Book

Page 197

Bull’s coach Heyneke Meyer’s belief in planning structure and continuity paid off.

’n Tweede Drienasiestitel In die swak seisoen in 2003, wat om verskeie redes een van die laagtepunte in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis was, het die Springbokke beide op en van die veld af ’n nagmerrie beleef. Hierna het die nuwe afrigter, Jake White, dinge laat verander. Die skamele vier drieë in vier wedstryde in die Drienasiesreeks in 2003 is in 2004 na dertien opgeskuif. Hoewel hulle slegs twee van hul vier Drienasieswedstryde gewen het, het die ander twee spanne ook elk net twee keer gewen. Suid-Afrika het die strawwe kompetisie met ’n enkele ligapunt gewen, omdat hulle in hul twee nederlae binne sewe punte van die wentelling was en dus bonuspunte verdien het. Daardie twee bonuspunte in die nederlae in Christchurch en Perth is met twee baie goeie oorwinnings in Suid-Afrika opgevolg. In die reeks het al die spanne hul tuiswedstryde gewen. Die 2004-titel is eers reg aan die einde beslis. Soos in 1998, was die Wallabies die Springbokke se teenstanders in die laaste wedstryd en die Springbokke moes wen. In 1998 was die oorwinning

maklik, maar dié keer was dit ’n taai stryd tot die einde toe en die Springbokke het die Drienasiestitel met die oorwinning van 23–19 gewen. Australië het drie drieë aangeteken. Lote Tuqiri, Stirling Mortlock en George Smith was die driedrukkers. Suid-Afrika se twee drieë is deur Victor Matfield en Joe van Niekerk gedruk. Percy Montgomery se drie strafdoele en twee doelskoppe, teenoor Matt Giteau se twee doelskoppe, het die verskil gemaak. Suid-Afrika het eers driekwart deur die wedstryd begin oorheers na Australië die eerste veertig minute baas was. Die Springbokke was kort voor rustyd nog 7–0 agter, maar het die wedstryd toe begin oorheers en het later 23–7 voorgeloop. Elf minute voor die eindfluitjie is Percy Montgomery en Breyton Paulse gelyktydig met geelkaarte van die veld afgestuur. Die wedstryd is weer in die weegskaal geplaas met twee drieë binne die laaste agt minute. Toe Mortlock sy drie druk en dit verdoel is, was daar nog agt minute oor en die telling was 23–14 vir Suid-Afrika. George Smith se drie kort voor die einde het die Wallabies met die taak gelaat om ’n drie in die laaste minuut te druk. Hul poging was egter tevergeefs en die Springbokke het gewen.

2009 se vreugde en verwyte Suid-Afrika se derde Drienasiestitel is weer eens onder leiding van ’n nuwe afrigter gewen. Die omstrede Peter de Villiers het die Springbokke afgerig. In dié jaar het die Springbokke ook die Britse en Ierse Leeus, wat ’n vasbeslote dog gemiddelde span was, in ’n reeks van drie toetswedstryde geklop. Wat ’n groot jaar vir SuidAfrikaanse rugby kon wees, is nietemin bederf deur die enkele oorwinning teen die swakkerige Italiaanse span op die jaareindtoer, wat drie toetswedstryde ingesluit het. De Villiers het ’n tweede span op toer geneem. Daar was groot opwinding en die toer is gesien as ’n toer van die ou soort met die sogenaamde Woensdag- en Saterdagspanne. Dit het egter nie so uitgewerk nie en was inderwaarheid twee afsonderlike toere met feitlik twee stelle bestuurspanne. Die toetsspan en die ander

Die SANZAR-ontnugtering

150 Jaar Book.indd 187

187

2352011 5:25 PM


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.