Fakulteit Teologie

Page 1

2016/17 www.up.ac.za/theology

Voorgraadse fakulteitsbrosjure


ii

Fakulteit Teologie 2016/17

Boodskap van die Dekaan Die Fakulteit Teologie aanvaar graag die uitdagings van die huidige tydsgewrig en het saam met die Universiteit die proses betree om die institusionele strategiese visie en missie vir die tydperk 2012 tot 2025 ten uitvoer te bring. Die besondere gees onder die personeel en studente in die Fakulteit maak hierdie uitdaging ook opwindend. Die Fakulteit Teologie beklemtoon graag uitnemendheid, veral ten opsigte van die akademie en terselfdertyd in die uitlewing van ons waardes. Die Fakulteit het ‘n besondere karakter in die sin dat daar primêr met vennootkerke gewerk word. Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) het in 1917 die eerste vennoot geword, terwyl die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) die grootste vennoot is. Die Verenigende Presbiteriaanse Kerk in Suider-Afrika (UPCSA) dra by tot die unieke aard van die Fakulteit en so ook die jongste vennoot, die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suidelike Afrika (VGKSA). Die Fakulteit glo dat elkeen van die kerklike vennote waarde toevoeg tot die kwaliteit en relevansie van die programme. Die Fakulteit Teologie geniet nasionale en internasionale erkenning vir hoë akademiese standaarde en vakkundige integriteit. Die volgende drie aansprake vorm die grondslag vir die fakulteit se vormgewing aan haar intellektuele uitnemendheid: Ons verbind wêrelde. Ons onderrig lewegewende teologie. Bewese uitnemendheid is ons waarborg. Die Fakulteit wil graag relevant bly en opleiding verskaf vir die kerk van die toekoms, nie van die verlede nie. Ons wil kerke ondersteun in hul bediening van vandag en môre. Daarom spreek ons sake aan soos middestadbediening, Afrika-Christenskap, publieke teologie, en gemeenskapsontwikkeling. Die oorhoofse navorsingstema van die Fakulteit is Ekodomie: lewe in volheid. Navorsing op die gebied van die etiek, die omgewing en geslag, asook teologiese of religieuse temas met sosiale implikasies is van besondere belang.

Prof Johan Buitendag Dekaan: Fakulteit Teologie Dit sluit xenofobie, diskriminasie en geweld in die gemeenskap in. Unieke temas wat plaaslik relevant is en tog ‘n internasionale reikwydte het, word hierby ingereken. Heelwat van die navorsing is ook interdissiplinêr van aard en sluit internasionale betrokkenheid in. Die Fakulteit Teologie verwelkom graag voornemende studente wat gevorm wil word om predikante of ander geestelike werkers te word.

Die vraag wat jy nou moet beantwoord, is die volgende: Jy verdien die beste! Waarom dan nie die Universiteit van Pretoria nie? Tel +27 (0)12 420 2322 E-pos johan.buitendag@up.ac.za


Universiteit van Pretoria

iii

Inhoud Boodskap van die Dekaan.....................................................................................................................................................................................................................ii Voorgraadse programme.....................................................................................................................................................................................................................1 Fakulteitshoogtepunte..........................................................................................................................................................................................................................2 Waarom by die Fakulteit Teologie studeer?....................................................................................................................................................................................3 Wat behels die program?.....................................................................................................................................................................................................................3 Voorgraadse programme in Teologie...............................................................................................................................................................................................3 Nagraadse programme in Teologie...................................................................................................................................................................................................5 Algemene inligting..................................................................................................................................................................................................................................5 UP Opedag...............................................................................................................................................................................................................................................5

‘Hoekom ek Teologie gekies het: Wat jy glo, bepaal alle ander dinge in jou lewe. Dis die enigste grondslag om op te bou. Ek het nog altyd in Teologie belang gestel maar ek het eers ‘n paar draaie by ander fakulteite gemaak. My geloof was nog altyd fundamenteel vir wie ek is, en een van die belangrikste redes hoekom ek uiteindelik besluit het om Teologie te bestudeer, was om te leer hoe om my geloof in Christus te deel op ‘n manier wat verantwoordelik en ook akademies gegrond is. Ek geniet die intellektuele kant van my studies terdeë en ek kan my geen ander studierigting voorstel wat interessanter, belangriker of relevanter kan wees nie. Om Christus se boodskap in die hedendaagse wêreld doeltreffend te kan verkondig, moet ‘n mens jou gedagtes kan artikuleer op ‘n manier wat meer as blote ‘Ek voel …’-preke is. Verhoudings met mense en met God gaan oor diepte, en daarom moet jy Hom, en sy Woord, in diepte ken. God gee vir ons alle instrumente wat ons nodig het om sy doel te dien, en om Teologie te bestudeer is een van die vernaamste maniere hoe ons, as toekomstige pastore, predikante en predikers, leer om sy Woord te deel en sy liefde vir die wêreld te wys. Ek is mal oor die Fakulteit! Dis verstommend hoe warm en verwelkomend almal is. Elke persoon word as ‘n individu behandel – nie net ‘n nommer nie – en ek voel geseënd om in hierdie uitsonderlike omgewing te kan studeer.’ Handré Meyer

Uitgegee deur die Departement Toelating en Studenteadministrasie in Desember 2015. Kommentaar en navrae kan gerig word aan csc@up.ac.za of tel: +27 (0)12 420 3111. Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit van Pretoria soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.


1

Fakulteit Teologie 2016/17

Voorgraadse programme Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2017 Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is. Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT. Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.za/teologie Nasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za Minimum vereistes vir 2017 Prestasievlak

Programme

Afrikaans of Engels NSS/ IEB

BDiv – Baccalaureus Divinitatis (vir toelating tot MDiv-studie) [4 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus

4

HIGCSE

3

ASLevel

D

TPT ALevel

D

25 (23–24 toelating op grond van die NBT)

Beroepe: Predikante, pastore, priesters, predikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Ander moontlikhede sluit in etiekkonsultante in die sakewêreld. Teologiese studies kan verrykend wees vir mense in verskeie ander beroepe. Voornemende studente wat gelegitimeer of georden wil word, moet dit ook met hulle kerkleiers bespreek. Hierdie program word in aparte groepe aangebied in slegs een taal (Afrikaans of Engels). Dit is die eerste stap na MDiv-studie. BTh – Baccalaureus Theologiae [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus

4

3

D

D

25 (23–24 toelating op grond van die NBT)

Beroepe: Predikante, pastore, priesters, predikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Ander moontlikhede sluit in etiekkonsultante in die sakewêreld. Teologiese studies kan verrykend wees vir mense in verskeie ander beroepe. Voornemende studente wat gelegitimeer of georden wil word, moet dit ook met hulle kerkleiers bespreek. Hierdie program word in aparte groepe aangebied in slegs een taal (Afrikaans of Engels). DipTh – Diploma in Teologie [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus

3

4

E

E

22 (20–21 toelating op grond van die NBT)

Beroepe: Predikante, pastore, priesters, lekepredikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Kandidate kan hulle kerkleiers raadpleeg oor die mees geskikte opsie. Die Diploma in Teologie is bedoel vir kandidate wat Graad 12 (of ekwivalent) voltooi het, maar sonder die universiteitstoelating wat normaalweg vereis word. Hierdie program word slegs in Engels aangebied.

‘Ek het aanvanklik besluit om Teologie eerder as enige ander vakgebied te bestudeer as gevolg van ‘n diepe verlange om God beter te leer ken en om te toets wat ek glo. Ek het gevind dat Teologie nie geïsoleer is nie maar krities met ander vakgebiede skakel op maniere wat jou op jou tone hou en wat veroorsaak dat jy nooit met ‘n eenvoudige ja of nee tevrede is nie. Ek voel baie nederig in die wete dat ons in ons denke ons deurgaans vasloop teen ‘n misterie wat ons nie kan ontrafel nie. Tydens my tyd as ‘n navorsingsassistent in die Departement Nuwe-Testamentiese Wetenskap het ek geleer, en ek leer steeds, van die akademiese wêreld en het ek ontdek dat ons fakulteit geseën is met wêreldklasteoloë wat openlik met hulle studente gesprek voer en te alle tye kritiese denke aanmoedig. Laastens het hierdie ondervinding ‘n sterk besef van nederigheid en eergevoel in my laat posvat waarvoor ek altyd dankbaar sal wees. Ek het die regte keuse gemaak.’ Jackie Ntombikayise Ncala


Universiteit van Pretoria

2

Fakulteitshoogtepunte

Die Fakulteit Teologie is die grootste in sy soort in Suid-Afrika en lewer die meeste grade op, veral PhD’s. Die Fakulteit het ‘n groot aantal NNS-gegradeerde navorsers. Twee ooptoegang geakkrediteerde akademiese joernale is aan die Fakulteit gekoppel, naamlik HTS Theological Studies/Teologiese Studies en VE (Verbum et Ecclesia). HTS is ‘n Instituut vir Wetenskaplike Inligting (IWI)-geakkrediteerde joernaal en is sowel die oudste as die grootste teologiese joernaal in Suid-Afrika. Die Fakulteit het die grootste navorsingsuitset van al die teologiefakulteite in die land. Die Fakulteit het navorsingsamewerking gevestig met universiteite in Afrika, Suid-Korea, Europa, die VK en die VSA. Die Fakulteit is internasionaal bekend vir sy programme in Pastorale Teologie, Septuagintstudies, Pentateugnavorsing en Openbare Teologie.

‘Dit was ‘n gebeurtenisvolle jaar vir my by die Fakulteit Teologie en ek is trapsgewyse besig om stadigaan deel van die akademiese wêreld te word. Ek leer baie, en deur Gods genade word ek blootgestel aan baie geleenthede wat sowel akademiese as buitekurrikulêre aktiwiteite betref. Die belangrikste is dat ek ‘n geleentheid gehad het om die Universiteit van Wisconsin-Milwaukee in die Verenigde State van Amerika te besoek om ‘n navorsingsreferaat tydens hulle voorgraadse Godsdienswetenskapkonferensie te lewer. Dit was ‘n verstommende ondervinding wat my meer dryfkrag gee om kwaliteitwerk te doen en die vrug op daardie arbeid te pluk terwyl ek Jesus Christus verheerlik.’ Siyaphiwa Maphanga


3

Fakulteit Teologie 2016/17

Voorgraadse programme Waarom by die Fakulteit Teologie studeer? Die Fakulteit Teologie is bekend vir sy verbintenis tot die volgende: Die Bybel. Dit vorm die basiese vertrekpunt vir die teologie. Spiritualiteit. Geestelike vorming is ‘n prioriteit. Akademiese uitnemendheid. Op akademiese gebied vergelyk die Fakulteit goed met van die bestes ter wêreld. Dosente. Dosente is bekende akademici en ook gerespekteerde kerkleiers. Studentelewe. “Tokkelokke” neem voluit deel aan die kampuslewe: toere, Jool, kampe, sportaktiwiteite, serenades en vele meer. Internasionale kontakte. Studente kan voordeel trek uit van die Fakulteit se vele oorsese kontakte.

Daar is persone wat nie noodwendig teologie studeer met die doel om dit as ‘n beroep te beoefen nie, maar om verskeie ander redes. Daar is byvoorbeeld mense wat teologie studeer omdat hulle dit interessant vind, of vir geestelike verryking, of om hulself beter toe te rus vir hulle werk. Die Fakulteit bied ook kursusse aan vir persone wat nie noodwendig teoloë wil word nie, maar wat hul eie lewens wil verryk. Daar is verskeie voordele daaraan verbonde om jou studies in jou eie vakgebied te verryk deur die insigte in en toepassings van teologie. Deur modules uit Godsdiensstudies in te sluit in ander programme soos rekenaarwetenskap, ingenieurswese, tale, sielkunde, maatskaplike werk of onderwys, word gegradueerdes in staat gestel om uiteindelik as beter toegeruste, ten volle ontwikkelde mense hul loopbane te betree.

Wat behels die progam? Teologie ondersoek die basiese lewensvrae: Hoe beïnvloed godsdiens en geloof mense se lewens? Hoe benader ‘n mens etiese en morele kwessies in die werkplek? Hoe dra teologiese insigte by tot opbouende menslikehulpbronpraktyke? Hoe word ‘n ekologiese bewussyn gekweek? Die Christen en landswette. Hoe dra godsdienstige waardes by tot onderlinge vrede en menslike verhoudings? Kan misdaad beëindig word deur ‘n beroep te doen op mense se geloof en waardes? Wat is die sin en doel van die lewe? Waar vind ‘n mens antwoorde op wesensvrae? Hoe vind ‘n mens dieper insig in menswees, sodat jy ‘n verskil in die wêreld kan maak? Sommige studente voel geroepe om as predikante, pastore, priesters, lekepredikers, sendelinge of jeugwerkers in die kerk te werk. Daarvoor is teologie die aangewese studierigting. Vir ander is hulle roeping om die gemeenskap te dien as maatskaplike werkers, ontwikkelingswerkers, sielkundiges, onderwysers, joernaliste of skrywers. Nog ander sal hulle bekwaam as

ingenieurs en prokureurs of as entrepreneurs. Almal sal baat vind by ‘n beter begrip van die mens en die samelewing.

Voorgraadse programme in Teologie Die sewe hoofafdelings in die teologiese studie fokus op verskillende vrae oor die Bybel en die lewe. Ou-Testamentiese Wetenskap Die Ou Testament handel oor God se verhouding met Israel en hoe God vir die skepping en die mensheid sorg. In OuTestamentiese Wetenskap word sake soos lyding, liefde, en hoe om in God se teenwoordigheid te lewe, ondersoek. Nuwe-Testamentiese Wetenskap Die Nuwe Testament bied verskillende verhale en perspektiewe op die lewe van Jesus. In hierdie vak word die boeke van die Nuwe Testament en die eerste-eeuse Mediterreense konteks waarbinne hulle ontstaan het, ondersoek. Kerkgeskiedenis en Kerkreg Die geskiedenis van die Christelike kerk en die lewes en teologie van groot figure soos Augustinus, Thomas van Aquino, Johannes Calvyn en Martin Luther word bestudeer. Kerkreg handel oor die spesifieke wyse waarop verskillende denominasies hulself organiseer. Godsdiens- en Sendingwetenskap Die groot wêreldgodsdienste, naamlik Judaïsme, Islam, Boeddhisme en Hindoeïsme, en hulle verhouding tot die Christelike godsdiens word in Godsdienswetenskap ondersoek. Sendingwetenskap fokus op die deelname van Christelike geloofsgemeenskappe aan God se sending. ‘n Holistiese benadering word gevolg. Dogmatiek en Christelike Etiek Dogmatiek bestudeer geloof in God. Wie is God en hoe dra geloof by tot mense se ervaring van die sin van die lewe? Etiek vra wat die regte ding is om te doen in ‘n situasie. Wat maak dat mense reg of verkeerd optree in die komplekse wêreld waarin ons leef? Praktiese Teologie Praktiese Teologie handel oor wat Christen-gelowiges doen (geloofshandelinge) en hoe hulle hul geloof ervaar en uitleef. Die erediens en prediking, die betekenis van simbole en simboliese handelinge, hoe om mense wat in ‘n krisis verkeer, te help, hoe geloof gevorm en onderrig word, asook ‘n beter verstaan van ons leefwêreld, is die studieveld van die vak. Godsdiensstudies Godsdiensstudies (vroeër genoem Bybel- en Godsdienskunde) is ‘n kursus wat oop is vir enigeen wat in die godsdiens belangstel. Dit staan bekend as ‘n lewensverrykingskursus en studente uit studievelde soos ingenieurswese, argitektuur, regte, musiek, politieke wetenskap, beeldende kunste en nog baie meer, volg die kursus. Die volgende vrae word gevra: Hoekom is mense godsdienstig? Wat het mense in die antieke tyd geglo? Hoe kan ons mense van ander godsdienste beter leer ken en respekteer? Kontakinligting Trone Stander Tel +27 (0)12 420 4053 E-pos trone.stander@up.ac.za


Universiteit van Pretoria

4

‘Teologie: dit is meer as net ‘n konsep of ‘n studieveld. Dit is ‘n term wat ons gebruik om die geestelike met die logiese te verenig. Ek het nie Teologie gekies nie, dit het my gekies. Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe wanneer jy moet besluit waarheen jou paadjie sal lei. Ek wou mense help, maar soos alle hoërskoolleerlinge het ek verlore gevoel. Ek het nie geweet waar om te soek na ‘n studiekursus wat my sal help om my doel te bereik nie. Ek het gevoel ek het baie potensiaal maar geen manier om dit te wys nie. Toe het dit vir my duidelik geword: ek weet nie of dit ‘n rasionele besluit was nie, maar skielik het ek geweet ek moet Teologie bestudeer. Huis Teologie was die afgelope twee jaar vir my soos my huis. Hierdie mense (studente en personeel) is nie net mense verby wie jy op die kampus loop nie – hulle is familie. Huis Teologie ignoreer nie die behoefte aan diversiteit nie. Teologie op sigself is ‘n vak wat op persoonlike navorsing, bevindings en betekenis berus. Diversiteit is die sleutel tot die Huis van God. In plaas daarvan dat hierdie diversiteit ons Huis verdeel, verenig ons studieveld (Teologie beteken ‘studie van God’) ons. Ek weet nie waar ek sonder my Huis sou gewees het nie. My planne vir die toekoms is om verder aan die Universiteit van Pretoria te studeer. Ek wil graag by baie leierskaprolle, gemeenskapsprojekte en verenigings betrokke bly. Ek sien uit na my tyd hier by Huis Teologie. Die pad is wel lank en daar is baie struikelblokke, maar in my hart weet ek dat ek het die regte keuse gemaak en dit is die pad wat God wil hê ek moet volg. As dit Sy wil is, gaan ek ‘n blink toekoms aan hierdie universiteit hê. En jy ook.’ Lerisa Strydom


5

Fakulteit Teologie 2016/17

Nagraadse programme/Algemene inligting Nagraadse programme in Teologie Baccalaureus Theologiae Honores – BThHons Die doel van hierdie program is om studente in staat te stel om op ‘n eerste nagraadse vlak gespesialiseerde kennis, vaardighede en toegepaste kundigheid ten opsigte van bepaalde gebiede van die teologie te verwerf. Magister Philosophiae in Toegepaste Teologie – MPhil (Toegepaste Teologie) Die MPhil-program bied toegang tot nagraadse teologiese studie aan kandidate wat reeds oor ‘n driejarige, nie-teologiese tersiêre kwalifikasie gelykstaande aan ‘n baccalaureus beskik, met die oog op die toepassing van teologie op verskeie bedieningsterreine, asook die beroeps- of gemeenskapslewe. ‘n MPhil-kursus wat spesialiseer in die Psalms word ook aangebied. Magister Divinitatis – MDiv Die MDiv volg op die BDiv-program of die vorige vier jaar BTh-program. Dit is ‘n gedoseerde meestersgraadprogram wat fokus op gevorderde teologiese kundigheid en praktiese vaardighede. Dit is gemik op die algemene bedieningspraktyk van kerklike bedienaars. Kerkspesifieke opleiding en vorming word in samewerking met kerklike vennote aangebied. Magister Theologiae – MTh Hierdie program bied aan studente met die vier jaar BDiv of BThHons – of gelykwaardige kwalifikasies – die geleentheid om op meestersvlak in die teologie te spesialiseer en navorsing te doen. Daar is twee moontlikhede, naamlik ‘n gedoseerde program met ‘n mini-verhandeling, of ‘n volle navorsingsprogram wat uit ‘n verhandeling bestaan. Die gedoseerde komponent bied die moontlikheid om gespesialiseerde vaardighede in ‘n bepaalde dissipline te verwerf.

Philosophiae Doctor – PhD Die programlyn wat met die drie jaar BTh via die BThHons na MTh gevorder het; of die programlyn wat met die vier jaar BDiv na die MTh gevorder het, vind die afsluiting in die PhD. Die uitkoms van die PhD is hoogs gespesialiseerde, navorsingsgebaseerde kundigheid en vaardigheid. Kontakinligting Doris Mokgokolo Tel +27 (0)12 420 2700 E-pos doris.mokgokolo@up.ac.za

Algemene inligting Besoek www.up.ac.za > ‘Studeer by UP’ > ‘Voorgraadse studente’ vir inligting oor die volgende: Studie-inligting Bereken jou Toelatingspunttelling (TPT) Sluitingsdatums Fooie en befondsing Spesiale aanbod aan akademiese toppresteerders Doen aansoek by Tuks Wysig of voeg ‘n program by Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) Aansoekstatus Berei voor om by Tuks te studeer Registrasie en aanvang van die akademiese jaar

UP Opedag Datum 21 Mei 2016 Tyd 08:00–14:00 Die volgende persone moet die UP Opedag bywoon: Leerders in Graad 12 wat reeds bevestiging ontvang het dat hulle voorlopig tot UP toegelaat is Leerders in Graad 12 wat aan die toelatingsvereistes voldoen en wat hulle aansoekvorm wil inhandig Leerders in Graad 11 wat feitlik seker is dat hulle wel by UP gaan aansoek doen Die ouers van bogenoemde leerders

‘Hoekom ek besluit het om Teologie te bestudeer, is ‘n vraag wat ek steeds aan myself stel. Dit is dalk nie genoeg om te sê dit het net soos die regte ding gevoel om te doen nie, maar eerlikwaar, dis die beste rede wat ek kan gee sonder om te diep in besonderhede in te gaan. Ek is bly dat ek die besluit geneem het. Om op ‘n daaglikse basis na die Woord en die geskiedenis van die Christelike geloof te kyk en krities daarmee om te gaan, is só ‘n voorreg. Wat ek van hierdie Fakulteit hou, is dat jy altyd ‘n dosent kan kry vir wie dit oor meer as net die lesing gaan. Daar is altyd iemand wat omgee vir jou en jou gedagtes. Hulle sê dis die kleinste fakulteit met die grootste hart – en dis waar!’ Jonathan Womack


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.