Book

Page 13

vasbyt en deurdruk, het Joubert toegegee. Die skorsing van die twee spelers na die wedstryd teen Kanada het so ampertjies Suid-Afrika ontneem van die kans om in die eindstryd te speel. Die Springbokke moes die Franse in Durban klop om deur te dring, maar niks is ooit eenvoudig nie … Reën in die winter is nie die norm nie, maar drie van die vyf wedstryde wat aan die kus gespeel moes word, is deur nat weer beïnvloed. Die halfeindwedstryd in Durban het amper uitgereën. Dit sou beteken dat die Springbokke uitgeskakel is en Frankryk, wat ’n beter dissiplinêre rekord het, sou die kans kry om in die eindstryd te speel. Durban het gelyk of dit deur ’n moeson getref is. Die veld was letterlik ’n dam water. Die afskop is met negentig minute vertraag en skeidsregter Derek Bevan moes oor die veiligheid van die spelers besluit.Weerlig was die grootste gevaar, maar die skrums kon ook ineenstort en as die spelers ’n hopie vorm met ’n losskrum, was die poele water diep genoeg om die speler wat onder lê, te verdrink. Die geluk was egter aan die Springbokke se kant en die reën het opgehou in die tydperk voor die uitgestelde afskop. Skeidsregter Bevan het besluit dat die wedstryd kon voortgaan. Tien minute na die afskop het die hemele weer oopgegaan! Die Springbokke het deur die reën en modder na ’n oorwinning van 19–15 voortgeploeter. Hulle was baie gelukkig toe Abdel Benazzi, die groot Franse flank, net voor die einde van die wedstryd in die nattigheid gly op pad doellyn toe. Hy was net-net kort van die doellyn en as daar destyds ’n TV-skeidsregter was, is die drie dalk toegeken. Toe kom die eindstryd op Ellispark en die geluk is nog steeds aan die Springbokke se kant. Met die telling 9 elk twee minute voor die einde van die wedstryd, skop Andrew Mehrtens, die jong All Black-losskakel, die eenvoudigste skepskop van reg voor die pale mis! Daardie skepskop sou die Wêreldbeker aan Nieu-Seeland besorg het. Hoewel geen Nieu-Seelandse beampte dit ooit amptelik gesê het nie, het die Nieu-Seelandse pers te kenne gegee dat voedselvergiftiging die All Blackgroep die dag voor die eindstryd getref het. Hulle het verkondig dat dit ’n skelmstreek was om te sorg dat die All Blacks nie op hul beste sou wees nie. Die persmanne het egter nooit enige bewyse gekry om dié bewerings te staaf nie. !

Frankryk en die Britse Leeus met reeksoorwinnings in 1958 en 1974 onderskeidelik het die skoon rekord van die Bokke tot en met 1995 bederf. Ja, die Bokke was die kampioene – en die refrein van die rockgroep Queen se liedjie “We are the champions” het nog lank ná die eindfluitjie en die oorhandiging van die Webb Ellis Cup in die paviljoene weerklink, waar 60 000 toeskouers steeds bankvas gestaan het. Dit was ook op daardie dag dat die charisma van Madiba ’n nasie verenig het. President Nelson Mandela het die Springbokke voor die wedstryd in hul kleedkamer besoek en ná die wedstryd met ’n Springbokpet op sy kop en ’n nommer 6-Springboktrui (kaptein Francois Pienaar se nommer) die trofee aan die Springbokkaptein oorhandig met die woorde: “Thank you for what you have done for South Africa.” Pienaar se antwoord was: “We could never have done what you have done for South Africa.” Die oorwinning en wat dit in Suid-Afrika beteken en bereik het, was werklik die verwesenliking van die span se slagspreuk vir die duur van die Wêreldbekertoernooi, naamlik “Een nasie, een span”. Daardie helder, koue Hoëveldse wintersmiddag, net meer as 106 jaar na die stigting van die eerste nasionale beheerliggaam, naamlik die South African Rugby Football Union (SARFU) in Kimberley in 1889, was ongetwyfeld die grootste dag in die trotse geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby. Weens die kort bestaan van die nuwe demokrasie en die invloed wat die titel op die land se mense gehad het, was dit beslis ’n groter gebeurtenis as die Wêreldbekertitel wat die Springbokke in 2007 in Frankryk verower het. Vreemdelinge het mekaar omhels, 60 000 toeskouers het op Ellispark saamgesing en op en af gespring – en in die strate dwarsdeur die land het toeters geblaas en die nuwe Suid-Afrikaanse vlag is oral gewaai.

Die openingsriller Presies vier weke voor die eindstryd het die openingswedstryd die toon aangegee vir die toernooi toe die Springbokke van Francois Pienaar teen alle verwagting

Oplaas – amptelike wêreldkampioene!

150 Jaar Book.indd 3

3

2352011 5:24 PM


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.