Vrystaat news 30 05 13

Page 1

Tel (058) 303 5411

DONDERDAG 30 MEI 2013

R3,50

2

Ryg die drieë in vir sy span

Dit gaan beter, maar . . .

KANDAS MYBURGH – ’n Os du Randt in wording? Dié fris bulletjie van die Laerskool Truida Kestell het aan die Bulletjie­rug­ bytoernooi op Loftus Versfeld in Pretoria deel­ geneem en vier drieë ge­ druk. Hy was een van die sterre van die dag saam met Jurie Knobel en die res van die Truida Kes­ tell­span. Dit sou sewe drieë gewees het, maar die skeidsregter het toe niemand hom op pad doellyn toe gekeer kon kry nie, glo meer kere op sy fluitjie geblaas . . .

5 Bekkige voëltjie

9 Connie die orrelis

18,19,23 Skolenuus

24 Rugby op Reitz kook

9 771026 872001 >

Foto: Verskaf

Herbesin oor pryse Susan Maré DIE omstrede eerbewyse aan die burgemeester van Dihlabeng, Tjhetane Mofokeng, is volgens hom net benoemings. Só het hy op die begrotingsvergadering van die munisipaliteit en in die media gesê. Die burgemeester is deur die Sokrates-komitee benoem om ’n eerbewys van die Europe Business Assembly (EUA) in Switserland te gaan ontvang as beste dorp en beste bestuurder ter wêreld. Volgens Mofokeng is dit dieselfde prys wat Helen Zille ontvang het en waarvoor Patricia de Lille benoem is. Die munisipaliteit is volgens hom nie benoem deur korrupsie of omkopery nie. Mofokeng het gesê sy munisipaliteit moet nou eers besin oor die omstre-

de pryse en dan sal ’n besluit geneem word of hulle nog sal gaan. Roy Jankielsohn, koukusleier van die DA in die Vrystaat en LPW, sê Mofokeng slaan die bal mis. Dit is nie dieselfde prys wat Zille ontvang het nie. Sy het ’n eerbewys ontvang as beste burgemeester deur die stigting City Mayors. Altesaam 820 burgemeesters wêreldwyd is benoem. Zille het 74 000 stemme oor die wêreld heen gekry. “Die belaglike stellings bewys dat die burgemeester van Dihlabeng se ego groter is as sy insig. Dit is lagwekkend dat hy homself met ’n leier soos Zille vergelyk. “ ’n Mens sou dink dat ’n burgemeester sy feite agtermekaar sal kry voordat hy sulke belaglike stellings in die openbaar maak,” sê Jankielsohn.

Tariewe styg 7%; krag 8% Susan Maré

DIE algemene munisipale tariewe vir Dihlabeng styg in die volgende boekjaar met 7% en elektrisiteit met 8%. Die algemene tarief sluit vullisverwydering, water, riooldienste en eiendomsbelasting in. Die Bohlokong-gemeenskapsaal op Bethlehem was stampvol met die begrotingsvergadering. Een van die skokke van die begroting is die skuld aan die munisipaliteit van hoogs betaalde raadslede en die swak betaalkoers van sekere wyke. Volgens Danie Eichstädt, voorsitter van die Dihlabenginwonersvereniging (DIV), is dit onaanvaarbaar dat vier wyke ’n betaalkoers van minder as 8% (wyk 5: 4,68%) het terwyl die gemiddelde betaalkoers 67% is. “Die tradisionele swak betaalkultuur in die swart woonbuurte het, soos die DIV lankal voorspel het, nou ook

ander gebiede aangesteek en die sentrale sakegemeenskap op Bethlehem, as die belangrikeste inkomstebron, is die grootste sondaar. Die totale uitstaande skuld aan die munisipaliteit beloop R413 miljoen. Hierdie bedrag is op bykans R100 miljoen na net so groot soos die totale begroting.” Eichstädt, wat die begroting in besonderhede ontleed het, sê voorts verkose raadslede is ook nie bereid om hulle meetbaar te verbind om die betaalkoers in hul onderskeie wyke te verbeter nie. “Die verkiesing lê voor en gewildheid mag mos nie ingeboet word nie al is die ondersteuners wanbetalers,” sê hy. “Dit is skokkend om te sien wat hoogs betaalde raadslede skuld en dit behoort in die media met name en bedrae gepubliseer te word.” Eichstädt het ook verwys na verkwiste uitgawes. Hy het die voorgenome besoek aan Swit-

serland van die uitvoerende burgemeester en sy entourage om ’n eerbewys te ontvang gekritiseer. Hy sê daar hang ’n wolk van onkredietwaardigheid oor die eerbewys. Nog ’n groot knelpunt in die begroting is die waardasierol waarvan die eerste weergawe van die webwerf van die munisipaliteit verwyder is. Die keerdatum vir besware is van 16 Mei na 24 Junie uitgestel. Die nuwe weergawe op die webwerf is ’n verbetering op die vorige rol. Hy het Raymond Provis, hoof- finansiële beampte, bedank wat persoonlik toegetree het om aan die rol te werk. Hoewel die begroting nog baie ander leemtes het, meen die DIV steeds dat Dihlabeng se munisipaliteit die beste in die Vrystaat is. “As die DIV het ons ons openlike steun beloof om dit die beste plek in die land te help maak.”


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

Proses vaar goed, meen Olivier

VERONÉTJIE WEYERS van Bethlehem – ’n baie siek mei­ sietjie. SO tussen die chemo­behande­ ling deur is daar soms tyd om saam met iemand boek te lees. Veronétjie Weyers is in die Uni­ versitas­hospitaal in Bloemfon­ tein. Sy het ’n seldsame bloed­ kankersoort en ’n geskikte beenmurgskenker kon nog nie vir haar gevind word nie. ’n Moontlikheid bestaan wel van iemand in Duitsland, maar sie­ kefonds­probleme vertraag hierdie moontlikheid.

Veroné beter, benodig steeds hulp Susan Maré DIT gaan beter met Veronétjie Weyers, Bethlehem se bloedkankerlyertjie wat steeds wag op ’n geskikte beenmurgskenker. Haar pa, Pieter, sê dit gaan goed. Sy het wel êrens infeksie opgedoen weens die etter wat langs die Hickman-lyn (waar dit haar lyfie binnegaan) uitloop. Die lyn word nou elke dag

VERSE: John 15:1-2 I am the true vine, and my Father is the gardener. He cuts off every branch in me that bears no fruit, while every branch that does bear fruit He prunes so that it will be even more fruitful. ) God is very interested in the development in our lives. ) He wants to see us productive and fruitful in all we do. ) When we go through a season of pruning, it can be difficult. ) But when He prunes, it is so that we can be more fruitful. Prayer: Lord Jesus, thank You for Your interest and involvement in my life. Help me to be fruitful and remove from me those things that do not allow fruit to develop in my life. Amen.

skoongemaak om te kyk of die antibiotika werk. Pieter sê sy sal tot 30 Mei antibiotika kry. Die derde ronde chemo-behandeling is verby en sy lyk goed, hoewel sy van tyd tot tyd naar is. Sy is onder die behandeling van prof. David Stones. Mense wat bloedtoetse wil laat doen om te kyk of hulle as

beenmurgskenker kwalifiseer, kan die Sunflower-fonds kontak. Hulle moet hul name op die register skryf om hulle te kan registreer. Pieter sê: “Ek en Igne wil graag almal bedank vir hul ondersteuning, hetsy in kuiertjies, oproepe, SMS’e of op Facebook. “Ons waardeer dit opreg en besef elke dag hoe geseënd ons

is met almal wat so omgee. Ons sê spesiaal dankie aan die Netcare-personeel van die Universitas-hospitaal in Bloemfontein dat hulle goed na Veroné omsien. “Dankie aan René Bakker van Enslins Bethlehem wat Veroné se banksake help hanteer.” Om hulp aan te bied kontak Bakker gerus by 082-870-9746 of rene.bakker@enslins.co.za.

Gesteelde vee terug danksy SAPD Susan Maré DIE polisie het Dinsdag daarin geslaag om met die hulp van die K9spoorsnyhonde-eenheid van die polisie op Bethlehem, spoorsnyers van Theunissen en ’n polisie-helikopter 150 gesteelde skape, die grootste getal nog, van ’n boer terug te kry. Bertus Grobbelaar van die plaas Bramleyshoek in die distrik Bethlehem het Dinsdagoggend tot sy skok ontdek sowat 150 van sy skape het oornag voete gekry. Sy plaas is sowat 34 km van Bethlehem en 10 km van Qwaqwa. Hy het dadelik met die poli-

sie in verbinding getree wat gou op die toneel was. Grobbelaar het die polisie se lof besing vir hul flink diens. Nadat hy die veediefstal aangemeld het, was dit net sowat twee tot drie uur voordat die groot soektog begin het. Die skape, wat na digte bosse gejaag is waar drie keelaf gesny is, is gou gekry. “Ao. Paul Pretorius (K9) van Bethlehem, ao. Silas de Kock en Nick Joubert van Theunissen en kapt. Danie Wium, lugvleuel-bevelvoerder van Bloemfontein, verdien lof vir die professionele en doeltreffende opsporing,” sê Grobbelaar.

Pretorius het aan Vrystaat gesê veediefstal is werklik ’n groterwordende probleem vir Oos-Vrystaatse boere. Die polisie doen alles in sy vermoë om boere by te staan en welslae soos hierdie is vir die polisie nie net bevredigend nie, maar ’n aansporing. “Dit is belangrik dat boere se vee gemerk moet wees, dat die vee gereeld getel word en dat veediefstalle so gou moontlik aangemeld moet word. Ek wil boere aanmoedig om met ons saam te werk. Saam kan ons die probleem van veediefstal ’n knou gee,” sê Pretorius.

Moenie dié ligarugby misloop nie SPRANKELENDE rugby word die naweek op die Bethlehemse skouterrein verwag wanneer die Bethlehem-Oudskoliere en Crezco-Collegians mekaar aanvat. Die onderskeie wedstryde vind omstreeks 15:00 en 16:00 plaas en rugbyliefhebbers op die

dorp moenie hierdie dag misloop nie. Oudskoliere se klub is reeds in 1961 gestig en die geel-enswart truie het al ’n rugbytradisie op Bethlehem geword. Oudskoliere, sowel as Collegians, het hard gewerk om die

afgelope seisoen onoorwonne te bly. Henri de Jager, voorsitter van Collegians, sê Bethlehem se rugby is met Oudskoliere eerste en Collegians tweede in die liga. Die Collegians-klub is vanjaar tien jaar oud.

DIE begrotingsproses van die Dihlabeng-munisipaliteit was vanjaar goed, sê Pieter Olivier, DA-raadslid. “Alle lof kom raadslid Job Tshabalala en Raymond Provis, finansiële hoofamptenaar, toe. “Die DA-raadslede is bedank vir verskeie positiewe en nuttige bydraes in verskillende werksessies wat oor die begroting gehou is,” sê Olivier. Hy sê voorts die voorgestelde tariefverhoging van 9% is uit die staanspoor deur die DA-raadslede teengestaan. Die 7%-verhoging moet in die lig van tesourie se omsendbrief beoordeel word. Dit is steeds te hoog. Dit is nie heeltemal waar dat die ander tariewe met “slegs” 10% styg nie. Die tarief vir die Bethlehem-stadsaal styg met 18%. Werkloosheid neem onder ANC-bewind toe en al meer mense kan bloot nie vir munisipale dienste betaal nie. Die uitstaande skuld aan die stadsraad vir gelewerde munisipale dienste is reeds meer as R400 miljoen. Die ANC slaag bloot nie daarin om skuld te vorder nie en voor volgende jaar se verkiesing gaan hulle nog minder geneig wees om hul tradisionele kiesers om te krap. “Bo blink en onder stink,” sê Olivier. Die nuwe Bohlokong-saal staan in kontras met die verflenterde stadsaal van Bethlehem en die verwoeste Boikhetlong-saal in Bohlokong. Olivier sê: “Die burgemeester se begrotingsverslag was propvol retoriek. Die waarheid is plek-plek baie snaaks gepraat. Hy het ooglopend nie sy eie verslag voor die tyd deurgelees nie. Ou Mao Tse-tung is ook bygesleep om sekere stellings te probeer regverdig. Apartheid bly die sondebok vir mislukkings van werkverskaffing, armoedeverligting en voorsiening van behuising. “Die eerbewyse-sage en gepaardgaande oorsese reise word ewe vroom geregverdig. “Volgens die burgemeester is Dihlabeng deur die Europe Business Assembly van Switserland aangewys as ‘the best municipality in the world’. “Sonder dat die raad nog daaroor besluit het, kondig die burgemeester aan dat die ou OK-gebou vir R8,7 miljoen gekoop gaan word. ’n Komitee van die raad het in Mei 2013 eenparig teen die koop besluit. “Die twee DA-raadslede en die ANC-raadslede teenwoordig was lynreg gekant teen die aankoop van die ondoelmatige gebou,” sê Olivier. ) Lesers wat verdere kommentaar op die begroting op munisipale aangeleenthede wil lewer, kan dit per e-pos na Susan Maré by smare@volksblad.com stuur.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

3

AHI verwerp waardasierol Susan Maré OP ’n spesiale bestuursvergadering Dinsdagaand het die AHI Bethlehem se bestuur die waardasierol van die Dihlabeng-munisipaliteit eenparig verwerp. Volgens Johan Voigt, voorsitter, is daar verskeie redes vir die besluit. Daar is geen formule beskikbaar van hoe die waardasie van eiendom bepaal is nie en sekere woonbuurte het groter verhogings as ander buurte. “Hoekom is sekere huise laer gewaardeer – ons wil weet wat die kriteria is. Ons wil ook weet hoekom is daar so ’n groot styging by die twee aftreeoorde? Hoekom is daar twéé waardasierolle? Ons wil ook weet hoeveel geld betaal is vir die waardeerders,” sê Voigt. Voigt se voorts die AHI Bethlehem verlang ’n standaardformule van hoe eiendom in verskillende kategorieë

gewaardeer word – soos residensieel, aftreeoorde, gastehuise en besighede. “Ons het kundiges en mense in die gemeenskap wat bereid is om dié waardasierol eens en vir altyd korrek te kry. Die AHI Bethlehem reik ’n hand van samewerking uit na die Dihlabeng-munisipaliteit om die saak spoedig op te los. Ons is ook verbind tot goeie samewerking met plaaslike regering soos vervat in die nasionale beleid van die AHI. “Die AHI Bethlehem het reeds ’n afspraak met die bestuurder van die munisipaliteit en vertrou dat die uitkoms positief sal wees.” ’n Volledige nuusverklaring sal ná die vergadering met die bestuurder uitgereik word. Intussen kan voorstelle aan Johan.voigt@vodamail.co.za, schulzinc@xsinet.co.za of aoliver@frontiercasino.co.za gestuur word, of stuur ’n SMS aan 071-4194798.

Vereer redakteurs DRIE redakteurs van plaaslike koerante in die Volksblad­groep het gepresteer toe hulle as finaliste in Sanlam se nasionale kompetisie vir die gemeenskapspers aangewys is. Al drie was onder die drie top­inskrywings in hul onderskeie afdelings. Van links is Lizette Slabber, redakteur van die Kalahari Bulletin Upington (beste voorblad), Christo van Staden, hoofredaksielid van Volksblad, Susan Maré, redakteur van Vrystaat (mensenuus), en Lynda Greyling, redakteur van Maluti (nuusfoto).

Lesers gee mening oor Switserland DIE burgemeester van Dihlabeng gaan in Julie ’n internasionale eerbewys in Switserland ontvang. Hy is deur die Socrates Committee benoem vir die kategorie Beste stad en Beste bestuurder. Die entourage na Switserland is die burgemeester, dr. Clem Harrington van die burgemeesterkomitee, die munisipale bestuurder, die direkteur van landelike ontwikkeling en nog ’n amptenaar van haar departement. Kommentaar op Facebook (http:// facebook.com/Vrystaat):

Ogies van den Berg: Klink nice. Anton Calitz: In die Rapport van Sondag 19 Mei was daar op die voorblad ’n berig oor hoe die munisipaliteite oorsee doktorsgrade en eerbewyse koop. So, hoekom sal die een anders wees in dié geval? Almal ry die soustrein. Aubrey Dewey Bozella Olivier: Kan tot R100 000 daarvoor betaal. Ek spaar nou al om my doktorsgraad te koop. Sal ek kwalifiseer? Anton Calitz: Aubrey, al kwalifikasie is jy moet by die munisipaliteit werk, dan betaal ons belastingbeta-

lers daarvoor. Renee Coetzee Wolfaardt: Eish – net in Suid-Afrika! Corrie Leimecke Whitlock: Ja nee, die soustreinry is lekker. Bethlehemiete, daar gaan jul geldjies na Switserland. Of dit is seker maar ons almal se belastinggeld wat so gemors word? Cecile Nijland: Ja, die nuwe erfbelasting “valuation paper” is pas uit. Kyk gerus op dihlabeng.gov.za en sien hoeveel meer ons moet betaal. In plaas daarvan dat hulle koste probeer verminder, verhoog hulle belasting

om vir alles te betaal. Gaan kyk ook agter die munisipale kantoor (Pick ’n Pay, Metropolitansentrum se onderdakparkering) watter motors daar staan. Karien Hattingh: Dis die Sokrateskomitee wat die persoon genooi het. Daar is mense wat regtig die eerbewyse waardig is en nie hul hand in hul sak hoef te steek om dit te koop nie. Hannes Pelser: Nog belastinggeld wat gemors word, want waarvoor kry hulle dit? Vir al die riool wat in die strate uitloop, ’n R4 miljoen-voetbrug wat met belastinggeld gebou is en nie

gebruik word nie. Strate vol gate en sommige wat nou maar grondpad gemaak is. Danie Crowther: Die Sokrates-komitee is ’n kulspul (scam). Google bietjie. Hulle nooi Derdewêreld-amptenare en vra dan honderdduisende rande vir “dienste”. Dis nou vir hotelle, etes en ’n dinee. Vrystaat, moenie vir ons vra nie, doen jul werk. Bettie Wille: Dr. Harrington doen al jare onbaatsugtig werk vir Bethlehem. As hy erkenning kry, verdien hy dit. Laat die klipgooiers ’n bietjie iets doen sonder persoonlike gewin.


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

Vrystaat HOOFARTIKEL

Posbus 21, Bethlehem, 9700

Boer sal ’n beter plan moet maak DIT wil voorkom asof die Oos-Vrystaat veediewe se steelparadys is. Talle boere steier weekliks onder diefstalle waarvan sommige feitlik geruisloos in die nag plaasvind. Dit bly verstommend dat die diewe so goed is dat hulle daarin slaag om ’n trop skape wat ’n klipgooi van die boer se huis in ’n kraal is vir die nag eensklaps kan laat verdwyn, sonder dat ’n hond blaf of ’n skaap blêr. Vyftig skape hier, 30 beeste daar . . . Danksy flink optrede van die polisie kon die grootste getal van 150 gesteelde skape op die plaas Bramleyshoek tussen Bethehem en Qwaqwa teruggevind word. Die K9-spoorsnyhonde-eenheid van Bethlehem was nog altyd ’n yster en was gou op die toneel. In samewerking met spoorsnyers van Theunissen en ’n polisiehelikopter is dié groot getal skape teruggevind. Hierdie flink optrede beklemtoon hoe belangrik goeie samewerking tussen boere en die polisie kan wees. Ao. Paul Pretorius (K9) van Bethlehem het beklemtoon dat daar nog polisie is wat alles in hul vermoë doen om hierdie soort misdaad hok te slaan. Hy het ook gevra dat boere se vee gemerk moet wees, dat die vee gereeld getel word en dat diefstalle so gou moontlik aangemeld moet word. Veediefstal vier al lank hoogty in die Oos-Vrystaat en berigte hieroor is tot so ver as 1998 opgespoor. Veediewe is net so aktief in 2013 soos wat hulle in 1998 was. Hulle het waarskynlik slimmer en meer uitgeslape geword. Veediewe behoort swaar gestraf te word. Vroeër in Mei is drie lede van ’n veediefstalsindikaat in die AliwalNoord-landdroshof skuldig bevind en tronk toe gestuur. Een van hulle moet 12 jaar agter die tralies sit en die ander twee 15 jaar. Die drietal het in 2011 altesaam 63 skape van sowat R83 000 van vier boere in die Oos-Kaap en Vrystaat gesteel. Vir hul eiegeregtigheid om te vat wat nie aan hulle behoort nie, gaan hulle vir lank sonder skaapvleis wees. Dit lyk of die geveg teen veediefstal tot aan die einde van dae sal woed. Boere sal slimmer planne moet bedink om hulle vee te beskerm. ’n Boer kon nog altyd ’n plan maak wat beter is as die van ’n dief.

BL

riewe etters

Posbus 21/ PO Box 21 Bethlehem 9700

‘Stop voting for the ANC’ ALFRED MOSIA, Bohlokong, Bethlehem: DURING the late sixties, even though I speak under correction, the apartheid regime was at its peak. Yet this was the time when employers were saying when they shook the tree, employees fell down like peaches. Pardon me for not quoting this saying in Afrikaans as it used to be, but it was so true. I remember vividly one day as it was my first day back from leave, when I arrived at work, my boss summoned me to his office to tell me my job was no longer. I later discovered that my colleague and friend who recommended me to the company had brought his younger brother to fill my position. From this one can see nepotism comes a long way. Believe it or

‘Soesaaan moenie worry, ek ken vir Jesus’ KARWAG. Gomsnuiwer. Hongermaagkind. Van al die karwagte is Michael nommer een in my lewe. Êrens tussen al die raas en preke oor sy snuiwery het hy in my hart gekruip. Al hou ander mense nie van hom nie. Kyk neer op hom. Op Michael. My inkruipkind. Karwagte en straatbedelaars is ’n groep van hul eie. Net nou die dag het ene Stoffies wat nou by ’n bekende kruising bedel sy eie klein onderneming gehad, danksy die finansiële ondersteuning van sy vriendin. Selfs die kerk ’n keer of wat besoek in sy kort tyd van klein voorspoed. Toe doen hy sy weldoener skade aan, val van sy troon en val hard. Wie gaan jou ooit weer die kans gee wat jy gehad het, Stoffies? Jy het jou vriendin in ellende agtergelaat. Sies, Stoffies. Daar is Karwag X wat my kar op die parkeerterrein van ’n supermark oppas. Slim seun wat verder moes gaan leer het; wat soek hy dáár? ’n Regte politikus. Hy fluister grondvlakgeheime in my oor waarvan sommige al berigte in die koerante geword het. Ek mag nie self my pakkies dra nie en as dit reën, is daar ’n sambreel oor my kop. Karwag Y is ’n ander kalant. Ons twee is olie op water. Die heel tyd vonke en vlamme. Ons is so ver van mekaar verwyder soos die ooste van die weste. ’n Karwag wat heeltyd kef en kibbel omdat hy jaloers is op die verstandhouding tussen jou en die karwag

not, the first company not far from there employed me. Good position and a far better salary. That was one of the reasons why township municipal police were always hunting loafers – names used for the unemployed. From all corners of the township, any time of the day, it was not unusual then that when you saw people running you would simply join them for fear of being arrested as a loafer, for in ten of these cases, ten were chased by the police. The habitual victims would tell you never to plead innocent before the magistrate, because you would make him angry and then he would give you harsh sentences. As a matter of fact, government institutions such as the Department of Road Works, Department of Post and Telecommunications and some others employed thousands of people. We used to call employees of the South African Railways and Harbours “red ants”, because when they checked off from duty and you watched them in their overalls, they would look like red ants in their droves. The minute the current ruling party got into power in the so-called democratic government, they saw to it that people depended on them.

S

andsteenpraatjies

hoër op met die straat. “Hier is jou oppasgeld,” sê ek vir hom. “En Michael is my kínd, jy praat nie lelik van my kind nie, hoor jy? Hoor jy vir my mooi?” “Ja, maar hoekom . . . ?” Michael noem my Soesaaan. Niemand het my naam nog só gesê nie. Op ’n dag wil hy R10 by my leen om ’n paar nuwe skoene te gaan koop. “Nuwe skoene vir R10? Wat jy waar kry, Michael?” Nee, hy wil dit by ander geld sit om vir hom nuwe skoene te koop. Ek kyk af. Gapende tekkies. Tien tone, erg skurf. En dis winter. “Ek gaan nie vir jou R10 vir skoene gee nie – jy wil gom koop,” sê ek onwillig. Hy is kwaad. Ek sal vir hom splinternuwe skoene gaan koop, maar hy wil niks weet nie. Hy soek R10. Ek kry darem uit hom dat hy ’n nommer 8-skoen dra. In ’n winkel staan ek lank by die skoenrak vir mans. Dit moet sterk skoene wees – nie te goedkoop nie, nie te duur nie. En mooi skoene. Ek koop ook ’n paar kouse. Later sien ek Michael se reaksie toe hy die kouse in die plastieksak ontdek. Hy lag

This government embarked on aborting jobs by introducing privatisation which contributed to unemployment. From there year after year there has been promises of job creation and poverty alleviation. Poverty makes blind and dull, hunger knows no law. To perpetuate their stay in government the ruling party will at all costs maintain the status quo. South Africans are at the stage where they must cross the rubicon. We must part ways with the vampires before it is too late. Let’s stop voting ANC. It has abused power in the name of democracy.

Switerse reis ’n klug ROY JANKIELSOHN, LPW en Vrystaatse DA-koukusleier, Bethlehem: DIE berig in Vrystaat (23/05/2013) met die opskrif Premier gryp in verwys. Dit is belangrik om die beplande reis na Switserland deur raadslede en amptenare van die Dihlabeng -munisipaliteit om ’n sogenaamde eerbewys van die

hardop. Hy bekyk die kouse, skud kop en vryf dit oor sy wang. Toe trek hy hulle tydsaam aan. Daarna die skoene. Hy hang die twee flenterskoene aan ’n boomtak en loop sy eerste treë asof hy op eiers trap. Op ’n dag is hy nie meer daar nie. Ná ’n week is hy steeds nie daar nie. Ek is ontsteld, wáár is hy? Hulle hoor hy is dood, sê die mense van die naaste winkel. Ek treur oor hom. Elke keer as ek verby sy straat ry, betrap ek my dat my oë traan. Ek mis dit om “Soesaaan” in my ore te hoor. My kind is dood! Ek onthou dat ons eenkeer van Jesus gepraat het. “Soesaaan moenie worry nie, ek ken vir Jesus,” het hy my verseker. Groot, báie groot skrik ek op ’n dag toe hy skielik voor my staan. Maerder as tevore. Steeds verflenter. “Is jy dan nie dood nie?” vra ek vir hom. Ek is so bly om hom te sien. “Ek dag dan jy is dóód?” “Nee, Soesaaan. Ek was baie siek . . . ” Ek kyk af. Tone wat windskeef deur skoene gaap. Skurwer as ooit. ’n Ruk later staan ek weer lank voor ’n rak vol skoene. My oog val op ’n paar rooi tekkies met dik sole. Die prys maak nie vandag saak nie. Dis windgat nommeragts vir my sagtehartstraatkind. Vir Michael. My Michael wat dood was en nou weer leef.

Europe Business Assembly (EBA) te kry te verduidelik. Die EBA is ’n instelling wat eerbewyse uitdeel (“verkoop”). Volgens ’n buitelandse joernalis, Viktor Posudnevsky, kan die eerbewyse die Vanity Awards genoem word. Wat gebeur, is dat die EBA briewe aan instansies stuur, veral in ontwikkelende lande, wat hulle inlig dat hulle kwalifiseer vir ’n eerbewys wat op ’n spoggeleentheid toegeken word. Die instansies moet hul eie reiskoste en verblyf betaal. Indien hulle daarvoor val, word hulle later ingelig dat hulle vir bemarking, dienste en/of akkreditasie moet betaal. Posudnevsky skryf die volgende: “It’s a matter of vanity as an international award from an organisation with a flashy name like Europe Business Assembly will no doubt impress everyone in their home town”. Hy vra egter: “How did they finance their participation in EBA’s awards ceremonies and was that investment of public funds justified?”. Die eerbewyse wat deur die EBA uitgedeel word, is nie op meriete toegeken nie, en is bloot net ’n manier om op mense se

behoefte aan erkenning te teer. Om geld op so ’n reistog agter ’n ego-eerbewys te bestee terwyl mense oor swak dienslewering betoog, plaas Dihlabeng se bestuur in lyn vir die baie gesogte “Dihlabeng Mamparas van die Eeu”-eerbewys. Die trofee is ’n goue miskruier.

Geskok oor vrou se gedrag GESKOKTE WAARNEMER, Bethlehem: EK het al meermale waargeneem hoe ’n vrou wat vermoedelik ’n werknemer van ’n onderneming in Kerkstraat-Oos is – naby Butch se kafee – ’n ander vrou wat snags daar op die stoep slaap, natgooi om haar daar weg te kry. Die arme vrou slaap snags onder ’n dun kombers en dan kom ’n ander vrou en gooi haar op ’n wintersoggend nat om haar daar weg te kry. Ek het nie woorde om my misnoeë hiermee uit te spreek nie. Watter mens doen dit aan ’n ander, ’n straatbewoner sonder ’n ander heenkome? Ek hoop sy lees hierdie brief in Vrystaat.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

5

‘Hy sing vir sy lewe!’

Kuier saam op byeenkoms VERSKEIE mense het die byeenkoms van die Klopse­groep op Clarens in die Metodiste­ kerksaal bygewoon. ’n Praatjie is deur Susan Maré oor die koerantwese gelewer en Kriel van Bethlehem het essays uit Sandsteenpraatjies van Maré voorgelees. Van links is Santi Meintjies, Nick Genis, Helena Kriel, Bert Nijland, Cecile Nijland, Bokkie Botha, Ethney Ge­ nis, Daan Wijbenga en Len en Athol Jennings.

Direkteur, ouditeur aanspreeklik Braam Botha DIT gebeur dikwels in die praktyk dat ’n maatskappy of Beslote Korporasie (BK) gelikwideer word omdat dit nie sy skuldeisers kan betaal nie. Omdat ’n maatskappy en BK aparte regspersone is, is die direkteure of lede oor die algemeen nie vir skulde aanspreeklik nie. Die ou en nuwe Maatskappywet bevat egter sekere bepalings wat daarop gemik is om direkteure of lede persoonlik aanspreeklik te hou vir die roekelose hantering of wanbestuur van sake. In ’n onlangse opspraak-

wekkende uitspraak van die appèlhof is die finansiële direkteur sowel as die ouditeur van ’n maatskappy in hul persoonlike hoedanighede aanspreeklik verklaar vir die maatskappy se skuld en skade wat die bank gely het. In hierdie geval het die direkteur en die ouditeur saamgespan om die finansiële state van die maatskappy “te kook” ten einde fi-

nansiering by bankiers te kry. Die hof het bevind dat hulle gesamentlik en afsonderlik verantwoordelik is vir betaling van ongeveer R13 miljoen aan die bank. Ondernemings word aangeraai om hulle behoorlik te vergewis van die praktiese implikasies van die nuwe Maatskappywet. ) Braam Botha is ’n CPA, kommersiëlereg- en arbeidsregpraktisyn en op versoek van Vrystaat ’n gereelde bydraer van kort artikels. Vir meer inligting kontak Botha by 058-303-4844 of wellatwork@telkomsa.net.

VRYSTAAT se Facebookvriende is gevra om vir hierdie pragtige foto van Melani MP, internasionaal bekende fotograaf, ’n onderskrif te skryf. Die wenner is Tilla Henkins van Bloemfontein. Sy wen ’n eksemplaar van Sandsteenpraatjies deur Susan Maré. Lees ook die ander onderskrifte wat geskryf is: Thys du Plessis: Ek sê vir jou, die somer is verby! Claire Combrink: I wanna shout it out, Jesus loves me! Kobus du Plessis: Raak betrokke! Conrad Elize Moir Schoeman: Kom terug! Ek het nog nie gekry nie! Eben de Klerk: Vrysta-a-a-a-t !!! Elsabe de Vos: God sorg vir ons voëltjies, hoeveel te meer sal Hy vir julle mense sorg? Petro Stanley: My lyf mag klein wees, maar my gees is groot. Marie Wessels: I am telling you: It’s my right! Carol Janse van Rensburg: Ou man, ek roep nie weer nie! Carina Coetzee: Errol! Kom bou dadelik hierdie nes oor! Lezanne Schlebusch: Ons vir jou Suid-Afrika, ons vir jou SuidAfrikaaaaha!

HY sing asof sy lewe daarvan afhang – ja, sy lewe hang juis daarvan af en hy weet dit . . .

Hoofseun vandag uroloog

Deon Malherbe: Taaaxiii! Yolandie Greyling: Go Cheetahs! Jan Lues: Haai, kan julle my nie hoor nie? Bethlehem is vrek kooooouuuuud! Dalene Kalsbeek: Heeellp! Iemand het my wurm gesteeeeel! Bettie Wille: Los my uit! Johanna Shannon Erasmus: Wat bedoel jy: Ek’s vet? Danelle Steyn: Jy is laat, ek sit al die hele dag en wag vir jou! Rene Spalding: And I..... will always love you. . . Vrystaat! Suzette Kriel: Juig al wat leef! Tilla Henkins: Hy sing asof sy lewe daarvan afhang – ja, sy lewe hang juis daarvan af en hy weet dit. Kobus Spies: Cheeetaaahs! Kobie du Plessis: Ek is honger, Mamma, wanneer kom die kossies nou?

NEELS NOTHNA­ GEL, oudhoofseun van die Laerskool Jordanië (1992) en oudhoofseun van die Hoërskool Witte­ berg (1998), het sy tweede dokters­ graad in urologie be­ haal. Die gradepleg­ tigheid van The Col­ leges of Medicine of South Africa was in Durbanville. Neels is die seun van Ru­ dolph en Elsie Noth­ nagel van Bethle­ hem. Hy is getroud met Jenny en die eg­ paar het ’n dogter­ tjie, Elizabeth (vier maande). Hulle woon in Pretoria waar Neels as uro­ loog praktiseer.

Foto: Melanie MP


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

7


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

Month for blood donations WORLD BLOOD DONOR DAY is celebrated globally on 14 June every year. In support of this day, the South African National Blood Service (SANBS) has marked June as Blood Donor Month. SANBS says in a press release blood donations play a vital role in the provision of helping pregnant women, chronic patients, people involved in serious accidents and various

other medical surgeries including cancer related conditions. World Donor Day is significantly important this year, as it celebrates 10 years of lobbying for blood safe donation and blood products globally. The World Health Organisation has adopted the slogan “Give the gift of life: donate blood.� The community is encouraged to donate lifesaving blood during June.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

9

Fouriesburgers een in Kwêlastryd Susan Maré GROOT opgewondenheid het in April op Fouriesburg losgebars toe Kwêla se TV-span die Fouriesburg-forum ingelig het dat Fouriesburg een van die vyf dorpe is wat in die Vrystaat vir Kwêla/Rapport se Dorp van die Jaarkompetisie benoem is. Martie Craig van Fouriesburg sê heel eerste moes ’n verslag geskryf word oor waarom Fouriesburg die toerismedorp van die jaar kan word. Die tyd was min en die inligting baie. Die Fouriesburg-forum is sedert 2012 baie aktief en hard aan die werk. Een van hul doelwitte is om Fouriesburg te ontwikkel as aktiwiteitsmekka van die Oos-Vrystaat, omdat so ’n wye verskeidenheid aktiwiteite aangebied kan word. Dit is veral buitelugbedrywighede soos viertrekroetes, staproetes, perdry, geskiedkundige roetes, ensomeer. Sedert 2012 bearbei die forum ook die Mashaeng-mense en inspireer hulle om die 120ste bestaansjaar van die dorp saam en deelnemend te vier. Craig sê omdat die forum so goed funksioneer, dit maklik was om die inligting oor te dra. Benewens al die bedrywighede wat aan die gang is, spog Fouriesburg sedert 2010 met groot prestasies: Jongboer van die Jaar (Jan Scheepers), Opkomende boer van die Jaar (Samuel Moloi),

DIE Kwêla­TV­span het Fouriesburg die afgelope dae besoek. Fouriesburg is ’n Vrystaatse finalis in die Kwêla/ Rapport­kompetisie vir die beste dorp in Suid­Afrika. Van links is Clive Craig, Nelis Roos en Martie Craig, lede van die Fouriesburg­forum, Johannes Khiba, Suzaan Steyn en Alicia Linden, lede van die Kwêla­TV­span, Hetta Saunderson, projekbestuurder van M4Events, en Wim du Plessis, kameraman. Foto: Susan Maré Beesboer van die Jaar (Linde du Plessis) en Graanboer van die Jaar (Gillie Scheepers). Op 24 April vanjaar is die drie Vrystaatse dorpfinaliste aangekondig: Fouriesburg, Frankfort en Philippolis. Lede van die forum was voor die televisie vasgenael. Toe Fouriesburg as finalis aangekondig word, het dit geklink of die Cheetahs die Curriebeker gewen het, sê Craig.

Daar was minder as ’n week tyd om vir die wenner van die Vrystaat te stem. Stemme word bepaal deur die aantal SMS’e wat elke dorp in die stemming ontvang. “Ons het ons skole op Fouriesburg en Mashaeng betrek. Ná deeglike onderhandelinge met die skoolhoofde is die leerlinge toegelaat om hul selfone skool te neem om SMS’e te stuur. Ons het die jeug betrek omdat ons meen

dat ons aan hul toekoms werk. “Die opgewondenheid het nie gestop nie. Toe die Kwêla-span ons bel en meedeel dat hulle op Woensdag 15 Mei na Fouriesburg kom, was Fouriesburg in rep en roer.” Almal op Fourieburg en Mashaeng het positief saamgewerk om alles sover moontlik in gereedheid te bring. Gras is gesny, selfs op leë erwe, asblikke is geverf, drade herstel en weer styf

gespan en selfs die stadsaal se dak is gou geverf. Craig sê die koördineerder van die Kwêla-program het gesê ’n geleentheid moet geskep word om die dorp te vertoon. Die Fouriesburgers het nie op hulle laat wag nie. Donderdagaand 16 Mei is ’n spoggeleentheid in die stadsaal aangebied. Die genooide gaste was verteenwoordigend van die inwoners van Fouriesburg en Mashaeng. Die tafels was prentjiemooi en die eetgoed uit die boonste rakke. “Almal het saamgewerk,” sê Craig. “Ons wag nou in spanning vir die finale uitslae op Woensdag 5 Junie om 19:30 wanneer die wenner van die Vrystaat amptelik op kykNET se Kwêla aangekondig gaan word. “Fouriesburg is opgewonde oor die sterk moontlikheid dat ons gaan wen. Dit maak egter nie saak wat verder gebeur nie: Fouriesburg is en bly ’n wendorp. “Die Kwêla-situasie het weer bewys hoe uniek ons is en hoe ons mense kan saamstaan en saamwerk. “Ons hoop almal hou vir ons duim vas en sal in ons vreugde deel. Hoe lekker gaan die volgende nie op die tong val nie – Jongboer, Opkomende Boer, Beesboer, Graanboer, Dorp van die Jaar – en dit in die dorp se 120ste bestaansjaar!”

Connie wil die orrels in die VS weer laat jubel en juig CONNIE VAN NIEKERK van die plaas Vetpan in die distrik Kransfontein is ’n pyporrelis in murg en been. Sy het as ’n vars bries van Vanderbijlpark op Bethlehem aangekom en wy haar daaraan toe om kerkmusiek te bevorder. Susan Maré van Vrystaat het met haar gesels. Waar is jy gebore en waar het jy grootgeword, gematrikuleer en gestudeer? Ek is gebore en het grootgeword in Vanderbijlpark. My ouers het uit Schiedam, Holland, hierheen geïmmigreer en my pa het by Dorbyl gewerk. My oupa aan vaderskant was ’n pianis/ orrelis/musiekonderwyser in Holland. My pa het, toe ek 10 jaar oud, was ’n Hammond-orrel gekoop en ek het by Maxie Louw ligte musiek daarop leer speel. Ek het aan die Hoërskool Vanderbijlpark gematrikuleer. Ek kon daar musiek as vak neem en het met klavierles begin. In st. 9 het ek met pyporrellesse by Margaret van der Vegt begin. Ek kan nie sê hoekom ek nie vroeër met alles begin het nie – my pa het tog baie in musiek belang gestel en ons het altyd na klassieke of ligte klassieke musiek (grammofoonplate) geluister. Ek het gematrikuleer met ’n onderskeiding in orrel/musiekgeskiedenis. Deur Margaret en die Raad vir Kerkmusiekeksamens kom ek toe in aanraking met die Konserwatorium vir Musiek in Pretoria waar ek vir vier jaar heeltyds student was. Ek het by Susan Engelbrecht en klavier by Rene Mathlener orrel geneem. Erika van der Walt het harmonie, musiekgeskiedenis, gehoor en ander vakke gedoseer. Ek het toe ook my Raad vir Kerkmusiek-diploma behaal. Ek is getroud met ’n boer, George, en nadat twee van ons drie kinders reeds gebore was, het ek die Voordraerslisensiaat in orrel van Unisa behaal. Ek het deur die jare altyd klavier- en orrelleerlinge gehad. In die Vaaldriehoek het ons ’n orrelvereniging gehad wat gereeld konserte aangebied het. Waarom het jy die pyporrel as jou nommer een-instrument gekies? Die pyporrel het my dadelik aangetrek met sy wonderlike kaleidoskoop van klank en die satisfaksie om al die registers oop te trek en die kerk te laat dreun van klank. Dis natuurlik ook ’n geestelike belewenis om alleen (as ’n mens oefen) in ’n kerk te wees en mooi musiek te speel: Jy voel so na aan jou Skepper soos in die natuur. Vertel iets van jou loopbaan as orrelis. Ek het in my matriekjaar my eerste heeltydse orrelpos beklee en was eintlik tot twee jaar gelede by verskillende kerke orrelis. Met ons verhuising na Reitz/Bethlehem se omgewing het ek geweet ek gaan nie elke dag 40 km ry om by ’n kerk te gaan oefen nie en het toe begin kyk na die moontlikheid van ’n orrel in die huis. In die tydskrif van die Suid-Afrikaanse Kerkorreliste-vereniging (SAKOV) het ek ’n advertensie vir Content-orrels gesien. Die klank van pyporrels in Holland en Engeland word opgeneem en in hierdie orrels ingebou. Dit was vir my die bevredigendste keuse. Ek is baie in my skik om nou elke dag na hartelus te kan oefen en my te verbeel ek sit in ’n groot kerk. Die alledaagse sleurwerk van ’n huisvrou slurp my soms op, maar as ek voorberei vir ’n huiskonsert, oefen ek so twee uur per dag. Die huiskonserte is vir my aangenaam en daarna drink ons lekker koffie met koek of soms sop en brood, wat dit dan ’n heerlike kuiergeleentheid ook maak. Dis ook lekker vir mense om uit te ry plaas toe, dan kry hulle natuur én musiek op een middag.

Die orrel is nie meer gewild nie. Wat maak dit ’n besonderse instrument? Die orrel is nie meer bemind in kerke nie, omdat orreliste dit nie as ’n heeltydse beroep kan beoefen nie. Daar is te min tyd om te oefen, nuwe werk in te studeer. As ’n orrel nie met selfvertroue bespeel word nie, begin dit die gemeente verveel. Die orrel kan perfek saam met ander instrumente ingespan word, maar dan moet die ander spelers darem ook bekwaam wees. Dit word egter sonder om te probeer net weggelaat, wat jammer is, want nou gaan dié instrument tot niet. ’n Pyporrel bestaan uit onderdele wat tot niet gaan as dit nie gereeld werk nie, dus, hoe méér ’n pyporrel bespeel word, hoe beter. Vertel meer van SAKOV. SAKOV beywer hom vir die behoud van die orrelis. Daar word een of meer keer per jaar in elke provinsie byeenkomste vir orreliste, predikante en belangstellendes gehou met kenners op verskeie gebiede van orrel. So beskerm SAKOV orreliste met ’n voorgestelde dienskontrak en salarisskaal, en ander toepaslike sake. Jy is SAKOV se streekverteenwoordiger. Wat beplan jy alles vir die jaar wat voorlê? Ek is van 2013 die streekverteenwoordiger in

CONNIE VAN NIEKERK die Vrystaat vir SAKOV en beywer my om die orrel weer bemind te maak by die publiek deur konserte aan te bied, meer te vertel van die wer-

king van die pyporrel en musiek te laat hoor wat ’n mens nie meer in die kerk hoor nie. Ek beplan om die Vrystaatse orrelbouer Jan Elsenaar te kry om ’n orrelsafari aan te bied waar enige belangstellendes in verskillende kerke die verskil in werking van die orrels kan sien en hoor. Op 13 en 14 September gaan Riaan Steyn in Bloemfontein tydens die jaarlikse SAKOV-byeenkoms ’n konsert aanbied en illustreer hoe ’n mens orrelles vir jong kinders kan moontlik maak. Ek beplan om in my driejaartermyn ook op ander dorpe in die Vrystaat iets te reël, sodat orrelbyeenkomste nie net tot die groter dorpe en stede beperk word nie. Wat is jou belangstellings weg van die orrel? Ek hou van kunsflieks en ’n fliek soos As it is in heaven het indruk gemaak. Enigiets wat ’n mens laat lag, is ook lekker soos Mr Bean. Verder lees ek biografieë – dis leersaam en bemoedigend om te sien hoe ander deur hul beproewinge kom. Ek en my gesin hou graag op Hartenbos en in wildtuine vakansie. Ek het al in ’n groep na Tanzanië gereis en geniet 4x4-uitstappies. Verder is dit vir my heerlik op ’n plaas en die skoon lug en uitsig op die Maluti’s is onbeskryflik. Elke dag hiervan voeg ’n jaar by my lewe.


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

Sing jou pad oop HET jy ’n stem wat net wag om ontdek te word? Dan moet jy jou beslis vir Vrystaat se Spontaan 2013-kompetisie inskryf. Die oudisie vir die sangkompetisie vind op Donderdag 6 Junie om 14:00 by die Frontier Inn and Casino (Coachman’s Saloon) plaas.

PRYSE Die volgende groot pryse kan in vanjaar se Spontaan-kompetisie gewen word: ) SpecSavers: Agt Infinity-sonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die gesamentlike waarde is R5 200. ) Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemar-

kingskontrak van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n

professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf

van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde vir al die finaliste is R40 000. ) PwC: gee vir die wenner R1 000 kontant, naaswenner: R700 kontant en derdeplekwenner: R300 kontant. ’n Totale prysgeld van R2 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R2 100. ) Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke finalis.

Volg dié reëls om talent te wys ) Jy moet op 1 Julie 16 jaar of ouer wees om deel te kan neem. ) Vir die streekkompetisies in Bloemfontein, Kroonstad, Welkom en Kimberley en op Kuruman en Bethlehem moet deelnemers enige liedjie van hul keuse sing. ) Slegs kunstenaars wat kontemporêre musiek sing, sal in aanmerking geneem word. ) Jy moet jouself begelei. ) Slegs soliste. ) Jy moet self die klankbane (backtracks) en ander toerusting vir die streek-oudisies verskaf. Spontaan verskaf die klank vir die eindronde. ) Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. ) Die beoordelaars behou die

reg om nie ’n streekwenner te kies nie indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek beskikbaar is nie. ) Indien jy as ’n streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde in Bloemfontein vyf liedjies gereed kry. ) Jy moet jou eie klankbane of begeleiding vir die eindronde verskaf. ) Die eindronde is op Saterdag 13 Julie in Bloemfontein en indien jy een van die finaliste is, moet jy jou eie vervoer en verblyf (indien nodig) reël. ) Registrasie vooraf is nie nodig nie. Daag net by die oudisie op en registreer jou daar deur R20 te betaal. ) Navrae: Bel 058-303-5411 of skryf aan smare@volksblad. com.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

11

Gereed om diens te lewer BETHLEHEM NISSAN se personeel is kookwater en professioneel. Hulle is van links, voor: Visagie Malefetsane (wasser), Vincent Mokoena (drywer), Zim Jabulani (werkswinkel) en Isaac Mzizi (drywer); middel: Daniel Mokoena (werkswinkel), Tshepo Lepele (tweede hand/second hand), Alinah Mofokeng (skoonmaker), Emily Mofokeng (skoonmaker), Welmarie CronjĂŠ (werkswinkel), Nadia Mostert (ontvangs) en Nicky Saunders (administrasie); agter: Doddy Mhlambi (tweede hands), Nico Coetzer (aankope), Kobus Oosthuizen (onderdele), Retha Stander (aankope), Nicolene Rousseau (administrasie) en Rujan van Graan (nuwe verkope).


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

Vleismeesters staan vir topgehalte-vleis VLEISMEESTERS kén vleis. Jannie van Niekerk, eienaar, verduidelik dat vleis in die bedryf as A, AB, B of C gegradeer word. Vleis wat as A gegradeer word, is dan die beste gehalte, die sagste en die duurste. Goedkoper en taaier vleis word dan tot by C gegradeer. Al die vleis wat Vleismeesters verkoop, is net van topgehalte. Dié winkel verkoop nie net vleisprodukte nie, maar ook varsgebak, marinades, lekkergoed en nog veel meer. Selfs diegene wat spyseniering vir geleenthede doen, kan Vleismeesters besoek vir worsies, pasteie en ander benodigdhede om lekkernye voor te berei. Biefstukke word rypgemaak oor ’n tydperk van 18 tot 21 dae om seker te maak dat dit sag en lekker is. Hierdie ryp vleis lyk anders as ander biefstuk. Vleismeesters kry hul vleis van een van die grootste verskaffers, Sparta Beef. Hulle waarborg hul gehalteproduk en verseker dat die verkoelingsketting nie verbreek word vandat die dier geslag word totdat dit op die rak verkoop word nie. Dit verseker goeie higiëne, sowel as varsheid van die produk. Hierdie vinnige verkoelingsproses verseker topgehalte. Dit neem sowat ’n dag vandat die dier geslag word tot op die verkoopsrakke van Vleismeesters. Van Niekerk verseker verder dat die gehalte van vleis in sy winkel van topgehalte is deur daagliks seker te maak dat produkte wat naby of verby die vervaldatum is, nie verkoop word nie. Hy waarborg ook sy produk om top-

VAN links is Edward Herbert (slaghuisbestuurder), Ruan Ferreira en Jannie van Niekerk (eienaar van Vleismeesters). gehalte te wees totdat dit uit sy winkel geneem word. “Ons het natuurlik ook geen donkie- of waterbuffelvleis in die winkel nie.

“Ons maak self ons kouevleis,” verseker Van Niekerk kliënte. Diegene wat persoonlike diens vooropstel, hoef nie verder as Vleismeesters te soek nie, aangesien kli-

ënte veral wors en maalvleis na smaak kan bestel. “Karkasse wat deur ’n goedgekeurde slagter geslag is, kan ons ook bewerk,” verduidelik Van Niekerk. Dit

is veral belangrik vir mense met allergieë wat gewone, outydse resepte verkies. Hulle bewerk ook wildsvleis en berei biltong en droëwors voor.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

13


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

Kies en keur kosse VLEISMEESTERS is die perfekte plek vir spyseniers. Kom koop hier vleispro足 dukte, pasteie, Chi足 nese rolletjies (spring rolls), minia足 tuur足happies, klein visporsies en meer. Indien spyseniers iets verlang wat nie op die rak is nie, sal Vleismeesters uit hul pad gaan om dit so gou moontlik te voorsien.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

WE HAVEN’T RUN AWAY

MS161191/BE02

WE’VE JUST MOVED GROUNDS! Our Bethlehem has relocated as of

30 May 2013.

Come and check out our new playing field

17C Muller Street, Bethlehem.

www.mrpricesport.com Become a fan on

15


16

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

DIÉ restaurant vier sy eerste verjaardag. Met sy vrolike, helder vooraan­ sig is dit maklik om te kry.

Almal kan hier kuier ’n KAGGEL, ’n pizza-oond en ’n groot televisie: alles wat ’n gesellige kuierplek nodig het. Hoewel die eienaars en bestuurders van die restaurant nog baie meer beplan en aan besoekers bied.

Teen die einde van die maand sal hulle skemerkelkies in fishbowls en jamjars vir die jongklomp beskikbaar hê, maar ook vir gesinne pret reël. ’n Heerlike, rustige atmosfeer sal verseker dat besoekers van

KUBA is geskik vir gesinspret. Hulle gaan binnekort speletjies vir gesinne reël waartydens pryse te wen sal wees. hul dagtake sal vergeet en regtig sal ontspan. Die bestuurder, Carmen-Lisa Strapp, beplan om kompetisies soortgelyk aan Noot-vir-Noot te reël en ’n wye verskeidenheid gaskunstenaars te laat

optree. Op die spyskaart is pizza uit ’n houtoond en hul biefstuk is smelt-in-die-mond-lekker. Besoekers kan ook aan espetadas smul. Dit lyk amper soos ’n sosatie,

maar word van groter stukke vleis en groente gemaak. Die restaurant vier sy eerste verjaardag. Die huidige eienaar is Willy Taute en die restaurant word deur Strapp bestuur.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

17


18

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

SKOLENUUS/SCHOOLS NEWS

Ryers vertoef op Reitz Johan Viljoen

Dring deur na eindronde van Vrystaat-bekerkompetisie DIE Hoërskool Witteberg op Bethlehem se o.17A­netbalspan het reeds na die eindronde van die Vrystaat­bekerkompetisie as die enigste o.17A­span tussen die twee skole deurgedring. Die leerlinge is kloksgewys (links om) Ida Mittermaier (middel), Jonel Maree, Crysha van Wyk, Alizna Cilliers, Arleen Brand, Carla­Mari da Silva en Tersia Smit.

Disgruntled teams walk out of election Johan Viljoen

THE election of the new board of the Nketoana Local Football Association (NLFA) took place in Reitz. However, things went all but smooth after 17 of the 40 teams in the local league walked out of the proceedings after they did not agree with the outcome of the election of new board members. The 17 teams raised a number of reasons for the decision to walk out of the proceedings. One of these is that 40 teams are eligible to vote in the elections, but three extra teams were added and made eligible to vote at the proceedings. Another issue raised by the 17 teams was that the constitution of the board was signed by only 17 of the 40 teams which does not constitute a quorum and therefore the constitution is null and void. The disgruntled teams have sent a number of letters to Safa Thabo Mofutsanyana Football Association, which is the regional body of Safa, in which they have

REPRESENTATIVES of 17 teams of the Nketoana Local Football Association (NLFA). raised their concerns without any success and now the teams call for the intervention of Safa National.

In a letter they also asked Safa to investigate the use of funds for development by the NLFA since no development is

Photo: Johan Viljoen

taking place, yet the current chairperson on the NLFA serves as head of development on the regional board.

DIE Hoërskool Reitz was weer gasheer vir die gewilde Ou Mutual Joberg2c-bergfietswedren. Die wedren wat strek oor nege dae begin in Johannesburg en eindig op die Natalse VAN kusdorp Scott- HERMAN burgh het weer sy DER MERWE ver­ tweede skof op welkom die berg­ fietsryers.Foto’s: JoReitz afgesluit. En soos die vo- han Viljoen rige jare was die Hoërskool Reitz slaggereed om die meer as 200 bergfietsryers te onthaal. Vroeg al is kos voorberei, leerlinge het diens gedoen by ’n waterpunt en by die eindpunt van die tweede skof was die skool se leerlinge daar om die ryers te verwelkom met water en om die fietse skoon te maak. Die aand is die ryers bederf met ’n lekker bord boerekos en slaaie. Tydens die prysuitdeling van die dag se skof het die organiseerders die hoërskool en die mense van Reitz bedank vir ’n warm verwelkoming en bevestig dat Reitz een van die wedren se gunstelingstoppunte is. Herman van der Merwe, die skoolhoof van die Hoërskool Reitz, het die ryers verwelkom. Mnr. Larry Paul van die Husky Romi Wolf Sanctuary buite Reitz het ook ’n bietjie oor die wolwe kom praat en het twee van sy pragtige wolwe saamgebring.

LARRY PAUL van die Husky Romi Wolf Sanctuary buite Reitz het die bergfietsryers van die wolwe vertel en twee van sy wolwe saamgebring.

Skool hou hengelkompetisie

HENGELAARS neem deel aan die Laerskool Daniëlsrus se hengel­ kompetisie.

DIE Laerskool Daniëlsrus tussen Bethlehem en Reitz het ’n hengelkompetisie gehou. ’n Groot aantal hengelaars het by die Bass Feather Lodge buite Reitz saamgetrek vir deelname. Die dag is gereël deur die skool se hoofmeisie en

MILA VAN WYK van die Laerskool Truida Kestell is in die Vry­ staatse o.13­netbal­ span ingesluit.

NETBALSPELERS van die Laerskool Truida Kestell op Bethlehem wat in die Oos­Vrystaatse o.12­span ingesluit is, is van links Elmarie Nieuwoudt, Margaux le Roux, Cara van Wyk, Tumi Mokoena en Kai­ lyn de Jesus.

CARA VAN WYK, Tumi Moekona en Kailyn de Jesus is netbalspelers aan die Laerskool Truida Kestell wat vir die Vrystaatse o.12­ netbalspan gekies is.

hoofseun, Deniël Oosthuizen en JC van Wyk. Volgens me. Jacolene Fourie, skoolhoof, het die gemeenskap van Reitz geensins teruggestaan vir ondersteuning van die dag nie en veral die sakeondernemings van die dorp was gretig om te help met borg-

skappe. Die skool is dankbaar teenoor elkeen wat bygedra het tot die sukses van die dag. Die Laerskool Daniëlsrus is vanjaar 106 jaar oud en is die enigste plaasskool in die distrik wat nog funksioneer. – Johan Viljoen

DIE hoofmeisie en ­seun van die Laerskool Daniëlsrus wat ’n hengelkompetisie gereël het.

NETBALSPELERS van die Laerskool Truida Kestell wat in die Oos­Vrystaatse o.13­span ingesluit is, is van links Johanné Swart, Ka­ rien de Jager, Mila van Wyk en Marlé Claas­ en.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

19

SKOLENUUS/SCHOOLS NEWS

DIE eerste netbalspan van die Hoërskool Wilgerivier op Frankfort se spelers en ondersteu­ ners (borge) is van links, voor: Danie Smit, Daan Claasen en Tiesie Muller; agter: Lerine Keevé, Isabel van der Walt, Tarien Oosthuizen, Marchelle Beyers, Soné Muller, Anja Ester­ huizen, Nerine de Klerk, El­May Venter, Leana Jordaan, Carla Muller, Annatjie Truter (afrig­ ter) en Annerine le Grange (hulpafrigter).

Wilgie-netbalspan maak skoonskip

DIE Hoërskool (HS) Wilgerivier se eerste netbalspan het uitstekend gevaar en groot skole in Suid-Afrika tot so ver as Windhoek vir ’n ses geslaan. Frankfort se punte word eerste genoem. HS Windhoek: 24-11. HS Duineveld: 26-21. Affies Pretoria: 29-20.

HS Gerrit Maritz: 38-11 HS Eldoraine: (2) 41-8. HS Overvaal: 56-20. HS Fichardtpark: 20-36. Affies Sasol: 41-9. HS Parys: 58-11. HS Kroonstad (Bloues): 2917. HS Jim Fouché: 29-19. HS Heilbron: 42-24. HS Sasolburg: 56-14.

Dr EG Jansen Boksburg: 25-23. Totale doele: Vir: 514. Totale doele: Teen: 244. Dié span is sonder twyfel een van die gunstelinge om die Vrystaatbeker te wen, want hulle het nog geen ligawedstryd verloor nie. Dankie aan die borge van die eerste netbalspan.

DIE o.13A­netbalspan van die Hoërskool Wilgerivier op Frankfort is van links Jan Schabort (borg), Marna Swiegers (afrigter), Marli Müller, Bianca Tatar, Danielle Smit, Minke Wilkin­ son, Louna Jacobs, Elsje Giliomee, Elzaan Lubbe, Martinette Müller en Caitlin Vlok.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

M&M PLUMBING CC Tel: 058 303 4681 082 452 5208 (Mark)

1 geiser: Goeie toestand. 150 l. Dubbelsinkwasbak met deur en laaie. 1 rystoel splinternuut, nuwe soort. Ens. 072 186 8890/072 739 7488 4 x 3-in-1-suipkalwerselfvoerderhokke, volledig met houtvloere. R1 000 elk. 072 959 6659. FOR SALE: Heavy duty concrete mixer. Very good condition. Tel. 058 303 4051. All hours.

Nuwe, ingevoerde tweedehandse jasse te koop. Skakel Mari 083 283 1967

SANDSTONE: Blocks, bricks, cladding, rivens, tiles, etc.Tel. 058 303 4840. 12 Archbell Street, Bethlehem.

FRIESKALF-OSSIES: Klaar van die melk af. Te koop, R1 200 stuk. Skakel: 074 886 2865.

AANDAG :Ons koop alle tweedehandse meubels en losgoed vir kontant aan. Skakel ons vir die beste pryse in die dorp. Bel ons gou en ons kom nou. Skakel 058 303 2912 (kantoorure) of 058 303 3194 na-ure of 083 272 3045. (Marinus).

GRANITE & MARBLE: Kitchen tops, vanities, bar counters, etc. Tel. 058 303 4840/ 082 807 7456.

Ligte tweedehandse bakkie, petrolmodel, te koop gevra. Skakel asb. 082 584 4808.

A1

Wynand 082 466 7465

Nuwe elektriese installasies Instandhouding Elektriese herstelwerk Algemene elektriese werk Solar Solutions Gehaltediens gewaarborg. E-mail: peyperwynand@Gmail.com

Loodgieters Diens

Tel: 082 556 8118 Diens gewaarborg

Direk van die boer

A graad-lammers: geslag, verwerk, vakuumverpak en word afgelewer.

Skakel vir bestellings en navrae by 058-3033202 Faks Nr 086 612 5703 SLIPPER SOCKS FOR SALE. R50 a pair. Contact: 073 780 4384. TE KOOP: Swaardiensbetonmenger. Baie goeie toestand. Tel. 058 303 4051. Alle ure.

Bethlehem Herstelwerk

Steeds u een-stophersteller. Stowe, ys- en vrieskaste, mikrogolfoonde, wasmasjiene. Alle onderdele. Commissionerstr. 67 Tel. 058 303 7000

Elektriese kabelfout opsporing

074 580 8044 Aflewering net in Bethlehem

Steenkool vir die winter · R85 per 50kg sak · R45 per 25kg sak Gratis Aflewering in Bethlehem en Clarens

VERF huise (binne en buite), teëlwerk, bouwerk, geute, seël van dakke. Skakel 071 076 5993.

LOO 911

Henk v Niekerk

056 212 2977

Bethlehem Droogskoonmakers

Noodnommer: Stefan 082 653 6222

Tel. 058 303 5621/2

* Stoomwas van matte en sitkamerstelle * Was , droog en stryk wasgoed * Herstelwerk aan klere Dakke seël en verf en algemene herstelwerk. Renier 072 996 9018.

LESCOR MOTORS: vir eerlike herstelwerk aanligte petrol-en,dieselvoertuie, veral op alle VW-fabrikate. Baie billike tariewe. Skakel 058 303 7091 Bethlehem.

South Coast Wide variety of selfcatering holiday flats and houses. Phone 039 315 1313 www.bvh.co.za Our beaches are back!

TEKOMA/VR/7JUN12/JJ

Staalomheinings Motorhuisdeure Hekmotors Interkomstelsels Sekuriteitshekke Devilsfork Skakel my 24/7 072 476 3747

Elektries

AMANZIMTOTI: Albatroswoonstelle teenaan die strand. Tel. 031 903 7734 Fax. 086 293 3320. Facebook

Tuindromstelsel. Ons maak jou drom weekliks leeg... Jy maak dit weer vol! Skakel 071 641 1098.

Johan’s Fencing

Was van sitkamerstelle, volvloermatte en motorsitplekke. Uitsuig van water. Gratis kwotasies. Skakel Ronel 082 788 1483 WILLEM DIE NUTSMAN: loodgieter, teël, bou, verf, 'paving', sweiswerk en hekmotors. Kontak vir gratis kwotasie. Sel 073 882 5659/082 439 0071.

Flower Fun Kwekery: Kry jou tuin reg vir die winter.Wintersaailinge , uieplantjies en vars blomme beskikbaar vir alle geleenthede. (058 303 8423. Cambrigestr. 58. By silo's. Oop Ma. - Sa. VIR AL U TUINBEHOEFTES: Afsaag van bome, opsit van 'picket fence', sny van 'sleepers' en rommel wegry. Skakel AB Timbers 083 388 0173.

4-TON TRUCK with drop sides available for any trans-port to be done. Phone 083 388 0173.

1998 VW FOX, cream, very good condition. Recently serviced. In everyday use. R20 000. Jomarie 082 057 8498. EK KOOP ENIGE tweedehandse motors, bakkies, kombi's en Ventures. Skakel my enige tyd. Ek betaal kon-tant. 083 374 0000

Mini Moke 1966 Skakel Gert 073 303 5684

1987 Gypsey Caravette 6: groot yskas, tent, Rally. 6slaapplek. Baie goeie toestand. R28 000. Skakel: 058 303 6729/076 768 8851

BLESSED AANDAG Beauty Salon Skakel Wilmie 082 927 7820 BETHLEHEM

• Status eyebrows • Manikuur • Pedikuur • Wax • Facials • Ooghaartint • Eye lash extentions

GESOEK WANTED Goed opgepaste, gebruikte voertuie, tot en met R100 000, om aan te koop vir kontant. Well-cared for, used vehicles, up to R100 000, to buy for cash. Skakel asb Petri Oosthuizen by 083 384 1471 058 303 9469 voordat u verkoop of inruil!

SOEK WEIDING vir 160 verse of minder op 'n deelbasis. Skakel 082 782 3707.

Gypsey 3 caravan: With toilet. Very comfortable. Registered. Needs attention. R7 000. Phone Sharon 082 770 2778.

Bio Sculpture gelnaelkliniek en ontharingsalon

Skakel Mohammed 072 178 5409 of 072 203 1614

Vir bespreking skakel René 039 315 1345

Herstel van alle elektriese/ huishoudelike toerusting, lugversorgers en huisbedrading. Industriële onderhoud. Wesselsstraat 40 Tel. 058 303 5306

Wit Labrador-hondjies te koop: R500, 7weke oud. Kontak 082 371 3339. Bethlehem.

Ek koop byna alle tweedehandse voertuie, bakkies, kombi’s en Ventures vir kontant. Ek is bereid om voertuie te gaan haal.

Vakansiewoonstel, 6-slaapplek, jacuzzi, lugversorging en braai geriewe op balkon.

TEKOMA ELEKTRIESE DIENSTE

LAMMERS TE KOOP!

MALUTI KOLE/COAL

Uvongo Nautilus No.8

BETHLEHEM-9-8-07-VR-LH

TYPING LESSONS/ TIKLESSE Begin: 01/06/2013 After hours/Na ure Tel. 082 885 2776 Amelia Beginners-speed-accuracy Beginners-spoed-akkuraatheid. TOUCH TYPING.

GEMEUBILEERDE KAMERS, elk met en suitebadkamer, stoep en private ingang, selfsorg. 082 927 7820

Member of institute of Plumbing No: 2831 Member of Plumbing Industry Registration Board No: 0150/85 Authorised to issue certificate of compliance. Qualified and professional service.

HENK 2-23-10-08-VR-LH

Verlore kat in La Provencewegomgewing. Op soek na eienaar of ‘n nuwe liefdevolle huis. Kontak Sonja 083 726 3566 of Martie 082 301 5504.

Tel: 079 493 2289

BETHLEHEM-10-1-07-VR-LH

20

ALLE ADVERTEERDERS

2-slk-plaashuis te huur. R3 000 w en l ingesluit. Skakel 082 829 3423/058 303 3577. 3-slk-woonhuis, dubbelgarage, pragtige leefarea. Skakel Mari 083 283 1967/058 303 2388. Huise en eenmanwoonstelle in Loch Athlone. Gemeubileer en ongemeubileer. Kontrakteursbehuising: R80 per dag per persoon. Skakel Paula 082 927 0209.

Morelig:2-slk-meenthuis in kompleks. 2 badk. Toesluitm/h. R4 300 p.m. Skakel Dirk 082 925 8605. Panorama: 2-slkmeenthuis in kompleks. 2 badk. Toesluitm/h. R4 200 p.m. Heffing R350 p.m. Dirk 082 925 8605.

Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

1-slk-w/s: Jordania. R3 600 p.m. Krag uitgesluit. 1-slk-w/s: Panorama. R3 200 p.m. Krag uitgesluit. 1x 4-slk-woonhuis: R6 600 p.m. 1 Augustus. 083 627 8357. Tom Dobie Eiendomme. 3-slk-w/s. Onmiddellik beskikbaar. Onderdak-parkering vir 1 motor. Kragboks. Dep. betaalbaar. R3 750 p.m. Skakel 083 956 4221.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

122: HUMAN LE ROUX MEYEROWITZ KENNISGEWING: BOEDEL WYLE: J THERON BOEDELNOMMER: 10929/2012

R2 650 - R2 850 p.m. 1-slkw/s. Gemeubileer of ongemeubileer. Krag uitgesluit. 6 km buite BHM. 058 303 3020/082 835 1682.

Laaste huis vir onder R1 000 000 in Bethlehem! Praat dringend met my . At 082 412 2558.

Ruim 4-slaapkamer woning 2 badkamers dubbel motorhuis met gevestigde tuin met besproeiing in boomryke straat in Panorama te koop. Privaat- Geen kommissie. Skakel: 083 298 5585.

LADIES' ROOMS and FLATS available at Paxinos Flats, High Street, Bethlehem. Immediately available. From R1 000 p.m. Procor SA, Rental Administrator. KOKI MATSABU. Tel. 057 352 2990/086 558 7248 E-mail: koki@procorsa.co.za

Agnes soek werk as huishulp. Is baie betroubaar en hardwerkend. Skakel: 078 832 3833. Op soek na werk as huishulp, kinderoppaser. Voltyds. Skakel Liesbeth 079 671 7887.

HATTINGHMARAIS 122: BOEDEL WYLE: JE SCHUTTE BOEDELNOMMER: 12226/2007

BOEDELKENNISGEWING Likwidasie- en distribusierekening in die boedel van wyle Johannes Gerhardus Schutte, identiteitsnommer: 131110°5018°089, getroud buite gemeenskap van goedere sonder aanwas met Huibrecht Maria Elizabeth Schutte, identiteitsnommer: 330224°0020°088, boedelnommer: 12226/2007, adres: Busschaustraat 18, Senekal, datum van afsterwe 2007/09/06. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogenoemde boedel ter insae lê ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof Bloemfotein, sowel as die Landdros-kantoor Senekal vir 'n tydperk van 21 (een en twintig) dae gereken vanaf 31 Mei 2013. HATTINGH MARAIS Theronstraat 3 Bethlehem 9700 (Verw: SIJ Cordier/dvg/CB0096)

KENNISGEWING IN DIE BOEDEL VAN WYLE JOHANNES THERON, IDENTITEITSNOMMER 370505°5002°08°4, VAN SCHOLTZSTRAAT 19, BETHLEHEM, IN LEWE BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE GETROUD, DATUM VAN AFSTERWE 06/09/2012, BOEDELNOMMER: 10929/2012. Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 35 (5) van die Boedelwet 66 van 1965, soos gewysig, dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening by die kantore van die Meester, BLOEMFONTEIN en die Landdros, BETHLEHEM, gedurende `n tydperk van 21 dae vanaf datum van publikasie, ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien binne genoemde tydperk geen besware daarteen by die betrokke Meester ingedien word nie, sal die Eksekuteur oorgaan tot uitbetaling ingevolge die gemelde rekening. GETEKEN op BETHLEHEM op hierdie 24ste dag van MEI 2013. JF HUMAN HUMAN LE ROUX MEYEROWITZ NAUDESTRAAT 24 POSBUS 563 BETHLEHEM 9700. VERW. JOH124/0001.

071 174 5121 Marlize. Nou in Bethlehem vir jou plesier. Kom geniet - doen alles. Pvt 24/7.

21


22

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

Blaartyd in Blikoorland Herman Toerien

H

kerboom, ’n paar palms en ’n hele span vrugtebome en HERFS is blaretyd, maar in druiwe. Blare hark gaan bladie Vrystaat kan blaretyd tot re gehark word. taamlik diep in die winter Dis nie altyd so ’n vars idee strek. Miskien het die kliom blare onder ’n boom te los maatverandering ook iets om kompos te maak nie. So daarmee te doen dat dit al die het oom Herrie ’n paar jaar tweede helfte van Mei is, gelede “kompos” onder die maar dat die blare op die pribloekombome in die veld eel byna nog almal groen is, gaan bymekaarmaak en onen so ook die akkerboom. Dit der meer op die grasperk in deur Herman Toerien beteken daar gaan nog lank die binnehof gestrooi. ’n blare gevee word. Paar jaar later groei die gras Die witstinkhoutbome het al omtrent eers weer. al hul blare afgegooi. Die mopboom het Verbysterd moes jul oom sien hoe die ook flink afgegooi, maar daar sit nog tuinslang se water in groot druppels heelwat groen blare. saamtrek en bo-oor kompos loop asof By die Herries se huis word die blare dit ’n vreeslike allergie vir die kompos wat in beddings val, gelos as besker- het. ming teen die ryp waarvan al ’n bytslagGelukkig, meen oom Herrie, het enigie voorgekom het. Maar dit wat op die ge moontlike eise al verjaar van kleininrypad en paadjies geland het, het al tyd toe kleine Herrie ’n sakgeldjie ver’n hele paar vraggies na die komposgat dien het deur met sy rooi waentjie die opgelewer. bloekombos op te soek, en die vraggies Ja, die Herries het ’n dosyn inheemse “kompos” aan ander inwoners in die bome, enkele uitheemses soos die ak- grootwordstraat gaan verkoop het.

errie se kerrie

SAKEFORUM

Samel geld vir fonds in LIBRI het ’n geldinsameling vir die bloedkankerlyertjie Veroné Wey­ ers gehou. Worsbroodjies is ver­ koop en R10 000 kon aan die fonds oorhandig word. Geld is ook deur besighede geskenk. Wessel Ger­ mishuizen (links) bedank al Libri se kliënte vir hul bydraes en ook sy personeel en Linda Visser vir harde werk met die projek. Die geld word hier aan René Bekker van Enslins Bethlehem oorhandig wat dié hulpfonds hanteer.

Daarom sal oom Herrie liefs nie sê dat dit in Buitekringweg, Stellenbosch, was nie, vir ingeval iemand nog wil prosedeer. Van toe af probeer oom Herrie die bome se blare so gemeng as moontlik in die komposgat laat kompos word en ook met ander kompos meng voordat dit beddings toe gaan. Maar as ’n mens graag skadu in die somer en sonskyn in die winter wil hê, is blare opvee ’n mens se voorland. Een boom het sy dinge heel verkeerd gehad – ’n boom wat nou ’n verklaarde onkruid is, het skynbaar nie so lekker van die Noordelike Halfrond na die Suidelike aangepas nie. Die gevolg was dat hy sy blare eers in die lente en vroegsomer verloor het en die geute verstop het net as dit begin reën. Van dié boom staan nog net ’n stam – wat steeds aanhou uitloop al is hy gering. Maar soos oom Herrie hier sit, kan die gekwetter van voëltjies in die een soetdoringboom gehoor word. Te vrolik en maak dit meer as op vir die blaarharkery.

Kansa op Bethlehem gaan van krag tot krag KANSA op Bethlehem het van April 2012 tot Maart 2013 al die dienste van Kansa aan gemeenskappe binne die Oos-Vrystaat gelewer. Volgens Carel de Bruin, streekbestuurder, is 404 vrywillige werkers gewerf, opgelei (141 opleidingsessies in totaal) en ondersteun om Kansa se dienste binne 24 Oos-Vrystaatse gemeenskappe te lewer. Altesaam 34 vrywilligerkomitees funksioneer in die streek en word deur die Kansa-kantoor op Bethlehem ondersteun. Interessante Kansa-statistieke Altesaam 942 mense is by Kansa as kankerpasiënte geregistreer en word ondersteun soos die behoefte ontstaan. Kansa weet nie van al die persone in die gemeenskap wat kanker het nie en maak staat daarop dat Kansa-personeel genader word deur die persone self of familie met die persoon se toestemming, sê De Bruin. Een ondersteuningsgroep is die afgelope jaar gevestig. Verskeie vennootskappe met besighede bestaan wat ondersteunend is tot Kansa in die stryd teen kanker. Kansa-Bethlehem het ook 2 305 opsporingstoetse (PSA en papsmere) die afgelope jaar uitgevoer. Kansa probeer lewens red en moedig alle mans en vroue aan om jaarliks vir hul toetse te gaan. Voorts het Kansa 699 gesondheidspraatjies in die Oos-Vrystaat gehou en het werklik probeer om deur hierdie praatjies gesonde lewenswyses en gewoontes onder mense en veral kinders te bevorder. Bogenoemde impliseer aansienlike uitgawes vir Kansa. Omdat Kansa geen geldelike steun ontvang nie, moet Kansa as nie-regeringsorganisasie (NGO) al die nodige geld insamel.

Navorsing en Relay for Life De Bruin sê Kansa bestee die ingesamelde geld op navorsing. Kansa skenk jaarliks R5 miljoen aan navorsing rakende kanker. Die Relay for Life-projekte het op verskillende dorpe plaasgevind. Ander ondersteuning Kansa-Bethlehem ondersteun ook kankerpasiënte in sorgsentrums soos Huis Olea en Katleo in Bloemfontein. Die afgelope jaar het Kansa 31 mense se verblyf in Olea en Katleo bewerkstellig (van wie nege uit Bethlehem). Die Kankerhanteringsgidse wat Kansa laat maak, word gratis uitgedeel. Die hulp- en leenmiddele soos pruike, eierdopmatrasse, prosteses, doeke, mastektomiebra’s, looprame en krukke wat kankerpasiënte uit ’n spesifieke gemeenskap benodig, kos duisende rande en Kansa voorsien dit gratis of teen spesiale pryse. Nuwe kantore Kansa-Bethlehem het nuwe kantore in De Leeuwstraat 33, Bethlehem, wat met die twee-weeklikse private onkologie-kliniek wat op Bethlehem aangebied word, gedeel word. Kansa het ’n kliniek by die nuwe kantore wat weekdae van 08:00 tot 13:00 oop is. Berading, vroeë opsporingstoetse (PSA en papsmere), borsondersoeke, basiese wondversorging, hulp met stoma, hulp met hulpmiddels en pasiëntondersteuning word hier gebied. Kansa sê dankie Dankie aan elkeen wat Kansa ondersteun, sê De Bruin: “U maak dit moontlik en laat dit gebeur. Elke persoon se ondersteuning help Kansa om iewers ’n verskil in iemand se lewe te maak.” ) Rig navrae aan De Bruin by 058303-3522 of e-pos cdebruin@cansa.org.za.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

23

SKOLENUUS DIE netbalspelers van Voor­ trekker se eerste span is van links Inez du Plessis, Kamo Ntombela, Phumi Mbonambi, Adri Wessels, Leani Coetzee, Letitia Janse van Vuuren, Ste­ phanie Ferreira, Joané Basson, Jabu Mabina, Frances Hurling en Palesa Molotsi.

Só vaar spanne van die Wittes DIE Hoërskool Witteberg se eerste netbalspan wat net­net in die jaar­ likse derby teen die Hoërskool Voortrekker verloor het, is van links, voor: Tersia Smit, Andrea Bierman, Sonica Viljoen en Refil­ we Moloi; agter: Lielie Greyling, Aldiné Atkinson, Alecia Lume, Da­ nielle Painter, Portia Mofokeng en Ida Mittermaier.

Trekkers wen teen Wittes

DIE Hoërskool Voortrekker kon met die jaarlikse derby-netbalwedstryde teen die Hoërskool Witteberg daarin slaag om sy 111de bestaansjaar in trotse Trekker-kleure te vier. Van die 13 wedstryde wat gespeel is, het Voortrekker daarin geslaag

om altesaam 10 te wen. Die kroon op die dag se netbal was inderdaad die eerstespanwedstryd. Uit die staanspoor het Voortrekker die leiding geneem en het hul hoofdoel, Leani Coetzee, haar “man” gestaan en rotsvas die doele aangete-

ken. Onder leiding van Inez du Plessis, kaptein van die eerste span, het ’n uiters doelgerigte Voortrekkerspan tot die laaste minuut sterk gestaan en ’n naelbyt-oorwinning van 28-26 oor Witteberg behaal. Dié oorwinning het gehelp dat Voortrekker

se eerste span die derde agtereenvolgende jaar as die Oos-Vrystaatse liga-wenner gekroon is. Die skoolgemeenskap is baie trots op al die netbalspelers wat die skool se naam met trots en eer hoog gehou het.

DIE Hoërskool Witteberg se spanne het onlangs teen Hentie Cilliers op Virginia te staan gekom. Hier is die uitslae: (Witteberg se telling word eerste genoem). Rugby Eerste span: rugby: 10-38. Tweede span: rugby: 5-33. o.16A-rugby: Witteberg o.16A teen die derde span van Hentie Cilliers: 34-22. Vierde span: rugby: 31-21. o.15A: rugby: 17-5. o.14A: rugby: 54-0. Seunshokkie: 0-0. Netbal Witteberg teen Dinamika in Alberton. Witteberg wen 29-24. Tennis ) Witteberg se derde span (meisies) wen die Hoërskool Voortrekker met een spel. Hulle word as die Oos-Vrystaatse ligawenners gekroon. ) Witteberg se tweede span (meisies) wen die Hoërskool Reitz met 27 spelle.

DIE Hoërskool Witteberg is “peer promoters” van die Nasionale Bloeddiens (SANBD). Vier noodhelpers van dié skool is opgelei om met bloedskenkklinieke by die skool te help. Ná ’n opleidingsessie van drie uur is elkeen as ’n volwaardige bloedskenkverteenwoordiger aangewys. Hulle sal ook help met die werwing en motivering van voornemende skenkers. Van links is Nell­Maré Hillis, Anika Vorster, Hennie Brand en Chantel van Straaten.

Ingesluit in hokkiespanne

EEN van die Hoërskool Witteberg se junior spanne het na die eindronde van die ATKV se debatskompetisie deurgedring. Van links is Janneke Venter, Petro Coetzee en Leandi Venter.

TWEE van die Hoërskool Witteberg se leer­ linge wat aan die eindronde van die Vry­ staatse afdeling van die ATKV­redenaars­ kompetisie deelgeneem het, is van links Le­ rato Mabuya, Afrikaans Tweede Bykomende Taal, en Janneke Venter, Afrikaans Huistaal.

HOKKIESPELERS van die Laerskool Jordania wat in die o.12­ en o.13­spanne van die Oos­ Vrystaat ingesluit is, is van links, voor: Lissa Ackeer, Maruné McPhail, Marisca Stander, Zani Oosthuizen en Anseri van der Westhuizen; tweede ry: Leoné Lubbe en Nana van Zyl; derde ry: Izelke Craven, Jana Stuart, Niché Odendaal, Dinamarie Janse van Rensburg en Jakkie Cilliers (reserwe); agter: Marcelle Willis, Jessica Nel, Suré Fourie, Alicia Clack en Renémarie Human.

Warriors klop Red Sea

DIE twee o.15-sokkerspanne van Warriors FC en Red Sea het mekaar die afgelope Saterdag op Reitz die stryd aangesê. Die twee topspanne in hul liga het mekaar aan die begin van die wedstryd goed opgesom. Met balbesit wat baie gelykop was, het verdediging ’n groot rol gespeel. Die verskil tussen die twee spanne was eg-

ter die gehalte van balbesit. Warriors het dié aspek van die wedstryd oorheers en het die middelveld van Red Sea met goeie voetwerk en akkurate aangeewerk aan hul glibberige doelskieters uitoorlê. Teen die tweede helfte was die span van Red Sea raadop en kon Warriors die wedstryd maklik met 3-1 wen. – Johan Viljoen

WARRIORS FC en Red Sea, twee o.15­sokkerspanne van Reitz, ding mee.

DIE volgende meisies is in die o.12­ en o.13­netbalspanne van die Thabo Mofutsanyana­ (Oos­Vrystaat) streek ingesluit. Hulle is voor: Cheralee Trotter; van links is, middel: Renémarie Human, Dinamarie Janse van Rensburg en Marcelle Willis; agter: Jana Stuart, Jessica Nel en Lize­Mari van Niekerk.

RUGBYSPELERS van die Laerskool Jordania is in die o.12­ en o.13­Griffons­rugbyspanne ingesluit. Van links is, voor: Neil Janse van Rensburg, Tristen Snyman en Cammi Roux; agter: Craven van der Nest, Janco Opper­ man en Theunis Filmater.

LUAN DE LANGE van die Laerskool Jordania het aan die Po Leung Kuk­wis­ kundekompetisie deelgeneem en is as reserwe van die Vry­ staatspan gekies.

DIE volgende leerlinge het aan redenaars deelgeneem en het na die ATKV­halfeind­ ronde deurgedring. Van links is, voor: Ro­ wan Scholtz en Krizelle Minnie; agter: Theu­ nis Bredenkamp en Chrisné Kruger.


24

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 MEI 2013

Reitz wen drie wedstryde ná mekaar Johan Viljoen DIE Reitz-rugbyklub het drie oorwinnings ná mekaar behaal. Nadat hulle vier weke gelede teen Bethlehem-Oudskoliere verloor het, het die Reitzers laer getrek en hard geoefen. Daar is hard gepraat om hulle weer op die wenpad te kry. Die span het die lesse wat hulle teen Oudskoliere geleer het, gebruik om hul probleme uit te sorteer en hulle was weer gereed vir die wenpad. Reitz teen Frankfort Die eerste pak slae wat Reitz uitgedeel het, was teen Frankfort. Die afskop was ’n nagmerrie toe die span van Frankfort binne enkele minute gaan druk het ná goeie spel tussen sy voor- en agterspelers. Daarna het Reitz egter kop gehou en beheer oor die wedstryd in die vaste skrums geneem en daar was goeie strukture by die afbreekpunte. Met dié momentum kon die span van Reitz sy agterlyn op die voorvoet plaas en die bal wyd speel en het Reitz die wedstryd met ’n telling van 41-12 gewen. Reitz teen Harrismith Daarna het die span van Reitz na Harrismith gereis om daar amok te gaan maak. Die Reitzers het soms gelyk asof hulle in die eerste helfte in ’n dwaal was. Met die aanbreek van die tweede helfte het die Reitzers hulself reggeruk, beheer van die wedstryd geneem en die wedstryd met 31-12 gewen. Reitz teen Kestell Die afgelope Saterdag het die span van Kestell na Reitz gereis om Reitz op sy tuisveld aan te sê. Dit was egter van die begin af duidelik dat Reitz niks sal terughou nie. Die spelers het vroeg beheer geneem en was teen rustyd met 31-0 voor. Ná rustyd het die Reitzers nie brieke aangedraai nie en die span van Kestell met 53-7 geklop.

REITZ (geel) teen Kestell.

Foto’s: Johan Viljoen

REITZ teen Bethlehem­Oudskoliere.

REITZ (in geel) teen Frankfort.

REITZ (in geel) teen Harrismith.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.