Vrystaat 31-01-2013

Page 1

Tel (058) 303 5411

2 Wenner van geskenkbewys

2 Johan Tal­ jaard oorlede

6 Dahla Hulme in die kollig

10 Marli op pad na Duitsland

14 Sport

9 771026 872001 >

DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

R3,50

Saak vir uitslae oor byl op ys Joanie Bergh DIE byl wat na bewering in die moord op ds. Willem Brits (60) en sy aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen (25), gebruik is, is eindelik ná ’n intensiewe soektog deur die polisie gevind. Die byl wat glo in die dubbele moord gebruik is, kon ná die pastorietreurspel verlede jaar op 8 November nie opgespoor word nie. Die polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê waar die byl presies gevind is, sal in die verhoor duidelik word. Intussen het die aangenome seun van die Brits-egpaar, Martin Brits (28), en Elliot Mhlambi (41) vlugtig weens die pastoriemoord in die landdroshof op Harrismith verskyn, asook vir die wrede aanval op Martin se ma, Dorothea. Sy is glo op die kop met die byl geslaan en het ernstige beserings opgedoen. Suzile Gezi, staatsaanklaer, het versoek dat die verhoor vir verdere ondersoek uitgestel moet word. Dit kom nadat die byl, ’n selfoon wat glo voor die moorde gebruik is, ’n vuurwapen en bebloede klere ,vermoedelik die van Martin en Elliot, vir onder meer DNS en ballistiese toetse na ’n forensiese laboratorium gestuur is.

Landdros Harold Pratt het die versoek toegestaan en die verhoor tot 4 Maart uitgestel. Martin se suster, Thea (24), staan intussen tereg op aanklagte van diefstal.

Sy het na bewering die aand ná die moord op haar pa en verloofde glo meer as R1 000 uit haar verloofde, Gerhard, se bankrekening getrek. Haar verhoor word op 8 Februarie voortgesit.

ELLIOT MHLAMBI (links) en Martin Brits in die beskuldigdebank. Albei staan tereg op twee aanklagte van moord en poging tot moord. Foto: Joanie Bergh

DIE oorledende, ds. Willem Brits. Foto: Verskaf

Van Wyk hoor later oor sy vonnis Joanie Bergh DIE vonnisoplegging van Chris van Wyk (36) in wie se hangkas die lyk van ’n prostituut gekry is, is uitgestel. Streeklanddros Phillip Visser het twee verslae aangehoor: dié van Lerato Miya verbonde aan die departement van korrektiewe dienste, sowel as die van Sonty Ndounhada, ’n maatskaplike werker van die departement maatskaplike ontwikkeling, om vas te stel of korrektiewe toesig as straf oorweeg kan word. Van Wyk is verlede jaar op ’n aan-

klag van moord vrygespreek en aan strafbare manslag skuldig bevind. Motshewa Molefe (24) se lyk is op 10 April, op Van Wyk se 36ste verjaardag, in ’n hangkas in sy woonstel gekry. Miya en Ndounhada het ná aflegging van hul ondersoek bevind korrektiewe toesig word nie vir Van Wyk aanbeveel nie, maar eerder ’n swaar tronkstrafvonnis. Miya het aangevoer hoewel Van Wyk moniteerbaar vir huisarres is, beskou sy hom as ’n gevaar vir die gemeenskap. Volgens haar verslag het sy verskeie lede in die gemeen-

skap genader, onder andere ander prostitute met wie Van Wyk kontak gehad het, en hulle meen Van Wyk het telkens aggressief teenoor hulle opgetree. Ndounhada het 16 mense in haar ondersoek genader, onder andere Van Wyk se voormalige vrou, die oorledene se familie, die leier van die ANC-vroueliga, sy werkgewer en ook sy proefbeampte. Sy het bevind dat ras wel ’n rol speel in die gevoel van die gemeenskap teenoor Chris se vonnisoplegging. Sy het wel korrektiewe toesig oorweeg, maar nadat sy met die oorledene se familie beraadslaag het, glo sy nou

tronkstraf is ’n meer gepaste vonnis. Van Wyk se regsverteenwoordiger, Johann Grobbelaar, het in sy betoë aangevoer dat die beskuldigde onmiddellik ná die voorval berou getoon het en sy familie oor die lyk ingelig het. Hy het ook die oorledene se familie om vergifnis gevra en twee sielkundiges genader om self die gebeure te verwerk. Visser het die moeilikheid van die saak uitgelig en dat die omstandighede vir die uitspraak deeglik oorweeg moet word. Die saak is tot 8 Februarie vir vonnis uitgestel.


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

KS

Regstelling

ortliks nippets

MAANDAG, 4 Februarie: Die Bethlehem-leeskring begin werksaamhede om 14:30 in die Martin Harris-biblioteeksaal. The Lost Boy deur Aher Arop Bol word bespreek. Riana Odendaal sal die bespreking lei. Alle lede en belangstellendes is welkom. Ledegeld is R80 per jaar. Gastegeld beloop R20 per besoek. 22-24 Februarie: Die Clarens-bierfees bied hope vermaak en biersoorte vir fynproewers van tot 22 verskillende brouerye. Kaartjiekoste sluit ’n bierglas en die eerste drie bierproë in. Verskeie plaaslike kunstenaars gaan ook optree. Vir kaartjies en verdere inligting gaan na www.webtickets.co.za of www.clarensbeerfestival.co.za. Verse: Matthew 13:22 “The one who received the seed that fell among the thorns is the man who hears the word, but the worries of this life and the deceitfulness of wealth choke it, making it unfruitful.” . There are two things that ruin our lives. 1. The worries of life. 2. The love of money. Be fruitful in life by staying away from these aspects. Prayer: Lord Jesus, I desire that my life would be fruitful and productive. Help me not to be side-tracked by things that would hinder or block this from being a reality. Amen.

OORSTROMINGS by Mortimer Toyota op Bethlehem het groot skade meegebring.

HIER is rekenaartoerusting onder water.

Foto’s: Verskaf

LINKS: ’n Personeellid van Ocean Basket op Bethlehem is hier ná ’n harde bui reën besig om die oorstroomde vloeroppervlak van die restaurant droog te maak.

Water rig skade aan Susan Maré

MINSTENS twee sakeondernemings in die middedorp is Maandagaand ná ’n harde bui reën oorstroom. Personeel en klante van Ocean Basket in Kerkstraat moes hul skoene en kouse uittrek toe water die vloer van die restaurant oorstroom het. Colin Brett, bestuurder-eienaar, sê die stormwaterdreine-

ring buite die gebou is nie op peil nie. Hy kon niks doen aan die stroom water nie, maar daar is gelukkig geen skade nie. Dit was net moeite om die restaurant weer droog te kry. Nog ’n sakeonderneming in Kerkstraat, Mortimer Toyota, is Maandag- sowel as Dinsdagoggend oorstroom. Die skade word op sowat R300 000 geraam. Andries Stone, handelaarshoof, sê dit is die derde keer dat Morti-

mer Toyota oorstroom word en die tweede keer binne ’n maand. Daar is nie fout met die gebou as sulks nie, maar wel met die stormwaterpype wat die water nie vinnig genoeg wegvoer nie. “Ons hoop werklik die Dihlabeng-munisipaliteit gee aandag aan die probleem. Ons bestee maandeliks derduisende rande aan munisipale dienstegeld en verwag in ruil daarvoor goeie dienslewering,” sê hy.

Taljaard was ligstraal vir almal DIE dood van Deon Taljaard, ’n gewilde Reitzer, was ’n groot skok vir almal wat hom geken het. Taljaard was ’n legende. Hy is dood aan breinkanker en is die dag voor sy 49ste verjaardag begrawe op die plaas waar hy grootgeword het. Taljaard het op Reitz gematrikuleer en daarna regte aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer. Ná sy studie het hy hom by ’n prokureursfirma in Pretoria aangesluit. Aan die einde van 2008 het hy, sy vrou, Carina, en hul seun, Johan, na Reitz verhuis om weer op sy geboortegrond sy pa met hul perdestoetery te help. Hy het die gemeenskap met oorgawe gedien en was tot kort voor sy dood voorsitter van die beheerliggaam van die Hoërskool Reitz. ’n Ou skoolmaat van hom, Barba-

VRYSTAAT het verlede week berig oor Gert Kemp (25) van Bethlehem wat van huisbraak en diefstal aangekla is. Hy het glo ’n selfoon gesteel en aan ’n tweedehandse handelaar verkoop. Luidens ’n verklaring van die polisie het Kemp reeds in die landdroshof op Bethlehem verskyn. Die saak teen hom is tydelik teruggetrek. Hoewel hy nie aangekla is vir huisbraak nie, is ’n saak wel daarvoor geregistreer. Sers. Majang Skalkie, polisiewoordvoerder, sê die ondersoek is nog aan die gang.

ra Duminy, sê Taljaard se liefde vir die natuur, die Afrikaanse kultuur, sy familie en sy vriende was ’n inspirasie. Hy was in alle opsigte ’n voorbeeld vir almal wat hom geken het. Barbara vertel: “Ons hele dorp en sy vriende oor die wêreld treur oor ons geliefde Deon. Ek het Deon op laerskool leer ken as ’n spanspeler – iemand wat die waarde van spangees en samewerking vir ’n gemeenskaplike doel reeds as jong seun besef het. “Later jare het ons in Die Voortrekkers baie avonture saam beleef, waarvan een ervaring vir my uittroon bo al die belewenisse van my lewe. “Voor sonop het ons groep van 18 stappers een oggend uit ’n grot by Mount-aux-Sources uit ons slaapsakke gewikkel. “Onderkant ons het wolke oor

die amfiteater in die Drakensberg gehang, maar ons was bokant die bewolkte weer en het gewag vir die son om op te kom. Die kleur in die wolke voor ons het van sekonde tot sekonde verander van ’n gryswit see tot ligpienk, liggeel, geel en toe ... skiet die eerste strale deur die wolke op die horison! Dit het gevoel asof die Lig elke vesel van my wese verlig het – dit was onbeskryflik groots. “So was Deon. Hy het gelewe soos ’n baken van lig. Op 26 Januarie het ons sy liggaam aan die aarde gegee, maar die lig wat hy in ons almal se lewe gebring het, bly vir ewig by ons. “Ons is dankbaar dat ons by jou kon leer uit jou sonnige geaardheid, Deon. Mooi loop, jou ligstraal!” . Deon word ook oorleef deur sy pa, Johan sr. en sy broer, Kobus.

WYLE Deon Taljaard van Reitz en sy vrou, Carina.

JOHAN VAN ZYL, advertensiekonsultant, saam met die wenner van verlede week se leserskompetisie, Christien Diedericks. Foto: Lanie Human

Skryf jou in en wen MET stygende pryse van skoolgeld, skoolklere en skryfbehoeftes wil Vrystaat die volgende twee weke graag verligting aan een gelukkige leser per week bied. Deur slegs elke Donderdag jou Vrystaat teen R3,50 te koop en die sleutelwoord, jou naam en van na 45527 te SMS (teen R1,50 per SMS), staan jy die kans om die wenner van ’n R500-geskenkbewys vir skryfbehoeftes van Libri op Bethlehem te wees. Die week is die laaste kans omjou in te skryf. Lesers kan hulle van vandag om 06:00 af vir die week se kompetisie inskryf. Inskrywings sluit op 5 Februarie om 12:00. Dié week se sleutelwoord is liniaal. (Voorbeeld van SMS: liniaal naam van). Elke week se wenner sal in die volgende uitgawe aangekondig word.Die week se wenner van die leserskompetisie is René Wheeler. Die wenner kan ná 14:00 sy geskenkbewys by Vrystaat se kantoor in Mullerstraat 39 kom afhaal. ) Lesersinligting soos per SMS-inskrywing ontvang, sal aan Volksblad, moederkoerant van Vrystaat, vir bemarkingsdoeleindes beskikbaar gestel word.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

3

Wenner oorstelp oor motor Joanie Bergh

PULA VAN NIEKERK (links) en haar suster, Jannet, nadat Pula die motor aan haar oorhandig het. Foto’s: Joanie Bergh

PULA VAN NIEKERK, ’n onderwyser aan die Hoërskool Witteberg op Bethlehem, het op die ingewing van die oomblik ’n kaartjie op die jaarlikse Kersiefees gekoop om Engo se Vir Ons Kinders-projek te ondersteun. Vier maande later kry sy ’n oproep wat haar meedeel dat sy een van die tien finaliste is wat in aanmerking sal kom om ’n splinternuwe Chevrolet Spark Lite van R100 000 te wen. En met so min verwagting as wat sy gehad het toe sy die kaartjie gekoop het, so sou sy nooit kon droom dat dit haar naam sou wees wat getrek sou word as die algehele wenner nie. Nadat die sleutels van die nuwe ryding aan haar oorhandig is, het ’n emosionele Pula reguit na haar suster, Jannet, geloop en die sleutels aan haar gegee. “Die motor is nou Jannet s’n. Sy het dit nodiger as ek,” sê sy. Die susters was albei oorstelp van vreugde ná die onverwagse geskenk en opregte dankbaarheid was sigbaar. “Die motor is ’n geskenk van God af,” sê Jannet. “God het geweet ek sukkel en Hy weet wat ek nodig het. Sy tyd is altyd die regte tyd. “Dit wys jou net. Jy doen dalk iets wat niksseggend is vir jou soos om ’n kaartjie teen R20 te koop, maar dit kan moontlik daarop uitloop dat jou lewe verander word,” sê Pula. Die trekkingsgeleentheid het in die Charlotte Theronkinder- en -jeugsorg-

sentrum plaasgevind en die nege ander finaliste het elkeen troospryse ontvang. Die Vir ons Kinders-projek ten bate van die Vrystaatse Jeugsorgsentrums (ook vroeër bekend as die Kinderhuise) was vanjaar weer ’n reuse-sukses. Dit was die vierde jaar dat die projek aangebied is en Volksblad se plaaslike koerante, onder meer Vrystaat, was een van die borge. Meer as 14 000 kaartjies is oor die Vrystaat heen verkoop met die meeste verkope in Welkom en Bethlehem, sê Elzabé van Niekerk, skakelbeampte van Engo Vrystaat. Die Jeugsorgsentrums sien na meer as 800 kinders om en is afhanklik van skrale staatsubsidies om na hulle om te sien. “Jaarlikse projekte soos die Vir ons Kinders-projek is noodsaaklik om vir die kinders ‘n kans in die lewe te gee,” sê Van Niekerk. . Lees gerus die Van Niekerk-susters se storie op bl. 5.

’n GESKOKTE Pula van Niekerk toe haar naam gelees word as die wenner van die splinternuwe Chevrolet Spark Lite.


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Vrystaat Opkikkers onder die loep HOOFARTIKEL

Posbus 21, Bethlehem, 9700

SEDERT Atletiek Suid-Afrika (ASA) bekend gemaak het dat 11 atlete in 2012 weens die gebruik van verbode middels skuldig bevind is, val die soeklig opnuut op hierdie euwel in sport. Die praktyk om opkikkers te gebruik gebeur in byna elke skool in die land, volgens dr. Ion Paricios, ’n Gautengse sportdokter. Dit is veral anaboliese steroïede wat gebruik word om prestasie en spiermassa van atlete en spierbouers te verhoog. Dit word dikwels juice of roids genoem. Hiermee hoop atlete om prestasie te verbeter. Die middel hou ook ’n enorme gesondheidsrisiko’s in. Intussen het die departement van sport en ontspanning onlangs in die parlement aangevoer dat wetgewing gewysig moet word om die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (SAIDS) wyer magte te gee om te verseker skolesport is dwelmvry. Tans mag net SAIDS-leerlinge van skole toets waar beheerliggame ingestem het. Dit is tragies dat prestasie in sport tot so ’n vlak gevoer word. Die druk op jong kinders om te presteer is geweldig en neem steeds toe, veral onder die aansporing van ouers wat fanaties is oor sport. Dit wil voorkom of ouers niks sal ontsien om prestasie af te dwing nie. Dit word dikwels in die algemene omgang beweer dat die gebruik van opkikkers in Oos-Vrystaatse skole ’n baie lewendige praktyk is. Dit word ook beweer dat daar kinders is wat kreatien gebruik wat deur ouers aangekoop word. Dit word selfs beweer dat daar onderwysers is wat dit in hul klaskamers verkoop. Die groot vraag is of “roem” in sport op skolevlak dit alles werd is. ’n Baie klein persentasie van skoolkinders gaan eindelik sport as loopbaan volg. Intussen het die Hoërskool Witteberg op Bethlehem die leiding geneem deur SAIDS vir ’n inligtingsdag na Bethlehem te nooi. Ander skole se sportafrigters is ook uitgenooi om die belangrik inligtingsessie by te woon. Elke skoolhoof, ouervereniging of beheerraad behoort openlik standpunt in te neem teen die gebruik van opkikkers om sportprestasie te verhoog. Indien nie, is skole bloot ’n fabriek vir nog Lance Armstrongs wat topprestasies deur oneerlikheid behaal het.

BL

riewe etters

Posbus 21/ PO Box 21 Bethlehem 9700

Vrae oor Christenburg DOUG LEES, Posbus 275, Bethlehem: EK wil net graag ’n paar vrae stel in verband met Christenburg. Wie is die eienaar van die eiendom? Word huur ingevorder van die inwoners? Hoe word die geld wat wel ingevorder word, bestee? Is daar ’n wetlike, verkose of aangestelde bestuursraad? Is daar geouditeerde finansiële state beskikbaar? Daar is so baie stories wat rondloop dat mense wat wil help, die hulp weerhou. Ek vertrou iemand sal antwoorde kan verskaf en dat daar gekyk kan word dat sake by “Christenburg” verbeter word.

Leer uit Alexander die Grote se ervarings

S

Susan Maré ALEXANDER DIE GROTE (356 tot 323 v.C.) se laaste woorde was glo Ice melts when heated! Eyes melt when hated. Nadat hy baie koninkryke in antieke Griekeland oorwin het, het hy terug huis toe gekeer. Op die pad het hy siek begin voel en is kort daarna dood. Terwyl die dood hom in die gesig gestaar het, het Alexander besef dat al sy oorwinnings, sy groot weermag, sy skerp swaard en al sy rykdom van geen betekenis is nie. Hy het daarna verlang om tuis te kom, sy moeder se gesig vir laas te sien en vaarwel te sê. Só het die magtige vegter magteloos, bleek en hulpeloos gelê en wag om sy laaste asem uit te blaas. Dit word vertel dat hy sy generaals laat kom en met hulle oor sy dood gepraat het. Hy het drie wense uitgespreek wat hulle vir hom moes uitvoer. Met trane wat oor hul wange gerol het, het hulle ingestem om hul koning se wense uit te voer. Sy eerste wens was dat slegs sy dokters sy kis na die graf moes dra. Tweedens was dit sy wens dat die pad na die graf waaroor hulle sy kis sou dra, bestrooi

No matter who or what the inhabitants are perceived to be, at the end of the day they are still created by God and they need to be treated with respect and efforts need to be made to help restore their dignity. ) Iemand wat hierop kan antwoord, kan die inligting neerpen en na Vrystaat bring of e-pos by smare@volksblad.com. Daar is dikwels vrae of klagtes rondom die bestuur van Christenburg wat op Vrystaat se tafel beland.

Reserve needs protection ROY JANKIELSOHN, DA Constituency head: Thabo Mofutsanyane, Bethlehem: THE Wolhuterskop debacle remains a cause for much concern within the community of Dihlabeng. The reserve is utilised for massive church services involving thousands of people and hundreds of vehicles which are not conducive to a reserve. In the process of grading roads for the vehicles, the Dihlabeng

andsteenpraatjies

moes wees met goud, silwer en edelstene wat hy versamel het. Hier het die koning glo sowat ’n minuut lank emosioneel geswyg. Trane het oor sy wange gerol. Sy derde wens was dat al twee sy hande uit sy kis sigbaar moes wees. Die vreemde wense het mense om sy sterfbed laat wonder, en tog het niemand dit gewaag om hom daarna te vra nie. Alexander se gunsteling-generaals het sy hand gesoen en teen hul harte gedruk. Hulle het hom verseker dat hulle sy wense sou uitvoer, maar een wou toe weet waarom hy sulke ongewone wense uitgespreek het. Die koning het sy asem diep ingetrek en gesê: “Ek wil hê die hele wêreld moet weet van die drie lesse wat die lewe my geleer het. “Die dokters wat my kis graf toe dra, moet mense daaraan herinner dat geen dokter regtig enige liggaam kan red nie. Hulle is nie mag-

Municipality destroyed a colony of the endangered giant girdled lizards. This colony was transferred and established at Wolhuterskop during the construction of a provincial road some decades ago. It has been alleged that officials within the provincial Department of Environmental Affairs and Tourism are involved in assisting the Tyrannus Church with an environmental impact assessment, which will make any application to that department by the church a conflict of interest. The municipality is also silent on payments made by the church to either the municipality or individuals. Any other member of the public has to pay R51 to enter the reserve. In view of this, the DA has requested Member of the National Council of Provinces, Mr Darryl Worth, to submit the following questions to the minister of Environmental Affairs and Tourism, Mr Marthinus van Schalkwyk, in Parliament: In view of the fact that the Wolhuterskop Municipal Reserve in the Dihlabeng Municipality in Bethlehem is utilised for other purposes, 1. whether the department is taking action to ensure that legislation is adhered to in this regard, if not, why not, if so, what are the relevant

tig genoeg om ’n liggaam van die finale dood te red nie. So, moenie lewe as vanselfsprekend aanvaar nie. “My tweede wens . . . om vir mense te wys dat ek niks met my saamneem nie. Ek het my hele lewe daaraan gewy om ryk te word en tog kan ek niks na die graf saamneem nie. Rykdom waarvoor mense hulle lewenslank bewywer, bring jou eindelik niks in die sak nie. “My laaste wens – dat my hande by die kis moet uitsteek – sodat mense moet weet ek het met leë hande in die wêreld gekom en só gaan ek daar uit.” Ná die woorde het Alexander die Grote sy oë gesluit en sy laaste asem uitgeblaas. Aan die begin van ’n nuwe jaar is dit goed om die wense van Alexander die Grote raak te lees en daaroor na te dink. Gesondheid is kosbaar en moet gekoester word. Om ryk te wees is tydelik en het slegs betekenis terwyl jy gesond genoeg is om dit te geniet. Dit eindig eindelik duskant die graf. Laastens – alles wat jy ooit vir jouself gedoen het en waarvoor jy jou vermoei het, is eindelik niks nie. Slegs dít wat jy vir ánder gedoen en beteken het, gaan voortleef. Dit word nalatenskap genoem.

details? 2. Whether any requests have been submitted to the department for assistance to carry out an environmental impact assessment on the reserve, if so, what are the relevant details, and 3. whether the department will investigate the destruction of a giant girdled lizard (sungazer) population on the reserve, if not, why not, if so, what are the relevant details?

Dink aan kind BEKOMMERDE OUERHART, Bethlehem: TOT my ontsteltenis sit ek by die skool en wag vir my kleuter om huis toe te kom na Mamma toe . . . En sien hoe ’n ander ouer dag ná dag dieselfde doen, maar met die verskil die ouer is elke keer so haastig dat sy nie die tyd afknyp om net vir kleinboet of -sus uit die babastoeltjie te haal en saam na die voorportaal te neem nie, nee. Dié mamma los kleinboet of kleinsus in die motor, sluit net die motor op die parkeerterrein en hardloop gou in. Met diefstal en die siek wêreld

waarin ons leef van pedofiele en mense wat kinders steel, wonder ek of die ma nie daaroor bekommerd is nie en of dit net nog nooit in haar gedagtes opgekom dat dit ook op Bethlehem moontlik is dat ’n voertuig gesteel kan word nie. Boonop met ’n huilende baba of peuter op die agtersitplek. Of dat die venster van die motor uitgeslaan kan word en teen die tyd dat Mamma met die kleuter die motor betree, kan daar net ’n voertuig sonder ’n kleinboet of kleinsus wees . . . Ek word koud om daaraan te dink dat daar ouers is wat nie daaraan dink dat ons dorp ook vol skurke is en dat dit nie help om te glo ons woon op die veilige plaasdorp terwyl hier ook al telkemale voertuie gesteel is of mense in rooftogte met gewere aangehou is nie. Plase is nie eens meer veilig nie, wat nog te sê die dorp. Staan tog net daardie ekstra 30 sekondes of twee minute af en neem die klein bondeltjie liefde saam wanneer u die motor voor die hek of op ’n parkeerterrein laat. Moenie die kleingoed in die voertuig laat nie. Spyt is goed, maar kom altyd tog net te laat.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

5

Tweede kanse laat jou anders dink

DIE Vrystaatse Jeugsorgsentrums sorg vir meer as 800 kinders en probeer om in elkeen se behoeftes te voorsien. Benewens dié kinders word met sopkombuise ook na meer as 2 500 ander kinders omgesien. Foto: Joanie Bergh

PULA VAN NIEKERK is onlangs as die wenner van ’n splinternuwe Chevrolet Spark Litemotor aangewys nadat sy ’n kaartjie ten bate van die Vrystaatse Jeugsorgsentrums gekoop het om die Vir Ons Kinders-projek te ondersteun. Nadat Pula as die wenner aangekondig is, het sy die motor vir haar suster, Jannet, gegee. Hier is hul storie. “Ons twee sussies het in ’n huis grootgeword waar ons ouers ons geleer het om vir ander te gee. Vakansies het kinderhuiskinders baiekeer by ons gekuier, wat ons laat besef het hoe bevoorreg ons was om ouers te hê wat na ons kan omsien. Ons het ’n passie vir kinders en diere, veral dié in moeilike omstandighede.” Pula se storie “Verlede jaar moes ek kankertoetse ondergaan en ek het besef: ‘Jy kan nie kies hoe jy gaan sterf nie, maar jy kan kies hoe jy wil leef.’ Die toetse was negatief en ek het besef die Here het aan my die grootste geskenk, ’n tweede kans, gegee. Terwyl ek leef, het ek die kans om te gee sodat ander mense ook ’n beter lewe kan hê. Ek het ’n kaartjie op die Kersiefees ten bate van Engo se Kinder-en Jeugsorg teen R20 gekoop. ’n Mens voel soms te haastig om so iets te doen, maar ek het besef dit is iets wat ek moet doen. Wat is R20? Twee sjokolades vir my. Uit ongeveer 14 000 mense wat kaartjies gekoop het, is ek toe die wenner van die Chevrolet Spark Lite. Hulle het my laat weet ek is ’n finalis en ek het vir my sussie, Jannet, gesê sy kan die motor kry as ek dit wen. Sy het ook begin 2010 ’n tweede kans om lewe gekry na ’n mislukte selfmoordpoging. Ek het besef hoe

gelukkig ek is om haar nog te hê en ons is nog altyd groot maatjies. Sy sal met haar salaris nie weer ’n nuwe motor kan koop nie en elke keer wanneer sy ver moes ry, was ek bekommerd oor haar. Nou weet ek sy is veilig op die pad met die nuwe motor en dit net met Jesus se genade.” Jannet se storie “Pula, hoe sê ek dankie? Daar is nie woorde daarvoor nie. Dit voel nog of ek droom. Ek het in 2010 uit die skeihof geloop en besef ek het al my spaargeld verloor; ek stap daar uit met wat ek het. Ek het die aand vir die Here gesê: ‘Here, maar vandag het Jy my mos finaal verlaat’, of so het ek gedink. Die volgende oggend het ek wakker geword met die woorde: ‘maar Ek het ’n ander plan’. Daar het ’n kalmte oor my gekom. Ek het besluit om in my omstandighede gelukkig te wees en die beste daarvan te maak. Ek het besef met my salaris en geen spaargeld nie sal ek nooit ’n nuwe motor kon koop nie; die Here sal bonatuurlik moet voorsien. Ek maak toe die keuse ‘soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al die dinge sal vir julle bygevoeg word’. Ek het altyd eerste aan ander gedink en so verkeerdelik verantwoordelikheid vir ander mense aanvaar. Ek het weer besef waaroor my tiende vir die Here gaan – Hy soek nie my geld nie, maar hy toets my hart. Al het dit soms geldelik moeilik gegaan, het ek bly saai. Hy het dit vir my op Sy tyd gedoen, ek moes ’n pad met Hom stap. Ek het nie veel om te gee nie, maar ek kan vir seker vir mense hoop gee. Gee jou hele pakkie vir die Here, want Hy wil dit vir jou dra.”


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

VERSKEIE funksionele ontwerpe van die kunstenaar Dalha Hulme van Rosendal wat in die Meerkatkolonie-galery op Rosendal besigtig kan word.

Hulme skep met enige medium DAHLA HULME, kunstenaar van Rosendal, het op ’n beesplaas in Namibië grootgeword. Sy deel die Meerkatkolonie-kunsgalery met die skilder Michéle Nigrini. Die belangrikste elemente in haar werk is lyn, komposisie, balans en tekstuur: skoon lyne, aardse teksture van hout, metaal, been en leer. Hulme lewer as kunstenaar en inwoner op Rosendal ’n groot impak op die gemeenskap en skep veral werksgeleenthede vir inwoners van Mautse – meestal met die ontwerp en maak van uitsonderlike meubels. Susan Maré het met haar gesels.

WAAR het Dahla Hulme die kunstenaar begin – die eerste keer bewus geword van kuns? As kind geteken, musiek geneem? Was jou ouers kunssinnig? Ons het grootgeword met skilderye in die huis – my ma ’n skilder, my oupa Charles Aubrey Hall was ’n fotograaf wat Afrika deurkruis het en my oupagrootjie Geater was ’n argitek in Kenia. Ek dink dit is dus maar in die bloed. Ek het vir ’n tyd lank kuns aan ’n private kollege in Amerika gestudeer. Kleintyd was daar altyd ’n kamera naby. Die lyne van goed het my altyd fassineer . . . dit moes reg wees, reg vir my natuurlik, maar reg moes dit wees. Waar kom jou veelsydigheid vandaan? Fotografie, vlieënier, beeldhouer? Ek lag ’n bietjie oor die vraag, ek het absoluut niks daarmee te doen nie! Talente, gegewe en van die voorsate neem ek aan. Wat nog? Watter ander kunssoorte beoefen jy nog? My werk is die afgelope drie jaar meer funksioneel georiënteerd – tafels, ligte, boekrakke, hopelik binnekort messegoed, breekware. Sommer alles waaraan ek kan dink. Dus kan ek seker sê ek beoefen ontwerp. Die rede? Want alledaagse goed moet mooi wees, spesiaal wees, uniek wees. Tegnologie het ons so blootgestel aan alles en ek voel reg-

tig dat ook die tasbare jou maag moet laat draai van lekkerte, in die materiaal of medium, die lyn, die eindproduk. Namibië, Georgië, Skotland, Ierland, Rosendal . . . Wat maak Rosendal so spesiaal? Die mense om my, die mense wat jy ontmoet in die galery, die ruimte, die lug, die berge, die stilte, ons groentetuin en blomtuin, ons wonderlike ou plaashuis met soveel mooi dinge in en dat ons die honde oral kan saamvat. Opgesom, die vryheid in leef en tyd. Dit alles maak Rosendal ’n wonderlike ateljee. Dat Rosa-restaurant fantastiese koffie het en Jonathan van der Walt die beste ontbyte maak, maak alles volrond. In kort, Rosendal is goed vir my senses. Beskryf die genre kuns wat jy beoefen. Dit is onder meer funksioneel. Funksioneel wat . . .? Mmmm . . . my genre is om funksioneel uniek te maak. Ek wil by mense ’n bewustheid skep dat niks sommer net is nie. As jy kan en jy het ’n keuse, laat dit wat om jou is terwyl jy in jou spasie is, goed wees wat jou warm maak, jou maak kyk, maak voel. Dus funksionele beeldhou, die beeld, watter vorm ook al. Waar kry jy al jou idees vir nuwe kunswerke vandaan wat nimmereindigend lyk? Ek weet nie, hulle maak my kop vol. My grootse wens is dat elke ontwerp wat ek sien in my gedagtes onmiddellik ’n werklikheid kon wees, nie dae, weke, maande se werk nie! Besluit jy vooraf wat jy gaan skep of laat jy jou lei deur die materiaal waarmee jy werk en ontstaan idees dalk impromptu en lukraak as jy eers die materiaal tot jou beskikking gesien het – hout, metaal, staal, allerhande voorwerpe, ensovoorts? Hoe verloop die kunsproses? Ek werk baie met gegewe vorms wat dit soms makliker en soms baie moeiliker maak. ’n Kombinasie van gegewe en nuutgevormde gebeur gereeld. Dit is soos om te sê ek wil aandete maak, besluit wat om te maak en dan inkopies te gaan doen. Ek wil iemand werklik beïndruk, gelukkig maak, twee keer laat proe, die kos mooi laat lyk, dan die yskas oopmaak sonder ’n plan en ’n ete kook wat jou gaste drie keer maak skep. ’n Bietjie senutergender as ’n resep!

DAHLA HULME – kunstenaar van Rosendal. Sy en Michéle Nigrini, skilder, deel die Meerkatkolonie-galery op Rosendal waar hul werke besigtig kan word. Hoe ervaar mense gewoonlik jou kunswerke? Dit is seker ’n vraag wat iemand naby my, wat my werk ken en mense hoor en sien om my werk met meer objektiwiteit moet en kan beantwoord. Hulle verkoop, dus ek dink – goed. Om dit om te draai, ek weet hoeveel plesier in sy suiwerste vorm ’n werk wat my opgewonde maak my gee, dus ek hoop mense ervaar sulke lekkerte as hulle my werk sien en koop. Hoe verskil jou soort kuns van byvoorbeeld die kuns van skilders? Is daar ’n verband en indien wel, wat is die verband? Die spreektaal van vorm, lyn, kleur en balans geld vir alle werke, glo ek. Is daar baie nostalgie in jou opgesluit omdat jy juis geïnspireer word deur ou goed soos werktuie, voorwerpe, ensovoorts? Is daar ’n groot verlange

In die eg verbind

OP Saterdag 5 Januarie het Marike Vogel en Johan le Roux in die NG kerk Warden in die huwelik getree. Marike is die dogter van Philip en Sarina Vogel van Vaalkop, Warden, en Johan die seun van Eduard en Charlotte le Roux van Roodepoort. Die onthaal is op Vaalkop gehou. Die paartjie is in die huwelik bevestig deur ds. Ben en Elise Klut van die NG Melville-Kruis-gemeente. Hulle gaan hulle op Krugersdorp vestig.

in jou na jou grootwordlewe – eens in Namibië? Nee, nie werklik nostalgie nie. Ek word geïnspireer deur ou goed, want ek het baie respek vir die tyd, beplanning en arbeid wat in goed ingegaan het. Dus as iets deurdag is. Ou werktuie, soms in hulle oorspronklike vorm, maar meer dikwels vir my as komponente, was so goed gemaak en met sulke sterk lyne. Yster kan baie mooi lyne hê, soos been, jy moet net kyk. Wat laat Dahla ‘tiek’? ’n Goeie ontwerp, ’n deurdagte ontwerp. ’n Ontwerp ter wille van lyn en balans, nie net funksionaliteit nie, maar funksionaliteit as die werkwoord in die sin. Wat doen sy in haar vrye tyd as sy nie besig is om te skep nie? Speel Rummicup! Skep. Ry fiets, skep. Drink koffie met die mense wat ek liefhet, skep, beplan aan die volgende reis, skep. Lees, skep. Kuier. Skep. Alles gaan hand aan hand

met wat in my kop aangaan. Gunsteling-skrywer(s)? Nuutste, Jan Willem van der Wetering. Rolmodelle in die kunswêreld? Elke jong en ouer kunstenaar wat hul ding doen ondanks die “odds”. Wat sal jou raad wees aan ander opkomende kunstenaars? Wees eerlik. Doen wat jy voel, sien en van hou. Wat is jou planne vir 2013? Wat voer jy alles in die mou? Wanneer is jou volgende groot uitstalling en waar? Baie planne. April êrens het ek en Michèle Nigrini ’n omgewingsbewustheid. Van 22 Julie tot 22 Augustus stal ek en Henriette van der Walt ’n hele reeks nuwe ontwerpe by die Tina Skukan-galery in Pretoria uit. Intussen verskaf ons werk aan Ada26 in Parys, Vrystaat. Op 25 Februarie is daar ’n uitstalling in die Kaap waaraan verskeie beeldhouers en ontwerpers deelneem.

Nuwejaarsbaba NET een Nuwejaarsbabatjie is vanjaar op Bethlehem in die Mediclinic Hoogland gebore. Sy naam is Philip en hy is die seun van Anton en Gerdi van Rooyen van Harrismith. Die kleinman is om 12:51 gebore en het 3,070 kg geweeg.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

7

Waterfees vol pret en plesier gehou Liané Rautenbach DIE NG kerk Arlington het op Saterdag 26 Januarie weer sy jaarlikse waterfees op die plaas Komspruit gehou. Hoewel die boere se moed maar laag is en hulle eerder ’n reënbui sou verkies, het almal steeds die warm son en watersport terdeë geniet. Dit was ’n prettige dag. Ouers, kinders en vriende kon lekker langs die dam ontspan en tussen

deur die vleisbraaivure was daar groot pret in die water. Daar was iets vir almal: Vierwiel-motorfietse met kneeboards vir die jong waaghalsiges, stadige roeibootjies vir die meer versigtiges, ’n groot vlot vir die ouer garde, ski-bote en selfs twee vaardige meisies op perde het die water aangedurf. Enige iets wat kan dryf, trek, roei of jou net bo die water hou was daar.

’n Paar groot manne het ook die watersport aangedurf en ’n hele paar keer hard kennis gemaak met die water. Dit was egter iets om te aanskou toe die meer ervare skiers wys hoe dit gedoen moet word. Toe die son begin watertrek, kon jy die dag se merke sien, nie net aan die rooi gebrande lywe, maar ook die moeë kinderlyfies. Vir die Arlingtonners was dit ’n heerlike dag op die water ten bate van barmhartigheid.

PAUL COLDITZ (links), uitvoerende hoof van Fedsas, en Okkie Botha, nuwe adjunkbestuurder van Fedsas in die Vrystaat.

Bethlehemiet in Fedsas-bestuur

DIE Waterfeesgangers hier is van links, voor: Lisa Rautenbach, Marethe van Zyl, TJ van Zyl, Petro Coetzee en Cara Rautenbach; agter: Doret van Zyl, Marni Coetzee en Shannon Purchase.

WAARDES en waardegedrewe skole was die fokus van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) se eerste nasionale personeelberaad vir 2013 wat onlangs in Bloemfontein plaasgevind het. “Fedsas se projek oor waardegedrewe skole is gebou op ’n terugkeer na inherente goeie waardes. Na ons mening is dit al wat onderwys in Suid-Afrika kan red,” sê dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van Fedsas. Personeellede kon op die beraad kers opsteek by kundiges oor onderwerpe soos kommunikasie met verskillende persoonlikheidsoorte, die kweek van ’n gemeenskaplike kultuur in skoolgemeenskappe en die praktiese beweeg van ’n reël-

gedrewe skool na ’n waardegedrewe skool. “Fedsas beplan ’n reeks brandpuntvergaderings in alle provinsies in die eerste semester, asook seminare oor waardegedrewe skole in die tweede semester,” sê Deacon. Okkie Botha, oudskoolhoof van die Hoërskool Witteberg op Bethlehem, is die nuwe adjunkbestuurder van Fedsas in die Vrystaat. Die ander nuwe personeellede is Paul Rencken, adjunkbestuurder van Fedsas in KwaZulu-Natal en Riana Vos. “Die drie personeellede het almal ’n stewige agtergrond in skoolbeheer en -bestuur en sal verder tot Fedsas se diens aan onderwys in Suid-Afrika bydra,” sê Deacon.


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Wen aand van bederf

‘Pretville’-fees om die draai DIE Pretville-fees van die Bethlehem Kines begin binnekort en het reeds almal aan die praat. Van 1 tot 14 Februarie gaan die 50’s-vibe oral in die Metropolitian-sentrum sigbaar wees en baie goeie herinneringe terugbring. Rolprentgangers wat na die Afrikaanse musiekblyspel Pretville gaan kyk, word aangemoedig om feestelik te wees en ook volgens die 50’s-tema aan te trek. Hope

geskenkbewyse kan gewen word, asook oornagverblyf vir twee mense in Lavender Hill. Kaartjies is by die Kines, asook by die Tafelronde, beskikbaar. Vir elke Pretville-fliekkaartjie wat verkoop word, word R5 aan Kansa se Relay for Life geskenk. Vrystaat, Maluti en Express Eastern Free State is die mediaborge. Hou Vrystaat weekliks vir nuus oor die Pretville-fees dop.

’n TONEEL uit Pretville.

Foto: Google Images

EEN leser staan die kans om op Valentynsdag met ’n ete vir twee mense in die Piano Lounge en fliekkaartjies vir twee van die Bethlehem Kines bederf te word. SMS jou naam, van en die sleutelwoord “fifties” (R1,50 per SMS) na 45527 (voorbeeld: fifties naam van). Die kompetisie sluit op 8 Februarie om 14:00. Die wenner sal dieselfde dag gebel word en in 14 Februarie se uitgawe van Vrystaat aangekondig word. Deur aan die kompetisie deel te neem, gee lesers toestemming dat hul inligting soos per SMS-inskrywing ontvang aan Volksblad, moederkoerant van Vrystaat, vir bemarkingsdoeleindes beskikbaar gestel word.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

In die eg verbind

DOMINIQUE BREDENKAMP en Adriaan Maritz is op die plaas Trentam in die distrik Bethlehem getroud waar Dominique se ouers, Johan en Jenny, woon. Adriaan is die seun van Jannie en Stephanie Maritz. Die egpaar het hulle op Bethlehem gevestig. Foto: Perfect Pear Photography & Film

9


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Onderwyser slaan beurs na Duitsland los MARLI ZIETSMAN, ’n onderwyser aan die Hoërskool Witteberg op Bethlehem, het pas ’n groot beurs ontvang. Sy is as een van agt Duits-onderwysers in Suid-Afrika wat gekies is om waardevolle opleiding in die vakgebied te ontvang. Die opleiding word deur die Goethe-instituut van Duitsland aangebied.

Marli vertrek in Junie vanjaar na die stad Schwäbisch Hall in Duitsland, waar sy bykans ’n maand sal deurbring. Hier sal sy toegerus word om leerlinge nog doeltreffender in Duits te onderrig. Sy het reeds in haar eerste jaar van onderwys in 2012 ’n groep van 17 Wittebergers na Duitsland vir ’n opvoedkundige toer vergesel.

Zietsman spog ook met twee vakonderskeidings tydens die Senior Sertifikaat-eksamen van 2012. Coenie Venter, skoolhoof van Witteberg, is trots op die jong juffrou se uitnodiging: “Dit is voorwaar ’n groot eer vir haar én die skool, en getuig van die gehalte-onderwysers waaroor Witteberg beskik.”

DIE gr. 10-Duits-klas van die Hoërskool Witteberg op Bethlehem is trots op hul onderwyseres, Marli Zietsman (voor, derde van regs), wat op spesiale uitnodiging van die Goethe-instituut in Duitsland later vanjaar na Duitsland vertrek.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

11

PSG Konsult bied Kies regte verskeie keuses makelaar PSG KONSULT op Bethlehem beskik oor professioneel opgeleide en geregistreerde makelaars en finansiële beplanners. Gesels met PSG Konsult oor ’n annuïteit wat ten doel het om langtermynopbrengste soortgelyk aan die opbrengste van aandele binne die vereistes van Regulasie 28 van die Wet op Pensieonfondes te lewer. Dit is ideaal vir beleggers wat die volgende verwag: ) ’n hoë langtermyngroei; ) beleggers wat nie vasgevang wil wees in die gebalanseerde aard van Regulasie 28-fondse nie; ) beleggers wat binne ’n aftreefonds langtermyn wil spaar; ) beleggers wat ’n horison van tien jaar en meer het. Strategies word bate-allokasie tussen aandele, eiendom en buitelandse bates gedoen. Die PSG-multi-bestuur monitor die bate-allokasie en pas dit so aggressief moontlik binne die bepalings van Regulasie 28 aan. Voordele: ) Die fonds belê so na moontlik aan bate-allokasie in Regulasie 28. ) Dit beteken hoë langtermyn- kapitale groei. ) Dit verwyder administratiewe las van herbalansering om binne Regulasie 28 te bly. ) Geen aanvanklike administrasie en kommissie is betaalbaar nie. ) Die fonds word aktief bestuur. PSG Konsult het ook ’n tak op Ficksburg geopen.

vir jou só

TERUGGEDATEERDE groeistatistieke van ’n annuïteit wat deur PSG Konsult op Bethlehem bemark word.

Voornemende kliënte kan die kantoor se nuwe kantoornommer – 086-033-3313 – bel en vra om met Danie du Plooy of Eduard Marais (gesertifiseerde finansiële beplanners) of Tiaan van Geest (korttermynmakelaar) te praat.

DAAR is letterlik duisende makelaars vir versekering in Suid-Afrika. Hoe kies ’n mens die een wat reg is en jou en jou belange op die hart dra? Hier is tien wenke: 1. Maak seker dat jou makelaar ’n lisensie van die Raad op Finansiële Dienste het. Vra om sy of haar lisensienommer as ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste te sien. 2. Alle makelaars in Suid-Afrika moet streng regulatoriese eksamens aflê wat hul kennis van finansiële produkte toets. Maak seker jou makelaar is in besit van dié kwalifikasie. 3. ’n Goeie makelaar sal versekeringsprodukte aanbied van SuidAfrika se vernaamste versekeraars wat ’n bewese rekord het dat hulle betroubare produkte verkoop. 4. Vra jou makelaar wie die onderskrywer van jou polis is en doen jou eie navorsing om seker te maak dat die maatskappy eise sal kan betaal. 5. In talle gevalle vereenselwig versekeraars hulle met uitstekende makelaars. Vra jou makelaar met wie hy of sy sake doen. 6. Jou makelaar behoort aan jou ’n wye reeks produkte en keuses te

bied. Vra minstens drie verskillende kwotasies om seker te maak jy kry die beste oplossing teen die regte prys. 7. Een polis pas nie almal nie. Jou makelaar moet bereid wees om jou polis aan te pas sodat dit die beste by jou behoeftes pas. 8. ’n Persoonlike diens is van onskatbare waarde. Wanneer jy navrae of ’n eis het, moet jou makelaar beskikbaar wees om jou dag en nag by te staan. 9. Hoe gereeld hoor jy van jou makelaar? ’n Goeie makelaar bly deurentyd met sy kliënte in verbinding, hetsy met persoonlike oproepe, e-pos-boodskappe of nuusbriewe. 10. Is jou makelaar tegnologies gevorder? Kan jy met hom of haar in verbinding tree op ’n manier wat jou pas? Byvoorbeeld: per e-pos, of kan jy aanlyn ’n aansoek invul, of kry jy jou SMS’e met nuus en bywerkings? ) Bel Danie du Plooy (gesertifiseerde finansiële beplanner) by 082-9200-235, Tiaan van Geest (korttermynmakelaar) by 083-633-4333, of Eduard Marais (gesertifiseerde finansiële beplanner) by 082-5578807. Rig navrae aan Carol Strydom (makelaar-assistent) by 083-5608938.


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

VIR nuus, foto’s en algemene nuuswenke stuur e-pos aan Susan Maré by smare@ volksblad.com of Joanie Bergh by joanie.bergh @volksblad.com of bel 058303-5411 in kantoorure.

Verstaan dit wat jy teken Braam Botha IS jy al versoek om ’n dokument of kontrak te teken, maar jy verstaan heelwat van die woorde wat daarin staan hoegenaamd nie? Met die koms van die Verbruikerswet moet alle dokumente en kontrakte in duidelike en eenvoudige taal wees. Meer bepaald word vereis dat ’n kennisgewing, dokument of visuele voorstelling sodanig geskryf word dat die redelike persoon van ’n sekere klas dit sal verstaan. As die woorde wat in die dokument vervat word, nie vir jou verstaanbaar is nie, is jy geregtig om te weier om die dokument te teken totdat die woord of term in eenvoudige taal aan jou verduidelik is. Dit is ook jou reg om te versoek dat die woord of term wat aan jou verduidelik word, op skrif gestel word. Daar word ook van ondernemings en firmas wat regsdokumente gebruik, verwag om seker te maak dat die persoon wat die dokument onderteken, verstaan wat die regsterme beteken. Onthou: Dit is jou reg om te weet en te verstaan wat jy teken. As jy net teken en nie verstaan wat die betekenis en implikasies van die woord is nie, kan jy letterlik “in die sop beland”. . Braam Botha is ’n CPA, kommersiële en arbeidsregpraktisyn en op versoek van Vrystaat ’n gereelde bydraer van kort artikels oor aangeleenthede in die sakewêreld en die werkplek. Rig navrae aan Botha by 058–303-3844 of wellatwork@telkomsa.net.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Reitz-danser sê ‘hola’ vir Spanje

’n DANSER van Reitz het haar pad na Spanje oopgedans. Vir ’n opgewonde Mariaan Pretorius, een van die dansers van die Magda Dans-Studio op Reitz, is die komende toer na Spanje nog ietwat van ’n onwerklik-

MARIAAN PRETORIUS

heid. Die dans-ateljee se dansers is verlede jaar genooi om in Junie in Barcelona, Spanje, aan ’n internasionale danskompetisie te gaan deelneem. Mariaan dans vandat sy tien jaar oud is.

Haar belangstelling in dans is geprikkel toe sy ander sien dans het en dit vir haar lekker gelyk het. Sy het nooit gedink dans sou haar ooit so ver soos Spanje neem nie. Dans laat haar ontspan en sy geniet dit baie.

Foto: Johan Viljoen

Sy kan nie wag om te sien hoe lyk Spanje en wat daar is en ook om die mense daar te ontmoet nie. Die vlug is die enigste deel

van die toer wat haar senuweeagtig maak. . Die dansers van die ateljee het die afgelope naweek ’n veldmotorfietse-wedren by-

13

gewoon waar ongeveer 65 motorfietse aangetree het vir die wedren wat oor 60 km plaasgevind het. – Johan Viljoen


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

SKOLENUUS

Swoeg en sweet op byeenkoms VIER atlete van die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem in die 100 m-wedloop. Hulle is van links Nico van Vuuren, Ammi Pelser, Adru Odendaal en Boeta Vermaak.

’n PAAR gr. 8-leerlinge van die Hoërskool Voortrekker wat hier swoeg en sweet.

EMMA KLEYNHANS – skitterende hoogspringatleet van die Hoërskool Voortrekker – wat ’n rekord op die sirkel-atletiekbyeenkoms verbeter het.

ATLETE van die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem wat rekords op die sirkel-atletiekbyeenkoms verbeter het, is van links, voor: Henriëtte Cronjé (5000 m-stap), Michelle van Huysteen (300 m-hekkies), Carlien Horn (spiesgooi), Marnie van den Berg (spiesgooi), Jana Claasen (spiesgooi), Jonathan Allison (paalspring), Emma Kleynhans (hoogspring) en Sollie Cronjé (400 m-hekkies); agter: Tiisetso Madonsela (110 m-hekkies), Janlu Claasen (stap), Lurinda van Heerden (100 m-hekkies), Wian van der Watt (gewigstoot), Boeta Vermaak (spiesgooi), Helgard van Heerden (gewigstoot), Marco Labuschagne (300 m-hekkies), Letitia Janse van Vuuren (gewigstoot), Jana du Randt (gewigstoot) en Guido Postma (stap).

Voortrekker seëvier in krieket

DIE Hoërskool Voortrekker op Bethlehem het verlede Saterdag kragte gemeet teen sy eweknie – die Hoërskool Witteberg. In ’n 50-boulbeurtformaat is Voortrekker uitgestuur op ’n moeilike kolfblad en het die spelers aanvanklik gesukkel om hul houe te speel. Die aanvangskolwer, Phillip Mare, het ’n uitstekend beurt gespeel en deurlopend gekolf om 111 onoorwonne lopies aan te teken. Hy is goed ondersteun deur Junior Smit, wat 70 lopies aangeteken het van slegs 62 balle, om ’n totaal van 270 lopies daar te stel. Daarna het Witteberg gekolf en is vir 227 lopies uitgeboul. Ruan Janse van Rensburg het 3/38 geneem en AJ van Wyk 3/42. Stefan van Dyk het uitstekend geboul en 2 paaltjies vir slegs 23 lopies in 7 beurte geneem. Voortrekker het dus die wedstryd met 43 lopies gewen en bly onoorwonne in die Griffons-liga. Teen die Hoërskool Hentie Cilliers se o.15-span Voortrekker het eerste gekolf en 214 lopies aangeteken met Ruan Labuschagne wat amper deur die beurt gekolf het vir 59 lopies. Hy is goed deur Michael Janse van Rensburg ondersteun, wat 41 lopies aangeteken het. Daarna het Henties gekolf en vir slegs 23 lopies uitgeboul, danksy uitstekende boulwerk deur Marko Labuschagne, wat drie paaltjies vir slegs vyf lopies in ses beurte geneem het, en Anton Muller met 3/15.

Voortrekker het dus die wedstryd met 191 lopies gewen.

Pro 20-wedstryd Voortrekker se eerste krieketspan speel vandag teen St. Andrew van Bloemfontein in die halfeindronde van die Pro 20-reeks van die Vrystaat. In hierdie nasionale kompetisie het Voortrekker reeds oorwinnings behaal teen Witteberg (29 lopies), Sasolburg (87 lopies) en Ficksburg (8 paaltjies) om te vorder tot die Super Ses-afdeling. Die Super Ses bestaan uit die ses spanne wat hul onderskeie poelwedstryde gewen het. In die een afdeling is Grey I, Hennenman en Goudveld, en die ander afdeling bestaan uit Voortrekker, Grey II en St. Andrew. Nadat Grey II verloor het teen St. Andrew, moes Voortrekker teen Grey II in Bloemfontein gaan speel. Die wedstryd is oortuigend met sewe paaltjies gewen en Voortrekker het tot die halfeindronde deurgedring. Voortrekker versus Grey II Grey II het eerste gekolf en ná ’n goeie begin deur sy aanvangskolwers, het hulle 129 lopies aangeteken vir 7 paaltjies, danksy goeie boulwerk deur veral Boeta Vermaak 2/14. Al die ander boulers het hom mooi ondersteun: Ammi Pelser (1/16), Eloff Scheepers (1/10), Stefan van Dyk (1/17) en AJ van Wyk (1/27). Daarna het Voortrekker gekolf en

ELOFF SCHEEPERS (regs) in aksie. het Boeta Vermaak besluit dat hy geen respek vir enige van Grey II se boulers het nie. Hy het hul boulaanval vernietig deur 43 lopies in minder as 4 boulbeurte aan te teken. Ammi Pelser, sy aanvangsvennoot, het die perfekte ankerrol gespeel en deur die beurt vir 57 onoorwonne lopies gekolf. Hy is mooi deur Eloff Scheepers (15 nun) ondersteun. Voortrekker het die wedstryd met

sewe paaltjies gewen. Die uitdaging om St. Andrew vandag op Voortrekker se tuisveld te klop is groot. St. Andrew word beskou as een van die twee beste krieketspanne in die Vrystaat. Die wenner van Donderdag se wedstryd speel die volgende week teen Grey se eerste span in die eindronde van die Vrystaatse afdeling van die kompetisie. – Hoërskool Voortrekker: Sportdepartement

BOETA VERMAAK in een van sy vernietigende boulaanvalle.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

15

Nommer 1 in aflos

DRIE atlete van die Hoërskool Witteberg wat met die eerste, tweede en derde plekke weggestap het in die verspringnommer vir meisies o.19. Hulle is van links Elizna Coetzee (derde), Jana van Zyl (eerste) en Mari Labuschagne (tweede).

SO lyk een van die nuwe lesinglokale by die Hoërskool Witteberg op Bethlehem wat onlangs in gebruik geneem is as deel van Witteberg se Jeug-universiteit-projek. Hier is gr. 12-leerlinge in Selbie Swart se fisiese wetenskap-klas.

DIE o.19-aflosspan van die Hoërskool Witteberg op Bethlehem wat aan die sirkel-atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Hulle is van links Wiaan Pittendrigh, Stephan Maree, Donovin Lourens en JC van Biljon. Witteberg het al die aflosse van die dag gewen.

Presteer op die atletiekveld DIE Hoërskool Reitz se top-atletiekpresteerders in die laerskoolafdeling op vanjaar se kleurebyeenkoms is van links Armant van Deventer (veelsydigste seunsatleet), Shani Barnard (veelsydigste meisieatleet; victrix ludorum) en Bruwer Potgieter (victor ludorum). ’n MOOI prestasie: Monique Vonick Aslett, gr. 10-leerling aan die Hoërskool Witteberg op Bethlehem, het vierde geëindig in die Vrystaat met haar deelname aan die junior Afrikaanse olimpiade in 2012.

OP die Vaalparkatletiekbyeenkoms op Sasolburg het leerlinge van die Laerskool Truida Kestell besonder goed gepresteer. Hulle is van links Hannes Kruger (verbeter diskusgooi-rekord), Mila van Wyk (ontvang ’n spesiale eerbewys vir die beste meisie-veldnommer) en Louwri Jansen (verbeter spiesgooi-rekord).

Kraai koning in hul nommers OP die Laerskool Truida Kestell se kleuresportbyeenkoms het dié leerlinge rekords verbeter. Hulle is van links Elmarie Niewoudt (100 m en 150 m), Mila van Wyk (diskusgooi en gewigstoot), Hannes Kruger (gewigstoot), Louwri Jansen (spiesgooi) en Jomar Oosthuizen (gewigstoot en diskusgooi).

DIE Laerskool Truida Kestell is trots op dié leerlinge (12 en 13 jaar) wat op die Vaalparkatletiekbyeenkoms op Sasolburg eerste plekke behaal het. Hulle is van links Cara van Wyk, Marlé Claasen, Louwri Jansen, Hannes Kruger, Mila van Wyk en Elmarie Nieuwoudt.

OP die Laerskool Truida Kestell se Vaalparkatletiekbyeenkoms het dié leerlinge (10 en 11 jaar) eerste plekke behaal. Hulle is van links Chinell Becker, Ronel Venter, Alexa van Wyk, Ané Rautenbach, Duan Viljoen en Charlton Mettler.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Bethlehem Droogskoonmakers

MAMMAS, KOM KYK! Tjoklitbekkie Dagsorg het oopgemaak! Kom skryf jou kleinding in. (074 576 9451/079 820 9308.

Laptop: HP 1310 Pavilion G6 series, mouse and bag incl. Never used! R4 500. iPAD: Apple 4G 64GB with life batt, Bluetooth keyboard and shoulder bag never used! R7 500 . Jan 079 542 7533.

BETHLEHEM-10-1-07-VR-LH

Tel. 058 303 5621/2

* Stoomwas van matte en sitkamerstelle * Was , droog en stryk wasgoed * Herstelwerk aan klere

R ROETS STAALWERKE SEL. 083 285 1450 • STAALHEININGS • AFDAKKE • KLEIN BOUWERKE • VERFWERK • HOUTHUISE • HOUTDEKKE • DRYWALL-MURE/ -KANTORE

1997 FORD RANCHERObakkie, wit. Duiwehokke en vliegduiwe. 3-slk-huis te koop. (084 504 0744. Hoenderlêbatterye te koop. Skakel: 082 829 3423 of 058 303 3577

LAMMERS TE KOOP! Direk van die boer

A graad-lammers: geslag, verwerk, vakuumverpak en word afgelewer.

M&M PLUMBING CC

For all tombstones and repairs to damaged tombstones, as well as epitaphs, etc. Please phone 058 303 4840.

074 580 8044 Aflewering net in Bethlehem

Trapmeul te koop: Neem pols, afstand en kilojoules verbrand, R1 800. Skakel 073 151 8954.

5 Jong Volstruise te koop. Skakel: 082 578 9886. Bonsmara-verse: 10 mooi verse, geënt, onthoring. Vaars is stoetbulle. 15 maande. R7 100 elk plus BTW. Tel. 082 448 3806. SA VLEIS MERINO SKAPE TE KOOP 17 ooie met lammers R 1 700 . Dragtige ooie om uit te soek R1 500. Ooie loop by ramme R1 400. Skakel Hannes Rossouw 083 723 4162 Arlington.

Johan’s Fencing Staalomheinings Motorhuisdeure Hekmotors Interkomstelsels Sekuriteitshekke Devilsfork Skakel my 24/7 072 476 3747

Miniatuur-Dobermann Pinscher-hondjies te koop. Swart. R500. 083 640 8585. Rifrug-/Boerboelhondjies, geënt en ontwurm, R800 elk. Gebore 9 Des. Dadelik beskikbaar. Ingrid 058 303 6309 .E-pos ingridverhoeven@yahoo. com

Spesiale midweektariewe

Bethlehem Herstelwerk

Steeds u een-stophersteller. Stowe, ys- en vrieskaste, mikrogolfoonde, wasmasjiene. Alle onderdele. Commissionerstr. 67 Tel. 058 303 7000

Flower Fun Kwekery. Nuwe voorraad en 'specials' op plante. Skakel 058 303 8423. Cambrigestr. 58. By silo's. Oop Ma.-Sa.

TLB en 10-kub m‘tipper’vragmotor.

Skakel 084 519 4860. 072 192 5853.

SMIT ELEKTRIES 076 346 9100 pieter.t@hotmail.co.za

Henk v Niekerk Loodgieters Diens

Elektriese kabelfout opsporing

Noodnommer: Stefan 082 653 6222 Vervoer van meubels in Bethlehem-distrik. Wegry van tuinvullis en bourommel. Skakel: 082 3700 021 vir `n kwotasie .

• • • • • • • • •

HERSTELWERKE INSTANDHOUDING INSTALLASIES BEDRADING SKAKELAARS LIGTE KRAGPUNTE ELEKTRIESE TOESTELLE DStv (ESKTRA TELEVISIEPUNTE EN DEKODEERDERS) KWOTASIES BESKIKBAAR Goeie diens met ‘n billike prys

TEKOMA ELEKTRIESE DIENSTE

Herstel van alle elektriese/ huishoudelike toerusting, lugversorgers en huisbedrading. Industriële onderhoud. Wesselsstraat 40 Tel. 058 303 5306 TEKOMA/VR/7JUN12/JJ

South Coast Wide variety of selfcatering holiday flats and houses. Phone 039 315 1313 www.bvh.co.za Our beaches are back!

GEMEUBILEERDE KAMERS, elk met en suitebadkamer, stoep en private ingang, selfsorg. 082 927 7820

BLACKLISTED? Nett. Salary + R 5 000 p m. Favourable selection for: Loans/ Consolidations 079 281 8133

Contact KPA now to help you find a home away from Home. 051 411 2600 / 073 919 8494 / 072 088 0166

Loans from R1000 R100 000 and cellphone contracts available with all models. Buy one get one free. (Rammole 078 395 3288.

Uvongo Nautilus No.8

BLESSED Beauty Salon

Bio Sculpture, gelnaelkliniek en ontharingsalon Skakel Wilmie 082 927 7820 BETHLEHEM

• Manikuur • Pedikuur • Wax • Facials • Ooghaartint • Eye lash extentions

FORD SUPERCAB 4x4 met kappie te koop. Volledige diensrekord bestaan. Voertuig in baie goeie toestand. 2008-model met 152 000 km. R160 000. Navrae At Kruger sel 082 785 2000 of e-pos atkr@vodamail.co.za Toyota Hilux 4x4 DC 3.0D4D, 2009: With towbar, canopy, rollbar, nugebar. Low km, excellent cond. R295 000. Jan 079 542 7533.

BLOEMFONTEIN STUDENT ACCOMMODATION. WELL, LOOK NO FURTHER! KPA Private Student Accommodation has a variety of accommodation available that will suit your needs. We specialise in furnished and unfurnished accommodation close to the campus of the University of the Free State.

Vakansiewoonstel, 6-slaapplek, jacuzzi, lugversorging en braai geriewe op balkon.

Vir bespreking skakel René 039 315 1345 AMANZIMTOTI: Albatroswoonstelle teenaan die strand. Tel. 031 903 2167 /SMS 082 478 4659. Facebook ALBATROS HOLIDAY FLATS.

Goed opgepaste, gebruikte voertuie, tot en met R100 000, om aan te koop vir kontant. Well-cared for, used vehicles, up to R100 000, to buy for cash. Skakel asb Petri Oosthuizen by 083 384 1471 058 303 9469 voordat u verkoop of inruil!

75-kW- elektriese motor: 2 950 r.p.m met Howden-pomp gemonteer, R22 800. 25-kVAverhogingstransformator, 2 x 10-kVA-verlagings- transformators, R22 800. 082 374 1666 BHM.

Bekostigebare, ruim skoon semi-selfsorg- akkommodasie beskikbaar. Billike tarief. En suite-badk. Privaat parkering .( 082 824 8511.

MSJ VERVOER: BETHLEHEM. 10 ton. Lewende hawe, huisraad, baie meer. Johan Hattingh 082 808 8111.

LOO 911

056 212 2977

AANDAG :Ons koop alle tweedehandse meubels en losgoed vir kontant aan. Skakel ons vir die beste pryse in die dorp. Bel ons gou en ons kom nou. Skakel 058 303 2912 (kantoorure) of 058 303 3194 na-ure of 083 272 3045. (Marinus).

WARM- EN VRIESBRAND van beeste. Norman 082 443 6966.

GESOEK WANTED

HOOGLAND SPA ***WARMBAD

014 736 5928 * Luukse chalets * Lugreëling en DStv * Ten volle gediens * Prag swembad * Onderdak-, verhitte hydrospa * Tafeltennis en “pool”

Vloer- en muurteëls, skermmure, plaaswerk soos bouwerk en verfwerk, ens, Skakel 082 727 6231.

TE HUUR

LESCOR MOTORS: vir eerlike herstelwerk aanligte petrol-en,dieselvoertuie, veral op alle VW-fabrikate. Baie billike tariewe. Skakel 058 303 7091 Bethlehem.

Tel: 082 556 8118 Diens gewaarborg Labrador-tefies te koop. Ingeënt en ontwurm. R1 000 elk. Dadelik beskikbaar. Gebore 26 Nov. 2012. Melanie 082 450 3635 Marquard.

Member of institute of Plumbing No: 2831 Member of Plumbing Industry Registration Board No: 0150/85 Authorised to issue certificate of compliance. Qualified and professional service.

HENK 2-23-10-08-VR-LH

Salon-bed in goeie toestand. Sel nr 076 690 7718.

Independent Distributor

Tel: 058 303 4681 082 452 5208 (Mark)

Franny's Construction CC. Instandhouding, bou, verf, pleister, plaveisel, dakke, teëls, verandering. (Basie 073 190 1212.

MALAWI-VISTENK te koop: R5 000. 268 l. Ingesluit: groot filter, verhitter, staander en ± 50 visse. 079 892 7622.

VERF huise ( binne en buite), teëlwerk, bouwerk, geute, seël van dakke. Skakel: 071 076 5993.

WEHMEYER-12-6-08-VR-LH

Op soek na skrootmetaal. Kontantkoper. Op soek na drywer: Betaling op kommissiebasis. 072 037 5949.

Was van sitkamerstelle, volvloermatte en motorsitplekke. Uitsuig van water. Gratis kwotasies. Skakel Ronel 082 788 1483

BETHLEHEM-9-8-07-VR-LH

16

SELFVOERDERS TE KOOP - NUUT! R8 500

• Stewig (3-mm-staal deurgaans) • Kan met driepunt van trekker vervoer word. • Skuifplaat vir growwer voere. • Pas perfek op plaasbakkie. • Groot waterdigte opgaarbak vir reserwevoer. • Beproef.

Skakel 072 798 5065 1X Hyundai I 20, 2011 model, 40 000 km Rooi winskoop R125 000. Skakel: 082 679 0918. 1X Hyundai Atos 1,1 GLS prime 2006 models , Rooi Winskoop R55 000 . Skakel: 082 679 0918. 1X Hyundai I 20, 2012 model, Pers 10 000km. Winskoop R150 000. Skakel: 082 679 0918. 1X Hyundai Atos 1,1 GLS prime 2010 model, 41 000km. Silwer winskoop R60 000. Skakel: 082 679 0918.

Ek koop byna alle tweedehandse motors , bakkies, kombi's , Ventures en Condors aan vir kontant. Ek is bereid om op te tel. Skakel Unis 082 959 9120 072 203 1614

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

2-slaapkamer-plaashuis te huur. ±20 km uit Bethlehem op ou Fouriesburg-pad. Skakel: 082 417 9023. Eureka: 3 slk, ruim oopplankombuis, 2 badk, 2 garages, buitegeboue. Baie kaste. Onmiddellik beskikbaar. 082 554 2550. Huise en eenmanwoonstelle in Loch Athlone. Gemeubileer en ongemeubileer. Skakel Paula 082 927 0209. Plaashuis beskikbaar vir selfonderhoudende egpaar. 3-slk, 2-badk dubbel motorhuis 60km van Bethlehem 20km van Warden 40km Reitz. Betaal eie Eskomrekening-lynfooi en gebruik. Beskikbaar 1 Maart 2013 . Kontak 082 858 9173.

2-slk-/2-badk-meenthuis met motorafdak te huur. 1 Maart. R4 000 p.m. Deposito. Skakel saans na 17:30. 071 204 5461. R4 200 p.m. Eureka: Ruim 2-slk-meenthuis met afdak. Isabel de Bruin Eiend. 082 785 1111.

2 bachelor units in Môrelig: Available 1 Feb. R1 300 and R2 100. Phone Dirk 082 925 8605. 2-bedroomflat: W and l excluded. R2 800 p.m. Available immediately. Phone Koki 057 352 2990. 2-slk-woonstel met onderdakparkering. Onmiddellik beskikbaar. Navrae 083 630 8550. Eenman, 1- en 2-slkWOONSTELLE: Noordfront. Ruim. Motorhuis of afdak. Skakel 058 303 6746 of 083 330 7346. Gemeubileerde kamers, kombuis en stortgeriewe. R1 750 en R1 650, w en l ingesl. R500 sleuteldep. vooruit betaalbaar. Onm. besk. 079 888 2027.

The unilofts are beautiful 2-bedroom flats, fully furnished and for any registered students. It is less than a 5 minute walk from campus. There is 24 hour security for your safety and basement parking. To book your place now, phone KPA Student Accommodation at 051 411 2600/ 073 919 8494/ 072 088 0166 Tuinwoonstel met private tuin te huur. Beskikbaar 1 Maart2013 . Skakel 076 963 9277. Tuinwoonstel te huur. Instandhouding van tuin en elektrisiteit ingesluit plus gebruik van verhitte swembad plus skoonmaakdienste. Enkellopende dame of enkelouer met een afhanklike. R3 500 p.m. Geen troeteldiere tensy vooraf toestemming verkry. Skakel 082 490 9261. Laat besonderhede indien geen antwoord. Woonstel vir enkelpersoon. Onmiddellik beskikbaar. R1 800 p.m. Koopkrag. Skakel: 084 773 2233

4 slk, 3 badk, 2 m/h plus afdak in Panorama. 4de slk potensiaal om uit te verhuur. Onthaalarea, erf met min onderhoud. R1 150 000. Skakel 074 580 8044. Gerieflike huis in Môrelig: 3 slk, 2 badk, gedeeltelik voltooide eenmanwoonstel. R760 000 ohb. Skakel Dirk 082 925 8605. Groot, netjies geboude 4slk-/2-badkamer-huis. Skakel: 082 377 0493/082 455 1351 J&M Properties. Te koop: Môrelig: 3-slk/2-badk-huis en 2-slk/2-badk-woonstel, on-langs opgeknap, huur- inkomste R10 000 p.m., R1 150 000. Hospitaalheuwel: 4-slk/2-badk-huis, R880 000. Jean 083 349 5945. Nice house in Môrelig: 3 bedr, 2 bathrooms, half completed bachelor flat. Quiet area. R760 000 neg. Phone Dirk 082 925 8605.

J&M Properties te huur. Netjiese, moderne 3-slk, 2 badk, dubbelmotorhuis. R5 800 p.m. 1 Febr. -Netjiese 2-slk-/1-badkmeenthuis, songeiser en gasstoof. R4 400 p.m. 1 Febr. -BHM-WES: Ruim 3-slk, 2 badk-huis. R5 500 p.m. 1 Mrt. BHM-WES: 1-man-woonstel R2 500. W en l ingesl. 1 Febr. -4 km op Warden-pad. 1-slkwoonstel. R2 800 p.m.W en l ingesluit. 1 Mrt. -Clarens: 3 bedr, 2 bathr, beautiful view. R5 000 p.m. -Kamers in gastehuis. R2 500-R3 300 p.m. 082 316 9623 Marelie. PERMANTE of langtermyn kamers te huur by Inkwe lodge. Skakel Johan by 082 924 2726. SHOPS TO LET: From R3 000 p.m. water and electricity incl. 072 985 7687. Stoorplek te huur in dorp: 48 m². Baie veilig, ideaal om voorraad te stoor. R1 400 BTW ingesluit . Bethlehem-Wes: Stoorplek. 24 m². Groot motorhuis. Baie veilig, ideaal om voorraad te stoor. R650 BTW ingesluit. Skakel Dirk 082 925 8605.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

120: AANSOEK OM 'N

Tuinwoonstel - dadelik beskikbaar. 2-slk-woonstel - dadelik beskikbaar. Meenthuis - 1 Maart beskikbaar. Skakel: 076 789 3613

Op soek na werk as huishulp, kinderoppasser of enige algemene skoonmaakwerk. Skakel: Joyce 076 073 6717. Op soek na werk as huishulp: 2 dae per week. Dinsdae, Donderdae. Skakel: Sarah 071 179 6417. Opsoek na werk as huishulp Ma-Vry. Roseline 074 289 6096. Victor is looking for a job. Very hard working and willing to learn. Phone 072 169 9702.

BEEFMASTER (Christiana) Afdelingsbestuurder: Lande Gekwalifiseerde volwasse landboupersoon met goeie ondervinding in bestuur van alle aspekte van boerdery vir die voerkraalbedryf. Pligte sluit in algemene boerderyverantwoordelikhede m.b.t die voorbereiding, plant en oes van lande vir kuilvoerdoeleindes. Pligte sluit in besproeing- en spilpuntbeheer, hantering van vee, personeel, data- insameling asook rekonsiliasie binne finansiële begrotings. Asook koördinering van grondverskuiwingsmasjiene en algemene plaasinstand-houding. Hardwerkende en betroubare persone met goeie menseverhoudige en goeie kennis van besigheidspraktyk is 'n vereiste. Moet onafhanklik, siste-maties en akkuraat kan werk. Persoonlike assistent: 'n Ongetroude jong dame wat bereid is om te hervestig in die platteland word gesoek. Universiteitskwalifikasie en uitstekende rekenaar-vaardigheid is 'n vereiste. Pligte sluit in: fakturering, betalings, krediteure, debiteure en persoonlike assistent asook algemene maatskappykantoorpligte. Hardwerkende dame wat akkuraat kan werk en konfidensialiteit handhaaf. Goeddenkend en proaktief onder druk kan funksioneer, met eerlike en betroubare waardes. Kwalifikasies en CV's kan gestuur word na: truida@beefmaster.co.za of faks na 086 656 3067. KODE 14-drywers benodig vir 'n vervoermaatskappy in Bethlehem. Faks CV na 086 618 0307.

OUMAWOONSTEL. Kennis geskied hiermee dat Papie Phillip Radebe aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om 'n oumawoonstel op te rig op erfnommer 2570, volledige straatadres Moriastraat 3, Môrelig, geleë te Bethlehem (dorp). Enige persoon wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die Applikant en die Munisipale Bestuurder indien binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: PP Radebe Straatadres: at: Thejanestraat 2600, Bohlokong, Beth-lehem 9702. Telefoon: 072°7472°318.

120: APPLICATION FOR

GRANNY FLAT Notice is hereby given that Papie Phillip Radebe intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special permission to erect a granny flat on erf number 2570, complete street address 3 Moria Street, Mô-relig, situated in Bethlehem (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days to the last publication of this notice. The Applicant: PP Radebe Address: Street address: 2600 Thejane Street, Bohlokong, Bethlehem 9702 Telephone: 072°7472°318.

122: J.C. DE CLERK Prokureurs/Attorney BOEDEL WYLE ADRIAAN JACOBUS MULLER BOEDELNOMMER: 4957/2012.

IN DIE BOEDEL VAN WYLE ADRIAAN JACOBUS MULLER, OORLEDE 16 APRIL 2012, BOEDELNOMMER 4957/2012, GEBORE 26 APRIL 1932, IDENTITEITSNOMMER 320426°5003°082, VAN PLAAS MULLERSTROOM, DISTRIK BETHLEHEM, VRYSTAAT PROVINSIE, Kennis geskied hiermee dat die gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf datum hiervan by die Landdroskantoor, BETHLEHEM, asook die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, BLOEMFONTEIN, ter insae lê. JC DE CLERK POSBUS 212 CLARENS 9707 Tel. 058°256°1807 Kontakpersoon: Mnr. JC de Clerk.

17


18

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

VKB Landbou (Edms) Bpk is ’n dinamiese landboumaatskappy in die hoë potensiaal landbougebied van die Noordoos-Vrystaat. Die organisasie is ’n stabiele onderneming met ’n professionele bestuursbenadering, wat streef na ’n gesonde en moderne onderneming wat landbou in die streek ondersteun. Ons Korttermynversekeringsdepartement is ’n vinnig groeiende besigheidseenheid. Die departement bied versekeringsprodukte van alle groot rolspelers in die versekeringsbedryf. Die volgende vakature is tans beskikbaar:

Assistent Rekenmeester: Finansiering & Versekering Hoofkantoor, Reitz

Funksies: • Voorbereiding en goedkeuring van joernale • Opstel van begrotings • Opstel en ontleding van bestuursinligting • Maandelikse verslagdoening • Maandafsluitings • Ondersoek van afwykings • Kontroleer en teken van tjeks en EFO-uitbetalings • Bankrekonsiliasie • Kontrolerekeninge-rekonsiliasie • Verskeie ander versekerings- en finansieringsrekenmeestertake. Vereistes: • BCom-graad met Rekeningkunde • Voltooide klerkskap • Toepaslike ondervinding in vinnig bewegende omgewing • Die vermoë om onafhanklik binne spanverband te funksioneer en verantwoordelikheid te aanvaar • Sterk analitiese, syfer- en interpersoonlike vaardighede • Goeie rekenaarvaardighede, en vermoë om op gevorderde vlak van Excel te kan funksioneer. Vir enige navrae, skakel met Nic van Stryp by (058) 863-8339. Stuur ‘n opsommende CV na Lynnette van Rensburg by lvanrensburg@vkb.co.za of alternatiewelik kan dit gefaks word na 086 519 3435. Sluitingsdatum: 11 Februarie 2013

Indien u nie binne 1 maand na die sluiting van die advertensie enige korrespondensie ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie. www.humanjobs.co.za

Human Communications 94830


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Oud-Skoliere wen liga DIE krieketspan van WMF-OudSkoliere het in Desember in die 35 beurtliga teen Reitz te staan gekom. Die span van Reitz het eerste gekolf en 93 lopies aangeteken. Nico Steyn en Johan Kriek het elk 26 lopies vir Reitz aangeteken. Cloete van Zyl het vier paaltjies vir 13 lopies laat kantel. Hierna het WMF-Oud-Skoliere die wento-

taal maklik bereik en so die liga met nege paaltjies gewen. Gerrit Pienaar het 30* en Theo Maree 36* vir die WMF-span geslaan. Die 50 beurtliga het reeds vroeg in Januarie begin. Die afgelope naweek het WMFOud-Skoliere se eerste span teen Bethlehem-Dorp met nege paaltjies gewen.

Bethlehem-Dorp het eerste gekolf en 126 lopies behaal. Deon Schoombie het vier paaltjies vir 38 lopies gekry en LR Langeveldt drie paaltjies vir nege lopies. Schoombie het ook 77* en Werner Maree 17 met die kolf aangeteken. Die tweede span van Oud-Skoliere moes egter die knie buig voor ’n baie sterk Reitz-span.

DIE krieketspelers van WMF-Oud-Skoliere op Bethlehem wat die 35 beurtliga gewen het, is van links, voor: Theo Maré, Gerrit Pienaar en Eloff Scheepers; agter: Meyer Maré, LR Langeveldt, Mpho Ramathebe, Bjorn Barends, Corné van der Merwe, Cloete van Zyl, Carl van Rooyen en Deon Schoombie.

Werk goed met Sy geld IS jy ’n goeie rentmeester van God se geld? Hoekom jou nie toets om uit te vind nie? Kom ons gesels oor wie se geld dit is. Die gelykenis van die talente of enige ander Bybelverse oor rentmeesterskap maak dit duidelik dat ons rentmeesters is van wat ons van God ontvang het; of dit nou ons tyd, geld of posisie is. Maar in die spesifieke geval praat ons oor ons rentmeesterskap van God se geld. Die waarheid is dat ons in die wêreld ingekom het met niks nie en dat ons niks met ons kan saamneem nie. Ek beskou die kort lewenstydperk as ’n toets. Wat ons met dit wat aan ons geskenk is hier op aarde aanvang, sal grootliks bepaal hoe ons toekoms lyk. Maak ons skatte in die hemel bymekaar (Matt. 6:20) of gaar ons slegs op om eindelik minder te hê (Spr. 11:24)? God se geldbestuurder ’n Onlangse preek het goeie planne oor die verbetering van ons rentmeesterskap gegee. Dit het verklaar hoe enige goeie (of selfs betaamlike) geldbestuurder weet waar die geld onder sy bestuur heen gaan. Dink daaroor – indien jy jou geldbestuur-

der sou skakel en vra waar jou geld belê is, en hy nie weet nie en kan ook op geen manier uitvind nie, omdat dit nie gedokumenteer is nie – sou jy nie bekommerd wees nie? As rentmeesters van God se geld – behoort ons nie ten minste te weet waar dit alles heen gaan nie? Hou rekord daarvan Die prediker het voorgestel dat jy ’n lêer byhou en die bestemming van elke rand wat jy bestee, neerskryf. Ek weet uit ervaring dat sulke oefeninge dikwels verrassend is – veral vir besteders (verkwisters?). Aan die einde van die week kan jy jou lys deurgaan en sien hoe God se geld bestee is. Watter persentasie is gebruik om mense te help? Hoeveel is gebruik om skatte in die hemel bymekaar te maak? Hoeveel is by ’n kitskosrestaurant bestee? Aanvaar jy die uitdaging? Ons kan moontlik bang wees vir (maar ook opgewonde oor) die resultate, maar is dit nie baie goed vir ons nie? . Chris Swart is ’n gereelde sakeskrywer op versoek van Vrystaat. Hy is van Sigmawelvaartbestuur.

Vereer vir sokker DIE Red C-sokkerklub op Reitz het sy spelers vereer. Die span het in die 2011-’12-seisoen 15 wedstryde gespeel en die algeheel derde plek behaal in die liga. Sewe spelers het aan proewe van die Harmony School of Excellence in Welkom deelgeneem. Julio Da Conceicac (foto) is met vyf eerbewyse vereer.

DIE o.17-sokkerspan van die Red C-sokkerklub op Reitz het 2013 goed begin deur die span van Amajita te vermorsel met ’n telling van 5-0. Kookwatersokker is gespeel en die span het ’n waarskuwing gestuur aan al die ander spanne dat hulle vir die seisoen rooiwarm is. Thabo Zimu (regs, voor) het drie van sy span se doele aangeteken.

19


20

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 JANUARIE 2013

Joanie Bergh DIE Oos-Vrystaat was die trotse gasheer vir die Suid-Afrikaanse ope slalom-roeikampioenskappe. Vanjaar is die kampioenskappe op die water van die Asrivier tussen Bethlehem en Clarens aangebied en dit was die eerste keer dat ’n kragmeting van dié soort in Afrika aangebied is. Roeiers van oor Suid-Afrika, Frankryk en die Tsjeggiese Republiek heen het mekaar die stryd aangesê om eindelik ’n plek op die Internasionale Kanofederasie se ranglys te kry. Die Suid-Afrikaanse span het algeheel goed op die kampioenskappe gevaar. Don Wewege het in die K1afdeling – die gebruik van ’n kajak en twee roeispane – vir mans geseëvier en het met die vinnigste tyd die baan deur gevaar. Lukas Rohan van die Tsjegiese Republiek het die eerste plek in die C1-afdeling – die gebruik van ’n kano en slegs een roeispaan – behaal met Lindelani Ngidi van Bethlehem in die tweede plek. Carole Bouzidi van Frankryk, die enigste vrouedeelnemer, het die K1-afdeling vir vroue gewen met ’n beter tyd as van die mansdeelnemers. Sy het ook geen pen op die baan getref nie. Die Suid-Afrikaanse paar van Bethlehem, Lindelani Ngidi en Siboniso Cele, het in die C2-afdeling (twee roeiers) vir mans algeheel derde gekom met die Tsjeggiese span, Lukas Rohan en Adam Svoboda, eerste. Adam Svoboda van die Tsjeggiese Republiek wat Bethlehem toe gekom het nét vir die kampioenskappe sê die water was beslis ’n ander uitdaging as waaraan hulle in hul land gewoond is. “Die waterstrome was baie sterk en die baan besonder moeilik. “Om deur te kom moes ek met meer ywer as gewoonlik geroei het,” het hy gesê. Die kampioenskapsbyeenkoms is ’n projek van die Dihlabeng-munisipaliteit waarvan sowel Ngidi as Cele werknemers is. Hulle rig jong roeiers van die Dihlabeng-slalomklub af. Iain Rennie, organiseerder van die byeenkoms, sê die plan is om dit ’n jaarlikse instelling te maak en hoop vir die nodige geld van die munisipaliteit af om dit te bewerkstellig. “Ons hoop is om die slalom-kampioenskappe nog groter te maak sodat die wêreldkampioenskappe eindelik in die gebied gehou kan word,” sê hy.

Projek nog 1ste P rojek n og ’’n n1 ste

CHARLES NIEUWOUDT van die Suid-Afrikaanse span het aan die K1-afdeling vir mans deelgeneem. Foto: Joanie Bergh


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.