Book

Page 7

Outeursnota

Die grootste uitdaging met die skryf van 150 Jaar van SuidAfrikaanse Rugby was om die ryke geskiedenis van die spel in ons land saam te vat, en terselfdertyd reg te laat geskied aan die groot rugbygeeste en hul dade oor dié tydperk. Dit is ’n geskiedenis wat, ideaal gesproke, vyf of ses volumes benodig. Die oplossing was om te poog om die storie van Suid-Afrikaanse rugby sedert 1861 te vertel, eerder as om die geskiedenis op ’n absolute wyse te probeer uiteensit. Omdat ek bevoorreg genoeg was om die spel in SuidAfrika sedert die 1950’s te volg – eers as ’n jong seun van sewe, en later as speler, administrateur en joernalis – was dit ’n vreugdevolle voorreg. Die navorsing het heelwat persoonlike herinneringe opgeroep. Dit het ook my oë oopgemaak vir ons rugby se tog deur die jare – ’n reis deur tye van swaarkry, politieke toutrekkery, drie oorloë, administratiewe onstuimigheid, en ook glorie. Die grootste leemte wat ek tydens die voorbereiding en skryf van die boek geïdentifiseer het, was ongetwyfeld die verhaal van Suid-Afrikaanse rugby onder die swart mense en sogenaamde kleurlinge. Die beskikbare dokumentasie oor daardie deel van ons rugbygeskiedenis is egter onvolledig en gefragmenteerd. Dit is dus met spyt dat die hoofstuk oor Suid-Afrikaanse rugby buite die IRR-erkende SA Rugby Football Board (later die SA Rugby-Voetbalraad en tans die SA Rugbyunie) reg aan daardie deel van ons ontwikkeling laat geskied nie. Ek hoop nietemin dat die boek genoeg van die SuidAfrikaanse rugbyverhaal bevat om lesers trots te maak op dit wat oor die afgelope 150 jaar bereik is. WvdB

Caption

150 Jaar Book.indd 7

vii

2352011 5:24 PM


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.