gelewer? Ek is dankbaar vir die positiewe veranderings en ook die goeie gesindhede waarmee ons gehelp word. September 2013 is die eeufeesviering van Warden en die Hoërskool Dirkie Uys. Wat is jou verwagting van die viering? Ek sien baie uit na die eeufeesvieringe en hoop dat dit ’n baie opbouende effek op die gemeenskap sal hê. Dit is vir my ’n groot voorreg om deel hierin te hê.

VAN links is Japie van der Merwe, Martie van Zyl, Gerhardus Bloem en Lizel van Zyl.

Buurtwag werk JAPIE VAN DER MERWE is ’n bemarker en woon al 18 jaar op Warden. Wat in 2012 was vir jou ’n hoogtepunt op die dorp? ’n Paar weldoeners het hande gevat en die B.A. Spies-koshuis herstel om sodoende verblyf aan leerlinge van die Hoërskool Dirkie Uys te kan bied. Dit was beslis ’n hoogtepunt. Wat is jou mening oor die misdaad, spesifiek die inbrake en die moorde wat in 2012 plaasgevind het? Dit kan beslis aan werkloosheid en armoede gekoppel word, maar met die stigting van die Warden-buurtwag het die huisbrake afgeneem. Dink jy Warden gaan nog oor vyf jaar bestaan en wat wil jy graag hê moet op Warden gebeur? Ja. My wens is dat die gemeenskap sal saamstaan om dit ’n beter en gelukkiger dorp te maak. Is jy tevrede met die toestand van die dorp en die dienste gelewer? Dit het baie verbeter van die vorige jare af. September 2013 is die eeufeesviering van Warden en die Hoërskool Dirkie Uys. Wat is jou verwagting van die viering? Ek sien baie uit daarna en hoop ons dorp word daardeur bemark.

LIZEL VAN ROOYEN, ’n boervrou en voorsitter van die beheerraad van die Hoërskool Dirkie Uys, woon al 11 jaar op Warden. Wat in 2012 was vir jou ’n hoogtepunt op die dorp? Sonder twyfel die teer van Piet Retiefstraat – ’n hoogtepunt vir elke Wardeniet. Wat is jou mening oor die misdaad, spesifiek die inbrake en die moorde wat in 2012 plaasgevind het?

Dat die gemeenskap mekaar in die tye sal ondersteun en help. Dink jy Warden gaan nog oor vyf jaar bestaan en wat wil jy graag hê moet op Warden gebeur? Beslis dat dit ’n vooruitstrewende dorp en skool sal word. Is jy tevrede met die toestand van die dorp en die dienste gelewer? Dienste kan verbeter, maar ek is bly om te sien pogings vir verbetering word aangewend.

Tuine lus vir die oog Pad ’n verbetering MARTIE VAN ZYL is ’n skoonheidsdeskundige en boervrou en al 32 jaar hier woonagtig. Wat was in 2012 vir jou ’n hoogtepunt op die dorp? Die NG kerk se tuin wat so pragtig is, asook die skool se tuin wat in wording is. Wat is jou mening oor die misdaad, spesifiek die inbrake en die moorde wat in 2012 plaasgevind het? Dit is baie hartseer en ek hoop dit word beter in die toekoms. Dink jy Warden gaan nog oor vyf jaar bestaan en wat wil jy graag hê moet op Warden gebeur? Ek glo Warden sal beslis nog bestaan en hoop dat die gemeenskap nader aan mekaar sal beweeg.

GERHARDUS BLOEM, ’n insleepdiens-werktuigkundige, wat tien jaar op Warden woon. Wat in 2012 was vir jou ’n hoogtepunt op die dorp? Vir seker die teer en herbou van Piet Retiefstraat. Dit is ’n baie groot verbetering. Wat is jou mening oor die misdaad, spesifiek die inbrake en die moorde wat in 2012 plaasgevind het? Dit is baie tragies. Ek hoop dit neem af. Dink jy Warden gaan nog oor vyf jaar bestaan en wat wil jy graag hê moet op Warden gebeur? Ek hoop hier kom meer haalbare sakeondernemings. Hier is darem vooruitsigte met ’n nuwe kettingwinkel wat gebou gaan word. Warden sal vir seker nog oor vyf jaar bestaan.

Is jy tevrede met die toestand van die dorp en die dienste gelewer? Nee, dit kan baie verbeter om Warden weer die glorie van weleer terug te gee.

Is jy tevrede met die toestand van die dorp en die dienste gelewer? Ek is in in ’n mate tevrede, maar daar is ruimte vir verbetering, veral die toestand van die strate soos die gedeelte van Oosthuizenstraat wat na die snelweg in- en uitgaan.

September 2013 is die eeufeesviering van Warden en die Hoërskool Dirkie Uys. Wat is jou verwagting van die viering? Ek hoop dit is ’n ongelooflike geleentheid en dat die samewerking tussen die mense heerlik sal wees.

September 2013 is die eeufeesviering van Warden en die Hoërskool Dirkie Uys. Wat is jou verwagting van die viering? Ek sien uit na die feesviering en hoop dat ou vriende herenig sal word en dat nuwe vriendskapsbande gesmee sal word. Ek hoop dit sal ’n ekonomiese inspuiting vir Warden beteken.

Witteberg hou ma-en-dogterteeparty DIE netbalafrigters van die Hoërskool Witteberg op Bethlehem het op Saterdag 2 Februarie ’n ma-en-dogterteeparty in die skoolsaal aangebied. Jana du Plessis, ’n voormalige provinsiale sportster en motiveringspreker, het die vroue kom toespreek.

Jana is ’n kanker-oorwinnaar en sy het haar wonderbaarlike getuienis met almal kom deel. Talle uitstallers het ook die geselligheid bygewoon, asook verskeie gasvroue wat die tafels verfraai het. An-nne Venter, het ’n besonderse weer-

GENEVIEVE (LINKS) EN DAMARIS (REGS) GODOY het ’n sang­ nommer op die Hoërskool Witteberg se ma­en­dogterteeparty gelewer. Saam met hulle is hul ma, Marlien.

gawe van Antjie Krog se gedig Ma voorgedra. “Dit was stylvol, inspirerend en uiters elegant. “Almal het dit baie geniet,” sê Stefanie Meyer, een van die vroue wat die teeparty bygewoon het.

Genevieve Godoy, en haar suster, Damaris, leerlinge aan die Hoërskool Witteberg, het die vroue en meisies met hul besonderse weergawe van die liedjie All that Jazz vermaak. Hul ma, Marlien Godoy het ’n prys vir die beste hooftooisel gewen.

GASVROUE het tafels vir die Hoërskool Witteberg se ma­en­dogterteeparty feestelik volgens die tema Hats and stiletto’s versier.

VROUE en netbalspelers wat die ma­en­dogterteeparty van die Hoërskool Witteberg op Bethlehem bygewoon het, is van links, voor: Alecia Lume, Danielle Painter en Sonica Viljoen; agter: Portia Mofokeng, Aldiné Atkinson, Carlen D’Alebout (netbalhoof), Refilwe Moloi, Tersia Smit, Lielie Greyling, Adrea Oberholzer, Jana du Plessis (gasspreker), Andrea Bierman en Ida Mittermaier. Die teeparty is deur Witteberg se netbalafrigters en ­spelers gereël om geld vir toere in te samel.


VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

19

Gen Geniet iet dit dit by nuwe skool DIE Laerskool Jordania het die jaar ’n hele klompie gr. 1’s verwelkom. Almal is reeds voluit by die skool ingeskakel en besig om ware Jorries te word.

Wittes klop Rooies

DIE Hoërskool Witteberg en die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) se o.15A-krieketspanne het verlede Saterdag kragte gemeet op Witteberg se veld. Witteberg het eerste gekolf en 225 lopies aangeteken. Die beste kolwers was Henri van der Merwe met 86 lopies en George Spershott met 66 lopies. Die Rooies is almal uitgehaal vir 99 lopies met Jan-

Laat ander atlete in die stof byt

co Botha van Witteberg wat met die boulwerk uitgeblink het. Hy het drie paaltjies laat kantel. Dit is Witteberg se tweede oorwinning van die seisoen. Hulle het St Dominic van Welkom met vyf paaltjies geklop. Saterdag speel dié span teen die Hoërskool Voortrekker.

DIE o.15A­krieketspan nadat hulle teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) as oorwinnaars van die veld gestap het. Van links is, voor: Ian Nel, Erhard Bubb, Coenie Venter, skoolhoof: Witteberg, Bubbles, George Spershott en Henri van der Merwe; middel: Janco Botha, Philip Olivier en Samukelo Mokhosi; agter: Rudolph van Biljon, Jason Roux, Heinrich Deyzel, Cronjé Meiring en Johan Badenhorst, afrigter.

ATLETE van die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem is genooi om aan die grootste atletiekbyeenkoms in die land deel te neem. Alte­ saam 67 van Suid­Afrika se topskole het deelgeneem en Voortrekker se span het agtste in sy afdeling geëindig. Atlete wat bronsmedaljes gewen het, is Helgardt van Heerden (hamergooi), Sollie Cronjé (400 m­hekkies), Boeta Vermaak (spiesgooi), Leatitia Janse van Vuu­ ren (hamergooi) en Lurinda van Heerden (100 m­hekkies). Die atlete is van links, voor: Ammi Pelser; middel: Wian van der Watt, Tiisetso Madonsel, Helgardt van Heerden, Adru Odendaal en Boeta Vermaak; agter: Sollie Cronjé, Emma Kleynhans, Andi Wolmarans (spanbe­ stuurder), Leatitia Janse van Vuuren, Clari Buys en Michelle van Huys­ steen. Afwesig: Lurinda van Heerden.

Glimlag breed oor hul eerste jaar op skool DIE groep gr. 1­leerlinge aan die Laerskool Truida Kestell is baie opgewonde om die jaar met hul nuwe onderwysers aan te pak.


VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

TEKOMA ELEKTRIESE DIENSTE

Johan’s Fencing Staalomheinings Motorhuisdeure Hekmotors Interkomstelsels Sekuriteitshekke Devilsfork Skakel my 24/7 072 476 3747

BLOEMFONTEIN STUDENT ACCOMMODATION. WELL, LOOK NO FURTHER! KPA Private Student Accommodation has a variety of accommodation available that will suit your needs. We specialise in furnished and unfurnished accommodation close to the campus of the University of the Free State.

Herstel van alle elektriese/ huishoudelike toerusting, lugversorgers en huisbedrading. Industriële onderhoud. Wesselsstraat 40 Tel. 058 303 5306 TEKOMA/VR/7JUN12/JJ

Tel: 082 556 8118 Diens gewaarborg

Elektriese kabelfout opsporing

LAMMERS TE KOOP! Direk van die boer

A graad-lammers: geslag, verwerk, vakuumverpak en word afgelewer.

SEMENTKRUISE VIR GRAFTE: Naamplaatjie ingesluit. Beskikbaar in 13 kleure R150. Skakel 079 495 5919. Trourok te koop: R4 000. Skouerlose, prinsesstyl, grootte 34, nog net een keer gedra. Skakel 084 502 1660.

Bonsmara-verse: 10 mooi verse, geënt, onthoring. Vaars is stoetbulle. 15 maande. R7 100 elk plus BTW. Tel. 082 448 3806. SA VLEIS MERINO SKAPE TE KOOP 17 ooie met lammers R 1 700 . Dragtige ooie om uit te soek R1 500. Ooie loop by ramme R1 400. Skakel Hannes Rossouw 083 723 4162 Arlington.

Fox Terriër-hondjies: 2 reuns, 1 tefie te koop. Skakel: 058 303 1655. Miniatuur worshondjies te koop. Skakel 058 871 4211/084 548 2840 Opregte Jack Russel 10 weke oud. Kontak Juanita 082 333 8130.

* Stoomwas van matte en sitkamerstelle * Was , droog en stryk wasgoed * Herstelwerk aan klere

056 212 2977

BETHLEHEM-10-1-07-VR-LH

Second Hand Double Door Fridge . Model: Fridge Master Colour white. Price R6 000, Contact Renè 082 382 9569.

Steeds u een-stophersteller. Stowe, ys- en vrieskaste, mikrogolfoonde, wasmasjiene. Alle onderdele. Commissionerstr. 67 Tel. 058 303 7000

LESCOR MOTORS: vir eerlike herstelwerk aanligte petrol-en,dieselvoertuie, veral op alle VW-fabrikate. Baie billike tariewe. Skakel 058 303 7091 Bethlehem. TAFELDOEKE Kandelare Eetgerei Peto Odendaal Lombardstr. 7. 058 303 2392. For all tombstones and repairs to damaged tombstones, as well as epitaphs, etc. Please phone 058 303 4840. Franny's Construction CC. Instandhouding, bou, verf, pleister, plaveisel, dakke, teëls, verandering. (Basie 073 190 1212. GRANITE & MARBLE: Kitchen tops, vanities, bar counters, etc. Tel. 058 303 4840/ 082 807 7456.

Noodnommer: Stefan 082 653 6222

R ROETS STAALWERKE SEL. 083 285 1450 • STAALHEININGS • AFDAKKE • KLEIN BOUWERKE • VERFWERK • HOUTHUISE • HOUTDEKKE • DRYWALL-MURE/ -KANTORE

ANNETTE'S LANDSCAPING: Landskappering en ontwerpe. Skep nuwe tuine. Gee ou tuine nuwe lewe. Fokuspuntgebeid en waterfokuspunte 083 625 233. Flower Fun Kwekery: Nuwe voorraad en 'specials' op plante. Onthou Valetynsdag! Vars blomme beskikbaar. Skakel 058 303 8423. Cambrigestr. 58. By silo's. Oop Ma. - Sa. VIR AL U TUINBEHOEFTES: Afsaag van bome, opsit van 'picket fence', sny van 'sleepers' en rommel wegry. Skakel AB Timbers 083 388 0173.

4-TON TRUCK with drop sides available for any transport to be done. Phone 083 388 0173.

Laat 90's-model-mikrobus in goeie lopende toestand. ± R45 000 kontant. Att by 082 773 1232.

Ek koop byna alle tweedehandse motors , bakkies, kombi's , Ventures en Condors aan vir kontant. Ek is bereid om op te tel. Skakel Unis 082 959 9120 072 203 1614

Vakansiewoonstel, 6-slaapplek, jacuzzi, lugversorging en braai geriewe op balkon.

Vir bespreking skakel René 039 315 1345 AMANZIMTOTI: Albatroswoonstelle teenaan die strand. Tel. 031 903 2167 /082 478 4659. www.albatrosseaview.co.za

HOOGLAND SPA ***WARMBAD

014 736 5928 * Luukse chalets * Lugreëling en DStv * Ten volle gediens * Prag swembad * Onderdak-, verhitte hydrospa * Tafeltennis en “pool”

M&M PLUMBING CC Tel: 058 303 4681 082 452 5208 (Mark)

South Coast Wide variety of selfcatering holiday flats and houses. Phone 039 315 1313 www.bvh.co.za Our beaches are back!

Member of institute of Plumbing No: 2831 Member of Plumbing Industry Registration Board No: 0150/85 Authorised to issue certificate of compliance. Qualified and professional service.

GESOEK WANTED Goed opgepaste, gebruikte voertuie, tot en met R100 000, om aan te koop vir kontant. Well-cared for, used vehicles, up to R100 000, to buy for cash. Skakel asb Petri Oosthuizen by 083 384 1471 058 303 9469 voordat u verkoop of inruil!

1x 3slk huis te huur einde Februarie beskikbaar. Deposito betaalbaar huur R5 724 per mnd water en riool ingesluit. Veilige rustige omgewing Skakel tussen kantoor ure 058 303 7735. 1x 3slk huis te huur onmiddelik beskikbaar. Deposito betaalbaar huur: R5 724.00 per maand water en riool ingesluit. Veilige rustige omgewing. Skakel tussen kantoor ure 058 303 7735. 3 slk, 2 badk, sitkamer, eetkamer, kombuis, waskamer, braaiarea, garage en afdakke. R5 750 p.m. Jordania. 072 985 7687. 3-slk-huis, met swembad, in Jordania, R5 500. Beskikbaar vanaf 1 April. Water en ligte uitgesluit. Kontak 072 404 3699. Huise en eenmanwoonstelle in Loch Athlone. Gemeubileer en ongemeubileer. Skakel Paula 082 927 0209. R5 800 p.m. Morelig. 3slk-woning, studeerk, 2 badk, 2 motorhuise. Isabel de Bruin Eiend. 082 785 1111.

SANTIE VENTER: ANNIQUE. Bestel weekliks. 082 787 1397. AANDAG :Ons koop alle tweedehandse meubels en losgoed vir kontant aan. Skakel ons vir die beste pryse in die dorp. Bel ons gou en ons kom nou. Skakel 058 303 2912 (kantoorure) of 058 303 3194 na-ure of 083 272 3045. (Marinus).

Te koop: Toyota Verso 180SX, 2005, R70 000. A/c, radio, e/w, p/s, f/seater. Karen 082 497 7537.

Uvongo Nautilus No.8

Spesiale midweektariewe

SANDSTONE: Blocks, bricks, cladding, rivens, tiles, etc.Tel. 058 303 4840. 12 Archbell Street, Bethlehem. VERF huise ( binne en buite), teëlwerk, bouwerk, geute, seël van dakke. Skakel: 071 076 5993.

EK KOOP ENIGE tweedehandse motors, bakkies, kombi's en Ventures. Skakel my enige tyd. Ek betaal kon-tant. 083 374 0000

Contact KPA now to help you find a home away from Home. 051 411 2600 / 073 919 8494 / 072 088 0166

Bethlehem Droogskoonmakers Tel. 058 303 5621/2

074 580 8044 Aflewering net in Bethlehem

Bethlehem Herstelwerk

BETHLEHEM-9-8-07-VR-LH

Loodgieters Diens

HENK 2-23-10-08-VR-LH

LOO 911

Henk v Niekerk

Citi Golf 1.4 ite koop: 2006- model. 106 000 km. Goeie kondisie. R48 000. Willem 082 738 9322.

WEHMEYER-12-6-08-VR-LH

20

Gemeubileerde kamer, kombuis- en stortgeriewe R1 650 p.m. Sleuteldep, R500 vooruitbetaalbaar. Onm. beskik. (072 339 8506. GEMEUBILEERDE KAMERS, elk met en suitebadkamer, stoep en private ingang, selfsorg. 082 927 7820

Toyota Hilux 4x4 DC 3.0D4D, 2009. White. Lots of extras. Low km, excellent cond. R295 000. neg. Full service record. Jan 079 542 7533.

Plaashuis beskikbaar vir selfonderhoudende egpaar. 3-slk, 2-badk dubbel motorhuis 60km van Bethlehem 20km van Warden 40km Reitz. Betaal eie Eskomrekening-lynfooi en gebruik. Beskikbaar 1 Maart 2013 . Kontak 082 858 9173.

2 bachelor units in Môrelig. Available 1 Feb. 2013. R1 300 and R2 100. Phone Dirk 082 925 8605. Eenman, 1- en 2-slkWOONSTELLE: Noordfront. Ruim. Motorhuis of afdak. Skakel 058 303 6746 of 083 330 7346. J&M Properties Te Huur Bachelor Flat R2 500 w&l incl. Feb. -4slk, 2badk Hospitaal Heuwel R6 000 w&l uitgesluit 1Feb. -1slk woonstel, 4km op warden pad R2 700 w&l uitgesluit 1Feb. -Ruim 3slk, 2badk huis BHM Wess R5 500 water ingesluit. 1 Mrt 082 316 9623. R3 100 p.m. Op hoewe teenaan dorp. Ruim 1-slkwoonstel met afdak. Skakel Isabel de Bruin Eiend. 082 785 1111. Tuinwoonstel te huur: 2 slk, 2 badk, oopplan- sitkamer/kombuis, groot stoep en enkelafdak. 1 Maart 2013. Navrae: 082 565 2454.

1998 Yamaha DT 125: Blou. Het papiere. Nuwe bande. Enjin opgeknap. R10 000. Nie ohb. Skakel Piet 083 678 7795.

R3 450 p.m. BHM-Wes. 2slk-meenthuis met afdak. Isabel de Bruin Eiend. 082 785 1111.

Christina soek werk, enige werk. Het ondervinding in kleinhandel of as kantoorassistent. Voltyds. 073 132 8080. Huishulp dringend op soek na werk vir 2-3 dae: Ma,Wo/Vry. Getuigskrif beskikbaar. Skakel tussen 17:00 en 19:00 058 303 1776. Justina soek werk. Praat Afrikaans, kan mooi werk, het ondervinding. Voltyds of 3 dae per week. Skakel 076 364 3136. Klaas Mosia is op soek na werk: Het Kode 14-rybewys (EC7 en paspoort), minum ses jaar ondervinding. 078 176 2779. Op soek na werk as huishulp 3/5 dae per week, het ondervinding. Joyce 083 531 3344.

Tuinwoonstel met private tuin te huur. Beskikbaar 1 Maart2013 . Skakel 076 963 9277.

The unilofts are beautiful 2-bedroom flats, fully furnished and for any registered students. It is less than a 5 minute walk from campus. There is 24 hour security for your safety and basement parking. To book your place now, phone KPA Student Accommodation at 051 411 2600/ 073 919 8494/ 072 088 0166

4 slk, 3 badk, 2 m/h plus afdak in Panorama. 4de slk potensiaal om uit te verhuur. Onthaalarea, erf met min onderhoud. R1 150 000. Skakel 074 580 8044. Gerieflike huis in Môrelig: 3 slaapkamers, 2 badkamers, gedeeltelik voltooide eenmanwoonstel. R760 000 ohb. Skakel Dirk 082 925 8605. Ideaal vir beginners of beleggers. Koop en knap op. 4slk-huis, 1 badkamer, aparte toilet, groot erf, geen m/h. R580 000. Skakel Dirk 082 925 8605. J&M Properties te koop Ruim netjiese 3slk, 2badk huis, onlangs oorgedoen plus morderne ruim 2slk, 2badk woonstel huur inkomste R10 000pm. R1,150 000. 083 349 5945. Nice house in Môrelig: 3 bedr, 2 bathr, half complete bachelor flat. Quiet area. R760 000 neg. Phone Dirk 082 925 8605.

1x 2-slk-w/s in Peddie- gebou. Beskikbaar einde Febr. Mari 083 283 1967. Stoorplek: Dorp. 48 m². Baie veilig. Ideaal om voorraad te stoor. R1 400 BTW ingesluit. Bethlehem-Wes: Stoorplek. 24 m². Groot motorhuis, baie veilig, ideaal vir voorraad stoor. R650 BTW ingesl. Dirk 082 925 8605.

2-slk-meenthuis te huur: R4 500 p.m. 072 985 7687. Meenthuis: 3-slk met 2 badk en dubbelgarage. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 082 820 4809.

Betroubare tuinwerker soek werk. Ma, Di, Wo en Vrydae/Saterdae. Skakel: 082 091 2666.

''Opportunity to make your own money-sms your Name , Surname , Celnr and Town name to 082 652 1500. ''

BEEFMASTER (Christiana): AFDELINGSBESTUURDER: LANDE. Gekwalifiseerde, volwasse landboupersooon met goeie ondervinding in bestuur van alle aspekte van boerdery vir die voerkraalbedryf. Pligte sluit in algemene boerderyverantwoordelikhede m.b.t die voorbereiding, plant en oes van lande vir kuilvoerdoeleindes. Pligte sluit in besproeiings- en spilpuntbeheer, hantering van vee, personeel, datainsameling asook rekonsiliasie binne finansiële begrotings. Ook koördinering van grondverskuiwingsmasjinerie en algemene plaas- instandhouding. Hardwerkende en betroubare persone met goeie menseverhoudinge en goeie kennis van besigheidspraktyke is `n vereiste. Moet onafhanklik, sistematies en akkuraat kan werk. PERSOONLIKE ASSISTENT `n Ongetroude, jong dame wat bereid is om te hervestig in die platteland, word gesoek. Universiteitskwalifikasie en uitstekende rekenaar-vaardigheid is 'n vereiste. Pligte sluit in basiese fakturering, betalings, krediteure, debiteure, persoonlike assistent asook algemene maatskappy- kantoorpligte. Hardwerkende dame wat akkuraat kan werk en vertroulikheid handhaaf. Regdenkend en proaktief onder druk kan funksioneer, eerlike en betroubare waardes. Kwalifikasies en CV kan gestuur word na: truida@beefmaster.co.za of faks na 086 656 3067. 'CASUALS' gesoek: Vrydae- en Saterdaeaande, met kroegondervinding. Ouer as 18 jaar. Skakel 072 330 3109. Code 14 driver needed in Bethlehem area. Must have 5 year`s experience with fuller gearbox Benefits: Housing. Salary negotiable. Please fax CV to 058 303 6907 or email to liesl@highlandspb.co.za POS BESKIKBAAR: Onafhanklike kroegdame benodig: Tussen 18 en 30. Inwoning ingesluit. Skakel 072 330 3109. Bethlehem.

120: AANSOEK OM 'N

OUMAWOONSTEL. Kennis geskied hiermee dat Papie Phillip Radebe aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om 'n oumawoonstel op te rig op erfnommer 2570, volledige straatadres Moriastraat 3, Môrelig, geleë te Bethlehem (dorp). Enige persoon wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die Applikant en die Munisipale Bestuurder indien binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: PP Radebe Straatadres: at: Thejanestraat 2600, Bohlokong, Beth-lehem 9702. Telefoon: 072°7472°318.


VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013 120: AANSOEK TWEEDE

WOONEENHEID Kennis geskied hiermee dat Engela Nicolene Dorfling aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om 'n addisionele wooneenheid op te rig op erfnommer 9190, volledige straatadres: Michael Prinsloostraat 5, Hospitaalheuwel geleë te Bethlehem (dorp). Enige persoon wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die applikant en die munisipale bestuurder indien binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: EN Dorfling Adres: Straat Micahel Prinsloostraat 5, Hospitaalheuwel, Bethlehem 9700 Posadres: Bus 2060 Bethlehem 9700 Telefoon: 082°815°1942

IDENTITEITSNOMMER: 311122°5036°088. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul eise in te dien by en hulle skulde te betaal aan ondergetekende binne 'n tydperk van 30 DAE vanaf van verskyning hiervan. JC DE CLERK PROKUREURS POSBUS 212 CLARENS 9707 Tel. 058°256°1807 Kontakpersoon: Mnr JCde Clerk

120: APPLICATION FOR

GRANNY FLAT Notice is hereby given that Papie Phillip Radebe intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special permission to erect a granny flat on erf number 2570, complete street address 3 Moria Street, Mô-relig, situated in Bethlehem (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days to the last publication of this notice. The Applicant: PP Radebe Address: Street address: 2600 Thejane Street, Bohlokong, Bethlehem 9702 Telephone: 072°7472°318.

120: APPLICATION

ADDITIONAL DWELLING Notice is hereby given that Engela Nicolene Dorfling intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special permission to erect an addition dwelling on Erf number 9190, complete street address 5 Michael Prinsloo Street, Hospital Road situated in Bethlehem (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the applicant and the municipal manager within 14 days to the last publication of this notice. The Applicant: EN Dorfling Address: Street Address: 5 Michael Prinsloo Street, Hospital Road, Bethlehem 9700. Postal address: PO Box 2060, Bethlehem 9700 Telephone: 082°815°1942

122: INSAKE BOEDEL WYLE: M SHADRACK MOKOENA BOEDELNOMMER: 3536/2012.

BOEDEL WYLE MOILOA SHADRACK MOKOENA In die boedel van wyle MOILOA SHADRACK MOKOENA, identiteits-nommer 691224 5392 089, in lewe 'n ENKELPERSOON, woonagtig te 963 Ext 1, Bohlokong, BETHLEHEM 9700 en wat oorlede is op 2 April 2012, boedelnommer 3536/2012. Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 35 (5) van Boedelwet 66 van 1965, soos gewysig, dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening te die Kantore van die Meester van die Hooggeregshof Bloemfontein en Landdroskantore te Bethlehem gedurende 'n tydperk van 21 dae vanaf datum van publikasie ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien binne genoemde tydperk geen besware daarteen by die betrokke Meester ingedien word nie, sal die eksekuteur oorgaan tot uitbetaling ingvolge die gemelde rekening. CC HARRINGTON LINDLEYSTRAAT 29 POSBUS 255 BETHLEHEM 9700 TEL. 058°303°5438 FAKS 086°674°9583 E-POS: boedels@harringtonlaw. co.za VERWYSING: JM DE VRIES/MOK557/0001

122: JC DE CLERK PROKUREURS BOEDEL WYLE: LULU LOUISE LEHMAN BOEDELNOMMER : 596/2013 IN DIE BOEDEL VAN WYLE LULU LOUISE LEHMAN, OORLEDE 23 NOVEMBER 2012. BOEDELNOMMER: 596/2013 GEBORE 24 JULIE 1932, IDENTITEITSNOMMER: 320724°0016°087. ADRES: KROMSTRAAT 290, CLARENS, DISTRIK BETHLEHEM, PROVINSIE VRYSTAAT. NAGELATE: HENRY EDWARD LEHMAN,

122:INSAKE BOEDEL WYLE: THEMBA MOSES MASWILI BOEDELNOMMER: 8913/2011

KENNISGEWING AAN KREDITEURE EN DEBITEURE In die boedel van wyle THEMBA MOSES MASWILI, met IDENTITEITSNOMMER 301220°5137°088, WEWENAAR, boedelnommer 8913/2011, wat woonagtig was te Commissionerstraat 9, Môrelig, Bethlehem 9700 en wat op 25 Desember 2010 oorlede is. Enigeen wat 'n eis het teen of bedrae verskuldig is aan die bogenoemde boedel word hiermee versoek om bedrae te betaal by die ondergemelde adres binne 30 (dertig) dae na publikasie hiervan. GETEKEN TE BETHLEHEM OP HEDE DIE 18DE DAG VAN JANUARIE 2013. HARRINGTONS INGELYF LINDLEYSTRAAT 29 POSBUS 255 BETHLEHEM 9700 TEL. 058°303°5438 FAKS 086°674°9583 VERW:JM DE VRIES/MAS137/0001

123: BOEDELVEILING

van wyle Manie Geldenhuys VERKOOP WOONHUIS, VOERTUIE, ANTIEKE MEUBELS EN MEUBLEMENT. Goedgunstig gelas daartoe verkoop ons per OPENBARE VEILING OP 16 Februarie 2013 om 10:30 TE DISALAAN 21, SCHUINSHOOGTE, NEWCASTLE, 1. Woonhuis: synde erf nommer 11763 Newcastle. Groot: 2 014 vierkante meter (Disalaan 21). Hierdie baie goed geleë perseel is verbeter met 'n 4-slaapkamer/2badkamer- woonhuis, dubbelmotorhuis en buitegebou. Groot tuin. Voorwaardes van verkoop sluit o.a in 10% deposito op dag van veiling en bekragtiging voor of op 28 Februarie 2013. 2. Voertuig: 2010 Tata Telcoline-bakkie in goeie toestand. 3. Antieke meubels o.a. 4sitkamerriempiesbank, spesiale hemelbed, wakiste, laaikaste, wastafels, tafels en buffet. 'n Volreeks meubels en losgoed - baie outyds en in goeie toestand, 'n wye reeks ou emaljepotte, skottels, -emmers en ander antieke snuisterye, baie ou blikke, muurbehangsels, koperware, matte, kombuisware, tuin- gereedskap, groot verskeidenheid gereedskap en werkswinkeltoerusting. Voorwaardes: kontant op dag van veiling. Verandering sonder kennisgewing. Sien jou daar! Vir meer besonderhede en besigtiging tree asseblief in verbinding met die afslaers Memel Eiendomme in samewerking met Bob's Agencies, tel. 058°924°0014, Paul 082°899°8423 of Bob 082°809°9552.

We make a difference Ons maak 'n verskil

member of the phatshoane henney group of associated firms

122: BREYTENBACH MAVUSO / MW MAHLABA

Saakno: 3962/2009 IN DIE LANDDROS VIR DIE DISTRIK BETHLEHEM GEHOU TE BETHLEHEM. In die saak tussen: BREYTENBACH MAVUSO INC Eksekusieskuldeiser en MOLEKO WILLIAM MAHLABA Eksekusieskuldenaar KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING 1. GELIEWE KENNIS TE NEEM dat ingevolge 'n vonnis gelewer op 28 OKTOBER 2009 in die BETHLEHEM Landdroshof en 'n las-

21


22

VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

brief van eksekusie daarna uitgereik, word die goedere hieronder beskryf deur die balju in eksekusie verkoop. Die besonderhede van die veiling is as volg: 1.1 Datum: 22 FEBRUARIE 2013 1.2 Tyd: 10:00 1.3 Plek: DE WETSTRAAT 22, REITZ 2. IN TERME VAN REGULASIE 20(3) VAN DIE WET OP VERBRUIKERS-BESKERMING 68 VAN 2008, IS DIE VOLGENDE ADVERTENSIE EN BESKRYWING VAN GOEDERE, ASOOK DIE REËLS VAN DIE VEILING, BY DIE KANTORE VAN DIE ONDERSTAANDE PROKUREURS EN BALJU GEDURENDE KANTOORTYE BESKIKBAAR. 3. HIERDIE KENNISGEWING WORD ONDER ANDERE, IN TERME VAN REGULASIE 20 (2)(B) VAN DIE WET OP VERBRUIKBESKERMING, 68 VAN 2008, GEPUBLISEER EN TOEGANG TOT VOORMELDEE REGULASIE KAN VERKRY WORD OP URL.http://www.info.gov. za/view.downloadfileactio nid+99961 4. VOORNEMENDE KOPERS MOET VOOR DIE VEILING AS BIEËRS REGISTREER. 5. NAAM VAN AFSLA-

ERS: WYNAND MINNIE (083°654°7512) 6. WYSE VAN BETALING: KONTANT, BANKGEWAARBORGE TJEKS, OF ELEKTRONIESE INBETALING, ONDERHEWIG AAN AANVAARBARE BEWYS VAN BETALING GOEDERE: ROOMKLEUR ISUZU- BAKKIE, 2-LITER, MET REGISTRASIENOMMER: DBK495FS. GEDATEER te BETHLEHEM op 1 FEBRUARIE 2013. Breytenbach Mavuso Inc H/v Union- en Naudéstraat, Bethlehem 9700 Tel. 058°307°5300 Faks 058°303°6962 Docex 7, Bethlehem Verw: MAH88/0001/AMS

HATTINGHMARAIS 130: Kennisgewing van geregtelike verko-

ping Hattingh Marais/JC van der Merwe

Saaknommer: 2384/2010 AUCTION /VEILING IN DIE LANDDROSHOF VIR DIE DISTRIK VAN BETHLEHEM, GEHOU TE BETHLEHEM. Saaknommer: 2384/2010 In die saak tussen: HATTINGH MARAIS Eksekusieskuldeldeiser en MNR JAN CHRISTIAAN VAN DER MERWE Eksekusieskuldenaar KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING NEEM ASSEBLIEF KENNIS dat in terme van 'n vonnis toegestaan op 23 September 2010 in die Bethlehem Landdroshof en 'n lasbrief van eksekusie daarna uitgereik, sal 'n verkoping in eksekusie van die onderstaande goedere gehou word. Die besonderhede van die verkoop/veiling is soos volg: 1.1 Datum: 23 Februarie 2013 1.2 Tyd : 11:00 1.3 Plek: Hoogstraat 12, Senekal 9600 In terme van Regulasie 20(3) van die Wet op Verbruikersbeskerming , Wet 68 van 2008, is volledige besonderhede van die advertensie en die beskrywing van die goedere beskikbaar gedurende gewone kantoor-

ure by die onderstaande prokureurs en kantore van die Balju van die Landroshof. Hierdie kennisgewing word gepubliseer in terme van, inter alia, Regulasie 20 (2)(b) van die Wet op Verbruikersbeskerming, Wet 68 van 2008 en toegang tot die laaste regulasie kan verkry word op die URL by www.thedti.gov.za GOEDERE: Tafel met 6 stoele Groen sitkamerstel Dubbeldeuryskas Gordyne Mikrogolfoond Stoof Gasstoof 2 plat houtkaste 2 staalkaste 2 hoekkaste TV Houtkas met spieël Wasmasjien Vrieskas DVD-spelers Breekgoed Potte Gedateer te Bethlehem op hierdie 18de dag van Januarie 2013. Prokureurs vir Eksekusieskuldeiser Hattingh Marais Theronstraat 3/ Posbus 39 Docex 3, Bethlehem 9700 (Ref: JJ GROBBELAAR/cvz/TE0094 BALJU- SENEKAL


VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

23

Emperors Palace calls all cyclists THE sixth Emperors Palace Cycling Classic moves to a new time slot in 2013, to the weekend of 13 (MTB) and 14 April (Road). The event, presented by ASG, attracts more than 5 000 cyclists annually. The course will be unchanged for the fourth consecutive year. Most riders regard it as a fast and exciting route and this year it will be a manageable autumn challenge. Entries for the event are open on www.cyclelab.com. The ASG events’ organisational crew has traditionally been stretched in February with the Emperors Classic and Optimum Berge en Dale Classic taking place within a week of each other. The Berge en Dale takes place on 9 February. It now represents the first big Classic of the year and has grown immensely over the past three years to attract more than 3 000 riders – the course is regarded as a close simulation of the Argus route. Sunday, 14 April, is reserved for road riders who have two distance options – 99 km and 50 km. Both are flat and fast. The event starts at 06:00. The sixth Emperors Palace Mountain Bike

DANSERS van die Magda­dansateljee op Reitz het onlangs ’n veldmotorfiets­wed­ ren aangebied. Ongeveer 65 motorfietse het aan die wedren van 60 km deelge­ neem. Die jaers moes riviere, driwwe en steil koppies op die roete deur die mooi na­ tuurskoon trotseer. Die wedren was deel van ’n geldinsamelingsprojek vir die dan­ sers wat in Junie aan ’n internasionele danskompetisie in Barcelona, Spanje, gaan deelneem.

Classic takes place on Saturday, 13 April. The popular event starts at 08:00 and offers two mildly testing courses over 20 km and 40 km. The Mountain Bike Classic, with most of the route adjacent to, but a safe distance away from the runways, is held inside the grounds of OR Tambo International Airport. Sweat and Gears’ Lee Stockenstrom has been the route designer since the inception and will again be at the helm. The Emperors Palace Kids Classic for riders aged from two to four and from five to eight starts at 10:00 on the Sunday. Also on the programme is the Emperors Palace Circuit Spectacular, which takes place within the Emperors Palace grounds. It starts at 11:00 on the Sunday. It is followed by the prize giving at 12:00. The Circuit Spectacular is a by-invitationonly race for top South African professionals. It consists of a 30-minute criterium. Emperors Palace also provides, on the Friday and Saturday, the venue for registration for all events. Cycle Lab offers this service on the Thursday. For information phone 076-621-1807 or email eventsupport@asgworld.co.za.

THE sixth Emperors Palace Cycling Classic will be held in April.


24

VRYSTAAT, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Reitzers laat kolf praat REITZ se krieketklub het geskiedenis gemaak toe ’n rekordtal lopies van 500 in ’n ligawedstryd teen Bethlehem-Oudskoliere 2 aangeteken is. Die Bethlehem-Oudskoliere is nou bekend as BOK. Die twee spanne het op 26 Januarie in ’n ligawedstryd kragte op die krieketveld van die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem gemeet. Vyfhonderd lopies ’n rekord BOK 2 het die loot gewen en Reitz ingestuur om te kolf. Evert Grové en Stefan Fourie het die beurt geopen. Ongelukkig moes Fourie vroeg met die kolf onder die arm terugstap paviljoen toe. Francois Grové het hom by sy broer, Evert, aangesluit en 30 lopies in ’n vennootskap van 125 lopies aangeteken.

Daarna het Kobus Lambrecht hom by Evert aangesluit. Hulle het ’n vennootskap van 223 aangeteken voordat Lambrecht uit is. Nadat 40 beurte verby was, het Evert besluit hy gaan aggressief kolf. Hy is kort daarna vir 200 lopies uitgehaal – wat 20 viere en 13 sesse ingesluit het. Divan Putter en Nico Steyn het toe saam gekolf: Putter met 17 lopies en Steyn met 35 nie uit nie. Putter met 17 lopies en Steyn op 35 nie uit nie het die telling na 500 lopies geneem. Vyfhonderd lopies is die hoogste aangetekende telling nog vir ’n 50-beurtwedstryd. Reitz het Bok 2 daarna uitgehaal vir 67 lopies danksy die uitstekende boulwerk van Steyn met 3 paaltjies vir 3 lopies in 3 beurte.

Wenner in enkels

PEET VAN ROOYEN is as die algehele enkelspel­ wenner van die Bethlehem Country­rolbal­ klub aangewys.

Korrel goed met veerpyltjies DIE Witteberg­hengelaars wat met die Binnelandse Trofee spog is van links Lambert Rautenbach, Hancko Minnaar, George Steyn en Paul Janse van Rensburg.

Wen aan die kus

VIER seuns van die Hoërskool Witteberg op Bethlehem het die Vrystaat van 21 tot 25 Januarie op die Suid-Afrikaanse kushengelkampioenskappe vir o.21-spelers verteenwoordig. Die Vrystaatse span het vyfde in die toernooi geëindig. Die span het ook die eerste

keer die binnelandse trofee gewen en ook die eerste keer van die sterk kusprovinsies soos Westelike Provinsie en Zululand geklop. Lambert Rautenbach, George Steyn en Hancko Minnaar is in die Suid-Afrikaanse binnelandse span ingesluit.

DIE Thabo Mofutsanyane­distrik­veerpyl­ tjieklub het onlangs sy jaareindgesellig­ heid, sowel as die openingsgeleentheid vir 2013, gehou en spelers wat gepresteer het, vereer. Van links is Esther Taylor, opko­ mende speler 2012, Christo Viljoen, opko­ mende speler 2012, en Benita Gorman, speler van die jaar 2012.

SPELERS van die Thabo Mofutsanyane­distrik­veerpyltjieklub (TMMD) wat vereer is vir hul prestasies is van links, voor: Eddie Burger, manspeler van die jaar 2012, Maryke van Heerden, junior speler van die jaar 2012, en Charlotte Taylor, vrouespeler van die jaar 2012; agter: Peet van der Merwe, president van die TMMD. Van Heerden is ook saam met Benita Gorman (nie op die foto nie) as speler van die jaar 2012 aangewys.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.