Olimpiese Spele
Vaalweekblad, 25 - 27 Julie 2012
23
Olimpiese Spele Vreemde sport by Spele Die Olimpiese Spele soos ons dit vandag ken het heelwat verander deur die jare. Hier is ‘n paar vreemde sportsoorte wat in die verlede by die Olimpiese Spele te sien was. *In 1904 en 1932 kon ‘n deelnemer kompeteer in knuppelswaai. Dit het behels dat die deelnemer staan met ‘n knuppel in elke hand. Dié knuppels is dan in ‘n ingewikkelde, en potensieel gevaarlike roetine om die lyf rondgeswaai. Punte is toegeken op grond van die kwaliteit van die roetine. *Hindernis-swem. Nog een wat gevaarlik kan raak, en dit het plaasgevind in 1900 in Parys se Seine rivier. Deelnemers moes nie net vinnig swem nie, maar ook hindernisse soos ‘n ry bote, pale ens. op hulle pad trotseer. Boonop moes hulle stroomop swem! *In 1896, 1904, 1906, 1924 en 1932 is daar
tougeklim by die Olimpiese Spele. Die lengte van die tou het gewissel en was soms tot 14 meter lank. Deelnemers is meestal beoordeel op hoe lank dit hulle vat om tot bo te klim, maar soms is hulle styl ook beoordeel. *By Parys se Olimpiese Spele in 1900 was daar ‘n medalje op die spel vir die deelnemer wat die meeste lewende duiwe kon skiet. Duiwe is voor die deelnemers losgelaat en die een wat die meeste kon skiet was die wenner. Deelnemers wat twee keer na mekaar misgeskiet het is gediskwalifiseer. Leon de Lunden het 21 duiwe geskiet om die goue medalje in te palm. Hierdie was die enigste Olimpiese sport waarin diere met opset beseer is. *By die Londense Olimpiese Spele in 1908 was daar ‘n sportsoort genaamd jeu de paume. Dit was ‘n binneshuise voorloper vir vandag se tennis. Dit is aanvanklik sonder ‘n raket
Die slagspreuk van die Olimpiese Spele vinniger, hoër en sterker is die kern elemente wat die verbeelding van miljoene mense aangegryp het sedert die eerste moderne weergawe van die Spele in 1896 in Athene, Griekeland plaasgevind het. Die oorspronklike Olimpiese Spele is in die antieke Griekse stad Olimpia gehou. Die Olimpiese Spele bestaan uit twee internasionale sportkompetisies naamlik die Somerspele en die Winterspele wat elke vier jaar gehou word. Tot en met 1992 is altwee spele dieselfde jaar gehou, maar sedertdien word die twee Spele met twee jaar intervalle aangebied. Die eerste moderne Olimpiese Spele het atlete van Brittanje, Amerika en nog elf lande gelok. Vroue-atlete is nie genooi nie en daar sou slegs 42 nommers in nege sportsoorte wees. Wanneer ’n mens dit vergelyk met die duisende atlete uit die menigte lande wat aan 2008 se byeenkoms in Beijing deelgeneem het, klink daardie nederige begin byna lagwekkend. Die standaarde was ook nie naastenby wat dit vandag is nie. Die oppervlak van die nuwe renbaan was byvoorbeeld so los dat die tye in
die rennommers glad nie waffers was nie. Die swemnommers is in die see naby Piraeus gehou. Die water was so koud dat een Amerikaanse deelnemer geskreeu en na die wegspringplek teruggevlug het nadat hy in die water gespring het. Sedertdien het baie dinge verander. Suid-Afrika het die eerste keer in 1904 in St. Louis aan die Somerspele deelgeneem en sedertdien in totaal 69 medaljes verower. Dit het Suid-Afrika 56 jaar geneem om in 1960 ‘n span na die Winterspele te stuur. Suid-Afrika het van 1964 tot 1988 nie aan die Olimpiese Spele deelgeneem nie en in 1992 in Barcelona, Spanje ‘n emosionale terugkeer gemaak. In 2008 neem Suid-Afrika vir die 17de keer aan die Somerspele deel, terwyl hulle nog net aan vyf Winterspele deelgeneem het. Suid-Afrika het nog nooit ‘n medalje op ‘n Winterspele gewen nie. Om elke Spele breedvoerig te bespreek sal mens ‘n bundel moet publiseer, maar hiernaas word ‘n paar Spele uitgelig wat van historiese belang is. Weens die Eerste Wêreldoorlog is die Spele van 1916, wat in Berlyn in Duitsland moes plaasvind, afgestel. Die Spele van 1936 is aan Berlyn toegestaan en
Ettienne van Rensburg
gespeel, deelnemers het hulle hande gebruik om die bal te slaan. Later is handskoene gebruik voordat rakette bekendgestel is. *Toutrek, soos vandag nog in Suid-Afrikaanse boeresport beoefen word, was van 1900 tot 1920 ‘n gewilde Olimpiese item.
*Laaste, en waarsynlik die vreemdste. In 1900 was daar verspring...vir perde. Daar is nie duidelikheid oor hoe dit presies gewerk het nie, maar die wenperd Extra Dry het glo sy goue medalje losgespring met ‘n volle 2.63 m...
Toutrek is een van vele Olimpiese items wat ons nie vandag meer sien nie.
Elke vier jaar vinniger, hoër en sterker! die Duitse Nazi-leier Adolf Hitler, wat gedink het dat dit die oppermag van die Germaanse ras sou bevestig, het stellig sleg op sy neus gekyk toe die swart Amerikaanse naelloper Jesse Owens ’n ongehoorde vier goue medaljes inoes. Ondanks die strewe na vrede tussen nasies wat die Olimpiese Spele sou moes versinnebeeld, het diepgaande politieke verskille dikwels hierdie ideaal verydel. Só het Palestynse ekstremiste in 1972 elf Israeliese atlete in die Olimpiese dorp in München, Duitsland, vermoor. Suid-Afrika is weens sy destydse rassebeleid van 1960 tot 1988 enige deelname aan die Spele verbied. Voorts het Amerika en baie ander lande in 1980 die Olimpiese Spele in Moskou geboikot uit protes teen die Sowjet-Unie se inval in Afganistan. Moskou het teruggekap deur nie atlete na die Spele van 1984 in Los Angeles te stuur nie. Só het Münchense Spele van 1972 aan die Amerikaanse swemmer Mark Spitz behoort, wat aan sewe nommers deelgeneem en sewe goue medaljes gewen het. Boonop het hy al die nommers in wêreldrekordtye gewen. In 1976
in Montreal het die veertienjarige Romeense gimnassie Nadia Comaneci die wêreld verstom deur met ’n volmaakte 10 beloon te word. Die kwessie van verbode stimulante is in 1988 op die spits gedryf toe Kanada se Ben Johnson die 100 meter in ’n wêreldrekordtyd gewen het, net om daarna van sy medalje gestroop te word weens spore van ’n verbode steroïed in sy urine. Die groot sterre op die 2008 Spele in Beijing was die Amerikaanse swem-fenomeen Michael Phelps, wat agt goue medaljes ingepalm en dus Mark Spitz se prestasie van 1972 oortref het, asook die naelloper Usain Bolt van Jamaika, wat hom as “Die Vinnigste Mens op Aarde” gevestig het met drie nuwe wêreldrekords. Suid-Afrika se Natalie du Toit het ook groot belangstelling gewek as die eerste gestremde swemster wat vir die Olimpiese Spele kon kwalifiseer. Vanjaar het die paralimpiese-atleet, Oscar Pistorius, geskiedenis gemaak as die eerste dubbele geamputeerde om op die baan aan die Olimpiese Spele deel te neem.
Voormalige vaandeldraers Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK. - Die Vaalrdiehoek is bekend as atletiek-fabriek van formaat en met die oog op die Olimpiese Spele wat Vrydag in Londen, Engeland afskop, het dit tyd geword vir ‘n sweempie nostalgie. Sedert Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale sport en die Olimpiese Spele het verskeie Suid-Afrikaanse atlete die verbeelding van die nasie en die wêreld aangegryp. Verskeie van dié atlete is gebore en getoë Vaaldriehoekers. Hoewel dié atlete nie almal medaljes opgeraap het nie, kan hom breëbors rondloop dat hulle Olimpiërs was en teen die beste van beste deelgeneem het. Met drie Olimpiese Spele (Sydney: 2000, Athene 2004:, Beijing 2008) agter die rug is die 400 m-hekkies-atleet, Alwyn Myburgh,
waarskynlik die mees ervare Vaaldriehoeker. Nog ‘n gesoute Olimpiër is Tjaart du Plessis, adjunkhoof van die Hoërskool Transvalia, wat in 1992 en 1996 op die stoeimat sy staal gewys het.Soon Botes, ‘n oud-leerling aan HTS Carel de Wet, het in Atlanta in 1996 as lig-swaargewig sy bokshanskoene die praatwerk laat doen en tot die tweede ronde deurgedring. Die diskusgooier Elizna Naudé, ‘n voormalige onderwyseres van die Laerskool Vaalpark, het in 2004 in Athene en 2008 in Beijing ook haar proesel Olimpiese-glorie gekry. Die middelafstand-atleet, Mbulaeni Mulaudzi, ‘n voormalige student aan die Vaal Universiteit van Tegnologie, is ook ‘n gesoute internasionale deelnemer wat in 2004 en 2008 deelgeneem het. Hy het in 2004 in die Olimpiese Stadion ‘n silwermadalje in ‘n spoggerige tyd van 1:44.61 in die 800 m losgehardloop.
africa-29
Interessante nuus vir jonges! wens al die Suid-Afrikaanse sportmanne en -vroue sterkte toe by die 2012 Olimpiese Spele
* Op ’n ernstiger noot: is jy ’n tiener wat baie keer wonder wat die sin van die lewe is? Of selfs al gedink het dat jy nie meer wil lewe nie? Gaan lees die sielkundige, dr. Gerhardt Bergh se verduideliking, spesiaal vir tieners (ouers kan ook maar lees) by www. vaalweekblad.com of http://vweekblad. mobi onder Health.
* SGI-SA hou op 4 Augustus ‘n LAN Party by NWU Vaal (Vaalpukkekampus) in Vanderbijlpark. Lees meer hieroor by www.vaalweekblad. com onder Events en by http://vweekblad.mobi onder Events.
* Paintball-geesdriftiges moet onthou van 28 Julie se event by Paintball Bunnies – dit gaan groot pret wees en alles is ten bate van die DBV se diertjies. Onthou ook dat Vaalweekblad se wenner van ’n fantastiese paintball gun daar aangekondig gaan word. Wees daar! Dalk is jy die wenner! Lees meer hieroor by www.vaalweekblad.com onder Events of by http://vweekblad. mobi onder Events.