Southern Cape (January 2017) Primary - High Schools

Page 7

LAERSKOOL BLANCO (t) 044 870 7380 (e) reception@fairmont.co.za Blanco-prefekte Laerskool Blanco se prefekte het ‘n spanbounaweek gehou. Hulle is die eerste leerders wat in die skool se nuwe bussie gery het.

VOOR: Jan-Abraham Mostert, Ferdi van Rensburg, Rudi Scholtz, Wynand Hamman en Uys Cronje. AGTER: Àine Ferreira, Mieke Myburgh, Malan Viljoen, Marelise Coetsee, Stef Schoeman, Matthia Smith, Kelly Kritzinger, Chandré Boshoff, Lisa du Plessis en Kirsty Kritzinger.

Onderwyseresse

Koor Laerskool Blanco maak geskiedenis! Die skool se Senior en Junior Kore het geskiedenis gemaak deur dat albei kore deurgedring het na die finale rondte van KykNET se Sing in Harmonie-kompetisie. Junior koorafrigter, Mev. Chantelle Hattingh, ontvang die trofee vir die beste Afrikaanse lied. Senior koorafrigter, Mev. Clarise Pretorius, ontvang trofees vir die beste nuwe koor asook die beste nie-Afrikaanse lied.

Mev. Chantelle Hattingh en Mev. Clarise Pretorius.

Laerskool Blanco verwelkom twee nuwe onderwyseresse: Philrene Saayman (Graad 1) en Anja Nieuwenhuys (Graad R).

Philrene Saayman

Anja Nieuwenhuys

LAERSKOOL GEORGE-SUID (t) 044 873 3464 (e) tpretorius@lgs.co.za LGS verwelkom nuwe onderwysers en assisstente Laerskool George-Suid streef daarna om geleenthede vir leerders te skep om hul passie te ontdek. So ook ondersteun die skool die ontwikkelling van die jonger generasie. Die skool het hierdie jaar weer eens met trots nuwe klas-assistente aangestel. Hierdie groepie is dinamies en doelgerig om eerstehands ervaring op te

doen in die werkswyse van ‘n funksionerende laerskool. Laerskool George-Suid verwelkom graag Me. Charlene Jooste en Me. Lindi Marais by die personeelkorps en glo dat hulle nog diep spore gaan trap in die harte van ons leerders.

Me. Alicia van Zyl, Grondslagfase klas-assistent

Me. Jani Bergh, Grondslagfase klas-assistent

Me. Chanté Potgieter, Grondslagfase klas-assistent

Me. Doné Gerber, Intermediêre klas-assistent

Me. Charlene Jooste, Graad 7-onderwyseres

Me. Lindi Marais, Graad 6-onderwyseres

GEORGE VOORBEREIDINGSKOOL (t) 044 873 2885 (e) georgeprep.office@gmail.com Cross Country Mountain Biking Christian Roelofse (only 6 years old) received his Eden Colours in u/10 Cross Country Mountain Biking.

Tweekampatlete Quintus Lutsch en Daniel van Zyl skitter as tweekampatlete. Ons hou ons oog op julle.

Welkom aan ons nuwe sekretaresses

Atletiek

Baie welkom aan Voorbereidingskool se twee nuwe sekretaresses, Maryke Marx en Tracey Palmer. Ons hoop julle is reeds ingeburger.

Geelspan bo! Die ywerige dirigente wikkel hul lyfies.

AWSUM NEWS JANUARY 2017

Page 7


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Southern Cape (January 2017) Primary - High Schools by AWSUM News - Issuu