VrystaatNews 27-09-12

Page 1

Tel (058) 303 5411

Statistiek skokkend

DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

R3,00

2

3

25

26

Kampioen­ skap ’n eerste vir Bhm

Bekende van Petrus Steyn oorlede

R300 000 down the drain

Truida Kestell hou sukses­ volle sangfees

Refilwe Mochoari HUISBRAKE is die Oos-Vrystaat se grootste misdaadprobleem. Dit is volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se nuutste statistieke wat Nathi Mthethwa, die minister van polisie, verlede week bekend gemaak het. Uit die statistieke blyk dit dat die getal huisbrake in dié distrik van 2 791 verlede jaar na 2 820 gestyg het. Roy Jankielsohn van die DA sê dié statistieke is verstaanbaar , omdat daar so baie arm mense in die distrik is wat na misdaad kan keer om ’n bestaan te maak. “Daar is groot werkloosheid in dié distrik, veral in Thabo Mofutsanyana. Ek stem saam dat daar baie huisbrake is, want mense breek by huise in om geld en goedere soos televisies te steel. “Die beste manier om hierdie probleem te verlig is om meer werksgeleenthede te skep. So ons sê weer, die regering werk nie hard genoeg om misdaad te verminder nie. “Daar is te min werk. Die regering sit op R5 miljard wat hulle nie wil gebruik om private maatskappye met geld te help nie. “Die jeug in die Oos-Vrystaat is desperaat vir werk en geld, dit is hoekom hulle so in huise en besighede inbreek, en die regering ignoreer hierdie probleem. “Daar is die jeugloonsubsidie wat misdaad kan verminder deur vir jong mense werksgeleenthede te skep, maar die regering wil nie help nie, so hierdie huisbrake sal nie verminder totdat daar werksgeleenthede geskep word nie. Hulle (die jeug) pleeg misdade, want daar is niks anders waarmee hulle hulle kan besig hou nie,” sê Jankielsohn. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder van Qwaqwa, Harrismith en Kestell, sê een van hul grootste probleme is veediefstal. “Huisbrake is ’n probleem, maar ons sit ook met ’n probleem van veediefstal en geweld. Ons fokus op hierdie misdade sodat hulle in ons gebied kan verminder. “Goeie raad wat ek aan die gemeenskap wil gee, is om die sekuriteit by hul huise op te skerp, soos om diefwering of ’n alarm te installeer om dit moeilik te maak vir die misdadiger om in te kom,” sê Mophiring. Die Vrystaat se algehele misdaadstatistieke het met 4 165 gestyg. Dit het van 129 455 verlede jaar gestyg na 133 620 en geweld is die kommerwekkendste styging. Die Vrystaat is een van die drie provinsies wat ’n styging in misdaad ondervind het, die ander is Limpopo en die Wes-Kaap.

9 771026 872001 >

NOODWERKERS het ure lank opgeruim nadat die bestuurder van ’n vragmotor vroeg Woensdagoggend beheer daaroor verloor en dit omge­ slaan het. Foto: Lynda Greyling

Vragmotor slaan om

Verkeer ure lank tydens opruiming ontwrig Lynda Greyling VERKEER was gisteroggend ure lank ontwrig nadat ’n vragmotor op die hoek van Riemlandweg en Eeufeesstraat, die hoofroete van Gauteng en Durban na Bloemfontein,

omgeslaan het nadat die bestuurder daarvan beheer daaroor verloor het. Die vragmotor van MMR Haulers het van die Kestell-pad te wyd in die eenrigtingstraat gedraai, die middelman getref en omgeslaan.

Die vrag kunsmis wat die vragmotor vervoer het, het uitgeval. Die ongeluk het omstreeks 04:30 plaasgevind. Dit het ’n hele ruk geduur om die vragmotor, wat tot naby Steers gegly het, op te tel. Daarna is die kuns-

mis opgevee voordat dit verwyder kon word. Die bestuurder is lig beseer. Ná sy behandeling het hy op die sypaadjie langs die vragmotor met sy persoonlike besittings gestaan. Hy was te getraumatiseer om met Vrystaat te praat.


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Skou ’n eerste vir Bhm

Verse: 2 Timothy 1:12 For I know the One in whom I trust, and I am sure that He is able to safely guard all that I have given Him until the day of His return. . We can trust the Lord with the things we have entrusted to Him. . He knows the longings and secret desires of your heart. . He is able. . Do not give up on God. Payer: Lord Jesus, I will never give up on You. I will believe and trust no matter what my situation may be. Amen.

DIE eerste keer nog gaan die Vrystaatse Arabierperd-kampioenskappe op Bethlehem plaasvind. Die opwinding en belangstelling loop hoog en meer as 100 perde is reeds ingeskryf. Die kampioenskappe is van 4 tot 6 Oktober. Thinus Sonnekus, woordvoerder van Azrek Arabians, sê van die land se beste perde sal hier op Bethlehem vertoon word en die kompetisie gaan beslis sterk wees. “Ons hoop om ’n sukses hiervan te maak en om dit ’n jaarlikse instelling te maak,” sê hy. Op 4 Oktober vind halterklasse in die voormiddag plaas, gevolg deur die junior en senior kampioenskappe en daarna ook die ryklasse. Op 5 Oktober vind ryklasse in die oggend plaas. Die kampioenskappe sal van 06:00 aangebied word, asook die opperste kampioenhings- en opperste kampioen-merriekampioenskap aan die hand. Die sanger Riana Nel tree hierna op. Op 6 Oktober vind ryklasse plaas, asook verskeie ander kampioenskappe. Rig navrae aan Sonnekus by 082-551-7191.

KS

ortliks nippets

Reünie van die ou Hoër Handelskool: 28 en 29 September, Witteberg. Klasse 1963 tot 1965. Navrae: Frans Germishuizen by 083-9512424. Vrystaatse Arabierperdkampioenskappe: Bethlehem, 4 tot 6 Oktober. Navrae: Thinus Sonnekus by 082-551-7191. Aktiwiteitsfees op Fouriesburg: Saterdag 29 September. Navrae: Martie Craig by 058-223-0207. Kansa se Food of the World-dag: Vrydag 28 September om 17:30 vir 18:00 tot 21:00 aangebied in die Metropolitan-sentrum op Bethlehem. Tradisionele kos van agt lande sal beskikbaar wees. Vir kaartjies bel Maryna Swart by 082-520-8909. Vrystaat se Facebook-portaal: Besoek gerus Facebook en lees die kommentaar en praatjies – en sê ook jou sê oor dinge in die gemeenskap. Skryf jou vir Vrystaat se fotokompetisie in: Lees meer op bl.15.

ILARA VORSTER en haar perd, Dana Shalimar.

Money raised for Cansa THE Clarens Golf Club is one of the top ten clubs that raised money for the Cancer Association of South Africa (Cansa). This club raised R20 575 for the 2012 Sanlam Cancer Challenge Club Competition held on 31 August and sponsored by Sun International. The main aim of this competition is to raise funds in order to support the fight against cancer. Lucy Balona from Cansa said the ten finalists, which included the Vrede Golf Club, Aliwal North Golf Club and Douglas Golf Club, were entered into a lucky draw to determine which club would be the winner, and Aliwal North Golf Club’s name was drawn first, which means that two Aliwal North players will be nominated to participate in the Klipdrift Pro Am Wild Coast Sun Country Club near Port Edward from Sunday, 14 October, to Thursday, 18 October. The all expenses paid trip is sponsored by Sun International.

DIE nuwe Hoërskool Kopanang Hlanganani op Warden het die pro­ vinsiale departement van onderwys R36,4 miljoen gekos. Die skool het 24 klaskamers, ’n mediasentrum en ’n skoolsaal.

Spog met nuwe hoërskool DIE Hoërskool Kopanang Hlanganani op Warden se nuwe saal. Foto’s: Refilwe Mochoari


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Leierboer van Petrus Steyn oorlede BALLETLEERLINGE van die Carol Craig­Cochrane oefen hier aan die ballet Les Sylphides wat hulle Sater­ dag tydens die Classics op Clarens gaan opvoer. Van links voor, is: Cora­Doré van Niekerk, Chrismarie Bester en Rianca de Wet; agter: Tsholofelo Montsitisi, Lenka Papenfus, Tenelle Papenfus, Janette Steyn, Runic Blignaut, Kyra van Biljon, Anita de Wet, Maretha van Zyl, Rosie Steenkamp, Corné du Preez, Jessica Nellson, Natasha Duvenhage, Zanne de Wet en Inge Kemp. Foto: Lynda Greyling

Konsert ’n eerste vir Clarens DIE Durbanse Stadsorkes, die tweede oudste filharmoniese orkes in die land, tree op Saterdag 29 September op die Clarens-gholflandgoed op Clarens op. Bekende liedjies soos die temalied uit die Godfather, die Feather-tema uit Forest Gump, Lifetimes in Lavender, Thais Meditation, American Portrait sal gespeel word. ’n Balletopvoering is deel hiervan. Dis ’n droom van Carol Cochrane, die bekende Oos-Vrystaatse balletonderwyser. Cochrane het al talle

balletkonserte op Bethlehem aangebied en wou nog altyd ’n opelugkonsert op Clarens hou. Haar leerlinge van die Kampusdansateljee op Bethlehem gaan die Les Sylphides opvoer. Altesaam 11 ballerinas van Durban wat onlangs aan ’n internasionale kompetisie in Kaapstad deelgeneem het, vorm deel hiervan. Een van die ballerinas is Michaela Griffin wat verlede jaar deel van die Royal Birmingham-geselskap was met ’n balletopvoering na Gershwin se musiek.

Die hoogtepunt is die Durbanse Stadsorkes met sy 28 lede. ’n Middagetekonsert sal in die park uitgevoer word waartydens ’n piekniek gehou word. Classics in Clarens, deel van die eeufeesviering van Clarens, is ’n eerste in die Oos-Vrystaat. Daar is om 12:00 ’n optrede, maar die groot geleentheid is om 19:00 op die Clarens-gholflandgoed. Clarens se kunstenaars sal hul werke ten toon stel. Bel Fiona Muller by 082346-1701 of gaan na www.hallmarque.co.za.

Pieterse nuut in stoel ANDRÉ PIETERSE van Bethlehem is die nuwe president van die SuidAfrikaanse Gholfvereniging (SAGV). Pieterse is op die SAGV se jaarvergadering in Port Elizabeth as Colin Burger se opvolger gekies. Hy het die afgelope ses jaar in die SAGV se uitvoerende bestuur gedien. Hy het hom ook as tweede visepresident en senior vise-president

van die SAGV bewys. Luidens ’n verklaring sê Pieterse hy wil in sy tweejaartermyn toesien dat die SAGV se strukture van junior vlak af gereed is sodat Suid-Afrika kan aanhou om Meesterswenners soos Gary Player, Ernie Els, Retief Goosen, Louis Oosthuizen, Charl Schwartzel en Trevor Immelman op te lewer.

ANDRÉ PIETERSE

EEN van Petrus Steyn se goue seuns en leierboere, Petrus Claasen (74), is op 13 September, ’n dag voor sy 50ste huweliksherdenking, in die Netcare-hospitaal in Bloemfontein oorlede. Hy het die afgelope jare hartprobleme gehad. Hy het 30 jaar gelede sy eerste hartomleiding gehad, 11 jaar gelede die volgende een en 5 jaar gelede ’n aneurisme. Oom Petrus het op Petrus Steyn gematrikuleer en was van kleins af met oorgawe by boerdery betrokke. Sy ouers, Poela en Ella Claasen, het ook diep spore in die gemeenskap gelaat. Oom Petrus het vir baie jare in die beheerliggaam van die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem gedien. Dit is gedurende die tyd dat Voortrekker se sportterrein ontwikkel is en deur oom Petrus se toedoen is vragte gras van hul plaas Steilfontein aangery om op die rugby- en hokkiebane te plant. Hy was president van die gholfklub. Hy het ook jare lank in die kerkraad gedien. Vir sy vrou, Ina, sy kinders en kleinkinders was hy ’n rolmodel – iemand wat ’n vol lewe gehad het, almal met respek behandel en na aan die Here geleef het. Hy het humor sy vriend gemaak, wilskrag sy lewenswyse, liefde vir sy medemens en familie sy vriende en God sy ankerpunt. Die begrafnisdiens is deur ’n

WYLE PETRUS CLAASEN goeie vriend, ds. Sarel Venter, in die NG kerk Pertus Steyn gehou. Hy is op die plaas Paradys begrawe waar die begrafnisrede deur ds. Harry Cilliers gelei is. Hy word oorleef deur sy vrou, Ina, kinders Sandra en Chris Retief van Tweeling, Johan en Hanlie Claasen van Petrus Steyn, Gert Claasen van Johannesburg, asook ses kleinkinders, Daneel, Petrus en Ina Retief en Jana, Marli en Petrus Claasen.

3


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Vrystaat HOOFARTIKEL

Posbus 21, Bethlehem, 9700

Ware viering van erfenis ’n ver reis “SUID-AFRIKA is ’n pragtige land.” Dit is woorde wat Suid-Afrikaners gereeld uit die mond van toeriste hoor. Die afgelope naweek met die uiteenlopende vieringe van Erfenisdag was die indruk opnuut dat Suid-Afrika se skoonheid nie net in sy natuurprag nie, maar ook in sy mense, lê. Op die vieringe het Suid-Afrikaners trots hul ryk kulturele diversiteit deur hul kulturele uitrustings, sang, danse, kos en tale vertoon. Vrystaat het sy Erfenis-naweekreis by die Sonskyn-volkspelelaer in Bethlehem begin en die ryk Afrikanerkultuur aanskou. Mense het gesing, gedans en Afrikaanse tradisionele sportsoorte soos jukskei en toutrek gespeel. Die volgende geleentheid was op Clarens waar ’n MGB-motor-indaba gehou is en die Engelse kant van die land ’n pragtige kultuur van sy eie gewys het. Die reis het na Qwaqwa gelei waar die Basoeto-erfenis te sien was. Inwoners van Bluegumbosch het hul byeenkoms begin deur liedjies te sing en te dans. Almal was veronderstel om van die tradisionele bier te drink en almal was trots om hul kultuur te vier. Van daar af het die reis na Harrismith gelei waar die Zoeloe-erfenis gewys is. Hier het die mense om die vleispotte feesgevier en, net soos in die Basoeto-kultuur, moes almal die Umqombothi (tradisionele bier) proe. Om die verskillende kulture te aanskou was ’n belewenis. Tog het die vraag telkens opgeduik: Is Suid-Afrika werklik die reënboognasie soos almal graag sê? Die verskillende kulture het op geen byeenkoms wat bygewoon is, gemeng of bymekaargekom nie. Dit wys daar is nog baie brûe wat oorgesteek moet word. Daar word te veel voorgegee. Erfenisdag is daar sodat mense hul kultuur kan vier, maar terselfdertyd van ander kulture kan leer. Vrystaat se belewing van al die erfenisvieringe het gewys dat dit nog lank gaan duur voordat ons mekaar se erfenis en kultuur verstaan en waardeer. Dít is die reis wat ons as landsburgers saam moet aanpak.

BL

riewe etters

Posbus 21/ PO Box 21 Bethlehem 9700

DA speel nie speletjies nie BEN VENTER, hoofsweep – DA-koukus: IN opvolging oor die hoofberig van Vrystaat van 20 September 2012 wil ek hiermee aan die munisipale bestuurder sê hy het sy indiensnemingskontrak en ook sy posisie as munisipale bestuurder geskaad deur ’n politieke standpunt teen die DA in te neem. Hy moet volgens sy pligstaat heeltemal a-polities wees. As hy dink die DA speel speletjies met die feite wat op die raadsvergadering ter tafel gelê is, moet hy sien wat gebeur as ons ernstig raak oor sake wat na die openbare beskermer verwys word.

Van ’n klein na ’n groot wêreld in een leeftyd

S

Igno van Niekerk DIT voel soos enkele jare gelede toe ek nog saam met Boetie Frans ná skool krieket op die erf gespeel het. Frans het kommentaar gelewer, en aangesien dit nog die isolasiejare van sport was, het ons weinig internasionale krieket in ons verbeeldingswêreld gespeel. Ek was Natal en Boetie Frans was Transvaal. Ons het ure lank op die grasperk verwyl en so nou en dan in die huis ook oor die radio gaan luister hoe dit met ons werklike spanne gaan. Charles Fortune het oor die Engelse diens kommentaar gelewer en, as ek reg onthou, Edwill van Aarde was die meeste kere in die Afrikaanse kommentaarhokkie. Intussen het baie gebeur. Jare het omgevlieg, want verlede week was ons almal vir Boetie Frans se vyftigste verjaardag bymekaar. Buite het sy dogter Anea, wat nou al op universiteit is, saam met haar vriend krieket gespeel. Toe ek wou saamspeel, besef ek dat my skouers nie meer so lekker kan boul nie, en as ek moet kolf, is dit ook asof daar so ’n bietjie van ’n gebrek aan reflekse is. Dit is ’n ander wêreld as die wêreld van

Voorts, meneer die munisipale bestuurder, indien jy my geskrewe vrae antwoord, sal dit nie nodig wees om die pers se hulp in te roep, om die belastingbetalers op hoogte van sake te bring nie.

Antwoorde op vrae oor sirkus is dringend BETHLEHEM-INWONER: WEER word sirkus gehou met die belastinggeld van Bethlehem – dit lyk my die DA is die ringmeester. Dit is die tweede brief wat mnr. Olivier skryf wat sê dit is ’n sirkus. Laas was dit op Rosendal en die keer op Fouriesburg. My vraag is watter van die dorpe is die beherende dorp? Soos ek dit het, is dit Bethlehem. Hoekom is daar elke keer op ’n ander dorp ’n sirkus, ag, jammer, vergadering gehou? Die petrol wat uitgery word,

andsteenpraatjies

ons kinderjare. Daardie oggend het die Springbokke in Nieu-Seeland teen die All Blacks verloor en die Proteas het reggemaak vir ’n T20-Wêreldbekerwedstryd. Deesdae het ek nie ’n benul van watter spelers in die provinsiale spanne speel nie. Daar is soveel internasionale sport dat ’n mens nie kan bybly nie. Dit is op dae soos die dat ’n mens besef watter ongelooflike verandering ons generasie beleef het. Terwyl ek die gaste se selfone op die boekrak sien, besef ek dit was ook nie deel van ons kinderdae nie. Telefoongeselsies was oor landlyne waarop almal jou gesprek kon volg en wanneer jy by jou maats was, het almal met mekaar gesels en nie op selfone gesit en duimtik na ’n BBM- of Mixit-gehoor nie. Facebook, Google en YouTube het ook nie bestaan nie.

is mos ’n vermorsing, want die raad hou te veel sirkus en doen nie wat van hom verwag word nie. Kyk na die paaie se toestand op en rondom Bethlehem. Voor die Mediclinic Hoogland is dit swak, maar ambulanse moet daar ry. Wat gebeur by die dorpswembad? Waar is die deure wat by die swembad-ingang afgehaal is? Wat betref die Wolhuterskopsage van die kerk wat grond wil koop. Is daar ’n omgewingsimpakstudie in die verband gedoen? Die beplanning is om die grond vir die kerk te gebruik. Wat beplan hulle om daar op te rig? Hoeveel riool gaan daar wees? Sal die bestaande stelsel die hoeveelheid kan hanteer? Watter impak gaan die geraasbesoedeling en die besoedeling van die kerk op die aangrensende wildreservaat en die diere en aangrensende hoewes hê? Is die toegangsroetes na die kerkterrein in ag geneem? Is die inwoners wat daar woon in ag geneem? Wat van die vullisverwydering

Boetie Frans het ’n reuse-kampvuur vir sy verjaardag gemaak. Vriende het heen en weer in groepies gekuier. Op die plaas is geen selfoonontvangs nie. Die aand het tussen ou kampvuurstories en die reuk van braaivleis onder die Vrystaatse sterrehemel verbygesweef. Terwyl ons terugry, besef ek hoe beperk ons kinderdae was gemeet aan die van vandag se kinders. En op ’n manier was daardie beperking ook ’n seën. Dit was dae van verbeelding en speel. In ons onskuld was ons klein wêreldjie die grootste wêreld nog. En ons vriendekring was nie om virtuele netwerke nie, maar om kampvure en kaggels. Tussen alles deur het ons as boeties en sussies gespeel, gebaklei, gestry, gelag en gehuil. Ons het grootgeword, maar kinders gebly – kinders wat steeds van kampvuurstories hou, wat krieket probeer speel met stywe spiere en stadige reflekse. Kinders wat nog kan sing: “Veels geluk, liewe maatjie . . .” En dankbaar is dat ons gespaar is om in twee wêrelde te kon leef. Eers ’n klein wêreld wat groot gevoel het, en nou ’n groot wêreld wat ál kleiner voel.

en die skoonmaak van die terrein ná die tyd? Laas is dit gelos en die munisipaliteit moes skoonmaak deur belastingbetalers se geld te gebruik. Hoeveel van die vullis gaan na die aangrensende hoewes en wildreservaat oorwaai? Dan is daar die ontbloting van albei geslagte kerkgangers wat hulle bad en toilet toe gaan. Wat van die aangrensende mense wat daar woon wat dit sien en nie hul kinders daaraan wil blootstel nie? Kan die sirkus (munisipaliteit) of mnr. Olivier vir ons antwoorde op die vrae gee?

Diere verdien ook respek ROY EN ASTRID JANKIELSOHN, Posbus 1080, Bethlehem: DIE foto’s van die skaapkopfees (Vrystaat, 20 September, bll. 1 en 18) verwys: Diere se lewe word opgeoffer om in mense se behoeftes te

voorsien. Hiervoor verdien hulle respek en waardigheid, nie net terwyl hulle lewe nie, maar ook ná hul dood. Albert Schweitzer het gesê: “Respek vir lewe behels die hele etiek van liefde in die hoogste sin”. As ’n morele spesie behoort liefde en repek ons dade in terme van God se hele skepping te bepaal.

Soek na hul verlore hond FRITZ CARSTENS, Kleinplase nr. 3, Wolhuterskop: EK vra hulp. Ek het troue gaan hou en my diere twee dae tuis gelos. Ons ou Jack Russell-tefie het met die storm van Vrydag (21 September) die pad gevat. Haar naam is Dot en sy is oud. Sy het ’n knop op haar regteragterbeen. Skakel my asseblief by 083-4065924 as julle haar te siene gehad het of kry. Sy is Saterdag by die Roomse Konferensiesentrum op Eden gesien. Dankie.


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Kinders leef musiekdrome uit Susan Maré AMA is ’n positiewe jongmenskrag op Bethlehem wat nie onderskat moet word nie. Terloops, AMA staan vir Alouise’s Music Academy – ’n private musiekskool op Bethlehem wat in 2000 begin is. As my geheue my nie in die steek laat nie, dink ek Alouise Peens het haar AMA reeds op 16 jaar begin. Toe ek nou die aand rustig in die skoolsaal van die Hoërskool Voortrekker agteroorsit en die een ná die ander musieknommer van AMA se Evolution-konsert op die verhoog hoor en sien gebeur, het ek geweet: Min mense het al vir jong mense van Bethlehem só ’n spesiale geleentheid vir individuele en groepsbetrokkenheid geskep soos Alouise. Om van goeie tydverdryf nie te praat nie. Wel, my sit by Evolution was dalk nie te rustig nie, want die energie op die verhoog was iets ysliks. Dalk nie oral heeltemal my generasie se idee van musiek nie, maar beslis toegegee as kompliment: Ek weet nie of enigiemand op Bethlehem al ooit soveel soos Alouise vir jong mense gedoen het nie. Trek maar drie regmerkies met uitroeptekens agter haar naam. Ek sit agterlangs in die saal maar naby genoeg om te sien hoe jong kinders hul kitare met trots vashou en deel van ’n orkes word. Jong musikante wat hul instrumente met oorgawe, sigbare genot en tevredenheid bespeel. Musikante uit eie reg. Hoewel Alouise in 2000 net met private kitaarlesse begin het, het haar droom steeds gegroei en later moes sy nog onderwysers aanstel om onderrig in ’n verskeidenheid instrumente soos trom, baskitaar, elektriese kitaar, klavier, klawerbord en sang aan te bied. Die talentvolle, nederige, sprankelende boorling van Bethlehem wat haar musiekskool met net ’n handjie vol leerlinge begin het, kon met Evolution op ’n suksesverhaal terugkyk. Dit was terselfdertyd haar afskeidskonsert, omdat sy nou lid van die gewilde Onbeskaamd – ’n Suid-Afrikaanse gospelgroep – geword het. Alouise het reeds na Pretoria verhuis. AMA se toekoms is egter nie in gedrang nie. Alouise se bekwame kollegas gaan die musiekvaandel verder dra en hoog hou. AMA, wat in Pleinstraat 47 in die Lofprysingsentrum-gebou bedryf word, beskik oor bekwame leermeesters.

5

Water crisis nearly at end Refilwe Mochoari

DIE deelnemers aan die Alouise’s Music Academy se musiekkonsert. Hulle is Johan Voigt wat ná Alouise se vertrek die leisels neem en ook klawerbord- en sanglesse aanbied, Annelize Voigt wat die administrasie behartig, Jano Voigt wat akoestiese kitaar- en tromlesse aanbied, Deon du Toit wat vier akoestiese kitaarlesse verantwoordelik is, en Reino Lathleiff wat akoestiese kitaar-, bas- en elektriese kitaarlesse aanbied. . Die stelling dat Bethlehem min vir jong mense bied, word dikwels gehoor. Dit is veral saans dat slegs drinkrestaurante en nagklubs as uitgaanvermaak vir jong mense oop is. Ouers kan dit derhalwe oorweeg om hul kinders aan musiekonderrig bloot te stel. AMA hou sowat 120 kinders meer as net besig en gelukkig. By dié skool is daar uitlewing van drome, veral vir hulle wat droom daarvan om eendag ’n Idol of musiekster of professionele musikant te word. Die musiekonderrig is ook ’n terapeutiese uitleefgeleentheid. Kinders bevind hulle in ’n gelukkige groep met persoonlike uitlewing as musikant in wording.

MONIQUE VAN DER MERWE (links) is die wenner in die afdeling senior sang. Saam met haar is Alouise Peens.

THE Setsoto Municipality has welcomed the understanding reached with residents regarding water provision in the area. This follows an extensive water crisis faced by residents for the past few months, which led to chaotic protest actions in Senekal, Marquard, Clocolan and Ficksburg. Shops were looted, roads were barricaded and municipal buildings were set alight. Lerato Jabane, spokesperson for the municipality, said the mood had changed and people came forward to work with the municipality. “In Ficksburg dams are still dry. Currently the dry dams are being cleaned to remove silt to ensure they catch water when it starts raining. “In Senekal, we entered into an agreement with one farmer to transport water from his farm with the municipal trucks. This water is delivered to areas such as Senekal North, De Rust, Tambo, Mapidipidi and Old Matwabeng every day. Residents have expressed satisfaction with the supply they receive. However, the municipality calls on community members to become more responsible with public property. All of the ten tanks have been fitted with two taps each, but the challenge is that they are often stolen. It is encouraging that the community has desisted from destroying the tanks.” She said the situation in Ficksburg and Meqheleng remained critical in terms of leakages and the misuse of water made it worse. Jabane explained the water level at Meulspruit Dam had gone down to 24% and that the sporadic rainfall in the past weeks had increased the flow from the Caledon River. She said the Meqheleng reservoirs had gone down from 96% to 50% saying that the situation compelled the municipality to apply valve management from 16:00 till 21:00 and 06:00 till 10:00. “In Marquard, the construction of the pipeline connecting to the Caledon River is complete. The construction of the water treatment works plant that was halted during the protests will soon resume. Water is delivered through the municipal trucks and the assistance of private suppliers who have an agreement with the municipality,” she said.


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

7


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Boek ’n viering van die lewe SUSAN MARÉ, die gesoute redakteur van Vrystaat en ’n oudmusiek-onderwyser, sal haar debuutboek, Sandsteen-praatjies, op 13 Oktober op Petrus Steyn bekend stel. Sy vertel Oos-Vrystaters meer oor haarself en haar boek.

skole ’n musiekonderwyseres. In 1997 het ek besluit ek sal doen wat ek vir jare al wou doen – om vir ’n koerant te werk.

Watter uitdagings het jy teengekom? Harde en kreatie-

Tladi Moloi

Wie is Susan Maré? ’n Gelukkige individualis, ’n alleenloper, maar nooit alleen in die lewe nie en altyd om mense. Ek het ’n passie vir die lewe en God.

Waar het jy grootgeword? Op Petrus Steyn of Mamafubedu, soos dit nou bekend is.

Hoe ontspan jy? Ek is baie lief om sport op televisie te kyk. Ek kan jou alles van die ATP-tennistoernooie vertel omdat ek deur die jaar wêreldwyd saam met die beste spelers “reis”. Ek het ook ’n groot passie vir rugby (Cheetahs en Springbokke) en krieket (Proteas). Ek speel ook klavier en die pyporrel wat my ook help om te ontspan.

Vertel vir ons meer van Sandsteen-praatjies. Dit is ’n keur uit my beste rubrieke wat ek vir Vrystaat en Volksblad geskryf het. Die boek bestaan uit 87 essays en het 260 bladsye.

Was dit altyd jou droom om ’n boek te skryf? Ja, dit was altyd my droom om een te skryf. My familie is woordmense, taalmense.

Ek het my eerste rubriek in 1996 vir Volksblad geskryf, en van daar af het ek geweet dat dit vir my ’n manier is om myself uit te druk. Ek het aan die begin van hierdie jaar besluit dat dit tyd is om Sandsteen-praatjies te publiseer.

Wat het jou aangemoedig om ’n boek te skryf? Ek dink die Here het vir my ’n talent gegee om myself in woorde uit te druk – veral in my moedertaal. Ek wil hierdie geskenk met baie mense deel.

mense gee wat ook wil skryf? Lees, lees en lees. Lees is ’n skrywer se beginpunt. En dan moet jy net skryf wat jy voel en dink. Onthou, lees is ’n ambag – hoe meer jy oefen, hoe beter sal jy skryf.

we werk, dissipline en die uitdaging om onder druk te werk. Ek streef altyd daarna dat my koerant, Vrystaat, die beste koerant is wat dit kan wees – die beste koerant in Suid-Afrika.

Hoekom is jy so lief vir jou werk? Ek ontmoet verskillende mense en ek is ook die waghond van my gemeenskap. Vrystaat is die stem van die mense. Ek is baie lief vir my dorp, Bethlehem, asook die res van die Oos-Vrystaat.

Het jy al enige prys vir jou koerantwerk gewen. Ja, verskeie.

Hoe lank werk jy al in die media? Ek was lank by verskeie

Wat wil jy hê mense moet weet van hierdie boek? Dit is ’n viering van die lewe. Al die essays vertel iets van die lewe. Soms is dit ’n treurige storie en soms is dit ’n baie humoristiese storie.

Hoe oud is jy, en kan ons nog ’n boek in die toekoms verwag? Ek is “27” jaar oud. My ware ouderdom is ’n geheim. Skryf is die suurstof van my lewe en ek is ’n Christen, so ek beplan om iets vir die Here te doen. Ek wag net dat Hy vir my sê wat my volgende projek is.

Watter raad kan jy vir jong

Hoe lank het jy aan die boek gewerk?

SUSAN MARÉ hou haar boek en ’n geskenk wat sy van die Volksblad­presoneel ontvang het vas.

DA calls for the disbanding of the NYDA following annual report

In die eg verbind CALLY­ANN PALMER en Casper Lambrecht het Saterdag in Bloemfontein getrou. Hulle sal op die plaas Sameloop in die distrik Lindley woon. Cally­Ann is ’n onderwyser op Petrus Steyn.

THE newly released Annual Report of the National Youth Development Agency (NYDA) reveals that it continues to mismanage its funds and that its spending priorities do not reflect a commitment to empowering all of South Africa’s youth. This is according to the DA that will be writing to the minister in the presidency: Performance Monotoring and Evaluation, Collins Chabane, to call for this body to be disbanded. Most significantly, the NYDA’s annual report reveals R133 million in irregular expenditure as a result of non-compliance with supply chain management prescripts as determined by National Treasury. Of this amount, R28 million relates to an irregularly awarded tender for travel and accommodation services. The annual report also reveals that a whopping R142 million was paid in salaries and allowances. This bloated salary bill outstrips the non-salary disbursements to projects. The DA says: “It is clear that the objective of the NYDA is to

channel public money to politically connected fat cats under the guise of youth empowerment.” The auditor-general’s report further highlights the shambolic state of affairs of the NYDA’s inner workings: . The financial statements submitted for auditing were not prepared in all respects in accordance with the requirements of the Public Finance Management Act. . Goods and services of a transaction value above R500 000 were procured without inviting competitive bids as required by the Treasury Regulation 16A6.4. . Contracts and quotations were awarded to suppliers whose tax matters had not been declared to be in order by the South African Revenue Services (Sars). . Contracts and quotations were awarded to bidders who did not submit a declaration on whether they are employed by the state or connected to any person employed by the state as prescribed by the Treasury Regulation 16A8.3. . The accounting authority did not take effective steps to

prevent irregular, fruitless and wasteful expenditure. . No effective or appropriate disciplinary steps were taken against officials who incurred and/or permitted irregular, wasteful and fruitless expenditure. . Inadequate monitoring by supervisors resulted in material misstatements in the financial statements and non-compliance with laws and regulations. . The NYDA’s massive R376 million budget could have been better spent to benefit the youth. The DA says it will continue to call for the NYDA to be disbanded. They say they believe the money the NYDA siphons from the public purse should be used for real initiatives that will promote concrete opportunities for South Africa’s youth like the party’s Youth Wage Subsidy. “The NYDA is, and continues to be, a one-stop job centre for connected comrades, rather than an agent for real and lasting change. “It is time it was dissolved once and for all,” the party said in a statement.


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Switsers mag maar hul dampies maak Herman Toerien

H

Selfs die sammajoor het ervaar hoe sy sigaret skielik erg SWITSERS mag maar in kleibegin vonkies maak het voorner restaurante en ander plekdat die twak ook uitmekaargeke waar kos bedien word die spat het. kankerbalkies aansteek. Maar soms kan ’n gewoonte Só is in ’n referendum benie sommer verbreek word sluit nadat die longvereniging nie. ’n veldtog begin het om dié geIemand wat jare gelede ’n woonte die nekslag toe te dien. motorwerktuigkundige was, Die vereniging is veral bekomvertel ’n tantetjie het by een kemerd oor mense wat passief raats ’n splinternuwe ryding rook. gekoop. Maar ’n dag of twee laHerrie het al van baie rate ter is sy terug. Daar is fout, die gehoor om mense van die karretjie begin ná ’n ruk se ry rooklus af te kry, maar min vreeslik te ruk. Die karretjie deur Herman Toerien wat gewerk het. word nagegaan, en selfs vir ’n Toe Herrie nog ’n troep was, toetsrit geneem, maar hy loop sit ’n luitenant lui in die sonsoos ’n droom. netjie met sy rug teen ’n stoor en stuur ’n ’n Dag of wat later is die tantetjie terug. Die troep om sy pyp te gaan haal. karretjie maak steeds so. Weer word die karHerrie weet nie waar daardie luitenant se retjie nagegaan, en weer is daar net nie fout gedagtes was nie. ’n Mens stuur mos nie ’n nie. Al raad is om ’n ent saam met die tante, troep-ouman, en ’n gunner boonop, om te met haar agter die stuurwiel, te gaan ry. Die gaan rookgoed haal nie. Teen daardie tyd het werktuigkundige gaan sit op die passasiersitdie meeste troepe al ’n hele klomp kordietsta- plek en hou die tantetjie dop soos sy gereed fies uit die kanonne se ladingsakkies gehaal maak om die pad aan te durf. om vir ’n bietjie sports saam huis toe te vat. Die sonbril word opgesit, die hoed reggeNie lank nie is die troep terug met die pyp skuif, die vergasser uitgetrek, en die handsak en die pyp sommer klaar mooi gestop. Steeds aan die vergasser opgehang . . . ruik die luitenant geen . . . lont nie. Ai, as Danelle van Niekerk, oud-BethleheMaar hy het nie veel teue gevat nie toe klim miet, se omgeboude Pumamotor met sy elekdaardie twak in ’n vlammende bol uit die pyp. triese enjin toe al op die mark was – dan kon Nadat hy klaar droog aangetrek het, het hy ’n mens maar vir die tantetjie én haar handmaar weer ’n dampie vir die skrik gevat. sak met die bestuurdery toevertrou het.

errie se kerrie

Lentefees vol lekkertes Johan Viljoen

DIE NG kerk Reitz se fees het met ’n Lentemark begin. In die week is ook aan verskeie kossoorte gesmul. Die kinders het met die lekkergoedtafel as hoogtepunt tombola gespeel. Saterdag is ’n negeputjie-vierbalkiesspel vir spelers wat nie kan gholf speel nie gehou,

waarna die vernuftige spelers die baan gepak het met die spesiale gaste die wêreldkampioene in die langdryfkompetisie, Albert Coetzee en Jason Cook. Saterdagaand is ’n spitbraaiery gehou en ’n sangfees deur Onbeskaamd. Sondagoggend is die fees met die erediens gelei deur Onbeskaamd afgesluit.

9

Skryfkompetisie-wenner groet skrywery JOHANN BOSHOFF, bekende oud-Oos-Vrystaatse skrywer, se verhaal Rangeerwerf is op 20 September as wenner van die kortverhaalkategorie in die Woes-skryfkompetisie (www.woes.co.za) aangewys. Daar was drie kategorieë: lirieke, kortverhale en gedigte. “Met dié geleentheid het ek my loopbaan as skrywer van kunsprosa afgesluit. Op 14 Oktober sluit ek my loopbaan as digter af met ’n voorlesing op die Melville-poësiefees in Johan-

nesburg. Ek het my loopbaan as joernalis-resensent vroeër vanjaar afgesluit met ’n stuk oor Tom McLachlan se verkiesing as voorsitter van die Taalkommissie. Al wat ek dalk sal aanpak, is my memories en Oral is my God. Ek het ’n behoefte om meer op dinge wat saak maak, soos gemeenskapsdiens, te fokus,” sê Boshoff. Hy sê hy wil terug ‘beskawing’ toe verhuis, bedoelende die Vrystaat, waarskynlik weer die Oos-Vrystaat of Bloemfontein.


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

BUSINESS FORUM

Smiles from ear to ear NONKI MOTSOENENG (left) was the lucky winner of a Nedbank Bethlehem competi足 tion. Handing over the prize is the branch manager, Karien Barnard.


G

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

eselshoekie

Spelers maak dak nat

Vier goue bruilof

DIE Clarens-gholflandgoed het die afgelope naweek ’n behoorlike dak-natmaakparty beleef. Gelukkig was die weer Saterdag van so ’n aard dat die Saterdagkompetisie nie gestuit kon word nie. Die Bethlehem-besoekers speel teen verlaagde pryse en betaal geen inskryfgeld nie. Die groot pryse trek voorwaar aandag. Die onlangsste wenner was Peter Bonney. Die afgelope week se Woensdag-kompetisie was No Alibis. Janis Browlee het die manne gewys hoe om met 31 IPS-punte gholf te speel. Die tweede en derde plekke is op ’n uittel besluit en Rob Donald het teen Chesh Laesecke op 28 punte elk verloor. Die Vrydag-vleis is deur Dick Lemmer gewen. Die reën het spel onderbreek en die kompetisie is oor slegs die putjies wat deur al die deelnemers voltooi is, beslis. Dick het vinnig weggespring en het vroeg in sy ronde goed gespeel om die ander deelnemers van sy vleisprysweg te hou. Clarens het verskeie gholfkompetisies en vertonings op die Clarens-gholflandgoed tydens die dorp se 100-jaarbestaansviering.

GAWIE EN BET­ TIE PIETERSE van Reitz is van­ deesmaand 50 jaar getroud. Hulle het twee kinders, Louise en Gawie, asook een kleinkind, Luke. Die egpaar sê hulle is baie bly om so ’n lang tyd saam te wees. Hulle het die dag saam met hul familie gevier.

Boere die rigsnaar van ons bestaan Alet Strutt DIE boer. Rigsnaar van ons bestaan, want van hom af kom die kos vir die bestaan van mens en dier. So kry ons verskillende boere. Die een boer omdat pa geboer het en oupa geboer het, maar sonder veel liefde vir boerdery. Sy belange mag dalk land- en volksake wees. Ook dit is nodig. Waar anders kom die groot manne van ons geskiedenis vandaan? Dan is daar die boere wat graag wil boer, maar nie bestand is teen swaarkry en teenspoed nie. Hulle wil liewer ’n vaste werk met ’n vaste inkomste handhaaf. Ook die sleurwerk is noodsaaklik. Dan kry ons die boer wat aan die grond behoort. Niks sal hom van sy plaas afdryf nie. Die voorspoedjare word met dankbaarheid en harde werk aanvaar en nougeset bewaar. Die grond word bewerk om die maksimum daar uit te haal en die bodem te bewaar. As droogtes kom en die saad en kunsmis in die skuur bly staan, terwyl die koöperasie se rekening agter raak en die bankbestuurder al knorriger word, word ander planne beraam. Van die geliefde vee moet stuksgewys verkoop word om die plaas te behou. Almal werk saam om uitgawes te beperk en hier en daar ’n ekstra geldjie te verdien. As die stormwinde kom en platvee wat met moeite en liefde opgebou is, word die hoofde opgehef en weer van vooraf gebou en bewerk. Dit word met ’n vaste vertroue in die ’n Bewarende Hand gedoen. “Nogtans sal ek jubel”, leer ons uit die Skrif.

Vir die plasing van nuus en foto’s in Vrystaat, bel Susan Maré by 058-303-5411 of stuur dit na smare@volksblad.com.

Skakel oor na Eskom se kortingsprogram en verminder jou waterverhittingskoste Voordat jy warm water in die bad tap, dink bietjie aan die elektrisiteit wat jy gebruik. Waterverhitting is vir tot soveel as 40% van jou maandelikse elektrisiteitsrekening verantwoordelik. Maar daar’s goeie nuus: Indien jy ‘n hittepomp installeer om jou water te verhit, kan jy jou kragverbruik met tot soveel as 67% verminder afhangend van klimaatstoestande.* ‘n Hittepomp is ‘n energiedoeltreffende vorm van verhittingstegnologie, ‘n eenvoudige toestel wat min energie gebruik om hitte aan jou water oor te dra. Ons sal jou betaal om ‘n hittepomp te installeer! Eskom is verbind tot energiebesparing op alle terreine. Indien jy ‘n hittepomp in jou woning of

11

kleinsakeonderneming installeer, sal Eskom jou ‘n korting bied op die hittepomp wat jy koop, onderhewig aan die bestaande geiserkapasiteit (in liters). Dus sal jy geld spaar nog voordat jy die voordele van die maandelikse besparings geniet. Besonderhede van die kortings word hieronder voorsien:

Hittepomp tenkgrootte

Kortings aangebied

100 – 300 liter

R3 668

301– 500 liter

R4 320

Vir meer inligting, skakel die hittepomp hulplyn op 011 800 4744. * Die persentasie krag wat bespaar kan word, is onderhewig aan individuele installasies en varieer in terme van warmwatergebruik en klimaatstoestande.

Nog ‘n energiebesparende inisiatief deur Eskom.

Die kor ting is van toepassing slegs op voltooide installasies en word tot 31 Maart 2013 aangebied. ‘n Lys van Eskom se goedgekeurde handelaars is by www.eskom.co.za/idm beskikbaar.

*Savings percentages depend on individual installations and vary according to hot water usage and climate conditions

[[[ IWOSQ GS ^E MHQ


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

DA wants these names red-flagged THE DA in the Free State accepted a resolution to advocate the implementation of a system of record-keeping in government of the names of municipal managers who have been found guilty of financial misconduct. The resolution, which was proposed by the DA caucus in the Mangaung Municipality, was accepted at

the DA Free State Congress that was held on Saturday, 15 September, in Mangaung. As a result of the resolution, the DA will also campaign for regulations that prevent the appointment of any person whose name appears on such a record in either the provincial or any municipal administration.

The names of such individuals should be red-flagged to ensure that they cannot be appointed to similar positions in government. Too often previous municipal managers who have been found guilty of misconduct are being deployed by the ANC to other municipalities where they are appointed to similar positions.

Boom simbolies KOBUS JANSEN van Bethlehem staan hier by ’n boom wat hy in die 1980’s net ná die Afrikaanse Handelsinsituut (AHI) se nasionale kongres in Port­Elizabeth op die Bethlehemse gholfbaan geplant het. Met hierdie simbool is Bethlehem as hoofstad van die Noordoos­Vrystaat verklaar. Jansen was vir bykans 30 jaar by die AHI betrokke en was ook die verteenwoordiger by die vroeëre Streekontwikkeling­ad­ vieskomitee (SOAK) waar hy vir die sakebelange en ont­ wikkeling van Bethlehem geveg het. Foto: Susan Maré


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

OUDLEERLINGE van die 1992­matriekklas van die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem wat die skool se reünie in sy 110de bestaansjaar bygewoon het, is van links, voor: Terry Jackson (Du Toit), Nanette Campher, Soret Visagie (Fourie), Stephanie Kriek, Madelein Frey (Janse van Rensburg), Lize Yzelle (Naudé) en René van Heerden (Mentz); agter: Rampie Botha, Corrie Bosch, Jan van der Walt, Piet Human, Arno Pretorius, Hennie van Zyl en Koos Jordaan. Foto’s: Susan Maré

Woon reünie by WAARSKYNLIK die twee oudste leerlinge wat die reünie van die Hoërskool Voortrek­ ker op Bethlehem bygewoon het, is Jannie Maree en Adinie Scheepers.

SANET DE JAGER (regs, agter) het namens die PPS heerlike eetgoed aan die kleuters van die Bohlokong Community Crèche oorhandig. Foto: Susan Maré

13


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Vier hul erfenis breëbors

DIE personeellede van Nedbank op Bethlehem het die Erfenis­naweek in styl begin. Hulle is van links, voor: Maditaba Mosia, Daniel Khomojong, Disebo Makhetha en Joyce Mthyala; middel: Lindiwe Ncamane, Priscilla Goliath en Gloria Moses; agter: Ansie Venter, Alicia van Wyk, Manapo Buthelezi, Fransinah Ratsiane, Adel Swart, Theresia Motloung en Modiehi Motlokoa.

Wys Wys gesig gesig op op Clarens Clarens EEN van die 150 MGB­motors wat die afgelope na­ week op Clarens te sien was op die viering van die motors se 50ste verjaardag.

ROBIN DUSTAN van Port Elizabeth staan langs die 1960­MGB­voertuig wat die afgelope naweek op Clarens was. Aanhangers van die MGB­motors het die voertuig se 50ste verjaardag gevier.

DIE Moloi­ en Ndlela­familie vier hul tradisionele troue op Erfe­ nisdag op Harrismith. Die egpaar sê hulle het 24 September ge­ kies, omdat dit ’n dag is waarop hulle mense meer van die Zoe­ loe­ en Sotho­kultuur kan leer.

GERT EN BERTHA NEUHOFF het ook hul erfenis gevier op die vyfde saamtrek van die Sonskyn­volkspelelaer wat die afge­ lope naweek op Bethlehem plaasgevind het.

DIE vyfde saamtrek van die Sonskyn­volkspelelaer het die afge­ lope naweek op Bethlehem plaasgevind. Volkspelers het byme­ kaargekom om hul erfenis te vier.

BERTHA NEUHOFF speel jukskei op die vyfde saamtrek van die Sonskyn­volkspe­ lelaer wat in die Erfenisnaweek op Bethle­ hem plaasgevind het.


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

DIE fotograaf, Francois Barnard, skryf: “Die foto is in Griekeland geneem op die eiland Paros in ’n restaurant waar ons een aand saam met vriende geëet het. Al ses van ons het alte lekker aan die R800­vissie gesmul – en dit was al wat van hom oorgebly het. Hy was baie lekker . . .” Foto: Francois Barnard

15

INGE FRÖHLICH, fotograaf, sê: “Ek is ’n geregistreerde Kusa­teler van chihuahuas en het op die oomblik ses van hulle wat in my huis rondloop. Op ses weke begin ek gewoon­ lik foto’s vir hul advertensies op die internet neem. Die probeerslag was ’n gelukskoot – die outjie het eindelik stilgesit en ek het in my onkunde net op die regte oomblik die knoppie gedruk.” Foto: Inge Fröhlich

Fotokompetisie daar vir almal STAAN gerus nader vir Vrystaat se maandelikse fotokompetisie en wen lekker pryse geborg deur die Frontier Inn and Casino op Bethlehem. Stuur jou kreatiewe, snaakse, interessante of buitengewone foto’s oor enige tema, asook jou

adres en kontaknommer, aan Vrystaat na smare@volksblad.com. en dalk is jy die volgende wenner. Voorkeur word aan digitale foto’s gegee. Die kompetisie is slegs vir inwoners in Vrystaat se ver-

spreidingsgebied (Oos-Vrystaat), maar die foto kan op enige plek geneem word. Digitale foto’s moet minstens 1 MB groot wees en afmetings 10 cm x 15 cm. Slegs een foto per inskrywer word aanvaar.

Dit kan ook op ’n CD by Vrystaat se kantoor in Mullerstraat 39 afgegee word. Gee ’n kort beskrywing van die foto, waar dit geneem is en enige ander toepaslike inligting. Vermeld jou naam, kontaknommer en e-pos-adres.

Twee wenners sal aangewys word en elkeen wen ’n geskenkbewys van R150 van die Frontier Inn and Casino. Die beste inskrywing sal weekliks gepubliseer word. Rig navrae aan Susan Maré by 058-303-5411.


16

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Fees bied iets vir oud en jonk DIE Bethlehem-motor-, trekkeren-nywerheidsfees is om die draai. Hierdie fees vind van Donderdag 4 Oktober tot Sondag 7 Oktober op die Bethlehem-skouterrein plaas. Die fees bestaan uit ’n groot kommersiële sy, asook ’n daaglikse program propvol pret en opwinding vir elkeen. Kunstenaars soos Riana Nel, NRG en Wicus van der Merwe sal saans die vermaak verskaf. Coenie Groenewald sê die kunstenaars sal Vrydag en Saterdag optree. “Jennifer Zamudio tree Saterdag om 20:30 op en Christiaan van Zyl om 21:30.” Die fees sal Donderdagaand met ’n dinee geopen word, waarheen die Vrystaatse premier, Ace Magashule, en baie ander organisasies ook uitgenooi is. “Tydens hierdie dinee sal wynbottels en rugbytruie opgeveil word. Elke tafel met tien stoele kos R2 000 en individue kan kaartjies teen R200 koop,” sê Anita Roothman. Die streekkampioenskappe van die Arabierperde vind ook plaas. Thinus Sonnekus, wat betrokke is by die Arabierperde, sê verskeie klasse sal daagliks beoordeel word. “Ek sien baie uit na hierdie fees, want dit is die eerste keer dat ons op Bethlehem gaan feeshou. “Ek hoop volgende jaar sal selfs nog groter wees,” sê hy. Hannetjie Labuschagne, wat

NRG

by die kunswedstryd betrokke is, sê dit is haar verantwoordelikheid om pryse aan die kinders te oorhandig wat prente

geteken het. “Ons het ’n kunswedstryd vir elke oudersdomsgroep begin waar kinders prente geteken

het. Die prente is by die Metropolitan-sentrum te sien en die eerste drie wenners is al bekend gemaak.

“Ons gaan op Vrydag 5 Oktober die wenners se kontantpryse op die fees uitdeel,” sê Labuschagne.


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Hier’s nou sport(s) vir almal KINDERS kan ook tydens die Bethlehem-motor-, trekker-ennywerheidsfees aan sport deelneem. Johnny Willies sê: “Daar sal bulletjie-rugby-, mini-netbal- en mini-hokkiewedstryde wees. “Kinders van gr. 0 tot gr. 3 kan hieraan deelneem. “Kleuters van die Preprimêre Skool Tingeling gaan ook deel van hierdie kindersport wees.” Die sierwaens sal van die munisipale kantore af tot by die Bethlehem-skouterrein beweeg. Die sierwaens sal ook vermaak verskaf wanneer hulle verby die paviljoen met trompoppies en ’n kadetorkes beweeg. Daar is altesaam nege sierwaens, vier groepe trompoppies, drie groepe dansers en een orkes. Op Saterdag 6 Oktober kan mense om 08:00 hulle by die hek van die skouterrein teen R5 per persoon vir die straatmyl inskryf. Dit is ’n 1,62 km-myl op die Meades-pad en almal wat dit voltooi, sal medaljes kry. Vir meer inligting oor die straatmyl bel Janie Herman by 072-097-7340 of Gert Venter by 072-445-4159. Tydens die hondevertoning sal daar ’n kompetisie tussen kinders en honde wees.

JENNIFER ZAMUDIO “Mense kan ook oor die gehoorsaamheid en beskerming van honde geleer word,” sê Louis Cierenberg. Tydens die fees sal Mej. Bethlehem se kroning ook plaasvind. Inskryfvorms kan in Maluti, susterkoerant van Vrystaat, gekry word.

RIANA NEL Alle deelnemers moet ongetroude meisies van tussen 16 en 26 jaar wees. Die wenner van dié kompetisie ontvang R5 000, die tweede plek ontvang R2 500, derde plek R1 500 en die vierde en vyfde plek wen R500 elk. Daar is ook ’n vlooimark en nog baie ander stalletjies.

WICUS VAN DER MERWE

17


18

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

“Ek wil mense wys dat almal wat die beste van hul omstandig­ hede maak, trots kan wees op wie hulle is, ondanks enige ge­ stremdhede en ander probleme.” – Shéri Brynard

VAN die belanghebbendes wat die oggendteeparty wat deur Bethlehem­Kosmos­VLU aangebied is, bygewoon het, is van links ds. Tertius Lamprechts, dr. Susette Brynard, Shéri Brynard (gasspreker), Hannetjie Ferreira (voorsitter Bethlehem­Kosmos­VLU), Annatjie Meintjes (area­voorsitter, area 3) en Leandra de Coning (kunstenaar).

Foto: Lynda Greyling

Shéri inspireer en laat trane rol MENIGE GAS het Saterdagoggend trane afgevee terwyl Shéri Brynard, die bekende Down-sindroomlyer en motiveringspreker van Bloemfontein, ’n motiveringspraatjie in die NG kerk BethlehemOos se saal aangebied het. Die oggendteeparty is deur BethlehemKosmos-VLU aangebied. Shéri se ma, Susette, het vooraf oor Shéri gepraat. Sy het onder meer gesê ná haar geboorte het so baie mense vir Shéri gebid dat sy gesond moet wees. Sy, daarenteen, het die Here gevra dat Shéri haar volle potensiaal bereik. Shéri (30) is die eerste gestremde Suid-Afrikaner wat ’n wenner in Shoprite Checkers se Vroue van die Jaarkompetisie is. Sy is as die wenner in die kategorie vir jeugwerkers aangewys. Sy is ’n dinamiese onderwys-assistent aan die Lettie Fouché-skool in Bloemfontein. “Ek is anders, want ek is met een meer chromosoom gebore,” het Shéri haar praatjie begin. Sy het

die Here bedank dat hy haar geskape het presies soos Hy haar geskape het. “Ek wil mense wys dat almal wat die beste van hul omstandighede maak, trots kan wees op wie hulle is, ondanks enige gestremdhede en ander probleme.” Sy is ook ’n Internasionale Ambassadeur vir mense met Downsindroom. Sy is geïnspireer om aan Suid-Afrikaners te bewys dat die land nie slegs op sy slim, ryk en talentvolle mense trots is nie, maar ook op dié wat hard werk en hul bes doen. Shéri is ook deesdae ’n aktrise en het onder meer ’n rol in Binnelanders vertolk. Sy is die enigste Suid-Afrikaanse Down-sindroomlyer met ’n naskoolse kwalifikasie aan ’n tersiêre instelling. Sy het op 21-jarige ouderdom aan die Martie du Plessisskool gematrikuleer en daarna ’n onderwyskwalifikasie aan die Motheo-kollege in Bloemfontein verwerf. Susette glo die onmoontlike het

waar geword. Sy glo haar dogter is ’n groot wonderwerk en is dankbaar dat sy besluit het om geboorte aan haar te skenk eerder as om ’n aborsie te ondergaan. Sy glo ook dat haar dogter haar volle potensiaal moet bereik. Vir Shéri is dinge nie altyd so maklik nie. Toe haar suster Sizette onlangs getroud is, was sy jaloers, want sy wil ook graag trou. Sy weet egter sy en haar kêrel, ook ’n Down-sindroomlyer, sal nooit kan trou nie, want hulle het altyd versorging nodig. Sy was ook bekommerd oor wat van haar gaan word wanneer haar ma doodgaan. Susette het toe met haar deur Bloemfontein se strate gery en vir haar al die mense gewys wat kos uit vullisblikke haal en op sypaadjies slaap. Sy het Shéri verseker dat sy altyd versorg sal wees. Shéri se pa, Jerry, wat tien jaar gelede oorlede is, en haar oorlede ouma Sarie Horak sou baie trots op Shéri gewees het, sê Susette.

SHÉRI BRYNARD en Hester Kruger.

VAN die gaste wat Bethlehem­Kosmos­VLU se lente­teeparty bygewoon het, is van links Rina Brandt, Elize Claasen, Cielie Swart en Dorothy du Preez.

ADINE SCHEEPERS, Leandra de Coning en Martina Diener tydens Bethlehem­Kosmos­VLU se lente­teeparty.

NOG gaste wat die oggendteeparty bygewoon het is, van links Anne Archbelle, Elsabé van Tonder, Rina Bosman en Ina van der Merwe.


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

19

JACOB MOKOENA, werkwinkel.

LORAH NDLEBE, diensadviseur.

ALFRED MPHUTI, drywer.

KOBUS LE ROUX, werktuigkun­ dige.

CHANÉ LIEBENBERG, finansiële en versekeringskonsultant.

ALWINE NEETHLING, admini­ strasie.

NICO SCHOEMAN, senior ver­ koopsman: onderdele.

TOMMY WESSELS is ’n tegni­ kus.

MIKE FOURIE, verkoopskonsul­ tant.

SELINIAH HLAKUTSA, admini­ strasie: onderdele.

MICHAEL JOHN LLOYD, vakleer­ ling.

LUKAS MOTAUNG (drywer: on­ derdele).

CONNIE NEETHLING, verkoops­ konsultant.

SHAUN WILLIS, junior verkoops­ man: onderdele.

MARIANNE SWART, diensadvi­ seur.

Lei personeel by Mortimer Toyota DIRK WIUM, bestuurder van Mortimer Toyota op Reitz. Foto: Johan Viljoen

MICHAEL EARLE, diensbestuur­ der.


20

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Hoërskool Reitz spog met nuwe akademie Johan Viljoen

ANDRÉ FOUCHÉ (links), die Mampara­trofeewenner van vanjaar, en Spud Wales, die Mampara­trofeewenner van verlede jaar.

Reitz hou weer ’n Mampara-gholfdag Johan Viljoen REITZERS het die afgelope naweek op die dorp se gholfbaan saamgetrek vir vanjaar se Mampara-gholfdag wat deur die Sergens-drankwinkel op Reitz aangebied word. Dit was so hittete of die weer het nie saamgespeel nie nadat dit die Vrydagnag gerëen het, maar teen afslaantyd was die lug oopgetrek en kon die spelers die baan op Reitz aandurf. Altesaam 84 spelers het deelgeneem aan vanjaar se kompetisie wat die tweede keer aangebied is. Vanjaar se Mampara-gholfdag het

spelers van tot Rustenburg, Johannesburg en Pretoria gelok. Die spelers het in spanne van vier op die vierbal-kiesspel-formaat deelgeneem. Ná ’n redelik koue dag op die baan en die wind wat die spelers se gholfvernuf deeglik getoets het, het die span van Charles Davies, Marlene Dawies, Piere Davies en Hansie Barnard as die algehele wenners van die dag geëindig. Vanjaar se Mampara-trofee het aan André Fouché vir sy bedrae van blapse en manewales op die baan gegaan.

DIE Hoërskool Reitz het die afgelope week op ’n geselligheid ’n nuwe era vir die skool aangekondig met die bekendstelling van die skool se nuwe landbou-akademie. Die skool se beheerliggaam, skoolbestuurspan en die Bond van Oud-Reitzers het die strategiese behoefte aan skoolvlaklandbou-opleiding in die OosVrystaat raakgesien. Volgens mnr. Deon Taljaard, voorsitter van die skool se beheerliggaam wat die bekendstelling van die akademie gedoen het, besoek leerlinge in die streek landbouskole in ander streke. Verder toon die gemiddelde ouderdom van mense betrokke in die landbousektor ’n stygende neiging en het ’n groot behoefte ontstaan om “nuwe bloed” vir die landbousektor te kry. Die landbousillabus wat die akademie sal aanbied, behels die volgende: Drie landbouvakke sal as keusevakke van gr. 10 tot gr. 12 aangebied word. Die drie vakke is landboubestuur, landboutegnologie en landbouwetenskap. Landboubestuur is ’n praktiese vak wat behels dat leerlinge fisiek geleer word om ’n boerderyprojek te bestuur.

DEON TALJAART, voorsitter van die Hoërskool Reitz op Reitz se beheerliggaam, stel die landbou­akademie bekend. Een van die projekte wat vir die akademie beplan word, is om ’n pluimvee-groeihok te bedryf. Verder sal by ’n bestaande beesstoetkudde ingeskakel word waar leerlinge gereeld self die bestuur van die projekte kan waarneem. Die oprigting van kweekhuise waarin groente en ander gewasse deur leerlinge gekweek kan word, word ook vir die akademie

beoog. Somergewasse soos mielies sal ook op ’n landery van 10 ha verbou word. Verder oorweeg die skool die oprigting en instandhouding van ‘n weerstasie in diens van die gemeenskap. Die akademie sal ’n Afrikaansmediumskool wees waar koshuise beskikbaar is. Departementele goedkeuring is reeds verkry.

EN W

W

VIR ONS KINDERS PROJEK EN

WEN ‘n Chevrolet

Ten bate van Vrystaat Jeugsorgsentrums

Koop `n kaartjie vir slegs R20 en staan `n kans om `n Chevrolet Spark Lite ter waarde van R100 000 te wen. Kaartjies beskikbaar by alle NGMD subprogramme: Vrystaat Jeugsorgsentrums, KMD kantore en Bejaardesorg fasiliteite in die Vrystaat. Skakel (051) 407 7301 vir meer inligting.

Terme en voorwaardesSkakel geld 051 407 7301 vir meer inligting. Terme en voorwaardes geld

Frontier Inn

Dihlabeng Community Trust GEMEENSKAPSKOERANTE


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

21


22

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Komiese roman verfrissend eerlik SES lesers van Vrystaat kan elk ’n boek met die komplimente van Queillerie, Tafelberg, Kwelaboeke en Pharos-woordeboeke, uitgewers van NB-uitgewers in Kaapstad, wen. Stuur jou naam, kontaknommer en die naam van die boek aan refilwe.mochoari@volksblad.com. IN Integriteit ondersoek Henry Cloud ses karaktereienskappe wat integriteit kenmerk. Dit sal jou leer om die soort karakter te ontwikkel wat vertroue wek en behou, die werklikheid kan raaksien en trotseer, prestasie bevorder, negatiewe werklikhede aanvaar en oplos, groei en vooruit-

DAAN DREYER voel soos ’n has-been. Sy vrou het hom gelos en sy twee kinders rol hul oë vir sy musieksmaak en gee eenwoord-antwoorde op al sy vrae. By die werk gaan dit ook maar droewig – hy is ná alles ’n wit man van amper 50. Sy beste pêl, Neels, se vrou gee vir hom ’n blou geranium om sy donker woonstelletjie mee op te kikker. Maar wat Daan betref, gaan dit veel meer as ’n malvaplant vat om hom weer aan die beweeg te kry. ’n Fantastiese roman oor ’n man op die rand van ’n nuwe lewe. Verfrissend eerlik en baie snaaks.

gang meebring en voortreflikheid bereik en betekenis in die lewe vind. Dr. Henry Cloud is ’n wêreldbekende kliniese sielkundige en ’n kenner op die gebied van leierskap. Hy het ’n gevestigde private praktyk in Kalifornië en is vir sy maklik verstaanbare en praktiese raad bekend.

DAAN DREYER se blou geranium deur Derick B van der Walt.

INTEGRITEIT, jou karakter is die sleutel tot jou sukses deur dr. Henry Cloud. GERDA TALJAARD skep in die roman ’n briljante spel tussen werklikheid en fiksie. Met haar fyn aanvoeling vir die vlietende onderskeid tussen misterie en harde werklikheid tussen verlede en hede verken sy ’n wêreld wat bekoor en ontroer. Só bevind die verstote mens en die idealis hulle algaande in twee romans wat gelyktydig gestalte kry, waarin selfs die erbarmlikste karakters gryp na die absurde en ’n

siniese humorsin om te oorleef. En daarin slaag. Deels speel die roman af in die nugter omgewing van ’n ouer Pretoria en deels in “diep valleie, inheemse woude, denne- en bloekomplantasies. Broederstroom loop en vertak soos ’n aar deur die omgewing. ’n Plek wat soms so dik onder misnewels lê dat paaie en bome en heuwels en selfs mense wegraak. ’n Plek waar spoke loop, omdat baie bloed hier vergiet is . . .”

DIE stories bereik die veertienjarige Fransie in sy hospitaalbed. Stories oor ’n nuweling wat onder die plattelandse verlamming van hul klein Nederlandse dorpie, Lomark, vuurmaak. Dié Joe Speedboot is ’n seun met aweregse planne en ’n ysere wil, en in ’n japtrap neem hy Lomark ordentlik op horings met middernagtelike ontploffings en ’n tuisgeboude spioenasievliegtuig. Dit is ook Joe wat ’n

paar jaar later besef dat die verlamde Fransie se oorontwikkelde rolstoelarm van hom ’n meesterarmdrukker sal maak, en die twee vriende ontdek ’n macho toernooiwêreld waarvoor Fransie se fassinering met samorai-vegkuns hom uitmuntend voorberei het. Natuurlik is daar ook ’n meisie, die Suid-Afrikaanse PJ, op wie albei seuns verlief raak. Om van die resiesvraat nie te praat nie.

EINDSTRYD is die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en ’n paar uitgesoekte Afrikaners in die onstuimige tagtigerjare van die vorige eeu, die eerste keer vertel deur iemand wat self daar was: Willie Esterhuyse. Dié vertroulike gesprekke in Engeland was nie net deurslaggewend vir die begin van onderhandelinge nie; dit was ook die begin van ’n onwaarskynlike maar durende vriendskap tussen ’n Stellenbosse professor uit EINDSTRYD deur Willie Ester­ die Afrikaner-bin- huyse nekring en ’n vurige jong aktivis en latere president. Esterhuyse bied ’n vars, soms onthutsende blik op dié fassinerende verhaal: van geheime tronkgesprekke met Nelson Mandela tot wat gesê is in PW Botha se situasiekamer en hoe Nasionale Intelligensie Suid-Afrika van grootskaalse geweld probeer red het deur in die skaakspel tussen die “vyande” in te gryp.

Nuwe vervang 2 oues

KELDER deur Gerda Taljaard.

JOE SPEEDBOOT deur Tommy Wieringa.

VIND inligting maklik, kry taal­ leiding, brei jou woordeskat uit en gebruik taal korrek. Die splinternuwe Pharos- Tweetalige Skoolwoordeboek vervang die Pharosskoolwoordeboek en die Pharos- Tweetalige Skoolwoordeboek. Die laas­ genoemde twee skoolwoorde­ boeke het dekades lank ’n onmisbare rol in taalonder­ rig in Suid­Afrikaanse skole gespeel.


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

LEERLINGE aan die Hoërskool Reitz op Reitz het tydens die Oos­Vrystaatse skolelandloopkampioenskappe goed gepresteer. Albei sal aan die Vrystaat­ kampioenskappe deelneem. Hulle is Ronel Venter (voor) en Andene Scholtz.

HIERDIE lede is gekies om die Vrystaat­span te verteenwoordig. Hulle is van links Bianca Beneke, Dinemarie de Waal en Carel Beneke.

Karatekas kry hul Vrystaat-kleure

LEDE van Enrico-JKA-karate-akademie op Reitz het op die WKF-allestyle-karateproewe in Bloemfontein gepresteer. Studente verbonde aan hierdie klub neem onder die Thabo Mafutsanyanastreek in die allestyle-kategorie deel. Hulle het op die afgelope Vrystaat-kampioenskappe hul staal getoon deur ’n hele paar medaljes in te ryg. Leerlinge aan die Hoërskole Reitz en

Voortrekker op Bethlehem wat aan die klub behoort, het deelgeneem om vir Vrystaat-kleure te kwalifiseer, asook om die Vrystaat-span tydens die Suid-Afrikaanse karatekampioenskappe in Durban te verteenwoordig. Die Enrico-JKA-karateklub vorm deel van die Vrystaat-JKA. Die karatekas beoefen met nuwe entoesiasme hierdie sport.

Verteenwoordig VS EZANNE KLEYNHANS van die Hoër­ skool Reitz op Reitz het die Vrystaat­ landloopspan tydens die Suid­Afri­ kaanse landloopkampioenskappe in Amanzimtoti verteenwoordig.

23


24

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

SKOLENUUS/SCHOOLS NEWS

Opgeneem in spanne LEERLINGE van die Hoërskool Voor­ trekker op Bethle­ hem is in die Oos­ Vrystaatse o.19­ krieketspanne ingesluit. Hulle is van links Jaco van der Merwe, Christi­ aan Oosthuizen, AJ van Wyk, Meyer Maré, Johan Ver­ maak, Ruan Kok en Ammi Pelser.

LEERLINGE aan die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem is opgeneem in die o.19­Oos­Vrystaat­krieketspanne. Hulle is van links Eloff Scheepers, Phillip Maré en Kevin Crause.

An education based on faith THE Reitz Christian Academy was founded by a group of Christian parents of Reitz under the auspices of Kingdom News Ministries. The school is registered with the Department of Education as an independent school, and uses the curriculum materials of Accelerated Christian Education (School of Tomorrow). This is a Biblically-based, individualised, self-instructional and self-motivating system. Reitz Christian Academy is an English-medium, combined school catering for learners from pre-school to gr. 12. At present the

A learner of the Reitz Christian Academy reading a book in class.

Geniet saam afskeid LEERLINGE van die Hoërskool Witte­ berg op Bethlehem tydens hul ma­ triekafskeid. Hulle is van links Christo van der Nest, Joli­ ne Janse van Rens­ burg en Gustav Dreyer.

school has 50 learners. The staff consists of the school pastor, the principal, three supervisors and eight monitors. Extramural activities at the school include athletics, soccer and netball. Learners are also able to take piano, guitar and dance lessons provided by private teachers during school hours. High school learners annually partake in the All Africa Student Convention which takes place at the University of the Free State (UFS) during the September holidays. Learners have the privilege to choose from more than 150 items, including sports, art, needlework, photography and music. Learners who excel are nominated to take part at the annual International Student Convention in the USA. In co-operation with parents, the Reitz Christian Academy seeks to prepare children according to a Biblical pattern to fulfil their purpose and potential in spiritual, intellectual, physical and social aspects of this life and for eternity. This is accomplished through Christian teachers, in pursuit of excellence, embracing the vision of the Kingdom News. The academy says they embrace the vision of Accelerated Christian Education, which is: Reaching the world for Christ . . . One child at a time.

Blink uit in musiek

LEERLINGE van die Hoërskool Witte­ berg op Bethlehem tydens hul matriek­ afskeid. Hulle is Gustav Dreyer (links) en Nadine Potgieter.

Presteer puik in kunswedstyd

RYAN ALLAN, ’n gr. 3­leerling aan die Laerskool Truida Kestell op Bethle­ hem, het die Royal School of Music se viool­ en klavier­ek­ samen in Bloem­ fontein met merie­ te geslaag.

LEERLINGE aan die Hoërskool Reitz op Reitz het goed op die onlangse kunswedstryd gepresteer. Hulle is van links Corné Pretorius, Annatjie Deab (onderwyser) en Lune Pretorius.


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

25

R300 000 . . . to rent toilets } Tladi Moloi A KESTELL PRIMARY SCHOOL has allegedly paid more than a quarter of a million rand for rented portable toilets since 2010. Express Eastern Free State has established that the Dipelaneng Primary School in Tlholong, Kestell, has thus far paid two service providers about R289 000 since 2010 for eight VIP toilets after the school’s own toilets became clogged up. Several former school governing body (SGB) members who approached Express EFS said the first company, whose name is known to Express EFS, supplied the toilets until March this year before their contract was terminated. The sources further allege that despite the first contractor being paid R11 850 monthly for ten toilets, only seven were actually supplied. As the first contractor was essentially in breach of the “contract”, it was cancelled and a second service provider, whose name is also known to Express EFS, was sourced and an amount of R10 400 was agreed upon for the supply of eight toilets. The decision to hire the portable toilets was apparently taken after it was realised that about R90 000 would be needed to fix the school’s own toilets. Express EFS recently visited the school and found eight colourful plastic portable toilets on the school premises. “There were mixed feelings in the school and the SGB about the toilets being hired, but the decision was finally taken after people who were opposed to the idea did not speak up,” an SGB member said. It is further alleged that some of the then SGB members where getting a share of the monthly char-ges of the toilets. That was why they could not see it fit to fix the school toilets.

LEASED: The rented toilets at the Dipelaneng Primary School in Kestell. The school pays more than R10 000 per month for the toilets’ rental. Photo: Tladi Moloi “The conditions in the learners’ toilets are not healthy, but they do not have an alternative. Some of the SGB members suggested that the R90 000 be paid once off for the toilets to be fixed, but that never happened,” a former SGB member told Express EFS. Express EFS spoke to a few learners, who preferred to remain anonymous, about the condition of the toilets.

A gr. 6 learner confirmed that they stopped using the toilets in 2010. He said they hated using the current toilets, because they were not safe for them and they had to share them with gr. R children. “Some learners are very naughty and they shake the toilets while others are inside.” They also open it at the back when others are still inside, another learner said.

Many learners also complained that the gr. R learners simply relieved themselves near the toilets if the queue was too long. Anna “Poppy” Tshabalala, de-puty principal at the school, said she had no comment on the matter when approached. Express EFS’s efforts to obtain comment from one of the service providers proved fruitless as the number supplied was not answered.

Howard Ndaba, Free State Education Department spokesperson, reacted with amazement at the amount the school allegedly paid for the rented toilets asking where the school found the money. He did, however, confirm that the section 21 school did get an annual grant from the department adding that the allocation was determined by the number of learners in the school.

Major concerned about ill discipline } Tladi Moloi MAJ. DELTON NJOKO of the 2 Field Engineer Regiment in Bethlehem says there are soldiers who lack discipline, and that this could be detrimental to their regiment. “Discipline is the soul of the soldier, the key to the success of our regiment and organisation at large,” Njoko said at the second medal parade of the 2 Field Engineer Regiment which was held at the Bethlehem Camp on Thursday. In all, 24 medals were awarded to deserving members in the different categories. The medals were for good service over ten years, Unitas, general service and loyal service. Njoko said the medals were awarded to recognize or reward members who worked hard in this kind of “do or die” environment. He said he was aware that some members could use money instead of medals, but he urged the winners to wear their medals with pride. Njoko said the next year looked very busy and added that it would take a lot of hard work and effort for them to achieve their objectives. “Our vision is to ensure mobility and survivability of our own force,” he said. The regiment’s role and involvement in peace keeping operations outside and on the boarders of South Africa was pivotal, the major said. He added that the unit was limping forward and delivering. “We need to be engineers who are creative, active and effective. We must be able to operate under difficult circumstances at any

HARD WORK PAYS: Some of the 2 Field Engineer Regiment medal recipients from Bethlehem salute Maj. Delton Njoko after they had received their medals. They are from the left Spr. Tebogo Kgwadi, Spr. Mfanafuthi Khumalo, Spr. Mahubedu Makubung, Spr. Moffat Motingoe and Spr. Phindeka Plaatjie. Photo: Tladi Moloi time and everywhere,” he said. Njoko urged the soldiers to take care of their equipment and to drop their attitude of nonchalance towards the handling and upkeep

of their equipment. “You must be devoted to your country, its interests, freedom and independence. “This also refers to the individu-

als being proud of being the engineers. Our unit had recently given assistance during the tornado disaster situation in Bethlehem.” They played a pivotal role in

helping those whose lives had been affected by the tornado. Njoko said it was through team work and dedication that they had achieved this.


26

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Konserttyd DIE Laerskool Truida Kestell het die afgelope week sy jaarlikse sangfees aangebied. Meer as 700 leerlinge van die skool het deelgeneem. Die TKS Express het ’n mens nie net op ’n reis Suid­Afrika deur geneem nie, maar ook op ’n lewensreis met ’n tas vol herinneringe. Foto’s: Magic Photography

NIENKE PEENS

DIE gr. 6­leerlinge dans op die maat van Shosholoza Shosholoza. MARETHE VAN ZYL

DIE gr. 7’s se toneelgroep.

DIE gr. 5’s in die Kaap.

’n ZOELOE­DANS.

DIT reën in die Tsitsikamma.


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

ENIGE OU TYDSKRIFTE, BOEKE: Moenie weggooi nie. Sal afhaal. Skakel Peet by 083 241 3770.

OUERS GEREGISTREER. BESKIKBAAR 29/09/2012. SKAKEL RENE 082 413 9038.

Tel: 058 303 4681 082 452 5208 (Mark)

LENTE IS PLANTTYD

GESOEK!

OU ANTIEKE SWARTKRUITGEWER. SKAKEL 082 448 7763.

NEED A BREAK? For a good, reliable babysitter contact Elana Uys 079 847 2104. R100 from 17:00 to midnight. Additional R50 per hour past midnight. COD.

AANDAG :Ons koop alle tweedehandse meubels en losgoed vir kontant aan. Skakel ons vir die beste pryse in die dorp. Bel ons gou en ons kom nou. Skakel 058 303 2912 (kantoorure) of 058 303 3194 na-ure of 083 272 3045. (Marinus).

Beste pryse vir nuwe voorraad plante. Flower Fun Kwekery

Member of institute of Plumbing No: 2831 Member of Plumbing Industry Registration Board No: 0150/85 Authorised to issue certificate of compliance. Qualified and professional service.

Cambridgestr. Nr.58 by Silo.

Beige lounge suite: 3-seater couch plus 2 chairs. Good condition. R2 800. Tel. 082 464 4281.

058 303 8423 KOMPOS TEEN R75 per 40kg. Vir aflewering. Skakel 082 774 3465.

best prices on second-hand furniture. Call Steve at 083 708 4190 or 058 303 1112. We also buy gold: R100 per gram.

GESLAGTE SPEENVARKE te koop. R25/kg, tussen 25 en 35 kg. Gewoon. Skakel 079 501 3273. GRATIS: Christelike DVD's gratis aan u. Leer die Bybel opnuut ken. Bybelstudie in DVD-formaat. Skakel of SMS Johan Hartzenberg met u posadres by 076 878 0468.

Bethlehem Droogskoonmakers

VIR ALL U TUINBEHOEFTES: Afsaag van bome, opsit van 'picket fence', sny van 'sleepers' en rommel wegry: Skakel AB Timbers 083 388 0173.

Tel. 058 303 5621/2

* Stoomwas van matte en sitkamerstelle * Was , droog en stryk wasgoed * Herstelwerk aan klere

BK

Direk van die boer

A graad-lammers: geslag, verwerk, vakuumverpak en word afgelewer.

BETHLEHEM KONSTRUKSIE BK NHBRC

Bouplanne Plaveisel Teëlwerk Aanbouings Verfwerk Instandhouding Diefwering Nuwe woonhuise Veiligheidshekke Loodgieterswerk Elektriese hekke en motorhuisdeure

074 580 8044 Aflewering net in Bethlehem

Johan’s Fencing

Chris Nel Petrus Steyn Tel. 078 243 4442 083 654 9638

Staalomheinings Motorhuisdeure Hekmotors Interkomstelsels Sekuriteitshekke Devilsfork Skakel my 24/7 072 476 3747

Bio Sculpture, gelnaelkliniek en ontharingsalon Skakel Wilmie 082 927 7820 BETHLEHEM

• Manikuur • Pedikuur • Wax • Facials • Ooghaartint • Eye lash extentions

VIR DIE MAAK VAN klimrame, swaaie, wipplanke en ander staalspeelgoed. Ook enige ander staalwerk. Skakel Lukas by 076 099 9059.

Bethlehem Herstelwerk

LOO 911

Loodgieters Diens

Tel: 082 556 8118 Diens gewaarborg

SOEK, KOOP, VERKOOP

Dieselkar, 1000 l-handpomp. Goeie toestand. R13 900. Skakel 084 800 8010.

Uvongo Nautilus No.8 Vakansiewoonstel, 6-slaapplek, jacuzzi, lugversorging en braai geriewe op balkon.

Vir bespreking skakel René 039 315 1345

Spesiale midweektariewe LUS VIR WEGBREEK op 'n plaas? Selfsorg. Groot braaiarea met slaapplek vir 10. Annabe 082 824 6444.

South Coast Wide variety of selfcatering holiday flats and houses. Phone 039 315 1313 www.bvh.co.za Our beaches are back!

Steeds u een-stophersteller. Stowe, ys- en vrieskaste, mikrogolfoonde, wasmasjiene. Alle onderdele. Commissionerstr. 67 Tel. 058 303 7000

Ford Ranger, Mazda Drifter canopies: Double and single cabs. Double Cab, 2011, Beekman. Single cab, 2002. ( 083 747 4673.

Plaashuis ongeveer 20 km vanaf dorp. 3 slk. R4 500 krag en water ingesluit. Skakel 082 553 3196.

HOOGLAND SPA ***WARMBAD

014 736 5928 * Luukse chalets * Lugreëling en DStv * Ten volle gediens * Prag swembad * Onderdak-, verhitte hydrospa * Tafeltennis en “pool”

Drie-RY-John Deere 7000mielieplanter. R22 800. Nico 082 573 2904.

Môrelig: R3 900. 2 slk, 1 badk, m/h. Skakel Isabel de Bruin Eiendomme. 082 785 1111.

1 ruim, gemeubileerde 2slk-w/s (90 m²) dadelik beskikbaar, nuut oorgedoen. Gerieflik sentraal geleë. R4 950 p.m plus dep. Water ingesluit. 058 303 9309. 1-slk-woonstel: Jordania. Enkelpersoon. R1 900 meterkrag, motorafdak. Skakel: 082 091 2666. 1-slk-woonstel plus toesluitgarage. Onmiddellik beskikbaar -Pre-paid meter, R2 000. Skakel 082 553 3196. 1-slk-woonstel te huur 3 km buite dorp. Skakel 078 349 7606. 1-slk-woonstel te huur in Jordania. Beskikbaar vanaf 1 Okt, R2 500 p.m. Slegs 1 bewoner. 072 404 3699. 2-slk-woonstel, Jordania. Koopkrag, toesluit- motorhuis, eie tuin. R4 000. Skakel 082 771 7314. 3 ruim 2-slk-w/s (90 m²). Dadelik beskikbaar, nuut oorgedoen. Gerieflik sentraal geleë. R3 850 p.m. plus dep. Water ingesluit. Skakel 058 303 9309

LESCOR MOTORS: vir eerlike herstelwerk aanligte petrol-en,dieselvoertuie, veral op alle VW-fabrikate. Baie billike tariewe. Skakel 058 303 7091 Bethlehem.

Henk v Niekerk Opreg geteëlde Schnauzer-hondjies! Skakel Glenda by 082 321 1484.

Beauty Salon

Gypsey 4B-woonwa, 1990. Groot yskas, eilandbed, voltent met Add-OnRoom. Baie goeie toestand. R35 000. Skakel 076 768 8851.

Te huur: rondawel met eie badkamer. Skakel 082 7444 585.

TEKOMA/VR/7JUN12/JJ

HENK 2-23-10-08-VR-LH

Uitstekende geregistreerde Sussex-bulle met laegeboortemas sa met uitstekende groei te koop.

BLESSED

Herstel van alle elektriese/ huishoudelike toerusting, lugversorgers en huisbedrading. Industriële onderhoud. Wesselsstraat 40 Tel. 058 303 5306

Water filters (reverse osmosis). Set: R130. Tel. 076 768 8851.

Eversar Sussex

pieter.t@hotmail.co.za

TEKOMA ELEKTRIESE DIENSTE

André - 082 748 8877 Leonie - 082 821 2150

SPEENVARKIES BESKIKBAAR OP GEREELDE BASIS. 071 689 3355.

STOORPLEK 6 km buite dorp, veilig. Elektries omhein. 082 803 5688.

076 346 9100

HERSTELWERKE INSTANDHOUDING INSTALLASIES BEDRADING SKAKELAARS LIGTE KRAGPUNTE ELEKTRIESE TOESTELLE DStv (ESKTRA TELEVISIEPUNTE EN DEKODEERDERS) KWOTASIES BESKIKBAAR Goeie diens met ‘n billike prys

Als in en om u huis!

Geregistreerde Rooi Angus-bulle te koop. Bethlehem. Skakel 083 251 8620.

SMIT ELEKTRIES • • • • • • • • •

VIR GRATIS KWOTASIES

LAMMERS TE KOOP!

4-TON TRUCK with drop sides available for any transport to be done. Phone 083 388 0173.

BETHLEHEM-9-8-07-VR-LH

A-Z FURNITURE for the

MONDI-GRAS: OP SOEK NA 'n paar sakke Mondigras (kort en lank). Sal self kom uithaal. Kontak 082 600 5859.

BETHLEHEM-10-1-07-VR-LH

PSYCHIC/Siener Pieter Bezuidenhout in BHM1-2 Okt. Pvt, indiv, asook telefonies, e-pos lesings: 021 910 3499.

POTCHEFSTROOM NWU-PUKKE BEKOSTIGEBARE STUDENTEBEHUISING Woonstelle te koop: 1-slk vanaf R290 000. 2-slk vanaf R350 000. Groot verskeidenheid huur-eiendomme in Potch beskikbaar. 018 293 1858 072 561 5703/4

WEHMEYER-12-6-08-VR-LH

M&M PLUMBING CC

WIRED HAIR TERRIëRHONDJIES. OPREG, ALBEI

27

ARE YOU LOOKING FOR GREAT STUDENT ACCOMMODATION? WELL, LOOK NO FURTHER! KPA Private Student Accommodation has a variety of accommodation available that will suit your needs. We specialise in furnished and unfurnished accommodation close to the campus of the University of the Free State. Contact KPA now to help you find a home away from Home. 051 411 2600

3-slk-woonstel: Onmiddellik beskikbaar. R3 500 per maand. Deposito betaalbaar. Besigtiging tussen 17:00 en 18:00. (083 956 4221.

BACHELOR, 1- bedroom 2004 COLT 2.8 D/C, 4x4, R80 000. Skakel 083 251 8620. Isuzu KB 200 LE petrol kortbakbakkie te koop. Wit. 163 000 km. Ekstras. Baie goeie toestand. R69 000. Skakel 084 800 8010.

flats. In Paxinos Building, CBD, Bethlehem from R1 800. Available immediatley. Contact Patricia 057 352 2990.

Eenslaapkamerwoonstel te huur vir enkelpersoon vanaf 1 Okt teen R 2 800 p.m. water en elektrisiteit ingesluit. Kontak 084 409 7571 of 084 491 5546. ENKELWOONSTEL - Panorama. Kragmeter. Motorafdak. R2 500 p.m. Skakel 072 299 3151.

1996 Audi A4 2.6: Outomaties, wit, goeie toestand. Lugr, k/s, mags, e/v, s/sluit, lugsakke, ABS, swart leersitpl. R35 000 ohb. Skakel 076 086 2410.

FURNISHED: 2- or 1bedroomed chalets, 6 km out of town. Excluding electricity. Available end of September. R2 500/R2 600. Tel. 082 835 1682/ 058 303 3020.

EK KOOP ENIGE tweedehandse motors, bakkies, kombi's en Ventures. Skakel my enige tyd. Ek betaal kon-tant. 083 374 0000

Gemeubileerde kamer (Panorama) met eie geriewe en ingang. Enkelpersoon, R1 750 p.m. W en l ingesluit. Deposito betaalbaar. Huur vooruit. Onm. 079 888 2027.

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


28

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

KONTANTKOPER op soek na gemengde plaas van gemiddelde grootte. Skakel asb 072 417 0568.

The unilofts are beautiful 2-bedroom flats, fully furnished and only for UFS students. It is less than a 5 minute walk from campus. There is 24 hour security for your safety and basement parking. To book your place now, phone KPA Student Accommodation at 051 411 2600

Huis te koop, Paul Roux. Geen agente. Prys billik. Skakel 082 558 1773.

Dringend op soek na plase vir goedgekeurde kopers. Kontak Krys Wessels: 083 371 3353.

Pragtige gastehuis, volledig te huur of te koop op platteland. Besigheid te koop. Eiendom op lang- termynhuur. Skakel: 078 082 6756.

Mary soek werk as 'n huishulp, kinderoppasser, het ondervinding. Ma-Vr. Skakel 078 020 8992.

LANDE

Op soek na werk: kinderoppasser, skoonmaak, kook/ kantoorwerk. Voltyds, het ondervinding. Skakel Maria 079 773 7223. Topsy soek werk as huishulp, Ma-Vr. Kan mooi skoonmaak en na kinders kyk. Skakel: 073 697 6412.

TE HUUR

Skakel 082 855 6209 Saans 058 623 2723. 1 winkeltjie beskikbaar by De Oude Werfsentrum. Sentraal geleë. Skakel 082 952 7943.

J&M PROPERTIES TE HUUR: * Jordania, netjiese 3-slkhuis, 1 Nov, R6 200. * Panorama, ruim 4-slkhuis, 1 Okt, R7 500. *Central, room, 1 Oct, R1 650. *Furnished room, 1 Oct, R2 500. *Morelig, 3 slk, 1 Nov, R5 500. 082 316 9623/083 349 5945

Netjiese huise om te huur. Meenthuis beskikbaar. 1 Nov 2012. Leonie 076 789 3613.

Aansoeke word ingewag van `n jong dinamiese dame vir algemene verkope en administratiewe klerk. Skakel: 058 303 0281 of bring CV na Supa Fix TV`s. Gr.R-pos beskikbaar by kleuterskool in BHM. Faks CV na 086 509 7628. Sluitingsdatum 11 Okt. 2012. Pos beskikbaar: Jan 2013.

PGP: Pam Golding Bethlehem het vakatures vir

eiendomsagente vir residensiële verkope. CV`s kan afgelewer word by Pam Golding-kantoor, Kerkstraat 10A. Geregistreerde eiendomsagente sal voorkeur geniet. SCISSOR`S PALACE . Op soek na haarkapster, gekwalifiseed . Naelterapeut-spasie te huur. Ruim vertrek te huur. Skakel my gerus. Yolande, 058 303 0998/072 845 9764.

120: AANSOEK TWEEDE WOONEENHEID Kennis geskied hiermee dat ARCPLAN aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om `n addisionele wooneenheid op te rig op Erfnommer 221, volledige straatadres:

HOOFSTRAAT, CLARENS (dorp).

Enige persoon wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die Applikant en die Munisipale bestuurder indien, binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: ARCPLAN Straatadres: Van Reenenstraat 103 Posadres: Bus 55, Clarens 9707 Tel. 058°256°1022

120: AANSOEK TWEEDE WOONEENHEID

Kennis geskied hiermee dat Koekie Swart aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om 'n addisionele wooneenheid op te rig, op Erfnommer 7, volledige straatadres: Tennantstraat 7, Môrelig, geleë te Bethlehem (dorp). Enige persoon wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die Applikant en die Munispale Bestuurder indien, binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: Koekie Swart Adres: Straat: Tennantstraat 7, Môrelig, Bethlehem 9700 Telefoon: 071°140°1414


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012 120: AANSOEK TWEEDE

WOONEENHEID Kennis geskied hiermee dat Mev E de Sousa aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om 'n addisionele wooneenheid op te rig op erfnommer 4252, volledige straatadres Suikerbekkiestraat 22, geleë te Bethlehem (dorp). Enige persoon wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die Applikant en die Munisipale Bestuurder indien , binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: E de Sousa Adres: Straat: Greystraat 29, Bethlehem 9700 Posadres: Posbus 648 Telefoon: 083°635°3020

120: APPLICATION ADDITIONAL DWELLING

Notice is hereby given that ARCPLAN intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special permission to erect an additional dwelling on Erf number 221, complete street address: Main Street situated in CLARENS (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days to the last publication of this notice. The Applicant: ARCPLAN Address: Street address: 103 Van Reenen Street Postal address: PO Box 55 CLARENS 9707 Telephone: 058°256°1022

120: APPLICATIOIN FOR

ADDITIONAL DWELLING Notice is hereby given that Mrs E de Sousa intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special permission to erect an additional dwelling on Erf number 4252, complete street address: 22 Suikerbekkie Crescent, Môrelig situated in Bethlehem (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days to the last publication of this notice. The Applicant: Mrs E de Sousa Address: Street address: 22 Suikebekkie Street Bethlehem 9700 Postal address: PO Box 648, Bethlehem Telephone: 083 635°3020

120: APPLICATION

ADDITIONAL DWELLING Notice is hereby given that Koekie Swart intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special permission to erect an additional dwelling on Erf number 7 ,complete street address 7 Tennant Street, Môrelig situated in Bethlehem (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days to the last publication of this notice. The Applicant: Koekie Swart Address: Street address: 7 Tennant Street, Môrelig Bethlehem 9700 Telephone: 071°140°1414

122: HUMAN LE ROUX MEYEROWITZ KENNISGEWING BOEDEL WYLE: JJ ESTERHUYSE BOEDELNOMMER: 9834/2012

KENNISGEWING AAN KREDITEURE EN DEBITEURE IN BESTORWE BOEDELS IN DIE BOEDEL VAN WYLE JOHANNES JURIE ESTERHUYSE, IDENTITEITSNOMMER: 500617°5019°084 VAN DIE PLAAS GEDULD, DISTRIK LINDLEY, WAT IN LEWE 'N WEWENAAR WAS. DATUM VAN AFSTERWE: 10/08/2012. BOEDELNOMMER: 9834/2012. Kennis geskied hiermee aan alle persone met vorderings teen bogemelde boedel om dit binne 30 dae vanaf datum van publikasie hiervan by die eksekuteur, hieronder gemeld, in te lewer. GETEKEN te BETHLEHEM op hierdie 20 STE dag van SEPTEMBER 2012. JF HUMAN HUMAN LE ROUX MEYEROWITZ POSBUS 563 BETHLEHEM 9700 Verw. HUMAN/rs/JOH123/ 0004

SCHROEDER MEADES DE BEER PROKUREURS / ATTORNEYS

122:BOEDEL WYLE: R I RABOLIBA

KENNISGEWING VAN DEBITEURE EN KREDITEURE IN BESTORWE BOEDELS BOEDEL WYLE RAMOSALA ISAAC RABOLIBA In die boedel van wyle RAMOSALA ISAAC RABOLIBA (persoonsnommer 500626°5374°08°4), in lewe getroud binne gemeenskap van goedere met RINA KEKELETSO RABOLIBA, wat oorlede is op 13 Desember 2011, boedelnommer 1116/2012. Krediteure en debiteure word hiermee versoek om hulle eise in te dien en hulle skulde te betaal binne `n tydperk van 30 (DERTIG) dae gereken van datum van verskyning van hierdie advertensie af. SCHROEDER MEADES DE BEER ING. Van der Merwestraat 39 A Posbus 69 Bethlehem 9700 Verw: RAB10/0001/U10

We make a difference Ons maak 'n verskil

member of the phatshoane henney group of associated firms

122:BOEDEL WYLE ANNA HENDRINA PRINSLOO BOEDELNOMMER: 13092/2011

In die boedel wyle ANNA HENDRINA PRINSLOO, identiteitsnommer 360529°0070°088, in lewe van EUREKA WONINGS NR 2, BETHLEHEM, wie oorlede is op 08/10/2011. BOEDELNOMMER: 13092/2011. Ingevolge Artikel 35 (5) van die Boedelwet word hiermee kennis gegee dat die gewysigde eerste en finale

likwidasie- en distribusie-rekening vir 21 dae vanaf 28 September 2012 van publikasie hiervan by die Meester van die Hooggeregshof te BLOEMFONTEIN en die Landdros te BETHLEHEM ter insae lê en dat indien geen besware binne daardie tydperk ontvang word nie, die eksekuteurs tot uitbetaling daarvolgens sal oorgaan. MICHAL WENTZEL MULLER BREYTENBACH MAVUSO ING Prokureur vir Eksekuteur H/V Naude- en Unionstraat BETHLEHEM 9700 VERWYSING: PRI204/0001/ELANA UYS

122:INSAKE BOEDEL WYLE THEODORA ELISABETH SCHULZE

BOEDELKENNISGEWING Ingevolge Artikel 35 (5) van Wet 66 van 1965 word hiermee kennis gegee dat die eerste en finale likwidasieen distribusierekening van: Boedel wyle Theodora Elisabeth Schulze geboortedatum: 08 Maart 1921 identiteitsnommer: 210308°0007°081 huwelikstatus: weduwee, boedelnommer: 2640/2012 Datum van afsterwe: 25 Februarie 2012 Laaste adres: Bergprag Aftree-Oord nr.10, BETHLEHEM ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof te BLOEMFONTEIN en die Landdros te BETHLEHEM vir `n tydperk van een en twintig (21) dae vanaf 28 September 2012. Marais & Crowther Geoktrooieerde Rekenmeesters (S.A.) Ing. President Boshoffstraat 32 Posbus 221 BETHLEHEM 9700 Tel nr: 058°303°5696 Faks nr: 058°303°3023

29


30

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

‘Gee nooit op voor sege nie’ Soné Muller SOOS dinamiet wat ontplof. Harde werk, uithouvermoë, entoesiasme en hope pret – dít is wat met die o.16A-netbalspan verbind kan word. Die Wilgies is so besonders, omdat hulle geleenthede met albei hande aangryp en hul talente ten volle gebruik en die liefde vir die sport uitleef.

Die hoogtepunt van die o.16’s se netbalseisoen was om tweede in die Vrystaat te eindig en daarna aan die nasionale kampioenskappe deel te neem. Net soos in hul kreet, Wilgies gonna win the war, gee hulle nooit op voordat hul gewen het nie. Dit is ’n span met gees onder leiding van Hybri Stadler en ’n goeie borg, Jean Breytenbach van Bright Trekkers.

DIE eerste span se netbalspelers van die Hoërskool Wilgerivier op Frankfort is van links, voor: Lerine Keeve, Anika Wessels, Marisca Beyers en Marise Estherhuizen; middel: Carla Muller, Moda Bibbey en Marchele Beyers; agter: Leana Jordaan en Anja Esterhuizen.

Uithouvermoë lei tot netbalspan se triomf Marise Esterhuizen

DIE o.16A­spelers is van links, voor: Tarien Oosthuizen, El­May Venter en Taryn Theron; agter: Atta Breytenbach, Soné Muller, Ané du Plessis en Izel Cilliers.

DIE eerste netbalspan van die Hoërskool Wilgerivier is ’n hardwerkende span met baie uithouvermoë en spangees. Die spelers speel netbal om hul lief-

Span het hegte band

de vir die sport met mekaar te deel. Hulle werk hard om doelwitte te bereik en dra mekaar te alle tye. Dit is ’n lewendige groep spelers wat vriende maak sover hulle gaan en netheid is belangrik. Hul afrigter, Annatjie Truter, help

en lei hulle tot hoë hoogtes. Hulle het nie net die Vaalrivierliga gewen nie, maar ook die Fezile Dabiliga, wat hulle na die Vrystaatse eindstryd laat deurdring het waar hulle derde in die Vrystaat geëindig – iets waarop hulle as span baie trots is.

Anika Wessels

DIE netbalspelers is, voor: Anika Wessels; van links, middel: Moda Bibbey, Naomi Roberts, Nerine de Klerk en Sumari Jordaan; agter: Elizé Jordaan en Elizbé Pretorius.

’n WONDERLIKE voorreg om vanjaar in so ’n goeie span te kon speel. Die meeste van ons speel al drie jaar saam en ’n baie hegte band het tussen ons en ons afrigter gevorm wat ons al drie jaar afrig. Sonder haar sou ons nie die liga drie jaar ná mekaar kon wen nie. Met haar passie vir netbal het sy ons aangesteek en elkeen in die span het net haar bes gedoen. Corné Wessels, die afrigter, is as Suid-Afrikaanse skolenetbal se o.18-afrigter aangewys. Die tweede span het die Vaalrivierliga gewen en ook die Fezile Dabi-liga. Danksy tannie Surina Pretorius van die Siësta-gastehuis wat ons sakke geborg het, kon ons die beker in ons sakke steek.

DIE spelers van die derde netbalspan van die Hoërskool Wil­ gerivier op Frankfort is van links, voor: Lea Temerman, An­ zette Smith, Lara Janse van Rensburg en Esmi Muller; ag­ ter: Anja Erasmus, Hester Bibbey, Isabel van der Walt en Marlese Jacobs.

Wilgies kook op netbalbaan Marlese Jacobs VANJAAR se derde netbalspan van Wilgies het behoorlik gekook. Ons was ’n goed ge-

motiveerde span en het alles voluit gedoen. Só ’n hardwerkende span wat soveel pret het, het ek nog nooit teëgekom nie. Wilgerivier is tops.

Wedstryde meer gespeel Joané Meyer NÁ ’n leersame hokkietoer na die Noordewes-universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus was die eerste hokkiespan van die Hoërskool Wilgerivier vir ’n opwindende seisoen met ’n nuwe afrigter, Adéle Davie, gerat. Die spanne neem aan twee ligas deel sodat hulle ondervinding kan opdoen en meer wedstryde kan speel. Die eerste en tweede spanne het albei die Vaaldriehoekligas wen. Die eerste span het na die Noord-Vaalliga se eindstryd deurgedring. In dié tawwe wedstryd het die spanne gelykop geëindig. Die Wilgies deel die eerste plek met St. Conrad van Klerksdorp.

DIE eerste hokkiespanspelers van die Hoërskool Wilgerivier op Frankfort is van links Joané Meyer, Maryce Beyers, Sybil Meyer, Lorinda van Niekerk, Rhelda Cronjé, Marli Lourens, Jean­Mari Linde, Annika Linde, Jonel van Zijl, Mariné Muller en Mari Jordaan.


VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Take care of your hearing THE Department of Health has declared September Deaf Awareness Month. This is to create public awareness about hearing loss, the effect it can have on children and adults as well as what to do if hearing loss is suspected. Audiologists want to demystify hearing loss and the management thereof as well as to familiarise the community with the Deaf Culture. Facts about ears ) Thirty seven percent of children with a mild hearing loss will fail one grade. ) The middle ear is no bigger than a Smartie and the inner ear is no bigger than an eraser on a pencil. ) Crickets have their hearing organs situated in their knees ) Your inner ear consists of the cochlea and it looks like a snail’s shell. ) The organs of balance are also situated

in the ear, and therefore it is possible that a balance disorder can co-occur with a hearing loss. ) It is not a good idea to remove wax with earbuds. The ear has a natural self-cleaning mechanism, and wax gradually sheds from the inside out. The ear canal is also generally in the shape of a funnel, with the narrow end near the eardrum. Earbuds usually push wax even deeper into the ear, and it packs it into a mass. If there is even a pinhole opening in the packed wax, hearing is still good, but when the canal is completely blocked with wax, substantial hearing loss develops. It is best to simply clean your ears of the wax that has migrated to the exterior by using a wet cloth. ) One out of four employees exposed to very loud noise will experience hearing loss.

Plans in place for water outage THE Department of Water Affairs has announced that there is a planned outage for the Lesotho Highlands Water Project (LHWP) during the months of October and November. Sputnik Ratau, spokesperson for the department in the Bloemfontein office, said in a recent press release that the outage is planned within the prescripts and requirements contained in the Operations and Maintenance Manual guiding the operations of the project as indicated below. “The LHWP augments the water resources in the Vaal River System. “This system provides water to Rand Water, Sasol, Eskom and a large number of smaller users. “The LHWP was commissioned in January 1998 and has since virtually operated on a continuous basis. “Water from the Katse Dam is transferred to South Africa via an extensive tunnel system and released in the upper reaches of the Ash River near Clarens. “The water then flows down the Liebenbergsvlei River along the Wilge River and into the Vaal Dam, the main storage dam for South Africa’s economic heartland,” he said. Ratau added the Operation and Maintenance Manual specifies that the tunnels on this project must be inspected at least every ten years.

The first scheduled inspection of the total project has now been arranged to take place during October and November. “No water transfers to the Vaal System will be possible over this period as the tunnels will be drained for these inspections and maintenance work required. “The total volume of water scheduled to be transferred to the Vaal System (780 million m3 for the 2012 calendar year) will not be compromised. Water will still be transferred at the required rate as transfers that took place over the last few months were increased to make up for the two-month outage and provide additional buffer storage in the Vaal Dam. The assurance of water supply to the Gauteng area will therefore not be negatively impacted upon during this planned outage of the LHWP. “The Department of Water Affairs together with the LHWP is discussing contingency plans with the municipalities along the Liebenbergsvlei and Caledon Rivers (the Caledon River can also be augmented from the LHWP in emergencies) should the rivers dry up to such an extent that water supply problems are encountered. “Users along the Ash and Liebenbergsvlei Rivers are advised to user water sparingly during this period,” he said.

Bid vir leerkrag se herstel LEERLINGE aan Hoërskool Witteberg op Bethlehem bid vir hul wiskunde­onderwyser, Ebeth Janse van Rensburg, nadat sy on­ langs met kanker gediagnoseer is.

EXPLANATION of sound

31


32

VRYSTAAT, DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

Skool groet seisoen heel speels DIE Hoërskool Reitz op Reitz het verlede week die wintersportseisoen oudergewoonte op ’n vrolike wyse met ’n dag van pret en plesier afgesluit. Johan Viljoen van die skool sê die onderwyseresse het eerste teen die leerlinge gespeel om hulle te wys hoe netbal eintlik gespeel moet word. “Daarna het die matriekmeisies aangetree om ’n span van die res van die skool aan te pak. “Vir sommige van die matrieks was dit ’n emosionele oomblik om in die skool se laaste netbal- of rugbywedstryd te speel. “Die aandag het daarna na die

skool se rugbyveld verskuif vir die dag se hoogtepunt toe die matriekseuns se span ’n span van die res van die skool op die rugbyveld gepak het.” Hy sê al het die spanne met ’n groot bohaai afsonderlik in bakkies en swierige motors opgedaag, was dinge op die veld baie ernstig en die matrieks het vir oulaas gewys hulle is steeds baas, en het die gr. 11-span hoofsaaklik die dorp se mense ’n voorsmaak gee van hoe volgende jaar se eerste spanne moontlik mag lyk en speel. Dit was tog die matrieks wat eindelik in ’n naelskraapse sege kon sê hulle is nog baas, sê Viljoen.

MATRIEKSEUNS (in blou) en die res van die skool meet kragte op die rugbyveld.

MATRIEKMEISIES (in groen hemde) speel netbal teen die res van die skool.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.