NEWS
NUUS
10 AUGUST 2013
0/13A Netbal: Outeniqua 0/13A Netbal was die trotse wenners van die Park Toernooi gehou in Mosselbaai, Saterdag 20 Julie 2013. Agter: Melissa Vorster, Charné vd Westhuizen, Tharien Breytenbach, Anya de Jager, Marianke Swart, Lutho Hude Middel voor: Tailah-Jade Campher, Zinzi Dambuza
Laerskool Outeniqua
Rugby: Die volgende rugbyspelers het SWD A-span verteenwoordig tydens die Cravenweek by Belabela. (Agter v.l.n.r.) Ruan Barnard, Jan Daniël Strydom, Tiaan Oberholster en Xander Botha. Voor is Marno April waat die SWD B-span verteenwoordig het op Sasolburg.
Tennis: Ons seuns tennisspan wen SWD Top Skole vir die 5de keer. V.l.n.r. Christo Lamprecht, Ruach Roux, Tinus Lotz en Frederik Swanepoel.
Skaak: Outeniqua spog met ‘n skaakspan wat puik presteer tydens die Top Skole kompetisies. 15 Van ons spelers verwerf ook hul SWD Kleure. Netbal: Tharien Breytenbach is in die 0/13 Wes-Kaap Netbalspan opgeneem.
Leerders van Laerskool Outeniqua presteer jaarliks met Wear Art waartydens hul spog met eie skeppings gemaak van herwinbare material.
Interskole: Al ons hokkie-, rugby-, tennis-, netbal- en skaak- en gholfspanne neem jaarliks deel aan interskole teen Swartland (Malmesbury) en Panorama (Kaapstad). ‘n Totaal van 45 spanne. Buiten die mededinging op die sportveld, word daar ook nuwe vriende gemaak.
Melissa Vorster in aksie vir die 0/13A Netbalspan.
Neem asseblief hierdie AWSUM Nuus huis toe vir jou ouers!
Bo: In aksie hier, Simeon Steinberg (links), Francois Ackerman (middel) en Juan Terblanche (met bal) van die 0/10A rugbyspan. Onder: Marno April van die 0/13A rugbyspan op pad doellyn toe.