AUGUST 2013 5
DVD Resensie
Fliek Resensie
Blitz Patrollie [☺☺☺☺] Komedie 13DTG Dit handel oor twee polisiemanne wat werk by ’n polisiekantoor in die middel van Johannesburg. Na ‘n paar mislukte take wat hulle moes uitvoer word hulle gevra om vir eers laag te lê, maar dit laat die twee nie stop nie. ’n Groot dwelmskandaal het losgebreek en hulle het dit hul plan gemaak om die skuldiges te vang. ’n Lekker fliek. D-‐Dwelms T-‐Taal G-‐Geweld
Babalas [☺☺] Komedie 10 TSD (D-‐Dwelms, T-‐Taal, S–Seks) ‘n Agent vir ’n events-‐maatskappy moet die mees suksesvolle advertensies in die nuwe Suid-‐Afrika gaan soek vir ’n Gala geleentheid. Die agent besluit om die ou Castrol advertensie te gebruik en ook die oorspronklike akteurs van die advertensie te kry om deel te wees van die hele aand. Sy reis toe na die Kalahari om die akteurs te vind. Sy kry hulle waar hulle nog steeds op dieselfde stoep sit met ’n nuwe lid by. Die storie handel oor die spulletjie en hulle toer na Johannesburg. Hulle mannewales dryf die arme agent teen die mure uit. Baie teleurstellende rolprent met humor wat baie eenvoudig voorkom, die storie verloop ook baie stadig.
CD Resensie
36 Running Hits [♪♪♪♪] Ons almal bou maar so deur die jare ’n draf playlist op jou foon of i-‐POD, daardie musiek wat jou die laaste end sal dra, want CD’s se musiek is nie almal draf “songs” nie, maar die nuwe CD 36 Running Hits is ’n CD wat gelaai is met songs waarop jy kan draf, spesifiek vir die drawwers. Dit sluit ook ’n oefenprogram in. Die dubbel stel CD sluit nie net al die nuutste pop liedjies nie maar ook ou gunstelinge. Daar is songs van Calvin Harris tot by Kenny Loggins. ’n Definitiewe MOET hê CD!
Die Suid-Afrikaanse fliekbedryf is op ‘n wipplank....op en af Vrydag, was Vrouedag en ek en my ma het besluit om te fliek. By die flieks aangekom sê ek onmiddellik ek wil graag die nuwe Afrikaanse fliek, Babalas gaan kyk. My ma was nie so gretig om dit spesifiek te gaan kyk nie maar stem later toe maar in. Ons was laat en kom toe net betyds in die teater. In die bioskoop was daar nie ’n enkele mens nie, dis toe dat ek wonder of ons in die regte teater is. Die fliek het vol beloftes begin maar gedaal tot ‘n nuwe laagtepunt, ons gooi toe die handdoek in en loop uit. Dis toe dat ek die volgende Tweet: “Die Suid-Afrikaanse fliekbedryf is op ‘n wipplank.... op en af” . Die eerste Afrikaanse vollengte-rolprent met Afrikaanse dialoog was in 1931 en die rolprent se naam was Moedertjie. Van toe af het daar deur die jare nog meer Afrikaanse rolprente uitgekom soos Dis lekker om te lewe tot Netnou hoor die kinders. Maar met die aanbreek van die nuwe millennium het die Afrikaanse rolprente begin afneem. En die eerste groot Afrikaanse Komedie wat weer gesig gewys het op die silwerdoek was Poena is Koning. Daarna kom films soos Bakgat en Hond se Dinges uit. Dit is nie almal se smaak nie, en neig na toilet humor. Volgens my het die Afrikaanse fliek industrie weer begin kop oplig in 2010. Daar was rolprente soos Roepman, Jakkalsdans, Platteland, Hoofmeisie, en Ek joke net.Afrikaanse rolprente het begin standaarde stel, flieks gemaak vir die hele gesin. Dan is daar ook weer jou meer ernstige rolprente soos dié van Katinka Heynes, Die Wonderwerker het weereens gewys het waarnatoe die bedryf in staat is. En dit gee vir ons moed, lyk my die wip plank is aan die op kant.
Tweets
– Peter Pentz @PeterPentz1 Peter Pentz | @PeterPentz1 | 9 Aug Die Suid-‐Afrikaanse fliekbedryf is op ‘n wipplank....op en af.. Sitdown Comedian | @BouwerBosch | 6 Aug. Whenever I walk into a Mr Price Home I take out the keys to my home so that they know I’m here for business. Joe Pietersen | @joepietersen | 8 Aug I think @JackParow is James Bond!! #007 James Badenhorst | @james13ck13 |12 Aug “Everything’s funnier when you’re not allowed to laugh.” Roxy Louw | @roxy_louw | 7 Aug Add ½ cup of raw oats and ff yogi or peanut butter to ur protein shake to make sure u are getting your carbs & protein at breakfast! Yum Wicus Van Der Merwe | @wicusvdm | 2h Net weer vandag besef: Never sweat the small stuff!! Koos Kombuis | @KoosKombuis | 6 Aug Ek pak nou my tas vir Oppikoppi. Besluite, besluite! Watter bandana moet ek dra?! Kobus Galloway | @IdeesVolVrees | 6 Aug Ek het snyplekke op my gesig gekry toe ek klein was... Mens kan dit scars sien. Jéhan | @Jehandelange | 9 Aug A persons eyes could tell you more than his mouth would ever.