Vrystaat news 26 009 2013

Page 1

Tel (058) 303 5411

5 Masjien ryg pannekoek uit

8 Ekspo: mooies gekroon

14 Só maak jy beesstert

19

DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

20 Cheethas besoek Bhm

9 771026 872001 >

R3,50

Amateurrugby gedy O­VS plattelandse kampioen in Sentrale Streek Susan Maré AMATEURRUGBY in die Oos-Vrystaat is so springlewendig as kan kom. Die vreugdevure brand nog hoog nadat die Oos-Vrystaat verlede naweek as die plattelandse kampioen in die Sentrale Streek (Vrystaat, Noord-Kaap en KwaZulu-Natal) gekroon is. Die span het van 16 tot 20 September aan die Sentrale APC-toernooi op GWK-park in Kimberley deelgeneem. Die toernooi is deur Saru geborg en die amateurspanne wat aan die toernooi deelgeneem het, was die Vrystaat, Vrystaat-Platteland, Griekwas, Griekwas-Platteland, Natal, Natal-Platteland, Griffons en OosVrystaat. André van der Lingen, spanbestuurder, sê die Oos-Vrystaat het in 2013 ’n rugbyspan gekies wat uit verskeie klubs in die streek bestaan: Bethlehem-Oudskoliere, BethlehemCrezco-Collegians, Reitz, Harrismith, Ficksburg, Ladybrand en Kestell. Die afrigters van die span was Vorster Zeilinga van Kestell en Martyn Landmann van Bethlehem-Collegians. Die Oos-Vrystaat het die beste in jare gepresteer. In twee oefenwedstryde wat teen Vrystaat en die Griffons gespeel is, was die Blokkietruie

aan die wenkant. Op die toernooi het die Blokkiestruie verlede Maandag teen die Griekwas, Woensdag teen Griekwas-Platteland en Vrydag in die eindstryd teen Natal-Platteland gespeel. ’n Terugslag het die Blokkiestruie getref toe sy kaptein, Jonathan Adkins, ’n kniebesering opgedoen het en hom aan die span moes onttrek. In die eindstryd wat die Blokkiestruie met 39-17 teen Natal-Platteland gewen het, is drieë deur Louwrens Viljoen, Andrew Crafford, Henru Liebenberg, Spy Makapello, JG Oosthuizen, Andi Wolmerans, Jandré Potgieter, Gerhard van Niekerk en Stephan Schoeman gedruk. Teen rustyd was die Oos-Vrystaters reeds met 19-3 voor en het met 39-17 gewen. Vir die spelers was dit ’n groot voorreg om hul onderskeie klubs in die Oos-Vrystaatse span te kon verteenwoordig – ’n taak wat hulle met erns en waardigheid verrig het. Die kompetisie was straf, maar die OosVrystaat-span het bo almal uitgetroon. Die voorsitter van Oos-Vrystaat Rugby, Japie van Wyk, het rede gehad om baie trots op sy span te wees. Hy het met ’n traan in die oog almal in die kleedkamer bedank – afrigters, spanbestuurder en al die spelers vir hul 100%-toewyding en dissi-

KAMPIOENE: Die Oos­Vrystaatse rugbyspan is as die wenner aangewys van die Sentrale APC­toer­ nooi vir plattelandse amateurrugby wat in Kimber­ ley gehou is. Die toernooi is deur Saru geborg. Die Blokkiestruie van die Oos­Vrystaat het die span van Natal­Platteland in die eindronde geklop en is as kampioen gekroon. Heel voor in die middel is Japie van Wyk, voorsitter van Oos­Vrystaat Rugby, met die trofee wat die span gewen het. Regs: Die Saru­ trofee wat die Oos­Vrystaatse rugbyspan as kampi­ oen huis toe gebring het. Foto’s: Verskaf pline die week deur. “Julle is die trots van die Oos-Vrystaat,” het hy gesê. Die spelers het soos een man opge-

staan en hande geklap en Van Wyk bedank vir sy onbaatsugtige werk, liefde en trots vir die Blokkiestruie die afgelope 30 jaar.

Talle hoogtepunte op Maloti­fees Susan Maré

’n Ou, ou verhaal

WWW.VRYSTAAT.CO.ZA

NAGENOEG 3 000 mense uit alle dele van die land en selfs van Spanje het die Kwêla-Maloti-fees verlede Saterdag op Fouriesburg meegemaak. Ná maande lange voorbereiding het 20 September eindelik aangebreek. Fouriesburg het nie net sy 120ste bestaansjaar gevier nie, maar is aangewys as Suid-Afrika se Dorp van die Jaar. Die feespret het Vrydagaand op die skouterrein van die dorp begin en die pret is Saterdag voortgesit met talle hoogtepunte en interessanthede. Die optog, Van toeka tot nou, gelei deur ’n tradisionele span osse wat ’n wa getrek het, het besoekers in vervoering gehad. Die optog was ’n mengsel van oud en modern en heel agter het van die modernste trekkers die vertoning afgesluit.

Fouriesburg het ’n spesiale trofee vir die onderskeiding as Nasionale Dorp van die Jaar 2013 ontvang wat deur dr. Clem Harrington van die Dihlabeng-munisipaliteit in ontvangs geneem is. Martie Craig van die Fouriesburgforum sê: “Ons is baie dankbaar vir die borgskap wat ons van die Dihlabeng-munisipaliteit ontvang het. In Mashaeng het die mense die sokkeruitspeelwedstryde terdeë geniet en die verrigtinge is met ’n konsert deur Kaya afgesluit. Shaxes Kumalo van Ofm was ’n uitstekende seremoniemeester. Die Fouriesburg Pirates het met die wentrofee weggestap. “Die naweek is op ’n gepaste wyse met ’n dankdiens in die NG kerk afgesluit. “Ons wil nie net die Dorp van die Jaar wees nie, maar ook ’n dorp vir die Here.”

MARTIE CRAIG (links) en Nelis Roos, voorsitter van die Fouriesburg­fo­ rum, lei die feesoptog in die arena op die skouterrein in met dié dorp se 120ste bestaansjaarvieringe verlede naweek. Fouriesburg is Suid­ Afrika se Dorp van die Jaar 2013. Foto: Susan Maré


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

KS

ortliks nippets

TOUCH THE HEM OF HIS GARMENT: ’n Interkerklike dag van gebed, genesing en vergifnis vir vroue word op 5 Oktober by die Hoeksteenkerk in Paul Laeseckelaan op Bethlehem aangebied. Dit kos R50 per persoon wat tee en ’n ete insluit. Dit gaan ’n dag van bederf wees, sê Esther Lees. Vooraf-registrasie is nodig sodat reëlings vir die spyseniering vlot kan verloop. Rig navrae aan Lees by 082-365-6487. Bethlehem se ekspo: 3 tot 5 Oktober op die Bethlehemse skouterrein. Programbesonderhede op bll. 8 en 11. Ds. Rikus se lekkerlees-blog: Besoek gerus Vrystaat se webtuiste op www.vrystaat.co.za, kliek op Gemeenskapsgebeure en dan op Blogs. Ds. Rikus Hattingh van Bethlehem se blog, Vryval, kan hier gelees word. Meningspeilings op Vrystaat se Facebook blad en webwerf: Sê jou sê oor gemeenskapsgebeure. Jy het ’n stem, ’n mening en durf om te sê hoe jy sake sien en ervaar. Neem gerus deel aan meningspeilings op http://facebook.com/Vrystaat of www.vrystaat.co.za. Mengelmoesfees van die NG kerk Môrelig: Saterdag 28 September van 07:30 op die kerkterrein. Baie kos, gebak, biltong en vleis, buitelug-aktiwiteite (perde, vierwielfietse, speletjies en ander) en samesyn. Navrae: Jan Sauer by 082-440-9182 of die kerkkantoor by 058-303-4935. Vonkfiksie en vonkprosa vir Vrystaat: Is jy ’n skrywer en wil graag jou werk gepubliseer sien? Stuur jou storie in Afrikaans of Engels aan smare@volksblad.com vir oorweging om op Vrystaat se webwerf gepubliseer te word. Die maksimum getal woorde is 150. Mooi bydraes is reeds ontvang. Die uitnodiging geld alle ouderdomsgroepe, ook leerlinge in skole. Hou Vrystaat se webwerf by www.vrystaat.co.za hiervoor dop. VERSE: Proverbs 14:11 The house of the wicked will be destroyed, but the tent of the upright will flourish. ) It pays to always do what honours God. ) Then we can know what it means to flourish. ) As you endeavour to please God, He will come and cause you to flourish. Prayer: Lord Jesus, help me through Your Holy Spirit that in everything that I do, I choose to do what pleases and honours You alone. Amen.

MaP ‘without leaders’

Wees deel van projek

AT a special council meeting of the Maluti-a-Phofung Municipality (MaP) both the executive mayor and the municipal manager tendered their resignation with immediate effect. Both of them had been in the position for about a year, and were the second mayor and manager to have been appointed since the 2011 election. Both Sarah Moleleki and Madala Ntombela are members of the ANC Free State PEC and despite intensive intervention from the MEC and various ANC leaders, no suitable person within the council could be found to take over the position of mayor. Leona Kleynhans, DA councillor of the MaP, says information obtained by the DA indicates that various options were considered by the ANC including bringing in previous MaP councillors or offering the position to an opposition councillor. The DA is of the opinion that this entire fiasco has come about because of political appointments, with no relevant qualifications, being made from the office of the premier, political interference in the administration, and the absence

DIE Rapportryersbeweging op Bethlehem dra ’n knapsak met groeteboodskappe ter viering van die Groot Trek 175. Dié knapsak het reeds van Wellington vertrek. Dit word elke naweek op die volgende oorgeepunt met groeteboodskappe gelaai. Dit sal ’n draai by Bloedrivier (16 November) maak en dan op Geloftedag by die Voortrekkermonument eindig. Danie Eichstädt, voorsitter van die Bethlehem-Rapportryers, het gesê dat hulle soveel moontlik van die Afrikaner-organisasies wil betrek om “ ’n feestelike Saterdag te verseker”. Almal word genooi om ’n beplanningsvergadering op Dinsdag 1 Oktober om 18:00 in die museum by te woon. Eichstädt sê ook dat organisasies deur enigiemand verteenwoordig kan word. Daar is geen beperking op getalle nie. Almal moet egter net hul eie opvoustoele bring. “Hierdie projek het niks te doen met die 4x4-kykNET-span en die FAK-toer nie omdat dit baie moeilik was om datums te sinkroniseer. Op enkele plekke kon ons korpse darem betrokke raak by die span se besoeke,” het Eichstädt gesê. “Handhaaf en bou – dinamies en inspirerend.” Bel Eichstädt vir meer inligting, vir die sakelys van die vergadering op 1 Oktober en om plek te bespreek by 082-336-2353.

Susan Maré

of any strong leadership from the politicians or the administrative personnel. This has had the effect of officials not having the capacity to perform and yet having impunity through the nature of their appointment, while the few capable officials eventually resign as a result of the political interference in their work. The MaP is a huge municipality with a budget of R1,5 billion, massive development and service delivery challenges, a very high unemployment rate and tremendous socio-economic needs regarding the community. The DA feels it is imperative that there must be a highly capable and professional staff to begin to address all the challenges. Kleynhans says currently the municipality is in very dire financial straits and service delivery has all but ground to a complete halt. Almost every department in the municipality is a disaster. The only achievements of the municipality in the past two years have been the handing out of an occasional house, wheelchair, blankets or food parcels, or the employment of a few hundred people in piece jobs. The DA is adamant that the municipality is

being run like an NGO, instead of a serious government institution which is mandated to use taxpayers’ money to deliver services. At the council meeting an acting municipal manager, Charles Tsaetsane, was appointed for a period of three months, while the current chief whip, Vusi Tshabalala, was appointed as acting executive mayor until a “proper” mayor could be found. After the meeting, MEC Bulwana said that political staff need not fear for their position as they would not be removed. He also said that a task team of experts from the province would be sent to assist the municipality. The DA wonders who these experts can be, as the province is also in dire straits regarding financial management and service delivery. Kleynhans says: “As we warned before the 2011 election, the ANC is not capable of governing, and even if they wanted to they do not have the capacity to deliver quality services to the residents. Their policy of cadre deployment has destroyed any possibility of a well-run administration. The people of the MaP are waiting for service delivery, but instead they are getting a comedy show.”

Bly só op hoogte VRYSTAAT viervoudig: gedruk­ te koerant op Donderdae, web­ werf, Facebook en mobi site. Was jy al op Vrystaat se web­ werf? Besoek gerus www.vry­ staat.co.za gereeld vir nuus, foto’s, blogs en ander interes­ santhede. Die webwerfbesoe­ ker hier is Coleen Cilliers, ver­ koopbestuurder van Vrystaat. Foto: Susan Maré

Enquiry to Dihlabeng Municipality Susan Maré

VRYSTAAT asked Thabiso Tsoaeli, municipal manager of Dihlabeng, Thjetane Mofokeng, mayor of Dihlabeng, and Dr Clem Harrington, councillor and member of the mayoral committee the following: On 28 June 2012 Vrystaat, after attending a meeting in the offices of the mayor of Dihlabeng, published with optimism an article, “Ontwikkeling oorweeg”, and also attended the meeting of the Dihlabeng Municipality led by Dr Harrington. Developments of millions of rands which could benefit Bethlehem and create jobs, were on the agenda.

Brian Jardine – Development in the Groenvoerlande. Ters Will of Fine & Country – on behalf of Greenfields Foton, Barlow World SA (PTY) LTD and Land Chep SA (PTY) LTD. Harrington said he was very optimistic that all these application would be considered positively by the municipality and that it would be an enormous injection for the Bethlehem economy and development in the Groenvoerlande. Still nothing has happened – the business people who applied for land did not hear a word from the municipality. Why are you as municipality not in-

terested in boosting the economy in this way which can lead to job creation and many other benefits for the community? What exactly is the problem? Is it because the business people who applied for land are white? How is it possible that any municipality can put developments like these on ice and not even answer the business people who applied for land? ) Businessmen in Dihlabeng who are also experiencing the same indolence and ignorance of the Dihlabeng Municipality and would like to comment can send their comment to Susan Maré at smare@volksblad.com.

Campaign held again AN Arrive Alive Campaign at the Fourway Stop on the outskirts of Reitz will take place again this year on 13 December from 09:00. This annual event, initiated by the Greyling Broers Caltex in Reitz, is in conjunction with the Eastern Free State Incident Management, the police, Provincial and Municipal Traffic Departments, emergency services and Fire Department, organised by Gerrie Lubbe, co-ordinator from Reitz. Inspections will be done and drivers will be encouraged to obey the traffice rules and reach their destinations safely. Cooldrinks, milk and fruit juices will be provided for the drivers of vehicles passing the control point, to enable them to stretch their legs and relax before resuming their journey. Tourist brochures of different towns and provinces will also be handed out. Lubbe says: “ To enable us to make a success of this project we are relying on financial and/or other donations such as brochures. Advertisement can also be placed in our booklet.” Phone Lubbe on 058-863-2489.


VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

3

THE GWK Cherry Festival will be taking place from 21 to 23 November at the Ficks­ burg show grounds. For more information visit www.cherryfestival.co.za.

FOURIESBURG is met talle nasionale eerbewyse aan boere ’n krag in landbou in Suid­Afrika. Landbou rugsteun dié mooi Oos­Vry­ staatse dorp. Hierdie pragdier was deel van die feesoptog. Sien nog foto’s en nuus op bll. 5, 14 en 15. Foto’s: Susan Maré

DAAR kom die wa . . . Heel voor is die sangers David Fourie en Sarah Theron wat op die Fouriesburg­fees opgetree het. Agter op die wa sit Andrew James, Jannie Moolman en ’n onbekende vrou.

DIE Fouriesburg­fees was ’n fees vir álle inwoners wat bewys het op dié dorp kan en wil almal saamstaan tot voordeel van die ge­ meenskap.

DIE plaasskool Erfdam in die distrik Frankfort het ’n reünie in die Olifant­lapa op die dorp gehou. Talle oud­Erfdammers het van heinde en ver gekom om saam te kuier en herinnerin­ ge op te roep. Van links is Dorothea Claasen, oudleerling, Su­ san Claasen, getroud met ’n oudleerling, en Gerbrecht Muller, oudleerling en organiseerder van die reünie. Foto: Susan Maré

Festival still huge success

THE success of the Cherry Festival 2012 during which, despite the dreadful economic climate, no fewer than 22 000 people flocked through the entrance gates, can only be ascribed to meaningful sponsorships, good marketing tactics and substantial media exposure. The organising committee goes to great lengths each year to ensure that the GWK Cherry Festival is well-represented at the Tourism Indaba and various travel shows and to make sure that the festival gets its fair share of media coverage. Gavin Boy, co-ordinator of Cherry Festival 2013, says: “We have partnered with certain universities in a number of market research surveys to ensure that we remain right on point. We have shown, too, that being creative with a limited budget does have its pay-offs. As we gear up for the Cherry Festival’s golden anniversary in 2017, we’ll be rolling out the red carpet to continue to bring the best of South African talent to you. “Our website gets 40 000 hits per year and we encourage you to subscribe to our newsletters. We also assure you that we are open to any suggestions for making the festival even better. Make an investment in time and read about Ficksburg and the Eastern Free State and visit our alternative website www.goficksurg.co.za – you will be amazed.”


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Vrystaat HOOFARTIKEL

Posbus 21, Bethlehem, 9700

Dorp van die Jaar vier erfenis DIT is op Erfenisdag dat ’n besonderse dankwoord aan alle betrokkenes van die Fouriesburg-forum kom. Fouriesburg is in sy 120ste bestaansjaar as Suid-Afrika se Dorp van die Jaar in 2013 aangewys. Die hoogtepunt hiervan was die feesnaweek op 20 en 21 September. Martie Craig van die Fouriesburg-forum sê heel gepas: “Ons is trots, gelukkig en geëerd dat ons ons bestaansjaar op só ’n manier kon vier. Die proklamasie wat Fouriesburg as ’n dorp verklaar het, is op 1 Junie 1893 uitgevaardig. Ons het ons verrigtinge op 2 Junie met ’n dankdiens begin en op 22 September met ’n dankdiens geëindig. “Ons tema: My erfenis is vir my mooi. Ons wil nie net die Dorp van die Jaar wees nie, maar ook ’n dorp vir die Here.” Fouriesburg, een van die Oos-Vrystaat se klein Nasaret-dorpies, het bewys wat ’n gemeenskap deur saam te staan kan bereik. Soos feitlik alle dorpe is munisipale dienslewering hier ook nie altyd eersteklas nie. Dit sou egter ’n groot mistasting wees om die dorp op sy uiterlike te beoordeel soos ’n anonieme briefskrywer dit op bl. 5 probeer doen. Daar is dinge wat nie van Fouriesburg weggeneem kan word nie. Dit is die vermoë om te kan saamstaan en -werk. Daar is ook die dorp se kosbare erfenis van sandsteen, tot mense wat uniek deel is van die karaktervolle gemeenskap, sy skilderagtige omgewing met die skoon uitsig op die berge, ’n landbougemeenskap wat nasionale prestasies oplewer en die liefde en verdraagsaamheid tussen alle bevolkingsgroepe. Gun Fouriesburg sy goue jaar. Dalk moet ander dorpe wat ’n lelikeeendjie-stryd teen agteruitgang voer juis Fouriesburg se voorbeeld volg. Die geheim van erfenisbewaring lê ongetwyfeld in eendrag wat sterk en magtig maak en onmoontlike dinge moontlik. Ná alles sê Fouriesburg: “My erfenis is vir my mooi.” Mooi is dit inderdaad.

BL

riewe etters

Posbus 21/ PO Box 21 Bethlehem 9700

Fouriesburg steeds ’n dorp JOHAN VAN WYK, Fouriesburg: KYKNET se Dorp van die Jaarkompetisie laat my telkens dink aan Nataneal se vraag in Johannes 1:47. Toe Fillipus hom meedeel dat hulle die profeet (Jesus) uit Nasaret gevind het, het hy mos gevra: “Kan daar iets goeds uit Nasaret wees?” Die antwoord is ’n besliste ja. Nie net ten opsigte van Nasaret nie, maar ook van dorpe in Suid-Afrika – al het baie weens onbevoegde munisipale bestuur en swak dienslewering jammerlik verval. Ons sien dit aand ná aand op televisie. Dat die inwoners van talle dorpe nie gaan lê het nie en desondanks probeer om met deelname aan die kompetisie die vlag hoog te hou is ’n riem onder die hart. Al is die beeld van dorpe wat vir die kompetisie voorgehou word dikwels ietwat verwyder van die werklikheid. Mooi, kleurvolle tonele uit ’n gunstige hoek wat plakkerskampe, besoedeling en slaggate en riool in strate miskyk, plus die van vriendelike, gelukkige mense wat in harmonie saamwoon, is die spesialiteit van bedrewe fotograwe. In die mediawêreld is dit bekend as window dressing. Dalk ’n bietjie boereverneukery,

Word stil en ontdek die wonderwerke om ons DIE derde keer in twee jaar stop ek by die Shangri-La-hotel net anderkant Bela-Bela. Met die intrapslag sak daar ’n kalmte oor my gemoed. Dis asof my hele siel onthou hoe hierdie plek ’n mens tot stilstand kan bring. Nee, nie die hotel self nie, maar die kursus wat ek weer kom bywoon. Dit gaan oor holistiese leer. Ons het mos kopbehep en inligtingsbelaai geraak. Ons het vergeet dat ons sielerus in stilte kom. En daar is soveel maniere om met jou siel te gesels. Een van die bestes is om met ’n inklose pen op ’n stuk deurslagpapier te skryf. Daardie interne kritikus wat die hele tyd wil spelfoute regmaak, netjieser wil skryf en kommentaar lewer oor wat verkeerd is, is meteens gesnoeker. Dan skryf ons ’n brief vir daardie kind in jou wat voordat jy tien jaar oud was nog met opgewondenheid na die wonder van die lewe gekyk het. Sommige mense huil, ander

maar hoekom nie? Ons leef op stuk van sake in ’n gebroke wêreld waarin niks volmaak is nie. Dit is boonop goed vir jou gesondheid om jou oë vir die negatiewe te sluit en op die mooi en opbouende te konsentreer. Norman Vincent Peale noem dit the power of positive thinking. Ek probeer hard om dit na te streef. Nie dat ek altyd daarin slaag nie. Ek kry byvoorbeeld telkens ’n pyn in my nek as my kunstande dreig om in die Paarl (tweede ná vanjaar se wenner, Fouriesburg) se hobbelrige hoofstraat (die langste in die land) uit my mond te skud wanneer my kinders wat daar woon my soos ’n koppelboklam soontoe sleep. G’n wonder die Paarl het verloor nie. Maar eintlik moes hy gewen het. Hoewel lankal nie meer ’n “dorpie” nie, soos inwoners hom in die aanloop tot die kompetisie bestempel het in ’n klaarblyklike teruggryping na sy eens bekoorlike plattelandse karakter, is die Paarl, ’n stad in wording, steeds ’n mooi, geliefde plek. Ek kry ook ’n pyn in my nek wanneer ek op ’n weekdag op Hermanus in verkeer verstrengel raak wat Londen se Piccadilly Circus in spitstyd na ’n stil Sondagmiddag op Loeriesfontein kan laat lyk. Toe ’n naïewe RSG-omroeper onlangs na Hermanus as ’n “klein, rustige vissersdorpie in die Overberg” verwys het, het ek nie geweet of ek moet lag of huil nie. Ek vermoed hy was tydens die Groot Griep van 1918 laas op Hermanus. Indien nie kort ná Jan van Riebeeck se landing aan die Kaap in 1652 nie. Dit geld ook Bolandse dorpe soos Worcester, Ceres en Stellenbosch. Hulle bars uit hul nate en loop gevaar om weens voortstuwende

S

lag – maar die uiteindelike besef is dat ons te maklik kontak verloor met die innerlike kind. Dan is daar die staptog. Ons stop by ’n boom. Die opdrag kom: Stap die volgende honderd meter asof dit die laaste helfte van jou lewenspad is. Hoe sal jy dit doen? Dalk sal jy dele wil huppel, dalk meer wil rondkyk, dalk die natuur wil waardeer, dalk net ’n bietjie sit en dink – in die meeste gevalle sal ’n mens net nie teen dieselfde tempo wil voortjaag soos jy nou doen nie. Dit is wanneer jy vir 20 minute sit en een lemoen eet dat jy besef hoe ons selfs ons

groei te ontaard. So het elke huis en elke dorp sy kruis. Of soos my geskiedenisonderwyser graag gesê het: Sy “Waterloo”. Maar ek gun Fouriesburg sy oomblik van glorie. Ek was jare laas daar. Is hy nog ongeskonde? – Fouriesburg is nog ’n plattelandse dorp in die ware sin van die woord. Dit is een van min gemeenskappe waar alle inwoners en Fouriesburgers in die distrik nog kan saamstaan. Hulle kon só saamstaan in spanwerk en geesdrif dat hulle die magtige Paarl met 68 000 SMS-stemme geklop het. Dit spreek boekdele. Ná 120 jaar beur hierdie klein Nasaret van die Oos-Vrystaat met optimisme vorentoe – geseënd en gelukkig. – Red.

Laer tarief kan inwoners help INWONER, oord:

andsteenpraatjies

Bethlehem-aftree-

EK verwys na die samewerkingsooreenkoms tussen die Dihlabengmunisipaliteit en die AHI-tak op Bethlehem. Ek wil die volgende versoek tot u rig. Die munisipale erfbelastingwaardasies is baie hoog. In die aftreeoorde woon pensioentrekkers wat in die huidige ekonomiese toestande baie swaar kry. Die rentekoers is laag en baie van ons moet net daarvan leef. Ons kan skaars in al ons behoeftes voorsien. Kan die munisipaliteit ons aftreeoorde nie tegemoet kom met ’n laer tarief nie? Baie dankie.

maaltye afjaag. Ruik ’n bietjie weer aan ’n lemoen. Vryf die lemoen oor jou wang. Voel die tekstuur. Dan, wanneer dit oopgaan, let op die wonder-verpakking van die skyfies. Jy is op pad om ’n wonderwerk te eet, om dit deel van jou te maak. Elke dag bid ek snelgebede voordat ek eet. Weet ons nog waarom ons bid voor etes? Tussendeur besef ek al hoe meer dat die lewe seker soos ’n dans moet wees, dalk ’n stadige dans met elegansie, skoonheid en sagte musiek. Maar verpligtinge noop ons om die dans in ’n jaagtog te omskep. Ons trap tone, die musiek dawer kakofonies die simfonie van besig-wees uit, en ons forseer die ritme. Ek was drie keer in twee jaar by ShangriLa. Elke keer probeer ek om die ervaringe te hou. Elke keer neem die maalstroom van die lewe my weer soos ’n stokkie in die stroom. Wanneer laas het jy stilgeword?

Dankbaar vir hulp met seun HENDRIK GROBBELAAR, ha.grobbelaar@gmail.com, Pretoria: HIERMEE wil ek my hartlike dank uitspreek teenoor almal wat my en my gestremde seun, Henru, altyd ondersteun. Danksy almal kon ons vir Henru ’n nuwe stoel aankoop wat sy lewe baie makliker gaan maak. Ek wil dankie sê aan mense wat selfs anoniem skenkings gedoen het en wat ons al hier in Pretoria kom besoek het om ons te ondersteun.

Hartseer oor dier MENINGSPEILING op Vrystaat se Facebook-profiel. Besoek gerus hierdie leestuiste gereeld en gesels saam oor allerhande sake. Tema: Die verlies van ’n troeteldier. Was jy al deur so ’n trauma en hoe het jy dit verwerk? Wat was jou troeteldier se naam en vertel ietsie van hom of haar. Susan van Huyssteen: Julle gaan ons almal aan die huil sit hier! Cecile Potgieter: Ek het nooit gedink ek sal na ’n hondjiekind verlang soos na ’n mensekind nie. Eslé Botha: Ek verlang nou nog na Bambi. Sy is in my arms dood. Sy was die mooiste Husky-kind, my eerste meisiekind. Baie en lang trane oor haar gehuil. Al hoe ek troos gekry het, was by my ander Husky wat nog by ons was. Rus in vrede, Bambi. Susan Odendaal: Ja, dis hartseer as jou hond doodgaan. Ons honde is soos kinders. Twee groot honde het ons Jack Russell verskeur. Ons het

Ek wil ook meld dat daar genoeg geld beskikbaar was om vir Henru spesiale kussings te kon koop, asook ’n spesiale matras wat help met die voorkoming van druksere. Dit is een van die soort matrasse wat met ’n elektriese pomp werk en uit verskillende buise saamgestel is. Die pomp blaas lug in elke alternatiewe buis en blaas dit weer af. So verseker dit dat die drukking op Henru se liggaam verwissel. Dankie nogmaals aan almal. Bo alles, dankie aan ons Hemelse Vader wat ons dag vir dag dra. veearts toe gejaag. Die middag het hulle laat weet hy’s dood. Sy naam was Plakkies. Hy’t gehou van visvang. Ons praat nog baie van hom. Susan Maré: Die onverwagse dood van my Engelse boelhond, Lisa, ’n paar dae gelede, is traumaties en slaan my diep. Sy is vermoedelik aan ’n hartaanval dood. Ek weet nie of ek ooit weer op my voete gaan kom nie. Die oorblywende hondjie, Siska, en ek is dwalend in die huis. Eben de Klerk: Soms is troeteldiere ongelooflik spesiaal. ’n Mens moet maar dankbaar wees vir die tyd wat ’n mens hul liefde gehad het en hulle kon versorg en liefhê. Ek het byvoorbeeld ’n spesiale kat gehad met die naam Innominatum. Gebore in my dogter se klerekas met ouers met die name Vinkel en Koljander – wat van Bloemfontein saamgereis het na Bethlehem. Dit is Innominatum de Kat in elke spotprent elke week in Vrystaat. Só leef sy mooi herinnering vir my voort.


VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

5

Vierkantige pannekoeke pryk op fees Susan Maré

ETRESE DE KLERK is as maatskaplike werker by die Vereniging vir Kinder­ en Ge­ sinsorg op Bethlehem aan­ gestel.

BL

riewe etters

Posbus 21/ PO Box 21 Bethlehem 9700

Why vote for the ruling party again? ALFRED MOSIA, 2870 Bohlokong, Bethlehem: HOW long will it take South

’n INTERESSANTE pannekoekmasjien is by die NG kerk Fouriesburg se eetstalletjie op die Kwêla Malotifees opgemerk. Dié masjien bak nie ronde pannekoeke nie, maar vierkantiges. Die masjien is deur Koos du Preez van Kemptonpark ontwerp toe daar knaend pannekoek gebak moes word vir Die Voortrekkers waarby hy en sy vrou betrokke was. Sedertdien bou die 87-jarige Du Preez die masjien op aanvraag indien mense belang stel. Sy skoonseun het nou begin om die masjiene te vervaardig. Die groot masjien bak ongeveer 400 pannekoeke per uur en die kleiner masjien sowat 300 pannekoeke. Africans to be a truly free nation? How long shall we suffer the injustices from the self-imposed despots who faked their self-impositions by mock elections like Mugabe? How long are we going to suffer Sharpeville, the Marikana Massacre from the so-called government elected by “the people for the people” because “people” are members of the party? This country is at the edge of a precipice, and one wonders how long will the grip hold before it tumbles to its premeditated suicide. Three weeks ago on a Wednesday, I accompanied a friend to the

FOURIESBURGERS het die NG kerk se stalletjie op die dorp se fees be­ dryf. Van links is Piet en Henk Venter en Corrie Snyman. Foto’s: Susan Maré ’n Tradisionele pannekoek se oppervlakte is 275 cm² terwyl die masjien se pannekoekoppervlakte 300 cm2 is vanweë die hoeke wat byDihlabeng Regional Hospital to have an eye operation. To my disgust all the patients that were booked for that day were turned away and given a tentative date somewhere around March next year. The reason for this irresponsible act was that the Department of Health does not have funds. But guess what? The lords in positions of power are gallivanting all over the province with the taxpayers’ money, canvassing for the coming elections. If the Department of Health cannot fulfil its mandate for whatever reason, it has grossly violated the rights of the nation.

kom. Liefdadigheidsorganisasies of kerke wat hieroor navrae wil rig, kan 082886-3120 skakel. It must give a full account as to why they failed, and it should not be given a second chance. Culprits should face litigation and marching orders. Barely a week after that incident at the hospital an ambulance was called not far from where I stay. It was my son who was calling because the family was traumatised. He said the Call Centre asked him senseless questions, like: What was the person doing, what is she doing now, where is that number you are talking of . . .? After an hour when the ambulance ultimately arrived

TWEE Du Preez­broers op die Fou­ riesburg­fees. Van links is Fouries­ burger Louis du Preez, skrywer van die Brandwaterkom 2013 wat binnekort gepubliseer en bekend gestel gaan word, sy broer, Kobus, van Kemptonpark, wat die panne­ koekmasjien ontwerp het, en Lynette Jacobs van Bloemfontein, Kobus se dogter. the person was deceased. Now the question is, what for? There are complaints and suggestion boxes in all the hospitals. They are just monumental pieces decorating hospitals. To whom are we going to direct our concerns when the leader is a suspect awaiting conviction? I wish I could reiterate the words of Paul to the Galations: “You foolish Galations, who bewitched you?” Why? Because we see and hear these things. Come election time, we vote for the same party that is composed of self-confessed mafias.

Wendorp moet darem titel van Dorp van die Jaar 2013 werd wees NIE ’n FOURIESBURG-INWONER, Bethlehem: DIT moet ’n grap wees. Ek kan niks sê van die Fouriesburg-fees nie, want ek was nie

daar nie. Dat Fouriesburg die Dorp van die Jaar 2013 is, is beslis ’n grap. Familie en vriende van oor Suid-Afrika heen moes gestem het omdat hulle lojaal teenoor die

dorp of inwoners is/was. Behalwe vir ’n paar besighede wat netjies is en ’n nuwe inkopiesentrum lyk die res van die dorp uiters power. Dit is vuil en onnet op die dorp. Nee wat, ’n dorp

moet dit darem werd wees. Kan nie help om te wonder hoe daar oor die dinge besluit word nie. Kom die mense wat die “status” toeken nie ’n bietjie kyk nie?

– Hopelik gaan Fouriesburgers en nie-Fouriesburgers reageer en die briefskrywer op bogenoemde antwoord. – Red.


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013


VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

7


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Ekspo bied bederfkans vir vroue VROUE van die Oos-Vrystaat, staan nader vir ’n aand vol pragtige klere, heerlike kos, skoonheid, musiek en pret. Die jaarlikse Bethlehem-ekspo op 4 en 5 Oktober begin op Donderdagaand 3 Oktober met ’n spoggeselligheid vir vroue wat beloof om dié hoogtepunt vir 2013 op die Oos-Vrystaat se sosiale kalender te wees. Dit is die ideale geleentheid vir elke vrou om tyd en aandag aan haarself te bestee en heelwat pret te hê. Die geselligheid met die tema Hot & Fabulous word in die Truida Kestell-skoolsaal aangebied en begin stiptelik om 18:30. Veiligheid kry voorkeur en daarom is daar veilige parkeerplek, asook sekuriteitswagte, om elke vrou gemoedsrus tydens die geleentheid te gee. Formele aandrokke en trourokke deur die bekende plaaslike ontwerper Christelle Louws en ander ontwerpers sal vertoon word deur die tien topfinaliste van die Mej. Ekspo- en topses van die Mev. Ekspo-kompetisie, asook deur die aktrise/model/danser Marijke van der Westhuizen (née Maree) en Salome Nel-Gouws. Voornemende bruide kan die aand gerus bywoon vir pragtige trourokke en troubykomstighede en juweliersware deur Miglio. Informele drag van die Milady’s “M”-klerereeks sal ook saam met ander sporthandelsname se sportklere bekend gestel word. Geskenkpak van R400 Elke vrou teenwoordig sal ’n geskenksakkie van R400, ’n heerlike driegangmaaltyd, ’n gratis skemerkelkie en verskeie kanse om lekker pryse te wen ontvang. Op die geleentheid sal foto’s geneem word en daar sal ook ’n fotokraampie (photo booth) wees waar almal pretfoto’s kan neem om die aand te verewig. ’n Kontantkroeg met kaartgeriewe is ook beskikbaar. Die sanger David Fourie tree as gaskunstenaar op en boonop word 2013 se Mev. en Mej. Ekspo, asook die leserskeuse, aan die einde van die aand gekroon.

Die ander kategorieë (ouderdom 4 tot 15) word op Saterdag 5 Oktober op die Bethlehemekspo op die skouterrein gekroon. Hierdie geleentheid bied aan alle vroue van die Oos-Vrystaat die geleentheid om teen slegs R250 per persoon of R2 500 per tafel nie net haarself ’n bietjie te bederf nie, maar ook ’n bydrae tot die J9-stigting (Joost van der Westhuizen se fonds vir motorneuronsiektelyers) en Kansa op Bethlehem te maak. Die wins van die aand sal aan die twee organisasies geskenk word. Koop jou kaartjie, haal uit jou spesiale nommertjie of selfs jou trourok om jou vir dié spesiale aand te tooi, maak jou vriendinne bymekaar en kom geniet die aand. Kaartjies is te koop by Vrystaat, Maluti en Express EFS se kantore in Mullerstraat of by Christelle Louws Couture, Solomons Mica, Nuveau, The Cut Above, Niins, Libri en Curves.

DAVID FOURIE ELEGANT. Só het Ina Enslin van die Hoërskool Voortrek­ ker op haar matriek­ afskeidgeselligheid gelyk.

INA ENSLIN se bykomstighede.

INA ENSLIN


VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

9


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

BELANGHEBBENDES by die Nissan­bakkie wat Markus Buys (mid­ del) van Warden gewen het, is van links Veralda Schmidt (Nissan), Frank Swanepoel (Nissan), Debbie Hopf (Landmark) en At Schoom­ bie (Nissan). Hier word die sleutel aan Buys oorhandig. Foto’s: Louise Roets

MARKUS BUYS van Warden – baie in sy skik agter die stuurwiel van die Nissan­bakkie wat hy gewen het.

Warden­man wen ’n bakkie Louise Roets NÁ baie gebede en drie inskryfvorms wat vroulief per ongeluk in die vullisdrom laat beland het, is Markus Buys, ’n inwoner van Warden, eindelik ’n bakkie ryker. Dit het gebeur nadat hy ’n Nissan Navara KingKab XE 2,5 dCi 4x2 H/ R in Nissan en Landmark se ’n Boerse Plan-kompetisie gewen het. Hy het dié landwye kompetisie by die plaaslike VKB Landmark-tak raakgesien en besluit om hom in te skryf. Alie, Buys se vrou, het egter elke keer die vorms onwetend weggegooi terwyl sy hul huis skoonmaak. Buys het toe maar die vierde vorm vinnig ingevul en dit by die houer by die Warden-tak ingegooi. Meer as 50 000 inskrywings, SMS’e en aanlyninskrywings is vir die kompetisie ontvang. Groot was Buys se verbasing en vreugde toe hulle hom bel en bevestig dat hy die wenner is.

Hy het eers gedink dit is ’n grap. Die vrou oor die telefoon het hom egter verseker dat sy droom waar geword het. Buys en Alie is bekend en gelief op Warden. Albei van hulle is pensioentrekkers, hulle doen baie vir die kerk en help enigiemand waar hulle kan. Hulle is nog boonop bobaas-pannekoekbakkers. Buys wou graag vir homself ’n bakkie koop om te help met die aanry van goedere. Maar die geluk was net nooit aan sy kant nie. Sodra hy ’n geskikte bakkie raakgeloop het, was dit óf in ’n slegte toestand, óf het iemand dit reeds gekoop. Buys het sy bakkie op Vrydag 20 September ontvang. Volgens hom was dit die langste wat hy nog vir iets gewag het. Die oorhandiging het by VKB Landmark plaasgevind. Buys het saam met die bakkie se sleutels ’n motorplan, versekering en die lisensie gekry. Hulle kon net inklim en ry.


VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Propvol program wag DIE Bethlehem-ekspo word van 3 tot 5 Oktober op die Bethlehemse skouterrein gehou. Die ekspo behels weer die tentoonstelling van nuwe motors, trekkers, vlooimarkte, en uitstallers van oor die land heen. ’n Fees vir liefdadigheid – talle aktiwiteite Die fees is gerig op liefdadigheid en ’n feestelike atmosfeer word beplan met ’n mallemeule, stalletjies, biertuin, sterkmanvertonings, hondevertonings, valskermvertonings, bulletjierugby, mininetbal, minihokkie en vele ander. Wees ook op die uitkyk vir die herlaaikursus, perdevertoning, trekkerkompetisie en -demonstrasie, Farmyard en Petting Zoo vir die kinders, springkastele, perd met waentjie vir kinders, amateurbokstoernooi, vryestylmotorfietsvertoning, veldfietsritte, kwads op die baan agter Raubex, die Diamond Rush-kompetisie, 4x4-voertuigbaan op die skouterrein en baie ander. Perdevertoning Blikkies-run ten bate van die Charlotte Theron-kinderhuis Organiseerder: Mike Malan. Bel hom by 076-570-3710. Vryestylmotorfietsvertoning (Extreme Ride Authority) Kroning van Mej. Koringkorrel Saterdag van 13:30. Meisies 4 tot 8 jaar, 9 tot 12 jaar en 13 tot 15 jaar. Trek mooi aan. Meld by die hoofpaviljoen op die skouterrein aan. Dihlabeng Mall se Diamond Rush-besigheidsaflos Die besigheidsaflos word ook vanjaar op die skouterrein aangebied. Dit word deur Liezel Wessels van die Bethlehem-marathonklub gereël. Kunstenaars Die vertonings word op Vrydag en Saterdag van 08:00 aangebied en duur tot omstreeks 23:00.

FREDI NEST

ZIRK BERGH

BOK VAN BLERK

CHRISTIAAN VAN ZYL

Kunstenaars op Vrydag: Marius van Wyk, Christiaan van Zyl, Heuning en Bok van Blerk. Kunstenaars op Saterdag: Marius van Wyk, Christiaan van Zyl, Slipstream, Zirk Bergh, Monique en Fredi

Nest Toegangsgeld R60. Dit sluit die optrede van kunstenaars in. Rig navrae aan Frans Storm by 082-8002410.

Excitement promised BETHLEHEM in the Eastern Free State is getting into festival mode and gearing up for the Bethlehem Expo, which promises entertainment second to none for one and all — ranging from the Hot & Fabulous Fashion Show for the fairer sex, through to a vibrant procession through the streets, to sporting events and music by top entertainers. One of the most exciting events – the Hot & Fabulous Fashion Show – launches the expo the night before the official opening of the event. The dress code for the evening is Hot and fabulous, giving guests the opportunity to imagine themselves treading the red carpet under the scrutiny of Joan Rivers and her notorious crew of Fashion Police. The men are also well catered for, with a course in reloading ammunition to be presented on Thursday evening and repeated on Friday. A procession through the streets of Bethlehem to the town hall will set the scene for the expo on Friday morning, after which a festive procession of drum majorettes, floats, cars and tractors will lead the way to the Bethlehem Expo itself. Some of South Africa’s best musical talent, such as Bok van Blerk, Monique, Fredie Nest and Christiaan van Zyl will be the highlight of the entertainment on Friday and Saturday evening, and a number of up-and-coming artists will also perform. There will be thrills and spills aplenty, with a business relay and freestyle motocross, plus water fun. Sport features prominently, with mini-rugby, netball, hockey and a cycle race. There will also be a diamond rush, a potjiekos competition and a display of horses performing to music, as well as dog displays, tractor demonstrations and a tractor competition. Go to www.bethlehemexpo.co.za.

11


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Lyndanskompetisie ’n groot sukses DIE Dancing Stars-lyndansklub op Kroonstad het in samewerking met Full Bloom op Bethlehem ’n lyndanskompetisie aangebied. Dit was die eerste in sy soort in Bethlehem se geskiedenis. Altesaam 97 inskrywings is ontvang en deelnemers van so ver soos Qwaqwa, Lydenburg, Kroonstad en ander dorpe het deelgeneem. Volgens Annalize Voigt was die dag ’n groot sukses.

Full Bloom is maar eers in Maart gestig, sê Annalize. “Ons het vyf dansers in die Newcomers-afdeling ingeskryf. Die dansers was gelukkig om almal goue, silwer- en/of bronsmedaljes te kon wen.” Die lyndanskompetisie is in Du Plessispark gehou. Mense wat belang stel om aan lyndans deel te neem kan Annalize by 072-720-5862 bel.

SO lyk die NG kerk Fouriesburg se pragtige nuwe gedenkmuur van sandsteen.

Foto: Annatjie du Plessis

DIE Full Bloom­lyndansers van Bethlehem is van links Roelien du Plessis, Lea Koenig, Annelize Voigt, Susan Olckers en Riana Venter. Foto: Verskaf


VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

13

Mense gee steeds vandag vir mekaar om Alet Strutt JARE gelede to motorkarre nog ’n onaardigheid was, was perdekarre die aangewese vervoermiddel. Om van die plase af dorp toe te gaan was ’n uittog en net vir belangrike sake aangepak. Agter op die perdekar was ’n gerf voer vir die perde wanneer hulle agter Saamwerk-winkel op Bethlehem uitgespan is. Hier was ’n stal vir die perde en water beskikbaar. Sake is so gou moontlik afgehandel en geselsies is met kennisse op Saamwerk se stoep aangeknoop. Verder was die boere op hul bure aangewese vir hulp in tye van siekte of ander krisisse. In tye van ernstige siekte het die bure twee-twee snags by die sieke gewaak om die huismense kans te gee om ’n bietjie te rus.

G

Een buurman het gereeld wintersaande met ’n groot jas aan opgedaag, homself in ’n gemakstoel rustig gemaak en onaardse snorkgeluide het gou sy slaap aangekondig. Wanneer nodig, moes hy dan wakkergeskud word om te help. Ten tye van ’n sterfgeval het die bure kom help graf grawe, terwyl die buurvroue by die sterfhuis alles reggesien het. Soms moes selfs swart rouklere vir gesinslede gemaak word. Die ouderling van die kontrei, of ’n waardige oom, het sommer die begrafnisrede gehou en

eselshoekie

bure het as draers opgetree. Een oggend het my ma seep in ’n groot swart driepoot-ysterpot buite op die oop vuur te gekook. Net toe kom ’n buurman daar aangejaag en skree sommer van ver: “Tante, kom help, my kind sterf!” Onmiddellik het my ma haar voorskoot afgehaal en die houtspaan in my hande gestop met die woorde: “Kyk na die seep”. ’n Kind van agt jaar moes oorneem. By die huis aangekom, was die kind reeds dood en die tweede kind ook ernstig siek. Die bure het die twee begrafnisse gereël en die bedroefdes bygestaan. Toe kom die groot droogte van 1932. Daar is onderling gehelp, maar almal het ewe swaar gekry. Gras het verdroog en daar was nie genoeg voer vir die diere nie. Baie het gevrek.

Sommige dae het ’n donker stofkombers die aarde bedek en moes die kinders met perdekarre by die plaasskooltjie gehaal word omdat dit vir hulle te gevaarlik was om te loop. Party boere het met hul vee probeer trek na beter dele, maar die diere was so verswak dat baie dit nie gemaak het nie. Banke het krediet ingekort en verbande is opgeroep. Boere het hulle plase verloor en moes elders ’n heenkome vind. Dit was donker dae, maar ons mense se geloof en harde werk het hulle weer op die been gebring. Vandag besit die meeste boere moderne boerderywerktuie en boerderymetodes het verander. Almal besit meer as een motorvoertuig en om dorp toe te gaan is nou ’n plesier. Almal gee egter nog vir mekaar om. Die belangrikste bly geloof, hoop en liefde.


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Kletskombuis laat monde water KLETSKOMBUIS was een van die hoogtepunte op die Kwêla/Maloti-fees op Fouriesburg. Van Fouriesburg se knap vroue het die voorbereiding van geregte gedemonstreer wat geen tree vir die Nataniëls, Barefoot Contessas of Tant Poppies hoef terug te staan nie. Fouriesburg se vroue was nog altyd bekend vir voortreflike tafels en gebak. Susan Maré van Vrystaat het een van die demonstrasies bygewoon toe Mantsiki Mokoena, knap kombuisvrou van René Scheepers van die plaas Magdalena, vir belangstellendes gewys het hoe om beesstert en lekker los stampmielies voor te berei. MANTSIKI MOKOENA, huishulp van René Scheepers van die plaas Magdalena is ’n voorslag. Sy het soos iemand wat trots is op haar vaardighede in die kombuis met selfvertroue in Sotho verduidelik hoe om beesstert gaar te maak. Haar werkgewer, René, was die tolk. Feesgangers kon ná die tyd ’n proesel stert en stampmielies op die proef stel en almal was dit eens dit was ’n voortreflike gereg. Die balans van die bestanddele in die beesstertgereg was goed en kruie is só gebruik dat dit nie die natuurlike smaak van die vleis oorweldig het nie, maar eerder aangevul het. Anders as die meeste ander beesstertresepte word hier van wit wyn (nie rooi wyn nie) gebruik gemaak, asook van piekeluie en van tamatie- sowel as

beesstertsop. Mantsiki wou vir belangstellendes wys hoe maklik dit werklik is om beesstert te maak. Sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt en het gewys sy is ’n vrou wat fyn in die kombuis vat. Bestanddele 100 ml koekmeelblom 5 ml mosterdpoeier 2 ml swartpeper Braai van stertstukke Meng al bogenoemde bestanddele. Rol stertstukke een vir een in die mengsel en braai daarna in ’n pan met olie. Wees versigtig dat die stertstukke nie aanbrand nie. Pak dit in ’n oondpan. Aftreksel (stock) vir die beesstert 250 ml wit wyn 200 ml beesvleisaftreksel ½ blik tamatiesop ½ blik osstertsop 30 ml bruinsuiker twee lourierblare 5 ml basiliekruid 1 ml tiemie (oppas vir te veel tiemie) 30 ml vars pietersielie Metode Meng al die bestanddele en gooi dit oor die stertstukke in ’n oondpan. Stowe ongeveer vier uur teen ’n stadige temperatuur van 160 °C . Bedien met stampmielies.

MANTSIKI MOKOENA (links) en René Scheepers.

Foto’s: Susan Maré

MANTSIKI MOKOE­ NA is ’n voorslag in die kombuis van die Scheeperse op die plaas Magdalena in die distrik Fouries­ burg. Hier demon­ streer sy in Klets­ kombuis op die dorp se 120ste bestaans­ jaarviering hoe om lekker beesstert te maak.


VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

120 kersies DIE dorp Fouriesburg sal die naweek van 20 tot 22 September nooit vergeet nie. Mense het van heinde en ver, selfs so ver soos Spanje, op dié Oos-Vrystaatse dorp toegesak om te deel in die 120ste bestaansjaarviering. Die dorp is as wenner in die landwye kompetisie Kwêla se Dorp van die Jaar 2013 aangewys. Sommer ’n dubbele vie-

ring in sy feesjaar. Die skouterrein op die dorp was verlede Saterdag ’n miernes van bedrywighede en mense.

15


VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Vrydag 4 Oktober 2013 van 14:00 – 15:00 GEVORDERDE HERLAAITEGNIEK TOEGANG: R50 per persoon per dag NAVRAE: Willem O’Neill 082 828 5456.

FOURIESBURG

Tel. 058 303 5621/2

* Stoomwas van matte en sitkamerstelle * Was , droog en stryk wasgoed * Herstelwerk aan klere DAKKE SEëL EN VERF en enige algemene herstelwerk. Skakel: Renier 072 996 9018.

GRASBALE: 1,5 m. R250. LUSERNBALE: 1,5 m. R400. Skakel 082 413 9048. KLAVIER TE KOOP: YAMAHA. Skakel 058 303 3365/083 543 9122. SANDSTENE BESKIKBAAR. Maak 'n aanbod. Skakel 058 304 2571 /082 448 7095

SELFVOERDERS EN KRUIPVOERDER TE KOOP ASOOK ROLLERS VIR U BEITELPLOEË. SKAKEL: 072°798°5065 OF 084°397°4172.

Beagle hondjies: R2 000. Ingeënt en ontwurm. Beskikbaar 23 September. 1 reuntjie, 3 tefies. Skakel 076 310 5277.

NOW OPEN! We buy, sell & restore! Sell on consignment.

• Hiring of Trailers & Vintage cars. • Knife-making. • Justine products in stock.

....worth the visit! PHONE : Dennis/Suzé 082 666 7921

• Hekmotors • Heinings Oprigting, installering, verkope, herstelwerk. 7 Jaar al in besigheid LESCOR MOTORS: vir eerlike herstelwerk aanligte petrol-en,dieselvoertuie, veral op alle VW-fabrikate. Baie billike tariewe. Skakel 058 303 7091 Bethlehem.

Skakel Abie Botha

083 688 7152

VERF huise (binne en buite), teëlwerk, bouwerk, geute, seël van dakke. Skakel 071 076 5993.

Henk v Niekerk Loodgieters Diens

Tel: 082 556 8118 Diens gewaarborg

Was van sitkamerstelle, volvloermatte en motorsitplekke. Uitsuig van water. Gratis kwotasies. Skakel Ronel 082 788 1483

SEL. 083 285 1450 • STAALHEININGS • AFDAKKE • KLEIN BOUWERKE • VERFWERK • HOUTHUISE • HOUTDEKKE • DRYWALL-MURE/ -KANTORE

TEKOMA/VR/7JUN12/JJ

SANDSTONE: Blocks, bricks, cladding, rivens, tiles, etc.Tel. 058 303 4840. 12 Archbell Street, Bethlehem.

Steeds u een-stophersteller. Stowe, ys- en vrieskaste, mikrogolfoonde, wasmasjiene. Alle onderdele. Commissionerstr. 67 Tel. 058 303 7000

VIR AL U TUINBEHOEFTES: Afsaag van bome, opsit van 'picket fence', sny van 'sleepers' en rommel wegry. Skakel AB Timbers 083 388 0173.

TEKOMA ELEKTRIESE DIENSTE

Herstel van alle elektriese/ huishoudelike toerusting, lugversorgers en huisbedrading. Industriële onderhoud. Wesselsstraat 40 Tel. 058 303 5306

Bethlehem Herstelwerk

BETHLEHEM-9-8-07-VR-LH

Donderdag 3 Oktober 2013 vanaf 17:00 – 21:00. BASIESE HERLAAITEGNIEK

AANDAG :Ons koop alle tweedehandse meubels en losgoed vir kontant aan. Skakel ons vir die beste pryse in die dorp. Bel ons gou en ons kom nou. Skakel 058 303 2912 (kantoorure) of 058 303 3194 na-ure of 083 272 3045. (Marinus).

Bemeste Eragrostisbale: 1,8-m-bale, eerste snysel. Geskik vir perde. Tel. 076 731 7815

R ROETS STAALWERKE

LOO 911

Hentie 076 168 3758

• Algemene staalwerk, hekke en omheinings • Teëlwerk • Bouwerk • Plaveisel • Loodgieterswerk • Verfwerk • Algemene herstelwerk

Andries Blignaut

‘N HERLAAIKURSUS WORD BY DIE SKOUTERREIN AANGEBIED

Bethlehem Droogskoonmakers

HENK 2-23-10-08-VR-LH

Boerboel- x swart Labrador-hondjies, lyk soos swart boerboel. Pragtig. Gebore 10/07/2013. Henri Wales 058 304 2621/076 731 7815

BETHLEHEM-10-1-07-VR-LH

16

Sel: 082 407 2516 STEEL STATEMENTS/VR/24/5/12/jj

4-TON TRUCK with drop sides available for any transport to be done. Phone 083 388 0173.

BLESSED alon Beauty S

Bio Sculpture gelnaelkliniek en ontharingsalon Skakel Wilmie 082 927 7820 BETHLEHEM

• Status eyebrows • Manikuur • Pedikuur • Wax • Facials • Ooghaartint • Eye lash extentions

GEMEUBILEERDE KAMERS, elk met en suitebadkamer, stoep en private ingang, selfsorg. 082 927 7820


VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Uvongo Nautilus No.8

South Coast Wide variety of selfcatering holiday flats and houses. Phone 039 315 1313 www.bvh.co.za Our beaches are back!

CASE AXIAL FLOW 1688 met 8 000 ure te koop. R350 000 plus BTW. Skakel 082 413 9048.

Skakel Unis 082 959 9120

Vakansiewoonstel, 6-slaapplek, jacuzzi, lugversorging en braai geriewe op balkon.

Vir bespreking skakel René 039 315 1345 AMANZIMTOTI: Albatros-vakansiewoonstelle teenaan die strand. (031 904 2167/031 903 7734. Sel 082 478 4659 . Sms slegs.

Ek koop byna alle tweedehandse motors, bakkies, kombi’s, Ventures vir kontant. Ek is bereid om te kom haal.

Luukse woonhuis: 4 slk, 2 badk, dubbelmotorhuis. La Provence. Beskikbaar 1 Nov 2013. R8 000 p.m. met kothuis ohb. Skakel 082 337 1225. Nuut: 4 slaapkamers, 3 volbadk, oopplankombuis/eet-/ leefarea, 1 braai, sitkamer, werkkamer, studeerk. Privaat tuin, 3 garages. Elek. omhein. Te huur. 082 599 5779. Sonnige, ruim 3slaapkamerhuis te huur in Môrelig. Groot sitkamer, eetkamer, kombuis, opwas, 2 badkamers en motorhuis. Skakel 082°858 8557/ 082°857°1292.

1 ruim 3-slk-huis. Veilige, rustige omgewing, sentraal geleë. Deposito betaalbaar. Huurgeld sluit in alle munisipale koste, water, riool en vullisverwydering. Huurgeld: R5 700 p.m. Verkieslik geen honde nie. Beskikbaar einde September. Skakel slegs kantoorure 058 303 7735.

EK KOOP ENIGE tweedehandse motors, bakkies, kombi's en Ventures. Skakel my enige tyd. Ek betaal kon-tant. 083 374 0000

3-slaapkamer-huis, 2 badkamers, dubbelgarage, woonkamer en kombuis. R5 500 p.m. Jordania. Skakel 083 381 5858.

Dupleksmeenthuis, Eureka-area, Bethlehem. 3 slk, 2 badk, 2 parkeerplekke, klein tuin en braai. Veilige omheining, verkieslik nie meer as een klein troeteldier nie. R4 500 p.m. Beskikbaar einde Oktober 2013. 084 440 8612.

Meenthuis in gewilde, klein kompleks te huur. Tweeslaapkamer met moderne oopplan. Baie privaat met eie geplaveide binnehof. Toesluitenkelmotorhuis. Behoorlik met palissade omhein, met elektriese toegangshekke. Diefwering en veiligheidshekke aan alle vensters en deure. Huur beloop R4 000 per maand. Dadelik beskikbaar. Eienaar 082 338 8766.

Enkelwoonstel: R1 900 p.m. plus deposito. Kragkaartstelsel. Geen troeteldiere. 1 Oktober. Bethlehem. Skakel 072 330 3109.

17

EIENDOMS AGENT – ESTATE AGENT Jaco 082 759 9950

1-slk-woonstel R3 000p.m. plus deposito, krag en water ingesluit. Geen troeteldiere. 072°330°3109. 1-slk-woonstel te huur op plaas ± 5 km uit dorp, op Kleingraan Sentrum-pad. Dadelik besikbaar. R2 500 p.m. plus dep. Skakel kantoorure 058 303 7735.

WWW.LEAPFROG.CO.ZA

2-kamer-woonstel: nuut, te huur. Onmiddellik beskikbaar vanaf R3 200 p.m. 058 303 1655 of 083 363 7703.

J&M PROPERTIES: Dadelik beskikbaar. * 1-slk-woonstel vir dame, netjies en veilig, R3 200 p.m. * 1-slk-woonstel vir manspersoon, nuutgebou, R2 300 p.m. * 1-slk-woonstel, w en l ingesluit, R3 000 p.m. * Furnished bachelors flat, w and l incl. R2 600 p.m. * Clarens: 3 bedr, 2 bathr, R4 700 p.m. * Ruim 3-slk-/2-badkmeenthuis in netjiese, veilige kompleks, R6 900 p.m. Beskikbaar 1 Nov. Marelie 082°316°9623.

Eenman, 1- en 2-slkWOONSTELLE: Noordfront. Ruim. Motorhuis of afdak. Skakel 058 303 6746 of 083 330 7346.

Jemina soek werk: Kassiere, skoonmaker/ ontvangsdame, het Kode 10, Gr. 12 en N5 . (071 955 3149/ 078 281 9850.

Ruim 3-slaapkamerwoonstel te huur. R3 000 p.m., water en krag uit- gesluit. Johanna 072°227°6243. Tuinwoonstel: 1 slaapkamer, 1 parkeerplek, braaiarea, veilig omhein. Geen troelediere, BHM-Wesarea. R2 300 p.m. W en krag ingesluit. 084 440 8612.

BETREKKINGS

Benodig die dienste van 'n sekuriteitsbeampte met Graad C en rybewys. Pos behels skofte. Faks verkorte CV na 058 303 4422. Benodig verkoopsman, verkieslik nie-roker, basies ±R3 000 onderhandelbaar plus kommisie. Werk 2 - 3 Saterdae per maand, geen Sondae. Skakel 079°890°1024 .

OOs Vrystaat Kaap Bedryf BeperK, is ’n welvaartskeppende landbougroep met sy hoofkantoor te Ladybrand en sowat 1800 werknemers in diens, wat ‘n verskeidenheid dienste aan die boeregemeenskap lewer. aansoeke word tans ingewag vir die volgende vakatures:

Hoofbestuurder: finansies (Ladybrand)

Die posbekleër sal direk aan die Besturende Direkteur rapporteer en verantwoordelik wees vir die oorhoofse bestuur van die Finansiële, Kliëntefinansiering- en Inligtingstelselsafdelings, asook die portefeulje van Batebestuur. Vereistes: • ’n Naskoolse finansiële kwalifikasie aangevul deur ten minste 5 jaar toepaslike ervaring op senior bestuursvlak en verkieslik geregistreer as GR • Vermoë om uiters akkuraat, analities en onder druk te kan werk • Vermoë om senior personeel te bestuur en te motiveer • Goeie probleemoplossings- en besluitnemingsvaardighede • Vorige ervaring van inligtingstelsels sal u aansoek versterk • Goeie taal- en kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.

bestuurder: Meule (Tweespruit)

Vereistes: • Bewese ervaring van ’n meule met spesifieke kennis van die mieliemaalbedryf en meegaande produkte • Goeie kennis van produksie- en maalprosesse asook kwaliteitbeheer en instandhouding • Toepaslike ondervinding van personeel-, bemarkings- en finansiële bestuur • Kennis van toepaslike HACCP-prosesse.

bestuurder: Menslike Hulpbronne (Ladybrand)

Vereistes: • Toepaslike naskoolse kwalifikasie in Menslike Hulpbronnebestuur • Ten minste 8 – 10 jaar ervaring van menslike hulpbronne-dissiplines in ’n bestuursposisie • Baie goeie kennis van en blootstelling aan die volgende kernfunksies word vereis: *loononderhandelinge *arbeidsverhoudinge *opleiding en ontwikkeling *indiensnemingsSSRA101494

praktyke *prestasie- en vergoedingsbestuur *ontwikkeling van menslike hulpbronnestrategieë *ontwikkeling en implementering van menslike hulpbronnebeleid en -prosedures *salarisstelsels (verkieslik VIP Payroll) *algemene menslike hulpbronnepraktyke, onder andere, werknemervoordele wat pensioen- en mediese fondsvoordele insluit.

bedryfsbestuurder: Graan (Ladybrand)

Vereistes: • Ongeveer 5 – 8 jaar toepaslike ervaring binne die graanbedryf met spesifieke kennis van die werking en instandhouding van silo’s en meegande toerusting, graangradering asook administratiewe kontrolemaatreëls • Sterk onderhandelingsvaardighede en vorige ervaring van die oplos van dispute (graanbedryf spesifiek) • Vermoë om begrotings op te stel, kostebestuur toe te pas en inkomstestate te ontleed • Rekenaarvaardighede in MS Word en Excel.

teGniese bestuurder: WerksWinkels

Vereistes: • Moet verkieslik as ’n dieselwerktuigkundige gekwalifiseerd wees • Baie goeie ervaring van trekkers, stropers en landbou-implemente • 5 jaar toepaslike ervaring van die bestuur van ’n meganisasiewerkswinkel • Kennis en ervaring van administratiewe prosesse en kostebestuur van ’n werkswinkel, begrotings, personeelbestuur en oplos van dispute. OVK bied aan die suksesvolle kandidate ’n geleentheid tot ’n standvastige loopbaan tesame met markverwante vergoedingspakkette en byvoordele. aansoeke kan gerig word aan die senior personeel­ beampte per e­pos: robertm@ovk.co.za of faks u CV na (0866) 325 983. skakel robert Mostert by (051) 923­4506 vir meer besonderhede.

sLuitingsdatuM: 30 septeMBer 2013.


18

VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Hansworssiekte raak ’n epidemie Chris Swart JY sien dit: ’n Ry motors van ouers wat hul kinders op ’n pragtige lentedag by die skool aflaai, slegs ’n paar blokke van die huis af. Een van die vreemdste dinge van hierdie land is die manier waarop mense hul motors gebruik. Op min plekke in die land sal jy nie eindelose rye mense sien sit in hierdie verstommend ondoeltreffende masjiene terwyl hulle betekenisloos op en af rol nie. Of jy nou op die pad is in die Karoo, in ’n sneeustorm beweeg, op ’n Vrydagmiddag skool toe loop om jou kind te gaan haal, of met jou voete in die sand sit op die strand, daardie monsters is steeds met jou – brullend, stinkend, botsend, terwyl hul eienaars verarm. Pure snert Dit sou alles verskoonbaar gewees het as al hierdie motors ’n broodnodige diens verskaf het. Indien elke motorrit groot belonings aan sy bestuurder, en aan die gemeenskap in die geheel, sou bied, sou ek graag die heldebestuurders staande toegejuig het in die verbygaan. Net soos wat ek die hidrobreking in die Karoo op ernstige noot sou aanvaar as ’n geregverdige wondtoediening vir ons planeet ter wille van die werkverskaffing en wetenskaplike en tegnologiese vooruitgang, sou ek kon aanvaar dat meer teerpaaie goed is sodat meer motors gehanteer kan word. Maar ongelukkig is dit nie die geval nie. Ná ondersoek, waarnemings en onderhoude met werklike motorbestuurders het ek tot die gevolgtrekking gekom dat 90% van motorgebruik in die land pure snert is. Moet nou nie dadelik jou bokshandskoene uithaal en motoriste uitklop nie, maar die gekheid hiervan is in ons kultuur ingeweef. Ons mense is eerder die prooi as die kwaaddoeners, selfs al is hul lyding ietwat komies. Motorvoertuig-hansworssiekte Sommige dorpe bied die perfekte laboratoriums vir die studie van motorvoertuighansworssiekte, aangesien dit fiets-vriendelik is en motorritte op die dorp heeltemaal

onnodig maak. Aangesien kruideniersware en kinders gemaklik op ’n fiets gelaai kan word, is die enigste rede vir motorgebruik eintlik fisieke inkorting, die vervoer van artikels wat te groot vir ’n sleepwaentjie is of ’n rit na ’n ander stad. Tog blyk dit dat middedorp-ritte algemeen is. Wanneer ek ’n motor op ’n parkeerterrein sien intrek, wil ek altyd graag die bestuurder tegemoet hardloop en uit sy motor in sy rolstoel help. Maar dan is ek verbaas om te sien dat hulle gewoonlik werkende bene het. Mense ry skool toe om kinders op en af te laai. Na die kruidenierswarewinkel. Restaurant toe. Gimnasium toe. Na mekaar se huise toe. Heen en weer in Kerkstraat om te vertoon. Elke pad vertoon hope motors en bakkies, sommige in gevaarlike getalle. En binne is elke voertuig toegerus met ’n La-Zboy-leunstoel, waarop ’n treurige hanswors sit terwyl hy die sagte pedale trap, die kragstuur draai en op een of ander hansworsfoon praat. Die hansworse moet in ’n ry wag wanneer die lig rooi is. Hulle moet deur parkeerterreine worstel en wag vir mekaar om uit parkeerplekke te trek, want hul masjiene is so groot en lomp dat twee nie bymekaar verby kan kom in ’n spasie kleiner as vyf meter wyd nie. Hulle val in rye in by spesiale geleenthede en veg vir parkeerplekke op straat. Dan val hulle in toue by die vulstasie en motorwassery en die dienssentrum. En die masjiene maak hulle vetter en armer elke keer dat hulle dit gebruik.

Die meeste motorhansworse sal erken dat hul lewe baie ongerieflik is, maar sal dan ook noem dat ’n motor nodig is om die groter ongerief van openbare vervoer, stap of tuisbly te voorkom.

Drive-through . . . En ons het nog nie die grootste hanswors-ontdekking getakel nie: die drive-through (of drivethru soos dit somtyds gespel word, wat gepas is want thru is nie eens ’n woord nie, net soos wat deurry-dienste nie behoort te bestaan nie). Die hansworse sit etlike minute in ’n selfopgelegde verkeersknoop, met enjins wat luier, net sodat iemand vir hulle gemors deur hul motorvenster kan aangee. Luierende enjins is soortgelyk aan ’n bloeiende wond of toilet wat oorloop. Dit is iets wat ons behoort te ontstel. En reg te stel. Maar motorhansworse luier eintlik opsetlik, somtyds om iets so belaglik te kry as ’n koppie duur koffie in ’n wegdoenbare papierkoppie.

Produk van slegte gewoontes Hier is die goeie nuus: Motorvoertuig-hansworssiekte is doodeenvoudig die produk van slegte gewoontes. Indien jy dié slegte gewoontes wat jy oor ’n motor opgebou het, herprogrammeer, kan jy jou in die “koel”-kamp van bewustelike motorgebruikers bevind. Dit is ’n omgewing waar verkeer skaars is, die uitsig uit jou venster is asemrowend en die koste is nietig. Om die siekte te genees moet jy die manier waarop jy jou mening omtrent bestuur verander. Jy meen seker dat dit iets is wat jy doen, omdat dit nodig is. Miskien voel jy selfs dat dit by tye aangenaam is. Jy het die gemaklike sitplekke, die klimaatbeheer, die stereo-klank, lig-

CHRIS SWART

te, knoppe en skakelaars, en al daardie krag. Jy kan enige plek heen gaan met daardie ding. ’n 800 kg-motor wat 80 kg karwei Maar daar is meer. Wanneer jy ’n 800 kg-motor gebruik om jou 80 kg self te karwei, is 90% van die gewig van daardie homp materie die motor self. Jy stoot tien keer meer rommel rond as wat jy nodig het, en gebruik dus tien keer meer energie om dit te doen. Verbeel jou jy is uitgehonger vir ’n middagete, dus gaan jy restaurant toe. Maar jy bestel nie net ’n salmslaai vir R50 nie. Jy bestel tien slaaie vir R500. Dan eet jy een van hulle en los die ander nege slaaie, R450 se kos, om weggeneem te word deur die kelner en in ’n groot swart vullissak gegooi te word. Al daardie geurige sappige salm, liefdevol met kruie behandel en oondgerooster. Al daardie smaaklike stukke fetakaas, die mango-salsa, gesnipperde uie en groenrissie, ryk slaaisous en alles waaraan die sjef ure gewerk het – gestort in die slymerige vullissak. Dis presies wat jy doen, elke keer dat jy bestuur. Jy mors nie net jou eie geld nie. Jy mors die brandstof wat die res van die wêreld so hard werk om te produseer, terwyl seebodems stukkend geboor word en olie gestort word in ongerepte natuurskoon as ’n noodsaaklike neweproduk. Koraalriwwe en kuslyne word vernietig met jou koolstofvrylatings. Paaie word oorlaai en skep verdere vraag na uitbreiding, en jy verhoog indirek jou eie belasting. Doen dit self Ons skep ons eie probleem, elke keer dat ons bestuur. Dit kos nie bloot ’n kwessie van “Ag, dit kos my net R13 ’n liter aan brandstof” nie. Dit is ’n kwessie van kies om ’n aap te wees. Ek erken dat ek baie kilometers in ’n motor ry en ek is ook ’n aap elke keer dat ek dit doen. Ander mense dink ook jy is ’n aap wanneer jy dit doen, en jy behoort ’n bietjie skaam te kry elke keer dat jy gesien word as jy bestuur. Ek is. ) Chris Swart is ’n gereelde skrywer van sakenuus op versoek van Vrystaat. Hy is van Sigma-welvaartsbestuur op Bethlehem.

SAKEFORUM

PERSONEELLEDE van Solomons Mica en Polkadot Café op Bethlehem het hul opleiding suksesvol voltooi en sertifikate ontvang. Hulle is van links, voor: Jannie van Wyngaardt, Alinah Mokoena, David Mokoena en Jackeleen Gewers; agter: Donovan Williams, Jurie Swart, Susan Janse van Rensburg en Susan Swartz.

PERSONEELLEDE van Solomons Mica en Polkadot Café wat hul opleiding suksesvol vol­ tooi en sertifikate ontvang het, is Liesbeth Mokoena en Bobby Rooiland.


VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

19

Tant Anna trek, maar haar hart nie

DIE huis op Schoonzicht staan steeds.

Foto: Amanda van Blerk

Oudstes vereer Amanda van Blerk FOURIESBURG vier vanjaar sy 120ste bestaansjaar en dit is daarom gepas om die oudste inwoners te eer en omskryf. Die mense is die baanbrekers en pioniers wat dié wêreld vir ons mak gemaak het. Mense soos oom Louis du Preez, Machiel Theron, tant Lettie Olivier en die oudste inwoner wat steeds hier woon, tant Anna Beaurain. Fouriesburg is egter genoem na Stoffel Fourie, maar dit kon net sowel Heynsville heet. Anthon Michael Heyns het in 1863 die Oos-Kaap vir die Oos-Vrystaat verruil toe dit nog woes en onbewoon was. Hy het voor die laaste Basoetoeoorlog in 1869 sy grond te perd gemeet en dit met twee spanne osse betaal. Vandag klink dit na ’n taamlik ongelyke transaksie, maar

hou in gedagte dat twee spanne osse, in sommige gevalle, al was wat die boere besit het. Die grond het ook nie noodwendig aan die ontvanger van die beeste behoort nie. Heyns se grond het Oranje, die bekende gasteplaas, asook Schoonzicht, waarvan die huis nog staan en steeds aan die Heyns-familie behoort, ingesluit. Dit het van daar tot by Naudeslust en die plaas Welkom gestrek. Heyns het in 1883 die huis op Schoonzicht gebou. Dis toe dat hy sy boerderybelange uitgebrei het en gedeeltes aan sy kinders gegee het. Die Schoonzicht-gedeelte het hy vir sy seun, Michael Arnoldus Heyns, gegee. Hy het dit weer aan sy seun, Jan Dirk Heyns, gegee wat dit verder verdeel en aan sy kinders gegee het. Dit is hoe tant Anna Beaurain vir Rosinasdal gekry het.

NÁ maande verneem sy haar eggenoot het per skip in Durban geanker. Die volgende droewige berig egter was dat hy daar aan longontsteking oorlede is en in Durban begrawe is. Jare later is hy opgegrawe en in die familiekerkhof herbegrawe. Ouma Miemie Heyns het weer getrou, maar is in 1918 tydens die griep weer weduwee. Haar kinders en stiefkinders het hulle oral oor in die distrik gevestig. Een groot Fouriesburgse familie waar jy nooit durf waag om van iemand te skinder nie, want jy kan verseker weet: Êrens sal die een verwant wees aan die luisteraar. Jan Dirk Heyns, seun van Mieie en Anthon, is op 14 April 1925 met Baby de Bruin van Ladybrand getroud. Sy het ’n ou tante in die distrik Ladybrand opgepas en het vruggebruik van die plaas Gedenk (distrik Westminster) geërf. Omdat sy self nie veel skoolopleiding gehad het nie, was dit vir haar belangrik dat haar kinders wel geleerdheid moes ontvang. Haar sêding was: “Julle sal matriek slaag al sit julle ook met man en kinders op die skoolbanke.” Tant Anna, Jan en Baby se oudste dogter, is op 7 Maart 1926 gebore en het haar eerste skoolopleiding van ’n goewernante gekry. Tant Nelie (’n familielid) het haar leer lees en skryf en gesorg dat sy sub A, sub B, en sub C, oftewel die eerste drie grade, sommer in een jaar kon kafdraf. Daarna is sy na die plaasskool op Ebenahaezer waar Meester Engelbrecht (nog ’n familielid van die Heynse) haar skoolloopbaan tot gr. 6 laat vloei het. Daarna het sy aan die Hoërskool Fouriesburg gematrikuleer. Sy het in 1945 haar

TANT ANNA BEAURAIN – haar geskiedenis is nou verweef met die 120 jaar oue Fouriesburg. BA-graad in maatskaplike werk aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Gelukkig het sy graad gekry lank voordat sy met man en al te doene gekry het. In 1945 het sy met Johannes Izak Beaurain getrou. Haar getroude lewe het haar 30 jaar weg van Fouriesburg gevat. Op Bethlehem het sy hul vyf kinders deur die skool en naskoolse studie gesien, maar het in 1976 terug na haar heimat gekeer waar sy haar wederhelf in 1985 verloor het. Sy het hom op Rosinasdal begrawe. Fouriesburg se 120 jaar loop hand aan hand met tant Anna Beaurain. Haar volle 87 jaar het sy meestal aan die dorp gewy, asook aan die kerk en aan elke

gemeenskapsbyeenkoms. Sy het ook ’n baie spesiale band met die Basoetoes wat oor die jare onmisbaar deel van haar lewe was. Sy praat hul taal soos hulle self nie kan nie en wanneer enig- iemand iets van Fouriesburg wil weet, is sy ’n gewillige storieverteller en geskiedkundige. Sy ken die geskiedenis van almal, want sy kom ’n lang pad saam met hulle. Nou, ná bykans veertig jaar waarin sy met baie veranderings op die dorp, asook in haar lewe, te doen gehad het, het dit tyd geword om haar geliefde Rosinasdal te groet. Omstandighede het haar genoop om na haar dogter te verhuis, maar haar hart en siel sal altyd in die berge rondom Rosinasdal juig.

Getroue werkvolk staan ouma Miemie by DIE Heyns-familie se begraafplaas is op die plaas Onze Rust (langs Schoonzicht) aangelê en die meeste van tant Anna se mense is hier ter ruste gelê. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 was oupa Michael veldkornet en het hy toegesien dat die burgers opgeroep word om diens te doen aan die grens met Basotholand

(Lesotho) wat toe ’n Britse protektoraat was. Namate die Britte die klein republieke binnegeval en verower het, is die burgers van Fouriesburg front toe om te veg, maar hulle het gereeld teruggekeer om noodsaaklike lewensmiddele aan te vul. Dit was tydens so ’n gebeurtenis dat hulle amper betrap is op die plaas Onze Rust en dae onder in ’n oorhang-

krans moes skuil. Hul teenwoordigheid in die gebied is vermoedelik deur een van hul eie verklap. Hulle kon toe wegkom danksy hul kennis van die omgewing, maar met die oorgawe by Surrender Hill is hulle gevange geneem en na Ceylon gestuur. Vir hulle was daar toe geen wegkomkans nie. Maande ná die oorgawe is die huis op Onze Rust afgebrand en

ouma Miemie Heyns en haar kinders is na die konsentrasiekamp op Brandfort gestuur. Hul getroue werkvolk het met vee (osse) en koringsaad na Lesotho gevlug. Toe ouma Miemie ná die oorlog terugkeer, was hulle daar gereed om te ploeg en te plant. En ná meer as ’n eeu woon hul afstammelinge steeds op Schoonzicht.

JAN DIRK HEYNS voor sy troue met Baby de Bruin.

Foto: Amanda van Blerk

Erfdam se dae onthou Susan Maré VERSKEIE mense, plaaslik en van heinde en ver, het ’n reünie van die Erfdam-plaasskool op Frankfort bygewoon. Die klein skool het ’n kragtige nageslag die lewe ingestuur – mense wat sterk gestaan het in hul onderskeie gemeenskappe, en steeds sterk staan. Die reünie is in die Olifant-lapa op Frankfort gehou en gereël deur ’n oudleerling, Gerbrecht (Bibbey) Muller, en ’n komitee. Die Erfdam-plaasskool bestaan nie meer nie – trouens, die skool het in ’n stadium afgebrand. Die kinders wat in hom skoolgegaan het en wat nog leef, het hul herinnerings en staaltjies met mekaar gedeel en opnuut familie- en vriendskapsbande verstewig. Die skool is in ongeveer 1940 gestig – die presiese datum is nie bekend nie en dit kon dalk in 1939 gewees het. Dit was ’n eenman-plaasskool wat sonder elektrisiteit, lopende water en spoeltoilette gefunksioneer het. Kinders het elke dag met trappies of die perdekar van hul ouerhuise skool toe gery en gewoonlik was daar één onderwyseres vir al die klasse van substanderd A tot standerd ses. Standerd ses was toe ’n openbare eksamen wat op die dorp geskryf moes word – en plaaskinders en die onderwyser was gemotiveerd om te bewys dat plaaskinders se standaard net so hoog soos dié van dorpskinders is. Só was dit inderdaad. Dorpskinders die Erfdam-plaasskool wat die ander kinders stof in die oë gehardloop het. Wat skoolwerk betref, is alle vakke

aangebied, van sang tot naaldwerk, en het die seuns selfs tuin gemaak en groente geplant. Om te leer lees en somme maak, daardie tyd se wiskunde, was ’n vak wat groot klem gekry het en die onderwysers het kinders behoorlik gedril. Onderwysers wat ’n blywende indruk en invloed op leerlinge gelaat het, is wyle Johannes Meintjies, David (Basie) Maré en mnr. Schroeder (noemnaam nie bekend nie). Oudleerlinge het talle staaltjies met mekaar gedeel en kosbare herinnerings verlewendig. Van die oudleerlinge in hul jare sewentig en selfs tagtig sê hulle het sedert mnr. Maré hulle tafels ingedril het, dit nooit weer vergeet nie. Hulle kon die tafels selfs in hul slaap opsê. Talle staaltjies is oor mnre. Meintjies en Schroeder vertel. Leerlinge het ook onthou hoe lekker hulle gespeel het. Speeltye (pouses) was hul hoogtepunt van die dag en dan het hulle rounders of kennetjie of ander kultuureie speletjies van vroeëre jare gespeel. Atletiek was ’n groot belangstelling onder die kinders en mnr. Meintjies was ’n bekende afrigter. Hulle kon hul man deeglik staan teen die dorpskinders en het selfs die dorpskool se atletiekspan gehaal. Oudleerlinge van die Erfdamplaasskool is steeds trots dat hulle eens daar kon skoolgaan en dankbaar vir die lewensbeginsels en -waardes wat by hulle ingedril is. Op Saterdag 14 September het Erfdam se kinders tot laat die middag lekker saamgekuier. Só kon hulle die bande wat die Erfdam-plaasskool tussen hulle gesmee het as ’n kosbare erfenis en herinnering oproep en met dankbaarheid leef en vier.

DIE oudste vroueleerlinge van die plaasskool Erfdam in die distrik Frankfort wat ’n reünie in die Olifant­lapa op die dorp bygewoon het, is van links Gerbrecht (Bibbey) Muller, organiseerder, Judith (Bibbey) Cockroft, Anna (van den Berg) Pretorius, Joyce (Swart) Coetzer, Neels (Muller) Wessels, Babsie (Stander) Becker en Ria (Stander) de Wet.

NOG oudleerlinge op die reünie is van links Schalk en Ma­ retha Claasen, Su­ san en Gerrie Claas­ en (Bethlehem), Do­ rothea Claasen, Kobus en Ria Ros­ souw, Gerrie Claas­ en, en Stoffelina en ds. Koos Mey. Foto’s: Susan Maré

DIE oudste manlike oudleerlinge van die Erfdam­plaasskool is van links Gert van Rensburg, Gert Claasen, Gert Muller en Petrus Muller.


20

VRYSTAAT, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Leer by Cheetahs ADRIAAN STRAUSS, Cheetahs­kaptein en Springbok­haker, demonstreer hier aan spelers ’n tegniek.

DIE Cheetahs­rugbyspelers Raymond Rhule en Robert Eberzohn (agter) het Bethlehem saam met ander Cheetahs­spelers besoek om jong rugbyspelers op ’n rugbykliniek af te rig en te inspireer. Die rugbykliniek is deur die Hoërskool Voortrekker aangebied en spelers van verskeie skole het dit bygewoon. Foto’s: Susan Maré

JONG spelers wys hul slag met die bal.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.